25.09.2013 Views

Goeie more almal 1 kor 2:13-14 So verklaar ons geestelike dinge ...

Goeie more almal 1 kor 2:13-14 So verklaar ons geestelike dinge ...

Goeie more almal 1 kor 2:13-14 So verklaar ons geestelike dinge ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Goeie more almal

1 kor 2:13-14 So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. Die mens wat nie die

Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie, en verstaan nie, omdat

dit geestelik beoordeel moet word. Die mense wat die Gees van God het, kan die waarde van alle

dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie.

Jy kan God se Woord met ander woorde die Bybel nie verstaan tensy jy die Heilige Gees van God in

jou het nie. Geestelike dinge kan slegs verklaar word deur iemand wat die Heilige Gees het. 1 Kor

2:13-14 sê so. Jy gaan sukkel om die Bybel te verstaan en gaan stellings maak soos: “Die Bybel

weerspreek dit self, ek verstaan nie wat die Bybel hier vir my probeer sê nie. God is `n wrede God, kyk

hoe het Hy die volke in die Ou Testament uitgewis. God kan nie `n God van liefde wees nie, want kyk

hoe swaar gaan dit met Sy kinders. Ek kry nie ‘kos’ in my kerk, selgroep, bidgroep ens. nie.”

Ek het ook gevind dat sulke mense altyd persoonlike vooropgestelde beginsels van die Bybel het

waarin hulle glo en is altyd besig om ander van hulle siening te oortuig, terwyl die stellings gewoonlik

nie Bybel gefundeerd is nie. Gewoonlik ken so `n persoon nie werklik die Bybel nie, van bestudering

van die Woord is daar geen sprake nie.

Sommige mense maak weer al die regte geluide. Hulle is in die “regte kerk” en mis geen selgroep of

aanbiddingsessie nie, noem die kerkaktiwiteit en hulle is gewoonlik daarby betrokke, MAAR hulle het

nog nooit die Bybel een keer deurgelees nie. [Terloops, dis darem interessant dat so baie mense

nie kan wag dat hulle gewilde tydskrif wat weekliks uitgegee word, op die winkelrakke moet kom nie,

maar in hulle hele lewe het hulle nog nooit die nodigheid ingesien om die Bybel een keer deur te lees

nie.] Dan is God so “wreed” want Hy sien hulle ellende nie raak nie.

Nee, jy is nie veronderstel om soos `n baba deur `n predikant eenkeer `n week vir `n uur lank

geseestelik gevoer te word in die kerk nie. In sekere gevalle moet die predikant of pastoor nog die

bottel vir jou vashou ook terwyl jy jou geestelike melkies drink.

Hoe wil jy `n intieme verhouding met God hê as jy wil hê iemand anders moet jou geestelik

voed?

God wil nie `n intieme verhouding deur jou pastoor met jou hê nie, nee, Hy wil `n intieme verhouding

met jou hê.

Jy moet self die Bybel lees met die hulp van die Heilige Gees, en God Almagtig daarin leer ken sodat

jy `n intieme verhouding met Hom kan bou.

Die Heilige Gees sal jou alles van God Almagtig leer. Maw die Heilige Gees sal die Woord van God ,

die Bybel aan jou verduidelik. Laat die Heilige Gees jou lei in alle aspekte van die Woord. Onthou:

whorship. Bybelbestudeer en bid.

Geseënde week

Elize potgieter

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!