02.05.2013 Views

MANAGEMENT OF SCHOOL FUNCTIONS

MANAGEMENT OF SCHOOL FUNCTIONS

MANAGEMENT OF SCHOOL FUNCTIONS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1. Doel

BESTUUR VAN SKOOLUITSTAPPIES

Die doel van hierdie gids is om aan skole en opvoeders wetlike insig en praktiese riglyne

te bied wanneer matriekdanse en ander skoolfunksies beplan en gereël word; en om

opvoeders te herinner aan hulle regsverpligtinge en sosiale verantwoordelikhede om

leerders te beskerm terwyl hulle onder hulle toesig verkeer.

Skole moet eie diskresie gebruik wanneer hulle besluit of hulle wel ‘n funksie gaan hou

of nie.

2. Definisies

“in loco parentis” beteken letterlik “in die plek van ‘n ouer”. (Hiemstra et al 1986:

210). In skole tree persone soos opvoeders, koshuissuperintendente,

koshuispersoneel of enige ander persoon aangestel deur die skool om leerders te

onderrig of om oor hulle toesig te hou op in loco parentis (Holsten 1997: 502).

“vermoënskade” dui op skade aan eiendom, soos ‘n skoolsak, fiets of motorfiets

“nievermoënskade” dui op verlies aan persoonlike reputasie, liggamlike privaatheid

of persoonlike privaatheid.

“geldelike verlies” dui op verlies wat behels skade aan eiendom, mediese uitgawes

(ten opsigte van die behandeling van fisiese en psigologiese besering) en verlies aan

inkomste of kapasiteit om te verdien.

“nie-geldelike verlies” dui op verlies as gevolg van fisiese en/of sielkundige beserings

opgedoen deur ‘n leerder wat die volgende insluit: soos pyn en lyding, skending,

verlies aan algemene gesondheid, verlies van lewensgenietinge (slagoffer se leefstyl

is negatief geraak), verkorte lewensverwagting of emosionele skok.

“skoolfunksies” verwys na funksies soos konserte, toekennings- of

prysuitdelingseremonies, seremonies, fondsinsamelingsgebeurtenisse, danse,

partytjies of afskeidsfunksies. dit sluit nie sport- of opvoedkundige toere wat deur die

skool onderneem word, in nie.

“skoolaktiwiteit” dui op die opvoedkundige, kulturele, sport- of sosiale aktiwiteit van

die skool op of van die skoolterrein.

‘toesig’ – dui op die bestuur en beheer van leerders op skool of tydens

skoolaktiwiteite;

3. Inleiding

Ingevolge artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Skolewet (SASW), 1996 (Wet 84 van 1996)

is elke openbare skool ‘n regspersoon met regsbevoegdheid om sy funksies te vervul.

Te midde van ander implikasies beteken dit ook dat die skool en sy werknemers

verantwoordelik gehou kan word vir die gevolge van hulle dade.

Die skool en al sy opvoeders kan aanspreeklik gehou word vir vermoënskade of nievermoënskade,

sowel as geldelike of nie-geldelike verlies, indien dit bevind word dat

hulle nie ‘n veilige omgewing vir die beskerming van leerders onder hulle toesig verskaf

het nie. (Van Wyk 1987: 88; Beckmann 1989: 51-51; Henderson 1987: 435; Schimmel

en Fischer 1987 104).

Ingevolge onderwyswette (Oosthuizen 1998: 48-50) word dit aangeneem

3.1 dat alle opvoeders optree in loco parentis terwyl die leerder in hulle sorg is. Indien

die posisie van die opvoeder in loco parentis ontleed word, sien ons die volgende:

3.1.1 Die outonome reg van die opvoeder om gesag te handhhaaf: Die regte van

alle persone wat by funksies betrokke is moet beskerm word deur maatreëls

wat die opvoeder ondersteun om gesag te handhhaaf, om sodoende 'n ordelike

koöperatiewe en harmonieuse omgewing te skep waar onderwysaktiwiteite

vryelik kan plaasvind.

Directorate: IMG Planning (Schools)

2

2

3.1.2 Die opvoeder se verantwoordelikheid om sorgsame toesig te verskaf oor die

fisiese en sielkundige welsyn van die leerder. Voorbeelde van areas wat ‘n

bedreiging inhou vir daardie welsyn is die omliggende gebiede of omgewing,

die lokaal waar die funksie gehou gaan word, die sportgronde, die

speelgronde, die strand en die swembad.

Dit is dus van groot belang dat ‘n opvoeder in sy of haar rol as bewaarder (wat

optree in belang van die ouer of voog), die fisiese en sielkundige welsyn van die

leerder beskerm, en die regstatus van ‘n leerder binne die Suid-Afrikaanse

regstelsel in gedagte hou. Korporatiewe beheer vereis dat volwassenes die

sorgsaamheidsplig sal toepas.

3.2 dat alle opvoeders voldoen aan die Gedragskode ingevolge die Wet op die Suid-

Afrikaanse Raad vir Opvoeders. Hierdie Kode noem, onder andere, dat ‘n opvoeder

3.2.1 enige vorm van vernedering vermy, en dat opvoeders enige vorm van

kindermishandeling, fisies of sielkundig vermy;

3.2.2 geslagsgelykheid bevorder en enige vorm van seksuele verhouding met

leerders of seksuele molestering (fisies of andersins) van leerders vermy;

3.2.3 gepaste taal en gedrag in sy/haar interaksie met leerders gebruii, en so optree

dat die respek van die leerders afgedwing sal word.

3.2.4 (alle) redelike stappe doen om die veiligheid van die leerder te verseker; en

3.2.5 nie agtelosig of traag is in die uitvoering van sy/haar professionele pligte nie.

3.3 dat ‘n ouer of voog wat die opvoeder (en/of die skool) vryskeld van aanspreeklikheid,

in effek van sy/haar reg tot regres afstand doen of dit beperk. Sodanige vryskelding

kan normaal geldig wees ten opsigte van skade gely deur ‘n ouer of voog, maar nie

ten opsigte van skade gely deur 'n leerder nie, op grond van die regsbeginsel dat 'n

ouer of voog van 'n leerder nie tot nadeel van ‘n leerder mag optree nie (Oosthuizen:

1998:84-85) [Let daarop dat, in gevolge die Regulasies vir Veiligheidsmaatreëls

by Openbare Skole, GG 29376, 10 November 2006, gepubliseer ingevolge

SASW, (1) moet ‘n openbare skool geskrewe verlof verkry van die ouer van ‘n

leerder wat aan ‘n skoolaktiwiteit deelneem, en (2) ‘n openbare skool mag nie

Directorate: IMG Planning (Schools)

3

3

‘n ouer versoek om ‘n vrywaringsvorm te teken wat die skool vrywaar van

enige regsoptrede wat mag srpuit ui die skoolaktiwiteit nie. Ingevolge artikel

60(1) van die SASW is die Staat aanspreeklik vir enige skade of verlies wat

veroorsaak is deur enige daad van versuim ten opsigte van enige aktiwiteit

aangebied deur ‘n openbare skool en waarvoor sodanige openbare skool

aanspreeklik sou wees as dit nie was vir die bepalings van hierdie artikel nie.]

3.4 dat alle opvoeders ‘n gemeenskap-, burgerskap- en pastorale rol het (Wet op die

Nasionale Onderwysbeleid, 1996 (Wet 27 van 1996), Norme en Standaarde vir

Opvoeders).

4. Agtergrond

Hierdie riglyndokument is spesiaal gewy aan die aanspreeklikheid van ‘n opvoeder (of

skool) vir oorgeërfde verlies of persoonlike beserings aan leerders wat volg op

ongelukke of gevalle van misbruik, wat by die skool gebeur of tydens skoolaktiwiteite,

soos afskeidsfunksies, maar nie met uitsluiting van ander skoolfunksies nie.

Leerders en ouers of voogde raak toenemend bewus van hulle wettige aansprake. Om

hierdie rede moet die onderwysprofessie bewus wees van sy regspligte teenoor leerders

in hulle sorg en beheer by 'n openbare skool, sowel as risiko's waaraan opvoeders

blootgestel kan word indien hulle nie daardie verpligtinge nakom nie.

5. Sommige gerapporteerde bekommernisse oor skoolfunksies

5.1 Daar is nie altyd genoeg opvoeders aan diens by sommige funksies nie en as gevolg

daarvan is daar ‘n gebrek aan toesig, wat daartoe lei dat leerders se fisiese en/of

sielkundige veiligheid in gevaar gestel word.

5.2 Wanneer funksies plaasvind in die aand, is daar leerders wat laat in die nag van

openbare vervoer moet gebruik maak. In sommige gevalle was leerders alleen

agtergelaat by die vergaderplek na die funksie omdat daar nie behoorlike reëlings

met ouers voor die skoolfunksie getref is nie.

Directorate: IMG Planning (Schools)

4

4

5.3 Daar is ‘n gebrek aan genoegsame beheer by die deur van die vergaderplekke en

ongenooide persone of gaste word binnegelaat, of hulle word toegelaat om saam te

drom en te drentel by die ingang van die vergaderplek.

5.4 Sommige opvoeders gebruik alkoholiese drank by funksies en laat leerders toe om

dieselfde te doen.

5.5 Sommige opvoeders weier om pligte te vervul wat aan hulle opgedra is tydens

funksies wat deur die skool gereël is.

5.6 Sommige funksies word gehou by vergaderplekke wat gevaarlik is en waar beheer

moeilik is en dus leerders op risiko plaas, bv. op strande en by swembaddens.

Leerders se lewens is in gevaar in hierdie omstandighede.

5.7 Gevalle is aangemeld waar opvoeders leerders onderwerp het aan seksuele

teistering en misbruik, en die gebruik van alkohol en dwelms toegelaat het. Dit is

veral die geval waar die funksie by ‘n vergaderplek gehou word weg van die

skoolgronde.

5.8 Privaat partytjies gereël deur leerders kry soms amptelike status wanneer opvoeders

dit bywoon. Hierdie opvoeders verkry nie die nodige goedkeuring van die

skoolbestuurslede nie en lig die prinsiaapl en die res van die personeel nie van

sodanige funksies in nie. Vir enige funksie om as amptelik beskou te word, moet dit

deur die SBL van die skool goedgekeur word. Die onwettige teenwoordigheid van ‘n

opvoeder kan nie die status van ‘n nie-amptelike aktiwiteit wysig nie.

5.9 Sommige funksies, sowel as aktiwiteite geassosieer met daardie funksies, vereis ‘n

finansiële belegging wat bo die vermoë van sommige ouers is. Dit is belangrik om te

onthou dat leerders nie benadeel of te na gekom mag word indien hulle wegbly van

‘n funksie wat spesiaal vir hulle gereël is nie. Artikel 41(7)(a) – (d) van die SASW is

veral hier relevant.

Directorate: IMG Planning (Schools)

5

5

6. ‘n Paar praktiese riglyne vir skoolfunksies

Die beplanning van ‘n skoolfunksie, in besonder, en veral ‘n afskeidsfunksie moet

benader word in ooreenstemming met die visie, missie en gedragskode van die skool.

Die volgende word voorgestel:

6.1 ‘n Klein getal opvoeders en die beheerliggaam moet betrokke wees by die

beplanning en toesighouding van die funksie van die begin af. Addisionele toesig vir

die funksie moet verkry word van die opvoeders en die ouers.

6.2 Ouers moet goed voor die tyd ingelig word van alle finale reëlings. dit moet insluit

besonderhede oor die vergaderplek, die datum, die tyd, en die formaat van die

funksie, toesighouding, protokol en die spysenieringsreëlings vir die funksie. Ouers

moet die nodige antwoordstrokies voltooi en onderteken sodat opvoeders seker kan

wees dat die ouers ingelig is en saamstem met die finale reëlings. Ouers wat

ingestem het om die skool by te staan met die beplanning en toesighouding moet

volledig ingelig word oor hulle pligte en verantwoordelikhede en aanspreeklikhede.

6.3 Leerders moet uitgereik word met genommerde uitnodigings na die funksie en

toegang tot die vergaderplek moet streng beheer word. Niemand moet in die

vergaderplek toegelaat word sonder ‘n amptelike uitnodiging nie. Ouers moet nie

net hulle kinders by die skoolhek of aflaaipunt aflaai nie, maar moet hulle na die

deur van die vergaderplek toe bring en hulle daar kom haal of by ‘n afgespreekte

optelpunt.

6.4 Indien ‘n ouer of voog nie die leerder persoonlik kan kom haal nie, moet hy of sy

voor die funksie plaasvind, die skool skriftelik inlig wie die leerder sal kom haal. Die

ouer moet die brief onderteken waarin hy of sy die naam verskaf van die persoon

wat in sy of haar plek kom.

6.5 Indien ‘n funksie by ‘n ander plek as die skool gehou word, moet opvoeders en die

opsigter van die terrein die terrein inspekteer voor die funksie begin sodat enige

foute, probleme of skade aan die eiendom aangedui kan word en albei partye

Directorate: IMG Planning (Schools)

6

6

daarvan kennis kan dra (huurder en verhuurder). Aan die einde van die funksie moet

die opvoeders en die opsigter dieselfde inspeksie uitvoer sodat enige nuwe skade

aan die skool uitgewys kan word, aangesien die skool daarvoor verantwoordelik mag

wees.

6.6 Personeellede moet ‘n skoolfunksie as ‘n amptelike plig beskou en moet hierdie plig

professioneel en met die nodige oortuiging en sorgsaamheid uitvoer. Hulle moet die

voorbeeld stel en die waardes waarvoor hulle staan beklemtoon en inskerp by die

leerders van die skool.

6.7 Die skool moet nie enige funksie hou wat van leerders vereis om oor te slaap en die

nag weg van die huis deur te bring nie.

7. Afskeidfunksies

7.1 Die voorstel vir kleredrag by afskeidsfunksies behoort netjies-informeel te wees, om

ouers te keer om onnodige en/of duur klere vir hulle kinders te koop om by hierdie

funksie te dra. Indien formele drag vereis word, kan dit daartoe lei dat leerders wat

dit nie kan bekostig nie, nie die afskeidsfunksie kan bywoon nie.

7.2 Dit is die verantwoordelikheid van die skool om ouers in te lig dat die skool en sy

personeel nie betrokke sal wees by enige napartytjiefunksie nie, en nie

verantwoordelik gehou sal word vir enige verliese, beserings en skade wat

plaasgevind het tydens sulke tweedepartytjies nie. Die skool moet ook die ouers inlig

dat hulle kinders napartytjies op eie risiko bywoon.

7.3 Indien ‘n opvoeder kies om ‘n napartytjie in sy persoonlike hoedanigheid by te woon

– wat nie aan te beveel is nie – sal die skool nie aanspreeklik wees vir enige

verliese, beserings of skade wat daaruit voortspruit nie.

7.4 Persone wat die afskeidsfunksie bywoon mag geen sakke, kos of drank in die lokaal

inbring nie. Daar is vasgestel dat leerders dikwels hierdie metodes gebruik om

dwelms, alkohol en wapens in ‘n lokaal in te bring.

Directorate: IMG Planning (Schools)

7

7

7.5 Opvoeders en ouers moet dus te alle tye waaksaam en opmerksaam wees en moet

die nodige voorsorgmaatreëls tref om enige moontlike gevaar wat die leerders in

hulle sorg kan bedreig, af te weer.

7.6 Wanneer groter sorg gedra word sal dit verhinder word dat ongelukke gebeur wat ‘n

skoolfunksie of viering soos ‘n matriekdans bederf, wat ‘n belangrike hoofstuk in die

lewens van leerders afsluit.

Directorate: IMG Planning (Schools)

8

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!