03.05.2013 Views

Delta-thrin 25 EC A_Villa - Villa Crop Protection

Delta-thrin 25 EC A_Villa - Villa Crop Protection

Delta-thrin 25 EC A_Villa - Villa Crop Protection

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GEBRUIKSAANWYSINGS INGESLUIT

Date formulated:

VERWYS NA BESONDERHEDE

Formuleringsdatum:

GEDRUK OP HOUER/SAK

DIRECTIONS FOR USE ENCLOSED

Batch number: REFER TO DETAILS PRINTED

Lotnommer: ON CONTAINER/BAG

DELTA-THRIN 25 EC

Reg. No. L 7426 Act/Wet No. 36 of/van 1947

N-AR 0992

An emulsifiable concentrate contact and stomach insecticide for the control of

insects mentioned on the crops listed.

’n Emulgeerbare konsentraat kontak- en maaginsekdoder vir die beheer van

insekte soos vermeld op die genoemde gewasse.

l

UN Number: 3351

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL

deltamethrin (pyrethroid) 25 g/l deltametrien (piretroïed)

IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 3 IRAC INSEKDODER GROEPKODE

2: 10/08/04-Jan2013

Registration holder / Registrasiehouer: Villa Crop Protection (Pty) Ltd.

Co. Reg. No. 1992/002474/07 Mpy. Reg. Nr.

PO Box / Posbus 10413, Aston Manor, 1630 Tel. (011) 396-2233

Website / Webblad: www.villacrop.co.za

HARMFUL

SKADELIK

Willow Set & Print 011 394-4486

DELTA DELTA-THRIN DELTA DELTA THRIN 25 25 EC

EC

Reg. No. L 7426 Act/Wet No. 36 of/van 1947

IRAC INSECTICIDE GROUP CODE / IRAC INSEKDODER GROEPKODE: 3

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL:

deltamethrin (pyrethroid) / deltametrien (piretroïed) ….…………...........................….………. 25 g/l

Registration holder / Registrasiehouer:

VILLA CROP PROTECTION (PTY) LTD.

Co. Reg. No. 1992/002474/07 Mpy. Reg. Nr.

PO Box / Posbus 10413

ASTON MANOR, 1630 Tel. (011) 396 2233

HARMFUL SKADELIK

3: 21/09/2007 – Jan2013

WAARSKUWINGS

Laat die volgende aantal dae toe tussen laaste toediening en oes of beweiding van die gewasse soos

hieronder genoem:

Katoen, Graansorghum, Druiwe & Mango’s 28 dae

Perskes (Nektariens), Pruime & Koring 21 dae

Mielies 14 dae

Appels, Bone, Grondbone, Pere & Paprika 7 dae

Koolgewasse, Blaarslaai, Lupiene, Lusern, Weiding, Erte & Turksvye 3 dae

Uie, Aartappels, Soetpatats & Tamaties 2 dae

LET WEL

Die maksimum residu vlakke (MRL’s) sal nie oorskry word, mits bespuitings toegedien word soos hiermee

voorgeskryf nie. Indien vrugte vir die uitvoermark bestem is, moet die betrokke uitvoer instansie gekontak

word, alvorens DELTA-THRIN 25 EC in ‘n bespuitingsprogram gebruik word.

• Hanteer versigtig.

• Skadelik wanneer ingesluk en matig giftig deur velkontak.

• Giftig vir visse en natuurlewe.

• Veroorsaak irritasie wanneer in kontak met vel en oë.

• Gebruik die produk volgens voorskrif sodat die risiko teenoor bye, nuttige plaagparasiete, nuttige

predatore en visse tot die minimum beperk word.

• Moet nie toedien wanneer bye op hul bedrywigste is nie. Moet nie die spuitnewel op byekorwe rig of

toelaat dat spuitnewel daarheen dryf nie. Deltametrien residue het nie ‘n waarneembare effek op

heuningbye wat kos insamel nie, mits die dosis van 300 ml produk per hektaar nie oorskry word nie.

• Moet nie oor watermassas soos damme, poele, riviere, strome of visteeldamme spuit nie of toelaat dat

spuitnewel daarheen dryf nie.

• Moet nie toelaat dat spuitnewel wegdryf na sitrusboorde onder geïntegreerde biologiese beheer vir

Rooidopluis nie.

• Laat ‘n bufferstrook van ten minste 100 meter tussen ‘n katoenland en ‘n sitrusboord.

• Vlambaar – hou weg van oop vlamme.

• Berg in 'n koel, droë plek weg van voedsel en voer.

• Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.

• Herbetreding: Moet nie behandelde gebied betree vir 1 dag na die bespuiting nie, tensy beskermende

oorklere gedra word.

• In geval van vergiftiging ontbied onmiddellik ‘n geneesheer en toon etiket aan hom/haar.

Lugtoediening:

Stel alle inwoners in die onmiddellike omgewing van die gebied wat bespuit gaan word in kennis en reik die

nodige waarskuwings uit. Moet nie oor aangrensende gebiede of water spuit of die spuitnewel toelaat om dit

te besoedel nie.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 2 OF 14

3: 21/09/2007 – Jan2013

Alhoewel hierdie middel omvattend onder 'n groot verskeidenheid toestande getoets is, waarborg

die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie, aangesien die

werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale grond-, klimaats- en

bergingstoestande, gehalte van verdunningswater, verenigbaarheid met ander produkte wat nie op

die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die plaag teen die betrokke middel,

sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie

verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir nadelige effekte op

mens of dier of vir 'n gebrek aan doeltreffendheid, as gevolg van die versuim van die gebruiker om

die etiketaanwysings na te kom of van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie

voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in geval van enige onsekerheid.

VOORSORGMAATREËLS

• Dra 'n gesigskerm, rubberhandskoene en stewels wanneer die produk hanteer, spuitmengsel

aangemaak en toegedien word.

• Voorkom kontaminasie van die oë, velkontak en inaseming van die spuitnewel.

• Was met seep en water na gebruik of na toevallige velkontak.

• Was besmette klere na gebruik.

• Moet nie eet, drink of rook tydens meng en toediening of voordat hande en gesig gewas is en skoon

klere aangetrek is nie.

• Verhoed wegdrywing van die spuitnewel na ander gewasse, weiding, riviere, damme en areas nie onder

behandeling nie.

• Maak toedieningsapparaat deeglik skoon na gebruik en gooi spoelwater uit waar dit nie voedsel,

weiding, boorgate, riviere of damme sal besoedel nie.

• Leë houers moet DRIEKEER UITGESPOEL word soos volg: Keer die leë houer om oor die spuittenk of

mengbak en dreineer vir minstens 30 sekondes nadat die vloei tot 'n gedrup verminder het. Spoel die

houer daarna driekeer uit met 'n volume water gelykstaande aan 'n minimum van 10 % van die inhoud

van die houer. Gooi die spoelwater by die inhoud van die spuittenk voordat die houer op die

voorgeskrewe wyse vernietig word.

• Vernietig die houer deur gate in te kap en plat te slaan en doen weg daarmee op 'n veilige manier.

• Moet nie die leë houer vir enige ander doel hergebruik nie.

• Voorkom besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei.

SIMPTOME VAN MENSLIKE VERGIFTIGING

Kan branderigheid, jeuk of tintelende sensasie van die vel veroorsaak, wat geredelik verdwyn binne 24 uur

na blootstelling. Inaseming veroorsaak loopneus, krapperige keel, asook verlies aan koördinasie,

stuiptrekkings en bewings. Sistemiese simptome sluit in duiseligheid, hoofpyn, naarheid, lusteloosheid en

braking.

NOODHULPBEHANDELING

• Verwyder die pasïent van bron van vergiftiging en hou hom/haar kalm en rustig.

• Velkontak: Verwyder gekontamineerde klere en spoel geaffekteerde liggaamsdele deeglik met

voldoende seep en koue water af. Moet nie die vel vryf nie. Smeer olyfolie aan geaffekteerde areas vir

onmiddellike verligting. Verkry mediese hulp indien irritasie voorkom en voortduur.

• Oogkontak: Spoel oë uit met skoon water vir ten minste 15 minute. Indien irritasie voorkom en

voortduur, verkry mediese hulp.

• Ingeasem: Neem persoon na vars lug. Indien asemhalingsprobleme, of irritasie voorkom en voortduur,

verkry mediese hulp.

• Ingesluk: Moet nie braking veroorsaak nie. Laat die pasïent mond deeglik met water uitspoel. Moet nie

iets per mond gee nie. Verkry mediese hulp.

NOTA AAN GENEESHEER

‘n Teenmiddel is nie beskikbaar nie. Behandel simptomaties en ondersteunend. In geval van inname,

oorweeg maagspoeling met water of 5 % natrium bikarbonaat oplossing. Stuiptrekkings kan met antistuipmiddel

behandel word.

WEERSTANDSWAARSKUWING

DELTA-THRIN 25 EC is ‘n groepkode 3 insekdoder. Enige populasie van ‘n spesifieke insek mag individue

insluit wat ‘n natuurlike weerstand teen DELTA-THRIN 25 EC of enige ander groepkode 3 insekdoder het.

Indien hierdie insekdoder herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 3 OF 14

3: 21/09/2007 – Jan2013

insekpopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende insekte sal waarskynlik nie deur DELTA-THRIN 25

EC of enige ander groepkode 3 insekdoder beheer word nie.

Om weerstand teen insekdoders te vertraag:

• vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van insekdoders met dieselfde groepkode. Wissel af

met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende insekdoder groepkodes,

• integreer ander beheermaatreëls (chemies, verbouing, biologies) in insekdoderprogramme.

Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk.

WEERSTANDSBESTUUR

• Bestandheid van die Afrika bolwurm (Helicoverpa armigera) teen sintetiese piretroïede is bevestig. As

deel van 'n strategie om die ontwikkeling van grootskaalse bestandheid te voorkom, moet die volgende

riglyne nagevolg word vir die beheer van Helicoverpa armigera:

Katoen: Sintetiese piretroïede moet slegs gedurende die periode 1 Januarie tot 1 Maart.

Alle Ander Gewasse: Moet nie meer as twee toedienings per groeiseisoen toedien nie.

• Vir optimale beheer van vatbare bolwurm populasies, moet larwes nie 10 mm (1 cm) in lengte

oorskry ten tye van toediening nie.

• Indien 'n piretroïedbespuiting swak beheer gee, moet nie met enige sintetiese piretroïed, selfs teen 'n

korrektiewe dosis, herspuit nie. Gebruik 'n produk uit 'n ander chemiegroep.

GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.

Verenigbaarheid:

• Moet nie benattings- of kleefmiddels of olies by DELTA-THRIN 25 EC voeg wanneer sagtevrugte

gespuit word nie.

• Moet nie met seewierekstrakte, Amitras, Chinometionat en Protiofos meng nie.

• Flokulering kom voor wanneer met benatbare poeier onkruiddoder-fomulasies in ‘n tenkmengsel gemeng

word.

• Die verenigbaarheid van DELTA-THRIN 25 EC met ander produkte kan beïnvloed word deur verskeie

faktore. Aangesien veranderende faktore kan varieër, moet ‘n fisiese verenigbaarheidstoets altyd

uitgevoer word voordat die tenkmengsel gespuit word.

• Indien DELTA-THRIN 25 EC in kombinasie met enige ander landboumiddel gebruik word, moet alle

WAARSKUWINGS, VOORSORGMAATREËLS en GEBRUIKSAANWYSINGS soos aangedui op

daardie etiket, gehoorsaam word.

Menginstruksies:

• Vul die spuittenk halfvol met skoon water.

• Skud die DELTA-THRIN 25 EC houer deeglik net voor gebruik.

• DELTA-THRIN 25 EC se doeltreffendheid kan benadeel word deur baie harde water (> 1000 d.p.m.

opgeloste stowwe) en/of water met 'n hoë of lae pH-waarde.

• Gebruik COMMODOBUFF (L 5390) buffer teen die geregistreerde dosis om die pH van die water aan te

pas.

• Commodobuff buffer moet met die water gemeng word voor die byvoeging van DELTA-THRIN 25 EC.

• Vir gebruik in Koolgewasse, kan BUFFERNAT (L 3104) buffer gebruik word, in stede van

Commodobuff, aangesien dit buffer, asook benattings- en spreidings-eienskappe voorsien.

• Neem ongeveer 10 liter van hierdie pH-korrekte water uit die mengtenk en meng die benodigde volume

DELTA-THRIN 25 EC by sodat deeglik vermeng is.

• Indien enige ander produk met DELTA-THRIN 25 EC gemeng gaan word, moet die benodigde volume

van hierdie produk op soortgelyke wyse eers vooraf gemeng word.

• Roer die water in die spuittenk en voeg dan die produk(te) by die tenk in die volgende volgorde (soos

van toepassing): Commodobuff, suspensiekonsentraat, wateroplosbare konsentraat, emulgeerbare

konsentraat.

• Vul die spuittenk met water tot by die verlangde vlak terwyl daar voortdurend geroer word om deeglike

vermenging te verseker.

• Handhaaf roering gedurende toediening.

• Aangemaakte spuitmengsel moet nie in die spuittenk gelaat word vir 'n onbepaalde tyd, bv. oornag, nie.

Aanwysings vir toediening:

• Indien DELTA-THRIN 25 EC op dig oorgroeide gewasse toegedien word, mag die effektiwiteit van die

spuitmengsel nadelig beïnvloed word.

• Verseker daarom dat deeglike penetrasie en benatting verkry word.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 4 OF 14

3: 21/09/2007 – Jan2013

• Monitor die effektiwiteit van die toediening 3 dae na bespuiting. 'n Verdere bespuiting mag nodig wees

indien onbevredigende beheer verkry is.

• DELTA-THRIN 25 EC sal afwassing deur reën weerstaan, indien die spuitmengsel genoeg tyd gegun

word om heeltemal op die plante droog te word.

• Dit is belangrik dat alle toedienings met geskikte toerusting wat in goeie werkende toestand en korrek

gekalibreer is, gedoen word ten einde die benodigde bedekking vir die betrokke toedieningsmetode te

verkry.

Lugtoediening:

DELTA-THRIN 25 EC kan slegs deur ‘n geregistreerde lugbespuitingsoperateur met ‘n korrek gekalibreerde,

geregistreerde vliegtuig volgens die instruksies van SANS Kode 10118 (Aerial Application of Agricultural

Pesticides) uit die lug bespuit word. Verseker dat die spuitmengsel eweredig oor die teikenarea versprei

word en die verlies aan spuitmengsel tydens toediening tot ‘n minimum beperk word. Dit is daarom belangrik

om aan die volgende vereistes te voldoen:

• Volume: ‘n Spuitmengsel volume van 30 liter per hektaar word aanbeveel. Hierdie produk is nie teen ‘n

verlaagde volume getoets nie. Die registrasiehouer kan nie effektiwiteit waarborg, of verantwoordelik

gehou word vir enige nadelige effekte indien hierdie produk teen ‘n laer volume, as hierbo aanbeveel,

toegedien word nie.

• Druppelbedekking: 30 tot 40 druppels per cm² moet op die teikenarea herwin word.

• Druppelgrootte: ‘n Druppelspektrum met ‘n VMD van 250 tot 280 mikron word aanbeveel. Beperk die

produksie van druppels kleiner as 150 mikron (hoë drywing en verdampingspotensiaal) tot ‘n minimum.

• Vlieghoogte: Handhaaf die hoogte van die spuitbalk bo die teiken op 3 tot 4 meter. Moet nie spuit

wanneer die vliegtuig duik, uitklim of draai nie.

• Gebruik geskikte atomiseringsapparaat wat die vereiste druppelgrootte en bedekking sal produseer,

maar die minste verlies van produk verseker. Die spuitstelsel moet ‘n druppelspektrum met die kleinste

moontlike Relatiewe Span produseer.

• Plaas al die atomiseerders in die binneste 60 tot 75 % van die vlerkspan om te verhoed dat druppels

binne-in die vlerkpuntvorteks beweeg.

• Die verskil in temperatuur tussen die nat- en droëboltermometer van ‘n swaaihigrometer, moet nie 8°C

oorskry nie.

• Stop bespuiting indien die windspoed 15 km per uur oorskry.

• Stop bespuiting tydens turbulente, onstabiele en droë toestande gedurende die hitte van die dag.

• Bespuiting onder temperatuur inversie toestande (deur bo of binne die inversielaag te spuit) en/of hoë

lugvog toestande (relatiewe humiditeit 80 % en hoër) mag tot die volgende aanleiding gee:

a) verlaagde effektiwiteit aangesien die druppels as ‘n wolk in die lug bly hang en moontlik verdamp

(onvoldoende bedekking op teiken),

b) skade aan sensitiewe gewasse of nie-teiken areas as gevolg van wegdrywing van die spuitwolk na

nie-teiken area.

• Verseker dat die lugbespuitingsoperateur presies weet watter lande bespuit moet word.

Kry ‘n versekering van die lugbespuitingsoperateur dat aan al die bogenoemde vereistes voldoen sal word

en dat data van belang in ‘n logboek saamgevat is vir toekomstige verwysing.

Spilpunttoediening:

• Die stelsel moet oor ‘n funksionele stopklep, vakuumverligtingsklep en ‘n laedruk afvoer beskik, op die

besproeiingspyp gemonteer, om te voorkom dat waterbesoedeling deur middel van terugvloei plaasvind.

• Die plaagdoder inspuitingspyplyn moet ‘n funksionele outomatiese sneltoemaak stopklep bevat, om die

vloei van die vloeistof terug na die inspuitingspomp te voorkom.

• Die plaagdoder inspuitingspyplyn moet ook oor ‘n funksionele, normaal geslote,

solenoïedbedieningsklep beskik. Dit moet aan die innamekant van die inspuitingspomp gemonteer en

aan die sisteemgrendel gekoppel word, om te voorkom dat vloeistof uit die voorsieningstenk verwyder

word, indien die besproeiingstelsel, hetsy outomaties of met die hand, afgesluit word.

• Die sisteem moet ‘n funksionele gegrendelde beheersisteem hê om die plaagdoderinspuitingspomp

outomaties af te sluit, indien die waterpompmotor tot stilstand kom.

• Die besproeiingslyn of waterpomp moet oor ‘n funksionele drukskakelaar beskik wat die waterpomp sal

afskakel, wanneer die watervlak tot ‘n vlak daal waar verspreiding nadelig beïnvloed word.

• Stelsels moet ‘n meetpomp soos ‘n positiewe verplasingspomp (bv. diafragmapomp) gebruik, wat

effektief uit ‘n plaagdoderbestande materiaal vervaardig is en met ‘n sisteemgrendel toegerus kan word.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 5 OF 14

3: 21/09/2007 – Jan2013

• Moet nie toedien indien die spuitnewel verder kan wegwaai as wat vir die area onder behandeling bedoel

is nie.

• BELANGRIK

Gebruik baie skoon water vir spilpunttoediening. Water moet skoon wees van slik, klei en organiese

materiaaldeeltjies, aangesien piretroïede geneig is om aan hierdie deeltjies te kleef en effektiwiteit

benadeel word.

GEBRUIKSBEPERKINGS

• Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSWAARSKUWING” soos hierbo

uiteengesit.

• Snywurms is geneig om ondergronds te voed indien die grondoppervlak droog is. Skade aan saailinge

is gewoonlik nie sigbaar alvorens die plante begin verwelk nie. Indien daar in droë grond geplant word,

of die grond kort na plant vinnig uitdroog, kan swak beheer van Snywurms verwag word, aangesien die

plaag nie met die produk op die grondoppervlak in aanraking kom nie. Opvolgbespuiting sal nie

noodwendig beheer verseker nie, tensy die grondoppervlak klam is.

TOEDIENINGSHOEVEELHEDE

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings

Aartappels

Aartappelmot

(Phthorimaea operculella)

Alle rygewasse

Snywurms

(Agrotis spp.)

VOORKOMENDE BEHANDELING:

Dien 'n voldekbespuiting toe voor of sodra die eerste tekens van die plaag

opgemerk word. Dien opvolg-bespuitings toe, elke 8 tot 14 dae om beheer te

verseker. Verseker deeglike penetrasie en benatting.

Die gewas moet ten minste twee keer opge-erd word gedurende die

groeiseisoen om te verseker dat die knolle met grond bedek is. Indien die

gewas vir ‘n periode in die grond gaan lê voor ge-oes word, moet voorsorg

getref word dat geen krake in die grond oor die rye voorkom nie. Die krake bied

toegang vir motte na die knolle.

Grondtoediening:

Dien toe as ‘n hoë volume toediening. Gebruik

180 tot 300 ml / ha 180 ml per hektaar om insekte tussen dag 0 en dag 40 te

beheer, 240 ml per hektaar vir dag 41 tot 70 en 300 ml

per hektaar vanaf dag 71.

Lae volume toediening:

Dien toe in die helfte tot ‘n agtste van die volume vir hoë

volume toediening per hektaar, afhangend van

180 tot 300 ml / ha

plantgrootte. Gebruik 180 ml per hektaar om insekte

tussen dag 0 en dag 40 te beheer, 240 ml per hektaar vir

dag 41 tot 70 en 300 ml per hektaar vanaf dag 71.

Vir beide voorkomende- (vooropkoms) en korrektiewe (na-opkoms)

behandelings.

a) In geval van her-infestasie, dien ‘n tweede toediening toe.

b) Vir minimum bewerkingspraktyke, verwys na aanwysings hieronder.

A. VOORKOMEND (vooropkoms):

a) Vir lande met geskiedenis van Snywurm probleme of waar plaag verwag

word.

b) Dien toe op 'n goed voorbereide saadbed sonder kluite en oormatige

plantreste.

c) Dit is belangrik dat die grond tot op die oppervlakte klam is met toediening,

om sodoende bevredigende beheer te verseker.

d) Indien op droë grond toegedien word, moet reën of besproeiing binne 7 dae

na toediening plaasvind, sodat grond ten minste tot 5 cm diep nat is.

B. KORREKTIEF (na-opkoms):

a) Wanneer die gewas reeds opgekom het.

b) Dien bespuiting toe wanneer skade op 5 % of meer saailinge waargeneem

word.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 6 OF 14

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings

Alle rygewasse

(vervolg)

Snywurms

(Agrotis spp.)

0.4 tot 0.5 ml /

100 m ry

125 tot 165 ml / ha

3: 21/09/2007 – Jan2013

Grondtoediening:

i) Rybehandeling:

Dien toe in 3 liter water per 100 meter rylengte en in 'n 30

cm breë band oor die wydte van die ry. Indien in ‘n breër

band toegedien word, verhoog die dosis daarvolgens.

ii) Algehele behandeling:

Dien toe in ‘n minimum van 300 liter water per hektaar.

Dien die laer dosis toe wanneer minimum

bewerkingspraktyk nie toegepas word nie.

165 ml / ha

Minimum bewerkingspraktyke:

Lugtoediening:

Dien toe in 30 liter water per hektaar.

In die geval van sodanige bewerkingspraktyke, moet die Snywurmpopulasie, na die aanvanklike bespuiting,

noukeurig gemonitor word. Aangesien lande onder hierdie omstandighede gewoonlik hoër

Snywurmpopulasies het, mag 'n opvolgtoediening nodig wees. Dien die opvolgtoediening toe as ‘n

algehele behandeling.

Verwys ook na “GEBRUIKSBEPERKINGS” vir die toestande waartydens swak beheer van Snywurms

verwag kan word.

Appels & Pere

Afrika bolwurm

(Helicoverpa armigera)

Antestia

Kodlingmot

(Cydia pomonella)

Gebande vrugte-kalander

(Snuitkewer)

(Phlyctinus callosus)

Die volume spuitmengsel per hektaar benodig, hang af van die boomgrootte en

blaarbedekking. Vroeë Kodlingmot, bolwurm en Kalander bespuitings sal

Bloubesie onderdruk.

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

hierbo.

Dien na 75 % blomblaarval toe wanneer die larwes kleiner is as 10 mm in

lengte. Dien toe as ‘n medium dekbespuiting. Kalander bespuitings beheer

bolwurm.

Hoë volume toediening:

12 ml / 100 l water Dien 300 tot 420 ml DELTA-THRIN 25 EC per hektaar

toe.

Lae volume toediening:

300 tot 420 ml / ha Dien toe in ‘n kwart tot ‘n agtste van die volume vir hoë

volume toediening.

Hoë volume toediening:

Dien as medium dekbespuiting toe sodat die blomtrosse

12 ml / 100 l water

en blare benat is. Bespuitings vir kodlingmot en kalander

sal Antestia beheer.

Dien die eerste bespuiting toe by 75% blomblaarval. Dien ‘n tweede bespuiting

toe 14 tot 18 dae later.

Hoë volume toediening:

10 ml / 100 l water Dien 250 tot 350 ml DELTA-THRIN 25 EC per hektaar toe

teen 2500 tot 3500 liter spuitmengsel per hektaar.

Lae volume toediening:

250 tot 350 ml / ha Dien toe in ‘n kwart tot ‘n agtste van die volume vir hoë

volume toediening.

Dien twee toedienings toe: Dien die eerste teen 75 % blomblaarval toe en

herhaal 3 tot 4 weke later. Indien nodig kan ‘n derde toediening in die middel

van Januarie toegedien word. Die interval tussen die Kalanderbespuiting en die

daaropvolgende Kodlingmotbespuiting kan na 28 dae verleng word. Beheer

Afrika bolwurm.

Hoë volume toediening:

Dien 2500 tot 3500 liter spuitmengsel per hektaar toe as

25 ml / 100 l water

‘n voldekbespuiting. Verseker deeglik benatting van die

stam- en raamtakke.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 7 OF 14

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings

Bone, Erte &

Grondbone

Afrika bolwurm

(Helicoverpa armigera)

3: 21/09/2007 – Jan2013

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDBESTUUR”

hierbo.

LARWALE INSPEKSIE TEGNIEK:

a) Verken 25 ewekansig gekose plante in lande tot 15 hektaar groot.

b) Verken die lande weekliks vanaf blomstadium.

c) Dien die eerste bespuiting toe wanneer 10 % van plante gemiddeld 1 tot 2

larwes (kleiner as 10 mm in lengte) het.

d) Herhaal toediening soos deur verkenning van die gewas bepaal word.

Grondtoediening:

250 ml / ha

250 ml / ha

Snywurms

(Agrotis spp.)

Blaarslaai

Ruspers 250 ml / ha

Graansorghum

Afrika bolwurm

(Helicoverpa armigera)

Snywurms

(Agrotis spp.)

Dien toe in ten minste 200 tot 500 liter water per hektaar.

Lugtoediening:

Dien toe in 30 liter water per hektaar.

Verwys na instruksies vir Alle Rygewasse.

Grondtoediening:

Dien eerste toediening toe sodra plaag opgemerk is.

Dien opvolg-bespuitings toe, elke 14 dae soos nodig.

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

hierbo.

LARWALE INSPEKSIE TEGNIEK:

a) Verken 25 ewekansig gekose are per 15 hektaar.

b) Verken die lande weekliks vanaf blomstadium tot graan hard is.

c) Dien die eerste bespuiting toe wanneer:

i) 25 larwes per 25 are voorkom in lande met beraamde opbrengs van

ongeveer 2 ton per hektaar en

ii) 12 larwes per 25 are voorkom in lande met beraamde opbrengs van

ongeveer 4 ton per hektaar.

d) Onbevredigende beheer word verkry wanneer die gewas in meer gevorderde

stadium as harde deegstadium is.

e) Dien die bespuiting toe voordat die are toemaak, in die geval van kultivars

met digte stywe are (voordat korrels opgevul het).

2.5 ml / 100 m ry

250 ml / ha

Grondtoediening:

Dien toe in minstens 3 liter water per 100 meter ry en 50

cm breë band oor ry. Rig bespuiting na die are.

Lugtoediening:

Dien toe in 30 liter water per hektaar.

Verwys na instruksies vir Alle Rygewasse.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 8 OF 14

Katoen

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings

Alle bolwurms, d.i. Afrika

(Helicoverpa), Rooi- en

Stekelrige bolwurm

larwes & Vlekbesies

Snywurms

(Agrotis spp.)

3: 21/09/2007 – Jan2013

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

hierbo.

DELTA-THRIN 25 EC is hoofsaaklik 'n voorkomende beheermaatreël teen alle

bolwurmlarwes. Toedienings is aanbeveel gedurende die tydperk vanaf 1

Januarie tot 1 Maart; aangesien geïntegreerde beheer en plaagbestuur

beginsels van belang is.

Toedienings is gebaseer op gereelde weeklikse verkennings, of 'n gereelde 7

dae-spuitprogram.

‘n Bolwurm beheerprogram sal gewoonlik ‘n aanvang neem ongeveer 12 weke

na plant-opkoms.

Moet nie DELTA-THRIN 25 EC met aanvang van blom tot spits blomtyd gebruik

nie. Tydens hierdie periode kan nie-piretroïed bevattende insekdoders vir die

beheer van Afrika bolwurm, Rooi- en Stekelbolwurm en Vlekbesies, gebruik

word. Dien bespuitings toe soos bepaal deur verkenning.

Katoen ouer as 12 weke na plant-opkoms word beskou as volgroeide plante en

gewoonlik hoër as 600 mm.

Deeglike benatting en penetrasie van die plante is belangrik. (Verwys na

“Aanwysings vir Toediening” hierbo.)

Dien bespuitings toe, gebaseer op verkenning, soos volg:

a) Verken 24 ewekansig gekose plante in lande tot 15 hektaar groot.

b) Verken die lande weekliks vanaf blomstadium tot bolbars.

c) Dien bespuitings toe wanneer die volgende drempelwaarde oorskry word:

Afrika bolwurm: gemiddeld 1 eier per 2 plante of 5 klein larwes per 24 plante;

Rooibolwurm: 6 eiers per 24 plante;

Stekelbolwurm: 4 larwes per 24 plante;

Vlekbesies: sodra plaag opgemerk is.

d) Tot en met week 7, dien opvolg-bespuitings toe met 7-dae intervalle, indien

drempelwaardes bespuiting vereis.

e) Vanaf week 17, indien plantgroeitempo afgeneem het, kan intervalle na 14

dae verleng word, inaggeneem die drempelwaardes.

250 ml / 100 l water

2.5 ml / 100 m ry

300 ml / ha

Grondtoediening:

Met newelblaser en spuitbalk. Dien toe in voldoende

volume water sodat deeglike benatting van die plante

verseker is.

"Treinspoor" behandeling:

Dien voldoende spuitmengsel per hektaar toe om

deeglike benatting te verseker. Gebruik minimum van 5

geskikte holkeël spuitneuse bo-oor die "treinspoor"

sodat een spuitneus direk bo-oor elke ry sal spuit, een in

die middel van die twee rye en een aan elke buitekant

van die rye. Monteer die twee buitenste spuitneuse op

val-arms teen 45 o opwaartse hoek.

1/3 meter treinspoor spasiëring = 5000 lopende meter

per hektaar.

Lugtoediening:

Dien toe in 30 liter water per hektaar.

Verwys na instruksies vir Alle Rygewasse.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 9 OF 14

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings

Koolgewasse

Ruitrugmotlarwes

(Plutella xylostella)

Snywurms

(Agrotis spp.)

Koring

Afrika bolwurm

(Helicoverpa armigera)

Lupiene

Afrika bolwurm

(Helicoverpa armigera)

Lusern

Lusernrusper

(Colias electo)

Mango’s

Mangosnuitkewer

Indien vir vars produkte mark bestem:

LARWALE INSPEKSIE TEGNIEK:

a) Verken 20 ewekansig gekose plante per hektaar,

b) Verken die lande weekliks vanaf 7 dae na verplanting,

c) Dien die eerste bespuiting toe wanneer:

i) gemiddeld van 0.3 larwes per plant voorkom op klein plante en

ii) gemiddeld 0.2 larwes per plant voorkom op groot plante.

d) Indien nodig herhaal die bespuiting 14 dae later.

Indien vir bevriesing bestem:

SPUITPROGRAM:

Volg ‘n 14-dae spuitprogram.

20 ml / 100 l water

3: 21/09/2007 – Jan2013

Dien tot 500 liter spuitmengsel per hektaar toe,

afhangend van die plantgrootte. Gebruik ‘n spuitbalk

met D3-25 holkëel spuitneuse. Dien ‘n gerigte

bespuiting toe. Voeg ‘n benatter by aangesien deeglike

benatting van die plante belangrik is.

Spruitkool: Meer as 500 liter spuitmengsel per hektaar

mag benodig word, maar moet nie aanbevole dosis

oorskry nie. Gebruik val-arms.

Verwys na instruksies vir Alle Rygewasse.

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

hierbo.

LARWALE INSPEKSIE TEGNIEK:

a) Verken 25 ewekansig gekose are per 15 hektaar.

b) Verken die lande weekliks vanaf blomstadium tot graan hard is.

c) Dien die eerste bespuiting toe wanneer 10 % van die are besmet is.

d) Onbevredigende beheer word verkry wanneer die gewas in meer gevorderde

stadium as harde deegstadium is.

e) Dien die bespuiting toe voordat die are toemaak, in die geval van kultivars

met digte stywe are (voordat korrels opgevul het).

Lugtoediening:

250 ml / ha

Dien toe in 30 liter water per hektaar.

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

hierbo.

LARWALE INSPEKSIE TEGNIEK:

a) Verken 25 ewekansig gekose plante per 15 hektaar.

b) Verken die lande weekliks vanaf blomknopvorming.

c) Dien die eerste bespuiting toe wanneer 10 % van plante, gemiddeld 1 tot 2

larwes (kleiner as 10 mm in lengte) het.

Lugtoediening:

200 ml / ha

25 ml / ha

40 ml / 100 l water

Dien toe in 30 liter water per hektaar.

Dien toe sodra die plaag opgemerk word. Herhaal

indien nodig.

Grondtoediening:

Dien toe in 300 liter water per hektaar.

Hoë volume toediening:

Dien as medium dekbespuiting toe. Dien eerste

toediening toe met vruggrootte van 10 mm in deursnee

en tweede 4 tot 5 weke later met vruggrootte van 30

tot 40 mm in deursnee.

LET WEL

Dopluis getalle mag toeneem as gevolg van hierdie

bespuitings.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 10 OF 14

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings

Mielies

Chafer kewer

Chilo stronkboorder

(Chilo partellus)

Stamboorder

(Busseola fusca)

3: 21/09/2007 – Jan2013

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

hierbo.

Lugtoediening:

Dien ‘n bespuiting toe sodra skade aan blare sigbaar

600 ml / ha

is. Indien kewers steeds uitbroei, herhaal die

bespuiting na 14 dae.

Rooispinmyt: Indien besmetting verwag word en mielies en katoen langs

mekaar geplant is, moet nie meer as twee DELTA-THRIN 25 EC bespuitings

toegedien word nie. Dien hierdie twee laaste bespuitings net voor pluimvorming

toe.

Grondtoediening:

Dien die eerste bespuiting toe 10 tot 14 dae na gewas

opkoms. Vir aanplantings gedurende koeler tye van

die jaar, dien toe vanaf 2- tot 4-blaarstadium. Dien

opvolg-bespuitings toe, elke twee weke soos nodig,

2.5 ml / 100 m ry totdat die gewas 8 tot 9 weke oud is (pluimstadium).

Rig die bespuiting in die kelk in deur van tandemspuitpasstuk

gebruik te maak. Monteer twee soliede

keëlspuitneuse (D4-35 of D5-35) op spuitbalk, sodat

bokant elke ry een spuitneus na onder en die tweede

effe na voor gerig is.

Spilpunttoediening:

Dien eerste behandeling toe met 6-blaarstadium van

die gewas. Vir vroeër groeistadium, moet bespuitings

volgens die “Grondtoediening” metode gedoen word.

Dien opvolgtoedienings elke 7 tot 10 dae toe totdat die

gewas 8 tot 9 weke oud is (pluimstadium).

250 ml / ha Stel die spilpunttoediening spoed op 100 %. Vir

beweegbare sprinkelbesproeiing-stelsels moet die

produk gedurende die laaste 10 tot 15 minute van die

siklus toegedien word, voordat pype geskuif word.

BELANGRIK

Tref nodige voorsorg dat besoedeling van waterbron

nie plaasvind nie.

GEBASEER OP VERKENNING:

Dien toedienings toe op die basis van verkenning, soos volg:

a) Verken 100 ewekansige plante per land vir eiers.

b) Verken die lande weekliks vanaf 2 weke na opkoms van die gewas tot

pluimskiet.

c) Dien die toediening toe 7 dae nadat 5 % van die plante met eiers besmet is.

d) Indien eiers reeds uitgebroei het en 10 % van die plante eerste tekens van

beskadiging toon, spuit onmiddellik. Onbevredigende beheer word verkry

indien larwes groter is as 5 mm en reeds die stam binnegedring het.

e) Hou vol met verkenning en herhaal toediening 12 tot 14 dae later, indien

besmetting weer voorkom.

Deeglike benatting en penetrasie van die plante is belangrik.

Grondtoediening:

Dien toe in minimum 3 liter water per 100 meter

rylengte. Rig die bespuiting in die kelk in deur van

2 ml / 100 m ry tandem-spuitpasstuk gebruik te maak. Monteer twee

soliede keëlspuitneuse (D4-35 of D5-35) op spuitbalk

sodat bokant elke ry een spuitneus na onder en die

tweede effe na voor gerig is.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 11 OF 14

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings

Mielies (vervolg)

Stamboorder

(Busseola fusca)

Mielies & Suikermielies

Afrika bolwurm

(Helicoverpa armigera)

3: 21/09/2007 – Jan2013

GEBASEER OP “BIOTRAP”:

Gebruik BIOTRAP (L 2982) aanduidings sodat die 4de week van motvlugte

bepaal kan word. Verwys na die Biotrap instruksies vir verdere besonderhede.

1 ml / 100 m plantry

Grondtoediening:

Verwys na die instruksies vir grondtoediening onder

“GEBASEER OP VERKENNING”.

Lugtoediening:

200 ml / ha Dien toe in 30 liter water per hektaar volgens die

Biotrap instruksies.

Beheer van kopskade gedurende Januarie tot Februarie generasie:

Bepaal week 3 van motvlug met behulp van Biotrap. Indien die gewas nog nie

in vol pluim is nie, dien bespuiting in week 4 toe. Sodra die gewas volpluimstadium

bereik het, is skade nie betekenisvol nie. Indien gewas in kelkstadium

is, volg instruksies soos beskryf vir “GEBASEER OP VERKENNING”.

250 ml / ha

Lugtoediening:

Dien toe in 30 liter water per hektaar. Verseker dat

minimum 20 druppels per cm 2 op kopvlak herwin word.

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

hierbo.

Sodra baard verskyn, begin op weeklikse basis vir eiers verken. Dien toe sodra

eiers opgemerk word. Hou vol met weeklikse verkenning en herhaal die

bespuiting indien nodig.

Koppe wat hard word, word nie betekenisvol geaffekteer nie. Dit is belangrik om

die infestasie so vroeg moontlik te beheer, aangesien beskadiging aan jong

baarde bestuiwing erg benadeel.

Deeglike benatting en penetrasie van die boonste derde van die plante is

belangrik.

250 ml / ha

Snywurms

(Agrotis spp.)

Paprika

Afrika bolwurm

(Helicoverpa armigera) 250 ml / ha

Patats

Blaarmyners, Patatkewer

& Pylstertmot larwes

50 ml / 100 l water

Lugtoediening:

Dien toe in 30 liter water per hektaar.

Verwys na instruksies vir Alle Rygewasse.

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na

“WEERSTANDSBESTUUR” hierbo.

Dien toe sodra die plaag opgemerk word. Verseker

deeglike benatting van die blomme en vrugte, deurdat

genoegsame volume water gebruik word.

Grondtoediening:

Dien eerste toediening toe sodra eerste tekens van

beskadiging opgemerk is. Dien opvolgbespuitings toe,

elke 14 dae soos nodig.

Plant met skoon materiaal en erd gereeld op om krake

in grond te verhoed.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 12 OF 14

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings

3: 21/09/2007 – Jan2013

Perskes (Nektariens) & Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

Pruime

hierbo.

Afrika bolwurm

KORREKTIEF na 75% blomblaarval:

(Helicoverpa armigera) Indien nodig, dien toe as 'n voldekbespuiting. Moet nie voor 75 % blomblaarval

toedien nie. Indien nodig, herhaal die bespuiting 18 tot 21 dae later.

Hoë volume toediening:

12 ml / 100 l water Dien 300 tot 420 ml per hektaar toe teen 2500 tot 3500

liter spuitmengsel per hektaar.

Lae volume toediening:

300 tot 420 ml / ha Dien toe in ‘n kwart tot ‘n agtste van die volume vir hoë

volume toediening.

Gebande vrugtekalander Dien as vol dekbespuiting toe sodra vreetskade opgemerk word. Indien nodig,

(Snuitkewer)

dien ‘n tweede toediening toe, 3 tot 4 weke later. ‘n Derde bespuiting mag nodig

(Phlyctinus callosus) wees in middel Januarie.

Hoë volume toediening:

25 ml / 100 l water

Dien 625 tot 875 ml per hektaar toe teen 2500 tot 3500

liter spuitmengsel per hektaar. Verseker deeglike

benatting van stam- en raamtakke.

Sierplante

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na

Afrika bolwurm

“WEERSTANDSBESTUUR” hierbo.

(Helicoverpa armigera)

Tamaties

12.5 ml / 100 l water Hoë volume toediening:

Dien toe sodra plaag opgemerk is. Herhaal soos

nodig. Verseker goeie benatting van die plante.

Snywurms

(Agrotis spp.)

Verwys na instruksies vir Alle Rygewasse.

Afrika bolwurm

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

(Helicoverpa armigera) hierbo.

Grondtoediening:

Dien toe as 'n voldekbespuiting. Begin toedienings met blom of wanneer

infestasie verwag word. Herhaal toediening elke 7 tot 10 dae of soos bepaal

deur inspeksie van die gewas.

Deeglike benatting en penetrasie van die plante is belangrik.

Hoë volume toediening:

12.5 ml / 100 l water Dien 2 liter spuitmengsel per 100 meter plantry toe op

plante 10 cm hoog.

Lae volume toediening:

Verseker deeglike benatting deurdat genoegsame

volume water per hektaar gebruik word.

Dosis / ha gebaseer op Formule om dosis per hektaar te bereken:

totale rylengte (Totale lengte van rye / hektaar) / 100 x (hoogte van

gewas in cm x 2) / 10 = volume mengsel / hektaar,

en (Volume mengsel / hektaar) / 100 x 12.5 = ml

produk / hektaar.

Turksvye

Grondtoediening:

(ingesluit Doringlose

Hoë volume toediening:

Turksvye)

Cactoblastis larwes

15 ml / 100 l water

Dien ‘n voldekbespuiting toe sodra die eiers gelê word

of larwes opgemerk is. Dien opvolg-toedienings toe,

soos nodig met 14- tot 21-dae intervalle. Verseker

deeglike benatting.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 13 OF 14

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings

Uie

Blaaspootjies

Wingerd

Kalanders (Snuitkewers)

(Phlyctinus callosus &

Eremnus setulosus)

Afrika bolwurm

(Helicoverpa armigera)

Weiding

Kommandowurm

(Spodoptera exempta)

3: 21/09/2007 – Jan2013

Nie vir gebruik op spruituie nie.

Dien die eerste toediening toe sodra die plaag opgemerk word. Dien

opvolgbespuitings toe soos nodig, met 10- tot 14-dae intervalle. Voeg benatter

by om deeglike benatting te verseker.

40 ml / 100 l water

100 tot 200 ml / ha

Grondtoediening:

Hoë volume toediening:

Dien 250 tot 500 liter spuitmengsel per hektaar toe,

afhangend van die plantgrootte.

Lae volume toediening:

Dien lae dosis op klein plante toe en die hoë dosis op

groot plante.

Dien die eerste toediening toe wanneer beweging of voeding van die Kalanders

opgemerk word (gewoonlik vanaf middel Oktober tot middel November). Indien

nodig, dien ‘n opvolgtoediening toe na 21 dae.

Hoë volume toediening:

25 ml / 100 l water Dien toe as ‘n voldekbespuiting en verseker deeglike

benatting van die hele plant.

Waarskuwing Teen Bestandheid: Verwys na “WEERSTANDSBESTUUR”

hierbo.

12 ml / 100 l water

250 ml / ha

Hoë volume toediening:

Dien toe as ‘n medium dekbespuiting sodra die plaag

opgemerk word. Herhaal die toediening soos nodig.

Verseker deeglike benatting van die blare en trosse.

Slegs vir mielie-, gras-. sorghum- en

koringweiding.

Dien toe sodra die plaag opgemerk word en geen

verdere larwes uitbroei nie.

Grondtoediening:

Dien toe in ten minste 300 liter water per hektaar.

Verseker deeglike bedekking.

Die produkte wat in hierdie etiket genoem word kan vervang word met die volgende ekwivalente produkte:

• COMMODOBUFF (L 5390 / N-AR 1107) = PAZBUFF (L 5385) = AQUABUFF (L 5451 / W 130060),

• BUFFERNAT (L 3104) = SCENIC (L hangende).

COMMODOBUFF, AQUABUFF and/en SCENIC are registered products of / is geregistreerde produkte van

VILLA CROP PROTECTION (PTY) LTD.

BUFFERNAT is a registered product of / is ‘n geregistreerde produk van

FARMKEM SPECIALITY PRODUCTS (PTY) LTD.

PAZBUFF is a registered product of / is ‘n geregistreerde produk van

FARMKEM SPECIALITY PRODUCTS (PTY) LTD.

BIOTRAP is a registered product of / is ‘n geregistreerde produk van

WEFCO MARKETING C.C.

DELTA-THRIN 25 EC PAGE 14 OF 14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!