02.05.2013 Views

Loffienuus no 9 _20 Mei 2009_.pdf - Gelofte Skool

Loffienuus no 9 _20 Mei 2009_.pdf - Gelofte Skool

Loffienuus no 9 _20 Mei 2009_.pdf - Gelofte Skool

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

9 Loffienuus 20 Mei 2009

LOFFIENUUS

Nuusbrief 9/2009

Webblad: www.gelofte.co.za

Vriendskap is die vermoë om mekaar se snaaksighede, swakhede en sotlikhede met

humor te aanvaar. (Thomas Fuller)

Geagte Ouer

1. BELANGRIKE DATUMS

21 MEI HEMELVAART – EREDIENS BY SKOOL OM 07:45

22 MEI SOKKIE: GRAAD 4-7

27 MEI KOEKVERKOPING

8-26 JUNIE EKSAMEN - SEKONDÊR

15 JUNIE SKOOLVAKANSIEDAG

16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG - JEUGDAG

23 JUNIE ATLETIEKUITDUNNE - PRIMÊR

24 JUNIE ATLETIEKUITDUNNE - PRIMÊR

24 JUNIE KOEKVERKOPING

26 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE

26 JUNIE RAPPORTE - PRIMÊR

2. HEMELVAART

Ons het eerskomende Donderdag die tradisionele hemelvaartdiens om 07:45. Die

diens word in die skoolsaal gehou en word gelei deur ds. Theo Human. Ouers is

welkom om die diens by te woon.

3. SERRIE

Ons verneem graag of daar dalk ouers is wat ‘n opname van hierdie jaar se

serriekompetisie gemaak het. Indien u wel ‘n opname gemaak het sal ons dit

waardeer as u die skoolhoof daarvan in kennis stel deur ‘n e-pos te stuur na

gelofte@gelofte.co.za.

4. VERJAARDAE

Baie geluk aan die volgende Loffies wat binne die volgende twee weke verjaar. Ons

vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid vir julle baie seën toe vir die nuwe

lewensjaar. Natasha Maree, Shiloh Sargent, Cheryl van der Nest, Marlise Fourie,

Olga Fourie, Rudolph Torlage, Nico Wessels, Deidre Engelbrecht, Mari Bronkhorst,

Xander de Lange, Elouise Koegelenberg, Monika Korb, Jaco Sampson, Kevin

Schmidt, Simoni Gouws, René Gouws, Shandre Lourens, Priscilla van Rensburg,

Engela Jacobs, Zoe Loedolff, Clinton Diederichs, Octavia Fischer, Heidi Korb,

Jacques Morkel, Lourens Stols, Anandi Brummer, Cheldeen Joubert.

5. KINDERBESKERMINGSDAG

Met die oog op kinderbeskermingsdag wil ons reël dat die Loffies siviele klere

aantrek op 29 Mei en R2-00 inbetaal. Die fondse wat hierdeur ingesamel word, sal

aan die Malvern kinderhuis geskenk word. Ons glo dat ons ook ‘n verantwoordelikheid

het om ons kinders bewus te maak van ander se nood en behoeftes.

9 Loffienuus 20 Mei 2009

6. INTERSKOLE: WERDA

Dankie aan al die Loffies vir hul deelname aan die interskole en in die besonder ook

aan al ons ondersteuners. Ons het die interskole vir die agtste jaar agtereenvolgens

gewen. Die finale telling was 29 – 7 in die Loffies se guns. (Twee punte vir ‘n wen en

een punt vir ‘n gelykopuitslag) Sedert die instelling van die interskole was die Loffies

dus nog nie eenmaal aan die verloorkant nie. Baie geluk! Ons is trots op julle.

Aktiwiteit Gelofte Werda Gelofte Werda

Bybelvasvra (P) 2 0 54 53½

Bybelvasvra (S) 2 0 57 54

Skaak 2 0 4½ 3½

Netbal

O/14A 2 0 12 6

2de Span 2 0 15 5

O/16A 2 0 13 6

1ste 2 0 29 18

Oudskoliere 12 17

Hokkie

O/10 (6 'N KANT) 1 1 2 3

O/11 (6 'N KANT) 0 2 0 0

O/16 2 0 3 1

2de span 1 1 1 1

Oudskoliere 2 3

1ste span 2 0 3 0

Rugby

O/9A (10 MAN) 2 0 40 5

O/15 1 1 22 22

2de span 2 0 10 5

O/11 2 0 38 0

Oudskoliere 10 5

1ste Span (P) 2 0 75 0

1ste Span (S) 0 2 12 13

7. PRESTEERDERS

Baie geluk aan Wessel Bloem wat gekies is as lid van die Highway rugbyspan. Dit is

‘n pragtige prestasie. Sterkte ook vir die finale KZN proewe.

Ons graad 9 Forum span bestaande uit Ingrid Roloff, Marrissa Nelson, Rochelle

Coetzee en Jano Hendriks het hul rondte teen Thomas More, Pinetown Girls,

9 Loffienuus 20 Mei 2009

Pinetown Boys en St. Benedicts gewen. Nog ‘n bewys dat die Loffies nie eers hoef

terug te staan in die Engelse debatskompetisies nie. Baie geluk!

Baie geluk aan Bianka Houpe, René Fritz en Shozelle Taute wat KZN kleure verwerf

het in netbal. Dit is ‘n uitstekende prestasie!

Die volgende dogters is opgeneem in die onderskeie PADSSA netbalspanne:

Genavive Stuthard, Chenal Brummer, Bianka Janse van Vuuren en Marisa Vorster.

Geluk ook aan Shanclen Labuschagne en Monique Rieckert wat ingesluit is in die

Southern Coastal span. Ilze Hattingh en Jeané Rieckert is opgeneem in die Highway

netbalspan. Ons is trots op ons netbaldogters se pragtige prestasies.

Ons het intussen verneem dat Jehan Koegelenberg ingesluit is in die O/13 PADSSA

rugbyspan. Baie geluk!

Ons is ook trots op die volgende seuns wat deelneem aan die finale proewe vir die

KZN rugbyspanne: Wayne Smith, Ruan Kotze, Jaco Coetzee en Juan Anderson.

Die volgende Loffies het aan die landloopbyeenkoms deelgeneem in hul onderskeie

ouderdomsgroepe en het onder die eerste tien atlete geëindig: Eloise Koegelenberg

(10de), Olga Hougaard (3de), Ruan Pretorius (2de), Ruan Horst (6de), Hans-

Jacques Koetsier (5de), Megan Tolmay (9de) en Pieter Hougaard (8ste).

Baie geluk aan Melandie Venter wat KZN-kleure verwerf het in figuurskaats.

8. GRAAD 4-7 SOKKIE

Die filmvertoning van eerskomende Vrydag word vervang deur ‘n sokkie vir die

graad 4-7 leerders in die Uitspan. Die leerders kan volgens die tema “Funky en

fluffy” aantrek. Daar is ‘n prys vir die beste kostuum. Die sokkie sal begin om 17:30

en duur tot 21:00. Koste beloop R25-00 wat ‘n kospakkie insluit. Die snoepie sal ook

oop wees. Kaartjies kan by die onderskeie klasvoogde gekoop word.

9. MEDIKASIE

Ons beklemtoon weer dat die skool onder geen omstandighede verantwoordelikheid

kan aanvaar om toe te sien dat leerders hul medikasie neem nie. U kan bv. nie u

kind se weeklikse voorraad Ritalin skool toe stuur met die verwagting dat die

betrokke onderwysers dit vir u kind moet gee om daagliks te drink nie. Die skool

mag, volgens wet, onder geen omstandighede enige medikasie aan ‘n leerder gee

nie. Dit sluit selfs iets so eenvoudigs soos hoofpynpille in.

10. RUGBY: SATERDAG, 23 MEI

Let asseblief daarop dat die rugbywedstryde teen Pinetown Boys wat eerskomende

Saterdag sou plaasvind gekanselleer is as gevolg van omstandighede buite ons

beheer. Die sekondêre rugbyseuns het dus hierdie naweek ‘n loslooitjie.

11. PITKOS – Law of the Garbage Truck

One day I hopped in a taxi and we took off for the airport. We were driving in the

right lane when suddenly a black car jumped out of a parking space right in front of

us. My taxi driver slammed on his brakes, skidded, and missed the other car by just

inches! The driver of the other car whipped his head around and started yelling at us.

My taxi driver just smiled and waved at the guy. And I mean, he was really friendly.

So I asked, 'Why did you just do that?

9 Loffienuus 20 Mei 2009

This guy almost ruined your car and sent us to the hospital!' This is when my taxi

driver taught me what I now call, 'The Law of the Garbage Truck.' He explained that

many people are like garbage trucks. They run around full of garbage, full of

frustration, full of anger, and full of disappointment. As their garbage piles up, they

need a place to dump it and sometimes they'll dump it on you. Don't take it

personally. Just smile, wave, wish them well, and move on. Don't take their garbage

and spread it to other people at work, at home, or on the streets.

The bottom line is that successful people do not let garbage trucks take over their

day. Life's too short to wake up in the morning with regrets, so...Love the people who

treat you right. Pray for the ones who don't. Life is ten percent what you make it and

ninety percent how you take it!

Have a blessed, garbage-free day!

DIE VOLGENDE SAKE HET AL IN DIE LOFFIENUUS VERSKYN MAAR WORD IN ELKE

LOFFIENUUS HERHAAL.

12. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang.

Hierdie is uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die

nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul

tasse lê. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie,

is u welkom om ‘n e-pos te stuur na gelofte@gelofte.co.za. Ons sal u dan op ons

adreslys plaas.

Die Loffienuus is ook op die webblad beskikbaar. (www.gelofte.co.za).

13. ADVERTENSIEBORDE

Ons herinner u weer daaraan dat advertensieruimte langs die sportveld bekom kan

word. Vir meer inligting is u welkom om André van Zanten te skakel by 082 468

2963.

14. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende. Gesien in die lig van beriggewing in die

nuusmedia oor gewapende rooftogte by skole, wil ons weer eens ‘n beroep doen op

ouers om ander vorme van betaling te gebruik eerder as kontant. Ons streef daarna

om die skool ‘n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele

elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken te beskou. Dit sal dus

waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak.

Die skool se bankbesonderhede is as volg:

Bank: ABSA

Rekeningnaam: Gelofte Skool

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete

DJ Strydom

Skoolhoof

9 Loffienuus 20 Mei 2009

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ________________________________________ GR. ______________

KOMMENTAAR: ________________________________________________________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

TERUGSTUURSTROKIE : VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

FINANSIëLE BYSTAND

Hiermee onderneem ek, _____________________ ouer van _____________________ in gr _____

om die volgende addisionele bydrae te maak:

a) ‘n eenmalige bedrag van R_______________ b) ‘n maandelikse bedrag van R _____________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

9 Loffienuus 20 Mei 2009

* ADVERTENSIES *

Skakel die skool vir navrae en tariewe.

GEREFORMEERDE BAPTISTE

KERK

Enigste AFRIKAANSE GEMEENTE in die

Hillcrest / Waterfall omgewing.

PLEK : Biblioteeksaal, Linkweg,

Waterfall

DIENSTE : Sondagoggende om 09:00

KONTAKBESONDERHEDE :

Ds Hennie Vorster Tel 031-7763912

Sel 0849205226

Of Arnaud le Roux

Tel : 031-7015720

Sel : 0828719375

Velsorg & gesondheidsprodukte met

Rooibos

spesiaal gemaak vir die Suid-

Afrikaanse vel.

‘n Wye reeks van produkte en

maandelikse spesiale aanbiedinge

is beskikbaar.

Nuwe opwindende kleurgrimering

nou beskikbaar

Vir bestellings en meer inligting - of

as u belangstel

om ‘n Annique verspreider te word

skakel Leonie Slabbert

tel 031-7025147 / 082 9404 689

faks 086 655 3757

e-pos: leonie@eject.co.za

POTJIEKOS FEES

Potjie-kos fees en konsert met Ryan

Walt Panfluit en Steven Sterling

Sanger.

Sat 6 Junie 09

Om 11vm

NG KERK PINETOWN

Alles vir net R40

Kontak Monica

031-7026505(0731724410)

Of

031-7025264

MOSAIC

BEDIENINGE PINETOWN

PINKSTER KERK

GELOFTE SKOOL SAAL

ALMAL IS BAIE WELKOM WAT N TUISTE SOEK

IN N MEELEWENDE PINKSTER GEMEENTE

SONDAG

EREDIENS 09H30

KINDERKERK NA DIE EREDIENS TERWYL

DIE OUERS KOFFIE GENIET

LOFDIENS 18H00

VRYDAG

JEUG SOOS AANGEKONDIG

NAVRAE

PASTOOR JOHANN BODENSTEIN

CELL 082 849 4009

E-POS

pastoor@mosaicbediening.co.za

9 Loffienuus 20 Mei 2009

WEB

www.mosaicbediening.co.za

• MS Word

• MS Excel

• MS PowerPoint

Computer Lessons

• E-mail & Internet

• Win XP & Vista

• Photographic Lessons

After teaching for 12 years we have found that

individual, or small group training, produces the

best results. You will never get lost or bored!

In addition to individual training, we train groups of

2 or 3 provided that computer skills are at similar

level.

Contact: Margy or Glenn Sneeden

031-7027208

Suppliers of: All Computers, Hardware & Software

TASTY TREATS

Ons voorsien vars gebakte produkte teen bekostigbare pryse.

Ons vra u ondersteuning. Heerlik, versier volgens u keuse.

“Cup cakes, groot koeke. Noem dit ons bak dit.

Kontak Yvonne

0769032154

SUKKEL U KIND MET WISKUNDE OF SKEINAT

Ek bied aan:

Wiskunde lesse vir graad 8 tot 10

Skeinat lesse vir graad 10 tot 12

Skakel my gerus op 0827447877

Lesse kos R80 per uur, en word gehou by my huis in Gillitts.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!