03.05.2013 Views

PROSEDURE VIR LIDMAATSKAP BY - Shammah Bedieninge

PROSEDURE VIR LIDMAATSKAP BY - Shammah Bedieninge

PROSEDURE VIR LIDMAATSKAP BY - Shammah Bedieninge

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Liewe Voornemende Lidmaat

PROSEDURE VIR LIDMAATSKAP BY

SHAMMAH BEDIENINGE, LOUIS TRICHARDT

BBaaiiee wweellkkoomm by Shammah Bedieninge! U het heel waarskynlik alreeds verskeie byeenkomste saam met ons bygewoon of toon

belangstelling om begelei te word na volwaardige Shammah -Lidmaatskap.

Lidmaatskap impliseer vir ons BETROKKENHEID. Ons kan nie werklik betrokke wees, as ons nie die hartklop en wese van die gemeente

verstaan nie.

Prosedure vir Lidmaatskap is dan as volg: -

1. Bywoning van „n Voornemende Lidmaat Verwelkomingsbyeenkoms

Tydens hierdie geleentheid sal u aan die leierskap van Shammah Bedieninge bekendgestel word asook en die visie, missie en

algemene funksionering van die gemeente sal aan u verduidelik word.

2. Voltooiing van die volgende dokumentasie vorms:

a. “Lidmaatskapondernemings-vorm”-

b. “Lidmate-Inligtingsvorm”

c. “Eerste indrukke”

d. “Dienswerk” ten einde ‟n aanduiding te gee van waar u moontlik betrokke wil raak.

e. Lees die “Verstaan jou Verbintenis” inligtingstuk sorgvuldig deur

3. Skakel in by „n HUISSEL. Kontak asseblief die Administratiewe Kantoor vir meer inligting omtrent ons huisselle en /of

kontakbesonderhede van Selherders

4. Deurloping van die “DINAMIESE GEESTELIKE GROEI”-kursusreeks.

Indien u „n afspraak met die Pastoor wil maak in verband met u inskakeling in die gemeente, kontak asseblief die Administratiewe Kantoor.

Baie dankie dat u belangstel om by die gemeente in te skakel. Ons sal graag saam met u medewerkers in die Koninkryk van God wil wees.

Francois & Marinda Strydom

PRESIDERENDE PASTOORPAAR

SHAMMAH BEDIENINGE

1

1. GEMEENTENAAM: SHAMMAH BEDIENINGE

VERSTAAN U VERBINTENIS

Ons gemeentenaam is deur God gegee en is van die volgende afgelei:-

Eségiël 48:35 ... en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die Here is daar!

“Jehovah Shammah ”: Dit is „n Hebreeuse woord wat “Die Here is daar, Sy teenwoordigheid” beteken. Telkens as ons die naam

Shammah noem: proklameer en deklareer ons dat God hier is en ons erkenning gee aan Sy teenwoordigheid. Omdat dood en lewe in die mag

van die tong gesetel is, spreek ons dus lewe.

“Bedieninge”: Hierdie term dui daarop dat ons na buite gerig is en strukture in plek sal wees om die teenwoordigheid van God na buite te

“explode” i.p.v te “inplode”.

Verdere eksegese dui op :

A large city it will be – in lyn met profete inspraak oor gemeente:- The smallest will become a thousand (Isaiah 60:24)

This is the latter day glory of God’s church, the new Jerusalem, when our God will make all things new. A large city it will be.

2. GEMEENTE LOGO

- Boek: God se onfeilbare Woord as bron van Evangelie

- Die Evangelie en God se teenwoordigheid word regoor die wêreld versprei.

Ad infinitum. Nie beperk , geen begrensing nie

- Arend: Styg hoog. Ons mik hoog op die wieke vd wind

- Kruis: Waar vir ons redding bewerkstellig is. Jesus se kruisdood het Sy Kerk geaktiveer

en ons nalatenskap is deur die kruis. Kruis herinner ons dat ons nie meer onder die

vloek is nie, maar verlos is.

3. LIDMAATSKAP

Diegene wat Jesus Christus as persoonlike Saligmaker bely en aangeneem het , en deur onderdompeling gedoop is of wil word, volgens [Mark. 16:16],

en van harte oortuig is dat hierdie die gemeente is waar hulle wil dien, en nie aan „n ander denominasie behoort nie, word uitgenooi om te registreer as

Lidmate van Shammah Bedieninge.

Dit word, onder andere, van Lidmate verwag om, deur God se genade,: -

1. Die visie, missie en geloofsbelydenis van Shammah bedieninge te onderskryf en prakties te ondersteun [Fil. 2:1-2; Amos 3:3]

2. Deurlopend die weeklikse gemeente-aktiwiteite [dienste en selbyeenkomste] te ondersteum [Heb. 10:25]

3. Die toepaslike lewensstyl te handhaaf [Efe. 5:8; I Kor. 13]

4. Hulle te onderwerp aan die gesag wat oor hulle in die gemeente aangestel is [Rom. 13:1; Heb. 13:17]

5. Hulle geestelike verantwoordelikheid teenoor die Liggaam na te kom [Efe. 4:16; I Pet. 4:10], en

6. Hulle finansiële verantwoordelikheid volgens die Woord na te kom [Mal. 3:8-12; II Kor. 9:6-8].

Vriende van Shammah [Besoekers]: -

Enige iemand, wat hulle nie fisies kan verbind tot die aktiwiteite van hierdie bediening nie, is welkom om „n vriend te wees van Shammah bedieninge,

en sal ook op die poslys van hierdie gemeente geplaas word, en volgens die diskresie van die Leierskap van Shammah bedieninge bedien word, soos

nodig geag.

4. ONS VISIE

Shammah is „n Dissipelmakende selkerk wat die teenwoordigheid van God aan die gemeenskap en die nasies bedien.

5. ONS MISSIE

Bereiking van siele en hulle te begelei tot totale heelmaking en dissipelskap .

Verkondiging van Bybelse vrymakende waarhede sonder kompromie

Bereik die kerkloses en motiveer die kerklosses.

Heilige Gees geïnspireerde verkondiging en bewusmaking van God se heerlikheid.

6. CREDO WAARDE “UNDERPINNING VALUE”

In Shammah sal die Heilige Gees volle leiding neem en sal die gawes van die Heilige Gees ten volle funksioneer. Heilige Gees werkinge en

manifistasies is die boustene waarop hierdie bedieninge sal funksioneer.

2

7. ONS METODIEK

Shammah bedieninge staan onder die Hoofskap van Jesus Christus, en vorm deel van die Nuwe Testamentiese Handelinge Kerk, wat dit ten

hoofdoel het om DIE KONINKRYK VAN JESUS CHRISTUS WÊRELDWYD UIT TE BREI, deur –

Praktiese uitvoering te gee aan die opdrag in Matt. 28:19 naamlik GAAN [Evangelisasie - deur middel van ons assosiasie met Love the World

Missions] en MAAK DISSIPELS [vestiging en volle implementering van die Selgroep-model]. Dis dan ook in die selgroepverband in besonder

waar mense gedoop en verder geleer word, ooreenkomstig die opdrag in Matt. 28:19.

Bedienaars, bedieninge en gemeentes te help om hulle volle potensiaal in Jesus Christus te bereik, deur effektiewe broederskap van

enersdenkende bedienaars, bedieninge en gemeentes.

Leierskapsvermoëns en –vaardighede maksimaal te ontwikkel.

Alle beskikbare hulpbronne gesamentlik te mobiliseer, ten einde vrug op bedieninge, tyd, energie, finansies en menslike- en fisiese hulpbronne

te maksimeer.

Gesamentlike deelname in die inbring, versorging en toerusting van die grootste siele-oes ooit!

Ons beywer ons ook sterk vir gesonde en professionele gemeente-administrasie.

8. ASSOSIASIE

ONS UITDAGING

Nasies wat honger na die teenwoordigheid en heerlikheid van God.

Is jy „n draer van Sy teenwoordigheid?

SLAGSPREUK

IN SY TEENWOORDIGHEID!

Administratief staan Shammah bedieninge tans in affiliasie met die Pinkster Protestante Kerk. Shammah bedieninge is ook ‟n ge-affilieerde

gemeente van Lewende Woord, Pretoria (Past Neville Nordon) en in assosiasie met Shalom Assosiasie, Montana.

9. GELOOFSBELYDENIS

VAN DIE PINKSTER PROTESTANTE KERK, SHAMMAH BEDIENINGE, LOUIS TRICHARDT

Ons onderskryf die Apostoliese Geloofs-belydenis

1. Ons glo in die geskrifte van die Ou- en Nuwe Testament, in hul oorspronklike vertalings, as ten volle geïnspireerd deur God en aanvaar dit as

die verhewe en finale outoriteit van geloof en lewe.

2. Ons glo in een God, wat tot in ewigheid uit drie persone bestaan: Vader, Seun en Heilige Gees.

3. Ons glo dat Jesus Christus deur die Vader gegee is, verwek is deur die Heilige Gees, gebore is uit die maagd, Maria, en waarlik God en waarlik

mens is.

4. Ons glo dat God die mens na Sy eie beeld geskape het, dat die mens gesondig het en as gevolg hiervan die loon van die sonde verdien het,

wat die dood is – liggaamlik en geestelik; dat alle mense „n sondige natuur erf (in die geval van hulle wie morele verantwoordelikhede bereik) in

volle oortreding, wat persoonlike skuld insluit.

5. Met betrekking tot seksuele gedrag, glo ons in heteroseksuele verhoudings tussen „n natuurlike man en „n natuurlike vrou binne „n wettige

huwelik. Om hierdie geskrewe beginsel van seksuele gedrag te onderskryf, is „n noodsaaklikheid tot lidmaatskap van die Pinkster Protestante

Kerk.

6. Ons glo dat die Here Jesus Christus vir ons sondes gesterf het as „n plaasvervangende offer volgens die Skrifte, en dat almal wie in Hom glo,

geregverdig word op grond van Sy gestorte bloed.

7. Ons glo in die liggaamlike opstanding van die Here Jesus, Sy opvaarding na die hemel, en Sy teenwoordige lewe as ons Hoëpriester en

Middelaar.

8. Ons glo in die persoonlike wederkoms van onse Here Jesus Christus.

9. Ons glo dat elkeen wie hulle sondes bely en die Here Jesus Christus aanneem met geloof, is wedergebore deur die Heilige Gees en word

kinders van God.

10. Ons glo in die doping met die Heilige Gees, deur wie gelowiges toegerus word vir diens, met die gepaardgaande bonatuurlike gawes van die

Heilige Gees, en in gemeenskap met die Heilige Gees. Ons glo in die God-ingestelde bedieninge van Apostel, Profeet, Evangelis, Pastoor en

Leraar.

11. Met betrekking tot onderdanigheid aan gesag: ons glo in die beginsel van gesag, want ons staan onder gesag. Met ander woorde: dit is

verstaanbaar dat lede hulle sal onderwerp aan onderdanigheid aan gesag in sake wat betrekking het tot kerk, regering, leerstelling en

persoonlike gedrag.

3

12. Ons glo in die opstanding van regverdiges sowel as onregverdiges, die ewige seëninge aan die verlostes, en die ewige verdoemenis aan hulle

wie die offer tot saligheid verwerp het.

13. Ons glo dat die een ware kerk die volle gemeenskap is van hulle wie deur Jesus Christus verlos is, en wedergebore is deur die Heilige Gees;

dat die plaaslike kerk op aarde geestelik die karakter moet aanneem van hierdie konsep van die kerk, en dat die wedergeboorte en persoonlike

belydenis van Christus daarom noodsaaklik is vir kerklidmaatskap.

14. Ons glo dat die Here Jesus Christus twee sakramente ingestel het: die waterdoop en die Here se avondmaal as bewys van gehoorsaamheid

en as „n sigbare getuienis tot die onwrikbare feit van die christelike geloof - dat die doop geskied deur onderdompeling van die gelowige in

water as belydenis van sy eenwording met Christus se dood en opstanding, en dat die Here se avondmaal deur die deelname aan die brood en

wyn simbolies is aan die Verlosser se gebroke liggaam en gestorte bloed, ter nagedagtenis aan Sy offerdood, totdat Hy kom.

15. Ons glo dat voorsiening in die Ou- en Nuwe Testament vir Goddellike genesing gemaak is, as „n intergrale deel van die Evangelie.

16. Ons glo dat die Bybel ons leer dat sonder heiligmaking niemand die Here sal sien nie. Ons glo in die leer van heiligmaking as „n besliste, maar

tog as „n voortdurende werk van genade, wat aanvang neem tydens die wedergeboorte, en wat voortgaan tot by die voltrekking van verlossing.

ONS KONTAKBESONDERHEDE

Administrasie- en Finansiële Kantoor

Tel: (015) 516 4018

Faks-na-Epos: 086 609 8876

Epos: admin@shammah7.co.za

Web: www.shammah7.co.za

Mag ons vir u tot seën wees, asook u vir ons!

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!