03.05.2013 Views

Kruisiging Bybelstudie.pdf - Wierdapark-Suid

Kruisiging Bybelstudie.pdf - Wierdapark-Suid

Kruisiging Bybelstudie.pdf - Wierdapark-Suid

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kruisiging – Jesus het

MY straf in MY plek

gedra

Wat het gebeur?

Kruisiging – Jesus het MY straf in MY plek gedra

(Mattheus 26-27)

1. Waar was Jesus en Sy dissipels toe die soldate Hom kom vang het?

2. Hoe het die soldate geweet wie om te vang?

3. Waarheen het hulle Jesus toe gevat?

4. Waarheen het die dissipels gegaan?

5. Waarheen het hulle Jesus die volgende oggend gevat?

6. Wat het hulle daar met Jesus gedoen?

7. Wat het Pilatus oor Jesus gese?

8. Wat moes Jesus toe doen en wie moes Hom kom help?

9. Vertel bietjie vir Ma/Pa wat alles gebeur het en wat Jesus alles gese het nadat Hy op Golgota gekom het

met die kruis.

10. Wat het gebeur toe Jesus doodgegaan het?

Dink bietjie

11. Kon Jesus van die kruis afgeklim het as Hy wou?

12. Hoekom het Hy nie?

Wat van my?

13. Hoe voel jy as jy dink aan alles wat met Jesus gebeur het?

Volgende week

14. Ons leer dat hierdie aaklige dag van die kruisiging nie die einde was nie, maar dat Jesus sterker is as die

dood en as die hel. En Hy het dit alles vir JOU gedoen!

Vir Ma/Pa

1. In die tuin van Getsemane waar Jesus gaan bid het

2. Judas het voor die tyd vir hulle gesê hy sal vir hulle wys wie om te vang deur vir hulle ‘n teken te gee. Hy het gesê hy sal vir Jesus op Sy

wang soen dan sal hulle weet wie om te vang.

3. Hulle het vir Jesus na die hoëpriester (die hoof dominee) Kajafas se plek toe gevat. Dit was hy en die ander dominees wat vir Jesus laat

vang het, want hulle het gedink Jesus maak maar net of Hy God se seun is, hulle het gedink Hy jok.

4. Die dissipels het almal weggehardloop, want hulle was bang hulle word ook gevang. Petrus het teruggesluip en ook na Kajafas se plek toe

gegaan. Maar toe die mense hom vra of hy vir Jesus ken, het hy gejok en gesê hy ken Hom glad nie. Toe het hy baie hartseer geword

omdat hy gejok het en toe ook weggehardloop.

5. Hulle het vir Jesus na Pilatus se plek toe gevat. Pilatus was ‘n baie belangrike Romeinse man. Pilatus kon besluit of Jesus gestraf moet

word of nie en ook watse straf Hy moet kry.

6. Pilatus het vir Jesus laat slaan op Sy rug met ‘n klomp toue met beentjies in sodat dit ook Sy vel en vleis uitgeruk het. Dit was BAIE seer.

7. Pilatus het geglo dat Jesus onskuldig was, maar omdat die priesters en die res van die mense Hom graag wou doodmaak het hy hulle maar

toegelaat om dit te doen. Hy het sy hande gewas in ‘n bak water en gesê hy wil niks met Jesus se dood te doen hê nie, maar die mense

moet maar maak soos hulle wil.

8. Jesus moes toe op Sy stukkende rug ‘n baie swaar houtkruis dra dwarsdeur die stad tot buite op ‘n koppie. Maar Jesus was te swak van al

die slaan en die soldate het toe gesê Simon (‘n man wat langs die pad gestaan het) moet dit namens Hom verder dra.

9. - Die soldate het spykers deur Jesus se hande en voete gekap en Hom aan die kruis vasgespyker. Daarna het hulle die kruis opgelig en in

die grond geplant.

- Daar was twee slegte manne wat ook daai dag gekruisig is omdat hulle so verkeerd gedoen het. Die een rower het vir Jesus gespot, maar

die ander een het in Jesus geglo en gevra dat Jesus hom moet red. Jesus het toe belowe dat hy ook saam met Jesus hemel toe kon gaan.

- Die soldate het ‘n soort dobbelsteentjie gegooi om te kyk wie kan watter deel van Jesus se klere kry

- Die mense wat verby gekom het, het vir Jesus gespot en gesê Hy kon mos baie wonderwerke doen, hoekom doen Hy nie nou ook een en

klim van die kruis af nie

- Jesus het vir Johannes gevra om na Sy ma (Maria) te kyk as Hy nie meer daar is nie

- Jesus het baie alleen gevoel op die kruis omdat Hy so vol sonde was

10. Dit was baie donker, en toe Jesus doodgaan was daar ‘n groot aardbewing en toe skeur die groot en swaar gordyn in die temple

middeldeur.

11. Ja, natuurlik. Hy is sterker as spykers en as die soldate

12. Want Hy is heeltemal te lief vir jou en my. Hy het geweet, as Hy nie ons straf vir ons sonde dra nie, sal ons dit nooit self kan doen nie en

dan sal ons nooit in die hemel kom nie. Hy het al ons sondes op Sy skouers gevat en in ons plek die straf gedra al was dit hoe sleg.

13.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!