02.05.2013 Views

Download File - AGS Bredasdorp & Struisbaai

Download File - AGS Bredasdorp & Struisbaai

Download File - AGS Bredasdorp & Struisbaai

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Besluitneming 10 November 2009 Preek

Besluitneming

Hoe definieer ’n mens goeie oordeel?

Die Engelse Webster woordeboek beskryf dit die beste:

“Die proses waardeur ‟n opinie geformuleer of geëvalueer word deur onderskeid te tref en ‟n

vergelyking te maak.”

Ons almal gebruik oordeel in ons daaglikse besluitnemingsproses. Dit raak net meer ingewikkeld as

ander mense jou oordeel evalueer. Of jy nou „goeie oordeel‟ of „slegte oordeel‟ aan die dag gelê het, sal

afhang van wie jy vra om dit te evalueer.

So, hoe weet jy na wie om te luister? Wie gaan besluit of jy goeie of slegte oordeel gebruik het?

As jy in jou eie wil wandel, maak dit nie regtig saak nie!

Maar jy kry jou antwoord wanneer jy na God draai vir ‟n oplossing. Geloof in en vertroue op God se

Woord sal baie lig werp op elke aspek van die lewe. God het ‟n wonderlike plan vir jou lewe en Hy sal

enigiets doen om jou te help om dit te vind.

So, wanneer jy saam met God werk sal Hy jou die genade gee om die regte besluite te neem en om

goeie oordeel aan die dag te lê.

Ek is nie seker of dit genade is wat daartoe gelei het dat jy daardie lelike t-shirt gekoop het net omdat dit

op special was nie of dat jy al jou hare afgeskeer het net omdat jy ‟n wetenskap verloor het nie. Op die ou

end sal die gevolge van daardie besluite joune en joune alleen wees.

Wees versigtig! Omdat jy besluit om hierdie deel van jou lewe te verbeter beteken nie dat jy ander se

besluitneming moet oordeel nie, hulle sal self moet verantwoording doen vir hulle besluite. Dit is maklik

om ‟n opinie oor ander se besluite te he bloot omdat jy nie direk verantwoordelik is vir die gevolge van

wat hulle sê of doen nie. God gaan jou nie verantwoordelik hou vir wat ander sê of doen nie, maar Hy

gaan jou beslis verantwoordelik hou vir wat jy sê en doen.

Die begin van die pad tot die regte besluitneming.

Hoe begin jy om saam met God te werk sodat jy goeie besluite kan neem en ‟n goeie oordeel te betoon?

Hier is 4 sleutels:

1. Besluit dat jy God sal toelaat om God te wees in jou lewe.

Jy sal geen vordering maak as jy nie beheer oorgee nie! Dit is nie maklik nie en dit gebeur nie

oornag nie, veral as jy ‟n „control freak‟ is soos ek. Min dinge maak my so kriewelrig soos om

beheer oor te gee oor dinge. Dit help om in gedagte te hou dat daar Iemand is wat baie beter

gekwalifiseerd as ek is wat in beheer van my lewe is.

Page 1 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

‟n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af.

(Spreuke 16:1).

2. Bestudeer die Woord van God.

Dit is die enigste manier om die karakter van God te leer ken. Hoe beter jy die karakter van God

verstaan, hoe beter word jou oordeel van dinge. Dit is makliker om ‟n besluit te neem as jy weet

in watter rigting jy jou lewe wil stuur.

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‟n arbeider wat die goedkeuring van

God wegdra, ‟n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die

waarheid suiwer verkondig. (2 Timoteus 2:15).

3. Omring jouself met mense wat langer op die pad is.

Daar is geen rede waarom jy al die lesse in die lewe self moet leer wanneer daar goeie

voorbeelde voor jou is nie! Ons praat mos gereeld met mekaar oor wat ons geleer het uit ons

foute uit! Leer uit ander se foute uit! Die lewe is te kort om al die foute self te maak! Wees bly jy

hoef nie self al die foute te maak nie! Wees verseker daarvan dat jy nog steeds baie foute sal

maak, maar troos jou daaraan dat jou foute iemand anders eendag kan help.

Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg. (1 Korintiërs 11:1).

...Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke

moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede

verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, want

net soos daar vir ons ‟n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons ‟n

oorvloed van bemoediging deur Christus. (2 Korintiërs 1:3-5).

4. Moenie opgee nie!

Wees bly oor jou vordering! Jy het nie oornag slegte oordeel begin gebruik nie, net so gaan jy nie

oornag goeie oordeel begin gebruik net omdat jy wil nie. Wees bly as jy verbetering sien! Soos jy

wysheid uit God se Woord bekom sal jy resultate in jou besluite begin sien.

Terwyl ons dan so ‟n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi,

ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met

volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille

van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die

skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom

voor oë wat so ‟n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie

geestelik moeg word en uitsak nie. (Hebreërs 12:1-3).

Dit neem tyd om goeie oordeel te ontwikkel, maar sodra jy jouself verbind om vorentoe te beweeg in

hierdie area, is jy al halfpad daar! Om saam met God te werk is ‟n aaneenlopende gebeurtenis, maar die

resultate is die moeite werd!

Page 2 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

Bybelse stappe van besluitneming.

1. Begin met gebed.

Jou gesindheid moet ingestel word tot een van vertroue & gehoorsaamheid soos jy jou besluit opdra in

gebed. Daar is geen rede om vreesagtig te raak in jou besluitneming met die wete dat God jou beste

belange op die hart dra nie.

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‟n toekoms

gee, ‟n verwagting! (Jeremia 29:11).

2. Definieer jou besluit.

Definieer beteken volgens die HAT dat jy iets noukeurig sal omskryf en begrens.

Vra jouself of die besluit ‟n geestelike/emosionele besluit is en/of dit ‟n fisiese ding is waaroor jy moet

besluit.

Met geestelike/emosionele dinge is dit gewoonlik makliker om die wil van God te onderskei omdat die

Bybel duidelike riglyne hiervoor neerlê.

Nie-morele of fisiese dinge vereis ook die aanwending van Bybelse beginsels alhoewel die rigting wat jy

moet inslaan moeiliker is om te onderskei.

U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. (Psalms 119:105).

3. Wees gereed om God se antwoord te aanvaar en te gehoorsaam.

Dit is baie onwaarskynlik dat God sy plan aan jou sal openbaar as Hy weet dat jy dit in elk geval nie gaan

gehoorsaam nie. Dit is absoluut noodsaaklik dat jy „jou wil‟ geheel en al sal onderwerp aan God se wil.

Wanneer jy jou wil nederig en ten volle aan die Meester onderwerp het, kan jy die gemoedsrus he dat Hy

jou die regte pad sal wys.

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken hom in alles wat jy doen

en Hy sal jou die regte pad laat loop. (Spreuke 3:5-6).

4. Beoefen geloof.

Onthou dat besluitneming ‟n proses is wat tyd kan neem. Hierdie proses mag dalk vereis dat jy keer op

keer jou wil aan God se wil moet onderwerp. Geloof maak God bly! Vertrou God met ‟n oortuiging in jou

hart dat Hy Sy wil aan jou sal openbaar.

As ‟n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy

bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. (Hebreërs 11:6).

5. Soek konkrete rigting.

Ondersoek, evalueer en versamel inligting rakende die saak.

Vind uit wat die Bybel sê oor die saak.

Samel praktiese & persoonlike informasie in.

Skryf neer wat jy leer.

Page 3 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

6. Vra raad.

Met moeilike besluite is dit raadsaam om geestelike en praktiese raad te vra. Jou geestelike mentor kan

‟n groot bydrae lewer tot jou antwoorde. Hy/sy kan jou help om twyfel uit die weg te ruim en kan moontlik

dinge raaksien wat jy miskyk.

Maak seker jy raadpleeg mense wat vir jou gesonde Bybelse advies sal gee en nie net sal sê wat jy wil

hoor nie.

Vat net raad van mense wat gekwalifiseerd is om dit te gee!

Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.

(Spreuke 15:22).

7. Maak ’n lys.

Maak eers ‟n lys van die prioriteite wat jy glo God in jou situasie wil sien. Hierdie is nie die dinge

wat vir jou belangrik is nie maar eerder die dinge wat vir God belangrik is in hierdie besluit.

Sal die uitkoms van hierdie besluit jou nader aan God bring?

Sal dit God in jou lewe verheerlik?

Hoe raak dit die mense om jou?

8. Bedink (oorweeg) jou besluit.

Maak ‟n lys van die voordele & nadele.

Jy mag dalk vind dat iets op jou lys direk teen die geopenbaarde wil van God indruis.

As dit indruis teen die geopenbaarde wil van God het jy mos jou antwoord.

9. Kies jou geestelike prioriteite.

Wat is jou geestelike prioriteite en watse besluit gaan jou daarby uitbring.

Soms gee God jou ‟n keuse. In hierdie geval is daar nie ‟n regte en ‟n verkeerde pad nie maar eerder ‟n

vryheid van God om te kies.

10. Neem die besluit.

As jy jou besluit geneem het met die suiwer intensie om God se hart bly te maak, Bybelse beginsels en

goeie raad geïnkorporeer het, kan jy met volle versekering voortgaan en jou besluit uitvoer met die wete

dat God Sy doel deur jou besluit sal bereik.

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep

is. (Romeine 8:28).

Page 4 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

Leierseienskappe: Besluitneming

Met erkenning aan Dr. Kenneth Boa

Daar is ‟n aangrypende deeltjie in Lewis Carroll se kinder film Alice’s Adventures in Wonderland. 1 In

hierdie toneeltjie kom klein Alice by ‟n vurkpad waar die volgende gesprek gevoer is:

Alice: watter pad ek moet vat?

Die kat: dit hang af waarheen jy wil gaan!

Alice: ek gee nie regtig om waarheen nie!

Die kat: dan maak dit nie saak watter pad jy loop nie!

Die lewe is vol besluite waarvan baie nooit die bewustelike vlak bereik nie.

Watter kouse gaan ek aantrek?

Moet ek my hemp se knope van bo na onder of van onder na bo vasmaak?

In watter baan moet ek ry?

Die meeste van hierdie besluite word gemaak uit gewoonte.

Aan die anderkant is daar besluite wat jy oordink.

Wat gaan ons eet vir middagete?

Watter eposse kry voorkeer?

Kan my haarsny wag tot volgende week?

Hierdie besluite mag dalk klein en onbelangrik lyk, maar wanneer hulle inmekaargeweef word vorm hulle

tapisserie van ons daaglikse lewe.

Dan is daar die lewensveranderende besluite, die besluite wat ‟n wroeging kan veroorsaak.

Watter beroep is gepas vir my talente en roeping?

Moet ek trou of moet ek enkel bly?

By watter kerk gaan ek aansluit?

Hierdie kan moeilike besluite wees wat baie oordenking vereis.

In baie gevalle gebruik ons dieselfde besluitnemingsproses om groot en klein besluite tye neem. So die

vraag is: HOE KAN EK ‟n WYSE BESLUIT NEEM?

Watter kriteria gebruik en om my besluite te evalueer?

Hoe onderskei ek die beste plan van aksie?

1 Lewis Carroll, Alice’s Adventures in Wonderland (New York: Alfred A Knopf, 1984), 89.

Page 5 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

Dit is duidelik dat die insameling van inligting en die sorgvuldige analisering van alle moontlikhede

noodsaaklik is. Bowen dit benodig ons wysheid en ‟n helder verstand om besluite te neem wat gebaseer

is op al die beskikbare feite asook ons begrip oor God se wil vir ons.

Baie verkeerde besluite word geneem omdat ons te vinnig deur die besluitnemingsproses beweeg waar

ons ons gevolgtrekkings baseer op emosies, swak informasie en impulse.

Iets moet gesê word oor jou “Gut reactions”(natuurlike [onmiddellike] reaksie) !

Om jou besluite om goedere aan te koop uitsluitlik op emosies te baseer kan maklik lei tot selfverwyt

(gewetenswroeging; berou; buyer‟s remorse).

Die teenoorgestelde sal wees om die emosionele faktor te verwyder uit jou besluitnemingsproses.

Jy moet toelaat dat jou innerlike gevoel van oortuiging dien as ‟n “ROOI VLAG”, sonder om vasgevang te

raak in “analise paralise” (Analysis Paralysis), wanneer jy moet oorbeweeg tot die volgende stap.

Die kompleksiteit van die besluitnemingsproses wys hoe belangrik dit is om besluite in ‟n vakuum te

neem. Dit is veral belangrik met moeilike en ingewikkelde besluite om raad en advies in te win van ervare

en godvresende mense.

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, (Psalms 1:1).

Die enigste basis vir goeie besluitneming is nugter denke. Hierdie tipe wysheid kom van bo en word aan

ons gegee deur 4 primêre kanale:

1. God se Woord,

2. God se Gees,

3. God se voorsiening en

4. God se mense.

Om goeie besluitneming-gewoontes te kweek sal beteken dat jou gedagtes daagliks deur God se Woord

vernuwe sal word. Jy sal ‟n mens moet word wat in die Gees van God wandel en oplettend sal wees vir

sy aansporing en leiding!

Jy sal mooi moet kyk en verstaan hoe God wonderbaarlik in jou omstandighede werk.

Die besluitnemingsproses.

Besluitneming is een van die belangrikste leierseienskappe. Dit tref die onderskeid tussen slegte, goeie

en uitstekende leiers.

Die besluite wat ons neem openbaar ons waardes en intelligensie. Hulle vereis gehoorsaamheid aan en

vertroue op God. Hulle vereis wysheid en beïnvloed alles wat ons doen dit.

Kom ons kyk na ‟n leier wat op God vertrou het en wat ‟n trek rekord het van goeie besluitneming.

Nehemia toon ‟n patroon wat werk.

1 Die verhaal van Nehemia seun van Gakalja. Dit was in die maand Kislef, die twintigste jaar. Ek was in

die vestingstad Susan. 2 Ganani, een van my medeamptenare, het daar aangekom uit Juda, hy en ‟n paar

ander manne. Ek het by hulle navraag gedoen oor die Judeërs wat uit die ballingskap vrygelaat is en

Page 6 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

teruggegaan het, en oor Jerusalem, 3 en hulle het vir my gesê: “Die ballinge wat teruggegaan het, beleef

daar in die provinsie Juda groot ellende en smaad. Die muur van Jerusalem lê om, en die stadspoorte is

verbrand.” 4 By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas

en tot die God van die hemel gebid. 5 Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en

ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie

gehoorsaam, 6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u

dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my

familie het gesondig. 7 Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte,

die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het. 8 “Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar

Moses gemaak het: „As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi, 9 maar as julle julle tot My

bekeer en my gebooie gehoorsaam en nakom, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele

aarde versprei. Ek sal julle terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon.‟

10 “Hulle is u dienaars, u volk vir wie U met u groot mag en krag gered het. 11 Ag, Here, luister tog na die

gebed van u dienaar en na die gebed van u dienaars, hulle vir wie dit ‟n vreugde is om u Naam te eer.

Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen. Laat hierdie man my simpatiek gesind wees.”

Ek was die koning se skinker. (Nehemia 1:1-11).

Nehemia het ‟n groot uitdaging in die oë gestaar. Die mure van Jerusalem lê in puin en die vrygelate

ballinge beleef groot ellende en pyn. Toe Nehemia hiervan te hore kom sien ons ‟n proses van 4 stappe

wat hy volg:

1. Situasie bestudeer (vv. 2-3).

2. Empatiseer (v. 4).

3. Verneder homself voor God (v. 4).

4. Bid (vv. 5-11).

a. Nehemia bewonder God (v. 5).

b. Bely sy volk se sonde voor God (vv. 6-7).

c. Vra God vir hulp (vv. 8-11).

Nehemia weet wat elke uitstekende leier weet: Alle wysheid kom van God en om goddelike wysheid in

ons besluitnemingsprosesse te gebruik is wat God vir ons wil leer.

Gebed moet dus ‟n primêre deel van ons besluitneming word, selfs in besigheid. Ons moet besef dat

“alles” wat ons doen, besluitneming ingesluit, ons moet doen in die Naam van Jesus.

17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die

Vader deur Hom. (Kolossense 3:17).

Die krag van gebed.

God is soewerein! Hoe verstaan ons dat ‟n Soewereine God, wie enige denkbare grens transendeer en

wat alles weet, besluite neem? In God se tydlose plan verstaan Hy elke moontlike scenario en het hy

gedink aan elke moontlike toevallige gebeurtenis. Daar was nog nooit ‟n voorval wat God onkant betrap

het nie en daar sal ook nooit een wees nie. Hy weet van alles!

Watter gerusstellende gedagte is dit nie? Ons as onvolmaakte wesens kan God nie teleurstel nie! Ons

kan Hom bedroef, maar ons kan Hom nie dwarsboom of frustreer nie! Ten spyte van hoe ons wêreld vir

ons lyk, is dit presies hoe God geweet het dit sal wees en ons is presies op tyd soos Sy plan ontvou! God

het selfs die dwase, sondige besluite van mense in Sy soewereine plan ingewerk. Niks vang Hom onkant

nie!

Page 7 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

God het alle dinge ingewerk om Sy doel met die wêreld te bereik.

20 Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‟n groot volk nou

in die lewe gebly het. (Genesis 50:20).

Omdat God alwetend is, baseer Hy sy plan op gevolge en nie op gebeure nie.

Omdat God alwetend is, is Hy ten volle in staat om Sy doelwit te bereik.

Omdat Hy nie deur tyd en ruimte beperk word nie, kyk Hy na alle dinge vanuit ‟n ewigheid-nou

perspektief. ‟n Oomblik vir ons kan ‟n ewigheid vir God wees en ‟n leeftyd vir ons kan ‟n oomblik

vir Hom wees.

18 Sorg daaren teen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus

Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen. (2 Petrus 3:18).

Niks is vir Hom onduidelik nie!

5 Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien?

(Psalms 113:6).

Al is God Magtig, Alomteenwoordig, Soewerein en Alwetend stel die Bybel Hom voor as ‟n God wat

betrokke is by die mense wat tydruimtelik gebonde is. Die Woord wys dat ons gebede ‟n uitwerking het op

God se plan. Hy is ‟n persoonlike God.

29 Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie ‟n mens dat Hy van

gedagte sou verander nie.” (1 Samuel 15:29).

God is nie emosieloos nie. Die mens se optrede raak Hom, maak Hom hartseer, bly en opgewonde. Hy

het die mens lief en maak bemoeienis met hom.

Die verhaal van Abraham se gebed vir die paar gelowige mense in Sodom illustreer die Bybelse waarheid

dat God ons gebede op ‟n misterieuse wyse in Sy plan inkorporeer.

20 Toe sê die Here: “Die geroep teen Sodom en Gomorra is hard. Hulle sonde is baie groot! 21 Ek wil gaan

kyk sodat Ek kan weet of hulle ooreenkomstig die geroep wat tot by My gekom het, gehandel het of nie.”

22 Die mans het weggedraai Sodom toe, maar die Here het by Abraham bly staan. 23 Abraham het toe

nader gekom na die Here toe en gevra: “Sal U die regverdiges saam met die goddeloses vernietig? 24

Miskien is daar vyftig regverdiges in die stad. Sal U die plek werklik vernietig? Sal U dit nie spaar oor

vyftig regverdiges daarin nie? 25 U sal tog nie so iets doen en die regverdiges saam met die goddeloses

om die lewe bring nie! U sal tog nie die regverdiges soos die goddeloses behandel nie! Sal die regter van

die hele aarde dan nie reg laat geskied nie?” 26 Toe sê die Here: “As Ek vyftig regverdiges in Sodom kry,

sal Ek die hele plek spaar oor hulle.” 27 Abraham het gesê: “Ek is maar net stof en as, en tog het ek

gewaag om met die Here te praat. 28 Sê nou die regverdiges is vyf minder as vyftig: sal U die hele stad vir

vyf verdelg?” Hierop antwoord die Here: “Ek sal dit nie verdelg as Ek vyf en veertig daar kry nie.” 29 Toe

praat Abraham weer met die Here: “Miskien sal daar veertig gevind word,” en die Here sê: “Ook oor

veertig sal Ek dit nie doen nie.” 30 Abraham sê toe: “Moet tog nie kwaad word as ek nog ‟n keer praat nie,

Here. Miskien sal daar dertig te kry wees,” en die Here sê: “Ek sal dit nie doen as Ek dertig daar kry nie.”

31 Maar Abraham sê: “Ek bly waag om met die Here te praat. Miskien word daar twintig gekry,” en die

Here sê: “Oor die twintig sal Ek dit nie verdelg nie.” 32 Toe sê Abraham: “Moet tog nie kwaad word nie,

Here! Ek wil nog net een keer praat; miskien word daar tien gekry.” En die Here sê: “Ook oor tien sal Ek

Page 8 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

dit nie verdelg nie.” 33 Toe die Here klaar met Abraham gepraat het, het Hy weggegaan, en Abraham het

na sy plek toe teruggegaan. (Genesis 18:20-33).

Alle teoloë is eens oor die belangrikheid van gebed.

John Wesley het gesê: “God doen niks in die sake van die mens nie behalwe om gelowige gebede te

beantwoord.”

Jack Hayford sê: “Jy kan besluit of seën of vloek oor die aarde kom. Ons sal bepaal of God se goedheid

vrygestel word in sekere omstandighede of dat die mag van sonde en die duiwel toegelaat word om voort

te gaan. Gebed is die bepalende faktor. 2

Die manne van Issaskar.

Ons almal het al een of ander slegte besluit geneem. Die meeste van ons het ‟n katalogus van slegte

besluite, wat ons van tyd tot tyd weer maak. Dink net hoe anders kon dinge nie gewees het as jy wyse

besluite kon neem nie?

Ongelukkig kan ons nie die verlede verander nie. Ons maak elke dag besluite en die patroon wat vasgelê

is deur die klein besluite bepaal die verloop van die groot besluite.

M.a.w. as jy nie leer hoe om klein besluite verantwoordelik en met wysheid te neem nie, is die groter

besluite feitlik bestem vir mislukking.

Kyk na hierdie teksgedeelte:

32 van die Issaskarstam, die mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te

doen staan: 200 van hulle hoofmanne en al hulle stamgenote onder hulle bevel; (1 Kronieke 12:32).

Hierdie gedeelte staan in die middel van ‟n lys name van manne wat vrywillig aangemeld het om as

diensknegte vir koning Dawid op te tree en om hom te ondersteun in sy salwing as die koning van Israel.

Die beskrywing van hierdie unieke manne onderskryf twee noodsaaklike komponente van besluitneming:

1. Bewustheid (wakker, bedag, goeie aanvoeling).

2. Beslistheid (deurslaggewend, definitief).

Goeie besluite benodig goeie informasie en versigtige analisering van alle pertinente feite.

Belangrike besluite benodig ‟n dragtigheid tydperk, dit moenie gejaag word nie! Maar wanneer daardie

besluit geneem word moet dit beslissend gekommunikeer en geïmplementeer word.

Soos die mans van Issaskar, moet jy die tye verstaan en goed ingelig wees voor jy ‟n besluit neem.

Op die ou end moet ons almal besluite neem en wanneer jy die besluit geneem het, moet jy met die

gevolge saamleef.

1983), p. 57.

2 Jack W. Hayford, Prayer is Invading the Impossible (New York: Ballantine Books,

Page 9 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

Besluit wys!

Goeie besluite vereis akkuraat geprosesseerde informasie. Alhoewel ons in ‟n inligtingsera lewe en

inligting vrylik beskikbaar is en rekenaars magdom inligting kan berg, is dit nog steeds die menslike brein

wat die inligting moet analiseer en besluite formuleer.

Omdat Salomo geweet het dat leiers goeie besluite moet kan neem het hy hulle aangemoedig om

wysheid te bekom, verstandelik gedissiplineerd te wees en om woorde van kennis te begryp.

1 Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. 2 Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te

leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. 3 So sal hulle ‟n

behoorlike opvoeding ontvang en ‟n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. 4 Wie nog nie kennis het nie,

sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree. 5 Selfs wyse mense kan na

die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer 6 om

spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp. (Spreuke 1:1-6).

Alhoewel dit uiters noodsaaklik is om die ingewikkelde aspekte van die saak waaroor jy moet besluit te

verstaan is God se perspektief oor die saak van kardinale belang. Die boek spreuke help ons daarmee!

Probleme ontstaan wanneer jy nie weet wat regverdig, reg en eerlik is nie. Sonder die regte informasie en

‟n helder begrip oor God se perspektief sal jy nie eers weet wanneer jy in die verkeerde pad afloop nie.

Dit is waarom Salomo ons maan om versigtig te wees.

Onthou, menslike oordeel is altyd beperk en soms verkeerd. Soms is ons beste motiewe van wat gesê of

gedoen word, swak ingelig, gevaarlik en selfs destruktief. Wanneer dit kom by die belangriker besluite in

ons lewens het ons byna altyd ‟n dieper insig, ‟n breër perspektief en raad nodig, soms meer as wat enige

mens jou kan offer.

Wat ons desperaat nodig het in moeilike besluite is God se gedagtes rakende die kwessie. Die Heilige

Gees maak God se gedagtes aan ons bekend.

3 Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet

nie. (Jeremia 33:3).

‟n Absolute vertroue en onderwerping aan die wil van God is ‟n onlosmaaklike deel van suksesvolle

besluitneming!

Die goue reël is: WANNER JY TWYFEL, VERTROU OP GOD. 3

Die Spreuke van Salomo sal jou help om hierdie doel op ‟n goddelike wyse te bereik. Die spreuke maak

jou verstand skerp en hulle openbaar God se insette om te verseker dat ons besluite sinkroniseer met Sy

ewigheidsplan.

Die Gevaar om God uit te sluit.

Geen besluit is wys wanneer dit God uitsluit nie! In Josua 9 het die Israeliete ‟n fatale fout gemaak omdat

hulle vir God uitgesluit het by hulle planne. Hulle moes lewe met die gevolge van ‟n besluit wat God nie

goedgekeur het nie!

3 Bill Hybels, Making Life Work (Downers Grove, IL: InterVarsity Press, 1998), p. 203.

Page 10 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

1 Al die konings wes van die Jordaan, dié in die Bergland, in die Laeveld, aan die hele kus van die Groot

See en tot regoor die Libanon, die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, het

van Josua gehoor 2 en hulle het eendragtig saamgestaan om teen hom en Israel te veg. 3 Maar toe die

inwoners van Gibeon hoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het, 4 het hulle ‟n slim plan gemaak. Hulle

het padkos ingepak; hulle het verslete saalsakke op hulle donkies saamgeneem en verslete wynsakke

wat geskeur en weer toegewerk was; 5 aan hulle voete was verslete, gelapte skoene en hulle het verslete

klere aangehad; al hulle padkos was droog en verkrummel. 6 Hulle het na Josua toe in die kamp by Gilgal

gegaan en vir hom en die Israeliete gesê: “Ons kom uit ‟n ver land en ons kom vra dat u met ons ‟n

verdrag sluit.” 7 Die Israeliete het vir die Gibeoniete, wat Hewiete was, gesê: “Dalk woon julle hier tussen

ons. Hoe kan ons dan met julle ‟n verdrag sluit?” 8 Hulle het vir Josua gesê: “Ons wil u onderdane wees.”

“Maar wie is julle en waar kom julle vandaan?” vra Josua. 9 En hulle antwoord: “Ons kom uit ‟n baie ver

land; ons kom op grond van die roem van die Here u God. Ons het van Hom gehoor en van alles wat Hy

met Egipte gedoen het, 10 en ook van alles wat Hy met die twee Amoritiese konings oorkant die Jordaan

gedoen het, met koning Sihon van Gesbon en met koning Og van Basan wat in Astarot gewoon het. 11

Ons leiers en al die inwoners van ons land het vir ons gesê: Vat padkos saam en gaan die Israeliete

tegemoet en sê vir hulle: Ons wil onderdane wees; wil u nie met ons ‟n verdrag sluit nie? 12 Kyk ons

brood, dit was nog warm toe ons dit uit ons huise gebring het om vir padkos saam te vat die dag toe ons

na u toe vertrek het, en nou is dit droog en verkrummel. 13 En kyk ons wynsakke wat nuut was toe ons

hulle vol gemaak het, nou is hulle vol barste. Kyk hoe verslete is ons klere en ons skoene van die lang

pad.” 14 Die Israeliete het na die padkos gekyk, maar nie die Here geraadpleeg nie. 15 Josua het die

Gibeoniete goed behandel en met hulle ‟n verdrag gesluit dat hulle lewens gespaar sal word. Die leiers

van die volksvergadering het dit met ‟n eed bevestig. (Josua 9:1-15).

Nota:

Die Israeliete het inligting ingewin (vv. 7-14). Maar hulle het ‟n kritieke stap in die proses gemis!

Hulle het nie die Here geraadpleeg nie! (v. 14).

Baie jare later verwys Jakobus na hierdie einste insident en skryf:

15 Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” (Jakobus 4:15).

In Haddon Robinson se boek Decision Making by the Book, maak hy die volgende gevolgtrekking

rakende Jakobus se stelling:

“James is not against making plans…he is not taking a cheap shot at charts or making an

argument against commitments…. What James warns us about is that our freedom to make

plans is not a license to live free from God. To come to that conclusion would be arrogant.”

Robinson sluit die volgende gedagte in:

“If it is the Lord‟s will,‟ ought to infect our thinking. It ought to be a standard part of our

vocabulary.” 4

4 Haddon Robinson, Decision Making by the Book (Grand Rapids: Chariot Victor

Publishing, 1991), pp. 64-66.

Page 11 of 12

Besluitneming 10 November 2009 Preek

In Josua se geval het Josua nagelaat om God te betrek by sy besluit en gevolglik het hy die verkeerde

besluit geneem. Op die ou end was Josua verplig homself en sy mense verbind te hou aan sy verdrag

met die Gibeoniete.

Hierdie verdrag het verhoed dat Israel die land Kanaän ten volle oorwin.

Alhoewel Josua die beste uit die slegte saak gemaak het, wat die eindresultaat nie wat dit kon gewees

het nie.

Jakobus moedig enige een aan wat in die Magtige God glo, om Hom eers te raadpleeg voordat hulle

besluite neem.

As gelowiges moet ons ons besluite onderwerp aan die wil van God.

Ondersoek jouself en maak seker dat jou gedagtes is in lyn met Sy wil! Ons moet daarna streef om

besluite te neem wat ‟n produk is van ons verhouding met God.

Page 12 of 12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!