03.05.2013 Views

Uitgawe 1

Uitgawe 1

Uitgawe 1

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoërskool Upington

Tel: +27 (0) 54 332 1491

Faks: +27 (0)54 331 1456

E-pos: info@uppies.co.za

Web: www.uppies.co.za

Volume 1 Uitgawe1

Mei 2011

EERSTE KWARTAAL

HOOGTES

Nog ‘n Uppie in Groen-en-Goud: Elritha

Crous (Graad 11) verower Vol

Proteakleure in perdry en verower

goud in hul kompetisie teen die VSA

Uppies triomfeer in krieketliga

Deleen-Marie Steyn (Gr12) oppad na

SA TWEEKAMP

Udene van Niekerk dra die 2010

Noord-Kaap gimnastiekkroon vir Vlak

4-8

Tonia Ferreira is netbalspeler van die

dag by Vryburg Sportdag

Uppies 1ste rugbyspan wen Grey Kollege

se Cherries in ‘n pragwedstryd

Uppies 1ste liga skoleskiet: Uppies

skiet 3 goud, 2 silwer en ’n brons los

(besonderhede op webwerf)

Uppies Drama eindig eerste in die

provinsie!

Derik Steenkamp, Jandré Steenkamp,

Deleen-Marie Steyn en Johann Visser

skitter in Nocasa Swem kampioenskappe

en Deleen-Marie en Derik is

deel van die Noordkaapspan wat as

wenners van die Interprovinsiale byeenkoms

uit die stryd tree!

Gawie Carr en Deleen-Marie Steyn

beklee elk 2de posisie in Noordkaap se

Top 4 tennis ranglys.

Mia van Wyk is derde in die VLV se Top

Tiener Kompetisie

Uppies spog met ‘n lys van wenners in

Wiskunde Olimpiade (Sien web-werf)

Die skool kry sy eie Wiskunde sentrum

onder leiding van Mev Jo Gertenbach

Uppies bied ‘n suksesvolle Brugboukompetisie

aan, sorg vir pret met ‘n

“Sokkie-Sokker” wedstryd vir leerders

en ‘n “Tribute to Tolla” aand vir rugbyondersteuners,

bied ‘n rugbyfees aan

en ‘sluit ‘n kwartaal vol suksesse af met

‘n glansryke Matrieknooikompetisie.

Voorwaarts na die hoogtes daar ver teen die Blou

Planne om Uppieland

tot ‘n sentrum vir uitnemendheid

te ontwikkel,

is onlangs tydens ‘n

twee-dag werkwinkel

bespreek.

Prof Stef Coetzee, oudrektor

en tans direkteur van

die Afrikaanse Handelsinstituut,

het die strategiese

beplanning sessie gefasiliteer.

Prof Coetzee was

‘n onderhoofseun en eerstespan

rugbyspeler by die

skool en is uitgesproke oor

sy passie vir Hoërskool

Upington.

Ouers, leerlinge, oud-

Uppies en onderwysers het

10 areas vir uitnemendheid

geïdentifiseer. Die fokus

het swaar op akademiese

uitnemendheid geval. Sport

en kulturele ontwikkeling

gaan ook prioriteit geniet,

terwyl fasiliteite en estetika

deurlopend aandag gaan

Hoërskool Upington is vanjaar

115 jaar oud en die

Ondersteunersklub, onder

leiding van Bea Swart (neé

Visser) vier hierdie mylpaal

met verskeie nuwe planne op

die tafel…

Oud-Uppies en Uppie ondersteuners

kan uitsien na ‘n

kwartaallikse nuusbrief vol

interessanthede en brokkies

oor wat deesdae by hulle

kry. Een van die idees wat

ondersoek gaan word, is die

daarstelling van ‘n

Kunssentrum waar Kuns,

Drama, Dans en ‘n verskeidenheid

musiekvakke

aangebied sal

word. En tipies in

Uppies styl: weereens

‘n “eerste” vir

die gebied!

Die tien fokusareas

vir ons “Droomskoolvisie”

gaan

deur middel van

10 afsonderlike

“leierskappoele”

aangespreek word.

Elke “poel”

bestaan uit sy

eie aksiekomitee

met leiers. Die

tien afsonderlike

ontwikkelingsplanne moet

voor einde Mei 2011 voorgelê

word.

Oud-Uppies wat wil inskakel

of ‘n bydrae wil lewer,

Alma Mater

Trotse tradisies sedert 1896

Alma Mater gebeur. Die

skool wil ook graag weet hoe

dit met ons Uppie-familie

daar buite gaan en verwelkom

u bydraes, briefies

en wenke by die volgende epos

adres: erica@it5.co.za.

word genooi om die skool-

hoof te kontak.

‘n Vrugtevolle werkwinkel

is afgesluit met die bedankings

deur die hoofseun,

Prof Stef Coetzee , oud-Uppie en tans direkteur van

die AHI , het die tweedag werkwinkel gefasiliteer.

Luan du Preez. Luan het

gesorg vir ‘n emosionele

oomblik toe hy sy eredas

afhaal en aan Prof Coetzee

oorhandig.

ONDERSTEUNERSKLUB GERAT VIR SKOOL SE 115DE JAAR

Die Ondersteuningsklub het

weereens groot planne met

die gewilde Klein Interjol

Braai by die skool.

(Kaartjies by skool se Ontvangs

beskikbaar).Die Groot

Interjol Kuier is natuurlik

nog ‘n datum wat aangeteken

kan word.

Die kersie op die verjaardagkoek

is die Ondersteunersklub

se WINTERDI-

NEE wat op 14 Junie plaasvind

met motiveringspreker

Ian Thomas se “SPOOR” of

SUCCESS.

Page 2

PROF PROF GERHARD

GERHARD

BEUKES

BEUKES

1913 - 1998

Gerhardus Johannes Beukes ,

oud-leerling van Hoërskool Upington

en Dramaturg, was sedert

1961 Professor aan die Universiteit

van die Vrystaat en vanaf

1973 - 1978 Hoof van die Departement

van Afrikaans-

Nederlands. Hy was wenner van

verskeie toekennings – waaronder

‘n Hertzogprys vir Drama.

Hy was ook die skrywer van

beide skoolliedere van Hoërskool

Upington. “As jou pad

naby hom verbygeloop het, het

iéts van hom, van sy menswees,

in jou vesels neerslag gevind”,

skryf Otto Liebenberg van

NALN in sy huldeblyk. “Ek eer

hom byvoorbeeld daarvoor dat

hy by my so ’n positiewe ingesteldheid

teenoor die letterkunde

nagelaat het “

INTERJOL

13 Augustus 2011

Ons nooi alle lede van die

Uppie-familie hartlik om

te kom kuier. Ons wil

graag spog met al die verfraaiing

en verbeterings

op die skoolterrein!

Prof Beukes se droom word vanjaar gepak

Gedurende 1983 het

die skool ‘n kosbare

versameling Afrikana

ryker geword.

Die Gerhard Beukes versameling,

wat nie net ‘n

boekery insluit nie, maar

ook Prof Beukes se

Herzogprys vir Drama wat

in 1952 aan hom toegeken

is, sy toekenning as Erelid

van die SA Akademie vir

Wetenskap en Kuns, 'n foto

waar hy in 1973 tot 1975

Voorsitter was van die Fakulteitsraad

Kuns en Geesteswetenskappe

saam met

"groot geeste" soos Audrey

Blignault, Prof AP Grové

en TT Cloete, 'n foto by die

oorhandiging van 'n oorkonde

van die ATKV deur

Staatspresident CR Swart,

saam met 'n handgeskrewe

gelukwensing van die

Staatspresident, ens. word

sedertdien in ‘n spesiale

vleuel van die skoolbiblioteek

gehuisves.

Tydens die oorhandigingsplegtigheid

op 20 Oktober

1983 het Prof Beukes in ‘n

baie besielende toespraak

oor die belangrikheid van

‘n leeskultuur, sy visie vir

die Gerhard Beukes Biblioteek

bekend gemaak:

"Dit is my begeerte dat

hierdie pragtige vertrek

waarin my boekery 'n huisvesting

gevind het (danksy

die geesdrif en daadwerklike

ywer van my vriend

Mnr JJ Dippenaar en sy

ewe geesdriftige personeellede)

'n kultuursentrum-in-die-kleine

vir hierdie

dorp moet

word. Daarom wil ek ook

'n hartlike uitnodiging vanaand

rig aan alle oudskoliere

wat skrywers is om

'n eksemplaar van elk van

hulle boeke hierheen te

stuur vir uitstalling en bewaring

in hierdie vertrek.

En hierby sluit ek ook

ander kunstenaars in: ook

skilders en beeldhouers.

Kom ons maak dit

'n vertrek waarin alle oudskoliere

met hul werke kom

dankie sê - ongeag of die

werke vol gerwe is of slegs

'n paar are wat elkeen volgens

gawes ontvang, na sy

alma mater terugbring”.

Prof Beukes het genoem

dat hy met weemoed van sy

boekery afskeid neem,

maar dat hy dit ook met

dankbaarheid aan sy Alma

Mater skenk.

Weens die onvervangbare

waarde van die skenking is

Alma Mater

dit sederdien toegesluit en

het die hoofseun van 2009,

Albert Steyn, ‘n projek

geïnisieer om die Gerhard

Beukes versameling meer

toeganklik te maak.

As alles vlot verloop, sal

die bouwerk vir die professor

se droom gedurende

Junie 2011 in aanvang

neem. ‘n Glasdeur met

trappe sal toegang en sigbaarheid

vanaf die saalvierkant

moontlik maak. Die

huidige staalrakke sal vervang

word met houtrakke,

en aantreklike beligting en

matte sal sorg vir ‘n statige

atmosfeer waarin kamerkonserte,

voorlesings, boek

besprekings en middaguur

konserte aangebied gaan

word.

‘n Beroep word gedoen op

oud-Uppies wat skrywers

en kunstenaars geword het,

om eksemplare van hul

boeke, kunswerke of beeldhouwerke

te skenk vir uitstalling

in die Gerhard Beukes

Biblioteek. Elke boek,

kunswerk—selfs verhandeling

of tesis—sal saam

met ‘n CV van die skenker

uitgestal word. Belangstellendes

of skenkers kan kontak

maak met Erica Strauss

by tel 0833 888 475 of per

epos: erica@it5.co.za.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!