03.05.2013 Views

inhoud voorwoord deur senator ca van niekerk - Tuis Blad

inhoud voorwoord deur senator ca van niekerk - Tuis Blad

inhoud voorwoord deur senator ca van niekerk - Tuis Blad

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

INHOUD

Voorwoord deur komdt. C.A. van Niekerk, President van

die Senaat

Voorwoord deur die Skrywer

Op Kommando 1

Oor die grens in Natal 1

Waarnemende kommandant De Wet tot

Veggeneraal bevorder 2

Generaals De Wet en De la Rey gaan

spreek generaal Cronje 4

Lord Roberts slaggereed en ruk op 5

Generaal De Wet aanvaar presidente-opdrag 5

Toestand aan generaal Cronje gerapporteer 6

Generaal De Wet gaan generaal Cronje help 7

Generaal C.C. Froneman 8

Generaal De Wet beskik nou oor 260 man-

skappe 9

Kaptein Danie Theron 9

Theron op weg na Cronje 10

Nuwe tydperk - vergeet Cronje 12

Roberts ruk op na Bloemfontein 12

Lord Roberts beset Bloemfontein 12

Toekomstige oorlogsplanne en reorganisasie 13

Roberts meen oorlog is gewonne en oor 13

Generaal De Wet en burgers weer slaggereed 14

Ontnugtering vir lord Roberts 14

Roberts geweeg en te lig bevind 15

Van Jammerbergdrif na Sprinkaannek 16

Drie groepe burgers 16

Dank verskuldig aan lord Roberts 17

Trein- en brug-opblasers van beroep 17

Die opblaasapparaat 17

Kaptein Melt van Schoor 18

Geveg by Roodewalstasie 19

Roodewal se voorrade en buit 20

Groot en pragtige vuurwerk 20

Vyandelike versterkings daag op 21

Roberts se verbanningsproklamasie 21

Generaal De Wet spreek burgers toe 22

Wessels- en Morgendal-tragedie 22

Downingstraat 10 en vyfde bondgenoot 24

Mevrou (generaal) De Wet as gevangene 25

Wat boervrou en -dogter moes verduur 26

Die Groenkopgeveg 29

Herowerde Groenkop en oorwinningsbuit 33

Veldkornet Willie Pretorius 34

Kommandant (Senator) C.A. van Niekerk 36

Die Leeuwspruit-blokhuis en Berrie Richter 37

Kiesing van Vrystaatse afgevaardigdes 42

Ontsettende konsentrasiekamp-lyding 43

Tot dou-voor-dag opgesit 43

Generaal de Wet kom op Bloemfontein-stasie

aan 44

Vereeniging - nee, Afrikaner-Mara 45

Insake amnestie vir Kolonialers 45

Dit is vrede 45

Generaals De Wet, De la Rey en Botha na

Europa 46

Begrafnis van president Paul Kruger 47

Enige gedigte 47

Gedig deur meneer Willie le Roux

Gedig op Generaal tydens sy begrafnis

VOORWOORD DEUR SENATOR

C.A. VAN NIEKERK

Die herinneringe van die ontsettende groot stryd tussen

Boer en Brit gedurende die jare 1899-1902 raak al meer

en meer in vergetelheid by ons jongmense en skynbaar

heers daar ook 'n mate van onkunde omtrent die verloop

van sake gedurende die worstelstryd wat die twee

Republieke moes deurmaak.

Die skrywer, wat as jong seun saam met sy vader, die

gevierde genl. C.R. de Wet, in 1899 op kommando

gegaan het en getrou by sy vader tot die einde van die

byna driejarige oorlog gebly het, stel nou sy herinneringe

te boek en vertel op interessante wyse wat nog nie in druk

verskyn het nie.

Uit die aard van die saak is daar 'n groot gaping in die

oorlogsargief, sover dit die Republieke raak, vanaf die

datum wat die twee Republikeinse hoofstede in besit

geneem is deur die Britse magte tot by die vredesluiting

in Mei 1902, want 'n massa oorlogsrapporte en ander

waardevolle dokumente is te velde òf vernietig òf het

verlore geraak. Die publikasie van die herinneringe van

die skrywer sal sommige van die gapinge help dek en lig

werp op gebeurtenisse waaromtrent daar twyfel mag bestaan.

Mag die werkie 'n baie groot leserskring vind.

Boshof

5 September 1951

C.A. van Niekerk

VOORWOORD DEUR IZAK DE WET

Dis nie alleen op aandrang van talle vooraanstaande

persone dat ek besluit het om kortliks enige

oorlogsherinneringe en -ervarings hiermee te boek te stel

nie. Ook jong Suid-Afrika het daar 'n aandeel aan. Gode

sy dank het seker 'n goeie 90 persent van die jeug van ons

volk die Nasionale Pad van 1899-1902 nog nie byster

geraak het nie, dog die vryheidsvaandel steeds omhoog

hou; daardie ideaal waarvoor ongeveer 6 000 stryders en

26 000 vroue en kinders (ongeveer een agste van die

Boernasie) gely en gesterf het.

Waar ek as seun van wyle genl. De Wet voorheen ter

wille van beskeienheid geweier het, moes ek nou op rype

leeftyd teenoor daardie aandrang swig. Nieteenstaande

vyandelike dum-dum-koeëls en lidietbomme dit destyds

nie kon regkry nie, moet ek nou ``hensop'' en my

persoonlike belewenisse meedeel ten opsigte van sekere

veldslae of gevegte, geheimsinnige bewegings,

uitoorlêtaktiek by aanvallende sowel as verdedigende

optrede, amuserende en avontuurlike voorvalle en,

helaas, ook treurige en hartroerende tonele.

Aan die begin van die stryd is daar onweerlegbaar

sekere noodlottige strategiese flaters begaan. So is daar

bv. meesal net defensief opgetree ... en dit terwyl die

vyand in sekere gevegte die onderspit gedelf en op die

vlug geslaan het. Offensiewe optrede sou hier baie

doeltreffender gevolge nagelaat het. Verder het die

laakbare verwaarlosing van onder andere die vernietiging

van vyandelike verbindingslyne, die opblaas van brûe en

treinspore ens., feitlik met afsydige onverskilligheid

voortgeduur, waardeur duisende troepe en tonne voorrade

ongehinderd aangebring is.

Aangesien die blaam van derglike onvergeefbare en

onvergeetlike flaters moontlik ook op die skouers van die

latere aanvoerders geplaas is of hulle selfs as

medeverantwoordelik verdink mag word, glo ek dat

enersyds aan die ``keiser gegee moet word wat hom

toekom''. Die onskuldige moet andersyds onthef word van

die blaam en verdenking ten opsigte van sake waaroor hy

destyds as mindere geen seggenskap gehad of

verantwoordelikheid gedra het nie. Die skuldige, onder

wie se leiding as opperbevelhebber daardie noodlottige

flaters begaan is, sy dit deur koppigheid of trotse eergevoeligheid

of wat ook al, moet die blaam en verdenking

alleen en ten volle dra.

Vir nadere inligting dien die volgende: Die inhoud van

die boek is nie uit geskiedenisboeke of van ``hoor-sê''

oorgeskryf nie (behalwe enkele uiters betroubare

mededelings) maar is beslis die vrug van persoonlike

ervarings opgedoen in teenwoordigheid en onder

aanvoering van generaal De Wet, as een van sy lyfwagte

en stafoffisiere wat vanaf die begin tot die einde van die

oorlog met hom in die veld was.

Sonder om doekies om te draai, het ek padlangs geskryf,

dit wil sê met dié gevoel en dié gees waarmee die

verdedigers van land en volk destyds teenoor die

``vreemde indringers met aggressiewe motiewe'' besiel en

tereg tot barstens toe gevul was. Om die ware innerlike

gevoel en gees van 'n halwe eeu gelede nou te wil ontduik

en verdoesel, sal misleidend wees en trouens verraad

inhou teenoor die leser en jongere geslagte wat reikhalsend

hunker om verdere inligting en gebeurtenisse in

verband met die heldestryd en tog so smartvolle

lydenstyd.

Dit verskaf egter vreugde dat 'n radikale verandering

ingetree het, sodat selfs leidsliede van die destydse

``vreemde invallers'' tans swart op wit wêreldkundig

getuig, dat Frankryk aan die Fransman behoort, Duitsland

aan die Duitsers, Engeland aan die Engelsman, en dat net

so Suid-Afrika voorwaar die tuiste en regmatige eiendom

van die Afrikaner is.

Genoemde verandering en erkenning is grootliks die

vrug van wyse staatsmanbeleid (deur God die Here so

beskik) en gerugsteun deur 'n ingebore Suid-Afrikaanse

nasiebewussyn, ja, nasionalisme, wat met die

vryheidstrek van Piet Retief, die byna bo-menslike

worstelstryd van Paul Kruger en andere helde reeds

omhoog gelaai het en tot in lengte van dae sal

voortbestaan.

Aangesien die inhoud van die boek meesal handel oor

veldslae en gebeurtenisse in verband met wyle my vader,

het ek myself onder omstandighede as kind van die

generaal vergeet, en alles gevolglik net beskryf as lid van

dié volk uit wie, deur wie, en vir wie generaal Christiaan

de Wet geleef, gestry en gesterf het.

Spitskop

Pk. Brandfort, O.V.S.

30 Junie 1951

Izak J.C. de Wet

Op Kommando

Oorlog!... Oorlog? Ja, dit is die begin. Bevele om die

burgers vir krygsdiens op te kommandeer en in kommandemente

byeen te bring is deur sy hoogedele president

Steyn uitgereik en weldra sou man, vrou en kind moet

skei om, wie weet, mekaar moontlik nooit weer te sien

nie. Eerlang sou trane gevolg word deur bloed as die

dood die hoogste offers sou verg.

Vroeg in Oktober 1899 is Christiaan Rudolph de Wet as

gewone landsburger tesame met sy oudste seun, Kotie,

vir krygsdiens gekommandeer. ``Goed,'' sê Christiaan,

``maar skryf die name van my twee ander seuns, Izak (die

skrywer) en Christiaan (jnr.) ook op; ek laat hulle nie

agterbly nie.'' En so moes Izak, destyds 20 jaar oud, maar

sy lyf vetsmeer en regmaak, ``bang of te nôt'' - maar die

``gaan die moes hy gaan.'' Vandag is ek egter baie bly vir

my vader se handelswyse van 51 jaar gelede, en wel om

dié rede: nou kan ek ook regop en trots my hoed agteroor

stoot, my bors uitdruk en sê: ``Ek was nooit

gekommandeer nie, maar het uit die vier spore as

vrywilliger op kommando gegaan.''

Christiaan en sy drie seuns het aan die Heilbron-kommandement

behoort, waarvan Lucas Steenkamp die

kommandant en Marthinus Els die hoofveldkornet was.

Na verloop van enige dae is die Heilbron-kommando na

Van Rheenenspas in die distrik Harrismith aan die

Natalse grense gestuur. Spoedig het dit bekend geword

dat Ladysmith deur die vyand onder aanvoering van

generaal White beset is en dat hy met spioene en

voorposte reeds voelhorings in Noordwestelike rigting na

die Vrystaat uitstoot.

Daarop is kommandant Steenkamp gelas om met 'n deel

van die Heilbron-kommando Natal in die rigting van

Ladysmith binne te val, maar kommandant Steenkamp

het siek gevoel en kon gevolglik nie gaan nie. 'n

Waarnemende kommandant moes toe gekies word om die

kommando die land van Piet Retief in te lei (op soek na

die aggressors op Retief se wettige eiendom). Christiaan

de Wet is toe as gekose verklaar. Dit was die begin van

die offisierskap van die latere generaal Christiaan de

Wet. As sodanig het hy ageer tot en met die beleëring van

Ladysmith, vanwaar hy deur president Steyn tot

veggeneraal bevorder en na die westergrens, dit is

Magersfontein, gestuur is om daar te gaan opereer.

Aldaar het hy onder opperbevel van generaal Piet Cronje

tot na die oorgawe van Cronje en inname van

Bloemfontein, gedien, waarna hy toe deur president

Steyn as opperbevelhebber van die Vrystaat se leërmagte

aangestel is.

Met die aanstelling was enige offisiere egter nie tevrede

nie. Hulle het gedreig en geëis dat die opperbevelhebber

deur alle diensdoende offisiere gekies moes word. Ter

wille van die groot saak en eenheid onder die burgers, het

generaal De Wet met president Steyn in verbinding

getree aangaande so 'n verkiesing. Die president was eers

huiwerig, dog het later ingewillig en eindelik is die verkiesing

gehou. Die volgende offisiere is as aspirant-

kandidate voorgestel: generaals Christiaan de Wet, Piet

de Wet (broer van Christiaan), en Marthinus Prinsloo

(wat later naby Fouriesburg oorgegee het en gevang is),

asmede nog een of twee ander offisiere. Die uitslag van

die verkiesing was feitlik dieselfde as die onlangse

Suidwes-verkiesing, want generaal Christiaan de Wet het

meer stemme gekry as al die ander saam en is dus met 'n

oorweldigende meerderheid tot opperbevelhebber gekies.

Oor die grens in Natal

Nou keer ons eers terug na Natal. So het waarnemende

kommandant De Wet met 'n deel van die Heilbronkommando

die land van Piet Retief binnegeval. Dog die

voorposte van die vyand het lont geruik en, tot ons bittere

teleurstelling, in alleryl rieme neergelê na Ladysmith. So

het die verlangde avontuur om met Kakie se kind kennis

te maak (met die vingers op die mausersneller, met Kakie

se borskas as skyf en die hart as kol!) deur Tommie se

terugtrekkery volgens plan misluk.

Dog die teleurstelling was van korte duur, aangesien 'n

groot garnisoen (ongeveer 1 200 man) van die vyand

Swartbooiskop, noordwes van Ladysmith, gedurende die

nag in besit gaan neem het - 'n besonder geskikte

verdedigingsterrein. En wat nou? Volgens spioenberigte

is dit, in vergelyking met ons manskappe, 'n

oorweldigende Engelse mag. Ja wat nou? Dit was nie 'n

vereiste om òf te verdedig òf aanvallend op te tree nie.

Die Engelse kolonel het die handskoen neergegooi en

kommandant De Wet het sonder aarseling besluit: ``Ek

gaan die handskoen optel.''

So is die stryd in die vroeë môre, ek meen van 30

Oktober 1899, deur Christiaan de Wet en sy dappere

Gideonsbende - 'n deel van die Heilbron-kommando -

aangedurf. Dit was dan ook ons eerste vuurdoop gewees,

waartydens die latere kommandant Frans Mentz swaar

gewond is. Die gevolg was en is sonder twyfel deur

elkeen spoedig ontdek: dat die teleurstelling van enige

dae gelede nou in 'n besondere avontuur - ja, bepaald 'n

buitengewoon warme avontuur - omskep is. Die gejeuk

van die penkopvingers na die mausersnellers is met die

oorgawe van die vyand, nadat hulle ``bokhorings''

gemaak het, tydelik gekalmeer.

En so was hierdie slag van Swartbooiskop die eerste wat

generaal De Wet met 'n gedeelte van die Heilbronkommando

in Retief se land gelewer het. Daar is 811

Tommies krygsgevange geneem, terwyl 203 aan dooies

en gewondes agtergelaat is. 'n Menigte oorlogsbuit, onder

andere twee veldkanonne, was 'n verdere deel van die

beloning vir die dapperheid en durf van die Vrystaters.

Klein-Amajuba, soos Swartbooiskop later vernoem is, sal

dus altyd sy kruin fier omhoog kan hef as simbool van die

onwrikbare vryheidstrewe van die Boervolk. En net soos

Nasionalisme vandag nog sy besieling vind in die

vryheidsin van ons volk, so inspirerend het ook hierdie

oorwinning van Swartbooiskop reg aan die begin van die

oorlog ingewerk op die moraal van die burgers te velde.

Tereg het iemand jare gelede as volg in ``Die Volksblad''

geskryf: Die geveg van Swartbooiskop was

besielend en daar het generaal Christiaan de Wet (en hier

gaan die skrywer byvoeg: met behulp van die dappere

Heilbron-burgers) sy naam gemaak. Onthou, die vyand

het die handskoen uitdagend neergegooi, en ons het dit

opgetel en gesê: ``Wie is julle kamtig?'' Met wie se

karretjie het julle gekom? A, nee a, Swartbooiskop

behoort mos volgens ooreenkoms met Dingaan aan Piet

Retief. Wat se bog is dit dan! Julle soek rusie, nè? En die

uitslag was, soos reeds beskryf, 'n swernootse loesing.

Voordat ons egter van Swartbooiskop afskeid neem,

luister ons eers na die hooghartige mentaliteit van die

gevange Engelse kolonel wat langs sy perd gestaan het ('n

pragtige donkerbruin dier) nadat die geveg oor was en die

opmars van die 811 gevangenes moes begin. Die kolonel

klim op die perd, menende hy gaan ry, waarop

kommandant De Wet hom gelas om af te klim, maar

instede van te gehoorsaam, antwoord hy ewe brutaal:

``Oh no, this is my horse, and I am not going to walk.''

Kommandant De Wet (reeds vol vir die Engelsman) sê

daarop: ``Ek beveel jou nou vir die tweede maal: sal jy

afklim of moet ek jou afskiet?''

Maar boeties, waar was julle? Blitsvinniger het ek 'n

Engelsman nog nooit sien afspring en met moeder aarde

kennis maak nie. Daarop volg toe die humoristiese

aanmerking van een van die burgers: ``Maat,'' sê hy aan

die offisier, ``onthou oorlede Salomo het gesê: elke ding

het sy tyd, maar blykbaar vergeet om by te voeg, behalwe

om 'n vlooi te vang en van 'n perd af te spring! Dan moet

jy wraggies rats wees, of jou turf sit.'' Hierdie grappie het

almal, selfs vir kommandant De Wet, gekalmeer en laat

skaterlag.

Waarnemende kommandant De Wet

tot

veggeneraal bevorder

Dit was tydens die beleëring van Ladysmith. Hierdie tyd

het kommandant De Wet rustelose dae en nagte

deurgemaak, 'n soort leeglêery wat hom vierkantig teen

die bors gestuit het en waaraan hy met sy ingebore

rustelose geaardheid nie gewoon kon raak of enige

bevrediging van kon kry nie. Gevolglik het hy gepleit en

aanbeveel dat 'n ekspedisiemag die vyand in die rug moes

gaan aanval en daarlangs opereer, ten einde die aanvoer

van troepe en voorrade te belemmer, treinspoor- en ander

verbindngslinies te vernietig ens., ens. Maar die pleidooi

van die kommandant kon nie, terwyl hy daar was,

aanvaar en in werklikheid omskep word nie.

Dit was in daardie tyd dat president Steyn met sy

bekende sienersblik en mensekennis Christiaan de Wet as

krygsman raakgesien het. (As Afrikanerpatriot was De

2

Wet as Volksraadslid ook nie 'n onbekende by die

President nie). Vandaar dat die waarnemende

kommandant deur President Steyn tot veggeneraal

bevorder en dadelik van Ladysmith na die westerfront -

in die buurt van Magersfontein en naby Kimberley -

gestuur is. Die aanstelling van kommandant De Wet het

skielik en onverwags gekom, dog was spoedig algemeen

in die laer bekend en voor die vertrek daardie môre na die

westerfront, is daar deur sowel mede-offisiere as burgers

(veral Heilbronners) met gebroke harte en betraande oë

van hom afskeid geneem en het goeie vaarwelwense in

diens van volk en vaderland hom vergesel.

Luister na die woorde wat een van die mees vooraanstaande

en gerespekteerde burgers, wyle oom Anton

Cilliers van die Heilbron-kommando, by dié geleentheid

gesê het: ``Geëerde generaal, liewe vriend, ons treur met

die gedagte om u as leier van die Heilbron-kommando te

moet verloor, maar glo ook God het u geroep om nie net

die Heilbron-kommando nie, maar in wyer kringe u dienste

aan ons geliefde en bedreigde volk en land te wy.

Daarom: geluk met die bevordering en hoë onderskeiding

en mag die seën van die Almagtige op u rus, ja, u bewaar,

lei en gebruik tot heil van volk en vaderland. Generaal,

ons roep u toe: Tot weersiens.''

Daarop het hy die burgers versoek en gesê: ``Kom ons

sing die generaal toe: Dat's Heeren Zegen Op Hom Daal.''

Daarna het 'n vurige en uiters hartroerende gebed oor die

lippe van die ou patriarg, oom Anton, na die hemel

opgestyg.

Die generaal se antwoord was kortliks: ``Geliefde offisiere,

oom Anton en burgers, wat ek ook al gedoen het,

kom die eer eerstens aan God, en tweedens aan julle, my

dappere burgers toe. Wat my betref, het ek net 'n geringe

deeltjie van my verskuldigde pligte teenoor ons geliefde

land en volk probeer doen. Ek dank julle en bid dat Gods

seën op julle en ons almal se wapens ryklik mag rus, om

as vrye en onafhanklike volksgenote weer te kan ontmoet.

Tot weersiens.''

Teen dié tyd was alles gereed en nou op pad na die

westerfront... Die geselskap of lyfwag wat die generaal

vergesel het, het onder andere bestaan uit sy drie seuns,

sy broer J.J. de Wet, oom Hans, wat reeds die merk van 'n

aggressiewe Lemetfordkoeël by 'n sekere geveg

opgedoen het. Ja, oom Hans was een van die eerstes wat

sy bloed op die vryheidsaltaar geoffer het, en dit terwyl

hy die vyand as 'n held trompop stormgeja het.

Sover ek kan onthou, het die geselskap uit 12 man

bestaan. Ons reis was per trein oor Elandsfontein (nou

Germiston) tot op Bloemfontein, vandaar te perd na

Magersfontein. Magersfontein! Hier het die generaal se

oudste broer, veldkornet Jan de Wet, en kommandant

Diederichs (ek meen dit was die grootvader van ons

teenswoordige kranige dr. N. Diederichs, L.V.) albei van

die Ladybrand-kommando, sulke onverskrokke dapperheid

aan die dag gelê deur die ``Highlanders-'' en Skotse

``Black Watch''-regimente, wat daarin geslaag het om

deur te breek met 'n aantal burgers trompop te bestorm en

uit die rantjie wat die vyand reeds in besit gehad het, te

gaan uitboender en verdryf en sodoende ewigdurende

louere vir die Boerevaandel verwerf het.

Maar helaas! Hul dierbare lewens en Afrikanerbloed

was die prys vir volk en vaderland. Hoewel albei

gesneuwel het, was hul roemryke dade tog die sleutel van

die Magersfontein-geveg en skitterende oorwinning, waar

die vyand in 'n wilde vaart en met die verlies van

duisende dooies en gewondes, nie volgens plan nie, maar

druipstert en holderstebolder moes vlug. Vandaar dat die

vyand later self moes erken dat dit die eerste keer sedert

die ontstaan van die Skotse regimente, naamlik die

``Scottish Highlanders'', ``Seaforth'' en ``Black Watch'' is,

dat hulle so 'n swernootse loesing toegedien, ja feitlik as

regimente uitgeroei is. En daarvoor bring die Boerenasie

eer en hulde aan kommandant Diederichs en veldkornet

Jan de Wet en andere helde wat hul alles op die Vryheidsaltaar

gelê het.

Steeds op pad na Magersfontein ... maar wag 'n bietjie!

Hier volg enige penkop-aanmerkings. ``Ek wonder,'' sê

een, ``of die Engelse aan die westerfront ook so

onverskillig is om sommer reguit na 'n mens te skiet?''

``Ek is bevrees,'' sê 'n ander een, ``daar sal nie een meer

oor wees om op korrel te kan vat nie.''

``Wat sê jy daar? Hulle sê dan ou `Victorie' broei hulle

sommer met 'n masjien in Engeland uit!''

``Maar dit is ook die rede,'' merk iemand weer op,

``waarom hulle so ellendig onnosel is!''

``Jy is reg, boet,'' roep 'n vyfde een uit, ``want onthou jy

nog daardie ou op Klein-Amajuba wat so hittete sy ma

vir 'n eendvoël aangesien het?''

``Ja,'' antwoord iemand weer, ``dit hang af of sy ma 'n

vroumens of 'n broeikas was!''

``Ag man,'' val iemand in, ``ek glo hy was sommer so

iets van albei!''

``Jy meen,'' laat 'n ander een volg, ``hy is `fifty-fifty,'

half ma, half broeikas!''

Eindelik het ons die middag laat by ons bestemming

aangeland, die nag rustig deurgebring met die hoop en

blye vooruitsig om minstens tog nog 'n paar dae te kan

uitrus na 'n uiters afmattende en vermoeiende lang reis te

perd. Want onthou, die verandering uit die nat en

reënerige klimaat van Natal na die droë weste van die

Vrystaat was byna vir ons te veel. Maar wie sê so, ons

wens is verydel deur generaal De Wet, wie se kragte

skynbaar onuitputlik voorgekom het, en wat by-my-koliewaar

met vier uit die vier-en-twintig uur slaap kon

klaarkom, terwyl die skrywer hiervan aan twintig uit die

vier-en-twintig uur se slaap die voorkeur sou verleen het!

Vroeg-vroeg die volgende môre terwyl ek en die ander

penkoppe nog in droomland heerlik onder die komberse

gerus het, weerklink die generaal se bevele: ``Staan op en

bring alles in gereedheid!'' Teen jou sin, lomerig (en selfs

half vererg) moes ons maar die komberse afskud,

opstaan, koffie en kos maak, om daarna die reis in die

skroeiende son, dorre westewinde en rooi stofwolke te

kan voortsit. Klaar met ontbyt, met gevulde waterkannetjies

en daar gaan ons myle ver al met die skanse van die

een na die ander end.

Die generaal het die verdedigingstellings (teen lord

Roberts) waarin die ongeveer 6 500 tot 7 000 burgers -

Transvalers en Vrystaters - was, geïnspekteer, asook

kennis met die offisiere en manskappe gemaak.

Doodmoeg was ons die aand laat eers weer op die

staanplek terug.

Die volgende dag was dit maar weer dieselfde speletjie,

dog net in 'n ander rigting. So is die forte en skanse almal

sorgvuldig nagesien, met die gevolg dat ons penkoppe toe

lekker kon lê en rus, maar generaal De Wet met sy

rustelose (soos iemand dit uitgedruk het)

``geaardentheid'', vir wie stillê en niksdoen eenvoudig

dodelik was, het dwarsdeur alles gesien en voorwaar nie

gerus nie. Hy wat die gevaar van stillê en

rampspoedigheid wat daaruit gebore kan word deur net

defensief te wil optree met intuïsie aangevoel het, was

nou baie bekommerd. Die dreigende ramp en nekslag vir

die Boere martel hom. Terwyl ons onbekommerd gesels,

gerook, gelag en gelê en rus het, was die generaal

afgesonder, stil, gedurig in gepeins, ja sy dinkvermoë was

besig met groter en dieper dinge, naamlik die wel of wee

van sy volk en vaderland.'' In daardie hoofbrekende en

knaende geestestemming het generaal De Wet hom tot

laat in die nag bevind en al wat hy dan genuttig het, was

'n beker water of koffie, totdat hy eindelik gaan slaap het,

en of hy toe wel geslaap het, bly 'n onopgeloste saak!

Met die aankoms die eerste dag by Magersfontein het

die generaal eers vir generaal Cronje gaan besoek. Om

misverstand by die leser te voorkom, moet onthou word

dat generaal Cronje destyds opperbevelhebber aan die

westerfront oor alle strydmagte - Vrystaters sowel as

Transvalers - was en generaal De Wet moes as

veggeneraal sy bevele van generaal Cronje ontvang.

Generaals De Wet en De la Rey gaan

spreek Generaal Cronje

Na 'n vermoeiende nag van oordenking van die toestand

en tewens planneberaming vir offensiewe optrede, was

generaal De Wet met generaal De la Rey die volgende

môre vroeg op weg na die tent van generaal Cronje vir 'n

onderhoud, samesprekings en beraadslagings.

Beraadslagings in verband waarmee? Te veel kosbare tyd

en geleenthede is reeds verspil. Onmiddellike

krygsoperasie is gewens en die doel - ons kom straks

daarby.

By die tent aangekom, vra generaal De Wet aan die

3

wag: ``Is generaal Cronje hier?''

``Ja,'' kom die antwoord.

``Nou ja, gaan sê hom generaal De Wet is hier en wil

hom spreek.''

``Sê hy moet inkom,'' was die antwoord van generaal

Cronje, waarvan dadelik gebruik gemaak was.

``Goeiemôre, Generaal.''

``Môre, De Wet, en wat maak jy so vroeg hier? Ek dog

jy is moeg van die lang reis en slaap nog. Het jy al koffie

gehad?''

``Generaal, drie of vier uur se slaap is oorgenoeg vir my

en douvoordag het ek al koffie gedrink; maar 'n tweede

koppie koffie sal lekker smaak, dankie! Ek is kant en

klaar uitgerus en ook kant en klaar vir groot dinge en

operasies.''

``Wat se dinge en operasies bedoel jy?''

``Ek bedoel krygsoperasies, Generaal.''

``Wat, krygsoperasies?''

``Generaal, vergun my om u en al die dapper offisiere en

burgers met die suksesse oor die vyand by die

verdediging van ons geliefde land en volk tot dusver

eerstens van harte geluk te wens. Tweedens wil ek u

dank, Generaal, vir die bereidwilligheid om op my

versoek hierdie belangrike samespreking te hou, 'n

onderhoud wat ek hoop met Gods hulp sal bydra tot

bevordering van ons gemeenskaplike volksaak. 'n

Bloeddorstige vyand staan reeds voor ons poorte met

voorbereidsels vir die deurbreek en opmars na dit wat vir

ons dierbaar en lewensbelangrik is.''

``Hulle doel is om Kimberley te ontset,'' was generaal

Cronje se tussenwerpsel.

``Ja, Generaal, u is gedeeltelik reg, maar Kimberley is

net 'n by-oogmerk. Hoofdoel van lord Roberts is

Bloemfontein, dan na Johannesburg en eindelik na die

tuiste van ons allergeliefde president Kruger, naamlik

Pretoria,'' was generaal de Wet se opmerking.

``Ja, ja, dit is hulle doel,'' antwoord generaal De la Rey.

Generaal De Wet steeds aan die woord: ``Broeders, ons

is hier as voorposte en wagters van ons volk en mag ons

van Bo die regte leiding ontvang om nugter en handelend

ons pligte te doen. Ons kan onmoontlik nie net

verdedigend wil optree nie. Ons moet ook en veral in dié

geval, aanvallend optree. Om duidelik te wees: ons moet

Roberts op sy stert gaan trap. 'n Engelsman is baie kleinserig

en skreeu gou-gou eina as jy sy stert vastrap.''

``Wat bedoel jy?'' vra generaal Cronje.

``Ek is dankbaar, Generaal, vir u vraag,'' antwoord De

Wet. ``Dit gee my die geleentheid om my doel wat ek in

gedagte het, met u en generaal De la Rey openlik te kan

bespreek, om daarna handelend te kan optree.''

``Ja, wat is jou doel?'' vra generaal Cronje reeds kriewelrig.

``Generaal, na ernstige oorweging, ja rustelose nagte,

kan ek nie anders (De Wet begin warm word) as om

reguit te sê, broers, ons lê hier en maak net verdedigende

4

voorbereidsels, wat natuurlik goed en nodig is. Maar in

dieselfde tyd laat ons die vyand toe om vry en

ongehinderd vanaf Kaapstad tot by Tweerivier (Roberts

se staanplek) gedurig sy magte te vergroot en voorrade

aan te voer, en dit totdat lord Roberts oor tienduisende

troepe en voldoende voorrade beskik om dan sy aanval en

opmars met oormag en geweld na Bloemfontein te

forseer. So 'n opmars sal vir die twee republieke

onheilspellende gevolge inhou, indien nie 'n ramp en

nekslag nie. Maar deur dadelik handelend op te tree kan

dit moontlik nog voorkom word.''

``Nou wat is jou plan?'' vra generaal Cronje.

``Ek stel voor dat u 1 500 man - en ons is gereed om die

leiding op ons te neem - beskikbaar stel om agter en in

die rug van die vyand te gaan opereer.''

Hierop het generaal De la Rey geesdriftige byval met so

'n optrede betuig.

``Kyk, ek gaan nie my kragte aan manskappe verswak

en toelaat dat Roberts kan deurbreek en Kimberley met

koue hande gaan vat nie,'' was generaal Cronje se

saaklike opmerking.

``Goed, Generaal, gee my dan net 500 of selfs 250 man,

en ek sien kans om 'n einde aan die ongehinderde toevoer

van troepe en voorrade aan die vyand te gaan maak, Ons

sal die treinspoor en brûe sover moontlik in die lug gaan

blaas en vernietig. As gevolg van gebrek aan voorrade sal

die vyand dan in plaas van voorwaarts te beur, bes

moontlik moet terugval. Die toestand vereis dat in die rug

van die vyand geopereer en so hard moontlik geslaan

moet word,'' was generaal De Wet se pleidooi.

Maar helaas! Generaal Cronje wou nie kopgee nie. En

daarmee is die eerste doodsklokklanke van die twee

republieke gehoor. Generaal De Wet was moedeloos en

kwaad. Met die toenemende dreigende gevaar steeds voor

oë, moes hy maar magteloos as veggeneraal teenoor die

opperbevelhebber weer na die slote en verskansings

teruggaan. En toe? Maar weer gaan lê en stil sit? O, nee,

dit kan nie. Dit mag nie maar so aangaan nie, te veel kosbare

tyd en geleenthede is reeds verlore - geleenthede om

die vyand te pynig en bo-al sy krygsoperasies te

belemmer en in die war te stuur. Die lêery en defensiewe

oorlogsvoering was beslis tot nadeel van die Boere en

tewens tot groot voordeel van die vyand. Dit is deur

generaal De Wet as onpraktiese en dwase oorlogstaktiek

bestempel.

Gevolglik het hy as verantwoordelike persoon sy toevlug

tot sy vertroude hoof van die Oranje-Vrystaat,

president Steyn, geneem en breedvoerig die benarde en

onheilspellende toestand geskilder. Ook het hy sy planne

om die vyand in die rug aan te val, sy vrye toevoer en

kommunikasies van agter te gaan afsny en belemmer,

meegedeel. Maar as veggeneraal was hy magteloos

teenoor die opperbevelhebber, generaal Cronje, wat

beslis geweier het en onder geen omstandigheid met sy

(generaal De Wet) se voorstel wou akkoord gaan nie.

Op ontvangs van die rapport het president Steyn met sy

sienersblik en ruime deursig van sake dan en daar die

posisie in dieselfde lig as generaal De Wet beskou en

vervolgens dadelik weer met president Kruger (ter wille

van harmonieuse samewerking tussen Transvaal en die

Vrystaat, want generaal Cronje was van Transvaal) in

verbinding getree. Maar dit is verstaanbaar, alles neem

tyd en nog 'n maal tyd in beslag.

Tot ergernis van generaal De Wet het weke so verbygegaan,

totdat eindelik die gesamentlike Kruger-Steynopdrag

(tot verligting van generaal De Wet) aan generaal

Cronje gegee is, naamlik om generaal De Wet met 'n

aantal manskappe toe te laat om die toevoer en

kommunikasies van die vyand van agter te belemmer.

Maar ook in die geval sluit die woordjie ``te laat'' tog so

oneindig baie in, want by ontvangs van dié opdrag was

dit helaas reeds te laat. Deur die verwerping van De Wet

se wyse raad en oorlogsdeursig en gedwarsboom deur sy

eie koppige domastrantheid, het Cronje die Boermagte

hul grootste nekslag laat kry.

Lord Roberts slaggereed en ruk op

Gelyktydig met die opdrag om agter die vyand se rug te

gaan opereer, was lord Roberts (nou tot die tande toe

gewapen en met 'n oormag aan troepe en voorrade

voorsien vir die opmars) se voelhorings reeds na alle

kante merkbaar en is die verkennings spoedig gevolg

deur oprukkende bewegings van massas troepe. Die deur

generaal De Wet so lang voorsiene noodlot is deur

niemand anders as lord Roberts nie in 'n aaklige

werklikheid omskep. Onder andere het generaal French

met sy duisende kavalleriste hom op Kimberley

toegespits en die brandpunt binne afsienbare tyd verower

en beset. En toe? Het generaal French die voorbeeld van

generaal Cronje gevolg om na die inname van Kimberley

in die slote en verskansing te gaan lê? Nee, hy het dan en

daar in oostelike rigting na Modderrivier opgeruk met die

doel om generaal Cronje van agter te gaan trap en

sodoende presies dieselfde taktiek te volg wat generaal

De Wet weke en weke tevore met lord Roberts wou doen.

En wat was die gevolg? Eenvoudig net dit. Om nie in sy

skanse en forte ter beskerming van sy dierbare Kimberley

vasgepen te word nie, is Cronje met sy vrou, walaer en

ongeveer 4 000 tot 5 000 manskappe, met kanonne onder

bevel van die onverskrokke held, majoor Albrecht van

die Vrystaatse artillerie, en al gedwing om langs Modderrivier

op terug te val. Tragies genoeg, het die slag nie

volgens plan verloop nie. Deur oormagte van voor, links,

regs en deur French van agter bedreig en opgekeil, moes

hy vlug - en dit was 'n wilde vlug.

Generaal De Wet aanvaar presidente-

opdrag

En wat het dan intussen van generaal De Wet geword?

Gewapen met die besliste presidente-opdrag in sy

veldtas, was hy reeds onderweg, gevolg deur 'n aantal

burgers, waaronder ook die skrywer hiervan, met die doel

om lord Roberts van agter te knyp, en ek verseker u die

knyp was sonder lag en taamlik geniepsig ook. Maar om

Roberts se agterkwarte te bereik, was 'n groot omweg

noodsaaklik, aangesien spoedig ontdek is dat die vyand

sy vlerke reeds sover as regs agter Jacobsdal in die suidooste

uitgesprei het, met die doel om generaal Cronje

eindelik te omvleuel en vas te trek.

Wat nou gedoen? Ongeveer tweehonderd man teenoor

duisende Tommies. Die taktiek van wegkruipertjiespeel

om nie opgemerk te word nie en sodoende jou doel te

bereik, word dadelik deur die generaal in beoefening

gebring. Soos u later sal sien, was die taktiek goed

bereken en is dit ryklik beloon. Eindelik was ons

onopgemerk op die Engelsman se agterkwarte en het die

geleentheid, waarna generaal De Wet weke lank

reikhalsend en ongeduldig uitgesien het, aangebreek. Pas

na sononder was enige van generaal De Wet se verkenners

terug en rapporteer dat 'n groot walaer (konvooi) op

die plaas Blauwbank aan die Rietrivier gekampeer en

uitgespan staan.

Hier was nou 'n geleentheid waar die ongeveer 200

Boere die bewys moes lewer van watter soort staal hulle

gemaak was; 'n geleentheid ook vir die penkoppe om litte

los te maak en die jeukende vingers op die mausersnellers

te oefen. Bevele om slaggereed te maak, is dadelik deur

die generaal gegee. Die volgende môre (nog donker)

bevind die 200 burgers, gelei deur die generaal, hulle op

weg na die plek waar onheil en dood hulle inwag. Toe dit

begin lig word, was 'n reeks rantjies en koppies ongeveer

3 000 tree noordoos van die walaer reeds sigbaar. Die

rantjies was deur die vyand beset. Meteens weerklink die

bevel ``storm'' en toe Kakie sy oë uitvee, was die eerste

koppie in ons besit en sonder om noemenswaardige

weerstand te bied, vlug die vyand na hul maats in die

aangrensende rantjie.

Sonder om te aarsel, het ons toe onder hulle wat-senaam

vuurgemaak, met die gevolg dat 'n goeie aantal vir

goed van die gras afgemaak en bokveld toe gestuur is.

Nou was dit mausers teen Lee Metfords en omgekeer. 'n

Hewige geveg het ontwikkel. ``Boeties, ons het ook nou

ysterklippe vir skuiling; nou sal julle bars!'' het een van

die penkoppe uitgeroep. En dit was so. 'n Kwaai geveg

het ontstaan, maar Kakie se kind was nie opgewasse teen

die Boer se roer met 'n klip as skans nie. Die meeste van

die vyand het kop- en doodskote gekry. En ja, daar gaan

die wit vlag op! Die skietery bedaar, oorgawe volg en die

oorwinning is ons s'n.

Behalwe 'n aantal dooies en minder gewondes het ons

ook 'n klomp krygsgevange geneem. 56 Kakies het

onopgemerk agter die rand om tog daarin geslaag om te

5

ontsnap, maar net om die volgende dag gevang te word.

Later hoor ons weer van 56 ontsnaptes. Op 'n vraag van

generaal De Wet het die gevange offisier verseker dat

daar geen troepe by die walaers is nie. ``Kyk, as jy vir my

lieg en van my manskappe word met die aanstorm op die

laer doodgeskiet, dan sal jy met jou lewe daarvoor

betaal.'' Hy bevestig dit toe met 'n eed dat daar geen

troepe is nie. En nou reguit na die ontsaglike walaer.

Terloops, terwyl die geveg aan die gang was, het honderde

kaffers en Hotnots, leiers en drywers van die

waens, die rieme neergelê en veiligheid in die rivierwalle

en -bosse gaan soek. Na alles oor was, het baie weer

teruggekom en toe het die aanmerkings nie ontbreek nie,

soos: ``Gamat, die damn Engelse het ons amper laat

koeëls proe.''

``Ja nee, Gamat, die Boere moet hulle maar vir my part

opkeil. ``Serves them right'!''

``Ou boet, dit lyk anders as Wiesky drink!''

``Maat, dit lyk anders as om daar in die kamp te staan en

rightwheel, leftwheel, leftwheel, rightwheel!''

``So lyk dit as 'n mens iets soek wat jy nie verloor het

nie.''

Maar genoeg. Wat 'n reuse-buit! Nie minder as 203

bokwaens oorvol belaai met haas alles nie. Ja, 'n verlies

vir Kakie, maar 'n wins vir die Boere van tien-, tien-, en

nog 'n maal tienduisend pond, was die beloning van die

sterttrappery.

Toestand aan generaal Cronje

gerapporteer

Die vorige dag het generaal De Wet die reusemagte en

flankbewegings van die vyand natuurlik ontdek; die

klaarblyklike doel was om generaal Cronje te omsingel.

Hierop het hy dadelik een van sy betroubaarste

rapportryers (die beroemde kommandant Gideon

Scheepers) met 'n breedvoerige rapport na generaal

Cronje gestuur om hom (Cronje) op die dreigende

omsingelingsdoel te wys. Indien nodig, moes hy die

waens en karre agterlaat en selfs verbrand en net met al

die manskappe en kanonne probeer uitkom. Generaal

Cronje, wat reeds met die walaer en al op die terugtog

was, het, nadat hy die rapport gelees het, mondelings

terug laat weet: ``Gaan sê aan De Wet hy moet die

Engelse doodskiet en vang, vir homself sorg en ek sal

agter myself kyk!''

Ag, wat 'n antwoord, en dit van die opperbevelhebber

aan wie se sorg ongeveer 5 000 burgers toevertrou is ..

. en dit terwyl 'n dreigende, pikswart wolk in hewigheid

toeneem en oor die twee republieke hang en mag losbars.

Kan dit waar wees? Ja, dit is so, die heilige waarheid, wat

die skrywer as kind en in teenwoordigheid van sy vader,

generaal De Wet, persoonlik aangehoor het. Maar kom

6

ons neem vir eers afskeid van die rampspoedige episode,

'n stukkie geskiedenis waarvoor die skrywer as lid van die

Boerenasie liewers die hoed voor die oë wil trek en swyg.

Wat het intussen van die 56 Tommies, wat uit die rant

na aan die 203 waens ontsnap het, geword? Het hulle

weer by die voortstuwende Engelse massas uitgekom?

Ongeveer tien, twaalf myl vanaf die walaer het hulle

onder aanvoering van 'n kaptein die nag op 'n plaas onder

in die leegte (alkante was bulte en geen beskutting nie)

intrek geneem en oornag. Terwyl Kakie se kind nog

houtgerus en sonder toestemming die eienaar se woning,

huis en klipkrale in besit geneem het (hulle was verdwaal)

verskyn generaal De Wet met 12 man op die bult,

ongeveer 3 500 tree van die huis. Met die verkykers het

ons hulle dadelik as Kakies herken.

En wat nou? Hulle ongehinderd laat staan, wou ons nie.

Stormjaag sou in dié geval onprakties, wees en met

dodelike gevolge vir ons kon afloop, selfs selfmoord

beteken het. Hulle is minstens vier teen een van ons, en

het die huis en krale as goeie beskutting.

Maar luister. Soos die noodlot vir Tommie dit wou hê,

het ons 'n waterkar met muile daarvoor en enige voorrade

daarop (alles uit Kakie se kommissariaat gebuit) by ons

gehad. Maar wat die hoenders kan 'n waterkar nou in dié

geval aan die situasie doen? Wat kon die oubaas se

taktiek daarmee wees?

``Kêrels, trek uit daardie lang omheiningsankerpaal en

bind dit op die waterkar vas,'' was die bevel van generaal

De Wet.

So op 'n afstand gaan Kakie die waterkar nou vir 'n

kanon aansien. Daarop trek ons vorentoe om goed deur

die vyand opgemerk te word. Die volgende rapport word

onder 'n witvlag na die vyand gestuur: ``Gee dadelik oor

en as julle weier, dan verpletter ons julle met die kanon.''

En daar trek een van die burgers met rapport en witvlag.

Na enige minute kom die burger, vergesel van die kaptein

(bevelvoerende offisier) aangery na ons. Die generaal en

ek ry die twee 'n paar honderd tree tegemoet, die ander

tien burgers ontvang opdrag om voor en rondom die

waterkar-kanon posisie in te neem, ten einde die ``kanon''

vir die Engelsman te verberg. Eindelik is ons bymekaar.

``En waar is die ander klomp?'' vra die generaal.

``Sir, I came to hear the conditions...'' maar voor hy nog

verder kon praat, sê generaal De Wet:

``Sê aan hom daar is net een kondisie, onvoorwaardelik!''

Dit word toe aan hom in Engels vertaal.

``No oh no! I must get terms,'' antwoord die kaptein.

Ewe kalm haal die generaal sy sakhorlosie uit en terwyl

hy daarop kyk, sê hy: ``Sê aan hom ek gee hom 15 minute

tyd om die witvlag te gaan hys en oor te gee; so nie, dan

sal my kanon die oorgawe afdwing en hy sal vir die

gevolge van dood en verwoesting verantwoordelik wees.''

Die tolk was nog besig, toe steek Kakie spore in en

boeties, vinniger as wat die Engelsman teruggejaag het,

het ek nog nooit gesien nie. Hy het nie volgens plan

geretireer nie, maar voor die plan! Nog voor hy by die

huis was, het die witvlag gewapper en so het 56 Tommies

die knie gebuig en voor generaal De Wet se waterkarkanon

gehensop. Die buit, behalwe hulle wapens en ammunisie,

was 56 perde, waarvan die skrywer 'n pragtige

bruinbles ontvang het.

Generaal De Wet het streng bevele gegee om nie een

woord van die waterkar te praat nie. ``Ons kan dit weer

nodig kry,'' het hy gesê. En nog minder het die kakies die

eer gehad om die (dodelike!) kanon te sien.

Generaal De Wet gaan Generaal

Cronje help

Terwyl ons klompie penkoppe in feestelike stemming

verkeer oor die vangs van 56 Tommies, was die generaal

alweer diep ingedagte aangaande die 4 000 tot 5 000

man, die hoofmag van generaal Cronje, en die

onheilspellende noodlot wat dreig, naamlik die

omsingeling en eindelike oorgawe van die grootste

Boeremag. Seer seker sou nie net generaal Cronje as

persoon kon gevang word nie, maar die verlies van 4 000

tot 5 000 burgers sou 'n volksramp wees. Die plan om

agter die vyand en in die Kaapkolonie te gaan opereer, is

nou hopeloos onprakties, omdat dit reeds te laat is.

Nadat die 203 waens versorg en weggestuur was en die

burgers gereorganiseer is, was die generaal en ongeveer

200 burgers weer slaggereed en nou vir die front. Kom

wat wil, maar die 4 000 tot 5 000 manskappe moes,

indien enigsins moontlik, uit die vyand se wurggreep

verlos word. Oral stuit ons teen vyandelike kolonnes, dog

eindelik is ons die regterflank om en uit oostelike rigting

nader ons die vyandelike magte. General Cronje met

walaer en al - selfs ons kanonne onder majoor Albrecht -

was reeds omsingel en op die wal van Modderrivier

vasgepen. Net aan die oostekant was nog 'n opening en

dit is juis daar waar generaal De Wet deur flinke optrede

sy ankers gaan plant het, deur die stellings in die rantjies

te bestorm en in besit te neem, hoewel hulle kwaai deur

liddietbomme en meksims toegetakel is.

Gedurende die dag was die Gideonsbende onder kanonvuur,

terwyl in die namiddag na skatting 2 500

voetgangers van die vyand in ons rigting beweeg het.

Hulle het al hoe nader gekom en met sononder het

ongeveer 3 000 tree hulle van ons geskei: 'n nagtelike

aanval was dus duidelik die doel. Dit word donker.

Tweehonderd man teenoor minstens 2 500 van die vyand.

Elke burger besef die erns van die toestand. Ja, elkeen is

ten volle oortuig van 'n slag om lewe of dood daardie nag.

Aan slaap het niemand eers gedink nie. Elke man is op sy

plek met mauser reg in posisie en patroonbande om die

lyf.

Die generaal, meer as iemand anders oortuig van die

aanval, loop feitlik gedurig van een na die ander end van

die stellings, moedig die burgers aan en gee bevele, om

sodra hy die teken gee, dan met dodelike vuur dapper en

vol moed die aanval af te slaan, ja om Kakie vannag vir

goed 'n les te leer, 'n les wat die oorlewendes na die

oorlog aan hulle gesinne in Engeland kon gaan vertel!

``Ons sal, ons sál, generaal,'' weerklink dit.

Sodra die generaal weg is, begin die opmerkings, soos:

``Boeties, vannag is vannag!''

``Ja, maties, ons gaan met koue staal (bajonette) kennis

maak!''

``Toe maar, boet, ek sal hom blik nog voor hy jou kan

steek!''

``Aag bog, sien julle dan nie ons generaal is kalm en vol

moed nie?''

En wie besef beter as die generaal, die verantwoordelike

aanvoerder, die moontlikheid dat òf hyself òf 'n aantal

van sy burgers, bes moontlik die prooi van 'n Lee-

Metford-koeël of bajonetsteek gaan word en gevolglik

nie weer die voorreg sal hê om die son te sien verrys nie?

Dog wie besef beter as hy ook die dreigende en haglike

ramp wat sy geliefde land en volk in die gesig sou staar

as die 4 000 tot 5 000 burgers in die vyand se hande moet

val? En dit so aan die begin van die worstelstryd om

vryheid en reg, 'n stryd op ons afgedwing deur die

magtige aggressor, Groot-Brittanje! (Afstammelinge van

die Boere-vaandeldraers van 1899-1902 vir vryheid en

reg, mag bostaande feite julle voortdurend inspireer om

vir ewig op die met Afrikanerbloed-gelegde fondamente

onwankelbaar voort te bou!) Vandaar dan ook die

onwrikbare besluit van generaal De Wet, dat die enigste

opening vir generaal Cronje en sy manskappe, die sleutelposisies,

teen enige prys gehou moet word.

Wel, die aandskemerte is verby, die dagrumoer het vir

die nagstilte plek gemaak en behalwe sterretjies wat

helder aan die hemelruim skitter, is alles in doodse stilte

en donkerheid gehul, totaal omsluier.

Dit is twee-uur. Dit is drie-uur. Die naderende voetstappe

word - is dit verbeelding? - nee, dit word duidelik

hoorbaar. Dit is half-vier in die môre, maar steeds donker.

'n Onheilspellende oorlogskreet word deur duisende

vyandskele as teken van aanval oorverdowend aangehef

en uitgegalm. Die helse rumoer en geraas van minstens

5 000 Tommievoete wat in 'n stormloop aanval, was vir

die generaal en vir elke burger 'n gewisse teken.

Daar klink die generaal se bevel: ``Skiet!'' en 200

mausers brand los en beantwoord die aanval onafgebroke,

wat beteken dat Kakie ons wakker en nie aan die

slaap gevind het nie. Hulle het die handskoen neergegooi

en ons het dit met ferme hand opgetel.

Sonder tussenpose het die tweehonderd mausers dood

en verderf gesaai en, soos die generaal geïnspireer het,

``vir Kakie 'n les geleer!'' Dat die mauservuur dodelik en

akkuraat was, word bewys deur die feit dat die vyand sê,

7

inne 15 of 20 minute, die aftog geblaas en vinniger

teruggeval het as wat hulle die vorige middag opgeruk

het. 'n Verdere bewys is die feit dat hul ambulans die

môre talle dooies en gewondes kom oplaai het, waarvan

menige grafopskrif ``Killed in action for King and

Country'' blykbaar vandag nog leesbaar is.

So het die geveg die nag verloop sonder om 'n enkele

Kakie te sien, om nie eens van bajonette te praat nie. Die

geveg het in 'n skitterende oorwinning vir die Boere

geëindig, maar vir Kakie se kind (gee hulle wat hulle

toekom!) in 'n skitterend-wilde vlug. Die sleutelposisie en

opening vir generaal Cronje was gered en steeds tot sy

beskikking, as hy daarvan wou gebruik maak.

Generaal C.C. Froneman

Die burgers in Cronje se laer het heel spoedig hul broers

in die rantjies aan die oostekant deur middel van

heliografiese boodskappe opgemerk en toe het daar,

nieteenstaande Cronje se direkte bevel dat niemand die

laer mag verlaat nie, tog 'n heldedaad en kordaatstuk

geskied.

Met die latere generaal Stoffel Froneman (van die Vrystaat)

aan die spits, het 20 tot 25 man, onder hewige

vyandsvuur deurgebreek en veilig hul weg na ons gebaan.

En so het die onverskrokke held en krygsman en sy

dappers louere toegevoeg tot die vaandel van die klein

Boerenasie. En dit is maar een uit die baie gevalle wat

later gevolg het. Om enige te noem: Tabaksberg, waaraan

'n Froneman aandadig was en wonders verrig het. Wat

van die roemryke en vernietigende slag van Rooiwal,

ongeveer ses myl van Kopjes? Hier het generaal Froneman

as regterhand van generaal De Wet briljante dienste

gelewer.

Maar vir eers genoeg, ons kom later weer terug na ons

geëerde held. Intussen wil ek net vra: Afrikanernasate

van generaal Froneman, gedenk, handhaaf en bou voort

aan en, indien vereis, sterf vir die ideale van dié held,

generaal Stoffel Froneman.

Generaal De Wet beskik nou oor

260 manskappe

Met die 25 Froneman-helde het ons geledere nou tot

ongeveer 260 man aangegroei. En was dit nie vir die

eiegeregtige domastrantheid van generaal Cronje nie, dan

kon die getal teen daardie tyd minstens 260 maal 20 getel

het en kon ons 'n tweede vyandelike aanval die hoof

gebied het.

Maar die Kakies, wat 'n les geleer het met hul eerste

aanval, volg nou 'n ander taktiek, naamlik omsingeling

8

van die Boere. As gevolg van die duisende en duisende

troepe tot lord Roberts se beskikking, kon die

omtrekkende massas onmoontlik nie deur 260 man

gekeer of selfs gestuit word nie. En so het die noodlot

ernstiger gedreig en onheilspellende vaskeermaneuwers

het al hoe digter om ons saamgetrek.

En het generaal De Wet dit nie raakgesien en besef nie?

Ja, gewis! Maar die gedagte om die enigste opening vir

die ontsnapping van 4 000 tot 5 000 op te gee, was vir die

generaal eenmaal onoorkomelik. Vandaar sy besluit om

die sleutelposisie en reddingspoort tot op die laaste te

verdedig en dit met die hoop: moontlik kom Cronje nog

tot insig om tog ten minste 'n uitvalspoging te onderneem.

Waar 'n wil is, is 'n weg, en hier was die weg nog oop.

Maar helaas! Die inisiatief het blykbaar ontbreek. Die

hoop is verydel en saam met generaal Cronje is die 260

man eindelik ingehok en vasgekeer.

Dit was voorwaar haglike oomblikke! Bomme van enige

kaliber bars links en regs, meksims bulder van voor,

langsaan en van agter op die handjievol burgers! Die

sleutelposisie is verlore. Wat nou gedoen? ``Kom,

burgers, kom! Volg my.'' Met sy vinger na 'n sekere

koppie aan die oostekant wys hy: ``Ons gaan 'n pad

dwarsdeur die Kakies moker, en wat ons nie doodskiet

nie, laat ons deur die perde doodtrap. Maar uit moet ons!''

werklink die bevel van generaal De Wet.

Daar gaan hy, gevolg deur sy dappere 260 man en met

die latere generaal Froneman ook op die voorpunt.

Verbouereerd as gevolg van die tromp-op stormjaag (en

nog gedagtig aan die vorige opneuker), skrik die Kakies,

vlug en maak 'n opening, waarvan ons dadelik gebruik

maak.

So is ons toe eindelik uit, en sowaar weer op Kakie se

``soft point,'' naamlik sy stert. Maar die sleutelposisie is

verlore en in die hande van lord Roberts, dieselfde

Roberts voor wie Cronje die knie moes buig.

Terloops, net toe die skrywer hiervan (destyds 'n 20jarige

penkop) die teuels oor sy perd (die bruinbles

Kakieperd) se kop wou gooi, kry die perd 'n skoot deur

die linkeroog. Rasend van pyn draai die arme dier al in

die rondte terwyl die bloed sterk uitspuit. Nie links nie,

spring Izak 'n sprong soos hy nog nooit gespring het nie!

Deur die nood gedwing, beland hy, rats soos 'n

bobbejaan, op 'n ander burger se pakperd en op die

manier is penkop Izak de Wet se vel gered en is voorkom

dat hy met St. Helena of Indië gaan kennis maak het.

Kaptein Danie Theron

Waar ek die naam van Danie Theron noem, doen ek dit

met ontblote hoof, as eerbewys aan een van die edelste en

dapperste helde wat die Boerenasie voor, tydens en na die

tweede Vryheidsoorlog geken het en die Afrikanerdom

mee verryk was. Daar was 'n held wat sy gewig dubbel en

dwars in goud werd was.

Generaal De Wet het na die noue ontkoming sewe of agt

myl agter die vyand aan die Modderrivier weer stelling

gaan inneem, alwaar die vyand ons vir eers met rus gelaat

het. Hulle hoofdoel was die beleëring en oorgawe van

Cronje.

Generaal de Wet, gekwel deur die vretende gedagte aan

die lot van die 4 000 tot 5 000 manskappe, nou ten volle

deur die vyand omsingel, dink by homself: ``Nee, dit kan

nie! Dit mag nie! Die dreigende ramp vir land en volk

moet teen enige prys voorkom word. Nog 'n poging moet

onderneem word. Kom wat wil, 'n boodskap moet ek na

Cronje deurgesmokkel kry.''

Heen-en-weer het die generaal peinsend geloop, met sy

oë strak voor hom op die grond gerig. Maar wie sal gaan?

``Nee wag, daar is een man op wie ek kan staatmaak.'' En

wie is die persoon? Hier volg die generaal se opdrag:

``Izak, gaan roep dadelik vir kaptein Theron. Sê ek wil

hom sien.''

Na 'n kort tyd kom ek, vergesel van die beroemde,

dappere en planryke verkennerskaptein by die generaal

wat steeds rusteloos op en neer stap. En hier gee ek nou

aan die leser die gesprek tussen die generaal en kaptein

Theron, asook die opdrag (rapport) wat in my

teenwoordigheid plaasgevind het. Die generaal begin

deur te sê:

``Kaptein, ek het jou nie nodig nie, maar jou land en

volk vereis dié slag jou besondere talente en dienste.''

``Gee die bevel, Generaal, wat verlang u?'' antwoord

kaptein Theron.

``Kaptein, jy sien die noodlot wat Cronje se laer bedreig.

Jy begryp ook wat 'n ramp dit vir land en volk sal

beteken as die groot klomp manskappe tot oorgawe

gedwing en gevang moet word.''

``Dit is selfs te veel om aan te dink, Generaal,'' antwoord

Theron.

``Nou ja, Kaptein, ek het jou laat roep. Ek wil nog 'n

poging aanwend en generaal Cronje 'n boodskap laat

weet asook 'n plan voorstel. Kaptein, sien jy kans om die

rapport en voorstel persoonlik aan generaal Cronje te

gaan besorg?''

Sonder om te aarsel: ``Ja, Generaal, ek sal dit aan generaal

Cronje oordra, of lord Roberts sal dit by my lyk

vind.''

Is dit nie mannetaal, gevleuelde heldetaal nie?

``Goed dankie, Kaptein. Kyk, dit is reeds laat en die

rapport moet, indien moontlik, nog vannag aan generaal

Cronje oorhandig word.''

``Ek is gereed, Generaal,'' antwoord die held.

Kortliks gee ek hier die rapport se inhoud en voorstel

aan generaal Cronje weer:

``Vertel generaal Cronje:

1.Dat Stoffel Froneman en sy manskappe veilig

uitgejaag en by ons aangesluit het.

2.Dat die gedagte om die walaer nog te red, totaal

buite die kwessie en onmoontlik is.

3.Dat die volk van hom en van ons almal verwag om

te red wat nog gered kan word en as ons die

burgers kan red, dan het ons reeds die oorwinning

behaal.

4.Dat, tensy die burgers 'n weg baan (wat nie onmoontlik

is nie) daar later 'n aaklige oorgawe op

hulle afgedwing sal word.

5.Dat die oorgawe van soveel burgers aan die begin

van die oorlog 'n noodlottige ramp en nekslag vir

die land sal inhou en die volksmoraal uiters

nadelig sal skok.

6.Dat die Vrystaat en Transvaal nog duisende waens

en karre in voorraad het, en buitendien het ek in

ruil 203 waens met voorrade van die vyand op

Bloubank buit gemaak.

``Die voorstel is dat generaal Cronje en al die burgers,

perderuiters of voetgangers, môrenag sodra dit donker is,

sê om agt- of nege-uur moet deurbreek en ontvlug uit die

vyand se wurggreep. Die weg moet al langs Modderrivier

op wees. Verder sal ek, met al my manskappe tot so na

aan die vyand as moontlik gaan, ten einde, as dit nodig is,

behulpsaam te wees.

``Ek voel oortuig dat, sodra die vyand sy aanval vanuit

die weste en ons s'n uit die ooste gewaar, hulle

paniekbevange sal word. 'n Wilde vlug sal ontstaan en

voordat versterkings kan opdaag, sal die duisende burgers

uit en gered wees. Wees verseker, my hulp en bystand

gaan ek môreaand met Gods hulp uitvoer. Nou ja,

Kaptein, mag jou onderneming slaag en met sukses

bekroon word. Alle voorspoed wens ek jou toe. Tot

weersiens, Kaptein!''

``Tot siens, Generaal!'' was die saluut van 'n man van

min woorde maar groot dade.

Theron op weg na Cronje

Dit begin skemer word. Die vraag beklem onwillekeurig

elke gemoed: is dit nie moontlik die begin van die

ewigdurende skemerte wat, wie weet nog in dié nag,

binne enkele ure, 'n einde gaan maak aan die kosbare

jong lewe van die unieke held, Danie Theron nie? Met

die dodelike onderneming was hy bereid om die ergste te

trotseer ter wille van sy land en volk. Dis al sterk skemer

en daar trek kaptein Theron, fier en statig, met 'n wuif

van sy hand. Al tussen die bome en struikgewasse langs

Modderrivier af. Meer as wat ons van hom kon sien, het

ons van sy planne niks geweet nie. Maar vroeg die

volgende dag was kaptein Theron in Cronje se laer; die

boodskap is oorgedra en so het hy sy opdrag met eer en

roem uitgevoer. Sonder versuim het hy die volgende nag

weer onder doodsgevaar sy weg na generaal De Wet

9

gebaan en veilig teruggekeer. Theron gee verslag.

``Generaal, dit het my geluk om u boodskap gisteroggend

veilig aan generaal Cronje oor te dra.''

``Net wat ek van jou verwag het, Kaptein,'' antwoord die

generaal.

``En wat was sy antwoord, of waar is sy rapport?''

``Generaal Cronje se antwoord is kortliks net dit: Gaan

sê aan De Wet ek sal sien wat ek kan doen.''

``Nou ja, laat ons hoop die tyd sal hom leer om vaarwel

aan die ewige walaer te sê en dat hy die uitbreekvoorstel

sal aanvaar. Vir die oomblik vergeet ons nou vir generaal

Cronje, Kaptein. Vertel my nou jou ervarings op weg.

Maar wat makeer jou broek en knieë? Het jy 'n ongeluk

gehad?''

``Nee, Generaal, maar ons kom later by die broek en

knieë. Ek is, nadat ek my roete goed bestudeer het, al

langs die rivier af, soveel moontlik tussen en onder

dekking van die bome tot waar ek dit veiliger geag het

om vandaar die reis te voet te onderneem, ongeveer 3 000

tree vanaf die vyand. Dit was tienuur die nag. Met die

hulp van my oë, maar veral my ore, nader ek die

vyandswagte uiters versigtig totdat ek eindelik iets

gewaar. Ek kon vasstel dit is twee Kakiewagte, toe lê en

rus ek eers. Vandaar vervolg ek toe my voorwaartse beweging

gebukkend en in die dowwe maanlig sien ek weer

iemand beweeg, lê weer plat en merk dat die wag in

dieselfde rigting terugloop.

``Meteens sien ek 'n tweede wag. Die twee ontmoet,

draai elkeen weer om en stap in dieselfde rigting terug.

Omtrent 100 tree van mekaar af draai hulle weer om en

so word die proses onafgebroke herhaal. Wel, ek moes

vorentoe en van hier het ek op my knieë nader gekruip tot

omtrent op 25 tree, toe weer plat gelê. Die twee ontmoet

en stap weer langsaam terug. Hulle was omtrent 50 tree

uitmekaar, toe neem ek my kans en kruip deur tot agter 'n

struikgewas; so het ek kruipend en gebukkend onopgemerk

my weg gebaan.

``Vandaar het ek omtrent 3 000 tree geloop en toe moes

ek weer oppas en versigtig wees vir ons eie brandwagte.

Nog 'n paar honderd tree en ek gewaar weer mense; weer

gebukkend en op die knieë totdat ek bemerk dit is 'n

Boerebrandwag, toe skree ek hardop: `Ek is Danie

Theron van generaal De Wet se mense.' Die wag staan

klaar met die mauser gereed aan die skouer.

```Wie is daar?' vra een, en ek herhaal.

```Nou ja, kom hier!' Ek stap aan, een van die wagte

herken my en die saak is gewonne.

```Waar gaan jy heen?'

```Ek kom van generaal De Wet met 'n rapport aan

generaal Cronje.'

``Die korporaal gee bevel aan een van sy manskappe om

my dadelik na generaal Cronje te neem; sy antwoord het

ek reeds aan u meegedeel. Verlede nag het ek toe die

terugreis gemaak; dieselfde proses van loop, gebukkend

voortbeweeg en aankruip moes natuurlik gevolg word. Ek

10

het dus nie geval nie, Generaal, maar my broek en knieë

is deurgekruip. Maar dit is 'n kleinigheid. Die broek kan

heelgemaak en die knieë sal weer gesond word. Ek is

maar te bly dat dit my geluk het om u uiters belangrike

opdrag en boodskap aan generaal Cronje te gaan

oorhandig, en mag generaal Cronje tog maar op u

voorstel reageer.''

``Jy het dus jou bloed uit eie wil en nie deur 'n vyandswapen

nie, reeds vir die groot saak laat vloei! Kaptein,

namens die volk dank ek jou vir die groot en heldhaftige

daad.''

``Generaal, u het u plig gedoen en ek het my geringe

deeltjie bygedra,'' was die beskeie opmerking van kaptein

Theron.

Daar het u nou die persoonlike verslag aan generaal De

Wet van die onvergeetlike, dappere volksheld, krygsman

en unieke verkenner, kaptein Danie Theron, wat klein

van persoon, maar tog so buitengewoon groot van hart

was. Bostaande verslag en opmerkings, van sowel

generaal De Wet as van kaptein Theron, is nie van hoorsê

of uit geskiedenisboeke geskryf nie, maar dit word

weergegee van persoonlike aanhoor waar die skrywer die

eer gehad het om as derde persoon teenwoordig te wees.

Getrou aan sy belofte en met die vurige hoop dat generaal

Cronje van die verpeste walaer gaan afsien en ten

minste tog 'n poging sal aandurf om met die manskappe

deur te breek, het generaal De Wet twee agtervolgende

nagte onder doodsgevaar tot so na as moontlik aan die

vyandelike stellings met sy manskappe opgetrek en op

Cronje se deurbraak gewag, maar tevergeefs. Alles bly

doodstil en rustig en geen enkele teken of poging van die

kant van generaal Cronje word verneem nie.

Die ramp en onheil het by die uur al hoe hagliker

geword totdat op die derde dag, naamlik op 27 Februarie

1900 ('n waaragtige roudag vir die volk), die

hartdeurborende tyding verneem moes word: Cronje het

met man en muis, walaer, kanonne en sy vrou (asook

enige ander vrouens) en al, onvoorwaardelik aan lord

Roberts oorgegee - ja, gehensop.

Met hierdie tragedie ('n volksmoord wat waaragtig

verhoed en voorkom kon gewees het) het Cronje die tou

van die eerste doodsklok van die Boervolk daar op die

walle van die Modderrivier - ongeveer 8 tot 10 myl

bokant Paardebergstasie - getrek en gelui. Dat die

dodemars diep en skokkend die siel binnegedring het, die

hartsnare van generaal De Wet en elke burger, somber

laat tril het, is natuurlik oorbodig om te beskryf.

Met hierdie tragedie skroom ek nie om vierkantig en

waterpas aan die wêreld te verkondig nie, dat waar die

Boervrou van Bloedrivier, Weenen, Vechtkop en so baie

ander plekke, heldedade, onsterflike en roemryke

wonderdade, gepaard met doodsveragting aan die sy van

haar man verrig het - ja, waar die Voortrekkervrou die

besieling en stralende simbool van moed vir die

Boerenasie van destyds was - was die klompie vroue

(gelukkig 'n klein getal) in generaal Cronje se laer

(miskien onbewus) tot 'n groot mate die hindernis en

struikelblok gewees om aan die walaer vir eens en vir altyd

vaarwel te sê.

So is die volksramp met die dure prys van meer as 4 000

vegbare burgers op daardie smartvolle dag as prooi op 'n

skinkbord vir lord Roberts aangebied.

Ek noem die kind by sy naam: as gevolg van wanbestuur

en gebrek aan oorlogsbeleid van die opperbevelhebber,

generaal Piet Cronje, is op 27 Februarie - toevallig ook

die datum waarop daar in 1881 oor generaal sir Pomeroy

Colley op Amajuba so 'n glansryke oorwinning behaal is

- deur die oorgawe van Cronje daardie sege uitgewis.

Voorwaar onvergeeflik en die daad self onvergeetlik.

Nuwe tydperk - vergeet Cronje

Hoewel geskok en gekrenk deur die gedagte aan die

morele nekslag om meer as 4 000 manskappe en al die

grofgeskut te verloor, het generaal De Wet sy leed vir die

burgers heel verstandig verberg. Daar en dan het hy die

burgers byeengeroep en toegespreek. Onder andere is die

volgende woorde in sy bemoedigende toespraak gebesig:

Offisiere en burgers, die verwagte tyding (hoewel dit anders

moes en kon gewees het) het ons dan eindelik bereik

dat generaal Cronje die knie voor Roberts gebuig het.

``Maar ek sê beslis dit is beter nou, as dat dit later moes

gebeur het, want, instede dat ons langer moes lê en wag

en ons aandag aan Cronje wy, is ons nou los en kan en sal

ons van nou af al ons energie op die vyand konsentreer.

Laat my aan julle sê: daar is nog duisende burgers wat die

knie nog nie voor Baäl gebuig het nie. So was dit ook toe

Gideon met sy klein bende verwoesting onder sy vyande

verrig het; hy het mokerhoue onder die Filistyne en

Kanaäniete geslaan. Ons gaan wat agter is, vergeet en vol

moed net vorentoe kyk; ons gaan inhaal wat ons verloor

het, wees daarvan verseker.''

Wat 'n totale gemoedsverandering het nie dadelik onder

die burgers posgevat nie. In die binneland het die

oorgawe van Cronje blykbaar die moraal van die volk

aangetas, maar onder die vegsmanne was die reaksie van

die toespraak wonderlik heilsaam en inspirerend. Daar en

dan het dit nie aan opmerkings ontbreek nie, soos:

``Goed, Generaal, ons verlang alweer na 'n ander Bloubank.''

``En wat van 'n tweede waterkanon?''

``Ja, nou het ou Kris vrye teuels om vir ons weer

`Officers Mess'-sigarette te kan buitmaak.''

``Dit kom van koppigheid!''

``Nee wat, Cronje het gedink hy veg nog teen kaffers,

die Mapô-ers van Mapogland.''

``Ja, en vergeet dat hy dit nou teen mans met kort

rokkies te doen gekry het.''

``Nou gaan hy en sy ou vrou skip ry en vis eet.''

Roberts ruk op na Bloemfontein

Aangemoedig deur die kolossale vangs van byna 5 000

burgers en gesteun deur oorweldigende troepemagte en

voorrade wat maande lank ongehinderd opgehoop is, sit

lord Roberts nou sy opmars voort na Bloemfontein. Hy

het beslis nie in slote en skanse bly lê om weer op sy

beurt Kimberley te beskerm nie! O nee, Bloemfontein

was die volgende doelwit. Hoewel generaal De Wet haas

bomenslike kragte ingespan het, kon hy, as gevolg van

ontoereikende manskappe en gebrek aan grofgeskut (wat

meesal met Cronje in die slag gebly het) nie die opmars

met welslae stuit nie. Harde mokerhoue is wel hier en

daar onder Kakie se kind uitgedeel, ja, soms is hewig

onder sy wat-se naam vuur gemaak, maar dit was

aanvanklik slegs vertragingsaksies. Haglike oomblike

breek vir generaal De Wet aan, so erg dat, terwyl hy soms

met rapporte en bevele besig is hy my laat roep en sê:

``Izak, kyk dat niemand naby my kom en hinder nie, want

ek voel nou so as 'n vlieg aan my raak, dan bars ek.''

Intussen ruk Robers op en staan reeds voor die poorte

van die geliefde hoofstad. Wat nou? Gaan ons

Bloemfontein verdedig? En die stad moontlik in puin en

as deur die vyand se grofgeskut laat platskiet? Nee, sê die

generaal. Dit sal onprakties en onverstandig wees, en in

oorleg met die regering, met president Steyn aan die

hoof, word besluit om die regeringsetel na die noorde, na

Kroonstad, te verskuif en Bloemfontein tot 'n oop stad te

verklaar.

So gesê, so gedoen. En die vyand het Bloemfontein

sonder enige verset of weerstand van die Boere in besit

geneem. So is generaal De Wet se voorspelling aan

generaal Cronje by Magersfontein, toe laasgenoemde

beslis geweier het om die vyand se vrye toevoer te gaan

verhinder, bewaarheid; naamlik, dat dit nie net Kimberley

sal wees nie, maar dat die hoofdoel van Roberts wel

Bloemfontein is.

Lord Roberts beset Bloemfontein

So het die aggressor, Groot Brittanje, dan sy eerste doel

bereik. Dit was die handelswyse van die destydse groot

wêreldryk teenoor 'n klein, vredeliewende en met

bloedgekoopte, onafhanklike Boere-republiek, die

Oranje-Vrystaat, met sy onvergeetlike president M.T.

Steyn aan die hoof. Geen wonder nie dat die vraag

onwillekeurig vandag luidkeels gestel word: Waar was

die V.V.O. destyds? Is dit tog nie jammer dat die V.V.O.

as beskermer van klein nasies teenoor aggressiewe

wêreldryke destyds nog nie bestaan het nie! Hoe jammer

dat Amerika, wat vandag (om Winston Churchill se

11

woorde te gebruik) op die kruin van die wêreld staan en

tewens in verband met Korea die werklike daad by die

woord gevoeg het, hom in 1899-1902 nog aan die helling

na die kruin bevind het.

Maar genoeg. God slaap nie en ken Sy tyd. Die onafhanklikheidsdaeraad

is reeds helder sigbaar aan die

oosterkim en sal weldra met verwarmende vryheidstrale

oor die Vrystaat en Transvaal herrys. Met Kaapland en

Natal as 100 persent rente op die koop toe, sal ons dan as

'n groot Verenigde Republiek van Suid-Afrika ons bors

fier en trots voor die wêreld kan uitstoot. En hierin berus

die Boerevolk, met ander woorde, die verowerdes.

Maar wat die veroweraar met die oog op wêreldgebeure

sedert die tweede wêreldoorlog dink en voel, is 'n perd

van 'n ander kleur. Daar is o.a. die herwonne

onafhanklikheid van Ierland, Egipte, Birma en Indië (die

eeue-oue melkkoeie) met die V.V.O. aan die spits, en

Amerika wat die wêreldleiding neem, wat alles en almal

die lewe vir die aggressiewe veroweraar vandag versuur.

Maar dis hulle saak en laat my altans houtgerus slaap.

Toekomstige oorlogsplanne en

reorganisasie

En wat nou, met Bloemfontein, die hoofstad, in die hande

van die vyand? Die stryd gewonne gee? Ja, dit was stellig

die gedagte van lord Roberts van Kandahar, maar nie van

``Kanhier'' nie). Ons kom later by sy bittere

ontnugterings.

'n Groot krygsraadsvergadering is belê, waaraan die

president en lede van die Uitvoerende Raad deelgeneem

het, en wel met die oog op verdere krygsverrigtinge. Die

gevolg was dat die een só en die ander weer iets anders

voorgestel het. Almal was egter vasberade om die oorlog

voort te sit. Eindelik staan generaal De Wet op en stel

soos volg voor: Aan al die burgers moet 25 dae verlof

verleen word om na hulle huise te gaan en te rus en hulle

opnuut vir die hervatting van die stryd toe te rus. Daarna

moet elke kommandantskap weer op 'n sekere datum en

plek bymekaarkom vir hervatting van die styrd as geheel.

``Nee, nee!'' skree 'n paar wat nog altyd in Bloemfontein

gelê en nooit aan die front was of aan gevegte

deelgeneem het nie. ``Nee, dit kan nie, dit mag nie! Ons

kan nie die burgers huis toe stuur nie; dit sal die begin

van die end van die stryd beteken.''

Generaal De Wet was dadelik vererg, want vir 'n grootprater

en huislêer het hy min tyd gehad. Hy is weer op die

been (dié slag nie met krygslis nie maar met

krygsraaddiplomasie, en sê: ``Hoogedele heer'' - die

President was in die stoel - ``as my voorstel

onaanneemlik is, dan is ek bereid om dit terug te trek en

met 'n ander voorstel te vervang, naamlik dat ek, generaal

Froneman, kaptein Danie Theron en ander offisiere deur

12

die vergadering van ons leiding ontslaan word; dat die

leiding aan dié here wat my voorstel geopponeer het,

oorgedra word en dat hulle terselfdertyd opdrag ontvang

om dadelik met die verdere krygsoperasies aan te gaan;

ek sal dan as gewone burger my volle steun aan hulle

gee.''

``Nee, nee!'' werklink dit van alle kante.

Met sy ruime kennis en sienersblik het die President

daar en dan die gees en gevoelens van die vergadering

raak geoordeel en hy sê dadelik: ``Menere en offisiere

generaal De Wet ken sy mense en vandaar sy voorstel

wat ek as prakties beskou en onder heersende

omstandighede 100 persent steun, naamlik om 25 dae

verlof aan die burgers te gee en daarna die stryd weer as

een man aan te durf. Vriende, laat ons waak en nie deur

verdeeldheid die vyand in sy bose planne sterk nie. Dit

kan net tot ons ondergang lei.''

Dadelik was een van die offisiere op die been en sê:

``Ek stel voor dat ons generaal De Wet se 25 dae

verlofvoorstel eenparig aanvaar.''

Die President, nie links nie, stel die voorstel, wat staande

en onder gejuig eenparig aangeneem word. Die paar

opponente het saamgestem, was tjoepstil en van hulle is

ook nooit weer gehoor nie. Na verdere kleinere

besprekings en reëlings aangaande datum en

bymekaarkomplekke, is die vergadering gesluit en nog

dieselfde dag het die burgers na Noord, Wes, Suid en Oos

uitmekaar gespat; nou reguit huis toe, vanwaar die meeste

maandelank afwesig was.

Roberts meen oorlog is gewonne en

oor

Omdat 25 dae lank geen Boer of Boerekommando gesien

is of iets van hulle gehoor is nie, het Roberts blykbaar

onder die blye waan en heerlike illusie geleef: ``The war

is over and the fall of the capital, Bloemfontein, was the

final knockout of the Boers.''

Maar wag 'n bietjie, boetie, ons sal sien. Ja, lord Roberts

was in die wolke, het reeds die vel verkoop nog voordat

die beer geskiet is. Weldra sou hy sy ``mistake'' uitvind,

naamlik dat daar nog ongeveer 25 bitter lang maande van

baie harde opstoppers voorlê, wat duisende

Tommielewens en miljoene ponde gaan verg, en dat die

aggressor die oorlog bes moontlik nog kan verloor.

Is dit moontlik? sal die leser vra. Ja, ek sê verloor, en dit

sou so seker as die nag op die dag volg, gebeur het as dit

net die Engelsman teen die Boer was; as dit net wit teen

wit was; as dit nie eindelik 'n oorlog teen weerlose vroue

en wiegies was nie; as kanonne nie op voortvlugtende

vrouelaers gerig was nie; as kindertjies nie in die vlugtende

moeders se arms doodgeskiet was nie; as daar nie van

konsentrasiekampe of moordkampe gebruik gemaak was

nie; ja, as dit nie vir lord Roberts en Engeland na die

verloop van so 15 maande duidelik soos daglig geword

het dat, tensy hulle van ander middels (geoorloofde en

ongeoorloofde) gaan gebruik maak nie, dan het Engeland

sowaar reeds die oorlog verloor.

Gevolglik het Engeland, bygestaan deur Australië,

Kanada en Nieu-Seeland, op groot skaal en met barbaarse

metodes gebruik gemaak van kaffers, Hotnots en helaas

ook van hensoppers (joiners of Boereverraaiers).

O, wat 'n skandaal om die een broer teen die ander te

werf ten einde jou aggressiewe doel te bereik! En nog

gemener van die uitvaagsels van verraaiers om die vyand

teen hul mede-Afrikaners met raad, daad en geweer by te

staan! Maar genoeg bewyse dat Engeland die oorlog kon

en sou verloor, as dit nie vir bogenoemde faktore was nie,

waarvan die Boere-joiners die veragtelikste was. Vandaar

die Nederlandse gedig op die verraaiers:

``Verraders, monsters, vloek der aarde,

Vernederd schepsel der natuur,

De wraak wat jy tot heden spaarde,

Verdelgt je straks door't gewensvuur.''

Generaal De Wet en burgers weer

slaggereed

Terwyl die kommando's met verlof was, het Roberts

Wepener, Thaba 'Nchu, Dewetsdorp en Reddersburg

beset en groot garnisoene daar gestasioneer. Wel, die

verlof is verby en vanaf die 26ste dag het die burgers

goed toegerus op die voorafbepaalde plekke opgedaag.

Moed en strydvaardigheid was by almal 'n uitstaande

kenmerk. Generaal De Wet het sy doel met die 25 dae

verlof bereik en vol moed kon hy uitroep: ``Nou gaan die

oorlog eers begin.''

Die kommando's is gereorganiseer. Die verpeste walaerstelsel

is afgeskaf en vir goed in die ban gedoen.

Voortaan sal die stryd net deur flinkbewegende

perdekommando's gevoer en mokerhoue uitgedeel word.

Tekorte aan voorrade, ammunisie, ens. sal ongevraag uit

Kakie se kommissariaat geneem word.

Die Boere is andermaal slaggereed en alles is in puik

toestand. Die saalsakke is tot barstens toe gevul met

uitgedroogde beskuit en biltong. Die mausers blink en

bandeliere is loodswaar met patrone gelaai. Al wat

kortgekom het was iemand om op korrel te vat; en raai,

die geel Kakiekleur was die aantreklikste om op aan te lê

en af te knyp!

Ontnugtering vir lord Roberts

Terwyl Roberts in die Presidentswoning op Bloemfontein

nog droom van die ingebeelde oorwinning oor die Boere,

word hy ru geskok en die ongelooflike, onmoontlike

tyding aan hom meegedeel van die waterwerkegeveg

(Sannaspos) en nederlaag, waar generaal De Wet en sy

dapperes (die skrywer uitgesluit, want ek was maar

duiwels skrikkerig!) behalwe 'n groot aantal

krygsgevangenes, dooies en gewonde Kakies, ook sewe

Armstrong-kanonne buitgemaak het. O, en was dit nie 'n

gesig om die res van die garnisoen (ongeveer 1 200 tot

1 500 paniekbevange en boeglam geskrik) links en regs te

sien deurbreek vir lewe en dood en na Bloemfontein te

vlug nie? En dit vir 250 tot 300 Boere!

Terwyl die groot garnisoen links van Sannasposstasie

sigbaar op ons afstuur, het ek terloops aan die generaal

gevra: ``Pa, maar sal die handjievol burgers die groot

oormag kan weerstaan? Is die waagstuk nie te gevaarlik

nie?''

Die generaal se antwoord was ewe kalm: ``Man, maar

hulle weet mos nie hoeveel is ons nie!'' En met die

antwoord moes die penkop maar sy ou lyf vetsmeer en

berus.

Ek vra die leser wanneer hy by Sannaspos verbyry, let

dan op die gesneuwelde Tommies se grafte net links van

die stasie, met die opskrif: ``Killed in Action for King

and Country.''

Nog lydende aan die Sannaspos-uitklophou en -skok,

moes Roberts jou wrintigbaar drie dae later alweer

verneem dat die ``Vlieënde De Wet'' en sy manskappe

(waaronder ook die buitengewoon dappere penkop,

Berrie Richter) Mostershoek tussen Dewetsdorp en

Reddersburg ook totaal vernietig en kafgeloop het. Die

Kakiekerkhof links van die grootpad aan die voet van die

rant getuig ook hiervan en 'n tweede lot graftekens moes

bestel word. Dit gebeur nadat die oorlog, volgens Kakie

gedink het, al ongeveer 35 dae gelede beëindig was, en

die mak Engelse van die Vrystaat en Suid-Afrika - nee,

selfs die wildes in Engeland - al hoera geskree en gejuig

het!

En nog is het einde niet. Terwyl Roberts nog besig was

om aan die twee volstruiseierpille te wurg, te wete

Sannaspos en Mostershoek, volg daar by-my-kolie-waar

'n ander pil van die geveg by Jammerbergdrif waar Kakie

se kind swaar en groot verliese moes verduur, ja selfs

onder hulle eie lat, toe hulle met die sewe Armstrongkanonne

wat by Sannaspos afgeneem is, toegetakel is. Dit

het gebeur onder leiding en bevel van ons held en kanonnier,

kaptein W.H. Muller (later van Glen) en was dit nie

vir talryke versterkings wat ter elfder ure opgedaag het

nie, dan het generaal De Wet die hele ``boksemdaais,''

Brabant-horse met generaal Dalgety as aanvoerder en al,

ook daar kafgeloop.

Die geniepsige afranseling het plaasgevind terwyl lord

Roberts op sy louere gerus het en al hard doenig was om

die Vrystaat rooi te verf. Blykbaar het hy egter vergeet

dat generaal De Wet en sy burgers ook aan die verf was

13

en nogal in dieselfde kleur, dog nie rooi verf nie, maar

Engelse bloed!

Penkop Berrie Richter, terloops, was by uitstek iemand

wat geen doodsgevaar kon raaksien nie. Hy was die

dapperheid self en het hy by die slag van Mostershoek

briljante dienste gelewer en geverf en vuurgemaak onder

Kakie se wat-se-naam op so 'n wyse dat generaal De Wet

na die geveg gesê het: ``Gee vir my tienduisend man soos

Berrie Richter en ek sien kans om Londen te verower.

Roberts geweeg en te lig bevind

Is dit dan 'n wonder dat na die drie genoemde veldslae en

vir die vyand so uiters gevoelige nederlae daar in Groot-

Brittanje so 'n sorgwekkende konsternasie ontstaan het?

Stemme het opgegaan en die nuusblaaie het aangedring

op die wenslikheid om ernstig te oorweeg of die tyd nie

aangebreek het om lord Roberts met iemand anders as

opperbevelhebber te vervang nie. Nie net Engeland nie,

maar die wêreld het met verbasing (sommige met

vreugde) uitgeroep: ``En wat is nou aan die gang?''

Dit was die begin van generaal De Wet se bekendwording.

Sy roem het met die verloop van die oorlog

gestyg deur ander mokerhoue, onder andere Groenkop,

Roodewal, ens. Sy uitoorlêtaktiek en talryke noue

ontkomings uit hulle vangnette, krale soos bv. die inval in

die Kaapkolonie, die omsingeling by Vaalrivier, die

Kalkoenkrans-``drive'', die omsingeling en agtervolging

van agt Engelse generaals, o.a. generaals Charles Knox,

Plumer, Broadwood, Hamilton, Dalgety, Lyttelton,

Flemington, en baie ander tot in Transvaal en anderkant

Magaliesberg, het hierdie roem nog hoër laat styg. Met

vaste oortuiging het die Engelse telkens verseker: ``Nou

gaan ons De Wet vang.'' Maar as hulle die oë nog uitvee,

dan trap hy hulle al weer op die stert!

Dan word dit weer die wêreld uitbasuin: ``Dié slag gaan

ons sy vel aan Engeland lewer.'' Want met Oranjerivier

aan die regterkant, kant en wal, Brakrivier links ook op sy

walle en met tienduisend troepe agter hom van rivier tot

rivier aaneengesluit, in agtervolging, het uitkomkans

voorwaar vir generaal De Wet hoofbrekens gegee en baie

skraal gelyk. Dit het die Kakies moed ingeblaas en alle

rede verskaf om te sê: ``Ons gaan binne 24 uur sy vel

oopspalk.'' Ek beskryf later die ontvlugtingstaktiek. Dit en

baie ander krygsdade het wêreldberoemdheid verskaf aan

die gewone boerseun, maar tewens die gebore militaris en

geniale leier. En tog het die generaal meer as eenmaal

gesê: ``Wat ek ook al gedoen het, was alleenlik moontlik

met die hulp van Bo en die dapperheid van die getroue

burgers, onder leiding van pligsgetroue offisiere, asook

die uitstaande spioenasiedienste van my penkoppe,

boerseun-verkenners, onder andere kommandant Gideon

Scheepers (die doodgemartelde held), kapteins Danie

14

Theron, Melt van Schoor (die latere generaal), Izak Vlok,

Daan Rautenbach en baie ander.''

Kortliks beskryf ek eers die taktiek met die uitbreek by

die Brak- en Oranjerivier-omsingeling. Albei riviere het

kant en wal gelê en was ondeurgaanbaar, selfs vir die

beste swemmer. Ons was vasgekeer ongeveer vyf of ses

myl vanwaar die Brakrivier in die Oranjerivier loop, met,

soos reeds gesê, duisende troepe van agter. Met sononder

gee die generaal bevel om langs Brakrivier op te trek. Die

vyand het dit opgemerk en na alle waarskynlikheid

opdrag gegee om Oranjerivier te los en in 'n suidelike

rigting op te ruk, want daar gaan De Wet probeer

deurbreek. (Dit is trouens deur latere krygsgevangenes

erken.) Maar wie sê so! Toe dit donker was - gelukkig

was dit pikdonker - stop die generaal sy kommando en

gee bevel om dieselfde pad weer terug te gaan. Ek kon dit

nie verstaan nie en sê: ``Maar hoekom draai ons nou weer

om, Pa?''

``Toe maar, jy sal dit môre verstaan,'' was die antwoord.

En so is ons terug tot by die Oranjerivier en toe al langs

Oranjerivier op, met die gevolg dat ons die nag nie 'n

enkele skoot geskiet of 'n Kakie gesien het nie. Toe die

son opkom, was die kommando weer op Kakie se

hakskene, met ruime, oop vlaktes voor ons. En Kakie, vir

die soveelste maal geflous, sit met verydelde hoop en

gebakte pere, bo-al sonder generaal De Wet se vel.

Daarna het Izak ook onthou om nooit as te nimmer weer,

deur nuuskierigheid geprikkel, onnodige vrae aan die

generaal te stel nie.

Van Jammerbergsdrif na

Sprinkaannek

Sprinkaannek! Wie van die Oudstryders sidder nie as sy

geheue hom terugvoer na die ``Roode See'' van die

Afrikanerstryd van 1899 tot 1902 nie, naamlik

Sprinkaannek? Van links, regs en van agter is ons

agtervolg deur tienduisende troepe spesiaal vir die groot

veldtog toegerus en gekonsentreer. Dit was die eerste

groot agtervolging en omsingelingspoging van Roberts,

met die hoop, nee, versekering: by Sprinkaannek gaan ek

wat lord Roberts is, vir De Wet vang en die oorlog

beëindig. Wat ek hier skryf, is mededelings en inligtings

uit die mond van Engelse wat ons gevang het. Generaal

De Wet met sy kommando ('n handjievol in vergelyking

met die vyand se magte) sien die doel van Roberts en

gedagtig aan die omsingeling en gevangeneming van

Cronje, was hy op sy hoede en sê: ``Nie dié slag nie.

Kom wat wil, ons moet deurbreek na die oop vlaktes van

die Vrystaat en dan sal hulle weer les opsê en bars.''

Met man en muis word De Wet en die kommando in die

rigting van Sprinkaannek aangedryf. Die wakker

verkenners kom terug en rapporteer aan die generaal dat

Sprinkaannek deur die vyand beset is! Net waar die oog

kan sien, wemel dit van Kakies en 'n pad sal oopgeveg

moet word.

``Goed, as daar nie meer as honderdduisend is nie, dan

gaan ons deurbreek, maar dit is ook moontlik dat ons

sonder 'n groot geveg gaan deurbreek,'' was ons generaal

se antwoord.

Kort daarop ontbied generaal De Wet 'n sekere verkenner.

Ongelukkig het ek sy naam vergeet. Intussen het

die generaal 'n rapport aan alle kommandantskappe met

die volgende inhoud geskryf: ``Sprinkaannek is baie

swaar deur die vyand beset. Om daar te wil deurbreek, sal

selfmoord beteken. Gevolglik het ek besluit en gee

opdrag om op 'n sekere plek, ongeveer ses of sewe myl

oos van Thaba 'Nchu te gaan deurbreek.''

Die kommando's het verder opdrag ontvang - dit was

ongeveer 3-uur die middag - om dadelik in daardie rigting

te beweeg. Die vyand het die beweging opgemerk en die

garnisoen by Sprinkaannek het (volgens latere inligting)

ook opdrag ontvang om na die deurbreekplek op te ruk en

het slegs enige honderde troepe as wagte in die nek agtergelaat.

Nou ja, 'n elk en 'n ieder en 'n inkelte van ons (talle

offisiere inbegrepe) was onder die indruk dat 'n swaar en

bloedige stryd die nag na aan Thaba 'Nchu afgespeel sou

word; ja, 'n geveg van dood, lewe of gevangeneneming

staan onheilspellend voor die deur. En niemand minder

as Roberts self was weer verseker van die

gevangeneming van De Wet en sy kommando en van

louere wat hy eindelik op sy kerfstok sou plaas nie.

Maar wag 'n bietjie. Moenie te vroeg whisky skink en

die vel verkoop nie; moontlik moet jy nog in plaas van

louere ontvang, na Engeland teruggeroep en deur lord

Kitchener vervang word. Ongeveer 8-uur die nag en deur

donker gedek, gee generaal De Wet bevel en die

kommando draai in sy spore om, en nou in alleryl.

``Waarheen nou?'' word onderling deur sowel offisier as

burger gefluister. Wat gaan die donker nag oplewer - nie

net donker en somer as gevolg van die natuur nie, maar

voorwaar donker vanweë die bedreiging deur tienduisende

van die vyand. Dit mag vir meer as een die

ewigdurende donkerte beteken!

Niemand het dit egter gewaar om die generaal te vra nie.

Weldra het Sprinkaannek die geheim opgelos en na

ongeveer 'n halfuur het 'n oorverdowende stormjaag van

die burgers reg op die vyandelike stellings af en onder

gekletter van Lee Metfords (wat van korte duur was)

verder die geheim en taktiek van generaal De Wet ten

volle verklaar. En ons was deur en weer op Kakie se

``soft point,'' sy stert, met die ruime, oop vlaktes van die

Vrystaat voor ons en selfs 'n aantal gevangenes en bietjie

buit - tog meer as wat hulle op kon roem!

Dit was 'n ander sesduim-spyker in Roberts se doodkis,

aangesien dit sy terugkeer na Engeland sonder twyfel

verhaas het, daar hy vir die soveelste maal geweeg maar

te lig bevind is om De Wet en sy penkoppe disnis te loop.

Maar voor ons van lord Roberts afskeid neem, dien die

volgende: Dit sou nie reg teenoor hom wees as ek nie van

generaal De Wet se woorde aangaande lord Roberts

melding maak nie. Eers, egter, 'n verduideliking.

Drie groepe burgers

Duidelikheidshalwe gaan ek eers 'n beskrywing gee van

die verskillende groepe burgers waarvan daar ongelukkig

drie klasse tydens die oorlog bestaan het. Eerstens was

daar die vegtende burger wat ten alle tye en onder alle

omstandighede, selfs onder folterende lyding en

doodsgevaar, sy plig getrou teenoor land en volk volvoer

het. Hulle het help bou aan die voortbestaan van die

Afrikanervolk. Aan hulle is die nageslagte dank, roem -

ja, alles verskuldig.

Verder was daar die burgers bekend onder die naam

``grootpraters en huislêers,'' wat agter die eerste groep se

bloed geskuil het. Dit is hulle wat, sy dit persoonlik of in

klein groepies, hul pligte skandelik ontduik het deur

bedags by of in die omgewing van hul huise te lê en

snags veiligheid in die veld te gaan soek, om nie deur die

vyand gevang te word nie - en dit nieteenstaande pogings

aangewend is om hulle weer by hulle kommandemente te

laat inskakel. Aan hulle kan die nageslagte sê: ``Julle

ontroue pligversuimers.''

Die derde groep was die skuim, opdrifsels, uitvaagsels,

landverraaiers, wat by die vyand aangesluit het. Met raad,

daad en geweer was hulle in die vyand se diens. Die

grootste verpesting was hulle as betaalde agente om saam

met kaffers en Hotnots die Boer se vrou en kind gevange

te neem en in die martelkampe te stop. Op hulle (die

``Joiners'' en ``National Scouts'') kan die nageslagte die

Nederlandse gedig honderd persent tydig en ontydig

toepas. Tot troos kan ek net aan die opkomende geslagte

die versekering gee dat baie van nommer drie wat in

nommer een se hande geval het, vir eens en altyd mee

afgereken en bokveld toe gestuur is!

Dank verskuldig aan lord Roberts

Wat generaal De Wet van lord Roberts gesê en waarna ek

vroeër verwys het, was soos volg: ``Ek,'' aldus die

generaal, ``is baie dank aan lord Roberts verskuldig, want

hy is die beste organiseerder wat ek nog ooit in die

Vrystaat gehad het en selfs nou nog het, want die afdeling

wat hy aanpak, maak hy skoon van huislêers.'' Die rede

was dat Roberts sy mislukte militêre operasies aan die

huislêers as boerespioene wat hom in die rug sou steek,

toegeskryf het.

Waarheid was egter dat van die tipe op kritieke oom-

15

likke en onder dreigemente van die vyand (om sy

persoon te beskerm) tot ons nadeel die vyand gedien het.

Gevolglik het Roberts begin vang onder hulle. Sommige

het toe uit vrees om gevang te word, weer hul toevlug na

die kommando's geneem en, deur lord Roberts daartoe

gedwing, by ons kom aansluit. Dié wat hy met koue

hande gevang het, moes tot na die oorlog met Ceylon, St.

Helena en Indië gaan kennis maak. Met die feit voor oë

dat generaal De Wet organiseerders, onder andere

generaal C. Badenhorst na die weste, en in alle rigtings

gestuur het, het die vang en wegstuur deur organiseerder

Roberts 'n heilsame uitwerking gehad. En so is die land

deur hooforganiseerder en kommandeerman, Roberts,

met dank van huislêers gesuiwer. Met hierdie pluimpie

op Roberts se helm neem ons nou vir eers afskeid van

latere earl Roberts.

Trein- en brugopblasers van beroep

Die vyand het reeds voor die poorte gestaan van die

goudstad, Johannesburg (die goudvelde was immers

hoofdoel van die stryd as gevolg van die hebsug en

begeerlikheid in die oog van Brittanje), met Pretoria as

verdere doelwit. Pretoria, die eiendom en tuiste van die

gryse staatsman, president Paul Kruger, wat verdryf en

helaas as martelaar en balling in die vreemde moes gaan

sterf. Pretoria moes oorweldig en rooi geverf word.

Die spoorweg was vir die vyand van lewensbelang.

Vandaar dat generaal De Wet hom spesiaal op die

vernietiging van kommunikasies, spoorlyne, treine en

brûe toegelê het. Oral is klein groepe burgers vir dié doel

aangestel, waaronder die onsterflike kaptein Danie

Theron, asook die onvergeetlike martelaar, kommandant

Gideon Scheepes, wat veral in die Kaapkolonie opgetree

en onskatbare dienste in belang van die Afrikanerdom gelewer

het, en nog baie ander.

Die manne het later treinspoor-, brug- en treinopblasers

van beroep geword. Dit het vir Kakie die wêreld uiters

moeilik en haas ondraaglik gemaak. Selfs die

belastingbetalers in Engeland moes les opsê as gevolg

van De Wet se sterttrap-taktiek, asook die miljoene en

miljoene ponde se skades aan oorlogsvoorrade, ens., ens.

Die opblaas van treine, brûe, ens. het uiters doeltreffend

gewerk, ja, was vir die vyand dodelik en 'n

onvoorkombare struikelblok. Dit het die oprukkende

massas vertraag en selfs gestuit. Soms moes hulle vir

herstelwerk terugval en eindelik was hulle

noodgedwonge verplig om blokhuise al langs die

spoorlyne te bou. Daarvoor was weer duisende

Tommiewagte nodig om die spoor te bewaak en tog het

die opblaasproses en vernietigende werk so onder hulle

neuse plaasgevind, en dit net deur twee manne.

16

Die opblaasapparaat

Die ongepatenteerde apparaat, wat uiters goedkoop was

en waarvan ons 'n tamaai voorraad beskikbaar gehad het,

was as volg saamgestel: 'n Martini-Henry-geweer se loop

word net voor die slot en sneller en die kolf weer net

agter die slot afgesaag, die krom yster oor die sneller

word ook verwyder sodat die sneller oop sit. En daar het

jy die voltooide apparaat: die slot en sneller met genoeg

plek om die patroon in te steek, ongeveer sewe of agt

duim in lengte. Daarna word die koeël uit die patroon

gehaal en die patroon met die kruit nog daarin, in die slot

gesteek. Dan word die slot met die sneller na bo,

gewoonlik by die las van twee spoorstawe en waar die

stawe meegee, uiters versigtig onder die spoorstaaf

ingesit.

Die skoot dinamiet word nou (nog versigtiger) met die

dinamietdoppie daarin vlak voor die patroon en die slot

neergesit. Daarna word die apparaat en dinamiet

sorgvuldig met die spoorgruis in sy oorspronklike

toestand bedek, ja, so sorgvuldig dat geen Kakie se oog

dit kan onderskei of opmerk nie.

Daarna gaan die kranige - nee, waaghalsige penkoplaaiers

terug na hulle maats, ongeveer vyf tot ses myl

vanaf die spoor en ongeduldig word nou op die eerste

trein gewag. Gewoonlik loop die horlosies dan gans te

stadig, en as aan die regte tyd getwyfel of geredekawel

word, dan lewer die môrester of aanbreek van die rooidag

die bewys dat die horlosies nie te stadig loop nie, maar

dat ons te haastig is. 'n Uur is naderhand twee of drie uur

lank en soms is dit of jy kan bid dat 'n swaarbelaaide

trein, sy dit met voorrade (en moontlik met sigarette)

daarop of 'n troepetrein - dit maak nie saak nie - tog moet

opdaag.

Bewaar die trein wat eerste (terwyl ons dit spannend

met verkykers sit en dophou) oor die onheilsplek gaan.

Die gewig van die lokomotief op die spoor, wat reeds vas

op die sneller rus, druk dit na onder en is genoeg om die

skoot te laat afgaan en die dodelike dinamiet te laat

ontplof en die apparaat word gewoonlik gestel waar die

treine van al kante 45 tot 50 myl vinnig ry.

``Kêrels, die trein kom, daar slaan die rook uit. Ja,

wraggies, dit is hy en hy jaag of die duiwel agter hom is!''

Alle oë is nou wagtende. 'n Oorverdowende slag wat die

aarde laat tril, word met genoeë aangehoor. Enige minute

lank word niks gesien nie, want donker rook en stofwolke

bedek die vir die vyand rampsalige plek, maar vir die

penkoppe 'n goedgeslaagde onderneming. Die rook en

stof verdwyn en daar lê alles: lokomotief en waens in 'n

puinhoop en totale wrak opgefrommel. Dele van loko en

waens is soms honderde tree die veld ingeslinger.

Dis voorwaar 'n aaklige skouspel, maar in oorlogstyd

tog 'n pragtige toneel om te aanskou, want hoe groter die

verwoesting en skade van alles wat in diens van die

vyand is, hoe mooier is dit vir die oog van die

teenstander; in dié geval die Boere, en in besonder vir die

jong penkoppe wat op avonture uit is, en waarvan die

voorraad sigarette al aan die afneem is.

En so is die toevoer en verkeer van Kakie uit verband

geruk en gedwarsboom. Selfs die opmars na die begeerde

goudvelde is tot hulle bittere teleurstelling, gepaard met

ontsaglike groot onkoste vir die vyand, deur die vlieënde

De Wet en sy geoefende dinamietkonings bemoeilik. Een

seweduim-apparaat, met 'n skoot dinamiet, het Groot-

Brittanje honderdduisend pond en selfs groter direkte

skade berokken, plus talle Tommielewens. Die

vernietiging en opblaas van treine en brûe was dan ook

die aanleiding tot die idee om blokhuise te bou en die

spoorlyn deur duisende Tommies te laat bewaak ... alles

teen enorme onkoste vir Engeland.

Kaptein M.J. van Schoor

Reeds vroeg in die oorlog van 1899-1902 het die tipiese

boerseun, Melt van Schoor, op betreklike jeugdige

ouderdom hom as held onderskei en eienskappe soos

ongekende dapperheid, planrykheid, taktiek, ferme

optrede, betroubaarheid, ens., geopenbaar. Hy het as

gebore militaris uitgeblink. Dit was eienskappe wat die

oog van generaal De Wet dan ook heel gou in die jong

Van Schoor raakgesien het.

As gevolg van hierdie uitstaande militêre gawes is die

penkop Melt van Schoor tot die rang van kaptein

bevorder met die opdrag om 'n verkennerskorps (wat in

werklikheid die siel en oog van die kommando's was), op

die been te bring en as sodanig het kaptein Van Schoor,

bygestaan deur sy korps (almal manne van staal)

roemryke dade verrig en louere van onskatbare waarde

aan die boerevaandel toegevoeg.

As wagter op die voorpunt was hy altyd besig met

spioenasiewerk en sodoende van onberekenbare diens vir

generaal De Wet en sy kommando. Tot 'n groot mate het

sy uitstaande en betroubare verkenningswerk inligting

aan generaal De Wet aangaande vyandelike bewegings,

hul sterkte, met of sonder grofgeskut, 'n reuse-bydrae

gelewer tot die oorwinning van baie gevegte met Kakie

se kind.

Dit was nog in die dae van die Imperiale Ryksuitbreiding

en die gevolg was dan hier ook soos elders dat talle

grafkruisies met die bekende opskrif: ``Killed in action

for King and Country (met die weglating van ``in

aggression on small nations!'') vandag nog kruis en dwars

oor die Vrystaat se vlaktes te vinde is.

Helaas - en hier slaak ons weer daardie bekende en tog

nog bittere sug van veragting - dit was ook Boereverkenners,

maar met ander soort harte as dié van

Theron, Van Schoor, Scheepers en sulke patriotte,

naamlik die Boereverraaiers of ``Joiners,'' wat hulle

dienste as gidse van vyandelike kolonnes teen hul eie

volk verkoop het; dit was tog nog Boere wat

verantwoordelik was dat die republieke die stryd (tydelik

altans) moes prysgee. Vir sulke renegate het ponde,

sjielings en pennies blykbaar groter waarde besit as die

onafhanklikheid van hul land en volk. Die ``skuim en

uitvaagsels'' moet ons egter liewers laat links lê om terug

te keer tot ons held, kaptein Van Schoor. Persoonlik het

ek generaal De Wet aangaande kaptein Van Schoor hoor

sê: ``Melt van Schoor het oor en oor die rang van

generaal verdien, maar onder omstandigheid ag ek sy

dienste as leier van die verkennerskorps eenmaal

onmisbaar, want as leier van die spioenasiediens kan en

doen hy veel meer was wat hy byvoorbeeld as generaal

met 'n eie kommando sal kan doen.'' Is dit dan 'n wonder

dat generaal De Wet tydens die groot trek deur Kaapland,

agtervolg deur tienduisende Kakies, gesê het: ``Met kaptein

Van Schoor as verkenner aan die voorpunt is daar

geen gevaar nie en slaap ek houtgerus.'' Voorwaar dit was

veelseggende woorde, wat tewens volle vertroue

geopenbaar het.

Vir verdere inligting noem ek enige gevegte waaraan die

jeugdige penkop-kaptein direk en indirek deelgeneem

het. Onder andere noem ek die roemryke Rooiwal-

Rhenosterrivier-Kopjes-geveg, waar Kakie se kind

uitoorlê en toegetrap is - ja, kortom gebars het! Met

daardie geveg was kaptein Van Schoor belas met die

opblaas van die spoorlyn, brûe, ens. in die rigting van

Heuningspruit en Kroonstad, ten einde die toevoer van

vyandelike versterkings per trein te voorkom.

Dit was 'n gevaarlike onderneming wat egter deur die

vindingryke kaptein op briljante wyse tot vlak onder die

neus van die vyand op Kroonstad uitgevoer is en

waardeur generaal De Wet en sy kommando die kans

gegee is om honderd persent met die vyand se reusevoorrade

op Rooiwal te kon afreken. Met die geveg by

Groenkop op Kersfeesmôre, 25 Desember 1901, het sy

uitstaande verkenningswerk ook 'n reuse-aandeel aan die

oorwinning gehad. By Graspan, na aan Reitz, waar 'n hulpelose

vrouelaer deur Engelse granate en bomskerwe tot

stilstand en oorgawe gedwing is; die groot ``drive''deurbraak

by Kalkkrans, waar sommige Tommies

letterlik deur perdepote platgetrap is; die trek na die

Kaapkolonie en baie ander gevegte het sy geniale

militarisme openbaar.

Dan is daar so baie gevalle waar kaptein Van Schoor en

sy verkenners sonder hulp van die kommando's die

Kakies stormgeloop en 'n swernootse loesing toegedien

het, om nie eers melding te maak van die talle brûe,

spoorlyne en treine wat tot die bittere teleurstelling,

ongerief en ontsaglike verliese vir die vyand, deur hom

die lug ingeblaas is nie. Maar genoeg. Die naam en

heldedade van kaptein Melt van Schoor sal in die

17

geskiedrolle pryk en voortleef tot wanneer daar selfs geen

``Great Britain'' meer sal bestaan nie!

Met die gewapende opstand en protes van 1914 was die

lieflingverkenner van generaal De Wet, Melt van Schoor,

weer aan die voorpunt en het hy die welverdiende rang

van generaal uit die hand van en onderteken deur

generaal C.R. de Wet, ontvang.

Hooggeëerde generaal, ons, u oud-strydmakkers, asook

Jong Suid-Afrika, bring hulde en sê baie dankie vir u

reuse-bydrae aan die Volksgebou, wat selfs met u bloed

as swaargewonde by Graspan verseël is.

Geveg by Roodewalstasie

Aangesien alle brûe, insluitende die Rhenoster- en Vaalrivierbrûe,

die lug ingeblaas was, het die vyand

Roodewalstasie, na aan die Rhenosterrivier, en ses of

sewe myl vanaf die teenswoordige dorp Kopjes, as

voorpos en opbergingsplek gebruik, totdat die verwoeste

treinspoor en brûe na Johannesburg weer vir verdere

vervoer herstel was.

Gevolglik was die groot stasieterrein met oorlogsbenodigdhede

opgestapel, met 'n waarde, volgens mededeling,

van meer as 'n miljoen pond. Die voorrade het onder

andere ingesluit stapels en stapels asook treine vol belaai

met troepeklerasie, skoene, komberse, bomme van enige

kaliber (en wat veral vir die platskiet van forte, soos dié

van Johannesburg bedoel was), gewere en massas kiste

patrone, eenvoudig te veel om op te noem. Van die

honderde kaste en vaatjies drank en stapels possakke met

briewe en pakkette praat ons nie eens nie. Alles is daar

opgegaar vir solank dit generaal De Wet en sy dapperes

behaag het, ja, tot tyd en wyl die alles-uitsnuffelende De

Wet sou besluit het om Roodewal met voorrade en al te

gaan aanval, uitoorlê en oormeester. Daar is selfs nie 'n

flenter omgegee om talle Kakies te dood of te verwond

en die res gevange te neem nie (nadat hulle gedwing is -

en dit deur hulle eie latte: die gebuite Armstrong-kanonne

van Sannaspos - om die witvlag te hys).

Die aanval het met dagbreek begin en wel op drie plekke

gelyktydig; by Kopjes (destyds nog 'n stasie) onder

leiding van generaal Stoffel Froneman, die stoere held

wat vanuit Cronje se laer onder lood en vuur uitgejaag

het.

Die tweede aanvalspunt was die treinbrug by Rhenosterrivier,

wat teen hierdie tyd feitlik alweer herbou was.

Die derde aanval was oor die kaal bulte direk op

Roodewal, onder aanvoering van generaal De Wet self.

Gelyktydig met die aanvalle is al die brûe in die rigting

van Kroonstad en Viljoensdrift ook die lug ingeblaas om

te voorkom dat versterkings haastig per spoor òf van

Kroonstad òf van Viljoensdrift aangestuur kon word.

Die rivierbrug se verdediging het eerste in duie gestort

18

en Kakie se kind het rieme neergelê na die reeks rantjies

tussen die rivier en Kopjesstasie, alwaar 'n uiters

verwoede geveg plaasgevind het. Daarvan getuig die

Tommie-kerkhof aan die voet van die rantjie, na aan die

spoorlyn. Kopjes was die eerste waar die witvlag dierbaar

vir Kakie was en gretig van gebruik gemaak is - maar

slegs deur 'n gedeelte, want die ander het na die laer geleë

rantjies laat nael en by hul maats in die verdrukking

aangesluit.

Intussen het heliograafberigte ook van die val van

Kopjes geblits, waarop generaal De Wet dadelik 'n paar

van generaal Froneman se kanonne met 'n omweg ontbied

en Roodewal vanuit die weste laat bombardeer het. En

die kruisvuur van kanonne uit die ooste van generaal De

Wet en uit die weste van generaal Froneman was nou

eenmaal bokant Kakie se vuurmaakplek met die gevolg

dat die witvlag binne 'n halfuur voorkeur bo alles geniet

het en die beroemde Roodewalslag was 'n voldonge feit -

een van die roemrykste oorwinnings ooit op Kakie

behaal, ja, 'n groot pluim op die Afrikanerhoed en

waarvan die gebuite Armstrong-kanonne onder leiding

van kaptein Willem Muller 'n reuse-aandeel gehad het.

Die vierkleur het vanaf Heuningspruit tot by Leeuspruit

(ongeveer 20 myl) weer vry onder 'n blou Afrikaanse

hemel gewapper.

Roodewal se voorrade en buit

Die slag was gelewer, geen kanongebulder of kleingeweergekletter

word meer verneem nie. Die gewone

burgers met Izak op die voorpunt is reeds hard besig, ja

nat van die sweet om ... wat te doen? Maar natuurlik om

te buit! Dog die verantwoordelike aanvoerder (in dié

geval generaal De Wet) is des te meer druk besig ..

. waarmee? Seer seker nie met buitery nie, maar met die

behartiging van spioenberigte dat groot vyandelike versterkings

reeds vanaf Kroontad en Viljoensdrift in aantog

is. Dit vereis gekonsentreerde breinwerk en flinke

optrede om te verhoed dat die behaalde oorwinning nie

moontlik weer in 'n nederlaag en herowering van die

kolossale voorrade en buit omskep word nie. Soveel

ammunisie as moontlik is vervoer en begrawe. Dit het

later gedurende die oorlog baie nuttig te pas gekom.

Terloops - 'n gedeelte van die ammunisie is as gevolg van

verraad weer deur die vyand opgegrawe.

Die burgers is gelas om alles soveel moontlik opeen te

stapel, selfs gevange Tommies moes hand bysit. Terwyl

generaal De Wet met een en ander besig was, kom 'n

Tommie met 'n bottel brandewyn by hom. Blykbaar

ongewus dat dit die generaal is, sê die Kakie: ``Come on,

old chap, have a drink!''

Generaal De Wet sê net: ``Izak, neem die vent hier

weg,'' en toe was dit ek en die reeds halfbesope Kakie!

Glo my, die behandeling was alles behalwe saggies! Ja,

toe hy weier om te loop, was ek klaar en pleister hom met

die voet onder sy paar sitters. Waarom dan tog so

hardhandig opgetree? sal iemand miskien vra. Die

antwoord lê voor die hand. Vóór die oorgawe moes Izak

onder sy blouboontjies deurloop en na die oorgawe was

hy met sy ``come on, have a drink'' 'n lastige struikelblok,

waar ek met 'n onversadigbare buitgees besiel was en so

druk doenig was! O nee, wat te erg is, is te erg, en die

punt van die skoen het 'n heilsame uitwerking gehad.

Groot en pragtige vuurwerk

Alles is gereël en gereed. Dit begin reeds effens donker

word; die klomp gevangenes is reeds weggestuur; die

gewondes is deur hul ambulans verwyder na die rantjies

tussen Roodewal en Kopjes; dinamiet en ontplofbare

stowwe is onder die massas ammunisie, bestaande uit

vragte en vragte bomme en trokke volgelaai met kaste

patrone en al die ander voorrade aangelê, gereed om

aangesteek te word. Generaal en burgers verlaat

Roodewal in 'n oostelike rigting. Slegs enkele

baasopblasers bly agter met die opdrag om die lang lonte

aan te steek en dan die kommando te volg.

Dit was omtrent 8-uur die aand, terwyl ons ongeveer vyf

myl van die onheilsplek was, dat die eerste

oorverdowende ontploffing gehoor kon word. Daarna

volg meer ontploffings van die dinamiet en van die

reusebomme, maar nie op die forte van Johannesburg nie,

dog op die oop vlaktes van Roodewal! So verskriklik was

die donderende dreunings dat die inwoners van

Kroonstad en Viljoensdrift dit kon hoor asof dit op ses

myl afstand plaasvind. Selfs die aardtrillings was duidelik

waarneembaar. Bomskerwe is agt of nege myl van Roodewal

op meneer Serfontein se plaas aangetref en binne

tien tot vyftien minute het vuurtonge die hemelruim

honderde voet hoog ingeskiet.

Dit was kortom die grootste vuurwerkvertoning wat

Suid-Afrika nog ooit gesien het! En dit tot leed vir die

vyand, dog tewens tot vermaak en selfvoldoening van

generaal De Wet en sy burgers. Die volgende dag het ons

Roodewal weer besoek, maar ag, wat 'n skouspel en

verskriklike toneel was dit nie om te aanskou nie? Alle

geboue, treine en reuse-voorrade van die vorige aand lê

toe in een groot puinhoop en as; totaal vernietig en onherkenbaar.

Alle voorbereidsels vir die vernietigingswerk

het 100 persent geslaag. En daarmee is 'n ander dodelike

spyker in lord Roberts se kis gedryf.

Vyandelike versterkings daag op

In groot getalle het die vyandelike magte eindelik op die

sombere en aaklige gevegstoneel verskyn, maar te laat, te

laat! De Wet en sy Gideonsbende was skoonveld en al

wat Kakie gevind het, was 'n omgedolwe puin en ashoop

sonder stasiegeboue of voorrade. Nee, wag 'n bietjie,

hulle het wel iets tot hulle verdriet en bittere

teleurstelling daar aangetref. En wat was dit? Hulle

ambulans, steeds besig met die begrawe van hulle dooies

en versorging van gewondes.

Nee, nog meer. 'n Vergrote haat en wrok teenoor dié vir

hulle so onsimpatieke en ontembare guerillaleier,

generaal De Wet. En De Wet moet teen enige koste òf

dood òf lewendig uitgelewer word, was hulle leuse. En

hy, De Wet, het nou eenmaal ook gesweer om nie die

knie voor Baäl te buig nie en ook (indien enigsins

moontlik) verheks nie te berus voordat die aggressor met

romp en stomp die land uitgeboender is nie.

Dit en soveel meer was dan ook oorsaak van die begin

van die blokhuisstelsel. Blokhuise en draadversperrings is

in koorsagtigheid veral in die noordoostelike Vrystaat,

kruis en dwars aangepak en gebou.

Dat die teleurstelling by hul aankoms op Roodewal,

Rhenosterrivier en Kopjes, 'n ses of sewe myl gevegsterrein,

vir Kakie hartverskeurend en onoorkomelik

was, getuig die volgende gedig van 'n Tommie op

generaal De Wet:

``Old Christian he comes and he busts up the line

Whenever he's hard up for scoff,

Hy burns up our letters and drinks up our wine,

And when we arrive he's gone off.

O! 'Tis weary work trekking through mud and o'er

rocks,

'Tis very like hunting for eals,

But the day we get horses instead of our crocks

We'll lay old De Wet by the heels.

O! Where, O! where is old Christian de Wet?

O! Where, O! where can he be?

With my British warm coat and my Cigarette,

O! Where, O! where is he?''

Roberts se verbanningsproklamasie

Na haas tallose pogings, wat telkens tot mislukking

gedoem was en wat duisende lewens opgeëis en groot

materiële skade berokken het (en dit terwyl die finansiële

posisie verswak en Engeland se oorlogskuld by die

miljoene oploop) het lord Roberts 'n ander bondgenoot

ingeroep, naamlik die verbanningsproklamasie. Generaal

De Wet het dit papierbomme genoem. Hierdie

bondgenoot sou die ware Jakob wees, die genadeslag

toedien en die oorlog beëindig, het Roberts blykbaar

gedink. Duisende eksemplare is gedruk en wyd en syd

onder die vegtende offisiere en burgers versprei.

19

En wat was die inhoud? 'n Kennisgewing aan alle

vegtende burgers, offisiere sowel as manskappe, wat voor

of op die so en soveelste die wapens kom neerlê, sou 'n

vrypas na hul wonings ontvang, alwaar hul vry en

ongehinderd kon gaan woon. Alle fasiliteite en hulp sou

verder aan hul verleen word. Van die wat nie op

genoemde datum kom oorgee nie, sou alle besittings gekonfiskeer

en hul persone vir altyd uit Suid-Afrika verban

word.

Nou ja, daar het u min of meer die inhoud van so 'n

papierbom. Voorwaar 'n uiters aantreklike aanbod vir dié

wat wou gaan hensop en verraad pleeg. Maar 'n laakbare

en skandelike dreigement vir die pligsgetroue burgers wat

hul plig teenoor land en volk hoër geag het as

laagverraad.

Dit was die werk van Groot-Brittanje, die beskermer

van klein nasies, teenoor 'n klein en vredeliewende volkie

wat vir sy heilige regte en vryheid teen helse

anneksasieplanne geveg het. Vir die een (die hensopper)

was dit 'n tipiese Britse heuningkwas. Vir die

pligsgetroue het dit niks anders as 'n Napoleontiese of sal

ek liewers sê: Russies-Siberiese verbanningsmetode

bevat nie, 'n gemene dreigement wat offisier en burger

teen die kop geslinger is.

Wat was die reaksie van die verbanningsproklamasie?

Luister. Die stoere en dappere Boere het die

verbanningsmetode van die opperbevelhebber van die

magtige Groot-Brittanje met die minagting bejeën wat dit

verdien het en die spot daarmee gedryf. Ons het behoefte

aan leesstof gehad, gevolglik is dit spottend met

gretigheid gelees en vir tydverdryf herlees en vir 'n doel

gebruik waarvoor dit goed genoeg geag was.

Generaal De Wet spreek burgers toe

By die eerste ontvangs en insae van die proklamasie het

ons generaal dit wenslik geag om die burgers toe te

spreek en tewens te waarsku. Dít was min of meer die

inhoud van sy toespraak:

``Offisiere en burgers, die uitgee en verspreiding van

hierdie papierbom'' - die proklamasie in sy hand wysende

- ``onder die burgers, is in my oog beslis niks anders nie

as 'n duidelike teken van die magteloosheid en

hopeloosheid waarin die vyand vasgeknel sit. 'n

Papierbom soos die een is baie minder gevaarlik as 'n

liddietbom; ja, vir my is dit 'n aanmoediging om die stryd

nou hewiger as ooit voort te sit. Ons weet nou hoe

moedeloos hulle is en daarom gaan ons nou eers dubbele

mokerhoue uitdeel. Maar kom sê my, wie van julle voel

lus om te gaan hensop?''

``Wat, hensop! Nooit. Nooit nie, Generaal!'' weergalm

dit uit honderde kele tegelyk.

``Goed, dan gaan ons hulle nou eers opkeil.''

20

``Hoor, hoor! So moet Boer se kind praat. Daardie mond

verdien jêm,'' was party opmerkings.

Wessels- en Morgendal-tragedie

Hoe onmoontlik en tragies dit ook al mag lyk, het die

vyand tog daarin geslaag om 'n paar Boere te vind wat

bereid was om die Engelsman se vuil en smerige werk te

doen. En so het hulle van die dienste van twee huislêers,

naamlik Andries Wessels en 'n sekere Morgendal (ek

meen Morgendal was 'n prokureur), albei van Kroonstad,

gebruik gemaak om 'n gemene en verraderlike daad te

pleeg.

Hier ag die skrywer dit sy plig om die leser eers te

waarsku, anders gaan hy moontlik sy tande as gevolg van

afsku en wrewel uitkners. Hulle twee het naamlik met 'n

aantal proklamasiepamflette die vegtende

Boerekommando's gaan besoek om die pamflette dan

onder die burgers te versprei. Was daar 'n verfoeiliker

daad teenoor land en volk en dit deur twee Vrystaatse

burgers?

Maar is dit moontlik? sal meer as een uitroep. Hierop

antwoord ek dadelik: Ja, dit was moontlik, en die verdere

beskrywing van die Wessels-Morgendal-tragedie sal u

oortuig dat dit werklik gebeur het en niks anders as die

heilige waarheid bevat nie. Die illusie van Wessels en

Morgendal se dwase en kinderlike onderneming, ja hul

verregaande vermetelheid, gepaard met onderskatting en

domastrante minagting van die mag, reg en energie van

die vegtende Boerestrydmagte, hul vae en kleinlike

begrip van sedisie en hoogverraad teenoor land en volk,

het die twee tot hulle eie ondergang voortgelei.

Of was Mammon die motief? Sou Mammon (in die

vorm van Britse sterling) miskien in strome gevloei het,

as die onderneming met sukses bekroon was? Daar is

onbeantwoorde vrae, vrae wat alleenlik deur Roberts,

Wessels en Morgendal, as hulle nog in die lewe was,

beantwoord sou kon word. Of het Morgendal op sy

welsprekendheid en gladde tong staatgemaak?

Nou ja, die twee vyandshandlangers, ten volle met 'n

aantal papierbomme gewapen, onderneem die sending -

Wessels as bekende inwoner van Kroonstad en

omgewing en Morgendal as die gladde woordvoerder.

Ons gaan die Boere by hope laat oorgee en hensop en ons

beursies sal swel, was blykbaar deel van hul geselskap op

weg na die kommando's. Maar hoe lank en hoe ver het

hul so voortgery?

Die eerste voorpos van die Boere word bygedam; dit

was 'n veldkornet en enige burgers en met besondere

welsprekendheid word die doel verduidelik en

bekendgemaak. Terloops, sover ek kan onthou, het die

kranige regterhand van generaal De Wet, naamlik

kommandant C.A. van Niekerk (tans President van die

Senaat) 'n groot en vername rol gespeel met die

gevangeneming van die twee verraaiers en Robertshandlangers.

``Julle is my krygsgevangenes,'' sê die offisier aan hulle.

Tjoepstil was albei. Hulle dink nou vir 'n oomblik na en

begin besef wat hulle gedoen en onderneem het.

``Nee,'' probeer Morgendal verduidelik, ``ons doel was

maar net tot hier en van hier was die plan om weer terug

te gaan! Gee maar daardie papiere. Dit is reeds laat en

ons wil nou gaan.''

``Kyk, jy is reg, ons moet dadelik gaan, maar nie na

Kroonstad nie. Nou gaan ons hoor wat generaal De Wet

te sê het.''

Wel wetende in watter haglike posisie hulle is, word

altwee asvaal, want as die gewete jou aankla en

beskuldig, wie kan dan weerstand bied? En die kwellende

en ontembare gedagte: nou na die onverbiddelike

generaal De Wet. En dit waar ons juis probeer het om

hom te vermy. Voorwaar 'n onbenydenswaardige posisie

waarin die twee verraaiers hul nou deur eie toedoen

bevind: Teen wil en dank op weg na generaal De Wet.

Daar aangekom doen die persoon in bevel volledige

verslag en oorhandig die boel proklamasies aan generaal

De Wet. Die generaal swel van woede en veragting, maar

sonder om 'n woord met die gevangenes te praat, gee hy

bevel om die twee dag en nag streng te bewaak, totdat die

krygsraad oor hulle kan sit.

``Boeties, julle twak is nat.''

``Wat, twak nat, hulle turf gaan sit!'' was penkopaanmerkings.

Wessels en Morgendal was gedurig onder bewaking en

is met 'n perdewaentjie vervoer saam met die kommando,

tot waar ons een nag op 'n plaas oornag het. Hier is die

Morgendal-tragedie afgespeel. Nog voor sonsopgang (die

generaal, die skrywer en sommige burgers was reeds al

op) kom daar 'n kaffer uitasem aan en sê: ``Grootbaas, net

agter daardie bult hy kom banja Engelsman aan.''

Die generaal vra: ``Is hulle net soveel as ons?''

``Nee, Morena, jou mens hy ees meen, daardie hy ees

banja, banja.''

Wel, versigtigheid beteken alles. Bevele word gegee om

dadelik op te saal, spioene word uitgestuur en die burgers

moes posisie inneem. Generaal Stoffel Froneman (die

held wat uit Cronje se laer gejaag het) gee bevel om die

waentjie in te span en beveel die twee gevangenes om te

help inspan. Alles is in rep en roer, die vyand kan enige

oomblik opdaag. Elke minuut is dus kosbaar en tel onder

so 'n omstandigheid. Wessels het gehelp inspan, maar

Morgendal, instede van te help, neem sy handdoek en wil

dan eers gaan was, natuurlik met die doel om tyd te wen

met die hoop om deur die aankomende vyand ontset en

van 'n gewisse krygsraadsdoodvonnis verlos te word.

Ongeveer 30 tree vanaf die waentjie was 'n sloot met

water.

Generaal Froneman gelas Morgendal vir die tweede

keer om in te span. Morgendal antwoord ewe ongeërg:

``Ek gaan eers was,'' en daarop begin hy met die

handdoek oor die skouer aanstap.

Generaal Froneman dam hom by en sê vir die derde

maal: ``Draai om en span in!'' Morgendal steur hom nie

daaraan nie.

Froneman was klaar en streep hom met die sambok oor

sy kop. Morgendal gryp die sambok en ruk dit uit die

generaal se hand. En dit was meer as wat generaal De

Wet, wat alles aanskou en generaal Froneman se bevele

aangehoor het, kon verduur. Die toppunt van sy geduld

was bereik, met die gevolg: feitlik gelyktydig toe

Morgendal die sambok uit Froneman se hand ruk, skree

generaal De Wet: ``Generaal, skiet hom op die plek

dood!''

Generaal Froneman, ook nie meer te koel nie, ruk

blitsvinnig, terwyl hy op sy perd sit, sy kortgeweer uit die

geweersak aan die regterkant van die perd en voor jy kon

sê knipmes, knal die skoot, en daar lê Morgendal hygend

na asem, met bloed wat by mond en neus uitspuit. En so

is, op direkte bevel van generaal De Wet, Morgendal in

die vroeë môreuur deur generaal Froneman (wat verplig

was om die opdrag uit te voer) geskiet en moes hy (Morgendal),

eerstens vir ontrouheid aan land en volk,

waarvan hy 'n onderdaan en burger was, en tweedens vir

ongehoorsaamheid, brutale astrantheid en verset teenoor

generaal Froneman met sy lewe betaal. Morgendal was

nie oombliklik dood nie en is eers na enige dae aan die

wond oorlede.

Skrywer hiervan mag vir verdere inligting meedeel dat

hy by alles teenwoordig was, en het self alles - die

boodskap van die kaffer, bevele aan en verset van

Morgendal, asook die opdrag van generaal De Wet -

aanskou en aangehoor. Terwyl die skietvoorval

plaasgevind het, was ek op my perd met generaal De Wet

net regs van my op sy perd, en generaal Froneman

ongeveer vyf of ses tree links van my ook op sy perd. My

neef, Gert de Wet, wat tydens die Groenkopgeveg deur

die voet gewond was, was ook by die Morgendal-toneel

teenwoordig en nou vra ek - as iemand (miskien 'n

hensopper of Morgendal-simpatiseerder) bostaande

gegewens wil verwater of ontken, tree dan met mnr. G.C.

de Wet, Pk. Kopjes, in verbinding.

Nou laat ek dit met gerustheid oor aan die gesonde

verstand van die leser om te sê of die twee generaals reg

of verkeerd gehandel het. Maar onthou, generaal

Froneman was verplig om sy direkte opdrag uit te voer.

En as opperbevelhebber aan wie die landsbelange op

militêre gebied toevertrou was, moes generaal De Wet

rekening hou met 'n landsburger wat sy dienste aan die

vyand geleen en met sulke volksondermynende pamflette

die vegtende en pligsgetroue burgers wou beïnvloed en

oorreed om die wapens neer te lê.

Skaars was die skietvoorval verby of daar word deur die

spioene gerapporteer dat die naderende Engelse magte

21

nie Kakies was nie, maar slegs 'n ander Boerekommando.

Die tydige waarskuwing van die getroue kaffer was egter

goed bedoel en sonder twyfel 'n bewys van getrouheid

aan die mense en land waarvan hy hom as onderdaan beskou

het. Sy getrouheid was en sal tot in lengte van dae

as voorbeeld dien, tot die jongste dag 'n vretende kanker

van selfverwyt wakker roep by die ontroue

landsverraaiers wat per slot van rekening niks anders as

die Morgendalstraf verdien het nie.

Onwillekeurig sal die vraag nou ontstaan: en wat het toe

van Wessels, die medegevangene, geword? Ook hierop

kan die skrywer volle besonderhede gee. Andries

Wessels het te geleë tyd voor die krygsraad verskyn,

waarop generaal De Wet as voorsitter ageer en waaraan

generaal Froneman ook deelgeneem het. Op die aanklag

``gepleegde sedisie en hoogverraad teenoor land en volk''

het Wessels skuld ontken en soos verstaanbaar is al die

skuld gelê op Morgendal, wat reeds onder die kluite was

en Wessels nie kon weerspreek nie.

``Ja,'' was sy pleidooi, ``omdat ek die wêreld goed ken,

het ek maar net saam gery, maar nie eers geweet met

watter doel nie!'' Nog 'n verdere boel nietige en

leuenagtige verdigsels het hy gebesig, wat deur die

krygsraad met minagting aangehoor is. Generaal De Wet,

wat vir 'n landsverraaier nie 'n sekonde tyd gehad het nie,

het eindelik opgestaan en gesê: ``Ons het meer te doen en

ons tyd is te kosbaar om hier na 'n verraaier se onsin te sit

en luister.''

Nadat hy enige minute na buite geneem is om oor sy

vonnis in sy afwesigheid te beraadslaag, is Wessels

teruggeroep en is die doodvonnis eenparig deur die

krygsraad oor hom uitgespreek. Hy sou doodgeskiet

word, hangende die bekragtiging van die vonnis deur die

staatshoof, in dié geval president Steyn. Onderwyl die

krygsraad in sitting was, het die penkoppe net oor

Wessels en Morgendal gesels en opmerkings was volop:

``O! ons ou bul (bedoelende generaal De Wet) sal met

sy borskas afreken.''

``Ja, een blouboontjie is genoeg.''

``Nee wat, kêrels, hy moet net bokveld toe gestuur

word, dis al.''

``Ja, was hy liewers 'n dier, dan kon sy ma hom miskien

tog klein doodgelê het.''

``A, nee man, moenie die diere beledig nie.'' Ensovoorts.

Die president het as gevolg van Wessels se ouderdom en

daar sy persoon tog onskadelik was, nie die doodvonnis

bekragtig nie. Hy is op bevel van generaal De Wet weer

na die vyand in Kroonstad teruggestuur.

By die terugkoms van die paar penkoppe wat hom tot

naby Kroonstad geneem het, het die generaal hulle gevra:

``En het julle hom toe naby Kroonstad gelos?''

``Ja, generaal, maar voordat ons hom gelos het, het ons

die ou eers 'n gedugte loesing gegee!''

``Nou ja, ek gaan dit nie op my gewete neem om te sê

22

julle het verkeerd gehandel nie!''

Onwillekeurig sal veral die opkomende geslag vra: Het

die vierde bondgenoot, die proklamasie, 'n goeie

uitwerking gehad? Nee, voorwaar nie. Ja tog - dit het ten

minste een verraaier met ``het stof der aarde laten kennis

maken.'' Dit het inspirerend gewerk, die moedeloosheid

van die vyand aan die kaak gestel en aan die pligsgetroue,

vegtende burgers geopenbaar.

Downingstraat 10 en vyfde

bondgenoot

Vir Groot-Brittanje was die vierde bondgenoot, die verbanningsproklamasie,

'n fatale mislukking. Hulle het met

die hand in die hare na iets rondgesnuffel tot eindelik uit

Downingstraat 10, destyds onder leiding van Joseph

Chamberlain, eerste minister van Engeland, en blykbaar

bygestaan deur lord Milner van die Kaapkolonie, 'n ander

plan, die vyfde bondgenoot, ontdek. Dit moes deur lord

Kitchener as opperbevelhebber in die praktyk uitgevoer

word.

Of die plan fatsoenlik, eerlik, toelaatbaar, en of dit

wreed, barbaars en onchristelik was, ja, deur alle

beskaafde volke en selfs deur Engelse onderdane,

byvoorbeeld Arthur Stead, destydse redakteur van die

``Review of Reviews'' en mej. Emily Hobhouse, verag,

verafsku en in die openbare lewe teëgewerk is, het nie

saak gemaak nie! Die vyfde bondgenoot moes in werking

gestel word. Daar was net een leuse, naamlik: ``We must

win the war.'' Om dit te bereik, moes die penwortel van

die Boerenasie tot in sy diepte uitgedelg word. Die

penwortel is die Boerevrou. Die stam is die man en die

takke is die onskuldige kinders en wiegies (waarvan 'n

sprekende voorbeeld op die Vrouemonument by

Bloemfontein te sien is, waar lydende moeders en

sterwende kindertjies as bewys vir die nageslagte

uitgebeitel en verewig is).

En helaas? So is die yster in Downingstraat 10 bloedrooi

verhit en aan lord Kitchener oorhandig om te smee.

Ja, dit was die vyfde bondgenoot om die vegtende Boere

op die knieë te bring en tot oorgawe te dwing: die

heidense gevangeneming van weerlose vroue en

onskuldige kindertjies, om in moordkampe gestop te

word, ten einde 'n gestadigde marteldood te ondergaan.

Maar kan dit die waarheid en tog so erg gewees het?

mag een of ander moontlik vra. Wel hierop sal die

skrywer nie antwoord nie, dog vergun my om u net na die

duisende konsentrasiekamp-grafte van vroue en kinders

te verwys en laat die morge en morge bedek met

Afrikanervroue en -kindergrafte u oortuig. U sal die plate

moordkampgrafte onder andere op die volgende plekke

aantref: Bloemfontein, Brandfort, Bethulie, Merebank

(Natal), Norvalspont, Springfontein en Vredefortweg.

Maar genoeg om bostaande beskrywing te staaf. En wat

van die duisende wat as gevolg van lyding en foltering in

daardie kampe vir die res van hul lewe invalides gemaak

is? Daarom, nageslagte, ek bid u: onthou en gedenk!

Deur nuuskierigheid, of beter, deur waaragtige belangstelling

geprikkel, sal onwillekeurig gevra word: Sê ons

tog, hoedanig is die vroue en kinders gevang? Hoe is

hulle ontvoer? Hoe was die behandeling aangaande kos,

klere en beddegoed? Ja, veral die behandeling tydens die

aankoms van die vyand op die plase en met die gevangeneming?

Hierop gaan ek antwoord deur die mond van talle en

talle vroue, soos deur hulle persoonlik aan my meegedeel,

onder andere my eie moeder, suster en skoonsuster.

Patrollies en soms groter magte, bestaande uit Engelse

offisiere, troepe, kaffers en Hotnots en ook - ek skaam

my om te sê - Boere-joiners, was met die vang en vervoer

van vroue belas. Op die plaas gekom, word die vrou

aangesê: ``Maak klaar, ons kom jou en die kinders haal!

Binne tien of vyftien minute moet jy gereed wees!''

Sonder kos (dit word intussen gretig deur die kaffers en

Hotnots gebuit), miskien met 'n paar komberse moet sy

en die kinders die huis verlaat. As sy miskien nog enige

kledingstukke wil neem, word sy deur barbaarse,

gewapende kaffers op brutale wyse die huis uit gedryf en

dadelik word die gebou, asook buitegeboue met alles

daarin, selfs historiese stukke en kostelike oudhede, aan

die brand gesteek en as 'n prooi van vlamme agtergelaat.

Selfs word van haar benodigdhede uit haar arms geruk

(alles die werk van kaffers) en in die vlamme

teruggegooi. Voor die brandstigting is die swartes baas in

die huis om na hartelus te plunder en te steel.

Dit alles vind plaas onder bevel van Engelse offisiere

wat spottend en laggend alles aanskou en hulle daarin

verheug. Daarna word die vroue en kinders op kaal en

oop bokwaens, sonder enige beskutting teen die

brandende son, stortreëns, snerpende koue en

winterwinde en sonder as (dié is verbrand),

groepsgewyse bymekaar gemaak, soms daelank aaneen,

om eindelik na die moordkampe vervoer te word.

By 'n sekere geleentheid (met die vrouevangs in Bloemfontein-distrik

het 'n kaffersoldaat, dit was 'n bekende

kaffer) sy geweer voor die bors van 'n vrou gedruk en

gesê: ``Nora, sê my waar is Dail (haar man) of ek skiet

jou dat jou longe so spat.'' Dit het gebeur terwyl die

Engelse offisier laggend alles aanskou.

Nasate van die lyers, ek vra u , dink aan die ongerief en

foltering van hierdie stoere voorgeslag, daelank op oop

waens, onder die uittartende toesig van troepe en kaffers:

hongerig, koud, natgereën en sonder sanitêre geriewe. Is

dit dan 'n wonder dat menigeen reeds dodelik siek die

kampe bereik het ... om binne twee of drie dae weer na

die kerkhof vervoer te word? Maar onthou: Downingstraat

10 het gesê: ``We must win the war.''

Mevrou (Generaal) De Wet as

gevangene

Na baie rondvlug en swerftogte is mevrou (generaal) De

Wet eindelik in Vredefort se omgewing deur die vyand

gevange geneem. Onderstaande beskrywing daarvan is

telkens deur my moeder aan my gegee en dit is of ek haar

nou nog haar ondervindings en mishandelings met gloed

en erns hoor vertel. Met haar agt kinders is sy gevang en

op 'n oop bokwa na die naaste spoorwegstasie vervoer,

vanwaar hulle sonder kos of water in 'n kooltrok na

Elandsfontein (nou Germiston) gestuur is. By die stasie

aangekom, is sy en die kinders in 'n klein kamertjie

geprop ... nog altyd sonder enige voedsel, en dit terwyl

die kinders om haar huil van honger, totdat 'n Tommie

eindelik met één brood voor die deur verskyn en dit

vandaar na haar ingesmyt het. Sy was egter bly, want dit

het die kinderhonger en -gehuil tot bedaring gebring.

'n Tydlank is sy as gevangene in Johannesburg aangehou,

alwaar eers die een en daarna die ander Engelse

offisier haar gaan besoek en enigiets - ja, selfs groot

bedrae geld - aangebied het om haar te beïnvloed en

oorreed om haar man (generaal De Wet) te gaan spreek

en probeer beweeg om die stryd te staak en as gewonne te

laat vaar. Maar telkens het sy die besoekende offisier op

sy gemene en verraderlike voorstel gewys, kaalkop die

waarheid vertel en met 'n verdiende afjak weggestuur.

By een geleentheid het 'n offisier aan haar gesê:

``Mevrou, kyk, ek gaan met 'n sekere opdrag onder

witvlag generaal De Wet besoek. Het u miskien enige

boodskap wat ek aan hom kan oordra?''

``Ja dankie, ek sal baie bly wees.''

Die offisier skep moed. ``En wat is die boodskap?'' vra

hy.

``Sê asseblief aan die generaal hy moet nie oor my of

die kinders bekommerd wees nie, maar hy moet aanhou

veg en die Engelse skiet dat hulle so bars!''

Sonder 'n enkele woord draai die offisier om en stap

weg soos 'n hond wat vet gesteel het. Dit was dan ook die

laaste besoek by mevrou De Wet gewees. Nee, daar was

nog één besoek en wel met 'n dreigende kennisgewing en

deur 'n ander offisier. Sy woorde was: ``Ons laat die

keuse nou aan jou om finaal te besluit'' - die slag word 'n

dreigement as gemene middel gebruik - ``om òf jou invloed

te gebruik en die generaal te gaan oorreed om die

stryd gewonne te gee en vir die res van jul lewe gelukkig

en sonder sorg te wees (daarvoor sal Haar Majesteit se

regering sorg), òf, by weiering om te gaan, dan kennis te

neem dat jy en jou kinders binne 'n paar dae na die

Merebank-konsentrasiekamp in Natal gestuur sal word.''

Kort en bondig was mevrou De Wet se antwoord: ``Dit

sal vir my 'n eer en voorreg wees om die lot en lyding van

mede-Afrikanervrou en -suster te gaan deel en daarom is

my keuse Merebank-kamp.'' Hierop is sy weggestuur en

23

na 'n smerige behandeling op die trein, is sy en haar

kinders te voet vanaf die stasie na die kamp aangejaag en

dit onder hoon en bespotting van kaffers en koelies.

Voortaan sou sy al die ellende, smart en lyding gaan

aanskou en self verduur, 'n lyding wat onder Dingaan en

Tjaka, twee heidense kafferkapteins, ligter en

verdraagliker sou gewees het. En waarom dan die

dierlike, barbaarse behandeling? Natuurlik omdat

Downingstraat 10 die penwortel wou uitroei en dit,

onthou: ``to win the war.''

Ten einde haar te dwing om die generaal te gaan oorreed

om oor te gee, is die lewe vir mevrou De Wet in die

kamp met opset besonder swaar - ja, haas ondraaglik

gemaak. Maar besembos doodkry is min. Na verloop van

tyd is die Johannesburgse offisierebesoek weer gewaag

en herhaal, maar dié slag op 'n ander manier. Om hulle

aggressiewe doel makliker te bereik, word dié slag 'n versoekskrif

aan generaal De Wet gerig, waarin op die hopeloosheid

van die verdere voortsetting van die oorlog

gewys word en hy versoek word om die stryd te staak.

Dit was vergesel van 'n lys van vroue-naamtekeninge. Die

versoekskrif het ook heelwat name op gehad wat,

onbewus van die inhoud daarop aangebring is. Soos later

onthul is, het dit ook 'n aantal valse naamtekeninge bevat.

Maar bó aan die petisie is die ereplek vir die naamtekeninge

aan die vrou van die generaal oopgelaat. Goed

gewapen met die klomp name op die lys (eerlik of

andersins) kom die offisier ewe hoflik by mevrou De Wet

se tent, vraende hoe dit gaan en met die hoop dat die

slagting van mense spoedig beëindig gaan word. 'n

Menigte ander soetklinkende woorde het egter aan haar

die lis en verraad daaragter openbaar.

``Maar,'' laat die offisier daarop volg, ``soos u self weet,

alles hang net van generaal De Wet af of die oorlog

beëindig of voortgesit gaan word. En u, as sy vrou, kan

met u invloed op die generaal ontsaglik veel bydra en die

posisie help oplos deur hierdie versoekskrif, met die

name reeds daarop, op die ereplek spesiaal vir u

oopgehou te onderteken. Nog beter sal dit wees as u dit

daarna persoonlik aan die generaal kan gaan oorhandig

en verduidelik. U kan een of 'n paar dames uitkies om u

op die reis te vergesel en vir die vervoer na die generaal

sal gesorg word. Laat ek u maar die versekering gee dat,

as die oorlog deur u bemiddeling beëindig word, haar

majesteit se regering 'n onbekommerde lewe vir u en u

gesin waarborg.''

``Nou ja, gee dit hier,'' sê mevrou De Wet. Die Engelsman

skep moed en verruk van blydskap oorhandig hy die

versoekskrif. Mevrou De Wet (teen die tyd was daar al

toevallig 'n paar kampvrouens teenwoordig) neem en lees

die brief en petisie. Sy vou die brief en petisie weer

netjies op, skeur dit voor sy oë aan flenters en smyt dit in

sy bakkies terug met die opmerking: ``Dé, daar het jy jou

gemeenheid terug en maak dat jy wegkom voor my oë!''

Ag, die offisier kon van boosaardigheid 'n spyker die

24

kop afbyt. En wat van die blye vooruitsig van enkele

minute gelede om Downingstraat 10 in die wolke te laat

leef? Alles was in enige oomblikke oor die muur en na

die maan. En wat meer is, hy (die Engelsman) het dit

veiliger geag om sy woede te sluk, ja instinkmatig gevoel

hy moet liewers trap of anders gaan hy blykbaar kennis

maak met die kneukels van 'n Boerevrou se vuis, heel

moontlik bygestaan deur agt of tien vrouens wat hom nog

sonder klere aan sy bas die kamp kon uitboender.

Dit was die 44-jarige Boerevrou Cornelia Margaretha de

Wet (gebore Kruger). Hier doen ek nou 'n vriendelike

versoek. As u miskien op Dewetsdorp kom, doen

asseblief die moeite en gaan besigtig die grafsteen van

mevrou (generaal) De Wet in die kerkhof en oortuig uself

van die egtheid van bogemelde verhaal, deur te let op die

massiewe grafsteen met die volgende opskrif:

``In dankbare herinnering aan Cornelia Margaretha de

Wet (geb. Kruger). 22 Des. 1856 - 16 Julie 1936.

Opgerig deur haar volk.

``Sal ons die burgers vra om oor te gee? Nee nooit!''

Daar sal u haar op die grafsteen sien staan met die geskiedkundige,

maar gemene en verraderlike brief en

versoekskrif in brons afgebeeld in haar hande, besig om

dit stukkend te skeur.

Wat boervrou en -dogter moes

verduur

Hier volg nou enige tragedies wat moeders, vrouens en

kinders van die Boervolk in die worstelstryd van 1899-

1902 ter wille van vryheid vir hulself en die nageslagte

moes ondergaan het. Die skrywer het dit gedeeltelik

persoonlik aanskou. Die gevangeneming van vrouens en

kinders en hul lyding in moordkampe was, soos lig te

begrype, heel spoedig oor die land versprei en bekend,

met die gevolg dat die plaasvrouens enigiets probeer het

om nie in die hande van die vyand, of nog erger, in die

wrede, onbarmhartige kloue van kaffers (wat vir die doel

gebruik is) en dikwels onder aanvoering van heidene met

wit velle, te val nie.

Maar dit klink haas ongelooflik: kaffersoldate onder wit

offisiere? Ja seker, want ``to win the war,'' moes die

penwortel uitgewis word! Die gevolg was dat vrouens,

soms alleen of 'n paar huisgesinne met hul kindertjies,

baie nagte in die veld moes deurbring en bedags die

spruite, riviere of berge, met bome en bosse as enigste

beskutting, hul toevlugsoord moes maak. Maar ook dit is

spoedig deur die wreedaards ontdek.

Ek vra jou, leser, stel jouself in die plek van die hulpelose

vroue en groot - selfs 10 tot 12 jaar oue dogters -

wat daar tussen bosse of in rivierwalle deur die helse

bendes ontdek word, heidene by wie daar geen genade

was nie. Die behandeling, of liewers die mishandeling

was so ontsettend, skrikwekkend en oneerbaar, dat ek dit

nie hier kan of wil beskryf nie.

So kan dit nie langer volgehou word nie en die toevlug

is tot ander middels geneem, naamlik groepies en groepe

het met waens en karre die vyand probeer ontvlug, met

die hoop om tog net die dodelike konsentrasiekamp (waar

dood en ellende hoogty gevier het) vry te spring. Maar

ook dit het misluk, want die vrouelaers het vroeër of later

in die vyand se hande geval. Baiekeer is hulle selfs deur

vyandelike bomme tot stilstand en oorgawe geskiet, en

dit nieteenstaande die vyand wel deeglik van die feit

bewus was dat dit 'n hulpelose vrouelaer was.

Bostaande gaan ek met enkele gevalle bewys. Die tragiese

voorval het plaasgevind op die plaas Graspan in die

Reitz-distrik. Generaals De Wet en Piet Fourie, asook

kaptein Melt van Schoor was met 'n aantal burgers op

weg na die dorp Vrede, toe hulle teen 'n vyandelike mag

stuit. Dadelik word besluit dat die ongeveer 300 Engelse

vandag moet les opsê. Die vrouelaer is ook herken en nou

was dit duidelik dat dit 'n klomp vrouevangers was. Dit

het die woede van die burgers verskerp en hul tot dapperheid

opgewek.

'n Gedeelte van die waens was reeds uitgespan met die

nog ingespanne waens effens aan die een kant. Daar was

ook 'n kafferstat, hutte met klei- en sooimure na aan die

waens. Die vyand het die Boere gewaar en tussen die

waens en in die kafferhutte posisie ingeneem.

Generaal De Wet gee bevel: ``Al met die leegte op,

burgers.'' Sover was ons uit die gesig en nie onder skoot

nie. Die naaste plek aan die vyand word bereik, ongeveer

350 tot 400 tree vanaf die waens en hutte.

Generaal De Wet laat weer sy stem hoor: ``Nou in gelid,

maar twee tot drie tree uitmekaar, totdat ons sigbaar is en

dan kop-aan-kop reg op hulle aanstorm!''

Gelukkig het die vrouens die Boere gesien en betyds

met die kinders eenkant toe padgegee. Skaars was ons

sigbaar of dit was die een koeka op die ander. Die waens

was tussen ons en die kafferhutte, met die gevolg dat die

vyand agter en tussen die waens afspring en laat nael na

die hutte toe. Dit het ons verligting gegee.

Met en onder die stormjaag het ons reeds mauserboontjies

gratis onder hulle uitgedeel. Ons eerste doelwit,

die waens, word bereik, alwaar 'n aantal dooies en

gewondes lê en twens 'n boel van hulle hensop. Sommige

burgers het tot by die hutte gestorm met die gevolg dat

die Boere agter die hutte was en die Kakies binne-in die

hutte. Weldra was die geveg oor en die oorwinning deur

ons behaal.

Na ongeveer 'n halfuur het groot vyandelike magte egter

opgedaag en gevolglik moes ons, deur die oormag

gedwing, die terrein met ons gesneuweldes, swaar

gewondes, vrouelaer en al tot ons verdriet weer prysgee.

'n Aantal - ek meen sewentien - van ons burgers het die

duurste prys betaal, onder andere ook die dappere held,

kaptein Thuynsma, en 'n sekere klein Van Onselen. Dit

was 'n kort, maar hewige slag teen 'n vyf maal sterker

vyand. Met haas ongekende moed en bewonderenswaardige

dapperheid het die burgers uit die vuis en

stormenderhand geskiet, nogtans met die troosvolle

bevrediging dat ons vir elke gesneuwelde makker

minstens sewe tot agt Tommies bokveld toe gestuur het.

Na afloop van die geveg het die vroue ons meegedeel

dat hulle letterlik deur bomme tot stilstand en oorgawe

geskiet is. Een vrou het onder gesnik en trane gesê:

``Generaal, hulle het my kindjie in my arms doodgeskiet.''

Ander vroue en kinders was gewond. Onderwyl die

geveg aan die gang was, het die nog ingespanne waens

probeer ontvlug, maar dit was nie lank nie of die

naderene vyand het hulle vir die tweede keer met bomme

tot stilstand geskiet en was die hulpelose vrou en kind

weer die prooi van die Engelsman en sy kaffertroepe. My

oë het die ellende aanskou van hoe dat bomme bo-oor en

tussen die waens gebars het: voorwaar 'n aaklige toneel

vol hartverskeurende oomblikke. En jy is magteloos om

te help en verlos! Hoeveel vroue en kinders daar in dié

geval gedood en verwond is, kon ek nooit uitvind nie.

Hier volg nog een van talryke sulke tragedies. 'n Klopjag

op vroue en kinders is georganiseer, waarop 'n

heidense bende onder Engelse offisiere van Heilbron, met

oop waens gestuur is om die vroue en kinders te vang en

na die konsentrasiekamp op Heilbron te vervoer. Getrou

aan die opdrag en leuse ``we must win the war,'' is alles

vir 'n vyf of ses dae se reis gereël. En wat moes die vroue

en kinders nie in die tyd verduur nie? Dit maak nie saak

nie; die doel was immers: roei die nasie met wortel en tak

uit.

Na verloop van dae en kommervolle nagte keer die

bende terug (onder spot en hoon van kaffers) met waens

so vol gepak soos sardientjies ... terug na die slagpale!

Hiermee was die toppunt van hul ellende nog nie bereik

nie. Die wraaksug was immers nog nie bevredig nie! Nog

meer barbarisme staar die hulpelose vroue in die oë. Wat

was dit?

Die generaal en burgers moes dit aanskou, aanhoor en

tog nog volhard met die stryd! Op die wal van die

Rhenosterrivier moes en het die afskuwelike daad, ja, 'n

dubbele moord ('n daad waarvoor selfs die heidense

Dingaan kon teruggedeins het) plaasgevind. Sal ek die

gruwel openbaar? Is daar nog plek hiervoor op die

kerfstok van Engeland se wandade, gepleeg onder

aanvoering van sy opperbevelhebber, lord Kitchener?

Belet humaniteitsgevoel my nie om die meer as dierlike

daad liewers te verswyg nie? Nee, kos wat dit wil, die

Afrikanernasate moet dit weet en hoor!

Een van die gevange vroue moes die lewe skenk aan 'n

baba. Sigbaar het sy al onder pyn verkeer. Die diepongelukkige

vrou word onder vergeefse gebid en

gesmeek van die ander vroue vingeralleen op die wal van

die rivier afgelaai. Daarop word opnuut gesmeek: ``Nou

25

laat dan twee van ons vroue toe om hier by haar agter te

bly!'' Maar ook dit word botweg geweier, met die gevolg

dat die hulpelose vrou met een kombers onder 'n doringboom

as enigste beskutting, moes agterbly. Dit was in die

hartjie van die winter.

Die volgende môre het 'n paar burgers toevallig in

daardie rigting en met dieselfde pad gery. Wat 'n

ontdekking moes hulle oë nie aanskou nie! Dit is mos 'n

vrou wat daar onder die boom lê. ``En wat beteken dit?''

vra die een aan die ander. ``Kom ons gaan kyk.'' Hulle ry

nader en wat was die ontdekking? Niks anders as twee

lyke nie, dié van die moeder en haar suigeling, reeds

verstyf en die ewige dood ingegaan as martelare vir land

en volk, as slagoffers van Britse aggressiewe imperialisme.

Dadelik is dit aan generaal De Wet gerapporteer, waarop

voorsiening vir die begrafnis gemaak is.

Die generaal het die onmenslike daad breedvoerig aan

lord Kitchener gerapporteer. Die generaal het gedikteer

en sy oudste seun, Kotie, het geskryf. Onder andere

onthou ek nog die volgende: ``Ek gee u eksellensie die

versekering: God slaap nie en die dag sal kom dat die

Almagtige God so seker as wat die nag op die dag volg,

met u, onder wie se leiding sulke barbaarse wreedhede

geskied, en met Engeland sal afreken.''

Tot aan die einde van die oorlog het generaal De Wet op

'n antwoord gewag, ja, tot in 1918, tydens die Eerste

Wêreldoorlog, toe lord Kitchener sy onbekende graf

onder die golwe van die see gevind het, waarheen hy deur

'n Duitse torpedo geslinger is. Tot op daardie datum, sê

ek, is nog geen antwoord van Kitchener ontvang nie. En

wat het sedert daardie tyd van generaal De Wet se voorspelling

omtrent Kitchener en Engeland geword? Ek vra,

kan ons bogenoemde tragiese gebeurtenisse ooit vergeet?

Of moet elke Afrikaner wat sy sout werd is, nie met reg

saam met die profeet uitroep nie en sê: ``Hoe lank, o

Here, en U wreek nie ons bloed ten volle nie?''

Maar laat ons onthou, Gods meul maal stadig, maar

seker. Vir elkeen wat wil nadink en let op die tekens van

die tyd, op wêreldgebeurtenisse en omwentelings, vir

hom moet dit duidelik soos die silwerrand aan die wolk

wees, die lig wat al helderder deurbreek: die vryheidson

sal eerlang in alle opsigte sy verfrissende strale uitskiet

oor die nasate van die Boeremartelaars van 1899-1902 en

selfs vroeër.

Van hulle almal het die vrou die grootste offers gebring.

Maar alles was beslis nie vergeefs nie, hoe bitter en

onverstaanbaar ook destyds. Daardeur gaan die nasie sy

verlore kleinood, sy vryheid in die vorm van 'n verenigde

Republiek van Suid-Afrika met 100 persent rente bykry!

Kaapland en Natal (die land van Piet Retief) sal ons

naamlik met grote dankbaarheid van die God wat nie

slaap nie in die toekomstige Republiek as toegif ontvang.

Deur 'n vraag wil ek net herinner aan enige feite sedert

26

generaal De Wet se voorspelling. Waar is die vroeëre

rooigeverfde landskappe van die destydse Groot-

Brittanje, onder andere Ierland, Egipte, Palestina, Birma

en ook die eeue-oue melkkoei van Engeland, naamlik

Indië? Is dit nog ``British Territories?'' Of is dit reeds

onafhanklike republieke? Winston Churchill (Britse

eerste minister) moes onlangs nog voor die wêreld erken

en uitroep: ``Amerika staan vandag op die kruin van die

wêreld!''

Met die een oog gerig op die uitstralende vryheidsdagbreek

van die tydelik verowerde Boervolk en die

ander oog op die wegsinkende en al donker wordende

bestaanslig van die ook tydelike veroweraar, berus ons

tans in die onherroeplike en byna onmeetbare gruweldade

van moederleed en kindersmart.

Die Groenkop-geveg

Groenkop lê ongeveer 14 of 15 myl links van die Bethlehem-Harrismith-grootpad.

Wie van die oudstryders wat

op die Kersfeesmôre van 1901 aan die geveg deelgeneem

het, sal ooit daardie kort, maar uiters harde geveg

vergeet? Vir ons wat aan die geveg deelgeneem het,

prikkel die gedagte daaraan nog steeds die gemoed en

dwing die broekspype maar om te bewe selfs waar ek hier

rustig en kalm sit en skrywe! Verstaan tog goed en

moenie vir my as 'n lafaard bestempel nie. Ek sê tog baie

duidelik: dit is nie my bene nie, maar my broekspype wat

die ritteltitspeletjie aan die gang wil sit! Wat het daar dan

werklik die môre gebeur?

Kakie se kind was blykbaar moeg vir die dorpslewe in

Bethlehem en het gevolglik lank voor die tyd reëlings

getref om 'n verandering in die lewe te bring deur 'n

heerlike piekniek op Kersdag in die ope en skone natuur

van Bethlehem-distrik te gaan hou, ontspanning te neem

en sommer lekker te gaan feesvier. Hulle het Groenkop as

die ware Jakob beskou en gevolglik as veilige vesting vir

die piekniek en feesvieringsoord gekies. Òf deur eiegeregtigheid

òf versuim het hulle egter blykbaar vergeet

om generaal De Wet se toestemming te vra!

Ek sê die oord was 'n veilige, natuurlike vesting. Die

ligging van Groenkop vorm werklik 'n ideale beskutting.

Van onder uit die vlei aan die suidoostekant gaan die bult

geleidelik opwaarts, dog pragtig gelyk, sodat jy maklik

met waens en karre tot op die kruin van die kop kan styg.

Aan die noordweste is die kop egter besonder steil en

klipagtig, ja, so erg dat dit selfs moeilik te voet uitgeklim

kan word.

Die piekniektoggie is deur ongeveer 700 of 800

Tommies aanvaar. Hulle was tot die tande bewapen, selfs

met een kanon. 'n Menigte muilwaens en karre was belaai

met ammunisie, kos vir mens en dier, om nie te praat van

al die lekkernye nie, bestaande uit ``plum-'' en ander

poedings, vaatjies en kaste drank, onder andere

brandewyn, whisky (witperd), rum, bier - ag, te veel om

op te noem. Wel daar aangekom begin hulle uitkamp; 'n

wit plaat tente is opgeslaan, waens en karre goed gerangskik,

seilkrippe vir perde en muile gespan, en -

moenie vergeet nie, behalwe die natuurlike beskuttings,

het hulle ook skanse al op die kante van die kop gemaak.

Dit is die aand van 24 Desember. Alles is in gereedheid

om môre met vreugde Kersfees te vier, want drank was in

oorvloed en die beste van alles: nie 'n enkele Boer is die

afgelope tyd opgemerk nie. Kakie meen dus hy is baas

van Groenkop. Maar wie sê?

Ongeveer 48 uur tevore het die wakker Boereverkenners

die Kakies se aanwesigheid op Groenkop gerapporteer en

het die ou strydros al lont geruik. Die wat generaal De

Wet geken het, het al opgemerk dat daar 'n groot slang in

die gras is. Iets is weer aan die broei in daardie rustelose

kop! Die generaal is stil, afgesonder, loop heen en weer,

het skaars tyd om te eet, om nie eens van slaap te praat

nie. Hy staan soms minute lank stil en blik op die grond

asof hy 'n diamant daar sien lê.

Wie kan besef wat in sy gedagte omgaan - in hom wat

planne beraam, maar op wie se skouers terselfdertyd die

ontsaglike verantwoordelikheid van soveel lewens rus?

Die aanvalsdoel mag slaag, dog dit kan ook op 'n ramp

uitloop. Sal hy die stryd aandurf? Gaan hy die lewens van

ongeveer 300 man teen 700 of 800 van die vyand waag

en dit alles op sy verantwoordelikheid neem? Sien hy

kans om die offensief teen so 'n defensiewe, oorweldigende

mag in sulke haas onneembare stellings met

sukses te onderneem? As die aanval misluk, gaan dit nie

sy leierskap as vertroude hoof van die Vrystaat se

leërmagte ondermyn nie? Kan en sal dit nie as gevolg van

'n offensiewe mislukking die moraal van volk en

vegtende burgers nadelig skok en die volksaak skade

berokken nie? Om onder dergelike omstandighede die

regte besluit te neem, vereis ware leierstalent.

Maar aan die ander kant moet met harde en onverbiddelike

feite ook rekening gehou word. Hy is immers

die man aan wie die leiding deur die President en volk

toevertrou is, om met Gods hulp die vyand wat ons land

binnegeval het om ellende, smart en onberekenbare skade

- ja, dood op die slagvelde en in die moordkampe onder

vroue en kinders aan te rig, - om die beul teë te gaan en,

indien moontlik, die land weer van die pes te suiwer.

24 Desember het aangebreek. Vir die gewone man was

dit ook maar 'n gewone dag, maar vir die generaal was dit

'n buitengewone dag om te besluit of hy die aanval gaan

loods of staak. Sy leuse van ``vertrou jou eie baadjie nie''

het hom blykbaar aangespoor om eers persoonlike verkenningswerk

te gaan doen; persoonlike spioenasie van

die gevegsterrein en van die sterkte van die vyand (naastenby)

is deur hom essensieel geag. Die rustelose figuur

was vroeg die môre reeds op en dwalende! Kort van

humeur, moes niks in sy weg kom of sy gedagtegang

versteur nie!

Ongeveer 8-uur die oggend beveel hy my om my perd

en vir Fleur (sy staatmakerperd) op te saal en voeg

daarby: ``Ons moet gaan ry.'' Nòg ek, nòg iemand anders

(onder-offisiere inkluis) sal onder omstandigheid waag

om te vra wat gaande is, maar elkeen voel oortuig daar is

'n ding aan die broei, iets gaan gebeur. Die onweerswolke

van nuuskierigheid pak saam, burgers staan klompiesklompies

en redeneer. Kortom, dit was of 'n epidemiese

raaiselgees die burgers beetgepak het. Dog wonderlik

genoeg: geen neerslagtigheid of twyfel was merkbaar nie.

Volkome vertroue in die leier was 'n uitstaande kenmerk

en opmerkings was volop onder die penkoppe: ``Hy weet

wat hy wil.''

``Ons gaan les opsê.''

``Nee, boet, nie ons nie, maar Kakie se kind.''

'n Vierde een antwoord: ``Wel, dan is dit in die haak.''

Terwyl die burgers nog staan en ginnegaap, vertrek die

generaal in 'n westelike rigting ... en ek agterna. Dit het

die offisiere en burgers nog meer dronkgeslaan en wel

omdat in daardie rigting, volgens die spioene, geen

Kakies hoegenaamd was nie.

Maar wie sê so! Net agter die eerste bult swaai die

generaal reg in 'n oostelike rigting, nou na Groenkop se

kant. En dit het Izak laat lont ruik. Uiters versigtig en op

die hoede om nie deur die vyand gesien of ontdek te word

nie, word die reis voortgesit tot aan die oostekant,

vanwaar die kampterrein heel sigbaar en duidelik vertoon

het. Van hier het generaal De Wet die terrein bespied en

die tente teen die helling getel.

Ek vra toe: ``En hoekom tel Pa die tente?''

Generaal antwoord: ``Teen agt of tien Kakies per tent

gereken, gee dit my naastenby hulle sterkte.''

Op daardie antwoord het ek nog meer lont geruik.

``So, kom ons ry nou om die noordwestelike deel van

Groenkop te bespied.'' Soos later sou blyk, het die

generaal die noordweste, waar die kop besonder steil en

klipagtig is, as aanvalspunt gekies. Nadat 'n studie van

daardie kant gemaak is, sê die generaal: ``So, ek is

volkome tevrede, nou kan ons teruggaan.''

Versigtig word die terugreis aanvaar en die kommando

weer vanuit die weste genader. Die generaal wou nie aan

die vyand (miskien deur verraad) en sy eie mense iets laat

agterkom nie. By die burgers gekom, word dadelik

opdrag gegee om alles in gereedheid te bring. Ons gaan

van hier versit sodra dit donker is. Vir die tweede keer

word die nuuskierigheid op die proef gestel en staan offisiere

en burgers in klompies by mekaar te gis en raai. Izak

is egter op sy hoede om nie een word te verklap nie.

``Ek hoop ons gaan na Trommel,'' sê een penkop. Op die

plaas Trommel was nog 'n paar baie gawe nooiens!

``Boetie, jy praat van Trommel toe gaan; onthou, jy kan

dalk nog vannag jou eie trommel sien!'' merk iemand

weer op.

``Ek sweer blou meer as een Kakie gaan vannag bokveld

toe gestuur word.''

27

``Ja, maties, smeer maar solank julle ou lywe vet, want

ek voel so aan my paar sitters, Kakie gaan twak draai; en

of dit Kakie of ons is, iemand se turf gaan vannag sit.''

``Dit help nie om te raai nie. My gits! ek ken mos ons ou

leeu. Kyk maar net na sy paar weerkaatsende swart-bruin

oë, sy kalme maar besliste houding wat genoeg is om

elkeen moed in te pomp om self jong leeus te wees.'' was

'n verdere opmerking.

``Wel, ek gaan hom volg, al is dit dwarsdeur die Rooisee

tot by oom Daantjie in die kalwerhok,'' was die

opmerking van 'n besonder uitstaande en dapper jon

penkop en stafoffisier, Bert Nusey.

``Goed, ou Bert, ons ook!'' weergalm dit.

Nou ja, alles is gereed, klaar geëet, godsdiens gehou,

perde staan klaar opgesaal, waterkannetjies is vol, gewere

is blink skoongemaak, dubbele patroonbande hang

slaggereed oor die skouers, die laaste suig aan die pyp

word ingetrek en lustig deur mond en neus weer

uitgeblaas. Die son is onder ... helaas! Vir meer as een,

vriend en vyand, moontlik vir die laaste maal op aarde!

Maar gelukkig, niemand weet wie die meer as een gaan

wees nie, want die dodelike koeël eis en vel sy prooi

sonder waarskuwing of kennisgewing.

Dit is reeds donker ... sewe-uur ... agtuur ... versigtig ry

ons al stappende voort. Meteens laat die generaal sy stem

hoor: ``Burgers, luister goed! Geen geraas, geen pratery,

geen rook of vuurhoutjie-trekkery nie. Goed verstaan?''

``Ja, Generaal.''

``Goed, volg my.'' En daar gaan die ongeveer 300 Afrikaners,

vaandeldraers vir volk, vaderland en vryheid, met

die vertroude leier aan die spits. Nie in westelike rigting

nie - o nee, dié slag in suidoostelike rigting, reguit na

Groenkop. Dadelik word lont geruik en hoewel onbewus

van wat gaande is, word die toestand instinkmatig aangevoel

en die moontlikhede van 'n hangende geveg deur

elkeen terdeë besef.

Dit is twaalfuur in die donkernag. Stil, somber en geruisloos

word die pas na die onheilsplek voortgesit, na

die plek waar verwoesting, smart, dood en verderf, die

ongeveer 300 Boere teenoor 700 tot 800 goedverskanste

Tommies, nog voor sonop - ja, binne enkele ure, in die

aangesig staar. Dis eenuur reeds, op Kersdag en tog mag

die een die ander nie die gebruiklike ``Geseënde Kersfees

toewens nie. (Dit sou indruis teen die bevel van ``geen

pratery nie''.)

Die generaal hou stil, klim af en loop van die een na die

ander end van die burgers en herhaal sy bevele; ``My

dappere burgers, binne korte tyd sal nie julle nie, maar

ons slaags wees met die vyand en sal ons die Engelsman

op sy herrie moet speel. Kyk, sodra ons aan die voet van

die kop kom, trek julle almal mooi in gelid. Daar laat ons

die perde onder sorg, sê van 10 man, en beklim ons die

kop in gelid, man aan man, en sodra as die vyand ons

28

gewaar en moontlik op ons begin skiet, los dan almal

gelyktydig 'n sarsie op hulle. Vandaar moet elkeen dan sy

eie generaal wees en met alle mag storm en haal vir die

kruin van die kop, dan sal die oorwinning ons s'n wees.''

Nou eers is die gissings opgelos; nou besef elkeen dit is

vannag 'n kwessie van dood of lewe. Geruisloos weer

voorwaarts, geen gedagte aan fluister nie. O nee, elkeen

is met sy eie gedagte besig. Dit is net dink, dink en

nogeens dink - wat gaan tog gebeur? Wag, hier vlak voor

ons, effe sigbaar, verrys Groenkop statig en majestueus,

asof hy die gedagte van sterkte, moed en onwankelbaarheid

in jou hart wil ingraveer, om ewe as hy 'n simbool

van onoorwinlike krag te wees. Dit is ongeveer twee-uur

en ja, hier is ons aan die voet van die reus, Groenkop!

Sonder 'n enkele woord klim die generaal van sy perd en

die manskappe trek volgens bevel mooi in gelid. Die

perde word agtergelaat.

Generaal De Wet beweeg voorwaarts; gevolg deur sy

Gideonsbende word die aanval skouer aan skouer

onderneem. Dit kos moeite en sweet om die byna

onklimbare steil kop te bestyg. Ongeveer 40 of 50 tree

gevorder en meteens word die stilte van die nag verbreek

deur 'n harde stem wat uitroep: ``Halt! Who goes there?''

Sonder om daarop ag te gee en met die onvriendelikheid

om nie eers sy vraag te antwoord nie (wie is hy?

Groenkop behoort tog aan die Vrystaat!) word die aanval

voortgesit. 'n Halfminuut later en weer word die stilte

verbreek, maar dié slag nie deur 'n stem nie, dog deur

vuurstrale en lood!

Koeka, koeka! weergalm die Lee Metfordgeweers. Een,

twee, drie! en die mausers, gelei deur die mauser

rewolwer van generaal De Wet, brand los en beantwoord

die koeka-uitdaging van Kakie se kind. Die skote word

gerig op die plek vanwaar die Tommies so vriendelik was

om hulle skanse en skuilplek deur vuurstrale aan ons te

getoon het.

Volgens bevel was elke burger toe sy eie aanvoerder en

word stormloop, of liewers storm-klimmery voortgesit,

onderwyl die koekagekletter in heftigheid toeneem. Maar

soos die geluk dit vir ons en die ongeluk dit vir Kakie

wou hê, bly hul vuur sonder enige noodlottige

uitwerking. Dit was bo-oor. Kakie het in sy angs blykbaar

die steilte van die kop vergeet, terwyl generaal De Wet

die vorige dag met sy verkenningstog juis die steilte as

beskutting vir die aanvallers raakgesien en uitgedink het.

Daardeur het hy uit 'n strategiese oogpunt beskou, 'n

roemryke stukkie taktiek uitgehaal. Hoe langer, hoe

hewiger het die Lee Metfords geknal, veroorsaak deur

Kakie se versterkings uit die kamp en 'n helse vuur was

teen die tyd (maar meesal doelloos en bo-oor) op ons

gekonsentreer, ja, so erg dat die vyand, deur sy eie

vuurstrale verraai, redelik sigbaar was, onderwyl ons in

die donker aanstorm.

Meteens word 'n donderende slag gehoor en 'n vuurstreep

soos dié van 'n vuurspuwende berg gesien. Kakie

se kanon het ook sy skuilplek bekendgemaak en na 'n

pose volg nog 'n skoot. Maar waar die bomme gaan val

het, sal die Bethlehemse bulte beter kan vertel! Ver booor

ons koppe het die bomme gevlieg, doelloos en

skadeloos en tog nie doelloos vir ons nie, want aangesien

ons geen lanterns (of beter nog: moderne soekligte!) in

die donker nag gehad het nie, was Kakie ook hier vriendelik

genoeg (natuurlik deur angs genoodsaak om ons die

staanplek van sy kanon self aan te wys en die gevolg was

'n vinnige bevel aan ons kant: ``Skiet en storm!''

Nou ja, 'n tweede bevel was nie nodig nie. 'n Oomblik

lank was die geknal van mausers oorverdowend en op die

vuurstrepe van die vyand gerig. Ons was reeds tot 25 of

30 tree voor die skanse gevorder en kon natuurlik nie tot

binne-in die forte gestorm het nie. Vandaar die bevel

weer op die sielkundige moment: ``Skiet!''

Die antwoord was dodelik en suksesvol, so akkuraat dat

dit met reg die begin van die oorwinning beteken het. Die

geweldige en dodelike mauservuur was nou eenmaal

bokant Kakie se vuurmaakplek. Ek kan dit bewys deur

die feit dat die meeste skote bors- en koptreffers was.

Was ek reg of verkeerd waar ek praat van bokant Kakie

se vuurmaakplek?

Die kanon was gou-gou in ons hande met 'n paar gesneuwelde

Tommies langs die kanon. Die kanonnier,

blykbaar belas met die afvuur van 'n verdere

skrikaanjaende moordtuig, was waarskynlik net weer

klaar om die derde skoot af te trek, toe drie, vier

mauserkoeëls gelyktydig die doodvonnis oor hom

uitspreek en dit gelykertyd dodelik voltrek. So het die

penkoppe hom in 'n sittende posisie en so dood soos 'n

mossie agter op die stert van die kanon aangetref.

Die gekonsentreerde vuur was nou eenmaal onuithoubaar,

met die gevolg dat die Tommies gemeen het dis

tyd om iets anders te probeer, naamlik om voet in die

wind te slaan! Nou knieë dra en nael na die kamp! Deur

die skanse te ontruim en te vlug het hulle juis 'n

noodlottige flater begaan. Immers, met hulle

holderstebolder vlug het die penkoppe nie geaarsel om 'n

groter slagting onder hulle aan te rig nie.

Die oorwinning was reeds in sig. O, wat 'n aaklige

toneel (aaklig in vredestyd, maar pragtig in oorlogstyd,

want dan geld die leuse: ``dis hy of ek!'') is nie op daardie

oomblik afgespeel nie!

Die skanse is reeds ingeneem. Sal ons nou berus? O nee,

al skietende word die vyand agtervolg; dit val nie net oor

klippe nie, maar selfs oor dooies en gewondes en

meedoënloos maai die penkoppe onder die vlugtende

vyand en selfs op die klomp wit tente en die laer met

waens, met die gevolg dat terwyl die rooidag begin

deurbreek, mens en dier neergevel word. Afskuwelike

skouspel! Dooie perde en muile lê rond en bont.

Verwilderde diere ruk los van die krippe en gaan op die

vlug. Sommige hardloop reg op die aanstormende Boere

af en die gevaar was nie uitgesluit om deur hulle platgetrap

te word nie; maar wat vorentoe beur, is Boer se

kind.

25 tree van die tente! Die geskiet hou aan, by die kamp

en tussen die tente. En helaas - met eerbied haal die

skrywer sy hoed af - hier het die onvergeetlike held,

kommandant Olivier, in die deur van een van die tente,

terwyl hy 'n paar Tommies tot oorgawe wou dwing,

gesneuwel. Ja, die duurste offer het hy vir land en volk,

vir u en my gebring: sy lewe.

Dit word lig. Die vyand se geskiet bedaar. Stemme van

``We surrender'' word gehoor. Die penkopvingers op die

mausersnellers begin bedaar; die geskiet word gestaak.

'n Koor van ``Hands Up'' weergalm, met die gevolg dat

hier, daar, ja sommer oral Kakies uitborrel van agter

waens, tente en enige soort skuilplek. 10-, 25-, 100-talle

hande gaan die lug in, asof hulle om hulp na die sterre

wat pas gelede glinsterend aan die hemelruim geskitter

het, wil gryp.

Die slag is gelewer. Generaal De Wet en Boer se kind is

weer baas. En Kakie, as krygsgevangene, klaas van

Groenkop. So was dan die sononder van 24 Desember

1901 vir tientalle Kakies waarlik die laaste op aarde

gewees. Maar helaas, ook die laaste vir kommandant

Olivier, veldkornet Lourens, Hennie de Wet en ander

onvergeetlike helde. Met dié verskil en troos egter: ons

helde het geval as verdedigers van volk en vaderland, vir

u en my, terwyl die vyand as huurlinge geval het en wel

ter wille van hebsug, roofsug en goudsug.

Dood, gesneuwel ja, maar waarvoor? Was dit in verdediging

van hul vaderland wat die huurlinge gesterf het?

O nee, hoor maar wat die vyand self sê. Nee wag, op

hierdie stadium wil ek die leser liewers aanraai: gaan

besoek tog die plaat Engelse grafte op Groenkop aan die

oostelike helling en oortuig uself met die antwoord op die

grafstene met betrekking tot bostaande vrae. Baie

duidelik sal u immers daar lees: ``In sacred memory of

Capt. ... or Private ... killed in action for King and

Country. Groenkop, 25th December, 1901.'' O, die

vermetelheid, ja, Engelse mentaliteit! Dit kom nou

eenmaal nie daarop aan wat die doel en motief van die

oorlog was nie, of dit in verdediging van vaderland of

met 'n aggressiewe hebsurg en goudsug as oogmerk

gevoer is nie, dog ``for king and country'' is daar altyd

ruimte genoeg om op die grafsteen te pryk!

Kom ons laat die mentaliteit vir wat dit werd is! Ons

keer terug na die buit op Groenkop, 'n buit wat die

penkoppe en lesers hiervan, nou dat die gevaar verby is

en die geel plaat gevangenes skadeloos daar eenkant sit,

fier en trots met die hande in die sye laat staan! Tussen

300 en 400 Tommies het bokhorings gemaak (gehensop)

met 'n groot aantal dooies en gewondes, plus waens,

karre, tente en 'n menigte perde en muile. Maar bo alles is

die smet en oneer van Groenkop, naamlik om deur

Tommies beset te wees, herstel en skoon gewas. Vanaf

daardie dag staan Groenkop onwankelbaar fier en trots as

ewigdurende simbool van die Boerenasie sy

vryheidsliefde en tewens as monument van een van die

29

heldhaftigste en roemvolste oorwinnings van generaal

Christiaan de Wet en sy handjievol dapper Boerevaandeldraers.

So het die Engelse ontspannings- en piekniekfees geëindig

en staan Groenkop tewens as herinnering daar vir

Kakie om tot in die lengte van dae nie weer op eie houtjie

'n piekniek sonder toestemming van generaal De Wet te

onderneem nie!

Ag, wat 'n kontras tussen 'n Boere- en Engelse piekniek?

Maar ook hier geld die spreekwoord: waar gekap word,

val onvermydelik spaanders! Die oorwinning is behaal,

maar dit het die bloed en lewes van die dapperste onder

die dapperes geverg. Die gesneuwelde Boerehelde is dan

ook onder diepe aandoening, smart en hartseer en met

ontblote, eerbiedige hoofde deur die generaal en sy strydmakkers

aanskou. Maar die innerlike sielsoortuiging is

sodoende ook opnuut gevoed en aangespoor om hulle

edele bloed te wreek en die stryd met verdubbelde krag

en energie tot die eindoorwinning voort te sit. Ook

daardie bloed en offers vir vryheid roep die nageslagte

toe: dit is vir u en my om te onthou en voort te bou.

Die plek waar die dappere kommandant Olivier sy laaste

snik vir sy volk gegee het, is 'n bewys van sy

buitengewone strydvaardigheid en besieling as leier van

sy manskappe. Ook hier kon sy burgers voorwaar uitroep:

``Huilt gij dennen, want 'n ceder is gevallen.''

'n Tweede onvergeetlike held was veldkornet Lourens

wat met die stormloop op die vyand aan die spits van sy

manskappe die prooi van 'n aggressiewe Lee Metfordkoeël

geword het. Ook daardie edel bloed het die toorn

van sy burgers met des te meer wraak teen die vyand

verhit en laat ontbrand. Dan is daar die altydvriendelike

held en seun van oom Hennie de Wet (ek meen sy naam

was ook Hennie). Sy naam, asook die name van al die

gesneuwelde helde pryk in die geskiedrolle van die klein

en gemartelde Afrikanervolkie, waarvan hulle tipiese

voorbeelde was: ja, hulle herinnering sal eervol voortleef

tot en wanneer daar selfs geen geskiedenis van die

aggressor meer te vinde sal wees nie!

Herowerde Groenkop en

oorwinningsbuit

In die voorgaande hoofstuk het ek eerstens die taktiek van

generaal De Wet in verband met die Groenkop-geveg

meegedeel, daarna die aanvalsmetodes self beskryf,

waarop eindelik die roemryke, unieke oorwinning behaal

is as gevolg van dapperheid onder geniale leiding.

Nou gaan ek die een en ander vertel wat na die oorgawe,

of noem dit uitklophou, plaasgevind het. Onthou egter,

dis nie 'n hoorsê-verhaal nie, maar die vrug van

persoonlike deelname en ondervindings van die begin tot

die end.

30

Die oorgawe was 'n voldonge feit en die buit ontsaglik

groot. Praat nie van die kaste met bottels versterkwater

nie, die Tommies se geliefde ``White Horse.'' Die geel

plaat gevangenes (300 of 400) sit bekaf, terneergedruk en

natuurlik skaam daar gunter op 'n klomp, bewaak deur

wagte. En daar herrys die son met glinsterende en

welkome strale na 'n donkere, vir die burgers slapelose en

altyd gevaarswangere nag.

Die eerste aandag en versorging word aan die gewondes

(vriend sowel as vyand) verleen. Gelukkig was daar 'n

goedtoegeruste vyandelike ambulansafdeling ook in die

kamp. Die generaal en ander offisiere was druk besig om

reëlings aangaande vervoer, ens. te tref. Die burgers

(skrywer nou grootman en aan die voorpunt) is ewe hard

besig ... en raai waarmee? Natuurlik om te buit! En glo

my, die buit was groot; daar was te kus en te keur. Onthou

dit was 'n spesiale ontspannings- en goedvoorbereide

Kers- en piekniekfees gewees en dit moet ek Kakie ter

ere nagee: daar was feitlik van alles en ook genoeg

daarvan. Hulle voorbereidings was kortom puik en

volmaak; ja, beter kon hulle ons nie getrakteer het nie,

hoewel dit seer sekerlik oorspronklik nie vir die

onwelkome en gewoonlik onverwagte De Wet en sy

penkoppe bedoel was nie.

Wel, ons het gebuit en ruim gebruik gemaak van Engeland

se Kersfeesgeskenke en lekkernye - afkomstig direk

van ``home''. Ook maar honger (soos te begrype is), het

party van ons sommer eers die ``Xmas plum puddings''

bygedam. Ag ja, en om 'n bottel bier - om nie eers van die

``witperd'' te praat nie - die nek om te draai, was 'n kleinigheid,

met die gevolg: dit het ook nie lank geduur nie

of dit was die bier en nie meer die penkop nie wat

gespreek het. Onthou, ons was ``kanietiewaar'' nie 'n

klomp drinkers nie, maar dis Kersfeesmôre en alles

gratis, gevolglik het dit ook nie aan opmerkings ontbreek

nie; maar moenie dink ons was hoenderkop nie. Nee, ons

het net lekkerlyf gevoel! Daarom was die opmerkings

ook meer gevat as gewoonlik!

``Ou Kris, (bedoelende generaal De Wet) is tog maar 'n

ou ramkat! Kyk hoe het die ou perd weer vir Kakie

uitoorlê.''

``Ja, wraggies,'' sê 'n ander een, ``my eie ouers het my

nog nooit so 'n piekniek gegee nie!''

``Ja, ek wil nou nie beledig nie, maar ou tant Koot kan

maar met haar plumpoedings en al gaan slaap!''

``Jy praat van poedings, maar hoor hier. My twee sitters

brand vandag nog soos ou tant Koot met haar ou lang

bene en die punt van haar skoen my bygedam het oor 'n

sny growwe brood met botter en geelsuiker daarop, wat

ek skelmpies gevat het.''

``Ag, die Engelse vrouens moet tog maar gawe vrouens

wees; kyk hoe goed het hulle vir ons gesorg!''

``Ja maat, dis glo hulle wat `ladies' genoem word.''

En watertandend en met kele wat hyg na die drank,

moes Kakie maar daar sit en aanskou hoe ons tekere gaan

met en verjaar onder die goed wat ``mother, sister or

deary'' vir hulle aangestuur het. Hulle moes hulle

blykbaar maar troos met die gedagte: ook die opofferings

is ``for king and country!''

``Maggies, kêrels, hier kom die generaal aan!'' roep een

uit. Soos jy sê knipmes, staan almal penregop en een

maak die aanmerking: ``Geluk, Generaal, dit was 'n

Moses se hou onder die Kakies!'' Met 'n glimlag op die

gesig, maar bewus van die feit dat dit die penkop was,

bygestaan deur sy bondgenoot, die bottel bier, wat nou

praat, antwoord hy: ``Ja, dankie,'' dog voeg verder by:

``Die begin van die Moses se hou was taamlik goed.''

Meteens egter, en dié slag met 'n ferme en heel ander

uitdrukking op sy gelaat, beveel die generaal: ``Kap oop

die vaatjies en vernietig al die drank!'' en hy stap verder.

``Ek het nooit gedink ou Kris is so onbarmhartig nie,''

fluister iemand saggies. ``Hierdie bottel gaan ek

wegsteek, al kos dit slae! Waarvoor het ek dan so hard

geveg?''

``O,'' merk iemand op, ``dan sit jou nasionaliteit in 'n

bottel brandewyn?''

``Kyk, jy sal dit nie nog 'n maal sê nie; ek laat my nie te

na kom nie!'' en hy gooi die bottel dat die stukke spat.

Na verloop van tyd was alles gereed en gereël, onnodige

en onvervoerbare goed is vernietig en verbrand. Tot

barstens toe vol geëet en met sakke wat doer hand in die

sy staan, belaai met voorrade waarvan sigarette en

tameryntabak die mees gesogte was, word nou gereed

gemaak om te vertrek en dit alles terwyl die Kakies hulle

met ``bully beef'' en oogklappe (klinkers) moes tevrede

stel. Bo al moes hulle aanskou hoe die stroom drank

Groenkop besproei!

Aangesien Bloemfontein, Pretoria en alle groot stede

reeds in die hande van die vyande was, moes alle

krysgevangenes net ontwapen en - deur kannie anders -

eenvoudig weer losgelaat word om môre-oormôre weer

teen ons te veg. As dit nie die onvermydelike toestand

was nie, dan was die hele Britse manlike bevolking soby-my-kolie

waar opgevang! Dog in hierdie geval wou

ons generaal die Kakies bietjie straf (of miskien onbewus

'n eer aandoen?) en hulle vir hul eiegeregtigheid met

Groenkop laat voetslaan. Waarheen? Teenswoordig hoor

ons van segregasie, maar destyds was dit verpligte De

Wetsdeportasie! Bevele word gegee om die boel

gevangenes aan te ja tot in Basoetoland en hulle daar

onder die Basoeto's te los!

Meteens laat 'n penkop van hom hoor: ``En wat dan van

al die bruingeel-bekkies oor 9 of 12 maande?'' Dawerende

applous en gelag!

``O, that is also for King and Country!'' was 'n tweede

aanmerking. Weer gelag.

Maar luister nou eers na 'n ander interessante voorval. In

ons kommando was 'n sekere korporaal Mattheysen, 'n

opgeruimde kêrel, altyd vol grappe, 'n gebore humoris.

Agt man van sy korporaalskap het tydig of ontydig altyd

'n beesvel saamgeneem. Dié vel was selfs al sag van al

die hanteerwerk. (Izak was vir daardie vel banger as die

duiwel vir 'n slypsteen!) Die Kakies word aangesê om

klaar te maak, hulle word weggestuur. En wat was die

verbasing, teleurstelling asook nuuskierigheid nie

duidelik sigbaar onder die troepe nie! Wat het gebeur?

Het die ``Boers'' dan weer 'n plek vir gevangenes?

Die agt man met die beesvel staan klaar. Mattheysen

beveel die Engelse kolonel om nader te kom. Hy kom

vorentoe. Mattheysen vra aan hom: ``Weet jy waarheen

julle gestuur word?''

``No, sir,'' was sy antwoord.

``Wil jy graag weet en moet ek jou wys?'' vra Mattheysen.

``O, thank you, Sir, I would like to know.''

``Vat hom, kêrels!'' Een, twee, drie en die kolonel is kop

en pootjies binne-in die beesvel. Voor hy hom kom kry,

word hy die lug ingeskiet en holderstebolder, kop na

onder en voete na bo, doodsbleek en met verwilderde oë,

in die lug rondgrypende beland hy weer op die vel. So

word die proses herhaal (hy wou mos geweet het) en dit

terwyl die ander Tommies dit besonder geniet en kruip

soos hulle lag!

Mattheysen steek sy hand op en sê: ``Stop, kêrels!'' Die

kolonel stap af, bewende soos 'n riet. Mattheysen vra:

``Het jy nou die plek gesien of moet ek jou nog 'n slag

wys?''

``O, thank you sir, no more for me. I saw the place.''

En met hierdie grappige, Engelse beesvelkolonel-gebeurtenis

gaan ons nou van Groenkop afskeid neem. Laat

ons egter eers uitroep: Hulde aan generaal Christiaan de

Wet vir uitstaande Groenkop-taktiek, die strategie wat die

hoeksteen van die roemryke oorwinning gelê het en die

kolonel met sy oormag die knie laat buig het, selfs tot in

korporaal Mattheysen se beesvel! Hulde aan die dappere

Gideonsbende. Ons haal ook ons hoede in stille eerbied

af en sê: Hulde, hulde, ja driewerf hulde aan dié wat die

hoogste offers gegee het en waarmee die vryheidsvaandel

van die Boervolk louere ontvang en vir ewig as met 'n

juweel versier is!

Veldkornet Willie Pretorius

Hier volg nou 'n kort beskrywing van die onvergeetlike

held, Pretorius, edele seun van oom Barend en tant

Martha Pretorius, wat met die uitbreek van die oorlog in

die distrik Vredefort gewoon en as vrywilliger die mauser

opgeneem het. Niemand anders as generaal De Wet het

reeds vroeg in die oorlog die buitengewone gawes van

Willie opgemerk en raakgesien nie, as gevolg waarvan

hom 'n offisierskap as veldkornet aangebied is. So het

Willie as 19-jarige boerseun, sommer uit die veld en van

die plaas af, sonder enige militêre opleiding, as gevolg

31

van sy ingebore militêre eienskappe soos krygslis,

taktiek, uitoorlêplanne en buitengewone dapperheid, sy

naam verewig en louere aan die Boerevaandel gevoeg. As

hy geleef het, sou hy sonder twyfel die welverdiende rang

van generaal verwerf het.

Almal wat die tingerige, skraal, altyd-opgeruimde en

vriendelike Willie geken het, het instinkmatig besef dat,

hoewel jonk, lig en klein, hy tog sy gewig dubbel in goud

werd was. Dit was 'n erkende feit - ja, 'n

spreekwoordelike gesegde: daar is 'n man één teen

twintig. Met ander woorde, Willie kan en sal altyd sy

man staan teen 20 Kakies. Die volgende gebeurtenis

bewys dit onweerlegbaar en onthou: dit is maar een uit

baie gevalle.

Tydens die besoek aan kommando's deur generaal De

Wet is van veldkornet Pretorius se dienste as rapportryer

gebruik gemaak. Om reg aan sy eer te laat geskied, moet

ek eers verduidelik: Willie was in die oog van die

generaal een van die uitgesoekte en vertroubaarste

rapportryers. 'n Rapportryer moes baie deugde besit, wat

onder andere insluit: getrouheid, verstand, dapperheid,

taktiek en vindingrykheid om daar waar dit so dikwels op

die gevaarlikste moment broodnodig is, dadelik en doeltreffend

te kan handel. Hoe dikwels hang die wel of wee,

die nederlaag of oorwinning, of die dood of

gevangeneming van vegtende burgers nie van hom af nie!

Onbewus van gevare wat dreig, sy dit deur

onopgemerkte, naderende versterkings van die vyand of

die gedwonge prysgee van 'n onmoontlike stelling deur

een of ander flank, rus die burger se lot in die hand van

die rapportryer. Onder dergelike omstandighede word die

dienste van 'n vertroubare, flinke en veral dappere rapportganger,

wat dikwels sy lewe moet waag, deur die bevelvoerende

offisier vereis. En daarvoor was Willie in die

wieg gelê en generaal De Wet het by uitstek dit alles in

die penkop-veldkornet raakgesien. Vandaar dat Willie

feitlik altyd by was.

Maar om tot die besondere gebeurtenis terug te keer: dit

was in verband met die reëling van die roemryke

Rooiwal-geveg, waaraan Engeland vandag nog herkou!

Terwyl die gewone man lekker lê en slaap het, het die

generaal by Rooiwal slapelose nagte van bepeinsing en

beplanning deurgebring. Dié wat ons generaal geken het,

het onwillekeurig opgemerk dat daar weer iets groots aan

die broei was. Dit was by dié geleentheid dat Willie 'n

uiters belangrike rapport na 'n sekere kommando moes

neem. Hy moes oor die spoorlyn, wat 'n baie moeilik en

gevaarlike taak was. Die afspraak was om ons weer

bokant Kopjes (nou 'n dorp; destyds 'n stasie) aan die

Rhenosterrivier te ontmoet.

Willie het die rapport na sy bestemming gebring en met

'n antwoord teruggekom. Sover was daar, volgens sy

mening, geen kordaatstuk nie. Maar Willie was op die

uitkyk na iets beters, iets meer avontuurliks; ja, iets wat

as gewaag en edel bestempel kon word. Nou wat het dan

32

gebeur? Ons sal maar Willie straks self laat verslag gee.

Terwyl die generaal en ons op die wal van die Rhenosterrivier

afgesaal, op Willie gewag het en besig was met

iets vir die maag, sy dit in die vorm van 'n braairibbetjie,

askoek, maagbom of soos party kêrels dit genoem het

``potperd'' te maak, merk iemand op dat daar iets aankom,

wat na perderuiters lyk. Generaal neem dadelik sy verkyker,

kyk en sê: ``Dit is Kakies en iets vir die mausers!''

Die kêrels kyk almal (ek meen ons was vyf man saam

met ons generaal). Weer praat die generaal: ``Ja, dit is

Kakies en hulle is drie stuks.''

Elkeen van ons se oë is in eerste instansie op sy geweer.

Dit staan altyd klaar en gereed vir die ergste. Spannende

en strydlustige oomblikke volg nou, met vingers wat jeuk

na die geweersnellers.

Tussen hulle en ons is 'n diep leegte waar hulle nou

wegraak uit die gesig. Die pad peil reguit in ons rigting

en ongeveer 250 tree voor ons sal hulle (miskien vir die

laaste keer op aarde) weer hulle verskyning maak. Ons

perde is intussen versorg en weggesteek.

``Nou, kêrels, neem posisie in; lê plat en wees gereed;

ek sal hulle tot op 30 tree laat kom, dan sal ek `hensop'

skree. Gee hulle oor, goed! Maar as hulle wil wegjaag of

verdedig, wees dan klaar en trek hulle plat!

Plat op die maag soos 'n pannekoek neem ons stelling in

en onwillekeurig word met die elmboog 'n gaatjie in die

grond geboor, want vastrap en stewig lê is nodig om 'n

kolskoot op Kakie se bors te kan aanteken. ``As hulle

weet wat ek weet, sal hulle sommer met hande en voete

hensop,'' merk een penkop op.

``Stil, man. Ek wens hulle wil omruk en vlug, anders

was al ons reglê en moeite verniet,'' sê 'n ander een.

``Stilte!'' klink die bevel. Tjoepstil en met oë op die

bultjie gerig, lê ons roerloos die oomblikke en afwag.

Nog drie of vier minute en sowaar: daar begin die

helmhoede uit te steek. Een ry ongeveer 20 tree agter die

ander twee. Nog 100 tree. Die generaal word ernstig en

sê: ``Sit neer julle geweers, dis my penkop Willie, wat

twee kaffertroepe aanjaag!''

En o, wat 'n teleurstelling om te dink al die reglêery en

avontuurlike vooruitsigte was tevergeefs! Willie het,

volgens afspraak geweet waar om ons te kry. Soos

gewoonlik was hy kalm en bedaard. Maar kaffer se kind

skrik hom nou vir die tweede keer boeglam! Hulle het

immers 'n kwellende gewete oor die lot en vonnis wat

hulle voor die deur staan. Die gedagte: gevang deur een

jong boerseun, was duidelik op hul bakkies te lees. Terloops,

die twee kaffers was in kakie-uniforms geklee en

met Lee Metfordgeweers bewapen. By elkeen is 'n pas

gevind waarop geskryf en deur die bevelvoerende

Engelse offisier te Kopjes onderteken was. Die inhoud

was kortliks: ``Out on intelligence service.'' Daarvoor het

hulle nog dieselfde middag met hul lewes betaal.

Willie was swaar van spraak en het baie gehakkel. ``G ..

. Goeie mid ... dag, Ge ... Generaal. M ... middag, m ..

. ,aats,'' roep hy ons toe.

Minder verlangende om van Willie se prestasie te verneem,

maar geïnteresseer in die rapport, vra die generaal

dadelik: ``En wat het van die rapport geword,

Veldkornet?''

Willie: ``Die ra ... rapport h ... het e ... e ... ek afge ..

. lewer, en h ... hier is ... die ant ... woord, Ge ..

. Generaal,'' en hy oorhandig die antwoord.

Die generaal lees die rapport. Ons staan almal doodstil,

behalwe een wat saggies 'n opmerking maak: ``Maar hoe

lyk dit dan of die hoenders daardie ou met die paar

brekfislippe se kos afgeneem het?''

Generaal vou die rapport op, steek dit in sy sak terwyl

hy met die gewone glimlag sy kop effe knik as bewys van

volle tevredenheid met die inhoud: ``Nou ja, Veldkornet,

vertel ons nou. Nee, wag eers: dankie vir die aflewering

van my rapport en die antwoord daarop. Dit beteken meer

as die vangs van 3 000 swartnerwe. Vertel ons nou van

jou twee makgemaakte kaffers.''

Willie, baie kortaf en sonder die minste gebaar: ``Omtrent

sewe myl van hier het ek op drie Kakies en twee

kaffertroepe afgekom. Ek was klaar en knyp los, maar dit

was mis. Hulle ruk om en steek spore in. Daarop

agtervolg ek hulle, maar die drie Kakies het ontsnap. So

in die jaag het ek op die kaffers geskiet. Hulle was al ver

agter; hulle skrik en gooi die geweers weg, spring af en

hensop.''

``Maar hoe het jy dit reggekry om die vyf op loop te ja

en twee te vang?'' vra die generaal.

``Ek het hulle omsingel, Generaal.''

``Ka-ka-ka,'' bars Generaal en ons almal uit van die lag.

Daarop neem generaal sy hand en komplimenteer hom

met die uitstaande prestasie.

``Dis kl ... einig ... heid, Gen ... ne ... raal,'' was sy

beskeie antwoord.

``O,'' merk iemand op, ``dit is 'n kleinigheid om twee

lewendige lyke te vang!''

``Ja,'' sê 'n ander, ``deur jou neukery is ons potperd nou

seker al houtskool verbrand.''

``Ja,'' sê 'n derde een, ``maar die twee swart hingste sal

met hul lewens daarvoor moet boet.''

Dit is maar een uit talle van sy heldedade. Hiermee sluit

ek sy geskiedenis af en wil net vra aan almal wat hom

nog geken het: ``Was ek reg of verkeerd om Willie

Pretorius 'n held te noem?''

En tog is die waardevolle lewe van Willie ook in die

oorlog deur 'n aggressiewe en goudsugtige Lee Metfordkoeël

afgemaak; in die bloei van sy lewe afgemaai. Met

reg kan ons ook vandag van hom sê: ``Huilt gij dennen,

want 'n ceder is gevallen.'' Sy stoflike omhulsel rus tans,

maar sy roemryke dade, sy gees, die krag en inspirasie

wat van hom uitgegaan het, leef en werk aansteeklik,

selfs na die omhulsel ongeveer 50 jaar in die bodem van

sy geliefde ou Vrystaat rus. Dit is of ons sy gees nog aan

ons hoor sê:

``Hoe moed en veg en word nie bang,

Die dag is glad nie meer sover!

Dit is wel nag, maar tog eerlang

Rys weer die vryheids-morester.''

So is die fondament en hoeksteen van die volksgebou

stewig en onwankelbaar gelê in die persoon van die

onvergeetlike veldkornet Willie Pretorius. 'n Dankbare

nageslag wat rus op daardie hoeksteen, roep Willie

vandag toe:

``Willie, dappere held, ons sal gedenk,

Ons moet, ons sal, ons wil onthou!

As nageslag sal ons nooit swenk,

Maar koershou aan ons volk getrou!''

Kommandant (Senator) C.A. van

Niekerk

Watter Afrikaner, sy dit oud of jonk, voel nie trots wanneer

hy die naam van (om die mooi Boereterm te

gebruik) oom Chris van Niekerk, tans Senator en

President van die Senaat, hoor noem nie. Ja, watter

veteraan van 1899-1902 en Oudstryder onthou nie die

betreklike jong penkop-boerekommandant C.A. van

Niekerk nie en voel nie net by die aanhoor van die naam

sommer geesdriftig en weer strydlustig nie? En watter

van sy destydse vyande, wat onder sy mauseropstoppers

deurgeloop het, sidder en beef nie, ja, voel nie om

sommer weer voet in die wind te slaan wanneer hy die

naam van kommandant Van Niekerk lees of hoor nie? O,

watter kontras! Die een voel om te storm, terwyl die

ander voel om - nie volgens plan nie, maar sonder plan -

terug te val!

Luister wat ek persoonlik uit generaal De Wet se mond

in verband met kommandant Van Niekerk (as regterhand

van die generaal) gehoor het: ``Jy kan kommandant

Krisjan van Niekerk as gevolg van sy dapperheid, ferme

en besliste optrede selfs in nood en dood volg, ja, volg tot

binne-in die matjiesgoed-waterkuil, met Kakies rondom

die kuil!''

Ek sal 'n baie groot fout begaan en onreg laat geskied as

ek die unieke heldedaad van ons gevierde stryder en

staatmaker, kommandant Van Niekerk, nie onder die oog

van die leser bring nie. Ja, dis een uit baie heldedade wat

'n ereplek in die geskiedrolle van die Boervolk moet kry

en met goue letters daarin gegraveer behoort te word.

By 'n sekere geleentheid is kommandant Van Niekerk

deur 'n aantal Kakies agtervolg en feitlik vasgekeer. Dit

kon sy dood of gevangeneming veroorsaak het. Maar wie

sê so? Die planryke kommandant het anders gedink. Die

gedagte aan Indië, Ceylon of St. Helena was meer as wat

die penkop-kommandant kon verdra. Selfs die gedagte

33

aan die beëindiging van sy dienste aan land en volk was

dodelik vir hom en vandaar die plan om die groot

matjiesgoed-waterkuil die voorkeur te gee en as enigste

vesting te annekseer! So het hy op eie houtjies, sonder

toestemming van die eienaars, naamlik die visse en

skilpaaie, aggressie gepleeg en sy lyf tydelik vis-skilpadmens

gehou! En aangesien daar nie tyd was nie,

pardoems met skoene, klere en al binne in die water

gespring.

Kakie se kind was dan ook weldra op die toneel. Soos

die skilpad sy kop terugtrek, so trek ook die ongevraagde

bondgenoot, penkop-kommandant, sy kop terug onder die

water in tot eindelik net sy neus (gelukkig het oom Chris

'n mooi klein neusie) bokant die water uitsteek, en ten

dele nog deur matjiesgoed bedek ook. Die gevolg was dat

Kakie in die water begin soek, en nog meer: skiet en

steek met bajonette in die water rond! Dog vrugteloos!

Wat stil lê, is Boer se kind. Dit word naderhand laat en

Kakie word waarskynlik haastig. Blykbaar het hy ook

gedink hy is raak- en moontlik doodgeskiet en die

waterkuil word verlaat. Die visse, skilpaaie, die penkop

en moontlik ook waterslange het as oorwinnaars

getriomfeer en die ``fort'' behou.

Na enige tyd en deur 'n bytende koue genoodsaak, lig

die held uiters versigtig en onder doodse stilte sy kop

ooghoogte bo die water uit ... loer en luister! Hy was gou

oortuig van sy veiligheid en seker dat Kakie selfs te

onnosel was om enige spioene agter te laat om hom,

sodra hy sy geannekseerde fort wou verlaat, te vang of

dood te skiet. So 'n lokval sou, as die vernuf of taktiek by

Kakie nie ontbreek het nie, noodlottig vir die vismens

kon gewees het! Hy klim toe styf en half verkluim van

koue uit sy tydelike en haglike verblyfplek om weer mens

te word! Sy ou lyf ruk hy reg en baan sy weg na 'n

veiliger bestemming, blykbaar sonder ondersoek of

navraag oor hoeveel van sy bondgenote (die visse en

skilpaaie) tydens die geweer- en bajonetgeveg verwond

of gesneuwel is!

Voorwaar, dit was een van die roemrykste heldedade

tydens die oorlog van 1899-1902. Dit was 'n prestasie

waarop oom Chris hom self met trots op die skouer kon

klop en sê: ``Kakie is laat, my klere is nat, maar `the sons

of England' se twak is papnat!'' En dan antwoord die

Boervolk luidkeels met trotste dankbaarheid: ``Brawo,

oom Chris! Dit was eenvoudig ver bokant die

vuurmaakplek van die destydse vyand om u, die

Boerepenkop-kommandant Christiaan van Niekerk,

destydse regterhand van generaal Christaan de Wet, te

oorrompel of te vang. Selfs tot vandag toe is u nog nie

gevang of vir die Afrikanersaak vervreemd nie, maar die

hoë betrekking as President van die Senaat beklee u met

eer en waardigheid met die oog gerig op die een ideaal: 'n

Verenigde Republiek van Suid-Afrika!''

Ook ons oudstrydmakkers en die jong geslag roep u toe:

``Brawo, oom Chris, brawo! Senator-kommandant C.A.

34

van Niekerk gaan voort - u nasie volg!''

Die Leeuwspruit-blokhuis en

Berrie Richter

Dit was tydens die besoek aan 'n ander kommandement

waar generaal De Wet se teenwoordigheid in verband

met sekere krygsverrigtinge dringend noodsaaklik was,

dat die generaal, vergesel van 16 jong penkoppe en

natuurlik weer met Berrie Richter - die humoris en

dapperheid vanself - aan die voorpunt die uiters

gewaagde en gevaarlike reis aanvaar het. Gevaarlik was

dit as gevolg van die groot garnisoene van die vyand wat

by Kopjes en Vredefortweg gestasioneer was, asook

weens die groot klipblokhuise met skietgate van 3 duim

by 6 duim op die spoorlyn. Die leser sal dus dadelik die

gevaar van die onderneming besef.

Na wik en weeg het die generaal besluit om - kom wat

wil - die spoorlyn tussen Kopjes en Vredefortweg by

Leeuwspruit oor te steek. ``Buig of bars, ek moet oor die

spoor,'' het die generaal gesê.

``Goed, Generaal, ons gaan Kakie vaspen en verder sal

hy vannag sy ouma vir 'n eendvoël aansien,'' was Berrie

se opmerking.

``Ja, en onthou ons is sonder sigarette,'' sê 'n ander

penkop.

So gesê, so gedaan. Dis agtuur en pikdonker. Generaal

gee bevel: ``Opsaal, kêrels!''

Nou voorwaarts met Berrie en nog een aan die voorpunt,

gevolg deur die generaal en ander veertien, reguit

na die spoorlyn. 'n Doodse stilte heers in die sombere,

donker nag. Niemand mag praat, rook of vuurhoutjies

trek nie. Net die sagte klank van perdepote is hoorbaar

oor die sandbult: gelukkig nie rantjiesveld nie, want die

generaal het reeds daaraan gedink om klipagtige veld te

vermy. Onveranderd word die pas voortgesit. Ja, selfs dit

het gelyk of die natuur, waar alles in die duisternis gehul

was, die generaal en sy sestien penkoppe goedgesind was

en blykbaar onder beskerming geneem het.

Dis reeds ongeveer halftwaalf en nou was ons na aan die

spoor - sê 1 000 tree - maar steeds beweeg dit voorwaarts.

500 tree, 150 tree, 100 tree van die spoor en wat is daar?

Almal merk dit op: 'n dodelik, reuse-blokhuis. Steeds

onder doodse stilte voorwaarts. Elke oomblik kan ons

nou die spoorlyn bereik wat moontlik dood en verderf vir

ons kan beteken.

Wag, luister! Ja, voorwaar, dit is die duidelike getril en

gesuis van die telegraafpale 20 tree van die lyn, maar nog

donker en stil. Onwillekeurig word die menslike gemoed

geprikkel met die gedagte: 100 tree van die blokhuis vol

Kakies! Kan nie moontlik hierdie nag se stilte vir een of

ander die ewige, nagtelike stilte beteken nie? Ja, waarlik,

hier is ons vas teen die spoorwegomheining, bestaande

uit ses buitengewoon dik drade.

En nou? Wag, moenie skrik nie. Alles is vooraf deur die

generaal (wat weet wat hy wil) deeglik gereël. In 'n kits is

twee van die penkoppe met forse en gespierde arms op

die grond met hul groot draadknippers en sonder om te

praat, hoor jy net: klip - klip - klip ... en ons is oor die

treinspoor, maar weer teen die ander draadheining vas.

Dieselfde proses volg. Een, twee, drie en daar trek ons

die bult uit en tot ons verwondering sonder dat een enkel

skoot geskiet is en dit nieteenstaande die omheinings wat

aan weerskante van die spoor met ``corned beef''-, melk-

en allerhande soorte blikke as seine en geraasmakende

alarmklokke behang was.

Terloops, die geraas van die blikke was dan ook die

enigste wat die stilte van die nag in 'n woeste geraas

verander het. Elkeen van ons het gevolglik die sjiepssjieps

van Lee Metford-koeëls na die blikalarms om ons

ore verwag. En wonderlik, die sjieps van patroonbye is

meedoënloos en uiters onverskillig: ja, of jou arm, been,

brein of hart in sy pad is, skeel hom bloedweinig. Sy doel

is dood of verwonding. Maar geen enkele geweerknal is

gehoor nie.

Die leser sal dadelik wil weet: wat was die rede en

waarom het die Engelse nie geskiet of verdedig nie? Of

het hulle miskien geslaap en nie die blikalarms en

perdepote oor die spoor gehoor nie? Of was die motief

jammerte en mensliewendheid teenoor 'n klompie Boere?

Die antwoord is beslis: nee, hulle het nie geslaap, of dit

was nie 'n daad van mensliewendheid nie, getuie hiervan

die feit - waarom hulle 'n klompie Boere (die stam) sou

spaar, terwyl duisende vroue (die penwortel) en onskuldige

wiegies (die takke, vleis en bloed van dieselfde

ras) en dit op las of onder goedkeuring van

Downingstraat 10 by talle in die moordkampe moes ly,

wegkwyn en sterf! G'n genade is êrens of aan iemand

betoon onder die leuse ``we must win the war'' nie.

Daarom sê ek beslis nee, en selfs die konsentrasiekampvrou

en -kind wat die geluk gehad het om die

moordkampe te oorleef (en ook mej. Emily Hobhouse)

sal wat mensliewendheid betref, my bewering honderd

persent onderskryf.

Nou wat op aarde was dan die oorsaak? Bedwing jou en

moenie lag nie, want op hierdie stadium gaan ek die

heilige Engelse oorlogsevangelie en -taktiek kaalkop

verkondig en so saggies tussen ons nooiens verklap!

Hierdie, sowel as ander ontmoetings, het die skrywer en

andere Oudstryders (so help my bob!) tot die oortuiging

gebring dat Kakie se kind geglo en tot die ontdekking

gekom het (tensy hulle minstens tien teen een is): moenie

skiet nie; sit stil; maak of julle niks hoor of sien nie.

``Want,'' sê hy vir sy maat. ``Pat, always remember: it

takes two to put up a fight!'' ``Onthou, as ons skiet, dan is

die reaksie van die mausers dodelik; hou dus jou ou lyf

los, dan bly jou flenters heel!''

Nou ja, dit was die rede waarom daar blykbaar nie

geskiet is nie. Dog later in die nag (ek kom straks daarby)

het veertien van die penkoppe die blokhuisbewoners van

hul Engelse evangelie laat afsien en gedwing om die Lee

Metfords te gebruik, die doodse stilte te verbreek en die

aaklige swart nag deur vuurspuwende geweerlope te

verlig.

Die wens en vasberade wil van generaal De Wet het met

die deurtog triomfantlik geslaag en 250 000 Britse

soldate was nie by magte nie of liewers: het dit veiliger

geag om die generaal en sy ses penkoppe 'n deurtog te

verleen. Maar Kakie se vriendelike bangheid het hulle

duur te staan gekom! Met ander woorde, dit het die

generaal die geleentheid verskaf om sy toekomstige

krygsplanne te gaan reël. Die gevolg was dan ook dat die

Engelse binne enige tyd na die oortog oor die spoor

bitterlik op hul tabernakel gespeel is met die Roodewalslag.

As gevolg daarvan moes weer talle ysterkruisies

opgerig word met die opskrif: ``killed in action for King

and Country!''

Nou ja, ongeveer 500 tree die bult uit sê iemand:

``Generaal!''

``Stilte!'' sê generaal daarop.

Nog 500 tree verder. ``Stop!'' beveel die generaal en laat

dadelik volg: ``Ja, en wat wou jy netnou gesê het,

Berrie?''

Hier volg die humoris, Berrie, (wat brei as hy praat) se

versoek: ``Generraal ons rrookgoedjies is so te sê klaarr

en ons verrstaan daar is baie in die blokhuis. Vergun ons

asseblief om dit te gaan haal, die Kakies kan maarr weerr

ander krry.''

``Ja, asseblief tog, Generaal,'' volg die instemmende

versoek van die ander kêrels.

Die generaal besef die gevaar van so 'n waaghalsige

onderneming, dog blykbaar ook gedagtig aan sy eie

menigvuldige en waaghalsige dade soos Sannaspos,

Sprinkaannek en andere, rig hy hom op, trek sy breë

skouers reg en daar staan die ou stryder op die grond (ons

was almal op die grond) met die uitdrukking van 'n

inspirerende gees en sê: ``Ja, gaan!''

Soos jy sê mes was al sestien penne in die saal. ``Wag

eers,'' beveel die generaal. ``Luister, dis nie nodig dat

almal gaan nie. Agt is genoeg om hulle te gaan kafloop.''

En was dit nie vir die donker nie, dan sou die gewone

glimlag op die generaal se gesig te sien gewees het.

``Maar goed, twaalf kan gaan en vier bly hier by my,

anders word ek dalk bang vir spoke!''

Maar, en hier is nou 'n ander moeilikheid: wie sal gaan

en wie moet bly? Almal sit reeds in die saal en wil gaan.

Die gedagte aan die sigarette is onweerstaanbaar. Die

sakie is egter gou-gou gereël en toe laat penkop Berrie

weer sy stem hoor: ``Kom kêrrels, kom!''

Die generaal sê: ``Wag eers en luister! Wees versigtig,

ry stadig en maak geen lawaai nie totdat julle opgemerk

en daar miskien op julle geskiet word. Antwoord nou met

'n sarsie op hulle en dan storm julle die blokhuis met alle

35

geweld. Nou ja, alle sukses!''

``Goed, Generaal. Kom, kêrels!'' En daar gaan Berrie

Hans Meyer (later kommandant Meyer), Krisjan Coetzer,

Bert Nussey (later kolonel) die skrywer en andere. Nou

na die blokhuis waar sigarette wag, maar onthou: ook

blouboontjies kan verwag word. Ons ry twee ... drie tree

uitmekaar in gelid en onder doodse stilte voorwaarts, met

die oog op, of liewers in die rigting van die blokhuis (of

sal ek sê: ons dood) gerig.

Ongeveer 150 tree van die blokhuis. Nog 100 tree en ja,

waarlik, die reus van 'n monster begin hom aan ons

verraai. Nog ongeveer 25 tree en ja, meteens hoor ons net

die een woord ``fire!'' gevolg deur vuurspuwende tonge

deur die blokhuis se skietgate asook die stilteverbrekende

gekletter van die vyftien Tommies se Lee Metfords met

die sjiep-sjiep soos van bye om jou ore. Maar wie sê so,

dadelik word die brutale uitdaging deur twaalf mausers

aanvaar.

``Storm, kêrels!'' weerklink die stem van Berrie. Een,

twee, drie en ons is vas teen die blokhuis ('n klipgebou).

En nou? Ons is veilig buite teen die klipgebou en Kakie

is nog veiliger binne-in. Nou toe nou, wat nou

aangevang?

``Surrender!'' skree ons.

``Go to he..., we wont surrender!'' kom die antwoord

van binne.

Daar staan ons, radeloos. Nee wag, tog nie radeloos nie.

Per geluk kry een van die twaalf 'n stuk yster, ek meen dit

was 'n stuk wa-as, in die hande en daar en dan was die

plan instinkmatig by Boer se kind gereed. ``Surrender!''

skree hy en begin te stamp aan die muur. ``We wont

surrender!'' kom die antwoord vir die tweede keer.

'n Ander een skree weer, terwyl die gestamp aanhou

teen die muur: ``Alright, we'll try a load of dinamite.''

En die gevolg? Kakie het geglo en geskrik, ja, vir koue

pampoen geskrik, want ons het geen dinamiet gehad nie.

Maar hulle het dit - ongelukkig vir hulle, dog gelukkig vir

ons - nie geweet nie.

Toe hoor ons skree: ``Please wait and we'll surrender.''

Daarop sê penkop Berrie: ``Don't delay, come out

quickly.''

Ons hoor 'n geraas aan die groot staaldeur. Ja, by-mykolie-waar,

die deur gaan oop en daar peul hulle drie-drie

tegelyk uit, met die een hand in die lug as teken dat hy

hensop, en met die ander bied hy die geweer aan. Maat

Berrie was soos gewoonlik voor en sê aan Tommie: ``D .

.. the rifle, give me a cigarette.''

Verbyster en verbouereer sê Kakie: ``Oh, here you are.''

Die slag is al weer gelewer. Vyftien kakies met blokhuis

en alles daarin behoort aan die twaalf penkoppe. Die

sestiende een wat op die spoorlyn aan diens was, het ons

halfpad tussen die spoorlyn en blokhuis stewels in die lug

en so dood soos 'n mossie gekry. Hy het blykbaar na die

blokhuis laat nael, maar is toevallig deur 'n mauserblouboontjie

neergetrek. Een van die vyftien het 'n ligte sny

36

deur die wang opgedoen.

Terwyl die vyftien nou deur drie penkoppe opgepas

word, het die ander nege aan die buit gespring. Nommer

een was natuurlik sigarette, tamaryntabak en al wat

lekker is vir die inwendige mens. Maar, boetjie, daardie

oomblik wens jy uit jou hart dat jy 'n pakperd kan

fabriseer! Nommer twee is sorg vir ammunisie. Maar

altyd eers sigarette en daarna ammunisie! Nommer drie is

geweers stukkend slaan, en eindelik die blokhuis met alles

daarin aan die brand steek. Glo my, dit het die donker

nag heerlik en tot vermaak van die penkoppe verlig.

Kop in die lug en hoed agteroor, spoggerig en groots op

ons prestasie, met die vyftien Tommies langs ons

marsjerende, agtervolg deur een streep sigaretrook,

aanvaar ons nou triomferende die terugreis na ons

geliefde leier. Onderweg begin ons sing: ``For we are

jolly good fellow.'' (Hulle sê mos jakkals prys sy eie stert,

of hoe?)

Die Tommies was doodverwonderd oor ons joviale en

kameraadskaplike houding jeens hulle. Aan hulle is mos

in Engels vertel: ``Julle gaan nie oorlog maak nie, dis

maar net 'n avontuurlike uitstappie en jag op 'n klompie

wilde Boere!'' Nou het hulle natuurlik die infame leuen

ontdek en blykbaar tot die oortuiging geraak dat hulle

mislei en belieg was, ja, hoe hulle ter wille van die

imperiale goudsug vet om die oë gesmeer was. In stede

van wilde barbare het hulle fatsoenlike, eerbare en in baie

opsigte beter geleerde mense as hul self in Suid-Afrika

ontmoet - mense wat hulle eie taal (Engels) soms beter

ken en met 'n mooier aksent praat as wat hulle dit self ken

of kan doen.

Nadat ons die eerste versie klaar gesing het, was Kakie

se kind klaar en sing uit volle bors: ``For they are jolly

good fighters!''

Onderweg vra een penkop: ``En wat nou van die ou

lunsriem wat daar langs die spoor lepel in die dak gesteek

het?''

``Aag man,'' antwoord 'n ander penkop, ``as die Tommies

hom nie begrawe nie, dan sal die aasvoëls dit doen.''

``Dink jy die Vrystaat se aasvoëls sal hulle so verkleineer?''

was 'n vinnige ander aanmerking.

Voordat verdere, noem dit ``humoristiese'' oorlogsaanmerkings

- wat in vredestyd blykbaar as onwelvoeglike

taal beskou sou word - die spraaklustigheid

na ure van swye en stilte gaande kon maak, was ons met

Tommies, buit en al by die generaal. Ag, wat 'n fiere,

hoogmoedige houding en trotse gevoel het nie na die

punte van ons hare verrys nie toe die elf penkoppe hulle

leier hoor sê: ``My penkoppe en almal toekomstige

generaals!'' Ja, watter sielkundige en inspirerende paar

woorde! So inspirerend dat die elf gevoel het om ook die

groot Engelse mag by Vredefortweg te kan gaan kafloop.

Ek praat van elf, nou ja, ek kom later terug na die

twaalfde penkop.

``Generaal, hier is die Kakies: vyftien in getal, waarvan

een lig gewond is.''

``Die wond is 'n merk wat hy na Engeland as aandenking

van die Leeuspruit-episode kan terugneem.''

``Maar onder voorwaarde: hy moet toesien dat hy nie

weer onder ons penkoppe verval nie, want ons waarborg

dan glad nie sy veiligheid en dat sy stertriem nie by 'n

volgende ontmoeting gaan klap nie!''

``Ja, Generaal, een is lig gesneuwel!''

Wakker soos sy oog maar by elke geleentheid was, merk

die generaal dadelik op en vra: ``Waar is Hans Meyer?''

Almal skrik en die verstaanbare vreugde wyk en maak

plek vir neerslagtigheid. Honderd-en-een gedagtes vlieg

dadelik deur elkeen se kop. Hans Meyer, een van die

twaalf wat die aanslag op die blokhuis gaan maak het,

makeer.

``Dadelik terug en julle bring hom, miskien swaar gewond

- of selfs sy lyk, maar julle bring hom,'' was ons

generaal se bevel.

En nou terug na die onheilsplek. Ag, het die feesvierende

fort van 'n halfuur gelede moontlik nou in 'n

treurtoneel verander? O, wat 'n menigte folterende

gedagtes deurflits nie die hart nie. Sal dit ons droewige

ontdekking en lot wees om op maat Hans Meyer, swaar

gewond, kreunende onder pyn en smart, op wie se gelaat

moontlik die doodstekens sigbaar vertoon, te moet

afkom? Of nog erger: Sal ons moontlik die lyk van die

gevalle held moet ontdek? Is hy moontlik die ewige stilte

en donkere nag ingeslinger, het hy, so in die fleur van sy

lewe reeds ook die duurste prys op die vryheidsaltaar

geoffer? O, en dit, ja dit deur 'n onregverdige,

gouddorstige en ver ... de imperialistiese, aggressiewe

Engelse koeël afgemaai?

Vir die tweede keer die nag weer na die blokhuis! Maar

hoe gans anders as die eerste keer. Die eerste maal was

ons sonder vrees, hoewel die fort vol gewapende

Tommies was. Die tweede keer met vreesbevange harte,

ten spyte van die feit dat daar geen vyand was nie!

Waarom dan so? Die vrees was die vrug van die

hartdeurborende gedagte: ons gaan op die lyk van 'n

geliefde maat en held afkom, een van wie met reg gesê

kan word: Honderdmaal sestien Tommies, of liewers die

hele Britse mag is nie 'n halwe Hans Meyer werd nie!

Eindelik is ons op die onheilstoneel, nog gedurig deur

die kwellende gedagte gemartel: ``Ek sal hom sien lê,

moontlik nog met 'n glimlag op sy gesig as bewys van sy

onverskrokke manmoedigheid ('n alombekende teken

van: so sterf 'n held!)'' Die soektog duur voort, maar niks

word gehoor of gesien wat enigsins tog 'n sug van

verligting verskaf nie. Kruis en dwars word alles

noukeurig ondersoek, maar geen teken van Meyer word

gesien of gevind nie.

Wag, stilte - laat ons roep. Miskien kom daar antwoord.

Of selfs mag 'n geskree of gekerm veroorsaak deur pyn en

smart nog hoorbaar wees. Maar alles tevergeefs.

Wat nou aangevang? Generaal se bevel was: ``dood of

lewendig, maar julle bring hom.'' Die rooidag begin

deurbreek en by Vredefortweg is 'n groot vyandelike

garnisoen! Daartoe genoodsaak moes ons dus eindelik

half wanhopig en half met 'n soort selfingeboesemde

hoop die terugtog aanvaar, maar onder heel ander

omstandighede! Feitlik spraakloos en bedruk keer ons

terug, gedurig met die gedagte: Ag, waar is ons maat,

waar is die ster, Hans Meyer?

Wie sal verslag doen van die vrugtelose soektog aan

generaal De Wet? Eenparig word besluit dat penkop

Berrie die tragiese tyding sal oordra. Met ons aankoms

vra die generaal dadelik: ``En waar is Hans Meyer?''

``Generraal, ons het alles deurrrgesnuffel, maar ons krry

hom glad nie, ook nie sy perrd nie. Maarr ek dink hy het

Vredefortweg sommerr alleen gaan storm en die Kakies

laat rritirreerr!'' So het die humoris, Berrie, se verslag

gelui.

``Wel, Hans Meyer is groot en talentvol genoeg om na

hom self te kyk,'' was ons generaal se slotwoord.

Dadelik word streng bevele aan die vyftien Tommies

gegee om nie voor sonop die plek te verlaat nie.

Dagbreek het reeds goed gevorder en die voëltjies begin

met vlerkgeklap en vrolike gefluit die lig aankondig.

Daarop vertrek ons in suidelike rigting.

Skaars dertig tree weg en een van die kêrels kom vorentoe

en sê: ``Generaal, maar ons ry mos nou totaal

verkeerd. Geelbeksvlei, die plaas van oom Flip Coetzer,

lê mos in daardie rigting,'' met sy hand noord wysende.

``Hoe laat is dit?'' vra ons generaal hom.

``Vyfuur,'' was sy antwoord.

Generaal haal sy horlosie uit en sê: ``Ja, jou tiektoktiektak

is reg, maar jou taktiek-taktiek moet nog verbeter!

Binne twee of drie uur sal die vyftien Kakies volledig op

Vredefortweg rapporteer en ook ons ingeslane koers

beduie, waarop 'n perdekommando ons sal agtervolg en

probeer inhaal. Maar ek gun hulle om hulle sitvlakke

blink soos bobbejane s'n in suidelike rigting te ry ... op

soek na ons!''

Ons is die bult oor en uit die gesig van die vyftien

kakies. Meteens swaai generaal en nou al met die vlei op

reg noord na Geelbeksvlei. Ongehinderd word die reis

voortgesit, natuurlik taamlik moeg en met 'n maag wat

om wraak roep! Dit is reeds tussen agt- en nege-uur en

praat nie hoedat Klaasvaak (nadat ons ongeveer reeds

dertig uur sonder slaap was) sy angel om die ooglede

begin indryf nie! Met dié uitsondering egter: dit ontbreek

nie aan sigarette en tamaryntabak nie, want ons het baie,

sommer sakkevol gebuit. En waarom sal ons dan nie

ouma Victorie se goed verbrand nie? Ons leef mos uit

een kommissariaat, het generaal De Wet immers gesê.

Die reis is feitlik agter die rug; die blye vooruitsig om te

kan afsaal, eet, rus en slaap het eindelik aangebreek.

Maar helaas, die gedagte aan Hans Meyer bly 'n pynlike

kwelling. Terloops, Meyer het geweet dat die doel en

37

afsaalplek Geelbeksvlei was. Wel nog honderd ... vyftig .

.. vyf-en-twintig tree van die huis af! Die plan is om agter

die huis onder die groot lomerryke bome af te saal. Daar

is ook die nodige hout vir vleisbraai, koffie en pap maak,

plus gebuite suiker en ``jêm''. Boonop is Kakie uitoorlê

om in teenoorgestelde rigting na ons te gaan soek en dus

voel ons so veilig as die houtjie van die galg.

Nog vyf tree en dan op die hoek van die huis. En wat sal

ons nie sien nie? O, wat 'n ontnugtering! Hans Meyer ..

. Hans Meyer! Is dit moontlik? Kan ek my oë glo of

droom ek. Of is dit sy gees? Sien ek 'n spook?

Meteens verbreek ons generaal die twyfel deur opgeruimd

te sê: ``Het ek julle nie gesê Hans Meyer is groot

en talentvol genoeg om vir sy eie ou lyf te sorg nie?''

Bly en dankbaar om die maat weer te sien, skree ons

almal byna gelyk en sê net: ``Môre, môre ou maat! Sê ons

wat het gebeur?''

Maar luister daar na humoris Berrie: ``Môrre, oorrlede

Hans! My gits, Hans, en wat maak jy hierr? Ek dog jy lê

by die tyd drie voet hoog opgeblaas, doodgeskiet daarr

langs die spoorr!!'' En so het Berrie se pessimisme in

oorvloedige optimisme verander. Selfs die generaal het

heerlik gelag vir die uiterste humorstreke deur Berrie

geopenbaar.

Maar wat het dan werklik tydens die aanval met Hans

Meyer gebeur? Een en ander kan moontlik die fatale fout

begaan om die held die oneer aan te doen deur te dink:

het hy dan met die aanval voet in die wind geslaan? Nee,

o nee! Die merk van die snywond van 'n Lee

Metfordkoeël vandag nog voor aan sy bors is die bewys

dat Kakie nooit die eer gehad het om penkop Hans van

agter te beskou nie, maar goed en terdeë kennis gemaak

het met sy voorkwarte! Kom ons stel neef Hans Meyer

self aan die woord.

``Goeiemôre, Generaal; goeie môre, maats! Ek is bly,

Generaal, om u en almal weer te sien. Dat die aanval

geslaag het, hoef ek nie te vra nie; dit kan ek dadelik

opmerk aan die buit en sigaretrookwolke.''

``Maar,'' merk iemand op, ``as jou uitleg nie honderd

persent aanneemlik is nie, sal jy nie aan 'n sigaret ruik nie

en nog minder 'n pruimpie tamaryntabak kry.''

``Ja, dan kan jy maar die sakke van die ou wat ons

bokveld toe gestuur het daar langs die spoor gaan

deursnuffel,'' merk 'n tweede een op.

``Maar weet jy nie dat maat Hans vir een dooie Engelsman

baie banger is as vir twintig lewendiges nie!'' was 'n

derde opmerking.

``Gee Meyer 'n kans om te verduidelik,'' sê generaal De

Wet.

Tjoepstil is almal en weer begin Meyer verduidelik. Hy

trek sy hemp voor oop en sê: ``Sien u hierdie snywond op

my bors, Generaal?''

``Ja?''

``Nou ja, ek is gewoond 'n mens merk iets aan die ore,

maar Kakie het glo 'n ander gewoonte. Gelyktydig met

38

die eerste sarsie, het hulle my gewond. Dit het vreeslik

gebrand en gebloei, maar dit sou my nie laat terugdeins

het nie. Maar soos die noodlot dit beskik het, kry my perd

ongelukkig ook 'n skoot deur die been. Gelukkig net 'n

vleiswond, maar die dier spring op drie pote! Ek spring

toe af en bemerk dat die bloed met 'n boog uitspuit. Al

raad was: ek het my nekdoek om sy been gebind om

daardeur die bloed te probeer stop. Die ander kêrels was

toe reeds by die blokhuis en die geskiet was stil.

``Omdat ek bang was my perd mag ingee of doodbloei,

het ek dit die beste gedink om maar stadig aan te gaan en

hier op Geelbeksvlei te kom wag.''

``Ja, ou maat, die Engelse het gemeen jou hart sit sommer

net onder die vel,'' spot iemand alweer.

``Meyer, jy het onder omstandigheid net die regte ding

gedoen en jou regmatige deel van die buit moet jy kry,''

was die generaal se opsomming.

Ons het die perd agter die huis met die nekdoek bokant

die knie gesien. Die bloed was reeds gestop. Dit was 'n

donkerbruin perd en sy naam was Britz.

Geelbeksvlei ... Geelbeksvlei! En het julle toe die gasvrye

en altydvriendelike gesigte van oom Flip en tant

Annie Coetzer daar ontmoet? sal iemand moontlik vra.

Nee, voorwaar nie. Die sierlike en ruime woonhuis en die

hulpvaardige hande het verdwyn. Omdat, eerstens die

aggressiewe honde van oorsee onder skaamtelose, valse

aantygings en misleidende huigelary, die land binnegeval

het. Tweedens, omdat die verwoestende bende, bygestaan

deur kaffers en Hotnots, die sierlike woning weldra tot 'n

prooi van die vlamme gemaak en in as gelê het. Net

swartverbrande mure is nagelaat! En derdens, omdat oom

Flip ('n ou man) en tant Annie reeds agter slot en grendel

geplaas is en 'n misdadigersmishandeling moes verduur.

Ag, ja, as oom Flip en tant Annie met die tienduisende

doodsbeendere vandag uit die konsentrasiekamp- en

ander kerkhowe kon antwoord, dan sou daar net een

juigkreet en danklied na die hemel styg! Dit sal wees:

``Dankie, Here dat (om Winston Churchill se woorde te

gebruik) Amerika vandag, en nie meer die destydse

aggressor nie, op die kruin van die wêreld staan!''

Kiesing van Vrystaatse

afgevaardigdes

Aangesien generaal De Wet onder geen omstandigheid

aan enige onderhandeling of poging om 'n einde aan die

oorlog te maak, wou deelneem sonder afgevaardigdes uit

sy verskillende kommando's nie, is by eerste ontmoeting

met lords Kitchener en Milner, asook met generaal Louis

Botha en ander, deur wie die vredesonderhandeling

bewerkstellig is, tot 'n algemene wapenstilstand

ooreengekom. Ten einde die saak te bespoedig en

vergemaklik, is 'n vrygeleide deur die vyandelike linies

en dorpe aan generaal De Wet verleen, ja selfs gretiglik

toegestaan ('n bewys dat Engeland boeglam en sat vir die

verdere voortsetting van die oorlog was). O, en was die

houding en optrede tog maar ferm en beslis by al die

leiers tydens die onderhandelings by Vereeniging, wat

sou die uitslag blykbaar tog nie anders gewees het nie!

Maar helaas! Ons laat hieroor liewers die gordyn sak!

Op weg na die kommando's moes die generaal en sy staf

een nag op Vredefortweg in die konsentrasiekamp

oornag. Reëlings vir die ontvangs is deur die militêre

owerheid met die kampkommandant getref om onder

andere vier groot tente op te slaan, een vir die generaal,

een wat as eetsaal moes dien en twee vir die agt kêrels

wat ons generaal as lyfwag vergesel het. Ek moes sê die

behandeling deur Kakie was heel goed, wat ek aan twee

sake toeskryf. Eerstens was dit moontlik geveinsde en

diplomatiese oorredingstaktiek. Of hulle het geweet dat

hulle dit te doen het met 'n klompie pure jintelmans -

moenie lag nie; onder hulle was ook die skrywer!

By aankoms was twee van die tente reeds in die haak en

kompleet toegerus met alles wat nodig was, o.a. tafels,

stoele, beddens, ens. ens. Steeds ywerig doenig met

grawe en pikke om nog twee tente op te slaan, het ons die

Boere-kamplêers en hensoppers (wat deur die vyand vir

hul vuilwerk gebruik is) nat van die sweet en met die

hoed oor die oë (uit skaamte) daar aangetref. Ag, 'n hond

wat vet gesteel het, het baie beter vertoon as die verraaier-kamplêers.

En hoe inspirerend het die taal van die

nege tot twaalf jaar oue konsentrasiekampseuntjies

(toekomstige penkoppe) tog nie op ons ingewerk nie! Ja,

hulle het op die oomblik die smart, lyding, dood en

ellende wat hulle die môre na ons vertrek waarskynlik

weer onder die kamplêers sou moes verduur, totaal

vergeet. Hulle het dit alles getrotseer solank hulle tog net

vir die twaalf of veertien uur die trotste Boerehartjies

(met handjies in die sye regop langs on staande) vryelik

kon lug oor wat hulle nou al maande en maande moes

opkrop en sluk.

Luister wat sê die outjies terwyl hulle so fier en trots

langs ons staan en wel aan die hensoppers wat steeds

swoeg met die opslaan van die tente en boonop nog deur

die Engelse wagte aangejaag word met die woorde:

``Come on, quick, hurry up, you bastards!'' Hier is enkele

opmerkings: ``Toe maak gou, julle papbroeke, sodat ons

generaal kan gaan rus.''

``En die naaste wat julle vannag aan die tente moet kom,

is tweeduisend tree, anders gaan julle reuk die generaal

en sy manne hinder.''

``Toe, spit en pik; julle het mos julle mausers vir grawe

en pikke aan die Engelse verruil.''

``As julle klaar is, moet julle die burgers se voete kom

was. Maar nee, julle is ook nie werd om aan die burgers

se voete te raak nie.'' ens., ens.

Maar ag, wat 'n onvergeetlike gesig moes ons nie aanskou

in die lang toue vroue en kinders, oud en jonk, maar

almal gehawend en op wie se gesigte verdriet en ellende

duidelike rimpels nagelaat het. Telkens het hulle om die

tente kom saamdrom. En tog nog so vol moed, dat

juigkrete telkens die stilte verbreek as hulle ons toeroep:

``Hou moed. Hou aan! Veg en skiet dood! Jaag hulle die

see in! Liewers dood as ingee. God behoed en seën julle!''

Eindelik moes die generaal die volgende paar woorde

sê: ``Liewe susters en kinders, onthou: God slaap nie en

Hy regeer. Baie dankie.'' Daarop het die menigte die

Vrystaatse volkslied gesing. Dat menige traan in die stil,

donker nag oor die wange gebiggel het, is oorbodig om te

noem.

Ontsettende konsentrasiekamplyding

Die gedagte dat die burgers op kommando lyding verduur

en deurworstel het, is onteenseglik waar, maar na slegs 'n

paar uur se kennismaking met die lyding, smart, ellende

en gestadige, uitmergelende hongerdood wat die moeder,

vrou en kind dag en nag in die moordkampe moes

verduur (waarvan mej. Emily Hobhouse se ontferemende

optrede getuig) het die lyding van die vegtende burgers

dadelik in nietigheid laat verdwyn. En daarop roep ons:

Hulde, hulde en roem aan die Boeremoeder, -vrou en

-kind. Ja, ewige hulde aan julle, wat selfs die gefolterde

hongerdood heldhaftig getrotseer en sodoende die

vaandel van vryheid vir volk en vaderland omhooggehou

het.

Hierdie woorde is nie wat die skrywer sê nie. O nee, ek

roep die Vrouemonument by Bloemfontein, waarvan die

naald na die hemel wys, as getuie in. Nee, nog meer. Die

natuurelemente, son, maan en sterre deur God die Here

daargestel as ewigdurende en verligtende wagters, as

simbole van sy oppermagtigheid! Hierdie sinjale het dag

en nag getrou en glinsterend geskyn oor die uitdelgingskampe

met hulle morge en morge vol vroue- en

kindergrafte.

Dit alles getuig en bevestig die dodelike en byna helse

lyding wat die Boeremoeder, -vrou en -kind moes

verduur net as gevolg van hebsurg, oorheersing en

goudsug van 'n destydse groot wêreldryk. Daarom,

nageslagte: gedenk en onthou! Die bloed en trane van

daardie heldinne en onskuldige wiegies gee die

lewenskrag en groei aan die boompie van dít waarvoor

hulle gely en gesterf het: 'n Verenigde Republiek van

Suid-Afrika!

Tot douvoordag opgesit

Ook hier kan die spreekwoord ``daar is altyd 'n geluk by

39

die ongeluk'' toegepas word. Die lyding van die kamp het

onwillekeurig met die aanbreek van die aandskemering

tydelik plek ingeruim vir die deurbring van 'n genoeglike

aand! Nee wag, laat ek liewers padlangs skryf en my by

die waarheid bepaal. Ons penkoppe het die genotvolle tyd

tot douvoordag laat deurloop! Skaars was die bruinte

toegeslaan, of ons het (net soos met die inneem van die

blokhuis by Leeuspruit) ook daarin geslaag om 'n groot

klomp mooi en opregte Boerenooiens in die twee ruim

tente in te smokkel om sodoende die aangename

geselskap van die onmisbare skoner geslag vir driekwart

van die nag te kan geniet.

Kyk, ek draai nie doekies om nie, maar sê nou sommer

vir julle waterpas in die oë: dit was 'n lekker nag van

``opsit''. Net jammer die nag was nie 36 uur lank nie,

want onthou tog: ons was bykans drie jaar afgehok en die

voorreg ontsê om die ingebore menslike drang na

geselskap met die swart, bruin en blou ogies met lang,

glinsterende hare tog enigsins te bevredig. Ja, ons was

uitgehonger en het reikhalsend na die oomblikke van

hemel op aarde uitgesien: oomblikke wat nòg

Kakiewagte nòg Lee Metford-koeëls ons sou kon belet.

Vandaar dat ons dit sommer tot dagbreek toe laat deurloop

het! Sover ek kan onthou, was almal van ons nog

voor hoenderkraai reeds klaar verloof gewees.

So ongeveer elfuur se kant het die generaal met 'n

glimlag by die tent ingekyk en gevra: ``Hoe lyk dit: hou

julle nog, of het die nooiens julle al gehensop?''

Een van die penkoppe het naderhand onder die ``opsit''verrukkings

so histeries geword dat hy sommer hardop

gesê het: ``Kêrels, hoe vorder julle? Ek is al aan my derde

een verloof!'' En 'n ander liewe ou maat het met sy arms

vier nooiens gelyktydig (weerskante twee) hartlik

omhels! Met sy oë daar gunter in die hoek van die tent

gerig, totaal gehipnotiseer soos 'n voël wat deur 'n slang

vasgesuig is, het hy, sprakeloos en verbyster onder die

reaksie van die warm nooiensbloed aan sy sye, volslae

oorbluf daar gesit met die gelaatsuitdrukking van 'n

lewendige lyk of Egiptiese mummie. Nee, eindelik het hy

tog sy spraak herwin, en toe kon hy net sê: ``Ag, hoekom

is 'n mens se arms tog so kort? Ek wens hulle was twaalf

voet lank, sodat ek sommer die hele boksemdaais kon

insluit en omhels!'' Was ek reg of verkeerd om te sê: daardie

nag was vir die penkoppe 'n silwerrand aan die wolk?

Generaal De Wet kom op

Bloemfontein-stasie aan

Die was tydens die wapenstilstand en onder vrygeleide

om afgevaardigdes vir die vredesonderhandeling by

Vereeniging uit sy verskillende kommando's te laat kies,

dat generaal De Wet die môre op Bloemfontein per trein

aangekom het. Op die stasie was vyf of ses Engelse

40

generaals, onder andere ook generaal Charles Knox en

ander offisiere. Van generaal Knox gepraat, gaan ek eers

duidelikheidshalwe sy ``stamboom'' gee en meedeel wat

generaal De Wet van sy vegmetodes gedink en gesê het:

``Knox is een van die Engelse generaals - en miskien 'n

uitsondering - wat probeer het om skoon te veg; dit wil

sê, hy veg nie teen weerlose, vlugtende vrouelaers nie.''

Terloops, generaal Knox was alombekend as een van die

vernaamste Engelse generaals, wat hom spesiaal ten doel

gestel het om generaal De Wet te vang en gevolglik het

baie gevegte onder aanvoering van Knox plaasgevind met

die gevolg dat òf De Wet òf Knox moes rieme neerlê en

soms was dit gelykop.

Op die stasie is generaal De Wet toe ontmoet en aan die

Engelse generaals voorgestel. Die ontmoeting was van

albei kante hoflik, hoewel buitengewone nuuskierigheid

nie verberg, maar duidelik op die Engelse bakkies selfs

vir 'n bysiende man sigbaar was! Die geleentheid kry hul

nou om die man te sien met wie hulle so baie slaags was

en vir wie hulle tog so graag wou vang, die man voor wie

hulle so dikwels die knie moes buig en die hasepad kies

ten einde nie self gevang te word nie. Dis die man wat by

Roodewal vir Groot-Brittanje 'n paar miljoen pond skade

berokken, by Sannaspos nog voor lord Roberts sy oë kon

oopmaak, sewe van sy Armstrong-kanonne gebuit het, die

man vir wie die Vrystaat kruis en dwars met blokhuise en

vangnette bebou en bespan moes word; die man vir wie

die Engelse ``ladies'' in Engeland 'n ontsaglike

Kersfeesmaal op Groenkop naby Bethlehem gratis moes

voorberei; ja, die man wat met sy dappere Gideonsbende

Downingstraat 10 byna drie jaar van slapelose nagte

besorg het. Die nuuskierigheid om dié man vlak voor

hulle te sien staan en 'n handdruk te gee, was duidelik sigbaar.

En wat 'n teëstelling. Hier word die hand gebruik om te

groet, terwyl dieselfde hand vir byna drie jaar op die

sneller van die Lee Metford teen hom (De Wet) en

omgekeer gebruik is. Die bekende Engelse trots het egter

die slag (dit was opmerklik) ontbreek, wat blykbaar aan

die wapenfeite moet toegeskryf word en tewens ook

insluit 'n skaam-kwellende gewete om te dink dat,

nieteenstaande 'n gedissiplineerde mag van 200 000 tot

250 000 Britse troepe, plus kaffer- en Hotnotbendes, en,

helaas, ook Boere-opdrifsels, dit nie in hulle klere gesit

het om die Boerseun en sy handjievol dapperes te vang

nie; en dit ten spyte van die feit dat dieselfde Boerseun,

bygestaan deur sy dappere Gideonsbende, die Vrystaat se

vlaktes al goed met die bloed van bogenoemde

mengelmoes gedrenk en rooi geverf het.

Met die ontmoeting het generaal Charles Knox die

opmerking gemaak: ``Hoewel ons dikwels op die veld

met die wapens ontmoet het, is ek baie bly om u nou

persoonlik te ontmoet en kennis te maak, Generaal!'' In

een asem laat hy hardop volg: ``Want jy sal seker erken

dat ek een van die Engelse generaals is wat die meeste

agter jou gejaag het!''

Baie geamuseerd en onder gelag van die ander generaals

en omstanders en tot 'n mate van verleentheid van

generaal Knox, het generaal De Wet as volg geantwoord:

``Ja, aangename kennismaking! Ek erken dat jy baie agter

my gejaag het. Maar jy sal seker ook bereid wees om te

erken dat jy jou rieme meer as eenmaal styfgeloop en jou

bitterlik met jou gejaag agter my vern ... k het.''

``That I admit,'' was Knox se antwoord. Ook hier met

die sarkastiese (dog raak) antwoord, was Kakie se kind

weer vir die soveelste maal uitoorlê.

Nog 'n amusante voorval het op Heilbron, waar generaal

De Wet tydens die verkiesing van afgevaardigdes moes

oorbly, voorgekom. Terloops, onder die gesprekke die

aand in generaal Ian Hamilton se kamp, is ontdek dat

Krisjan en Ian reeds in 1881 op Amajuba se kruin (waar

die Boere so 'n roemryke oorwinning behaal en die

Engelse onder aanvoering van sir Pomeroy Colley - wat

ook gesneuwel het - 'n verpletterende nederlaag gely het)

die een teen die ander geveg het. Of sal ek dit liewers so

stel. Daar het De Wet sy wettige eiendom help verdedig,

terwyl Hamilton op anneksasie en roof uit was. (Dit sal

een en ander moontlik interesseer om te verneem dat

generaal De Wet, destyds 27 jaar oud, as veldkornet aan

die bestorming en verowering van Amajubaberg

deelgeneem het. Dit was in die eerste Engelse oorlog en

poging om Transvaal te annekseer).

Ons het die nag in Hamilton se laer geslaap. Kort voor

ons vertrek die volgende môre sê generaal Hamilton:

``Generaal, hier is vir u 'n klein aandenking.'' (Dit was 'n

pragtige, swart offisiersjas). Generaal De Wet neem dit

en bedank hoflik, maar voeg sarkasties daaraan toe en

laat die Engelsman 'n pil soos 'n volstruiseier agter om

aan te sluk deur te sê: ``Al leef ons nou al geruime tyd

lank net uit een kommissariaat, maar natuurlik met dié

verskil: u het 'n vryer toegang tot die kommissariaat as

ek!'' En so het die vegters van 1881 en 1902 mekaar vir

die laaste maal gesien en gegroet.

Vereeniging - nee, Afrikaner-Mara

Hier op die sandwalle van die Vaalrivier het dit gebeur,

hier waar selfs die treurwilger sy lommerryke takke na

die aarde laat hang as blyk van simpatie. Hier het

Boeretrane die aarde deurweek en vrugbaar gemaak. Dit

was by hierdie Mara waar die Gideonsbende die bykans

driejarige stryd vir reg en vryheid moes gewonne gee.

Aan wie? Aan die destydse Groot-Brittanje wat hom op

die skouer geklop en ``die beskermer van klein nasies''

genoem het. Dit was hier waar die dierbaarste kleinood:

die onafhanklikheid van die Vrystaat en Transvaal as

twee vreedsame republieke, tydelik begrawe is. Onder

dwang, oormag en geweld en met die kwellende gedagte

dat 26 000 onskuldige slagoffers, vroue en kindertjies,

reeds die marteldood in die moordkampe en elders

gevind het, moes die stryd prysgegee word.

So is ook die Vierkleur onder die droefheid van gebroke

harte by Vereeniging op die walle van die Vaalrivier in

Mei 1902 begrawe. Begrawe ja, maar Goddank, dit was

'n skyndood. Die pasiënt het maar net in 'n floute verkeer.

Daarvan getuig die reeds hoorbare asemhaling en die

sigbare opstanding van die neergeslaande volk, wat hom

weldra aan sy dierbare land in die vorm van 'n Verenigde

Republiek van Suid-Afrika springlewendig sal vertoon.

Trots en dankbaar sal ons dan uit volle bors kan en mag

sing: ``Dat vrije Volk zijn wij!''

Insake amnestie vir Kolonialers

Lord Kitchener en sir Alfred Milner, verteenwoordigers

van Engeland tydens die onderhandeling by Mara

(Vereeniging), was ten opsigte van amnestie vir die

Kolonialers haas onverbiddellik en toegeeflik. Daardie

Kolonialers was rasgenote vir wie bloed dikker was as

water en wat dit hulle heilige plig geag het, deur hul

Afrikanerinstink daartoe gedwing was, om hul lot by dié

van die Boere in te gooi. Hulle was steeds gedagtig aan

die eeue-oue vervolging en verdrukking waarvan onder

andere Slagtersnek en Boomplaas getuie is, om nie eers

van die Jameson-sluipmoord te praat nie!

Maar die ferme en besliste houding van generaal De

Wet by 'n sekere informele samespreking toe hy reguit

aan Kitchener en Milner gesê het: ``Voordat ek my

broers, die Kolonialers wat alles met ons feil gehad en in

die stryd gegooi het, aan die genade van Engeland gaan

oorgee, gaan ek en my burgers terug en sal ek veg tot die

oorwinning of totdat ek saam met hulle doodgeskiet is..

.,'' dié houding het sake 'n ander wending gegee. Dit was

ook die houding en pleidooie van ander afgevaardigdes

en by name dié van die destydse kranige penkopkommandant

C.A. van Niekerk (tans President van die

Senaat).

Die uitslag was dat amnestie toegestaan is. Met ander

woorde, die vuurproef van byna drie jaar was vir

Kitchener en Milner meer as voldoende en die gedagte

dat deur amnestie te weier, die stryd blykbaar hervat gaan

word, was dodelik. Gevolglik het Engeland kopgegee en

amnestie was 'n voldonge feit. Dit was deel van die

voorwaardes dat die doodstraf op enige Kolonialer, sy die

offisier of burger, nie kan of gaan toegepas word nie. En

so het die ferme optrede van generaal De Wet, kommandant

C.A. van Niekerk en andere die koloniale helde

blykbaar van 'n tweede Slagtersnek gered.

Na die vredesluiting het die generaal op sy plaas, Roodepoort,

aan sy seun, Kotie, wat tydens die onderhandeling

te Vereeniging 'n krygsgevangene op St.

Helena was, in my teenwoordigheid gesê: ``Dit sou meer

as gemeen en lafhartig gewees het om die Kolonialers

41

wat hul lot met ons in die stryd gewerp het, sonder

amnestie aan die genade van Engeland uit te lewer.''

Daarop het my broer gesê: ``Ja, Pa, dit was oulike taktiek

gewees.''

Hierop het generaal De Wet kortliks sarkasties geantwoord:

``Man, onthou, as jy 'n Engelsman storm, dan

moet jy dit met geweld doen; en as jy hom by die keel

gryp, dan moet jy 'n gryp gryp soos jy nog nooit gegryp

het nie!''

Dit is vrede

Die oorlog is beëindig. Dit is vrede. Kommando's word

ontbind en die burgers gaan huis toe; nee, keer terug na

hul verwoeste plase en afgebrande wonings, sonder vee

of 'n lewensbestaan. En die ergste van alles: met hul

gesinne steeds in die Engelse herberge, die

konsentrasiekampe, waar groot getalle (ek sidder by die

gedagte) en dikwels vrou én kind of kinders reeds rus in

die moordkamp-kerkhof. Wat 'n algemene, onvergeetlike

en haglike toestand was nie die lot van die Boervolk nie.

Daardie ellende is boonop veroorsaak deur die goudsug

en die toedoen van die ``beskermer van klein nasies!''

Terloops, my moeder en haar kinders moes self met die

terugkoms van die Merebank-konsentrasiekamp uit Natal,

tydelik intrek neem in 'n murasie bedek met

swartverbrande sinkplate. En tog het sy gesê: ``Dit is 'n

koninklike lewe in vergelyking met die moordkamplewe.''

Daarom vra ek: kan ons vergewe? Ja, ons moet, mits

belydenis gedoen en om vergifnis gesmeek word. Maar

vergeet? Nee, nooit nie!

Generaals De Wet, De la Rey en

Botha

na Europa

Die doel of sending van die drie generaals na die Vasteland

van Europa is algemeen bekend en dus onnodig om

weer beskryf te word, maar die voorval aangaande

generaal De Wet tydens hulle verblyf in Londen is

minder algemeen bekend. Vandaar my beskrywing van

die voorval soos persoonlik deur die generaal na sy

terugkoms uit Europa op sy plaas, Roodepoort, in my

teenwoordigheid aan my moeder meegedeel.

Net die tweede dag nadat die generaals by Southampton

aan wal gestap het, was daar 'n uitnodiging van die Britse

admiraliteit aan hulle om die Britse vloot te gaan

inspekteer (blykbaar met die doel om die grootheid en

krag van Engeland by die Boere in te pomp). Die

sametrekking van die vloot was natuurlik weke vooraf

kant en klaar gereël.

Die uitnodiging is geredelik deur generaal Botha aan-

42

vaar, maar generaal De Wet het beslis geweier om te

gaan. Nadat baie moeite en geld gespandeer is (en veral

Britse lis) vir die samestelling, prag- en praalvertoning

van die vloot, hangende die inspeksie deur die

Boeregeneraals, was dit vanselfsprekend 'n groot skok en

bittere teleurstelling vir die admiraliteit en eerste Seelord

om te verneem dat generaal De Wet die uitnodiging van

die hand gewys het en dat hulle net die tweede dag sedert

sy aankoms in Londen self weer uitoorlê is!

Wel, so kon dit tog nie gelaat word nie. Gevolglik is 'n

laaste poging deur die admiraal onderneem om generaal

De Wet persoonlik te gaan spreek in die hotel waar die

generaals tuis was en hom te probeer oorreed om die

uitnodiging te aanvaar. By die hotel gekom, was die

gesprek soos volg:

Die admiraal: ``Generaal, ek verneem u het die grote

eerbewys en uitnodiging om die vloot te gaan inspekteer,

van die hand gewys?''

Generaal De Wet: ``Ja, ek het.''

Die admiraal: ``Maar, Generaal, ek het u nou kom

spreek om u persoonlik die uitnodiging aan te bied en ek

voel oortuig u sal die grote eerbetoning nou seker

aanvaar?''

Die generaal: ``Baie dankie, Admiraal, maar dit spyt

my, ek kan en sal die uitnodiging nie aanneem nie.''

Die admiraal (half vererg en opgewonde): ``Maar, Generaal,

wat is dan u rede waarom u weier om te gaan?''

Generaal De Wet (ook nie meer te koel nie): ``Admiraal,

u het my 'n reguit vraag gestel en nou gaan ek u ook 'n

reguit antwoord gee.'' (De Wet se beker, om sy eie

woorde te gebruik, was by die tyd tot barstens toe vol).

``My rede waarom ek beslis weier om die Britse vloot te

gaan inspekteer, is omdat ek en my volk treur en vandag

nog in rougewaad gaan omdat ons land se

onafhanklikheid afgeneem is en 'n groot deel, veral die

vroue en kinders van ons klein volkie deur Groot-

Brittanje uitgedelg is. Daarvoor was daardie vloot

verantwoordelik.''

En met die volgende drie woorde: ``Oh, I see,'' het die

admiraal die hotel verlaat.

Die generaal-admiraal-voorval het selfs 'n woordewisseling

tussen generaals Botha en De Wet veroorsaak.

In persoonlike of private gesprekke het generaals De Wet

en Botha mekaar as Kris en Louis aangespreek. Nadat die

generaal De Wet die uitnodiging beslis van die hand

gewys het, het generaal Botha hom as volg uitgelaat:

``Kris, ek kan jou standpunt nie insien of begryp nie,

waarom jy die vriendelike aanbod en eerbewys nie wil

aanvaar nie. Man, verander jou plan en kom gaan saam,

die Engelse sal dit baie op prys stel as ons hulle die eer

bewys om hulle vloot te gaan inspekteer.''

``Ja, Louis, jy is reg, eer gaan bewys aan hulle vloot,

maar verder - en dit het jy vergeet - om ons doelbewus

met die magtige invloed van hulle vloot te besiel. Nee,

hulle sal 'n baie groter eer aan ons bewys om eers ons

onafhanklikheid terug te gee,'' was generaal De Wet se

antwoord.

``Kris, man, moet nou nie klein wees nie; kom gaan

saam, ek gaan in elk geval,'' was generaal Botha se

opmerking.

``Louis, ek het finaal besluit. Ek sal nie die Britse vloot

gaan bewonder en inspekteer nie! Noem my handelswyse

maar klein, dog ek voorspel en sê nou reguit aan jou: die

dag sal kom dat jou volk jou handelwyse en daad sal

betreur.''

En so het Christiaan De Wet as Boerepatriot en 100

persent Afrikaner sy geliefde Suid-Afrika verlaat op weg

na Engeland, na die nasie wat die kuns by uitstek

verstaan om die heuningkwas tog so behendig te gebruik.

Dog so het hy ook na baie heuningkwasse weer as patriot

en Afrikaner onveranderd na sy land teruggekom om

voortaan lief en leed saam met sy verwoeste volk te deel

en sy eerste huisie met swartverbrande mure en sinkplate

te kom bewoon. Ja, so is hy as fondamentsteen ingemessel

in die Boere-volksgebou en so het hy onder sy

nasie geleef met 'n onwankelbare geloof en oortuiging in

die heropstanding van 'n onafhanklike Republiek van

Suid-Afrika. Feitlik as 'n arm man het hy sy laaste snik in

die boesem van sy geliefde volk gegee en rus hy tans as

krygsman saam met die staatsman, president Steyn, en

die godsman, dr. Kestell, aan die voet van die Vrouemonument

wat met die naald as simbool na die hemel

wys en dag en nag om vergelding roep.

Begrafnis van president Paul Kruger

Hoewel president Kruger as balling in die vreemde (Switserland)

gesterf het, is sy stoflike oorskot tog in sy

geliefde land in Pretoria begrawe. Die begrafnis is deur

tienduisende van sy bewonderaars bygewoon. Onder

andere was ook generaal De Wet, sy seun Kotie, Berrie

Richter, die skrywer en nog 'n paar van die generaal se

oorlogstaflede teenwoordig. Goeie voorsorg is destyds

deur die reëlingskomitee getref en vir alle oudoffisiere is

'n afsonderlike plek gereserveer. Dit kon alleenlik deur 'n

sekere toegang bereik word en ten einde toegang te

verkry, moes elkeen sy toegangskaartjie as oudoffisier

aan die hekwagter toon.

Dit was by die geleentheid dat Berrie Richter weer 'n

kans gekry het om met sy streke voor die dag te kom.

Terwyl die generaal en ons na die hek aangeloop het,

het 'n onbekende persoon net voor ons geloop. Piekfyn

uitgedos in pluishoed, swart manel en wit handskoene

kom hy voor die hek en wou sommer ingaan, maar die

polisiewag keer hom en vra sy kaartjie.

``Wat! kaartjie?'' vra hy vererg.

``Ja, Meneer, u oudoffisiers-toegangskaartjie,'' antwoord

die polisie.

``Dat heb ik toch niet,'' antwoord die pluishoedman.

``Meneer, dit spyt my, dan kan ek u nie deurlaat nie.''

``Je kan me toch de eer aandoen en zonder dat kaartje

echter binne late gaan.''

``Meneer, ek mag nie.''

Baie vererg en ook skaam draai die manel en pluishoed

toe om. Nou is Berrie aan die woord en sê, terwyl hy die

persoon in die oë kyk: ``Ja nee, maat, waarr was jy

daardie dae toe ons bedags die hitte van die son, die

koeëls en bomme en snags die koue ryp op ons moes

verrdrra? By die geleentheid tel die manel en pluishoed

en wit handskoene hoegenaamd niks nie, en daarr bly

niks anderrs virr jou oorr nie, as drraai maarr om.

Onthou: vandag tel hierrdie wit, harrde strrooihoedjie

meerr as daarrdie pluishoed!'' Die gevolg was dat die

pluishoed met manel en wit handskoene moes omdraai en

aan Berrie met die harde, wit strooihoedjie is toegang

verleen.

Enige gedigte

``Wie noemt ge wel een flinke vent

By boer en Englesman bekend?

Wie heeft John Bull zoo vaak verrast,

Zyn trein en mannen aangetast?

'Tis Christiaan de Wet,

'Tis Christiaan de Wet.

Wie is die held van Koringspruit?

Wie won daarbij een goeden buit?

Wie is nu daar en dan weer hier,

Wie wijk van Zand- na Vaalrivier?

'Tis Christiaan de Wet,

'Tis Christiaan de Wet.

Wie is de dappere Generaal?

Die den Engelschman ontnam zijn maal,

Verschynt, verdwijnt ter goeder uur,

En Roberts maakt het leven zuur?

'Tis Christiaan de Wet,

'Tis Christiaan de Wet.

Wie breekt gedurig sporen op?

Wie slaat den vijand op zijn kop,

Wie is de schrik van den Engelschman,

Dien Kitchener niet vangen kan?

'Tis Christiaan de Wet,

'Tis Christiaan de Wet.

Wie het de Vrystaat uitgestapt?

Aan vyf, ses generaals ontsnapt,

Wie is vereend met De la Rey,

En maakt de Boerenvrienden bly?

'Tis Christiaan de Wet,

'Tis Christiaan de Wet.

43

44

Wie houdt daar gindsch den moed er in?

Wie toont den waren Vryheidszin,

En maakt dat alles recht zal kom,

Tot heil van het Afrikanerdom?

'Tis Christiaan de Wet,

'Tis Christiaan de Wet.

Onderstaande is 'n gedig en blykbaar 'n produk uit die pen

van 'n Tommie, as herinnering aan en van die op Kakie

toegediende uitklophoue en tewens roemryke nagtelike

oorwinningsgeveg van generaal De Wet en sy dappere

Gideonsbende, gelewer in die vroeë môre-ure van 25

Desember 1901 te Groenkop, O.V.S.

``In the dead of night, when the camp's asleep

Through the sentinal guard struggling o'er rocks so

steep,

There's a shot in the dark, there's a sudden cry,

And the men rush out from tents to die!

Who strikes by night when the moon is set?

And the dead makes answer: De Wet! De Wet!''

Gedig op generaal Christiaan de Wet - deur Meneer

Willie le Roux (in lewe van Bloemfontein).

Christelik leefde onz' held hier op aard;

Hy werd deur Gods goedheid ons volk lang gespaard.

Rust in dit leven genoot hy niet veel,

In't heil van zyn volk doed hy 'n heel groot deel;

Stryden en lyden dat kende hy goed;

Te sterven voor vryheid selfs had hy de moed.

In Afrika's boezem, daar rust thans onz' held;

Ach! Pynlik die scheiding door God daar gesteld

Aan onz Generaal word hulde gedaan,

Neem weduwee en kinders, O Heer, neem ze aan!

Rust zalig O ziele, ja rust in den Heer!

U diensten in trouwheid waarderen wy zeer;

Daar ginds aan de voet van het groots monument,

Ook dicht by u vriend, onz geliefd president.

Lyden voor vryheid dat deelden zy zamen;

Prys God voor die helden, lang leve hun namen;

Hun leven was altyd op Christus gegrond.

Daar schiet langs die kabels de wereld gansch rond

Een tyding zoo smartvol uit Afrika's grond;

Wie treurt niet te horen: De Wet is niet meer!

Een prins van zyn volk en 'n kind van den Heer!

Tot hiertoe gestreden geleefd tot Gods eer.

Gee ag en let op die eerste letter van elke lyn, en u kry die

naam: CHRISTIAAN RUDOLPH DE WET.

Gedig op Generaal tydens sy begrafnis.

THE CORDON

(February 8th, 1922)

Today I stood with bared head as I watched,

And noted as the great procession passed,

The homage of two races to a man

The old campaigner laid to rest at last!

And, as I mused, I could not but recall

A phrase we often used in days of yore,

When, in the camp fires' light,

We passed the news

And wondered what the morrow had in store.

A catch-word which the papers caught - a phrase

(The men who fought against him won't forget)

Which somehow came again to me to-day:

``The Cordon daily Tightens round De Wet.''

How untrue then! How true to-day! When all,

Both Prince and peasant, Dutch and English mourn

The man who fought for country and his God,

And treated death and gain alike with scorn.

A simple farmer! Aye! but every man

Of very race stands with bared head to pay

His silent homage, given tribute mute,

``The Cordon tightens round De Wet to-day.''

This was the breed that made Rome rule the world;

This was the kind that Spartan mothers bore;

This is the sort shall always lead the van,

When men are needed, and the need is sore.

God rest you! You, at any rate, have lived

A life of glory. At your tomb I bend;

The Cordon Tightens and the knot is sealed;

My some-time enemy - but now my friend.

``Engelsman''

Generaal De Wet met die Vredesluiting 1902

Die skrywer as twee-

en-twintigjarige

Staf-offisier van

Generaal De Wet

Generaal-Majoor French

Dalgety

Kommandant Gideon Scheepers (Die martelaar)

Lord Kitchener

Kaptein Danie Theron (Die unieke held)

Veldmaarskalk Lord Roberts

Kaptein Melt van Schoor (sittende) (Die vertroude

verkenner, treine- en brûe-opblaser)

Mev. Genl. De Wet (sittende) nog in rougewaad oor haar

seun Danie wat tydens die Rebellie 1914 gesneuwel is

Mev. Genl. De Wet alwaar sy op haar massiewe grafsteen in brons lewensgroot

staan, besig om die verraderlike Engelse petisie aan flenters te skeur

Lys van naamtekeninge van afgevaardigdes na die Vredeskonferensie te Vereeniging, 1902

Danie de Wet (sittende) (Gesneuwel te Doringberg tydens die

1914 gewapende opstand)

45

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!