03.05.2013 Views

Referaatopsommings - Nelson Mandela Metropolitan University

Referaatopsommings - Nelson Mandela Metropolitan University

Referaatopsommings - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

REFERAAT-OPSOMMINGS EN BIOGRAFIESE

GEGEWENS

Joan‐Mari Barendse verwerf in 2007 ʼn MA in Afrikaans en Nederlands aan die

Universiteit van Stellenbosch. In 2010 begin sy met ʼn PhD‐graad aan dieselfde

universiteit. Haar navorsing handel oor toekomsromans in Afrikaans ná 1999 wat

binne die subgenre van distopiese literatuur geplaas kan word.

barendse@sun.ac.za

Wederkoms – Die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop (2009) as ʼn

distopiese roman

Wederkoms – Die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop (2009) deur Louis Krüger

verskyn oorspronklik in Nederlands as Wederkomst (2001). Die Afrikaanse

weergawe word goed ontvang deur resensente soos Louise Viljoen en Thys

Human. Willie Burger verskil egter van opinie en skryf dat die roman nie

vernuwend is nie en herinner aan die beskrywing van arm blankes soos in Van

Bruggen se Ampie. Wederkoms speel in ʼn onbepaalde tyd in die toekoms af. In die

geskiedenis van Afrikaanse letterkunde het daar ʼn aantal toekoms‐romans

verskyn in die sewentiger‐, tagtiger‐ en vroeë negentigerjare van die twintigste

eeu. In die eerste dekade van die een‐en‐twintigste eeu is daar ʼn aansienlike

toename in hierdie tipe roman, byvoorbeeld Oemkontoe van die nasie (2001)

deur PJ Haasbroek, Miskruier (2005) deur Jaco Botha, Horrelpoot (2006) deur

Eben Venter en, soos reeds genoem, Wederkoms. Alhoewel Viljoen en Human die

term “apokalipties” gebruik om Wederkoms te beskryf, word die resente

toekoms‐romans deur kritici soos Andries Visagie in verband gebring met

distopiese literatuur. Deur gebruik te maak van die teorie oor distopiese literatuur

soos uiteengesit deur Raffaella Baccolini, Tom Moylan en ander kritici, gaan daar

gekyk word of Wederkoms binne die raamwerk van hierdie subgenre bespreek

kan word. Die veronderstelling is dat Wederkoms meer is as net ʼn blote

herskrywing van ou Afrikaanse romans, soos wat Burger beweer, en eerder deel is

van ʼn nuwe tendens in Afrikaanse letterkunde, naamlik die toename van

toekomsromans met distopiese elemente.

Linde Beer is ‘n oud‐student van die destydse Universiteit van Port Elizabeth,

waar sy die grade B.A., B.A. Honneurs en M.A. behaal het. Van 1980‐2002 was sy

verbonde aan die Departement Moderne Tale aan die Universiteit van Zimbabwe,

as dosent in Afrikaans (taal‐ en letterkunde) en afdelingshoof Afrikaans. Sy is

vanaf 2003 dosent in Afrikaans by Unisa. Haar navorsingsonderwerp (DLitt) onder

leiding van Prof. Henriette Roos is getiteld: “Time erases whiteness altogether”?

‘n Ondersoek na Africanism en Whiteness in Afrikaanse tekste oor Zimbabwe,

Zambië en die Kongo (D.R.K.), vanaf 1912‐2012.

Beerl@unisa.ac.za

“Van Kaapstad tot aan de Ubangi”: die representasie van Afrika in DF

Malan se reisbeskrywing Naar Congoland

Haas onbekend vandag in sowel die Afrikaanse literêre geskiedskrywing as in die

algemene omgang is die reisbeskrywings van D.F. Malan (Naar Congoland , 1913),

Johannes du Plessis (Een toer door Afrika, 1917), en Gijsbertus Seubring (Van

Noord naar Zuid, met kameelen, ezels en ossen door Afrika, 1930; Op stap deur

oerwoud en woestyn, 1942; en Deur die donker wêrelddeel, 1948). Hierdie reise is

onderneem en is ook tot tekste verwerk in die koloniale tydperk.

Die motief vir Malan se reis (in 1912 onderneem en in 1913 te boek gestel) was

om ondersoek in te stel na die geestelike welsyn van Afrikaners wat sedert die

1890’s na Suid‐Rhodesië (Zimbabwe), Noord‐Rhodesië (Zambië) en die Belgiese

Kongo (teenswoordig die Demokratiese Republiek van die Kongo) verhuis het.

Naas die godsdienstige motief was daar egter ook ‘n nasionalistiese beweegrede:

dat “...de taal van ons volk en onze Kerk, officieele taal van het land van Kaapstad

tot aan de Ubangi, d.w.z. een afstand van 3000 mijl dwars door de hart van Afrika

tot aan de grenzen van de Soedan” sou word. Johannes du Plessis deurkruis Afrika

drie maal van oos na wes en wes na oos in ‘n staptog van 17 000 myl, en besoek

sendingstasies in verskeie Afrikalande, onder andere die Ubangi, Brits‐Oos‐Afrika,

die Belgiese Kongo, Noord‐Rhodesië, Suid‐Rhodesië en Nyasaland (teenswoordig

Malawi). Sy fokus is ook godsdienstig van aard, maar sy belangstelling strek wyer

as slegs Afrikaners: hy besoek sending‐stasies van 25 verskillende sending‐

genootskappe en is begaan oor die aanslag van die Mohammedanisme, asook die

“ondermijnende invloeden van de onchristelijke beschaving”. Gijsbertus Seubring

was nie ‘n predikant of sendeling nie, maar het Nederlandse en Afrikaanse

reistekste geskryf oor sy togte van noord na suid in Afrika om gegewens te

versamel oor die geskiedenis en kultuur van “primitiewe stamme”. Velerlei

Afrikalande word in sy tekste vermeld: hy reis vanaf Constantinopel deur onder

andere ook die Belgiese Kongo, Kenia, Nyasaland en Suid‐Rhodesië.)

Hierdie referaat beoog om die representasie van Afrika in bovermelde tekste

binne ‘n breë postkoloniale perspektief te bespreek, binne die raamwerke van

resente literêr‐teoretiese rigtings soos Whiteness Studies (spesifiek Melissa Steyn

en Leon de Kock se Suider‐Afrikaanse toepassings) en Africanism (soos

gekonsipieer deur Christopher Miller en Lindy Stiebel). Onder “Afrika” word

2

verstaan sowel die gemarginaliseerde swart inwoner van die “Donker Kontinent”,

as die Afrikaner‐trekkers wat minderhede in veral Noord‐ en Suid‐Rhodesië en die

Belgiese Kongo gevorm het in koloniale tye. Bovermelde tekste sal bespreek word

met verwysing na Engelse reisbeskrywings van die relevante gebiede in Afrika in

die koloniale tye, veral dié van Stanley en Livingstone.

Marthinus Beukes is senior lektor in die Departement Afrikaans aan die

Universiteit van Johannesburg. Hy doseer Afrikaanse poësie en Kinder &

Jeugliteratuur op voorgraadse en naagraadse vlak. Akademiese artikels en

bydraes tot handboeke handel in besonder oor die Afrikaanse digkuns

mbeukes@uj.ac.za

Die digter‐seunverhouding in Johann de Lange se poëtiese oeuvre

In Johann de Lange se digkuns is die vader‐seunverhouding 'n bekende tema.

Hierdie aspek het reeds aandag ontvang in ondersoeke van sy oeuvre. Van ’n

ander perspektief af beskou, is die verhouding tussen digter en seun ’n pendant

van dieselfde tipe afstand en nabyheid. Waar eersgenoemde in ’n sekere sin

soeke na die (afwesige) vader was, is die digter as ouer figuur op soek na die

verlore seun. In talle gedigte waarin die gesprek met die seun / jong man gevoer

word, is daar sprake van afstand of onbereikbaarheid. Om dié afstand tussen die

seun / jong man en digter op te hef, is die gedig gepaste vehicle. Ek sal in hierdie

referaat fokus op die digter se tekstuele uitreik na die (verlore) verhouding met

die seun.

Marni Bonthuys het haar MA aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Sy is

tans besig met navorsing oor debuutpryse vir poësie sedert 2000 in beide die

Afrikaanse sowel as die Nederlandstalige literêre sisteme. Hierdie navorsing sal

deel uitmaak van ‘n PhD ook by die US. Marni is al vir drie jaar werksaam as ‘n

lektor in Akademiese Geletterdheid en sedert die begin van die jaar as ‘n

deeltydse lektor in Skryfkuns by die Noordwes‐Universiteit

Marni.Viviers@nwu.ac.za

Debuutpryse vir Afrikaanse en Nederlandse poësie: die ‘nuwe’ stemme

van Loftus Marais en Hagar Peeters

Debuutpryse vir letterkunde bestaan in verskeie taalgebiede reg oor die wêreld.

Hierdie verskynsel het waarskynlik te make met die feit dat die voorkoms van

nuwe stemme binne die letterkunde altyd ’n belangrike kwessie binne enige

literêre sisteem is en sal wees. In die laaste dekade het die onderwerp van

3

debute, en spesifiek digdebute, heelwat gesprek uitgelok in sowel die Afrikaans as

die Nederlandse taalgebied.

Debuutpryse het, soos ander literêre pryse, ’n belangrike kanoniserende funksie.

Dit identifiseer dus sterk nuwe stemme en het die vermoë om ’n onbekende

outeur tot prominensie te bring en meer aandag vir hom/haar te genereer. Soos

in die geval van die Eugène Maraisprys, wat spesifiek toegeken word aan ’n

“talent wat die moontlikheid op groei het” (Smuts, 2005: 9), dien dit ook dikwels

as ’n aanmoedigingsmiddel vir jong skrywers. Die toekenning van die debuutprys

bevestig die outeur se potensiaal – iets wat hom/haar die selfvertroue moet gee

om weer te publiseer. Die wenners van debuutpryse is, soos blyk uit die lys van

wenners van die Eugène Maraisprys, dikwels ’n taalgebied se toekomstige groot

skrywers. Hoewel die toekenning van ’n debuutprys nie latere sukses waarborg

nie, kan daar aanvaar word dat so ’n prys die skrywer wel ’n voorsprong gee bo

ander nuwe outeurs as dit kom by ’n tweede publikasie: soos Janssen (1994: 76)

byvoorbeeld in In het licht van de kritiek aandui, sal die nuwe teks van ’n outeur

wie se werk vantevore positiewe aandag ontvang het en deur ’n groot aantal

kritici bespreek is, eerder in die media geresenseer word as die werk van ’n

outeur wat voorheen weinig belangstelling of bespreking ontlok het.

In my referaat sal daar kortliks gekyk word na faktore wat bepaal watter tekste

debuutpryse verower. Die belangrikste oorkoepelende faktor hier blyk die

vernuwende aard van die ‘nuwe’ stem te wees. Die digters Hagar Peeters en

Loftus Marais, wat beide veelvuldige debuutpryse in die afgelope dekade in

onderskeidelik Nederlands en Afrikaans gewen het en binne hulle literêre sisteme

gehuldig is as sterk nuwe stemme, sal as gevallestudies bespreek word. Ooreen‐

komste en verskille ten opsigte van die vernuwende aard van hierdie twee digters

se poësie, sowel as hulle sienswyse van die digkuns, sal ook ter sprake kom.

Nina Botes behaal ’n BA Tale (cum laude) en ’n BA (Hons) Vertaling en

Professionele Skryfwerk aan die Universiteit van Pretoria, en ’n interuniversitêre

Advanced Master of Literary Studies (summa cum laude) in Vlaandere met die

Katholieke Universiteit Leuven as penvoerende instansie. Sy is tans besig met die

voorbereiding van haar doktorale proefskrif aan die Universiteit Antwerpen.

nina.botes@ua.ac

Taal, gender en ruimte in Noudat slapende honde van Ronelda S. Kamfer

Hierdie referaat ondersoek taal, geslag en ruimte in Noudat slapende honde

vanuit ’n postkoloniale hoek. ’n Komplekse verhouding met die verskillende

dialekte van Afrikaans en ook met die Engfrikaans‐idioom kom in hierdie bundel

4

tot stand, wat reeds in Kamfer se debuut in Nuwe stemme 3 (2005, saamgestel

deur Antjie Krog en Alfred Schaffer) verwoord word: “ek het respect vir die taal

wat ek praat / ek like dit net beter as ek dit kan flex / en tune om by my wêreld in

te pas” (“Kuns en Culture”). In ’n postkoloniale konteks sou die kwessie van taal in

Kamfer se poësie dus gelees kon word as subversief op twee verskillende vlakke.

Enersyds word die “ooms met creepy, lang grys baarde” se houvas op Afrikaans

ongedaan gemaak (“vergewe my maar ek is Afrikaans”). Andersyds word

Engfrikaans ingespan op wyses wat die potensiaal het om die hegemoniese

posisie van Standaardafrikaans te ondermyn – soos Visagie (2007) met verwysing

na Krog uitwys.

In die gedig “vergewe my maar ek is Afrikaans” word die konstrueerders van

identiteit gebaseer op taal spesifiek as ouer en manlik uitgebeeld. Hierdie beeld

en ander tematiese en stilistiese eienskappe vorm ’n intertekstuele gesprek met

ver‐skeie van Krog se gedigte, onder meer “ai tog” (in Kleur kom nooit alleen nie,

2000). Soortgelyk skakel ook “die huisvrou” en gedigte oor die vaderfiguur met ’n

vroulike Afrikaanse tradisie, maar wel met ’n sterk innoverende aard. Gedigte

soos “Dame in progress”, “Lolla”, “To all the boys I’ve loved before”, “ek soek ’n

goue sterretjie” en “goeie meisies” lewer sterk sosiale kommentaar oor tradisio‐

nele genderrolle. In hierdie referaat word ondersoek ingestel na die wyses

waarop hierdie aspekte bydra tot die konstruksie van identiteit in Noudat

slapende honde.

Marisa Botha doen doktorale navorsing oor die outobiografiese kode in Antjie

Krog se oeuvre met spesifieke verwysing na haar poësie. Haar MA‐tesis het

gehandel oor eksperiment en intertekstualiteit in Ingrid Winterbach se Niggie.

marisa@webafrica.org.za

Universele stemverwewing: Antjie Krog as transnasionale skrywer

Country of My Skull se ongekende sukses as ʼn transnasionale teks het nie slegs te

make met die hoë mate van internasionale belangstelling in die WVK nie, maar

ook met Krog se vernuf om dié gebeure te interpreteer in universele temas van

trauma en verlies waarmee die internasionale mark kan identifiseer. Trans‐

nasionalisme word omskryf as ʼn sosiale beweging wat ontstaan het uit die

verhoogde interverbintenis tussen individue, as gevolg van die vervaging van

kulturele grense tussen lande. Randolph Bourne het die term in 1916 gemunt om

ʼn nuwe denkwyse oor verhoudings tussen verskeie kulture te beskryf. Selfs in ʼn

letterlike interpretasie dui die term op die oorsteking (“trans”) van nasionale (of

eerder kulturele) grense. Dit wil sê skrywers of tekste wat die grense van

5

yvoorbeeld Suid‐Afrikaanse letterkunde oorskry en suksesvol ontvang word deur

die buiteland. Chapman (2009) verduidelik die skakel tussen dié term en die Suid‐

Afrikaanse literatuur: “South African literature in the transnational moment, the

‘transnational’ being the formulation of Bill Ashford (2007) and others before him

to denote the nation caught in movement – possibly transformational movement

– ‘in‐between’ local and global demands”.

Met die publikasie van Down to My Last Skin (2000), ʼn keur uit Krog se poësie wat

vertaal is in Engels, bou die digter voort op die transnasionalisme wat sy met

Country of My Skull bereik het. Krog erken self die voordeligheid van Engelse

publikasies: “(...) English does not care two hoots whether there are brilliant

writers in Afrikaans or Xhosa or Sepedi: if a writer does not write in English, he or

she does not really exist (2003:270).” Dit is van belang dat Krog eers ná haar

toetrede tot die Engelse publikasiemark, vereer is met haar eerste ere‐

doktorsgraad in 2002 van die Universiteit van Oos‐Londen in die VK. Hieruit kan

afgelei word dat Afrikaans, as minderheidstaal, in die groter internasionale

literêre perspektief bloot as kuriositeit of hoogstens kosbare inheemse taal gesien

word. Dit blyk dat transnasionalisme berus op die vertaling en publikasie van

tekste in Engels, asook die aanpassing van sulke tekste by wat Chapman (2009)

noem die generiese (individuele, liberale, middelklas) internasionale

horisonsverwagting.

Freddie Burger is gebore in Vryburg in die Noord Kaap. Hy begin werk as klerk

by die destydse SAS&H, matrikuleer deur Sukses Korrespondensiekollege, behaal

die grade BA (1967) BTh (1970) LTh (1971) aan die Universiteit van Stellenbosch

en BA Honneurs (Algemene Literatuurwetenskap) 1996 UNISA en is tans besig

met MA by UNISA. Was lid van die Afrikaanse Psalmkommissie. Verhuis in 2003

na die VSA (Ketchikan,Alaska) en werk deeltyds as predikant vir die Tsimshian

Indiane (Metlakatla). Tans emeritus leraar en student. Belangstelling: metafoor‐

teorie, digkuns, Indiaanse mitologie en hengel.

freddieburger@hotmail.com

Mens, dier en ekologie: die bundeltitel as globale metafoor vir T.T.

Cloete se digbundel Met die aarde praat (1992)

Hierdie referaat is ’n ondersoek na die verhouding tussen die metafoor in die titel

en die inhoud van T.T. Cloete se digbundel Met die aarde praat wat weens die

sterk fokus op mens, dier en kosmos ’n sterk ekologiese oriëntasie het. Die

bundeltitel, as globale metafoor, funksioneer as 'n integrale deel van die tekstuele

6

elemente van die bundel en vervul ’n hermeneutiese funksie ten opsigte van die

individuele gedigte met leidrade vir die lees en verstaan van die bundelinhoud.

Die bundeltitel Met die aarde praat is deel van ’n metaforiese konstruksie wat

oorgeneem is uit die boek Job. Die volledige aanhaling is as volg: "Miskien moet jy

die diere vra om jou te leer, die voëls daarbo om jou te vertel, of praat met die

aarde dat dit jou leer en met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê.” (Job 12:7‐

8) Die boek is Job deel van die Ou Testamentiese en antieke wysheidsliteratuur

wat poneer dat die godheid tydens die skepping waardevolle kennis in die natuur

versteek het en dat die mens wysheid kan bekom deur te let op die ordelike siklus

in die die ekologiese prosesse, hoe gering dit ook mag blyk. Die referaat sal

aantoon dat die lokale metafore op linguistiese vlak, veral deur gebruikmaking

van metaforiese kettings en opeenhoping, ’n nuwe netwerk van konsepte skep

wat deel word van die brondomein, naamlik die ekologiese gegewe van die aarde.

Die temas soos gesuggereer deur die verskillende afdelingstitels in die bundel is

verder 'n uitbreiding en nadere spesifikasie van verskillende kosmiese aspekte van

die globale metafoor.

“Gaea,” wat verwys na moeder aarde, is ’n kerngedig wat belangrike leidrade

verskaf vir die verstaan van die bundeltitel as globale metafoor asook vir die

posisionering van die implisiete liriese ek as kosmologiese wysheidsprediker wat

die verhouding tussen mens, dier en aarde ondersoek: 1 Gaea ... / 10 het ’n

behoefte aan my potlood / 21 Sy stuur my / 27 Ek ondersoek haarself, sy verwag

dit van my. “Entelegie” is nie net ’n jukstaponering van menslike en dierlike kennis

nie maar wys hoedat daar ekologiese balans in die natuur bestaan sonder

menslike inmenging. Nie net is die diere se kennis “ingebioweet” nie, maar die

Golfstroom hou sy massiewe waterflanke in een groot stroom vas, terwyl die

toendragans sy lugverkeer sonder toringbeheer behartig. “Eters 2” toon aan dat

die mens aan die aarde verbind is en van die ekologiese prosesse afhanklik is.

Hoewel die bundel geen eksplisiete apokaliptiese gedigte bevat nie, is daar soos

wat dikwels in die kosmologiese wysheidsliteratuur die geval is, wel ’n

sluimerende gevoel van die apokaliptiese teenwoordig. Die gedig "big bang"

sinspeel op die moontlike katastrofiese gevolge vir die wêreld as die heelal

aanhou om sentrifugaal uit te dy terwyl die ewigdurende pegasiese rit

(“Konsoneer”) in die mitologie rampspoedig eindig. Die bundel in sy geheel fokus

op die ekologie van mens, dier en natuurverskynsels asook die soeke na 'n

enigmatiese God.

7

Willie Burger is hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van

Pretoria.

Willie.Burger@up.ac.za

Steeds wagtend op 'n beeld van waarheid: 'n onvergenoegde, dog

kritiese reik verby die postmodernisme in Ingrid Winterbach se roman,

Die benederyk

In hierdie referaat probeer ek om die konsep van karakter in Ingrid Winterbach se

Die benederyk te ondersoek. “Karakters”, in modernistiese fiksie, is dikwels

“argetipiese modelle” eerder as herkenbare individue met psigologiese

samehang. Die blik in modernistiese fiksie is dikwels na binne gedraai, soos

Virginia Woolf geskryf het, in ‘n poging om die lewe van die menslike psige te

ondersoek. In dié sin is die karakters in modernistiese romans ondermynend ten

opsigte van die essensialistiese opvatting van karakters in realistiese tekste. In

postmodernistiese fiksie word sowel essensialistiese opvattings van karakter as

pogings om na argetipiese modelle te soek, ondermyn – hoofsaaklik deurdat plot

ondermyn word. Ricoeur dui aan, met verwysing na Robert Musil se A Man

Without Qualities, dat wanneer plot verdwyn, karakter eintlik ook verdwyn. In Die

benederyk is daar karakters wat met die meer modernistiese opvattings

geassosieer kan word (as bloot funksies van die plot), sowel as karakters wat met

postmodernistiese en selfs met “humanistiese, essensialistiese” opvattings

geassosieer kan word. Die effek van hierdie mengsel word gelees as ‘n poging om

verby die impasse van postmodernisme te reik sonder ‘n terugkeer na ‘n

onkritiese realisme.

Klein nasionale letterkundes en transnasionale studie: Die studie van

Afrikaanse literatuur in ‘n geglobaliseerde wêreld.

Die redakteurs van The Princeton Sourcebook in Comparative Literature. From the

European Enlightenment to the Global Present (Damrosch, Meals, & Buthelezi,

2009.) wys daarop dat on tans toegang het tot ‘n groter verskeidenheid van

literêre tekste as ooit tevore.

... we can read and appreciate a greater range of literatures than ever

before, even as globalization threatens to produce a unitary world culture

radically different from anything experienced before. The individual scholar

has the responsibility, and the opportunity, to counter both the multiplicity

of the past and the massafication of the present through a blend of

intuition, reading and research (Reds, 2009:126)

Bruce Robbins (2002:311) skryf:

8

When we speak today of “world literature” or “global culture”, we are not

naming an optional extension of the canon; we are speaking of a new

framing of the whole which revalues both unfamiliar and long‐accepted

genres, produces new concepts and criteria of judgement, and effects even

those critics who never “do” world literature or colonial discourse at all –

affects critics, that is, by shifting criticism’s whole sense of intellectual

enterprise.

In hierdie omstandighede, redeneer Robbins, het die betekenis van wat dit is om

‘n kritikus of ‘n intellektueel te wees verander. Die intellektueel of kritikus word in

hierdie omstandighede “wêrelds” (Worldly), of transnasionaal of kosmopolities. In

hierdie referaat word gekyk na die studie van Afrikaanse letterkunde binne die

veranderde omstandighede.

Shamiega Chaudhari is gebore in Soutrivier, Kaapstad. Sy het haar

skoolopleiding aan Soutrivier Hoërskool voltooi. Haar tersiëre opleiding het sy aan

die Universiteit van Wes‐Kaap onder die leiding van professor Hein Willemse

ontvang. Haar magister het sy aan die Universiteit van Fort Hare onder die leiding

van dokter Susan Smith voltooi. Sy is vir die afgelope 14 jaar Afrikaanse dosent

aan die Universiteit van Fort Hare.

sisaacs@ufh.ac.za

Marginaliteit: ‘n ondersoek na die naamveranderings van die Kaapse

maleier slawe soos uitgebeeld in die werk van I.D. du Plessis en Rayda

Jacobs

Die identiteit van die Kaapse Maleier word gewoonlik gereduseer tot die

onderdanige, die komiese en die eksotiese disse soos onder andere bobotie,

kerrie en samoesas. Terme soos “slams”, “slamaaier” en “halfnaatjie” (Roos

2003:3) was maar net ‘n paar van die verkleinerende name wat aan die Kaapse

Maleier toegeken was. Die ware geskiedenis, die stryd, trane en opofferings van

hierdie gemeenskap het ongesiens en in stilswye verbygeglip. Na al hierdie lyding

word hul identiteit in twyfel getrek en word daar na hierdie identiteit as ‘n

omstrede identiteit verwys. Nie net was die Kaapse Maleiers op sowel rassistiese

as geloofsvlak gemarginaliseer nie, maar wel ook op die vlak van naamstroping.

Naamgewing is sowel in die antieke as die moderne tyd as ‘n belangrike

seremonie beskou. In vele kulture word ‘n kind slegs as ‘n individu erken sodra

hy/sy ‘n naam het. Die naamgewing van ‘n baba is ‘n saak van eer en word beskou

as deel van die kind se identiteit. ‘n Naam as identiteitsmerker dien ter

ondersteuning van identiteitskonstruksie en erkenning van ‘n persoon se bestaan.

Tydens slawerny het eienaars Bybelse, klassieke of self byname aan die slawe

9

toegeken. Hierdeur is die slaaf dus van sy eie naam en mees persoonlike identiteit

gestroop. Slawe was soms self gedwing om die eienaar se van as sy eie te neem.

In die werk van I.D Du Plessis en Rayda Jacobs word veral die marginalisering van

die Kaapse Maleiers deur middel van naamgewing/naamverandering /naam‐

stroping duidelik uitgebeeld. Die skrywers skep ‘n duidelike beeld van die binêre

opposisies van sentrum en periferie. Hierdie referaat sal spesifiek konsentreer op

naamgewing/naamverandering as ontnemer van identiteit en dus menslikheid.

Die volgende aspekte rondom naamgewing en marginalisering word ondersoek:

• Naamgewing teenoor naamloosheid

• Stereotipering deur middel van naamgewing

• Naamloosheid en stilswye

• Die invloed van benoeming: sentraal teenoor periferie.

Neil Cochrane verwerf grade in die Uitgewerswese en Afrikaanse letter‐kunde

aan die Universiteit van Pretoria. Vanaf 2001‐2006 is hy as dosent verbonde aan

die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Vanaf Mei 2006 tot

Desember 2007is hy verbonde aan die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznan,

Pole. Hy doseer tans Afrikaanse letter‐kunde aan Unisa.

Cochrn@unisa.ac.za

Queer bewussyn in die Afrikaanse poësie (1995‐2010) met spesifieke

verwysing na die poësie van Loftus Marais: ’n Voorlopige verkenning

Visagie (2004:207) laat hom as volg oor queer identiteit uit: “Queer is naamlik ’n

nuwe vorm van identiteitsbevraagtekening. Die begrip “identiteit” word

gedekonstrueer namate ’n sterker besef begin posvat dat identiteitskonstrukte as

sodanig onstabiel is. Daar word weerstand gebied teen pogings om voorkeur te

gee aan identiteit bo gedragspatrone omdat die bestaan van veelvuldige en

afwykende subjektiwiteite sodoende maklik buite berekening gelaat word.”

In die Afrikaanse letterkunde verkry queer teorie betreklik min aandag. In sy

doktorale proefskrif, Manlike subjektiwiteit in die Afrikaanse prosa vanaf 1980‐

2000 wend Visagie (2004) vir die eerste keer ’n daadwerklike poging aan om die

Afrikaanse prosa vanuit ’n queer perspektief te benader en te wys op die bestaan

van alternatiewe identiteite. Alhoewel ’n aantal studies tot dusver oor gaypoësie

in Afrikaans onderneem is, bestaan daar tans min studies die resente Afrikaanse

poësie vanuit ’n queer perspektief ondersoek, alhoewel daar sedert die 1990’s ’n

toenemende aantal bundels verskyn waarin ’n queer bewussyn vooropgestel

word. Digters soos Johann de Lange Joan Hambidge, Hennie Aucamp, Marius

10

Crous en Loftus Marais lewer toenemend werk wat ’n verskuiwing van streng

gay/lesbiër identiteit na meer vloeibare queer identiteite vooropstel.

In die debuutbundel van Loftus Marais, Staan in die algemeen nader aan vensters

(2008) word die vloeibare moontlikhede van queer identiteit(e) in ’n aantal

gedigte ontgin. ’n Opmerklike negering van ’n stabiele gayidentiteit vind plaas en

die fokus val eerder op die vestiging van ’n meer komplekse queer bewussyn.

Die referaat poog eerstens om ’n oorsigtelike beskouing te bied van ’n

toenemende queer bewussyn in die Afrikaanse poësie sedert 1995. Tweedens sal

enkele gedigte uit Loftus Marais se debuutbundel bespreek word om aan te toon

hoe hierdie tendens in die poësie neerslag vind en tot watter mate alternatiewe

identiteite teenoor konvensionele gay/lesbiër subjektiwiteit gestel word.

Marius Crous is sedert Maart 2009 verbonde aan die NMMU. Nadat hy

verbonde was aan die Universiteite van Natal en Namibië keer hy in 1995 terug

na Suid‐Afrika om drie maande lank skool te hou. Vanaf 1996 was hy verbonde

aan die Parlement as Hansardverslaggewer en –vertaler. Benewens Brief uit die

kolonies publiseer hy ook die digbundel Aan `n beentjie sit en kluif. Vir

eersgenoemde ontvang hy die UJ‐debuutprys.

marius.crous@nmmu.ac.za

`n Lewe met psigose: die poësie van Wilhelm Knobel

In hierdie referaat word gekyk na Knobel se Twee siklusse en word gefokus op die

persona in die onderskeie gedigte se stryd teen psigotiese depressie. In haar

resensie oor sy werk wys Louise Viljioen (2006) op sy “siekte‐poësie” wat as `n

voorloper van onder meer Komas uit `n bamboesstok bestempel kan word. Die

gemarginaliseerde posisie van die sieke, die siek liggaam en die verwante

diskursiewe ruimtes word in hierdie referaat ondersoek. Teoreties sal onder meer

aangesluit word by Foucault se ondersoeke na die geskiedenis van geestes‐

versteurings en die kliniek.

Darryl David is 'n lektor van Afrikaans aan die Universiteit van KwaZulu‐Natal.

Hy is ook bekend as die stigter van Boekedorp Richmond in die Karoo, sowel as

hulle jaarlikse literere fees BoekBedonnerd! ( www.richmondnc.co.za ). Hy is ook

die stigter van die 'Spirit of Schreiner ' Fees op Cradock en die Midlands Meander

Literary Festival op Howick. Later vanjaar, gaan sy eerste boek 101 Country

Churches of South Africa in Oktober‐maand verskyn.

Davidd@ukzn.ac.za

11

Ek stamel, ek sterwe – ‘n Analise

Eben Venter word beskou as een van die belangrikste stemme in die Afrikaanse

letterkunde. Daar bestaan egter baie min kritiese artikels oor sy werk. Hierdie

referaat handel oor sy roman Ek stamel, ek sterwe, sowel as die Engelse vertaling

van die roman as My beautiful death. Daar sal aangevoer word dat die roman die

grense van die plaasroman in Afrikaans verskuif. Voorts sal ook die vader‐

seunverhouding ondersoek word aan die hand van die naamgewing in die teks;

die simboliek van die bloed sowel as die mag van ikonisiteit met betrekking tot die

narratiewe strategieë in die teks.

Shaun de Jager is werksaam as assistent by die Departement Afrikaans,

Universiteit van Pretoria, waar hy tans besig is met 'n honneursgraad in

Afrikaanse en Nederlandse letterkunde.

shaun.p.dejager@gmail.com

Die gemarginaliseerde ‘Ander’ in P.G. du Plessis se Fees van die

ongenooides

In ’n essay getiteld “Interrogating silence: new possibilities faced by South African

literature” (opgeneem in Attridge & Jolly, 1998) bepleit André P. Brink ’n literêr‐

kritiese perspektief waarvolgens die primêre funksie van post‐apartheid

letterkunde daarin geleë is om die leser in te lig oor die versweë, gemar‐

ginaliseerde en onderdrukte aspekte van die verlede – spesifiek aspekte met

betrekking tot die vrou, maar ook wat betref swart mense, homoseksuele

persone, en dies meer. Iets van hierdie informatiewe funksie van die letterkunde

manifesteer in P.G. du Plessis se onlangs verskene historiese roman Fees van die

ongenooides (2008) as die leser te doen kry met “[...] Du Plessis se deernis en

begrip vir minderes en randfigure, vir mense buite die stelsel [...]” (Du Plooy,

2009:4) – ’n motief wat as gemene deler in Du Plessis se oeuvre fungeer.

Uitgaande van Brink se literêr‐kritiese perspektief het hierdie referaat ten doel

om te analiseer hoe die marginalisasie van die “Ander” in Fees van die

ongenooides gestalte kry. Dié analise geskied deur ’n aantal diskoerse rondom

marginalisasie te identifiseer, naamlik: (1) Marginalisasie van op grond van ras; (2)

Marginalisasie op grond van klas; (3) Marginalisasie op grond van gender; en (4)

Marginalisasie op grond van seksualiteit. Vervolgens sal die geïdentifiseerde

diskoerse verken word deur na te gaan hoe die marginalisasie van die “Ander” in

die roman gerepresenteer word. In laasgenoemde proses sal daar gefokus word

op die wyse waarop die outeur die versweë “stiltes” rondom die gemargina‐

12

liseerde figure/groepe rekonstrueer “[...] in terms of their voicing of silence and

the rewriting of history and memory” (Kossew, 2005:134).

Marianne de Jong studeer in Stellenbosch en behaal ‘n MA (Afrikaans‐

Nederlands) aan Rhodes. Sy slaag die doktorale toelatingseksamen aan die

Goethe‐universiteit in Frankfurt am Main (Duitsland), nadat sy ook aan die

Universiteit van Konstanz besoek afgelê het om resepsieteorie te bestudeer.

Vanaf 1987 doseer sy literatuurteorie aan Unisa. Sy het artikels en hoofstukke in

boeke asook resensies en rubrieke vir die openbare media geskryf, veral oor

politiek en literatuur en feminisme. Sy fokus die laaste paar jaar op die skryfwerk

van JM Coetzee vanuit ‘n teoretiese perspektief en was gasredakteur van

akademiese tydskrif‐uitgawes oor Coetzee se werk. Haar belangstellings is

poststruktura‐listiese en postmoderne teorie en literêre etiek. Sy handel tans ‘n

teoretiese studie oor handeling as literatuurteoretiese kategorie af met verwysing

na die werk van JM Coetzee.

Djongmj@unisa.ac.za

“Ijstervarken’s gat” of “porcupine hole”: Kaapshollands in die vroeȅ

romans van JM Coetzee as transnasionaliasme

Die lesing voer aan dat ‘n vorm van transnasionalisme van meet af aan ‘n faset is

van die skryfmatige dinamika van JM Coetzee. Ek verstaan hier transnasionalisme

as die transendering van kulturele, nasionalistieseen/of politiese identiteite soos

gekonnoteer deur die taal wat ‘n mens praat of waarin jy skryf. Die trans‐

nasionalisme wat hier aangetoon kan word, is wars van globalisering en

internasionasionalisme, selfs wars van die kosmopolitiese. In beide Dusklands en

In the Heart of Country word die Kaapse koloniale geskiedenis betrek, in

Dusklands as jukstaponering van ‘n eietydse Amerikaanse imperialisme en in In

the Heart of the Country as aspek van ‘n landskap wat in Engels geskryf word en

sterk gekonnoteer word met Olive Schreiner se (Afrikaanse) “African Farm” in

Cradock. In laasgenoemde roman word, soos bekend, Afrikaanse dialoog in een

van die uitgawes gebruik, maar latere uitgawe laat vaar hierdie vernuwende

dubbeltaligheid van Coetzee. Wat egter bly ‐ onopgemerk, soos in ‘n argief – is ‘n

konnotasie met ‘n moord op ‘n slawe‐eienaar en eggenoot in die Kaap van 1714.

‘n Afrikaans/Kaaps‐Hollandse kultuur word bewustelik betrek. Die argument is nie

dat ‘n onderdrukte Afrikaansheid hier in verplaasde vorm tot uiting kom nie, maar

dat Coetzee in hierdie eerste romans probeer om kultuur‐ en taalnasionalismes te

transendeeer sonder om hulle te ontken. ‘n Kernsaak is dat dit deur en in of

gedurende die skryfhandeling en deur bewuste taalhantering gedoen word. In

latere romans, bv. Life and times of Michael K slaag hierdie transcendering myns

13

insiens heeltemal. Rita Barnard se argument dat Coetzee ‘n dualistiese vehouding

“met/in” Afrikaans het, sal krities betrek word, en Summertime se “auto‐

biografiese” berig van ‘n beplande vestiging op Merweville sal ook ter sprake

kom.

Malgorzata Drwal rondde de Masterstudie Engelse letterkunde en literatuur‐

wetenschap af (2007) en vorig jaar ook de Masterstudie Neder‐lands. Op dit

moment is ze PhD studente aan de Universiteit van Wroclaw, Polen onder

begeleiding van prof. Jerzy Koch. Haar onderzoeksgebied is vrouwelijke ego‐

documenten uit de periode van de Anglo‐Boerenoorlog.

malgorzata.drwal@gmail.com

Vrouwelijke intimistische teksten uit de periode van de Anglo‐

Boerenoorlog (1899‐1902) – Tant Miem Fischer se kampdagboek van

Maria A. Fischer

Mijn onderzoeksgebied omvat teksten met een intimistisch of autobiografisch

karakter, zogenoemde egodocumenten, namelijk dagboeken en memoires, die

door vrouwen tijdens de Anglo‐Boerenoorlog geschreven zijn. De meeste teksten

werden direct na de oorlog of pas decennia later gepubliceerd. Ze werden vooral

als historische bron of als document humain beschouwd maar ze werden zelden

met behulp van een literair instrumentarium geanalyseerd.

De teksten die ik zal onderzoeken, sporen aan om vanuit een ander perspectief

naar de oorlogsproblematiek te kijken, namelijk vanuit het gender‐perspectief.

Het historische perspectief dat als neutraal beschouwd wordt, is in feite een

mannelijk gezichtspunt. Mijn veronderstelling is dat de vrouw, die traditioneel

altijd aan de rand van de dominante (historische, politieke e.d.) discoursen

gepositioneerd wordt, ten tijde van een militair conflict nog sterker gemar‐

ginaliseerd wordt. Dat creëert ruimte voor vraagstelling: wat houdt het

vrouwelijke gezichtspunt eigenlijk in, welke mogelijkheden biedt dit, komen er in

vrouwelijke teksten andere aspecten van geschiedenis aan bod die in het

mannelijke perspectief weggelaten werden? Andere problemen die zich hier

voordoen, zijn met het specifieke karakter van het autobiografisch schrijven

verbonden, namelijk met het vermengen van persoonlijke uitlatingen met histo‐

rische documentatie.

Deze vragen stel ik bij het analyseren van Tant Miem Fischer se kampdagboek –

dagelijke inschrijvingen van Maria A. Fischer van de periode van de Anglo‐

Boerenoorlog. Deze tekst zal dienen als voorbeeld van een ralaas dat vrouwelijke

14

oorlogservaringen weergeeft. Ik zal proberen haar dagboek te situeren in verhou‐

ding tot de politieke dicoursen van de Britten en van de Boeren. Ik wil nagaan in

welke mate de tekst met de individuele stem spreekt en in welke met de toon die

door de politieke discoursen bepaald wordt.

Heilna du Plooy is professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en

Literêre teorie in die Skool vir Tale aan die Noordwes‐Universiteit. Sy is outeur van

Verhaalteorie in die twintigste eeu (1986) en ook van verskeie hoofstukke in

gesamentlike literêre publikasies. Sy publiseer gereeld artikels oor die Afrikaanse

en Nederlandse letterkunde in akademiese tydskrifte. Sy is tans besig met die

afhandeling van die publikasies voortvloeiend uit 'n navorsingsprojek "Vers en

Verhaal ‐ Narratiewe strukture en tegnieke in liriese poësie".

Heilna.DuPlooy@nwu.ac.za

Die grens as motief in the oeuvre van Ingrid Winterbach

Oor die oeuvre van Ingrid Winterbach word dit duidelik hoe prominent die grens

as 'n motief in die romans van hierdie skrywer is. Vanaf Klaaglied vir Koos en Erf

tot by Die benederyk is daar in elke roman verskeie grense wat as motief figureer,

maar dit gaan om verskillende soorte grense, topografies, fisies, psigologies,

ideologies en selfs tekstueel, en hierdie grense funksioneer op verskillende

maniere. Soms word 'n grens oorgesteek en is die grenservaring 'n lewens‐

veranderende moment (soos tydens die lykskouing in Landskap met vroue en

slang) maar soms bly karakters van mekaar en van die werklikheid geïsoleer deur

sigbare of onsigbare grense (soos in Die boek van toeval en toeverlaat en Die

benederyk). Die referaat sal die punt maak dat die grens een van die sentrale

motiewe in Winterbach se oeuvre is en dat grensoorskryding en begrensing op

uiteenlopende maniere telkens spanning genereer wat tematies sowel as

tekstueel tot die dinamiek van de tekste bydra.

Ewa Dynarowicz is verbonden aan de vakgroep Nederlandse en Zuid‐Afrikaanse

Studies aan de Adam Mickiewicz Universiteit, Poznań, Polen. Ze is gepromoveerd

op een proefschrift over het literaire beeld van de overgangsperiode in Zuid‐Afrika

en de ermee gepaard gaande pogingen tot identiteitsreconstructie, geplaatst

tegen de achtergrond van de werkzaamheden van de Zuid‐Afrikaanse Waarheids‐

en Verzoenings‐commissie.

ewa_dynarowicz@yahoo.com

Identiteits(re)constructie in Die Jogger van André P. Brink in het licht van

narratologische identiteitstheorie

15

Het thema dat centaal staat in het toneelstuk Die Jogger van André P. Brink is een

poging tot identiteitsreconstructie, teweeggebracht door de overgang van

apartheid tot democratie. Geconfronteerd met nieuwe hegemoniale discoursen

probeert het hoofdpersonage, Kilian, zijn plaats in het nieuwe Zuid‐Afrika te

vinden. Als alle vertrouwde referentiekaders wegvallen, ontdekt de ex‐kolonel

van de Veiligheidspolitie dat hij zich in een marginale positie bevindt en dat zijn

autonarratief niet meer geldt. De oude ideologieën die de basis voor zijn zelfbeeld

vormden, worden gedeconstrueerd in de ideologische ruimte van de Waarheids‐

en Verzoeningscommissie en vervangen door het discours over het ‘nieuwe Zuid‐

Afrika’. Kilian wordt gedwongen om zijn identiteit te re‐construeren waarbij hij

niet alleen met zichzelf maar ook met anderen moet onderhandelen.

In mijn bijdrage wil ik het proces van de identiteits(re)constructie analyseren in

het licht van de narratologische identiteitstheorie van David Carr, Anthony

Giddens, Alasdair McIntyre en Charles Taylor. Ik zal onderzoeken hoe dit proces in

het narratief en in de vorm van het toneelstuk gecodeerd wordt. Verder wil ik me

ook van traumatheorie bedienen om het specifieke karakter van de identiteits‐

reconstructie ten tijde van een politieke ommezwaai te analyseren. Ten slotte ga

ik onderzoeken hoe de tekst in verhouding staat tot het discours van de

Waarheids‐ en Verzoeningscommissie.

Hans Ester studeer Duits, Afrikaans en Teologie in Amsterdam (UvA),

Johannesburg (WITS) en Tübingen. Hy promoveer in 1975 aan die Universiteit van

Leiden op 'n proefskrif oor Theodor Fontane. Vanaf 1975 doseer hy Duitse

letterkunde aan die Universiteit van Nijmegen en vanaf 1989

Literatuurwetenskap en later ook Suid‐Afrika‐Studies. Van die Universiteit van

Potschefstroom ontvang hy 'n eredoktoraat in die Filosofie. Hy is redaksielid van

die maandblad Zuid‐Afrika, van die kwartaaltydskrif Beweging vir Christelike

Wysbegeerte en van die jaarboek Deutsche Chronik.

J.Ester@let.ru.nl

De gemarginaliseerde intellectueel

Tegelijkertijd met het verdwijnen van de aura van de academische studie is de rol

van de intellectueel in de postmoderne samenleving danig onder druk komen

staan. In het bijzonder geldt dit voor de vertegenwoordiger van de geestesweten‐

schappen. De positie van de geesteswetenschapper met het grote negentiende‐

eeuwse ideaal van “Bildung” is inmiddels bezet door vertegenwoordigers van het

economische en het politieke leven. Het is daarom vooral voor de geestesweten‐

schappen de hoogste tijd om zich te herbezinnen op de publieke functie binnen

16

de huidige samenleving. Om het wiel niet opnieuw te hoeven uitvinden en

bovendien om de gedachten zo stevig mogelijk te funderen ligt het voor de hand

om bij fundamentele denkers hierover te rade te gaan. In mijn referaat zal de

actualiteit van het denken van onder anderen Friedrich Nietzsche, Thomas Mann,

N. P. Van Wyk Louw, Johan Degenaar, J. M. Coetzee en Jürgen Habermas over de

rol van de intellectueel in de samenleving worden onderzocht. Habermas is

binnen mijn referaat van speciale betekenis omdat hij zijn maatschappelijke

betrokkenheid paart aan een afkeer van de marxistische dialectiek als systeem en

zijn aandacht richt op het communicatieve handelen binnen de maatschappij.

Hiermee is een opening gegeven naar de bezinning op de aanwezigheid van

macht en manipulatie binnen het communicatieve verkeer. Uitgaande van een

veelheid van culturen die het leven in ieder land van Afrika en Europa kenmerkt,

is de zoektocht naar een gezamenlijk voortbestaan in gerechtigheid van vitaal

belang. Habermas volgend moeten wij een verschil maken tussen de

wetenschapper en de intellectueel. Hoe reëel is dit verschil? Door middel van

welke vormen van openbaarheid kan de intellectueel de verheven doelstelling van

een communicatieve gemeenschap zonder beïnvloeding door macht bereiken?

Parallel aan deze vragen stel ik de vraag naar de mogelijkheden van de

intellectueel om uit de marge te komen en in het centrum te geraken.

Lenelle Foster is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Taal‐sentrum. Sy

het in 2004 ’n MA in Afrikaans en Nederlands verwerf en werk tans aan ’n Mphil

in Vertaling.

lfoster@sun.ac.za

Teenskribbeling: Vertaling en Antjie Krog

Antjie Krog se verhouding met die marge, met marginalisering en marginale

tekste en groepe is kompleks en soms vol teenstrydighede. In hierdie referaat sal

daar (aan die hand van deel 4 in ’n Ander tongval [2005] en A change of tongue

[2003]) gekyk word na maniere waarop Krog vertaling gebruik as ’n instrument

om magsverhoudings in en deur taal te omvorm en sodoende verskillende

magsentra te ondermyn. Hier gaan dit nie alleen oor die ondermyning van

politieke maghebbers, maar ook oor die ondermyning van bepaalde ideologieë.

Die verhouding tussen vertaling, mag en ideologie sal ondersoek word met behulp

van teoretici soos Snell‐Hornby, Bourdieu, Pym en Lefevere.

17

Ronel Foster is medeprofessor aan die Departement Afrikaans en Nederlands

van die Universiteit van Stellenbosch. Sedert 1987 doseer sy onder meer

Afrikaanse poësie, Afrikaanse prosa, resensiekunde en vergelykende poësiestudie

(Afrikaans, Nederlands, Vlaams). Sy is mede‐samesteller van die antologieë

Poskaarte en Nuwe stemme 4 en hoof‐redakteur van die vakwetenskaplike

publikasie Over grenzen/ Oor grense, wat in 2009 in België verskyn het. Wat

navorsing betref, stel sy belang in die komparatisme en in die onderwerpe van

migrasie, nomadisme en verplasing.

rf@sun.ac.za

Nomadiese beweegredes. Aspekte van ruimte en identiteit in Eben

Venter se Santa Gamka

In Eben Venter se bekroonde roman Santa Gamka (2009) kom verskillende vorme

van nomadisme of verplasing (displacement) voor, soos geografiese, sosiale en

psigiese nomadisme. In hierdie referaat gaan ondersoek ingestel word na die aard

van nomadisme in die roman, byvoorbeeld nomadisme as begeerte; as

bedreiging; as ontvlugting; as ontwyking; as inperking; en as narratief.

Die hoofkarakter, Lucky Marais, is as ’t ware voorbestem tot nomadeskap – en

wel vanweë sy San‐ en Hugenoot‐oorsprong. Sy identiteit as nomade hang nie net

saam met sy uiteindelike reis vanaf die Karoo‐dorpie Santa Gamka na die

wêreldstad New York nie, maar ook met sy beroep as “rentboy”, wat tussen

onderdorp en bodorp pendel en van kliënt tot kliënt beweeg ten einde aan hul

uiteenlopende behoeftes en verlangens te voldoen. Dat Lucky se seksuele

ekskursies ʼn winsgewende onderneming is wat vir hom, as gemarginaliseerde,

toegang tot die globale verbruikerskultuur verleen, verbloem egter nie sy soeke

na liefde, begrip en betekenis nie. Ook ander karakters in die roman, soos die

swerwerspaar Eamonn & Eddy, openbaar eiesoortige nomadiese neigings.

Die verskillende manifestasies van die nomadisme in die roman is gesitueer binne

ʼn komplekse sisteem van sosio‐politieke magsverhoudinge, wat raakpunte met

eietydse lokale en globale aktualiteite vertoon. Op narratologiese en op

metafiksionele vlak word die roman ook gekenmerk deur aspekte van nomadiese

sirkulering en hersirkulering.

Die metafoor van die nomade speel in sowel die modernistiese as in die

postmodernistiese leksikon ʼn belangrike rol (ter aanduiding van onderskeidelik

afsku en begeerte), met teoretici soos De Certeau, Deleuze & Guatarri en

Chambers as bekende eksponente. Die nomademetafoor word in hierdie referaat

enersyds benut en andersyds bekritiseer. In navolging van kritici soos Tim

Creswell en Caren Kaplan wil ek juis die ongekwalifiseerde, veralgemenende,

18

verromantiserende en dekontekstualiserende gebruik van die konsep bevraag‐

teken, veral omdat die sogenaamde politics of location dikwels tot ʼn essensia‐

listiese identiteitspolitiek lei.

Reinhardt Fourie behaal ’n BA Tale (cum laude) aan die Universiteit van

Pretoria en ’n Master in de Vergelijkende Moderne Letterkunde (magna cum

laude) aan die Universiteit Gent. Hy is tans besig met ’n interuniversitêre

Advanced Master of Literary Studies in Vlaandere met die Katholieke Universiteit

Leuven as penvoerende instansie.

reinhardt.fourie@ugent.be

PH Roodt: ’n Herwaardering van sy prosa‐oeuvre, met spesifieke

verwysing na die kortverhaalsiklus

PH Roodt debuteer in 1972 met die digbundel Foma. Ná ’n stilte van 18 jaar word

dit opgevolg met sy kortverhaaldebuut, Afrika is blou soos ’n lemoen (1990), en

kort daarna Die geel geluid van die son (1991) en Geniet die oorlog, die vrede

gaan erger wees (1993). Hy tree ook op as samesteller van verskeie bloemlesings,

mees onlangs Amfiteater (2008). Roodt is ook ’n bekende letterkundige.

Hierdie referaat bied ’n kritiese beskouing van Roodt se bydrae tot die Afrikaanse

kortprosakuns. Min navorsing is tot dusver oor Roodt se kortprosa onderneem,

ten spyte van die interessante generiese kwessies wat in sy werk na vore tree.

Verskeie resensente (Hambidge, 1990:10; Viljoen, 1991:44) noem die verskei‐

denheid subgenres van die kortverhaal wat Roodt inspan: die grensverhaal,

kontreiverhaal, sprokie, kortkortverhaal en kroegvertelling. Terselfdertyd is daar

’n groot mate van koherensie tussen die verskillende verhale in elke bundel

(Beukes, 1991:10; Gilfillan, 1991:22; Naudé, 1991:30; Rossouw, 1994:6). Hierdie

tekste behoort as sulks tot ’n genre wat volgens Brink (2008:9) redelik onlangs

eers prominensie in die wêreldliteratuur begin verwerf het, naamlik die

kortverhaalsiklus. Roodt se bundels toon egter onderling ook ’n mate van

eenheid, soos Hambidge (1993:7) uitwys. As sodanig bied Roodt se prosa‐oeuvre

interes‐sante ooreenkomste met beide die kortverhaal‐ en langer prosasiklus.

Die resepsie van Roodt se kortprosabundels wissel van uiters positief tot snedig

negatief. John (1991:15) noem dat “[r]esensente wat die teks ... verwelkom as

nog ’n versameling kortverhale ... verkeer onder die dwang van gevestigde en

korrupte literêre gewoontes ... [en hulle kan] nie die provokasie wat hierdie teks

verteenwoordig, as sodanig herken – of erken – nie.” In die lig van hierdie

uitspraak word die implikasie van die ongewone generiese kodes van Roodt se

19

prosa‐oeuvre en sy gepaardgaande kanonieke marginalisering ondersoek vanuit

’n resepsieteoretiese oogpunt wat steun op Jauss (1970) se konsep van verwag‐

tingshorisonne.

Ilse Carla Groenewald is tans ‘n Postdoktorale Navorsingsgenoot in die

Departement Afrikaans en Literatuurwetenskap aan Unisa. Haar navor‐

singsbelangstellings sentreer om Literêre Semantiek en sy fokus op teksanalise

deur middel van mitologie, simboliek en psigoanalise.

ilsecarla@gmail.com

Lucky as Feniks: die verrysing van ‘n individu

In die omskrywing van die kongrestema word genoem dat temas van trans‐

nasionalisme in die Afrikaanse literatuur verskyn waarin skrywers toenemend

“besin oor die plek van die individu en die Suid‐Afrikaanse nasie met al sy etniese

groeperings binne die nuwe wêreldorde”. In hierdie referaat gaan ek hierdie

konsep ondersoek aan die hand van Eben Venter se karakter, Lucky Marais, in sy

jongste roman, Santa Gamka.

Lucky is die seun van ‘n arm plaaswerkersgesin en Lucky se lewe word deurentyd

in teenstelling met sy ouers s’n geplaas. Vanaf sy geboorte sê sy ma vir hom hy is

anders en versterk gedurig hierdie idee dat Lucky spesiaal is, ‘n terugslaan na die

“suiwer” Boesmanvolk, “ons eerste mense van die Groot‐Karoo” en nie van

gemengde of hibridiese afkoms nie. Lucky plaas homself in die subjekposisie,

teenoor die marginale posisie wat sy voorsate beklee het. Vanuit ‘n simbolies‐

motologiese perspektief, gaan ek Lucky se verrysing uit die asse van sy voorvaders

ondersoek. Hierdie groeiproses of inwaardse diaspora sal vanuit ‘n Jungiaanse

perspektief ondersoek word as die eerste stap van sy identiteitskepping.

Joan Hambidge is professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die

Universiteit van Kaapstad. Haar jongste digbundel is Vuurwiel (2009). Sy is ’n

gereelde boekresensent en skryf rubrieke oor letterkunde en films. Sy bied ’n MA‐

kursus in Kreatiewe Skryfwerk aan by die Universiteit van Kaapstad. Sy behaal

twee doktorsgrade. In 2000 Gender‐konstruksies in die Afrikaanse letterkunde –

‘n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk, aan die

UK en ‘n eerste aan Rhodes Universiteit: Die metaroman ‐ ‘n dekonstruksie‐

ondersoek (1984) . Sy het ook satiriese romans (Swart koring, Die swart sluier,

Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het) en ernstige romans: Die Judaskus,

Palindroom en Kladboek gepubliseer. Die Buigsaamheid van verdriet (2006) bevat

’n keur uit haar poësie. Verder is sy bekend vir haar teoretiese essays. Vir haar

20

digkuns is sy bekroon met die Eugène Marais‐ en Litera‐pryse. Sy is tans besig met

‘n studie oor die digkuns van Johann de Lange.

Joan.Hambidge@uct.ac.za / mwj.ham@mweb.co.za

Migrasie en marginalisering

‘n Ondersoek na die eiesoortige aard van die reisgedig in Afrikaans as ‘n

representasie van migrasie en marginalisering. In Danie Marais se As almal ver is

(Tafelberg, 2009) word die kwessie van migrasie binne die Afrikaanse leefwêreld

ondersoek. Die unieke aard van die reisgedig in Afrikaans word ondersoek ten

einde die problematiek van nasionalisme versus globalisering te belig. Die

spanning tussen ‘n nuwe wêreld wat die bekende verander of omverwerp word

beskou in enkele reisgedigte. Gedigte van Uys Krige, P.W. Buys en Johann de

Lange word bespreek. Ten slotte word die implikasies van ‘n teoretiese model

ondersoek aan die hand van enkele reisgedigte wat die digter geskryf het in ‘n

bundel wat tans ontwikkel word, te wete Visums by verstek ten einde die

problematiese verhouding tussen teorie en praktyk uit te wys.

Die narcistiese aard van hierdie gedig word ook onder die loep geneem met

verwysing na Derrida se bekende uitspraak hieroor: “Narcissism! There is not

narcissism and non‐narcissism; there are narcissisms that are more or less

comprehensive, generous, open, extended … I believe that without a movement

of narcissistic reappropriation, the relation to the other would be absolutely

destroyed, it would be destroyed in advance.” Hélène Cixous se sieninge oor

identeit in White ink (Acument, 2008) word betrek.

Soos Uys Krige dig:

Daar is ’n haltjie, Dwaal,

te midde van die vaal

godverlore dor Karoo.

En Arequipa in Peru.

Granada is ’n sprokiestad in Andaloe.

Popocatepetl heet ’n berg se piek in Mexico.

Die laaste stasie voor my tuiste het die mooi Xhosanaam, Waku.

Tierra del Fuego, Tristan da Cunha, Put‐Sonder‐Water,

Kilimandjaro en Ruitersbospas;

en die Brahmapoetra en Baardskeerdersbos …

O Aldarín! o name, o versugting!

Op Pelgrimsrus in die Transvaal

wil ek weer hoor hoe klink my taal ...

skoner, welluidender as Provencal.

21

Siegfried Huigen doseer Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van

Stellenbosch. Sy navorsing handel oor kennisproduksie binne die gebied van die

VOC in Asië en Afrika. In 2009 het hy Knowledge and Colonialism gepubliseer by

Brill. Tans werk hy aan 'n studie oor die veeldelige werk van François Valentyn.

sh@sun.ac.za

François Valentyn se beskrywing van Suid‐Afrika en Mauritius uit 1726

en koloniale kennisnetwerke

Pre‐Afrikaanse tekste oor Suid‐Afrika was nog altyd marginaal in die Afrikaanse

letterkundige diskoers. Ten onregte, want hulle het dikwels ’n belangrike impak

gehad op representasies van Afrika. In my lesing wil ek aandag skenk aan een van

hierdie tekste, François Valentyn se beskrywing van die Kaap en Mauritius, wat

1726 in die laaste volume van sy Oud en Nieuw Oost‐Indiën (1724‐1726) verskyn

het. Ek sal met behulp van akteur‐netwerk teorie (Actor‐Network Theory (ANT))

ondersoek hoe Valentyn sy teks saamgestel het. In die lyn van ANT sal die aktante

gevolg word, wat sowel menslik as nie‐menslik (non‐human) kan wees. Dit sal blyk

dat Valentyn se wetenskaplike teks nou verbonde is met die koloniale

kennisnetwerk van die VOC. Hierdie voordrag vorm ’n onderdeel van ’n groter

projek oor kennisproduksie in Oud en Nieuw Oost‐Indiën, wat tot 1840 met 5000

bl. en 1200 illustrasies en kaarte die omvangrikste westerse werk oor Asië was.

Thys Human is voorsitter van die Departement Afrikaans aan die Universiteit

van Johannesburg (UJ), waar hy letterkunde doseer. Hy het in 2007 gepromoveer

met ’n proefskrif getiteld Om in woorde te rou: Verlies in die oeuvre van Lettie

Viljoen/Ingrid Winterbach onder promotorskap van prof. Willie Burger. Thys is die

redakteur van Stilet, en kan steeds nie sy geluk glo dat hy betaal word om boeke

te lees, resensies te skryf en klas te gee nie.

thysh@uj.ac.za

“Uit watter bronne sal ek put?” Ingrid Winterbach se Die benederyk

binne die Westerse kunstradisie

’n Speurende leser sal hom/haar lank besig kan hou met ’n opgaaf van die

intertekste waarvan daar in Ingrid Winterbach se roman Die benederyk sprake is.

Benewens verwysings na kunstenaars soos Goya, Bosch, Signorelli en Boticelli wat

in hul skilderwerk en sketse iets van die onderwêreld, “die benederyk”, uitgebeeld

het, is daar ook ’n ophaling van literêre werke waarin ’n tog na die doderyk

onderneem word: Dante, Milton, Blake, en selfs Joseph Conrad. Die ooglopendste

22

intertekste is egter (i) Thomas Mann se monumentale tetralogie Joseph und seine

Brüder (Joseph and His Brothers) waarin die Genesis‐verhaal vanaf Jakob tot by

Josef (hoofstukke 27 tot 50) verwerk word, en (ii) die (onderwêreld)mites waarop

Joseph and His Brothers gebaseer is, naamlik dié van Orfeus en Euridike, Osiris en

Set; Demeter, Hades en Persefone; Inanna (Isjhtar), Enki en Dumuzi. Die sentrale

metafoor in Mann se Joseph and His Brothers is die afdaling na die onderwêreld

en ’n daaropvolgende hernuwing (regenerasie). Josef se afdaal in die put

verteenwoordig ’n konfrontasie met die voorgeslagte en die mites uit die verlede;

kortom, ’n hele kultuur‐ en kunstradisie.

In hierdie referaat word ondersoek ingestel na die literêre en artistieke

voedingsbronne waaruit daar onderskeidelik in die Aaron‐ en Stefaans‐narratief

geput word. Die gedagte dat albei narratiewe eerder binne ’n Europese as Afrika‐

tradisie gesitueer word, moontlike redes vir dié keuse en die belangrikste

implikasies daarvan, word in die res van die referaat verken.

Ihette Jacobs is deeltydse Junior Lektor aan die Noordwes‐Universiteit,

Vaaldriehoekkampus, in Afrikaanse Letterkunde en student aan Noordwes‐

Universiteit, Potchefstroomkampus, in die graad MA Afrikaans en Nederlands

(Letterkunde), onder leiding van Prof. Heilna du Plooy. Titel van MA‐verhandeling:

Begrens én onbegrens: Intertekstualiteit in die oeuvre van H.J. Pieterse.

13006843@nwu.ac.za

Transnasionalisme in Alruin deur H.J. Pieterse: ’n (intertekstuele)

versmelting van kulture

HJ Pieterse se debuutbundel, Alruin (1989), is duidelik en sterk intertekstueel

omdat daar van verskeie verwysingsraamwerke gebruik gemaak word. Daar is ‘n

sterk gerigtheid op Europa en Europese kultuur (Van Vuuren, 1990:14) in die

verwysings na Europese musiek, mitologie, religie, beeldende kuns, en so meer.

Daar is egter ook gedigte wat net so duidelik tuishoort in die Afrika‐milieu, soos

“Oudtshoorn” (’n versmelting van die Europese (Griekse) mitologie en die Afrika‐

milieu), “Suid” (’n antwoord op die Europeër Seamus Heaney se gedig “North”) en

gedigte soos “Om deur ’n land te gly” en “Deur ’n land wat geel en swart smeul”.

Die bundel vertoon ’n uiters afgeronde en betekenisvolle samehang en gedigte

vanuit verskillende kulturele raamwerke sluit by mekaar aan, vul mekaar aan en

sluit betekenismoontlikhede in mekaar oop. Die wyse waarop Pieterse eenheid in

die bundel tot stand bring, hou spesifiek verband met sy uiters behendige gebruik

van intertekstuele verwysings. Intertekste word betrek vanuit verskeie kulturele

raamwerke, wat moeiteloos oor die nasionale grense beweeg. Hierdie

23

intertekstuele verwysings word dan telkens in die gedigte tematies geïntegreer

met die deurlopende temass in die bundel, soos dié van die sikliese bestaan van

lewe en dood, die mens se gebondenheid aan die aard(s)e en so meer. Die

tematiese en metaforiese lyne wat só ontstaan, bind verwysings uit verskillende

kulture tot ’n betekeniseenheid, waarin betekenisontginning soveel ryker en meer

veelsydig is.

Alruin is dus ‘n bundel waarin die nasionale en die transnasionale op so ’n wyse

saambestaan, dat dit die moontlikheid illustreer van kulturele globalisering,

sonder om dit wat kultureel eie is, te laat disintegreer.

Ena Jansen (1951) is in Natal gebore en getoë. Nadat sy ’n MA oor Karel

Schoeman se buitestaanderkarakters op Stellenbosch voltooi het, het sy van 1974

tot 1984 in Nederland gestudeer en as vryskutjoernalis in Amsterdam gewerk. In

1984 het sy teruggekom Suid‐Afrika toe, was dosent by Wits se Afrikaans &

Nederlands departement waar sy ook gepromoveer het met ’n proefskrif oor

Elisabeth Eybers. Sedert 2001 woon sy weer in Amsterdam en doseer moderne

Nederlandse letterkunde aan die VU in Amsterdam. Sy is ook hoogleraar Suid‐

Afrikaanse letterkunde aan die UvA. Sy werk tans aan ’n boek oor huispersoneel

in die Suid‐Afrikaanse letterkunde. Haar persoonlike (nie‐op‐datum) website is

http://www.let.vu.nl/staf/e.jansen/pwp_nl.htlm

e.jansen@let.vu.nl

Klein Julia, Adija, Bettie en Liesbet. Ontwrigtende funksies van

huisbediende‐karakters in Afrikaanse stadsverhale

Swart vroulike huisbediendes is in die Suid‐Afrikaanse omgewing skakelfigure:

tussen ryk en arm, wit en swart, mense met mag en dié sonder mag. In stedelike

omgewings is bediendes ’n skakel tussen moderniteit en agtergestelde

tradisionele plattelandse gemeenskappe, ook tussen hulle werkgewers en bure. In

’n belang‐rike mate oorskry hulle deur hulle intieme aanwesigheid in blankes se

huise sosiale skeidslyne. In post‐apartheid Suid‐Afrika het baie verander, maar

hierdie situasie geld in ’n groot mate steeds.

In my referaat ‐ onderdeel van ’n omvangryke projek waarin die rol van vroulike

huisbediendes in Suid‐Afrikaanse stadsboeke ondersoek word – word enkele ouer

Afrikaanse kortverhale waarin huisbediendes optree in ’n verband met post‐

apartheid verhale gelees. Telkens is die huisbediende ’n oënskynlik marginale,

maar tog belangrike spilfiguur. Ek sal aantoon dat hulle agente vir belangrike

konfliksituasies en knooppunte is. Die karakters waarop ek fokus is Klein Julia in ’n

verhaal van Minnie Postma (1955), Adija in ‘Kaap’ van Elsa Joubert (1980), Bettie

24

in Eben Venter se gelyknamige storie (2000) en Liesbeth in Barbara Fölscher se

‘Kinders grootmaak is nie pap en melk nie’ (2001).

Annette Jordaan is 'n senior lektor in die Departement Afrikaans aan die Univ.

van Pretoria. Sy keer eers op amper veertigjarige ouderdom terug na die

akademie. Na 'n meestergraad in Latyn spits sy haar weer op Afrikaans toe en

behaal in 2004 die DLitt‐graad met 'n proefskrif binne die taalpolitiek, Mites

rondom Afrikaans. Die eerste liefde bly egter die letterkunde, en tans doseer sy

voorgraads Nederlandse poësie en prosa, asook kreatiewe skryfwerk op

honneursvlak. Nege romans het reeds onder die skrywersnaam Magda Schmidt

by Lapa verskyn.

Annette.Jordaan@up.ac.za

Marginaliteit in die Afrikaanse letterkunde/kulturele uitinge

Vier Afrikaanse skrywers/digters wat prominente figure in die twintigste‐eeuse

Afrikanerkultuurgemeenskap en Afrikaanse letterkunde was of steeds is, het in

die afgelope drie jaar outobiografieë of outobiografiese vertellinge die lig laat

sien. Hulle is JC Steyn (Sonkyker: Afrikaner in die verkeerde eeu, 2008), Dot

Serfontein (Vrypas, 2009), Izak de Villiers (Strooidak en Toring, 2009) en Elsa

Joubert (Reisiger: die limietberge oor, 2009). Genoemde skrywers ‐ almal ten tye

van publikasie reeds sewentig of (heelwat) ouer ‐ se tekste kan in wisselende

grade lig werp op ’n gevoel van “vreemdelingskap” in die eie land wat skynbaar

die afgelope dekade al hoe meer deur ouerwordende wit Afrikaanssprekendes

/Afrikaners ervaar word. Die titel van Izak de Villiers se digbundel uit dieselfde tyd

is dan ook Vervreemdeling. Dikwels ervaar die betrokke skrywer hom/haar, maar

ook die groep of volk waartoe hy of sy behoort, as gemarginaliseer, uitgestoot na

die rand van ’n gemeenskap waarbinne voorheen ’n sentale rol gespeel is. Die

toonaard van die tekste is daarom dikwels weemoedig, ’n elegie om “die dinge

wat verby gegaan het”. In die referaat sal gepoog word om die belangrikste

ooreenstemmende uitinge van nostalgie na ’n “idilliese‐verbeelde” verlede aan te

toon, maar verder ook gedeelde sieninge van redes vir die gevoel van

marginalisering. Daar is ook ander “stemme” wat dieselfde sentimente deel,

onder meer dié van Hennie Aucamp (wat een van die resensies van Sonkyker

geskryf het), Lina Spies, die historikus‐skrywer Hermann Giliomee (vergelyk sy

“Brief uit die suide” in ’n onlangse uitgawe van By) en uit ’n jonger generasie dié

van Bernard Odendaal, wie se digbundel Onbedoelde land onteenseglik dui op ’n

gevoel van uitsluiting, van “gemarginaliseer te wees” in die eens “bedoelde land”.

25

Tertius Kapp is senior lektor by die Departement van Nederlandse en Suid‐

Afrikaanse studies aan die Instytut Filologii Angielskiej van Adam Mickiewicz

Universiteit in Poznan, waar hy kursusse in die Geskiedenis van Afrikaanse

Letterkunde en Suid‐Afrikaanse Engelse Letterkunde aan‐bied. Hy het sy

Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universi‐teit van Stellenbosch

voltooi onder leiding van Professor Marlene van Niekerk.

tertiuskapp@gmail.com

Net die beendere bly agter – //Xam‐vertellings en die abjekte

Die mondelingse letterkunde van Diä!kwain, Kweiten‐ta‐//ken, /A!k’unta,

/Han/=kass’o en //Kabbo is in die 1870s opgeteken deur Lucy Lloyd en Wilhelm

Bleek. Honderd jaar later het die werk van Patricia Vinnicombe en David Lewis‐

Williams radikale nuwe insigte gebring rondom die verhouding tussen rotskuns en

transdans – wat ook van toepassing is op die simboliek in die //Xam‐letterkunde.

Stephen Watson en Antjie Krog se ‘verpakking’ van hierdie tekste in gedigvorm (in

die bundels Song of the Broken String, Return of the Moon en die sterre sê tsau)

het weereens nuwe belangstelling aangewakker, en ook via beskuldigings van

plagiaat ernstige vrae rondom outeurskap laat ontstaan. In hierdie ondersoek

dien hierdie kwessies egter slegs as inleiding vir ‘n lesing van die //Xam‐tekste aan

die hand van Julia Kristeva se teorieë rondom die abjekte. Kristeva bou vanuit

Lacaniaanse psigo‐analise ‘n uitgebreide raamwerk waarbinne die estetika van

transgressiewe kuns ontleed kan word. Die abjektering van die (pre‐simboliese)

semiotiese orde is ‘n kernelement van haar analise van identiteitskonstruksie. Die

onvoltooidheid van hierdie projek vind volgens haar uiting in sowel talige as nie‐

talige uitdrukking. In haar feministiese en psigo‐analitiese interpretasies is beelde

van besmetting, verontreiniging en ‘n vermoeidheid met grense en die dood

simptome van die strominge van die chora, wat steeds geabjekteer moet word

ten einde ‘n identiteit binne die simboliese orde te handhaaf. Enkele van die

//Xam‐tekste word binne hierdie konteks ontleed. Kristeva veronderstel verder

dat daar ‘n eenderse logika van abjektering by die sosiale én die subjek ontstaan

ter wille van oorlewing van die identiteit binne die simboliese orde. Die

gemeenskaplike aard van die //Xam‐mondelingse letterkunde word op tentatiewe

wyse vanuit hierdie perspektief beskou.

Janine Kemp verwerf die grade BPsych (2000), BA Hons, Psych (2001), PGCE

(2002), BA Hons, Afr/Ndl (2003) en Navorsings MA, Afr/Ndl (2004) aan die Nelson

Mandela Metropolitaanse Universiteit. Tans besig met DLitt (Suid‐Afrikaanse

vroue‐outobiografieë: ‘n vergelykende studie van tekste uit die Anglo‐

Boereoorlog met dié uit die apartheidsera). Getroud met Neill in 2004, Mea

26

gebore Januarie 2009 en swanger met Amy, verwagte datum 12 Desember 2010.

Trek die hele land vol, o.a. Potchef‐stroom, Hartbeespoort, Otjiwarongo (Nami‐

bië), Strand en tans woonagtig in Jeffreysbaai.

janine@nkemp.za.net

Outobiografieë van werkersklasvroue gedurende die apartheids‐jare

In die laat tagtigerjare was die stryd teen apartheid op sy felste. Vier aktiviste van

Zwelethemba (’n township by Worcester) was in samewerking met Annemarie

Hendrikz, ’n lid van die Black Sash. Mirriam Moleleki, een van die aktiviste, het

Annemarie gevra om haar te help skryf aan haar lewensverhaal. Die ander drie

aktiviste – Neliswa Mroxisa, Nothemba Ngcwecwe en Nongeteni Mfengu is ook

daarby ingesluit. Oor ’n uitgebreide tydperk het hulle stories deur middel van

tekeninge, rolspel, sang, lag en trane vorm gekry tydens werkswinkels.

Die gevolg was vier boeke wat vertel van besonderse moed, deursettingsvermoë

en hoop. Soos die Alexandra Quartet van Lawtence Durrell lewer hulle saam vier

perspektiewe van dieselfde toneel: in hierdie geval ’n plattelandse gemeenskap

wat meedoënloos ingetrek is by die burokratiese ratwerk van die apartheid‐

sisteem. Hulle stories is nie die epiese sages wat hoofopskrifte gehaal het nie,

maar wel merkwaardige verhale in die egte stem van gewone burgers.

Om ‘n storie te skryf, kan ‘n lewe verander, veral omdat dit mense bemagtig:

“Autobiography is a human right. Become the owner of your life! Everyone is

invited to become the owner of the individual property of one’s life, to build a

house of writing on one’s little plot of existence” (Lejeune, 1989: 224). In hierdie

geval is daar vier vroue wat hul verhale vertel: “That’s how we started this

project. I’m a community worker in the rural areas. We are four, writing our

stories. Four of us coming from the rural areas. And we are writing our stories

from our personal to our political activities” (Moleleki, 1997:1).

Marisa Keuris is ‘n Mede‐Professor in en Voorsitter van die Departement

Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap by UNISA. Haar spesialiteitsveld is

dramateorie. Haar gepubliseerde proefskrif, Drama‐teorie vandag: die bydrae van

die drama‐ en teatersemiotiek, asook ‘n latere publikasie, Die dramateks, ‘n

Handleiding (verwerk en vertaal in Engels, Noord‐Sotho, isiZulu, isiXhosa) was/is

voorgeskrewe tekste by verskeie taal‐, sowel as dramadepartemente in die land.

Sy het ook ‘n verskeidenheid artikels oor drama (drama‐ en teatersemiotiek,

dramatiese taalgebruik, ‘n ekokritiese benadering tot drama, sowel as vertaling‐

27

studies binne drama) gepubliseer in Journal of Literary Studies, Acta Academica,

Literator en Stilet.

Keurim@unisa.ac.za

Die uitbeelding van Khoisan karakters in Boniface, Bains en Melt Brink se

werk

In hierdie referaat sal ek fokus op hoe Khoisan‐karakters uitgebeeld word in vroeë

Hollands‐Afrikaanse dramas deur te verwys na Boniface se De Temperantisten,

Bains se Kaatje Kekkelbek, asook ‘n aantal van Melt Brink se kort blyspele.

Hierdie werke sal bespreek word in die konteks van die sosio‐historiese periode

waarbinne hulle ontstaan het (1832–1920). Die vraag wat Margaret Lenta

(1994:104) in haar artikel “Speaking of the slave: Britain and the Cape, 1751 –

1838” op die voorgrond plaas, is steeds die belangrikste vraag om te vra wanneer

mens besluit om te fokus op die uitbeelding van Khoisan karakters in vroeë

Hollands‐Afrikaanse drama en teater, naamlik die een wat deur Spivak

geformuleer is as: “Can the subaltern speak”? Hierdie vraag onderlê ook my

bespreking van die onderskeie outeurs se tekste. Alhoewel Khoisan karakters in al

hierdie tekste aanwesig is, vind mens wisselende grade van karakteruitbeelding in

hierdie dramas: vanaf randfigure wat slegs klein rolle vertolk (hoofsaaklik geplaas

in die onderdanige posisie van kneg/slaaf) tot karakters wat redelike groot

handelingsrolle vervul (byvoorbeeld Kalfacher en Grietje Drilbouten in Boniface se

De Temperantisten, Kaatje in Bains se Kaatje Kekkelbek en Daantjie Tamboer en

Sampie Druiloor in Brink se De progressief). Mens kan spekuleer tot watter mate

hierdie uitbeeldings en voorstellings “outentiek” is (dus die eie stem is van die

karakter) en tot watter mate hierdie karakters slegs die skeppings van hierdie

dramaturge is, gebaseer op algemeen aanvaarde steriotipes van die Khoisan

gedurende hierdie historiese periode.

Aspekte waarna onder andere gekyk sal word, is dus: die baas x kneg/slaaf‐

verhouding; die aspek van naamgewing; die Khoisan‐karakter as komiese

afleiding, sowel as assosiasies wat opgeroep word en deurloop by die onderskeie

dramaturge (byvoorbeeld die Saartje Baartman‐episode).

Leti Kleyn werk as lektor by Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van

Pretoria. Sy is tans besig met ’n doktoralestudie oor Kanoniserings‐meganismes.

leti.kleyn@up.ac.za

28

“Net jammer die lanies trek skewebek" 1 – Wopko Jensma se literêre

betrokkenheid

“op stofomslae kom [Jensma se] kuns

só dikwels voor dat Suid‐Afrikaanse

skrywers mekaar graag spottend vra:

Het jy ’n Wopko‐omslag of nie?”

– Stephen Gray

Vandag is Wopko Jensma publikasies besonder skaars,

versamelaarsitems. Ten spyte van, sy drie digbundels (een

wat deur die sensuurraad in 1975 verbied is) en die

positiewe ontvangs deur die kritici van die dag, sowel as sy

ywerige betrokkenheid by literêre tydskrifte (plaaslik én internasionaal) is daar

slegs enkele verwysings na Wopko Jensma en sy literêre werke wat in die Suid‐

Afrikaanse (veral die Afrikaanse) konteks behoue gebly het.

Sy digkuns is oor ’n wye spektrum bloemlesings (ook internasionaal) opgeneem

en selfs in beperkte seleksie van sy Afrikaanse werk is in Engels vir opname

vertaal; enkele van sy gedigte is ook deur Jacques Alvarez‐Péreyre en Dennis

Hirson in Frans vertaal en uitgegee.

Jensma self vertaal vyf romans van die Duitse skrywer A.E. Johann vir Afrikaanse

Pers Boekhandel (1966 & 1967) en Nan Chauncy se High and Haunted Island as

die Die Spookkus vir Van Schaik uitgewers (1966) in Afrikaans – dit sonder dat hy

enige skool‐ of universiteitsopleiding in Duits gehad het. Hy staan ten spyte van ’n

selfopgelegde bannelingskap (na o.m. ’n huwelik met ’n Zuluvrou uit Swaziland)

nie onkundig teenoor heelparty belangrike figure in die Suid‐Afrikaanse

letterkunde nie, het kontak met o.m. Botes, Brink, Abrahams, Breytenbach, Horn,

Saunders en Head; en spreek in korrespondensie sterk menings oor sy benadering

tot literatuur uit. Verder is hy ook bekend vir die ontwerp van talle boekomslae by

verskeie uitgewers, onder meer die van John Miles, Phil du Plessis, Oswald

Mtshali en Sheila Fugard, en is daar ook sprake van enkele ongepubliseerde

werke, verdere literêre betrokkenheid, én leesstof en die skryfproses wat in

korrespon‐densie na vore kom.

Die Suid‐Afrikaanse digter en visuele kunstenaar Wopko Jensma, se posisie in

veral die literatuurgeskiedenisse (sowel Afrikaans en Engels as Suid‐Afrikaans) is

meermale tot slegs ’n voetnota gereduseer. Dié figuur se verstommende literêre

betrokkenheid by die literatuur van die 1970’s stem egter nie met sy

gemarginaliseerde posisies ooreen nie, en dit is nodig om wéér bestek op te

29

neem, en ’n herwaardering van Jensma se betrokkenheid en posisie in die Afri‐

kaanse literatuur te maak.

1 Uit deel 3 van die gedig “Ko’s lag kliphard” in Jensma se Sing for our execution (1973:102).

Jerzy Koch is hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid‐Afrikaanse Studies by

die School of English van Adam Mickiewicz‐Universiteit in Poznan en hoof van die

Afdeling Moderne Nederlandse Letterkunde en Afrikaans aan die Universiteit van

Wrocław; hy is navorsingsgenoot van Universiteit van die Vrystaat. Voorts is hy

hoofredakteur van Werkwinkel. Journal of Low Countries and South African

Studies. Hy doseer veral Nederlandse literatuur na 1830, koloniale literatuur en

Afrikaans, en stel ook belang in die resepsie van literaire vertalings.

jkoch@ifa.amu.edu.pl

H.B. Marx se Benigna van Groenekloof of Mamre (1873) as

literatuursoort

In hierdie referaat word die genologiese status van die boek Benigna van

Groenekloof of Mamre (1873) bespreek. Hierdie ondersoek sluit aan by vroeër

publikasies (Koch 2004, 2006) waar ek oor die Morawiese Broeders se bydrae tot

die Suid‐Afrikaanse drukkersbedryf geskryf het en ‐ in navolging van L.T. du Plessis

(1986) ‐ die Morawiërs se invloed op die taalsituasie in Suid‐Afrika in terme van

(taal‐ en/of kulturele) bewegings geanaliseer het, asook bewyse vir die identiteit

van die outeur Hermann Benno Marx (1827‐1917) gelewer het. Vervolgens wil ek

die struktuur van die teks self ontleed om die letterkundige genre daarvan nader

te bepaal. Dit kan help om aan hierdie relevante boek ’n adekwate plek in die

literêre en kulturele geskiedenis van Suid‐Afrika toe te ken, aangesien Benigna

van Groenekloof of Mamre nog steeds nie in die Suid‐Afrikaanse literatuursisteem

na behore geakkommodeer is nie.

Sonja Loots is 'n dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die

Universiteit van Kaapstad. Sy was voorheen bemarkingsbestuurder van die

uitgewer Random House Struik, boekeredakteur van Rapport en draaiboek‐

skrywer vir die sepie 7de Laan. Sy werk aan ’n PhD oor die terugblik op gediskre‐

diteerde leef‐ en taalwêrelde in sleutel‐romans van die afgelope dekade.

sonjaloots@gmail.com

Die romanskrywer as argivaris. Die bewarende terugblik op

gediskrediteerde leef‐ en taalwêrelde in resente Afrikaanse tekste

30

In die skaduwee van ’n groeiende besef van die gemarginaliseerdheid van

Afrikaans en Afrikaners, toon etlike resente Afrikaanse romantekste ’n

klemverskuiwing van satiriese en postmoderne skeptisisme oor die verlede na ’n

meer koesterende, bewarende blik op verglippende leef‐ en taalwêrelde. In ’n

onderhoud sê Marlene van Niekerk dat sy met Agaat “doelbewus probeer het om

’n sekere soort kultuur of erfenis te dokumenteer” (in Rapport, 28 November

1994, Perspektief IV). Dit sluit in ’n geesteswêreld en ’n materiële wêreld en

voorts wou sy "die Afrikaanse taal opskryf, die taal argiveer, stukke daarvan wat

nie meer gehoor word nie”. Laasgenoemde motief vind mens terug in Die Boek

van Toeval en Toeverlaat deur Ingrid Winterbach waarin Helena Verbloem vir

Theo Verwey help met sy projek om alle woorde wat in Afrikaans in onbruik

verval het, op te teken. Ook Etienne van Heerden se roman 30 Nagte in

Amsterdam deel die bewustheid van argaïese uitdrukkings en idiome in Afrikaans.

In die algemeen is al drie tekste gemoeid met die optekening van ’n Afrikaanse

kultuurverlede in weerwil van ’n besef dat daardie verlede gediskrediteer en

afgelope is. “Hoe‐is‐dit‐menslik‐moontlik‐mevrou? Op dees aarde móóntlik om

terug te verlang na sulke mense?” word Zan deur ’n buitelander gevra in 30 Nagte

in Amsterdam (p. 337). In Agaat raak ’n voorheen gemarginaliseerde die

erfgenaam van die gesegdes, liedjies, boererate, boerderykennis, huisvlyt en

ander kultuurbesit wat van kleins af by haar ingeprent is ‐ en die sterwende Milla

sien Agaat ten slotte as haar familie se “argief” (p. 574). Die drie romans sal

bespreek word as werke waarin gerou en afskeid geneem word van ’n

verbygaande orde, hoewel nie op ’n reaktiewe manier nie.

Amanda Lourens behaal haar DLitt met 'n proefskrif oor die kanonisering van

die vroulike outeur in die Afrikaanse literatuursisteem. Sy is 'n deeltydse dosent in

die Departement Afrikaans en Nederlands, en is ook verantwoordelik vir die

koordinering van slypskole oor verskeie fasette van taalpraktyk wat deur die

Departement aangebied word. Sy is mede‐outeur van Wetenskaplike skryfvaar‐

dighede [Scientific writing skills].

alourens@sun.ac.za

Die uitbou van ’n eens marginale tradisie: Marlise Joubert se gebruik van

vroulike taal

Studies het reeds gewys op die toenemend belangrike rol wat vroulike digters in

die Afrikaanse literêre sisteem speel nadat ’n manlike tradisie die ouer

poësiesisteem oorheers en die vroulike tradisie ’n marginale posisie beklee het

(vgl. Lourens 1992, Viljoen 2009). Dit is veral sedert die sewentigerjare van die

vorige eeu wat vroulike digters na vore begin tree het en hulle veel sterker en

31

meer sentraal in die sisteem begin vestig het. Hierdie referaat wil ondersoek instel

na die verdere uitbou en versterking van hierdie tradisie, spesifiek met verwysing

na Marlise Joubert se bundel Passies en passasies (2007).

Wanneer Passies en passasies in 2007 verskyn, het Joubert haar reeds gevestig as

skrywer/digter wat veral die vroulike ervaring in haar werk ondersoek. ’n Kritikus

soos Odendaal (2008) wys daarop dat Passies en passasies op tematiese vlak ’n

wesenlike bydrae tot die Afrikaanse digkuns lewer. Kritici soos Hambidge (2008),

Ester (in Hambidge 2008) asook Crous (2007) bestempel Joubert as ’n onderskatte

digter, waardeur hulle implisiet ’n sterker posisie vir haar in die Afrikaanse

sisteem bepleit.

Hierdie referaat wil spesifiek die vraag ondersoek of daar naas die ontginning van

vroulike temas, ook ander elemente in Joubert se werk is wat daarvoor verant‐

woordelik is dat ’n sterker posisie vir Joubert binne die literêre sisteem bepleit

word. Die hipotese word dan gestel dat Joubert van ’n eg vroulike taal (Cixous se

écriture féminine of Irigaray se womanspeak) gebruik maak, en dat dit naas

Joubert se ontginning van vroulike temas lei tot die uitbou en versterking van die

Afrikaanse vroulike tradisie. Hierdie hipotese word krities ondersoek aan die hand

van ’n uiteensetting van Cixous en Irigaray se teorieë oor vroulike taal asook die

ontleding van geselekteerde gedigte uit Passies en passasies.

Godfrey Meintjes is hoof van Afrikaans en Neerlandistiek in die Skool vir Tale

aan die Universiteit Rhodes in Grahamstad. Hy is hoofsaaklik verantwoordelik vir

kursusse in die eietydse Afrikaanse prosa, literatuur‐teorie en narratologie. Sy

navorsingsbelangstellings sluit die volgende in: die herlees van ouer tekste;

literatuur en ekologie en postkoloniale literatuur.

G.Meintjes@ru.ac.za

Transnasionalisme as ‘n funksie van transtekstuele bindinge in Etienne

van Heerden se teks Kikoejoe (1996)

Etienne van Heerden se roman Kikoejoe verskyn in 1969. Met die eerste

oogopslag skyn hierdie teks, ten minste inhoudelik, ‘n plaasroman te wees waarin

‘n volwasse, getekstualiseerde skrywer deur sy “kleintyd –oë” (12) sy belewenisse

gedurende ‘n somervakansie op die Karooplaas, Soebatsfontein in 1960, beskryf.

Die struktuur van hierdie roman noop egter die dekodeerder om die teks as ‘n

historiografiese metateks met ‘n sterk postkoloniale duiding te lees. Die

smeulende hooimied word “ … ‘n permanente monument vir die pruttende

woede en frustrasies van die swart mense…” (275) en verbeeld die politieke

32

oosheid wat in hierdie teks ondersoek word. Uiteindelik word die teks ‘n breër

ondersoek van die begrip boosheid. En die verteller kom op tipiese post‐

modernistiese wyse tot die insig : “…die boosheid is tog nie te ken nie” (277). Reg

vanaf die titel word die teks ‘n hegte weefsel van transtekstuele verwysings wat

die sekerhede van die tradisionele plaasroman dekonstrueer en ‘n komplekse,

veelduidige transkulturele konstruksie laat ontstaan. Die referaat ondersoek die

begrippe intertekstualiteit en transtekstualiteit o.a. met verwysing na Julia

Kristeva en Gèrard Genette en gebruik Genette se begrip transtekstualiteit as

uitgangspunt vir hierdie ondersoek. Die referaat verduidelik voorts die begrip

transnasionalisme deur aan te toon hoe die teks geykte nasionale grense

problematiseer en oorsteek en sodanig ‘n paradigmaskuif teweegbring. Die

referaat ontgin die betekenis‐genererende funksies van die legkaart van

aanhalings en let onder andere op die verwysings na die mitologie, die sielkunde,

en die postkoloniale politiek. Vervolgens belig die referaat die digte integrasie van

literêre materiaal uit ander sisteme en kyk spesifiek na die rol van verwysings na

Nijhoff, Tennyson, Gorter en Shelley. Uiteindelik wys die referaat dat William

Butler Yeats se werk en veral sy “The Second Coming” in Kikoejoe skering en inslag

vorm. Die referaat kom tot die slotsom dat transtekstuele bindinge Kikoejoe tot

transnasionale teksruimte transponeer.

Hans Neervoort, geboren 1942, was ruim 41 jaar in het onderwijs in Nederland

werkzaam. In 1981 slaagde hij voor zijn doctoraal examen Nederlandse taal‐ en

letterkunde aan de Universiteit van Amsterdam. Sinds die tijd publiceerde hij

essays, interviews en columns in literaire tijdschriften als Bzzlletin, Maatstaf,

Kruispunt, Nieuw Wereldtijdschrift en Deus ex Machina. Na zijn pensionering in

2004 begon hij aan een proefschrift over de Zuid‐Afrikaanse connecties van

Lourens Penning.

hneervoort@ziggo.nl

Het hemd is nader: de streekroman als natuurlijk nationalistisch

fenomeen

In een tijd dat ‘buitenland’ een vaag begrip lijkt te worden, laat de Nederlandse

literatuur een opmerkelijke populariteit van de plattelandsroman, de vroegere

streekroman, zien. De bestseller Dorsvloer vol confetti (2009), de debuutroman

van Franca Treur, is er een voorbeeld van. De sociale omgeving waarin het verhaal

speelt, een bevindelijk, orthodox‐calvinistisch gezin, is een gedeeltelijke verklaring

van het succes: de charme van het ‘exotische’. Belangrijker is echter de

ruimtelijke situering: een boerderij aan de rand van een Zeeuws dorp. Die

33

landelijke situering sluit aan bij een aantal andere romans van de afgelopen 15 à

20 jaar.

Een vergelijking met een vorige ‘uitbarsting’ van streekromans, de periode van

1900‐1920/30, levert aanknopingspunten op voor een verklaring van die

populariteit. In beide perioden voltrekken zich grote veranderingen en gaat die

streekroman gepaard met of is een manifestatie van nationalisme.

Met dat nationalisme is iets interessants aan de hand: het begon rond 1800 als

een rationele constructie van historici, filologen en filosofen met als uitgangspunt:

een natie per staat, een staat per natie. In de loop van de 19e eeuw drong het

langzaam door via de burgerij naar het ‘gewone volk’, de grote massa. Rond 1900

waren er in Nederland onder aanvoering van de burgerij grootschalige uitingen

van nationalisme en begon een lange rij streekromans te verschijnen die een

groot lezerspubliek vonden. Hetzelfde valt in de jaren na 1990 te constateren: de

Oranjegekte als Nederland schaatst of voetbalt en de triomftocht van de

streekroman (en de historische roman).

Het verschil met de periode 1900‐1920/30 is dat de nationalistische uitingen niet

van bovenaf werden gestimuleerd, maar spontaan van onderop kwamen. De

uitslag van het referendum over de Europese grondwet is in dit verband

veelzeggend: 61,6% stemde tegen die grondwet, die door de (politieke) elite

noodzakelijk werd geacht. Dat gegeven is ook om een andere reden interessant:

het wijst op de voedingsbodem van het opkomende nationalisme: de

schaalvergroting, de globalisering. Die raken aan de eigen identiteit. De

populariteit van de streekroman (en de historische roman) is dan ook niet een

typisch Nederlands/Vlaams verschijnsel. De Afrikaner literatuur kent eenzelfde

opmerkelijke opbloei van de regionale (en de historische) roman, hoewel voor de

Afrikaner literatuur ook andere omstandigheden van invloed zijn geweest en nog

zijn. Dat die parallellie in wezen niet opmerkelijk is, wordt duidelijk uit een recent

onderzoek van een Nederlandse groep psychologen, dat ook voor de Afrikaner

literatuur van groot belang is: groepsgevoel – zo is de conclusie uit experimenten

– wordt sterk bevorderd door oxycotine, een lichaamseigen neuropeptide. Het

lijkt erop dat nationalisme een biologische basis heeft.

Bernard Odendaal doseer sedert 1990 Afrikaanse en Nederlandse letterkunde,

literêre teorie en literatuuronderrig aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy

tans mede‐professor is. Die onderwerp van sy proefskrif (1997) was Retoriese

strategieë in die poësie van T.T. Cloete. Naas vakwetenskaplike artikels en

boekbydraes, en meer populêre poësiebydraes op die webwerf Versindaba, skryf

hy gereeld poësie‐resensies. Hy is ook ’n digter en vertaler, laasgenoemde veral

34

van liedere (Jacques Brel, Édith Piaf, Willem Vermandere, die Duitse

Liedermacher).

odenbj@ufs.ac.za

Die “ongekunsteldheid” van die vertelvers

Rondom die 2006‐Versindaba en die verskyning van Danie Marais se

debuutbundel in die buitenste ruimte is nogal heelwat gepolemiseer oor wat

meermale as “praatpoësie” bestempel is (Odendaal, 2009). Dit word stilisties en

vormlik onder meer gekenmerk deur die spreektaligheid en die dikwels

(outobiografies‐) verhalende inslag daarvan, deur ’n “dunner struktuur” (Charl‐

Pierre Naudé, 2009) en ’n strewe na artlessness (Danie Marais, 2009), wat dikwels

neerslag vind in gedigte van “langerige tot heel lang” bestek (Hugo, 2006).

“Vertelvers” is ’n benaming wat tans op die voorgrond tree vir dié soort poësie,

want daar word met sodanige “toon van die vertellerstem [...] probeer om

gestalte te gee aan ’n gebroke, eietydse lewensgevoel”, ’n toon wat ”spontaan en

ongekunsteld klink” (Marais, 2006). “’n [G]edig moet dringend kom / soos diarree

// wees eerder ’n jackson pollock / of jack the ripper / as ’n botanikus‐sketser /

tussen herbariumrakke,” skryf Loftus Marais in Staan in die algemeen nader aan

vensters (2008).

G’n wonder dat “praatvers”‐digters soos Danie en Loftus Marais, Charl‐Pierre

Naudé, Andries Bezuidenhout, Ronelda Kamfer en Johannes Prins nogal suksesvol

saam met rock‐kunstenaars op podiums by kunstefeeste en ander geleenthede

kan optree nie; die groter toeganklikheid van veel van hul verskuns maak dit

minder “elitêr”. Onteenseglik trek (sommige van) die “praatvers”‐digters tans van

die meeste aandag in die Afrikaanse poësieveld (soos onder meer blyk uit die kort

blik op die hedendaagse Afrikaanse digkuns deur die Nederlandse digter Alfred

Schaffer in ’n onlangse uitgawe van die glanspublikasie The Low Countries. Arts

and Society in Flanders and the Netherlands, 2010). Maar dit verbaas ook nie dat

kritici soos Lina Spies (2007) met beskuldigings vorendag kon kom dat hul werk

slegs “die indruk [wek] van poësie te wees deur kunsmatig gevormde versreëls

sonder ritmiese noodsaak” nie. In hierdie referaat word in enkele besonderhede

gefokus op die strategieë wat deur sulke digters gevolg word in die strewe na

“ongekunsteldheid” –of onopvallende stilering– wat sowel taalgebruik as

versifika‐sie betref.

Gerrit Olivier

35

gerritolivier@vodamail.co.za

Wat is die ‘trans’ in ‘transnasionalisme’?

Ek wil in hierdie referaat teoreties besin oor die konsep ‘transnasionalisme’,

onder meer na aanleiding van Leon de Kock se idee van ‘n ‘transnasionale breuk’

(Current Writing 1&2, 2009). ‘n Kort ondersoek na terme soos ‘globalisering’,

‘migrasie’, ‘diaspora’ en ‘nomadisme’ en hulle voorkoms in literêr‐teoretiese

geskrifte sal lei tot ‘n analise van die verhouding tussen hierdie terme en

‘transnasionalisme’ en tot vrae soos: Wat moet ‘n mens presies verstaan onder

‘transnasionalisme’? Watter spesifieke verskynsels van belang word deur die

begrip beskryf en toeganklik gemaak vir analise? Watter bydrae lewer die konsep

tot ons insig in spesifiek die Afrikaanse letterkunde binne ‘n internasionale

verband? Voeg die term iets beduidends toe aan die literêre diskoers? Verder wil

ek ondersoek instel na moontlike ooreeenkomste tussen ‘transnasionalisme’ en

‘multikulturalisme’, met die oog daarop om te vra of ‘transnasionalisme’ meer

impliseer as die transponering in die internasionale arena van ‘n multikulturele

benadering. Ten slotte wil ek die vraag ondersoek of die term sinvol geïntegreer

kan word by ‘n postkoloniale projek wat ook etiese dimensies insluit, soos onder

andere voorgestel deur Edward Said en Achille Mbembe.

Mia Oosthuizen is op 8 Augustus 1984 in Kaapstad gebore. Na haar

hoërskoolopleiding behaal sy die grade BA (Geesteswetenskappe) en BA

(Honneurs) (Afrikaans en Nederlands) aan die Universiteit van Stellen‐bosch. Vir

haar Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die US, spesialiseer sy in

kinderliteratuur en voltooi ’n gedeelte van die graad aan die Vrije Universiteit van

Amsterdam. Sedert Februarie 2010 is sy verbonde aan die Departement Afrikaans

en Algemene Literatuurweten‐skap aan UNISA. Sy is tans besig met haar

doktorsgraad oor kinder‐literatuur onder leiding van prof. Johan Coetser en prof.

Andries Visagie.

oosthmm@unisa.ac.za

Oorsake en gevare van die marginale posisie wat die Afrikaanse

kinderliteratuur binne die Afrikaanse literêre kanon beklee

Die oorsaak van een verskynsel is dikwels die gevolg van ’n ander en impliseer dus

’n kettingreaksie wat gekoppel kan word aan die begrip ontwikkeling. Ten einde

die oorsake vir die marginale posisie van Afrikaanse kinderliteratuur binne die

Afrikaanse literêre kanon na te speur, sal daar gekyk word na die ontwikkeling van

36

spesifiek die Afrikaanse kinderliteratuur asook kinderliteratuur in die breë. Om die

gevare van so ’n marginale posisie in ’n literêre kanon te verduidelik, sal die aard

en werking van ’n literêre kanon ook kortliks onder bespreking kom. Die

polisisteemteorie dien as teoretiese raamwerk met spesifieke verwysing na Zohar

Shavit (1986) se opvattings oor die problematiek rakende kanonisering en haar

ontwikkelingsmodel vir kinderliteratuur, asook Itamar Even‐Zohar (1973, 1990,

1997, 2005) se opvattings oor die kanon en kanonisering. Shavit se navorsing dui

aan dat die meer marginale posisie van kinderliteratuur binne ’n literêre kanon

nie ongewoon is nie. Wanneer die genre egter in so ’n mate na die buitewyke van

die kanon gestoot word dat dit die ontwikkeling daarvan kniehalter, hou dit myns

insiens nie net negatiewe gevolge vir die kinderliteratuur‐sisteem in nie, maar ook

vir die hele literêre sisteem, aangesien dit die lesende kind is wat ’n lesende

volwassene word. Ter illustrasie van hoe die oorsake vir die marginale posisie van

die Afrikaanse kinderliteratuur in die Afrikaanse literêre kanon ontwikkeling

negatief raak, sal daar na enkele verskynsels binne die kinderliteratuur‐sisteem

gekyk word, soos die minderwaardige status van die kinderboekteks; die

marginale posisie wat skrywers van hierdie genre, soos Janie Oosthuysen, Jaco

Jacobs en Carina Diedericks‐Hugo, binne die Afrikaanse literêre kanon beklee; en

die tekort aan erkenning van die genre in algemene literatuurgeskiedenisse.

Telkens sal die gevolge wat dit inhou vir die ontwikkeling van Afrikaanse

kinderliteratuur uitgelig word en waar van toepassing sal daar ook aangedui word

hoe dit die ontwikkeling van die Afrikaanse literêre sisteem beïnvloed.

Luc Renders is verbonde aan die vakgroep BCL van die Universiteit Hasselt in

België. Sy ondersoeksbelangstelling gaan uit na die Afrikaanse letterkunde en na

die Nederlandstalige Kongoletterkunde. Op hierdie gebiede het hy ’n groot

verskeidenheid artikels gepubliseer. Saam met Eep Francken is hy die outeur van

Skrywers in die strydperk. Krachtlijnen in de Zuid‐Afrikaanse letterkunde.

luc.renders@uhasselt.be

Relaas van 'n moord en Begging to be Black van Antjie Krog: oor

betrokkenheid en marginalisasie

Relaas van 'n moord uit 1995 is die eerste prosawerk van Antjie Krog. In hierdie

klein outobiografiese werkie beskryf Krog haar reaksie op die moord op die

Wheetie in Kroonstad in 1992 waarby sy teen haar wil ingesleep is. Die struktuur,

die styl en die selektiewe aanwending van die informasie maak dit duidelik dat

Relaas van 'n moord 'n subjektiewe weergawe is van die gebeurtenisse rondom

dié moord. Dit stel Krog in staat om haar morele waardes te belig. Vir haar is daar

37

grense wat nie oorskry kan word nie. Die etiese standpunt wat sy inneem bring

haar in botsing met die ANC. Haar betrokkenheid by die struggle moet sy laat vaar

en sy raak gemarginaliseer.

In Begging to be Black (2009) kom Antjie Krog uitgebreid op moord op die

Wheetie terug: groot stukke teks is letterlik uit Relaas van 'n moord oorgeneem.

Hierdie aanhalings word nou egter binne 'n groter geheel gesitueer: die lewens‐

beskrywing van die Basoetoe koning Moshoeshoe, die beskrywing van 'n

studieverblyf in Duitsland, briewe aan haar ma vanuit Duitsland, konversasies met

'n Australiese filosoof. Begging to be black is die voortsetting van die

problematiek van Relaas van 'n moord. Die sentrale vraag van Begging to be Black

is hoe om die marginale posisie waarin die blanke hom in die nuwe Suid‐Afrika

bevind op te hef. Twee sleutelbegrippe wat Krog bespreek is 'interconnectedness'

en 'context'.

In hierdie referaat wil ek nagaan in watter opsig die standpunt wat Antjie Krog in

Relaas van 'n moord inneem, verskil van dié in Begging to be Black. In Relaas van

'n moord stel Krog dat respek vir essensiële menslike waardes 'n noodsaaklike

voorwaarde is vir die totstandkoming van 'n meelewende en regverdige

maatskappy. In watter mate laat die pleidooi vir begrip vir die lewensbeskouing

van die swart man nog ruimte vir 'n prinsipiële etiese standpunt? Word in die

nuwe Suid‐Afrika 'n ander vorm van betrokkenheid van die blanke verwag en is hy

daardeur in staat om sy marginalisering op te hef?

Burgert A. Senekal is tans werksaam aan ’n PhD in oorlogsliteratuur. Hy beskik

oor ’n meestersgraad in Afrikaans en oor ’n ander in kontemporêre Britse fiksie.

Sy belangstellings sluit in die representasie van vervreemding, identiteit en

geweld, in die hedendaagse wêreld sowel as in die geskiedenis, en veral waar

vervreemding en identiteitskepping binne ’n geweldskonteks funksioneer.

SenekalBA@ufs.ac.za

Musiek op die periferie: Afrikaanse metal‐lirieke

Alternatiewe musiek is per definisie gemarginaliseerd (vandaar die term

‘alternatief’), maar binne hierdie veld verkeer metal (in al sy vorme) nóg meer op

die periferie as wat groepe soos Fokofpolisiekar verkeer. Keith Kahn‐Harris noem

byvoorbeeld sy boek Extreme metal: music and culture on the edge (2007). Paul

Blom, een van die voorste musikante in hierdie genre in Afrikaans, eggo stellings

van die Amerikaanse groep Pantera wanneer hy opmerk dat metal ʼn rebelse

genre is, en dat dié wat daarna luister sowel as dié wat binne die industrie staan,

ʼn sterk weersin het in die hoofstroom se musiek en kultuur, terwyl die

38

hoofstroom hierdie genre met agterdog bejeën (dink byvoorbeeld aan die media‐

storm na die Columbine en Krugersdorp‐insidente). Nie alleen is dié musiek dus

self gemarginaliseerd nie, maar ook figureer baie van hierdie genre se luisteraars

op die rand van die gemeenskap.

Na die eerste pogings om Afrikaanse metal te skryf, veral deur Battery9, Voice of

Destruction (VOD) en Dieversion in die laat negentigerjare, het hierdie genre oor

die laaste dekade ’n beduidende oplewing ondervind, en groepe soos Nul,

Terminatrix, en Insek het hulle by Batery9 gevoeg, terwyl VOD voortbestaan het

deur K.O.B.U.S., F8 en Die Kruis. Onlangs het ʼn samestelling van Afrikaanse metal,

Kopskoot!, ook verskyn, wat bemark word as “die swaarste Afrikaanse album

ooit.”

Hierdie studie sal die term metal presiseer binne die globale musieksisteem, toon

op ooreenkomste met die tematiek van oorsese groepe, en tendense binne die

genre in Afrikaans aantoon. Terwyl daar heelwat studie in die buiteland gedoen is

oor groepe soos Marilyn Manson, Rammstein en Slayer, is daar sover bekend tot

nou toe geen studie oor hierdie aspek van Afrikaanse musiek onderneem nie, wat

weereens aantoon dat dié genre in werklikheid die ekstreme marge van die

Afrikaanse musiekindustrie verteenwoordig.

Susan Smith doseer sedert 1997 Afrikaans, eers deeltyds by Rhodes Universiteit

se satellietkampus in Oos‐Londen en sedert 2005 as Departementshoof van

Afrikaans by die Universiteit van Fort Hare. In 2002 ontvang sy die

Premierstoekenning van die Departement Kuns en Kultuur van die Oos‐Kaap vir

haar bydrae tot die Afrikaanse taal en letterkunde van die Oos‐Kaap. Van haar

gedigte het in Nuwe Stemme 1 (1997), Versreise (2001), Raamwerk 11&12

(2001), Groot Verseboek 2000, Pret met Poësie (2007) en Groot Verseboek

(2008) verskyn. Een van haar gedigte is ook tans deel van die nasionale

kurrikulum en voorgeskryf vir Gr 12‐leerders.

SSmith@ufh.ac.za

’n Verkenning van konsepte van binne/buite‐wees in in die buitenste

ruimte (2006) van Danie Marais

Met sy debuutbundel, in die buitenste ruimte, wen Danie Marais drie literêre

pryse en vestig opnuut die aandag op die sosiale tendense van ontheemding,

vervreemding en buitestanderskap wat toenemend deel van die Suid‐Afrikaanse

literêre landskap uitmaak en terselfdertyd die internasionale tydgees reflekteer.

Die plek en identiteit van die individu binne ‘n wêreldorde waar globalisering en

transnasionalisme trefwoorde geword het, word ondersoek. In hierdie referaat sal

39

daar veral gekyk word na die ontginning van die konsepte van binne/buite‐wees

en die gepaardgaande dubbelgerigtheid of dubbele bewussyn van Marais as

diaspora‐digter.

Deur ‘n proses van verskuiwing vanaf binne (die sentrum) na buite (die periferie)

verplaas die digter homself na ‘n konteks van marginaliteit – hy word die Ander.

En vanuit hierdie nuwe posisie vind daar ‘n voortdurende terugkyk plaas – ‘n

terugkerende blik wat reeds in die motto (Carver‐aanhaling) aangekondig word.

Die konsepte van binne‐wees en buite‐wees word in binêre opposisie gestel;

terselfdertyd vat die digter ook die komplekse aard van dubbelgerigtheid vas in

die binne‐die‐buite‐wees as ‘n dubbele gesitueerdheid. Hy is nie net teenwoordig

ín albei ruimtes nie, maar bevind hom ook búite albei ruimtes. Marais tree op

vernuftige wyse in gesprek met die veranderende werklikheid en ideologiese

verwantskappe tussen identiteit, ruimte en geografie. Die ruimte word ‘n

metafoor vir hibriditeit, die plek waar herinneringe aan sy vaderland en die

konkrete werklikheid van sy Europese hede mekaar ontmoet. As deel van die

ondersoek sal daar ook gekyk word na die verhouding met die geliefde en die

prosesse van aftakeling en verlies, wat gelees kan word as ‘n metafoor vir die

diaspora‐digter se ervaring van verlies aan kulterele identiteit, moedertaal en

vaderland. Daar sal ook aandag gegee word aan die rol wat herinnering en

vergetelheid speel binne die transnasionale idioom.

Gideon Strydom is 'n boorling van die Molopo en reeds die afgelope 11 jaar

woonagtig in Somerset‐Wes. Na meer as 'n dekade in die reisbedryf bestuur hy

nou sy eie leersentrum waar hy taalonderrig aan skoliere bied en hou hy

homself verder besig met alles talig en literer. In 2007 behaal hy die graad BA

Tale en Letterkunde (spesialisering in kreatiewe skryf‐werk) cum laude aan

Unisa. In 2008 behaal hy die graad BAHons (Afrikaans en Nederlands) cum laude

aan NMMU. Gideon is tans besig met 'n MA‐tesis, 'n vergelykende studie van Die

boek van toeval en toeverlaat (2006) van Ingrid Winterbach en Asbesmiddag

(2007) van Etienne van Heerden, onder leiding van Prof. Helize van Vuuren aan

NMMU.

gideon@motto.za.net

Die marginale subjekposisie van die Afrikaanse skrywer/akademikus:

Asbesmiddag (2007) van Etienne van Heerden

Asbesmiddag (2007) van Etienne van Heerden ondersoek, binne die fiksionele

konteks van die eietydse Suid‐Afrikaanse roman, teoretiese kwessies rakende die

letterkunde, soos die marginale subjekposisie van die romanskrywer/akademikus

40

en van die Afrikaanse letterkunde in die eietydse sosio‐politieke sfeer. Aspekte

soos die posisie van die Afrikaanse taal, Afrikaner‐identiteit en ideologie kom aan

die bod. Die roman handel oor kwessies wat in die brandpunt staan in die

eietydse Suid‐Afrikaanse sosio‐politieke realiteit. Die implisiete ideologiese

perspektief in die teks het veral te make met die ontnugtering van die

hoofkarakter met die verdwyning van die bekende status quo in sy direkte sosio‐

politieke omgewing.

In Asbesmiddag (2007), ‘n komplekse roman met sterk ooreenkomste met die

hedendaagse Suid‐Afrikaans samelewing gemeng met fantasie, word daar gefokus

op die veranderende akademiese landskap, die bedreiging van globalisering en

tegnologie, verlies en dood, geweld, en hoe dit in die roman verband hou met

sosio‐politieke mag en kommodifisering. Van Heerden skep vir homself die

geleentheid om deur die metafiksionele besinnings van sy protagonis die huidige

sosio‐politieke konteks en die globale ekonomiese landskap te verken en te

bevraagteken. Die verval in die Afrikaanse samelewing, akademie en letterkunde

word ondersoek. Graaff se verset teen die populêre kultuur en die nuwe orde in

‘n veranderende Suid‐Afrika dui op die marginale subjek se verlange na ’n verlore

verlede en wat dit vir hulle identiteit, kulturele geheue en verhouding met die

landskap beteken.

Die skrywer (Sebastiaan Graaff), as minderheidsintellektueel, is dubbel‐gemar‐

ginaliseerd deur die institusionele strukture waarbinne hy funksioneer. Sy

ervaring van die sosio‐politieke realiteit word betrek in die roman, veral ten

opsigte van die ras‐ en genderkwessies en die nuwe imperialisme waaronder die

hedendaagse metropolitaanse universiteit gebuk gaan. Die minderheids‐

intellektueel word dikwels ook binne die instelling gemarginaliseer, deels op

grond van voortdurende ras‐ en genderdiskriminasie, maar ook as gevolg van die

sistematiese verskuiwing van minderheidsbelange na die periferie van

akademiese werk. Die tekstualisering van die ontnugtering en die worsteling met

die eie identiteit wat hierdie institusionele veranderinge en marginalisering

teweegbring, word ondersoek.

H.P. van Coller is hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en

Frans, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. Hy is o.a. eindredakteur van

die driedelige Afrikaanse literatuurgeskiedenis Perspektief en Profiel en outeur

van Tussenstand: Letterkundige opstelle.

vcollerh@ufs.ac.za

Literatuur in die marge: oor “middelmootliteratuur”

41

Daar word dikwels beweer dat baie “literatuur in de marge”, dit wil sê

“middelmootliteratuur”, ‘n “terugskrywe” is, ‘n reaksie op die heersende

literatuur‐sisteem en sy poëtikale sentrale opvattings. Dit gebeur telkemale in

werke wat nie ‘n veilige en standhoudende plek inneem in die klassiek literêre

kanon nie, van die vroeë dorpsromans, werke deur Willem van den Bergh, romans

van Eleanor Baker en ook herhaaldelik in Jaco Kirsten se roman, Om na ‘n wit

plafon te staar. Veel van hierdie romans verantwoord hulle oor die verhouding

tussen “hoë” en “lae” vorme van kuns, die verantwoordelikheid van die skrywer

om uit te reik na ‘n groter publiek en oor kernaspekte van die kanon/ literêre

sisteem.

Kirsten se werk (wat dikwels meta‐narratief van aard is) is bv. kritiese

kommentaar op veel meer as net ‘n oormatig politiek‐korrekte werksomgewing.

Dit lewer ook kritiek op die skryfformules wat by skryfskole aan studente gegee

word as towerstawwe én is ook ‘n hekeling van resensente wat boeke benader,

gewapen met dieselfde formules (as ‘n stel verwagtings).

In die lesing sal daar getrag word om aan te toon dat alle sisteme hul “harde

kerne” beskerm en verandering toelaat op die periferie (in die marge). Dáár vind

die “aanvalle” plaas en hoewel die verdraagsaamheid groot is, is ook die gevaar

groot, want die doel is om die kern te wysig.

Alettie van den Heever gee sedert die begin van 2010 Afrikaans en Geskiedenis

by Herzlia Middle School in Kaapstad. Sy het haar kwalifikasies aan die

Universiteit van Stellenbosch behaal. Onder die leiding van Professor Louise

Viljoen het sy die tema van kontingensie in Ingrid Winterbach se Die boek van

toeval en toeverlaat in haar MA‐tesis ondersoek.

aalettie@gmail.com

Die mens as marginale wese in Ingrid Winterbach se Die boek van toeval

en toeverlaat. ’n Bespreking van die wyse waarop die tema van evolusie

die mens tot ’n bestaan van marginaliteit relegeer

In Ingrid Winterbach se Die boek van toeval en toeverlaat word die toevalligheid

van die menslike bestaan deur die gebruik van verskeie motiewe en die

ontwikkeling van verskillende temas blootgelê. Die tema van evolusie onderstreep

nie bloot die kontingensie van die menslike bestaan nie, maar neem die idee van

die mens se onbenulligheid tot by die uiterste.

’n Oorsig van die geskiedenis van die idee van evolusie wys daarop dat die mens

se intellektuele struweling met sy evolusionêre ontstaan alles behalwe ’n

42

omhelsing van die toeval was of is. Wat eerder na vore kom, is ’n geneigdheid tot

die vasklou aan vooruitgang en die siening dat die mens die hoogtepunt van die

evolusionêre proses is. In die roman word daar op ondermynende wyse met

hierdie geneigdheid omgegaan. So word die “great chain of being” onder andere

op sy kop gedraai met die wurm (sowel as die skulp) wat die mens “onttroon”.

Verder hoor ons in Hugo Hattingh, paleontoloog en kenner op die gebied van die

evolusie, se verduidelikings en antwoorde eggo’s van evolusioniste soos Stephen

Jay Gould, evolusionis aan die voorpunt van die populêr‐wetenskaplike debat en

radikale ondersteuner van die skone toeval. Die hoofkarakter, Helena Verbloem,

kom sodoende onder die indruk van die radikale onbenulligheid van die mens en

sy bestaan.

Die wyse waarop die evolusie aan die orde gestel word in die roman, relegeer dus

die mens na die uithoeke van ’n toevallige heelal waar hy as marginale wese op

geen essensie, geen noodwendigheid en geen doel aanspraak kan maak nie.

Cilliers van den Berg promoveer in 2003 met 'n proefskrif oor betrokke

letterkunde. Hy doen onder meer navorsing aan die Universiteite van Augsburg en

Leiden en word in 2008 aangestel as lektor in Duits aan die Universiteit van die

Vrystaat. Omdat hy baie belangstel in interdissi‐plinêre navorsing voltooi hy in

2009 'n Ph.D. oor die representasie van trauma.

vdbergjp@ufs.ac.za

Die marges van representasie of die mag van die simulakrum? Trauma in

Blauwe Maandagen deur Arnon Grunberg

Met die publikasie van sy seminale werk Simulacres et Simulation, poog Jean

Baudrillard om die interaksie tussen die werklikheid, simbole en die moderne

samelewing te beskryf. Volgens Baudrillard ervaar die mens, as produk van die

(post‐)moderne maatskappy, die werklikheid nie gemedieerd deur die simboliese

representasies daarvan nie – die direkte omgaan met representasies, alternatie‐

welik die ervaring van representasies van representasies ad infinitum, ís die

enigste werklikheid. Die brug tussen representasie en werklikheid bestaan nie

meer nie, omdat daar ook geen gaping meer tussen beide is nie.

Trauma, óf gesien in terme van die historiese bepaaldheid daarvan, óf in terma

van ’n Žižekiaanse ontologiese kategorie, ontstaan wanneer die representasie‐

moontlikhede van die simboliese orde tekort skiet om ’n ervaring te representeer.

Enige traumatiese insident ontstaan dus op, of buite, die marges van represen‐

tasiemoontlikhede. As trauma volgens die definisie daarvan juis onrepresenteer‐

43

aar is, neem die voortdurende en diverse aantal representasies wat volg op ‘n

historiese insident soos die Holocaust, vinnig die allure van simulakra aan. Die

vraag moet gestel word of hierdie representasies representasies is van die

trauma, of representasies van representasies. Laasgenoemde sou ernstige etiese

vrae tot gevolg kon hê.

In Blauwe Maandagen van Arnon Grunberg lewer die hoofpersonasie ‘n relaas

van sy lewe as jong seun in Amsterdam. Weens sy Joodse afkoms word hy deur

vele gesien in terme van ‘n identiteit, wat gestempel sou wees deur die trauma

van die Holocaust – iets waarteen hy op demonstratiewe wyse in opstand kom.

Met Blauwe Maandagen as voorbeeldteks word in hierdie referaat gepoog om

aan te dui wat die rol van die simulakrum is in die representasie van trauma. Die

vraag wat beantwoord moet word, is of trauma beweeg op die marges van

representasie en of dit nie bloot dien as stimulasie vir die skep van simulakra nie.

Hierdie vraag‐stuk is vir ons in Suid‐Afrika, wat ook in die Afrikaanse letterkunde

worstel met ‘n Apartheidsverlede, van groot belang.

Joanette van der Merwe is tans besig met haar M.A.‐verhandeling in

Algemene Taal‐ en Literatuurwetenskap aan die Noordwes‐Universiteit, onder

leiding van Prof. Heilna du Plooy. Haar voorlopige probleemstelling ondersoek die

wyse waarop narratiewe strategieë aangewend word in romans met VIGS en

manlike homoseksualiteit as temas om hetero‐normatiewe voorveronderstellings

omtrent begeerte, seksualiteit en identiteit te ontwrig.

20303327@student.nwu.ac.za

“my eieste eie my ek”: Zan/Xan/Xusan/Susan in 30 nagte in Amsterdam

Die sentrale karakter in Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam (2008)

Susan de Melker – ook bekend as Zan, Xan en Xusan – poog op verskeie maniere

om die heteronormatiewe kategorieë te ontwrig waarin sy gedwing word deur die

patriargale gesagsfigure in haar lewe. Alhoewel die klassifikasies wat met haar

sogenaamde kranksinnigheid gepaardgaan ʼn klassieke patriargale instrument van

onderdrukking is (volgens teorieë deur Shoshana Felman, Sandra Gilbert en Susan

Gubar) gebruik Xan juis hierdie klassifikasie van kranksinnigheid om weerstand te

bied teen heteronormatiewe rolle en die verwagte gedrag wat daarmee

gepaardgaan. Verder ondermyn Xan se kenmerkende taalgebruik (wat nou

verwant is aan die Franse Feministe se beskouing van ʼn ‘vroulike skrywe’)

patriargale konstruksies van identiteit en werklikheid. Laastens problematiseer

die uitbeelding van Xan se seksualiteit heteronormatiewe sieninge van vroulike

seksualiteit deur ʼn aktiewe, veelvoudige seksualiteit daar te stel (volgens Luce

44

Irigaray se idees hieromtrent) wat gevolglik ʼn vorm van seksualiteit voorstel wat

nie beskryf en beheer kan word binne ʼn heteronormatiewe struktuur van enkel‐

voudigheid nie.

Anthea van Jaarsveld is dosent aan die Vrystaatse universiteit in die

department Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans. Haar spesia‐lisasieveld is die

Afrikaanse en Nederlandse drama maar in die afgelope tyd het sy haar fokus

verbreed na die relevante studie oor die aspekte van die Afrikaanse en/of

Nederlandse drama en die elektroniese media – Film, Televisie en Radio.

vjaarsa@ufs.ac.za

Die filmgenre in Afrikaans: ‘n onderontginde veld binne die literêre

sisteem

Baie navorsing word gedoen en veel gepubliseer oor die belangrike sub‐genre, die

Afrikaanse plaasroman. In literatuurgeskiedenisse oor die Afrikaanse letterkunde

kry die plaasroman ook sy regmatige klem. Wanneer daar egter na literatuur‐

geskiedenisse soos onder ander Kannemeyer se Die Afrikaanse Literatuur 1652‐

2004 en Perspektief en Profiel se uitgawes van 1999 gekyk word, is dit opvallend

dat daar geen bespreking gewy word aan die sistematiese analise oor die

verfilming van belangrike romans nie.

Die verwerking van ‘n roman na teaterstuk of filmweergawe impliseer ‘n bepaalde

kreatiewe resepsie van die teks wat tog sekerlik van groot belang is binne die

literatuursisteem. Die filmgenre as medium tot kreatiewe resepsie word

jammerlik in die Afrikaanse literatuursisteem gemarginaliseer.

Die Afrikaanse film behoort as ‘n selfstandige entiteit bestudeer te word, ‘n

entiteit met ‘n eiesoortige teoretiese benadering. In hierdie referaat word gekyk

na die belangrikste cinematografiese elemente van enkele romanverfilmings met

spesifieke verwysing na die representasie van die plaas in ‘n poging om aan te

toon hoe verfilmingstegnieke, gebruik by die verfilming van romans, bepaalde

tradisionele resepsies ondermyn of versterk.

Jacomien van Niekerk is verbonde aan die Departement Afrikaans van die

Universiteit van Pretoria waar sy onder andere Afrikaanse letterkunde onderrig.

Sy het in 2009 'n M.A.‐verhandeling oor verstedeliking in die letterkunde voltooi.

Haar huidige navorsingsbelangstellings sluit die poësie en prosa van Antjie Krog,

orale letterkunde en Nederlandse taal‐ en letterkunde in.

45

Jacomien.VanNiekerk@up.ac.za

Mandela en Moshoeshoe: die bemiddeling van Suid‐Afrikaanse identiteit

in Antjie Krog se nie‐fiksie

In A change of tongue (2003) skryf Antjie Krog oor Nelson Mandela se tyd as

president van Suid‐Afrika en haar eie interaksie met hom op verskillende vlakke.

Haar fyn analise van Mandela sluit aan by haar pogings in die boek om

bestekopname te doen van die veranderings in Suid‐Afrika ná 1994 en die wyse

waarop sy die moontlikheid van ’n kollektiewe Suid‐Afrikaanse identiteit

ondersoek. Dit is opvallend dat sy in Begging to be black (2009), die boek wat volg

op Country of my skull en A change of tongue, baie min verwys na Mandela of

trouens enige kontemporêre politieke leiers. In plaas hiervan word ’n groot deel

van die boek afgestaan aan ’n gedetailleerde beskrywing van die lewe van Koning

Moshoeshoe van Basoetoland. Hierdie referaat wil ondersoek hoe Krog die figure

van Mandela en Moshoeshoe inspan om bepaalde opvattings oor leierskap, Afrika

en Suid‐Afrika te verken. Daar sal veral gepoog word om Begging to be black nie

as ’n geïsoleerde teks te lees nie, maar om die onmiskenbare verbande tussen die

boek en sy voorgangers aan te toon.

Phil van Schalkwyk doseer Afrikaanse en Nederlandse prosa en poësie aan die

Noordwes‐Universiteit, Potchefstroom. Vanaf Oktober 2001 tot Maart 2006 was

hy verbonde aan die Adam Mickiewicz‐Universiteit, Poznan, Pole. Hy verwerf in

2004 ‘n PhD. in Algemene Literuurwetenskap aan die NWU. In sy navorsing

spesialiseer hy in vergelykende literatuur‐studie.

Phil.VanSchalkwyk@nwu.ac.za

Los, Loft, Lucky: Relasionaliteit en die uitsonderingstoestand in Eben

Venter se Santa Gamka (2009) met verwysing na ’n resente roman en

film uit Vlaandere

Die romanmatige verkenning in Horrelpoot van die ekstreme, die

grensoorskrydende en die sonderlinge word in Venter se jongste werk Santa

Gamka voortgesit, hierdie keer egter op veel ligter trant. Steeds staan in die kollig

die verhouding (relasie) met die uitsonderlike, die maniere waarop daarmee

omgegaan word, wat kan inhou o.m. insluiting/gedoging of verwerping/

uitwerping/eliminasie. Die denkbeeldige Karoodorpie Santa Gamka, waar Lucky

die “rent boy” hom bevind, is geskoei op Venter se tuisdorp Prins Albert. Venter

steun op fyn waarnemings wat hy oor jare heen van die (bruin) gemeenskap en

hul, inderdaad, uitsonderlike taalgebruik gemaak het. Hy wys op die gemeen‐

46

skapsverbondenheid wat hierdie mense kenmerk: “ouer bruin mense [tree]

teenoor jongelinge op asof hulle jou ma is; hulle maak hulle nooit los van jou nie,

ook nie van Lucky nie, al werk hy as ’n rent boy”. Dis opvallend dat Lucky ook van

sy kant uitreik na ander, en die seksueel‐liggaamlike speel ’n sentrale rol in hierdie

vorm van relasionaliteit. In (gedeeltelike) kontras hiermee, is die summiere

losmaak van ander die sentrale tema in die Vlaming Tom Naegels se trefferroman

Los (2005), wat intussen verfilm is. Naegels gaan met skerp insig en humor in op

die skeidinge in die Belgiese samelewing en die soms oppervlakkige redes

hiervoor, bv. Marokkaanse mans se gewoonte om by alle geleenthede wit sokkies

te dra en hul macho‐luidrugtige openbare gedrag, selfs die allochtoon se

beweerde onvermoë om ironie te verstaan. In Bart De Pauw en Erik Van Looy se

Loft (2008), qua kaartjieverkope die suksesvolste Vlaamse film tot op hede, deel

vyf getroude mans ’n luukse “loft”‐woonstel waar hulle, sonder die medewete

van hulle eggenote, hul seksueel na willekeur met hul minnaresse uitleef. Hulle

gee hul oor aan uitspattige transgressiewe gedrag en lei hierin dubbele lewens, ’n

gegewe wat herinner aan Etienne van Heerden se In stede van die liefde. Van

vriendskap is daar tussen die vyf nie werklik sprake nie – dít word veral duidelik as

die lyk van ’n jong vrou in die woonstel gevind word en ’n geregtelike ondersoek

volg. In hierdie referaat word met verwysing na o.a. Thijs Menting se beskoulike

Tirade‐artikel “In ban van de uitzondering” (Desember 2009), ingegaan op die

relasie, wat dikwels kloof is, tussen: 1) die individu en die gemeenskap; 2) norm

en uitsondering; 3) abstrakte norm en die vlees‐en‐bloed lewe, soos dit

manifesteer in Venter Santa Gamka en, vergelykend, in Los en Loft.

Helize van Vuuren is professor (Afrikaans & Nederlandse letterkunde) in die

departement van Tale en Letterkunde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse

Universiteit in Port Elizabeth. Sy is outeur van Tristia in perspektief (1989) en

mede‐redakteur, saam met Willie Burger van Sluiswagter by die dam van

stemme: Beskouings oor die werk van Karel Schoeman (2002).

Helize.VanVuuren@nmmu.ac.za

‘n Besinning oor die benadering tot ‘n uitgestorwe inheemse kultuur ‐

die /Xam koloniale argief

Wat is die beste benadering tot ‘n uitgestorwe kultuur, en spesifiek tot hul orale

tradisie se narratiewe en getuienisse, soos in oorgeblewe verslae en transkripsies

opgeteken? Hieroor word besin na aanleiding van onlangse studies, met

spesifieke verwysing na studies van die /Xam kultuur, veral op metodologiese

vlak. In die fokus is ook spesifiek Von Wielligh se Boesman‐stories dele 1‐4 en die

47

verband met Bleek en Lloyd (1911, 1924, 1930’s).

Dorothea van Zyl doseer Afrikaanse en Nederlandse letterkunde in die

Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Stellen‐bosch. Sy is

as direkteur van die Woordfees & Woorde Open Wêrelde (WOW)‐projek sterk

gemoeid met die bevordering van die Afrikaanse letterkunde, kuns en kultuur, en

as voorsitter van die Suider‐Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek nóú betrokke

by samewerking tussen Suid‐Afrika en die Nederlande.

dpvz@sun.ac.za

Perspektiewe op die 'Boesman' en ander inheemse volke in die

Afrikaanse en Nederlandse literatuur van die laat 19de eeu

Die negentiende eeu is ’n fassinerende periode in Suid‐Afrikaanse geskiedenis,

omdat baie van die vroeë denkrigtings wat in geskrifte uit hierdie tyd aangetref

word oor die ‘ander’, nasionalisme, ens., in die twintigste eeu tot volle

ontplooiing gekom het. Begrip vir waar, hoe en waarom sekere gedagterigtings

ontstaan het, lei ook tot groter begrip vir die geskiedenis met betrekking tot

perspektiewe op die ‘ander’ in die 20ste en selfs 21ste eeu, vgl: “Na tien jaar van

demokrasie is wanopvattings en die vashou en opbou van vyandstereotipes

aangaande ras en geslag (...) nog ’n werklikheid in Suid‐Afrika (...). Hierdie

opvattings het ’n baie stewiger houvas op die landsburgers as die wette van die

vorige regering, want dit vorm deel van die nie‐formele opvoeding” (CE van Zyl,

2008).

Ambivalensie vorm vanuit die staanspoor skering en inslag met betrekking tot

persepsies op die ‘ander’. Teenoor ’n sterk afkeer staan meermale ’n mate van

bewondering of bejammering. In die referaat word ingegaan op enkele van

hierdie perspektiewe, onder meer in Di geskidenis van ons land, in di taal van ons

volk (1895), Ons Klyntji (1896), asook in Sambesia (1895) en Di koningin fan Skeba

(1896 in Ons Klyntji, 1898 in boekvorm) deur S.J. du Toit.

Ten slotte word uitgewys dat persoonlike kennis van die ‘ander’ die beste

(enigste?) manier is om diepgewortelde stereotipiese denke by te stuur.

Rudi MR Venter is uitgewer van boeke vir Afrikaanstaalonderwysers by Nasou

Via Afrika (Naspers) en as navorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit van die

Vrystaat. Voorheen was hy vir tien jaar betrokke by die opleiding van uitgewers in

die program Uitgewerswese aan die Universiteit van Pretoria. Sy PhD‐tesis het die

materiële produksie van Afrikaanse fiksie gedurende die transformasie periode

48

1990‐2005 gekarteer. Hy het talle referate plaaslik en oorsee gelewer en wyd

gepubliseer op die terrein van Boekstudie / Uitgeweryondersoek.

Rudi.Venter@nasou.com

Skeibreker bulletjies met skerp horings – opstand en protes van binne

die kraal: die uitgeegeskiedenis van Taurus (1975‐1991) as innoverende

alternatief

Suid‐Afrika se sosiale, kulturele, politieke en literêre geskiedenis (en die uitdruk‐

king van hierdie sfere in kultuurprodukte soos boeke) is nog altyd intiem verweef

met die heersende politieke klimaat. Sedert die ontstaan van ’n plaaslike

boekbedryf (in die 17de eeu), deur verskeie politieke ordes (Nederlandse kolonia‐

lisme, Britse imperialisme en later Afrikaner nasionalisme), was beheer van die

uitgeesisteem ’n bepalende faktor vir die produksie en verspreiding van boeke.

Sistemiese kragte (in die uitgeesisteem / literêre veld) het die ontwikkeling van

drie unieke plaaslike literêre tradisies (die Afrikaanse letterkunde, plaaslike

Engelse letterkunde, en letterkunde in die inheemse Afrikatale) tot gevolg gehad.

Tydens hierdie prosesse kan beheer deur die staat (deur byvoorbeeld sensuur

tydens die apartheidsera) as ’n negatiewe krag beskou word wat agente in die

veld dwing om bepaalde marginale posisies in te neem.

Die reaksie op hierdie marginalisasie deur sogenaamde “alternatiewe”/“niehoof‐

stroom”/“ondergrondse”/“protes” uitgewerye* en deur outeurs (wat in ’n

meerde‐re of mindere mate georganiseerd optree) was veral interessant in die

Afrikaanse letterkunde. Naamlik, toe die negatiewe impak van sensuur (wat veral

meer drakonies sedert die middel‐1970’s geword het) aan eie bas begin voel is,

het Afrikaanse skrywers en ander agente in die sisteem alternatiewe kanale vir

boekproduksie en verspreiding geskep. Wat uniek is hiervan is dat hierdie protes

vanuit dieselfde kultuurgroep bedryf is as waartoe die heersers/onderdrukkers

behoort het – dus ’n alternatief wat van binne die sisteem op innoverende wyse

geskep is. (*Die problematiek rondom hierdie klassifikasie van ’n uitgewery sal

aandag verdien in die referaat.)

Die fokus van hierdie referaat val op ’n uitgeegeskiedenis van die uitgewery

Taurus (1975‐1992). Die volgende aspekte sal aangespreek word:

• Watter sosiale, kulturele, politieke en literêre faktore (wat die

uitgeesisteem van die tyd beïnvloed het) het gelei tot die ontstaan van hier

die uitgewery?

• Hoe het hierdie uitgewery gefunksioneer: watter alternatiewe kanale en

metodes is ontwikkel vir produksie en verspreiding (ook verder as die

49

landsgrense van Suid‐Afrika – dus die transnasionale reikwydte van die

uitgewery se kultuurprodukte)?

• Wat was die ekonomiese en simboliese impak (volgens die konsepte van

die kultuursosioloog Pierre Bourdieau) van hierdie uitgewery tydens die

apartheids‐era?

• Hoekom bestaan die uitgewery nie meer nie en watter faktore het

aanleiding gegee tot die sluiting daarvan?

• Het hierdie soort uitgewery steeds ’n plek in post‐apartheid Suid‐Afrika?

Hoe sou so ’n uitgewery deur formele beheer (sensuur/wetgewing/regula‐

sies) en informele beheer (pre‐sensuur deur uitgewerye/outeurs, politieke

korrektheid, oorgevoeligheid vir kritiek teen die heersende regering) geraak

word?

Die ondersoek is onderneem binne die studieveld Boekstudie/Uitgewery‐

ondersoek. Albei die fokuskonsepte van hierdie ALV‐kongres, “marginaliteit” en

“transnasionalisme”, is reeds gevestig binne hierdie interdissiplinêre studieveld

(sien www.sharpweb.org). Oor die afgelope 5‐10 jaar het boekhistorici

grootskaalse nasionale en transnasionale navorsingsprojekte onderneem

(byvoorbeeld oor die geskiedenis van die boek in ’n bepaalde land, maar ook oor

grense heen) wat gebaseer is op “marginaliteit” en “transnasionalisme” as

teoretiese konstrukte. Die boek The Literature Police. Apartheid Censorship and its

Cultural Consequences (Oxford University Press, 2009) deur die boekhistorikus

Peter McDonald, is één voorbeeld van navorsing wat direk aansluit by hierdie

kongres en die voorgestelde referaat. Die navorsing wat gerapporteer word, vloei

voort uit post‐doktorale navorsing: ’n empiriese ondersoek wat die argiewe van

Taurus en die destydse Publikasieraad as primêre bronne benut het, en is

aangevul deur onderhoude met persone wat direk by die uitgewery betrokke was.

Andries Visagie doseer Afrikaans, Nederlands en Algemene Literatuur‐

wetenskap aan die Universiteit van Suid‐Afrika in Pretoria. Sy literêre

belangstellings omvat onder meer die Suid‐Afrikaanse outo‐biografiese literatuur,

manlikheid in die Afrikaanse literatuur asook die eietydse poësiekritiek.

visagag@unisa.ac.za

Manlike subjektiwiteit in die Afrikaanse sakeroman: Die ander vennoot

(2009) van P.J. Haasbroek

Die ander vennoot van P.J. Haasbroek is tesame met Geldwolf van Carel van der

Merwe en Om na ’n wit plafon te staar deur Jaco Kirsten een van drie sakeromans

wat in 2009 in Afrikaans verskyn het. Hierdie drie tekste belig telkens die posisie

50

van wit manlike subjekte binne die ekonomiese ontwikkelinge wat in Suid‐Afrika

sedert die oorgang na inklusiewe demokrasie in 1994 plaasgevind het.

Hierdie referaat skenk aandag aan die representasie van manlike subjekte in al

drie romans met spesifieke klem op Die ander vennoot van P.J. Haasbroek. In

Geldwolf en in Die ander vennoot word manlike subjektiwiteit, spesifiek manlike

outonomie en die integriteit van die manlike liggaam, uitgedaag deur die

teenstrydige uitwerking van die ekonomie. Enersyds is dit die geldmag wat die

belofte van vryheid vir die manlike hoofkarakters in hierdie tekste inhou;

andersyds kom dié karakters te staan voor die inperking van hulle inisiatief en

selfbeskikking wanneer die vrye gang van die ekonomie deur politieke oorwegings

beïnvloed word. Die werk van Haasbroek en Van der Merwe is egter nie bloot

neoliberale pleidooie vir ’n vrye ekonomie sonder staatsinmenging nie, maar bied

ook ’n kritiese ondersoek na die soms irrasionele en korrupterende werking van

die geldmag. Hulle boodskap is eerder soos dié van Ray Bradbury in Rates of

Exchange (1983): “trust only the novelists, those deeper bankers who spend their

time trying to turn pieces of paper into value, but never pretend that the result is

anything more than a useful fiction” (aangehaal deur Marsh, 2007).

Ek wil die geldige vasstelling van Riette Rust (2009: V) in Rapport dat ’n manlike‐

chauvinistiese blik in Die ander vennoot oorheers, aanvul met die stelling dat die

representasie van ’n kwesbare soort manlikheid in die roman uiteindelik groter

gewig dra. Die manlike liggaam word in hierdie sakeroman byvoorbeeld verwikkel

in die kommersiële waarde wat aan verhandelbare produkte geheg word. In die

toeronderneming wat die sakevennote John Heckrodt en Herklaas Pretorius in

Namibië op die been bring, verkry hulle liggame en seksuele aantreklikheid

bemarkingswaarde en moet hulle voldoen aan die seksuele behoeftes van die

vroulike toeriste. Haasbroek volg ook die aftakeling van Pretorius se liggaam

weens verwaarlosing te midde van die eise wat ’n suksesvolle loopbaan as

sakeman in Suid‐Afrika aan hom stel.

Verwysings

Marsh, Nicky. 2007. Taking the Maggie: Money, Sovereignty, and Masculinity in British

Fiction of the Eighties. Modern Fiction Studies 53 (4): 845‐866.

Rust, Riette. 2009. Hoor ons hier ’n (Haasbroek‐)rockspider? Rapport (Weekliks), 13

September: V.

Franci Vosloo het in Maart 2010 die graad DLitt in Vertaling aan die Universiteit

Stellenbosch verwerf met ’n sosiokulturele ondersoek na die komplekse verband

51

tussen die skryf‐ en vertaalhandeling van Antjie Krog Sy is tans vryskut navorser

en taalpraktisyn.

francivosloo@gmail.com

’n Habitus van die abjekte: Antjie Krog as skrywer/vertaler 1

Krog se dubbele (veelvuldige) skrywerskap as Afrikaanse en Engelse skrywer en

digter, asook vertaler, en daarby vertaler van haar eie werk, bied interessante

uitdagings vir die ondersoeker met ’n belangstelling in die marginale aard van

skrywerskap. Hierdie referaat ondersoek Krog se bundels Verweerskrif en Body

Bereft as abjekte, ondergrawende ruimtes binne die Afrikaanse en Engelse

literêre veld in Suid‐Afrika. Die fokus is hoofsaaklik op bogenoemde bundels,

hoewel Down to my last skin en A change of tongue / ’n Ander tongval ook betrek

word.

Volgens Kristeva (1982:207) se konseptualisering van literatuur as ’n apokalips,

sou Krog se werk binne ’n hibriede ruimte gesitueer kon word waar identiteite

dubbel, ongedefinieer, heterogeen, dierlik, gemetamorfeer, verskuif en abjek is.

Op soortgelyke wyse as waarop Kristeva die abjekte – dit wat afstootlik is en orde

en identiteit versteur – as ’n tussenruimte beskou, kan Krog se poësie, maar veral

ook die vertaling van haar beliggaamde poësie uit ’n mineurtaal (Afrikaans) in ’n

majeurtaal (Engels), as ’n ondermynende, abjekte handeling beskou word.

Sodanige benadering kan byvoorbeeld nuwe perspektiewe plaas op Krog se

gebruik van niestandaard Engels, asook die sterk Afrikaanse onderbou in die

Engelse teks, haar gebruik van skatologiese taal, en haar vervreemdende

vertaalstrategie, om enkele voorbeelde te noem. Deur die behoud van die abjekte

in die Engelse teks, en die niekonformerende benadering tot die majeurtaal

tydens vertaling, stimuleer Krog as’t ware die kontaksone tussen Afrikaans en

Engels as ’n ruimte van veelvuldige segging. Die tussenruimte van vertaling as ’n

third space is allermins gemaklik; dit is ’n ontblote ruimte wat simptomaties is van

die spanning tussen die moedertaal en die nie‐moedertaal, tussen die bekende en

die minder bekende, tussen die plaaslike en die globale.

1. Die referaat is ’n uitvloeisel van navorsing gedoen vir die graad DLitt in Vertaling

(Titel: “Om te skryf deur te vertaal en te vertaal deur te skryf: Antjie Krog as

skrywer/vertaler”), Universiteit Stellenbosch 2010.

Hein Willemse is Letterkundeprofessor in die Departement Afrikaans, Univer‐

siteit van Pretoria. Hy is hoofredakteur van Tydskrif vir Letterkunde en was tot

52

onlangs President van die International Society for the Oral Literatures of Africa

(ISOLA).

hein.willemse@up.ac.za

“Om weer mens te word”: Identiteit en restitusie in die mondelinge

vertelreeks Almal het ‘n storie

‘n Geskiedenis van interne verdeling kenmerk die Afrikaanse spraak gemeenskap.

Sedert die vroeë negentigerjare het die Suid‐Afrikaanse gemeenskap grootskaalse

veranderinge ondergaan, ook ten opsigte van die uitdrukking van die Afrikaanse

kultuur. In hierdie voordrag sal aspekte van daardie veranderingsprosesse

bespreek word. Kwessies soos identiteitsvorming en sosiale restitusie sal

ondersoek word met verwysing na die mondelinge vertelreeks, Almal het ‘n

storie, wat in die lente van 2009 op RSG uitgesaai is. ‘n Kort agtergrond van “die

Afrikaanses identiteitskonstruk”, die radiostasie en die programborg sal gegee

word, gevolg deur ‘n oorsig van die reeks met nadere ondersoek van ‘n aantal

sprekende vertellings. Die gekose Nama en Khoe‐vertellings en outobiografiese

relase sal bespreek word met verwysing na historikus Elazar Barkan se teorie van

restitusie waar “die vertel van die ander se stories” en “luister na die ander se

stories” sentraal staan.

Pawel Zajas is professor in School of Englisch, Departement of Dutch and South

African Studies aan de Adam Mickiewicz Universiteit in Poznan (Polen) en

research fellow aan de Universiteit van Pretoria. Hij onderricht o.a. Nederlandse

taal, alsook literaire theorie. In 2008 publiceerde hij "Postkolonialne imaginarium

poludniowoafrykanskie" (Een postkoloniale Zuid‐Afrikaanse imaginarium), over

de ambivalente tussen postkoloniale theorie en de Midden‐ en Oost‐Europese

literaturen, in het bijzonder de toepassing hiervan op de (post)koloniale

verhouding tussen Polen en de Nederlandse ex‐koloniale gebieden, met name

Zuid‐Afrika. In 2011 verschijnt een boek van hem over Poolse, Duitse en

Nederlandse non‐fictie.

zajas@ifa.amu.edu.pl

De (non)ethiek van non‐fictie. Over enkele “dubbelpaspoorthouders”:

Antjie Krog, Frank Westerman en Ryszard Kapuściński

Er bestaat geen enkele manier om tekstinterne eigenschappen van non‐fictie te

bepalen. Alle literatuurwetenschappelijke pogingen op dit gebied zijn tot dusver

mislukt. De non‐fictie wordt uitsluitend gedefinieerd door een referentieel pact

dat tussen schrijver, uitgever en lezer wordt afgesloten. De paratekstuele

elementen (titelblad, verwijzingen, achtergrondinformaties, recensies, reclame‐

53

teksten, inter‐views, informaties over de uitgeverij) zijn in dit geval geen

aanvullingen rondom de tekst, maar ze beslissen dat een boek juist als non‐fictie

wordt gelezen.

De vraag of de grens tussen fictie en non‐fictie gesloopt moet worden in onze

postmoderne tijd werd al meermaals gesteld en op verschillende manieren beant‐

woord. De label “non‐fictie” wordt echter ongestoord verder in gebruik genomen

door uitgeverijen, instellingen die literaire prijzen toekennen en uitreiken, recen‐

senten, literaire tijdschriften, etc. Sommige schrijvers conformeren zich aan de

bestaande regels en proberen er het beste van te maken. Anderen dan weer

profileren zich als “dubbelpaspoorthouders”: ze schrijven non‐fictie, vermarkten

hun boeken als non‐fictie, nemen non‐fictie prijzen in ontvangst en vervolgens

verklaren ze de grens tussen genres als niet‐bestaande; ze willen als “volwaardige

schrijvers” worden beschouwd die geen werkelijkheid hoeven af te spiegelen

maar recht op hun eigen waarheden hebben.

Dit probleem wil ik aantonen aan de hand van drie “dubbelpaspoorthouders” bij

uitstek, de drie zwarte karakters in mijn verhaal: Antjie Krog (met haar non‐

fictionele drieluik: The Country of My Skull, A Change of Tongue, Begging to Be

Black), de Nederlandse schrijver Frank Westerman en de Poolse reporter Ryszard

Kapuściński.

54

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!