02.05.2013 Views

REËLS:

REËLS:

REËLS:

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

REËLS:

Reël 2.4: Sintetiese oppervlaktes mag gebruik word indien goedgekeur deur die Beheerliggaam.

Reël 2.5: Alle perke wat gebou is voor die inwerkingtreding van hierdie reëls mag goedgekeur word vir

gebruik deur die Beheerliggaam.

Reël 5.1: Die wydte van bane mag nie afwyk van die wydte soos bepaal in die reëls nie. Daar word

voorgestel dat bane 5 meter wyd moet wees waar prakties moontlik.

Reël 5.5: Grenspenne is aanvaarbaar sonder dat die middellyn op die pen self gedefinieer is.

Reël 5.9: Grenstoue mag NIE gebruik word wanneer „n spieël soos beskryf in reël 10 beskikbaar is nie

(spieël en reghoek moet albei „n waterpas hê)

Reël 8.1.5: Onderskeidingstekens moet sigbaar wees op alle balle.

Reël 8.1.8: Beheerliggame mag die gebruik van tydelike kleefplakkers toelaat, bv. klubkleefplakkers,

instede daarvan om self kleefplakkers te voorsien. Indien die Beheerliggaam

egterkleefplakkersvoorsien moet dit gebruik word instede van dié wat voorheen gebruik is.

Kleefplakkers mag slegs op „n tydelike basis gebruik word en mag daarom nie „n permanente

deel van „n bal word nie, en die balle van al die spelers in „n span moet dieselfde kleefplakkers

aan hê.

Reël 8.2.3: Die hertoets en herstempel van balle sal nie afgedwing word tot verdere kennisgewing nie.

Enige veranderings aan balle mag egter slegs deur „n gelisensieerde toetser gedoen word.

Reël 8.4.4.3: „n Deposito van R5000 (in kontant) sal betaalbaar wees wanneer „n beswaar teen balle

aangeteken word en indien die balle in orde bevind word, sal alle kostes om die balle te laat toets

deur die beswaarmaker gedra word. Indien die balle egter nie die toets slaag nie sal, die

eienaar/speler van die balle, waarteen beswaar aangeteken is, verantwoordelik gehou word vir

die koste van die toets en die herstempel van die balle (indien van toepassing).

Reël 8.3.3 Verandering aan die swaai van „n bal kan tot gevolg hê dat deelname aan die spel deur die

speler opgeskort word vir „n periode van hoogstens een jaar.

Reël 9.5: Alle rolballe wat in die SA Meesters Toernooi gebruik word, moet „n geldige “World Bowls”

stempel op hê wat nie ouer as 10 jaar is nie. Enige verdere toepassing van hierdie reël sal bepaal

word deur die beskikbaarheid van die nodige toetsfasiliteite in Suid-Afrika.

Reël 12.4: Geen speler/span mag op enige dag van „n kompetisie of wedstryd op dieselfde baan speel

nie.

Reël 13: Oefening: Spanne/spelers wat om watter rede ookal nie speel nie, en wat in die volgende rondte

gaan speel, mag op enige baan oefen wat aan hulle toegeken word deur die Beheerliggaam.

Opwarming. Enige span/speler mag opwarm voor „n wedstryd indien die tyd dit toelaat en met

goedkeuring van die Beheerliggaam. Sodanige opwarming moet in die teenoorgestelde rigting

van verwagte spel wees. Opwarming is nie doelbewuste spel nie en geen teikens soos

byvoorbeeld „n witte mag gebruik tydens opwarming nie maar balle mag afgelewer word ten

einde die spelers in staat te stel om op te warm.

Reël 30.4: Die Beheerliggaam mag die voorwaardes aangaande die herplasing van die witte, soos van

toepassing op spel in stelleformaat, in enige ander spelformaat gebruik.

Reël 37.1.8: “n Telbord mag in die plek van een van die telkaarte gebruik word In die geval waar daar „n

verskil tussen die tellings op die telbord en die telkaart ontstaan, moet die twee skippers

ooreenkom oor die korrekte telling. Indien hulle nie ooreenkoms kan bereik nie sal die telbord se

telling as korrek aanvaar word. Dit is die verantwoordelikheid van die span wat die loot gewen

het om te verseker dat die telbord volledig op datum gehou word na die voltooiing van elke skof.

Reël 38.6: Spelers met „n gebrek mag van „n kunsmatige toestel gebruik maak om die witte en/of bal af te

lewer indien dit die vooraf goedkeuring van die Beheerliggaam dra. Reël 51.9 saamgelees met

reël 46:

Reël 51.9 se verband met Reël 46:

PLAASVERVANGERS EN RESERWES

Rolbal Suid-Afrika besluit dat sirkulêr 08/2005 steeds van toepassing sal bly en dat die gebruik

van reserwes en/of plaasvervangers in alle formate van die spel (behalwe enkelspel) toegelaat

word. Voorts aanvaar Rolbal Suid-Afrika die volgende interpretasies wanneer daar verwys word

na bona fide-lede, reserwes en plaasvervangers.

1. Bonafide-lede

Bonafide-lede sal die volgende insluit:-

Lewenslangelede en lewenslange erelede met volle voorregte;

Alle lede wat aanspreeklik is vir ledegelde;

Junior lede ongeag daarvan of hulle ledegelde betaal al dan nie.

2. Reserwe

„n Reserwe is „n speler wat „n bonafide-lid is van dieselfde klub in „n toernooi van klubs, of van

dieselfde distrik in „n toernooi van distrikte, en wat geregistreer is saam met die span of kant

voor die aanvang van die toernooi.

3. Plaasvervangers

„n Plaasvervanger is „n speler wie se naam getrek is ooreenkomstig „n goedgekeurde metode ten

einde „n speler te vervang wat nie opgedaag het aan die begin of die heraanvang van „n wedstryd

nie; of „n speler wat genoodsaak is om te onttrek vir enige geldige rede aanvaarbaar vir beide

skippers; of (indien hulle nie kan ooreenkom nie) die Beheerliggaam, tydens „n wedstryd. Die

plaasvervanger wat voorgestel word mag in alle waarskynlikheid nie van dieselfde klub wees as

die wat die plaasvervanger aangevra het nie. Die goedgekeurde metode word beskryf in die

gedeelte wat handel oor gebruik van plaasvervangers hieronder.

4. Gebruik van reserwes en plaasvervangers

Die gebruik van reserwes en plaasvervangers word vervolgens uiteengesit:

4.1 Gebruik van reserwes In beide die driespel en die vierspel mag „n reserwe geregistreer en

gebruik word. „n Plaasvervanger mag slegs gebruik word wanneer „n reserwe reeds speel of

nie geregistreer is nie. In pare is die algemene reël wat toegepas word dat een van die

oorspronklike spelers altyd teenwoordig moet wees op die baan. Indien „n parespan

gedurende „n wedstryd met „n reserwe of „n plaasvervanger speel en die oorspronklike speler

kan nie voortgaan met die spel nie vir redes wat vir die Beheerliggaam aanvaarbaar is, sal

die spel verbeur word en aan die opponente gegee word. In enige gemengde kompetisie sal

twee reserwes, een van elke geslag, toegelaat word en dieselfde voorwaardes sal geld soos

hierbo uiteengesit.

4.2 Gebruik van plaasvervangers Plaasvervangers, indien benodig, sal onder die volgende

omstandighede toegelaat word:

1. In die geval waar daar geen reserwes is nie, of waar die geregistreerde reserwes alreeds

speel, sal die name van nie meer as vier rolbalspelers wat nog nie vir enige span gespeel

het wat aan die toernooi deelneem nie, neergeskryf en in „n hoed/houer geplaas word.

2. Die bestuurder of, waar daar nie „n bestuurder is nie, die kaptein van die opponerende

span sal toegelaat word om een van die name uit die hoed/houer te trek en die

Beheerliggaam moet hierdie naam aanvaar. Hierdie speler sal toegelaat word om vir die

span te speel vir soveel wedstryde as wat nodig mag wees, maar mag nie skipper wees nie.

In alle gevalle waar „n afwesigheid voorkom sal die gebruik van „n reserwe, indien

geregistreer, voorkeur geniet bo die gebruik van „n plaasvervanger.

Reël 46: Afwesige spelers in „n span of kant in vierspel:

As gevolg van die aanvaarding van bogenoemde sal die gebruik van „n reserwe of „n

plaasvervanger NIE geag word as die gebruik van „n onverkiesbare speler soos bespreek in reëls

46.1.1 en 46.2.1 NIE

Reël 50.1: Weerlig---Skeidsregters sal nie verantwoordelik wees om spelers van die baan af te roep

gedurende weerlig/donderstorm aktiwiteite nie, tensy „n appél gemaak word deur „n speler(s).

SPELVOORWAARDES

1. KLEREDRAG:

In alle verteenwoordigende wedstryde (alle wedstryde ander dan sosiale en klub wedstryde)

sal spelers wit, of roomkleurige kleredrag dra soos gespesifiseer hieronder. Beheerliggame

mag variasies aan die kleredrag doen. Verder sal die Beheerliggaam die mag hê om variasies in

kleredrag, ook in retrospek, as onaanvaarbaar te verklaar waarna sulke variasies in kleredrag nie

gedra mag word nie.

Mans

1. Hoede indien gedra, mag goedgekeurde ordetekens of hoedbande om hê. Indien pette gedra

word moet die punt na vore wys.

2. Hemde moet konvensionele krae hê en moet genoegsaam kan toeknoop.

3. Langbroeke of Getailleerde kortbroeke ( knie lengte ) met sakke en `n ritssluiter aan die

voorkant mag gedra word. Of kortbroeke goedgekeur deur Rolbal Suid Afrika ( Onder geen

omstandighede word “Cargo”, ”Combat”, Tou kort- broeke of Rugby kortbroeke

toegelaat nie.) Enkel sokkies, oorheersend wit moet met kortbroeke gedra word.Lang kouse

( golf kouse) is uitgesluit van hierdie vrystelling.

Alle spelers wat in spanverband deelneem moet eenders aangetrek wees

(Omsendbrief 11/2010)

4. Skoeisel: Spelers, Skeidsregters en Merkers sal konvensionele skoene dra of sport skoene

wat `n aaneenlopende gladde sool of `n sool met `n gleuf in die middel van die sool, mits die

sool duidelik in een stuk is, en die hak gedeelte nie op `n verskillende hoogte is as die voorste

gedeelte van die skoen.nie. Om te help met traksie mag die sool ingesnyde groewe hê wat nie

dieper is as 2mm ( die breedte van `n vuurhoutjie) nie, maar geen vooruitsteeksels nie. Die

wydte van die agterste gedeelte van die skoen moet ten minste 50% wees van die wydste

gedeelte van die skoen. Konvensionele sandale is aanvaarbaar mits hulle `n bandjie agterom

die voet het. Die Nasionale Owerheid behou die reg voor om spesifieke kleure of

handelsname toe te laat of nie toe te laat nie.

(Omsendbrief 40/2010)

Dames

1. Hoede, wanneer gedra, mag goedgekeurde hoedbande en/of kentekens aan hê.

2. „n Rolbalrok met „n kraag, „n romp, of „n gestileerde broek van enige lengte tesame met

„n bloes met „n kraag is aanvaarbaar mits dit nie van Lycra of enige ander kleefmateriaal

vervaardig is nie.

3. Skoeisel: Spelers, Skeidsregters en Merkers sal konvensionele skoene dra of sport skoene

wat `n aaneenlopende gladde sool of `n sool met `n gleuf in die middel van die sool, mits die

sool duidelik in een stuk is, en die hak gedeelte nie op `n verskillende hoogte is as die voorste

gedeelte van die skoen.nie. Om te help met traksie mag die sool ingesnyde groewe hê wat nie

dieper is as 2mm ( die breedte van `n vuurhoutjie) nie, maar geen vooruitsteeksels nie. Die

wydte van die agterste gedeelte van die skoen moet ten minste 50% wees van die wydste

gedeelte van die skoen. Konvensionele sandale is aanvaarbaar mits hulle `n bandjie agterom

die voet het. Die Nasionale Owerheid behou die reg voor om spesifieke kleure of

handelsname toe te laat of nie toe te laat nie. (Omsendbrief 40/2010)

2. GEDRAGSKODE EN DISSIPLINÊRE PROSEDURE

1. Spelers sal te alle tye voldoen aan die Reëls van die Spel Rolbal saamgelees met die Spelvoorwaardes

wat ingestel is ingevolge reël 17.2 en Aanhangsel A.1 van die genoemde Reëls.

2. Spelers sal onder geen omstandighede gebruik maak van onwelvoeglike taal of –handgebare nie; of

hulle skuldig maak aan aanranding of dreigemente daartoe nie; of enige ander speler, toeskouer of

beampte voor, gedurende of na die spel, op die baan of in die omgewing van die plek waar die

kompetisie plaasvind intimideer nie; of hulle op enige manier skuldig maak aan gedrag wat in die

uitsluitlike diskresie van die Beheerliggaam teenstrydig is met die gees van die spel rolbal nie.

3. Die Beheerliggaam het die mag om die gebruik van alkoholiese drank en daar word voorgestel

dat geen tabakprodukte op die 'n perk gebruik mag word nie.

4. Enige speler wat geag word om die voorskrifte vervat in paragrawe 1, 2 en 3 hierbo te oortree,

sal skuldig wees aan „n oortreding;

5. Die Beheerliggaam het die mag om-

a) Om enige stappe te neem wat hulle nodig mag ag. Die stappe kan insluit, maar is nie beperk tot,

die onmiddellike skorsing van die speler nie, en/of

b) te vereis dat die betrokke speler „n dissiplinêre verhoor bywoon op „n plek en tyd soos

bepaal deur die Beheerliggaam.

6. Die Beheerliggaam mag na goeddunke en volgens eie en absolute diskresie enige strawwe en/of

strafmaatreëls instel aswat toepaslik geag word teen die speler. Die strawwe en/of strafmaatreëls mag

ook „n tydsperiode insluit waar die speler geskors word van die spel en/of die betaling van „n boete.

3 15 SKOFTE KONSTITUEER „N WEDSTRYD

Voorsiening moet gemaak word vir wedstryde wat weens weersomstandighede vertraag, onderbreek of

nie voltooi kan word nie ten einde te bepaal of dit oorgespeel moet word of dat 15 skofte as „n gespeelde

wedstryd beskou sal word. In laasgenoemde geval sal wedstryde nie beperk word tot 15 skofte indien

daar meer skofte gespeel en voltooi is as die vooropgestelde minimum nie. In so „n geval sal die

eindtelling bepaal word volgens die getal skofte wat werklik gespeel en voltooi is.

4 ONREËLMATIGHEID OF ONTTREKKING

Indien „n span/enkelspel speler sou onttrek gedurende seksiespel na aanvang van die toernooi, vir redes

wat aanvaarbaar is vir die Beheerliggaam, sal alle relevante resultate van die span/speler in die seksie

van die rekord geskrap word.

5. GURE WEERSOMSTANDIGHEDE

In die geval van gure weersomstandighede of enige ander rede sal die Toernooikomitee die reg

hê om die aantal rondtes en/of die aantal skote wat vereis word om „n wenner te bepaal, te verminder.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!