02.05.2013 Views

Beleid t.o.v. Swangerskap - Goudveld Hoërskool

Beleid t.o.v. Swangerskap - Goudveld Hoërskool

Beleid t.o.v. Swangerskap - Goudveld Hoërskool

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GOUDVELD-HOëRSKOOL

BELEID TEN OPSIGTE VAN DIE HANTE-

RING VAN SWANGERSKAPPE VAN

LEERDERS IN GOUDVELD-HOëRSKOOL.

1. Dit is die plig en verantwoordelikheid van die ouer van ’n leerder

wat swanger is om dit onmiddellik onder die aandag van die

skoolhoof te bring.

2. ’n Leerder wat vermoed dat sy swanger is, mag dit met enige

personeellid, verkieslik ’n senior dame, bespreek om sodoende

leiding te kry. Indien dit bevestig word dat die leerder wel swanger

is, is dit die plig van die personeellid om die feite onder die

skoolhoof se aandag te bring.

3. Indien ’n leerder of personeellid vermoed dat ’n meisie swanger is,

moet dit onmiddellik onder die skoolhoof of senior personeellid se

aandag gebring word. Die skoolhoof moet hierdie saak op ʼn

sensitiewe wyse hanteer en die leerder se ouers van die

moontlike swangerskap inlig.

4. Die maatreëls in punte 2 en 3 is om seker te maak dat die leerder

die korrekte gesondheidsorg ontvang en so ook die nodige

voorligting aangaande tienerswangerskappe.

5. Die swanger leerder moet die skool binne die eerste VIER (4)

maande van swangerskap verlaat en sal NIE toegelaat word om na

hierdie voorgeskrewe tyd enige eksamen van die skool af te lê nie.

Die stelsel van kontinue evaluering vereis dat ’n leerder voltyds in

die klaskamer moet wees. In sommige gevalle mag met

goedkeuring van die beheerliggaam van hierdie reël afgewyk word.

6. Geen leerder sal toegelaat word om gedurende die jaar waarin die

bevalling plaasvind na Goudveld-Hoërskool terug te keer nie. Die

leerder sal eers aan die begin van die volgende akademiese jaar

toegelaat word om dieselfde graad te herhaal.

7. Indien die leerder en/of haar ouers onderneem om die baba self

groot te maak, mag die baba op geen stadium die moeder na enige

aktiwiteit van die skool vergesel nie. Die leerder mag ook geen

ouerlike pligte tydens die skooldag en skoolaktiwiteite nakom nie.

8. Genoemde reëlings geld vir leerders in alle grade. Elke geval van

’n leerder in haar matriekjaar sal op meriete deur die

Beheerliggaam hanteer word. Indien daar spesiale reëlings vir die

eindeksamen getref moet word, sal die ouers/voogde van die

betrokke leerder verantwoordelik wees om die toesighouer teen ’n

vasgestelde tarief te vergoed.

9. Voordat ’n swanger leerder die skool verlaat, moet haar ouers ’n

vergadering met die skoolhoof belê sodat die inpak van die

swangerskap op die voortgesette onderwys van die leerder in

Goudveld-Hoërskool bespreek kan word.

10. Aangesien Goudveld-Hoërskool die Christelike waardes van die

Bybel onderskryf is die bespreking van ’n aborsie NIE ’n oorweging

nie. Indien dit onder die aandag van die bestuur van die skool kom

dat ’n leerder swanger was en ’n aborsie ondergaan het, sal die

saak ondersoek word en op meriete hanteer word. Die skoolhoof

sal met die ouers gesprek voer om te verseker dat die betrokke

leerder berading ontvang.

11. Indien ’n leerder weens mediese redes of na ’n verkragting ‘n

aborsie ondergaan, sal so ’n leerder direk na herstel van die

prosedure weer tot die skool toegelaat word.

12. By Goudveld-Hoërskool is die onderrig van lewenswaardes op so

’n hoë vlak dat ons van mening is dat geen leerder rede het om die

fisiese en emosionele trauma van ’n ongewenste swangerskap te

beleef nie.

13. Met hierdie beleid word geen leerder geskors of permanent uitgesit

nie, maar verseker dat leerders verantwoordelikheid vir hul dade

aanvaar en ingeligte keuses maak.

Hierdie beleid is deur die Beheerliggaam

goedgekeur en aanvaar.

Voorsitter: Datum Skoolhoof

Beheerliggaam

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!