03.05.2013 Views

HOëRSKOOL HOTTENTOTS-HOLLAND

HOëRSKOOL HOTTENTOTS-HOLLAND

HOëRSKOOL HOTTENTOTS-HOLLAND

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HHH Gedragskode: 7 Mei 2012

HOËRSKOOL

HOTTENTOTS-HOLLAND

GEDRAGSKODE

DATUM VAN IMPLEMENTERING:

7 MEI 2012

1. VISIE EN MISSIE

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

Die missie van Hoërskool Hottentots-Holland is om die volle potensiaal van elke leerder te ontwikkel, gebaseer op die

beginsel: “Wees aan jouself getrou.” Om hierdie visie te bereik, bied Hoërskool Hottentots-Holland

„n rigtinggewende, gebalanseerde, multi-kulturele skoolgemeenskap

waardes, houdings en moraal wat op Christelike grondslag gefundeer is

„n stimulerende skoolklimaat wat op uitmuntendheid gefokus is

visionêre onderwys van die hoogste gehalte.

2. AANHEF

Die skool is daartoe verbind om „n omgewing vir kwaliteit onderwys en leer te skep, deur

die regte en veiligheid van die leerders en onderwysers te bevorder

leerders te lei om verantwoordelikheid vir hulle dade en gedrag te aanvaar

alle vorme van diskriminasie en onverdraagsaamheid te verbied.

Die Gedragskode van die Hoërskool Hottentots-Holland wil in gevolge die bepalings van die Grondwet van die Republiek

van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996) en die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) die regte van die skool se leerders

as individue en as groep handhaaf en beskerm. Die Gedragskode stipuleer die reels wat leerdergedrag bepaal en beskryf

die dissiplinêre stelsel wat die skool implementeer wanneer sanksies vir oortredings ter sprake kom. Die Gedragskode is

nie alleenlik van toepassing wanneer leerders op die skoolgronde is nie, maar te alle tye en op alle plekke vir die tyd dat die

leerder by die skool ingeskryf is.

Ingevolge artikel 8(4) van die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) (soos aangepas) is alle leerders wat „n skool

bywoon, gebind deur die Gedragskode van sodanige skool.

Alle leerders wat die skool bywoon word verwag om „n verklaring van trou aan die Gedragskode te onderteken.

Die toepassing van die Gedragskode is gesetel in die Dissiplinêre Komitee van die skool.

3. DIE BEGINSELS WAAROP DIE GEDRAGSKODE BASEER IS

3.1 om eerstens die leerders se belange te bevorder;

3.2 dit fokus op positiewe dissipline;

3.3 is nie bestraffend of straf georiënteerd nie;

3.4 is om selfdissipline te bevorder;

3.5 is om by die leerder se ontwikkelingsvlak te pas;

3.6 is om „n klimaat van verdraagsaamheid en vrede te bevorder;

3.7 om „n volhoubare leeromgewing te skep wat bevorderlik is vir uitstaande akademiese sukses.

4. DIE ROL VAN DIE OUER/VOOG

Die finale verantwoordelikheid vir die leerders se gedrag berus by die ouers/voogde. Die volgende word van die

ouers/voogde verwag:

4.1 om te alle tye die skool ten volle te ondersteun;

4.2 om te verseker dat hul kinders die skoolreëls nakom;

4.3 om verantwoordelikheid vir hul kinders se wangedrag te aanvaar;

4.4 om „n lewendige belangstelling in hul kinders se kurrikulêre en buitemuurse aktiwiteite te toon;

4.5 dit vir hul kinders moontlik te maak om hul huiswerk te voltooi;

4.6 om Beheerliggaam-verwante vergaderings, oueraande en intervensie vergaderings by te woon;

4.7 om betrokke te wees by alle amptelike skoolaktiwiteite wat ouerbetrokkenheid noodsaak.

5. SKOOLREËLS

Die skoolreëls poog om „n gedissiplineerde, doelgerigte omgewing daar te stel om onderrig en leer moontlik te maak. Geen

leerder sal hiervan vrygestel word nie. Onkunde is nie „n aanvaarbare verskoning nie.

Page 2 of 11

5.1 Algemene beginsels

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

5.1.1 Daar word van leerders verwag om te alle tye hoflik en konsidererend teenoor mekaar, die Raad van

Verteenwoordigende Leerders (RVL), monitors, personeellede, ouers en besoekers op te tree en om hulself te

respekteer.

5.1.2 Dit word van ouers en leerders verwag om die skoolreëls rakende voorkoms en gedrag gedurende en na skoolure

na te kom en om as ambassadeurs van die skool op te tree.

5.1.3 Geen leerder het die reg om deur sy optrede „n ander leerder van onderrig en leer te ontneem of van fisiese of

emosionele skade te berokken nie.

5.1.4 Dis skool sal, wanneer „n leerder se gedrag dit regverdig, die ouers/voogde kontak om saam „n oplossing te vind.

5.2 Skool- en klasbywoning

5.2.1 Ouers/Voogde, leerders en onderwysers is gesamentlik verantwoordelik vir die leerder se skoolbywoning.

5.2.2 Leerders moet gereeld en stiptelik skool bywoon soos bepaal in die skoolprogram.

5.2.3. Na die waarskuwingsklok soggens, moet die leerders om 07:50 by hul klasse aanmeld.

5.2.4 Indien „n leerder dikwels afwesig is, sal die skool die ouers/voogde kontak. „n Register van klasafwesighede en

korrespondensie met die ouers/voogde word bygehou.

5.2.5 Die sekretaresse hanteer laat leerders en doen verslag aan die ouers/voogde.

5.2.6 Geen leerder mag sonder die relevante onderwyser se toestemming van „n klas verskoon word nie.

5.2.7 „n Brief van die ouer/voog moet die dag na „n leerder afwesig was, skool toe gestuur word. Die rede vir die

afwesighed moet duidelik uiteengesit word.

5.2.8 Indien „n leerder drie (3) dae of meer afwesig is, moet „n brief van „n mediese praktisyn (formeel of tradisioneel)

ingehandig word. Wanneer „n leerder „n toets of eksamen mis, is „n mediese sertifikaat verpligtend.

5.2.9 Geen leerder mag gedurende skoolure die skool verlaat sonder „n brief van sy ouer/voog, nie. Die graadhoof

moet toestemming gee dat die leerder die perseel mag verlaat.

5.2.10 Stokkiesdraai word deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verbied.

5.2.11 Leerders mag slegs met die skoolhoof se toestemming van die saalbyeenkoms verskoon word.

5.2.12 Leerders mag slegs tydens klastyd toilet of sluitkassies toe gaan met „n toestemmingsbrief of dagboekkaart.

5.2.13 Indien „n onderwyser afwesig is, moet die leerders by die toesigonderwyser aanmeld. Leerders moet vir die volle

skooldag onder onderwysertoesig wees.

5.2.14 Klaswisseling moet vining, effektief en ordelik geskied. Die kortste roete moet gevolg word.

5.2.15 Leerders moet aan die veiligheidsmaatreëls wat in die laboratorium- en rekenaarklasse geld, gehoor gee.

5.3 Die skooluniform en voorkoms

5.3.1 Daar word verwag dat alle leerders die amptelike skooluniform dra. Leerders se voorkoms moet netjies en skoon

wees. Die uniform mag nie uitrafel nie.

5.3.2 Niks wat afwyk van die regulasies mag saam met die uniform bv. musse, gedra word nie.

5.3.3 Vingernaels moet kort, netjies en skoon wees.

5.3.4 Wanneer gewone klere gedra mag word, moet dit netjies en aanvaarbaar wees.

5.3.5 Slegs leerders wat met ondersteunende dokumentasie aansoek gedoen het en goedkeuring van die SBL ontvang

het, mag van die skooldrag afwyk.

5.3.6 Leerders wat die skool by buitemuurse aktiwiteite, wedstryde of kompetisies verteenwoordig, moet die korrekte

voorgeskrewe drag dra, bv. „n skool sweetpak of skooluniform.

5.3.7 Leerders wat as toeskouers buitemuurse aktiwiteite bywoon, moet die volle skooluniform aanhê.

5.3.8 Leerders mag nie in hul skooluniform duimgooi nie.

5.3.9 Leerders mag nie na ure hul skooluniform met gewone drag, bv. „n slenterbroek, kombineer nie.

HARE

SEUNS MEISIES

Moet te alle tye skoon, netjies en goed versorg lyk.

Die kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie – moet

eindig in die middel van die voorkop.

Hare mag nie aan die ore of die kraag raak nie.

Ooglede mag nie geskeer wees nie.

Hare mag nie „n dik rif vorm of opkrul teen die

agterkop nie.

Geen vreemde haarstyle bv. dread locks, mullet,

Moet te alle tye skoon, netjies en goed versorg lyk.

Lang hare moet met swart of wit lint of rekkies

vasgemaak word. Slegs wit, of swart rekkies mag

gebruik word.

Indien haarverlengstukke wat ooreenstem met die

leerder se natuurlike haarkleur ingevleg is, geld dié reël

ook.

Hare mag nie gekleur word nie.

Page 3 of 11

ens. word toegelaat nie.

Geen uitstaande patrone mag in die hare gesny

word nie

Haarjel is ontoelaatbaar.

Hare mag nie gekleur word nie.

Die seuns moet skoongeskeer wees tot in die helfte

langs die oor.

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

Hare moet met knippies of kammetjies (wit, bruin,

swart, silwer of goud sonder versiersels) vasgesteek

word. Geen strikke, ens. nie.

Slegs wit of swart elastiese bande mag gedra word.

Hare mag nie oor die wenkbroue hang nie.

Reeds op die eerste dag van „n kwartaal moet die leerders se voorkoms volgens die neergelegde voorskrifte wees. Die

aanvaarbaarheid van haarstyle berus op die diskresie van die personeel.

SKOOLUNIFORM

SEUNS MEISIES

Swart skoolskoene sonder enige versierings. Geen

Somer

Swart skoolskoene sonder enige versierings; wit

stewels nie.

sokkies sonder patrone.

Grys langbroeke en grys sokkies met „n grys of Amptelike skoolrok.

swart gordel.

„n Skoolbaadjie is opsioneel op koel dae, maar die rok

Geen noupypbroeke mag as skoollangbroek gedra se kraag moet oor die baadjie se kraag gevou word.

word nie.

„n Skoolbaadjie is opsioneel op koel dae, maar

„n Grys kortbroek met grys kouse.

verpligtend by spesiale geleenthede. Dit is egter nie

„n Wit kortmouhemp met wapen vereis nie „n

verpligtend by Saalbyeenkomste op Maandae nie.

skooldas nie, maar „n wit kortmou hemp sonder „n

wapen moet met „n das gedra word.

Net swart “cheeky pants” is toelaatbaar.

„n Skoolbaadjie is opsioneel op koel dae maar

verpligtend by spesiale geleenthede. Dit is egter nie

verpligtend by Saalbyeenkomstes op Maandae nie.

„n Skooltrui of „n skool oortrektrui mag saam met of

sonder „n baadjie gedra word.

Indien „n kortmouhemp met „n baadjie gedra word,

moet die hemp se kraag oor die kraag van die

baadjie gevou word.

Winter

Swart skoolskoene sonder enige versierings. Geen Swart skoolskoene sonder enige versierings.

stewels nie.

Swart lang kouse sonder patrone.

Grys kouse.

Swart skoolromp of „n grys langbroek met swart/grys

Grys langbroek met grys of swart gordel.

sokkies.

Wit hemp met skooldas.

Wit hemp met skooldas.

Swart baadjie (met skoolwapen) is verpligtend. Verpligte skoolbaadjie met das

Skooltrui of „n skool oortrektrui is opsioneel. Opsionele skooltrui of oortrektrui

Skoolanorak is opsioneel, maar dit vervang nie die Skoolanorak is opsioneel, maar vervang nie die baadjie

baadjie nie.

nie.

Reënbaadjies mag nie by saalbyeenkomste gedra Reënbaadjies mag nie by saalbyeenkomste gedra

word nie.

word nie.

Slegs amptelike skoolserpe

Slegs amptelike skoolserpe

Geen stewels nie

ALGEMEEN

1. Gr. 12 leerders word toegelaat om hul matriek trui saam met hul gewonde skooluniform te dra.

2. Alle kledingstukke moet behoorlik met die leerder se volle name gemerk word.

3. Deursteke van die tong of liggaam, asook tatoeermerke mag nie sigbaar wees nie. Indien „n leerder „n tatooeermerk

dra, moet dit bedek wees.

4. „n Swart HHH serp wat nie langer as 1,6 meter is nie, mag ook gedra word. Dit moet by die Klerewinkel gekoop word.

5. Baadjies is in die winter verpligtend tydens die verwisseling van klasse asook by die aankoms en vertrek van die skool.

6. Wanneer enige kledingstuk wat nie deel van die voorgeskrewe skooldrag is nie, op „n bepaalde dag gedra word, moet

„n verduidelikende brief van die ouer of voog aan die graadhoof gedurende die registerperiode van dieselfde dag

getoon word.

7. In die openbaar, bv. op straat, moet „n leerder in skooldrag altyd die volledige uniform dra.

8. By die verwisseling van seisoene sal „n oorgangsperiode volgens die skoolhoof se diskresie toegelaat word.

Page 4 of 11

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

9. Slegs skoolkentekens of kentekens van erkende jeug- of kultuur-organisasies van die skool mag op die baadjielapel

gedra word. Maksimum is twee.

10. GEEN hooftooiselbedekking behalwe skoolpet mag gedra word nie.

11. Leerders mag mediese kentekens dra.

12. Lipsalf moet kleurloos en glansloos wees.

13. GEEN naellak, die kleur van naels of grimering word toegelaat nie.

14. Persoonlike higiëne is te alle tye noodsaaklik.

15. Indien leerders nie geskeer is nie, hul hare nie in ooreenstemming met die gedragskode is nie, naellak nie verwyder is

nie, of hul onvanpas geklee is, sal die ouers/voogde gekontak word om die skuldige te kom haal en die problem op te

los. Die leerder moet binne „n uur terug wees by die skool.

16. Geldige provinsiale kleure of eerstespankleure mag slegs op Vrydae gedra word.

17. Aanvaarbare sportskoene/tekkies moet met offisiële sportdrag gedra word.

18. Kougom is streng verbode op skoolgronde en by skoolfunksies.

JUWELIERSWARE

1. Meisies mag een paar klein oorknopies (goud of silwer) aan die onderste deel van die oorbel dra.

2. Leerders mag geen ander juweliersware behalwe „n horlosie dra nie, met ander woorde geen hangertjies, kettings,

armbande en ringe nie. Sulke artikels sal gekonfiskeer word en leerders sal met R50-00 beboet word om dit terug te

kry.

3. Seuns mag onder geen omstandighede juwele, insluitend oorbelle, dra nie, met die uitsondering van “civvy dae”.

4. Beide geslagte mag „n mediese armband dra.

SPORTDRAG

SEUNS MEISIES

LIGGAAMSOPVOEDING

Amptelike skool sporthemp

Amptelike skool sporthemp

Swart “sharky” kortbroek

Swart kortbroek

Gewone swembroek of “speedo”

Gewone swembroek of “speedo”

Handdoeke en deodorant

Handdoek en deodorant

Skool- of provinsiale sweetpak

ATLETIEK

Skool- of provinsiale sweetpak

Swart kortbroek/fietsrybroek

Swart kortbroek/fietsrybroek

Amptelike atletiekfrokkie of skool sporthemp Amptelike atletiekfrokkie of skool sporthemp

Skoolsweetpak of provinsiale sweetpak

GHOLF

Skoolsweetpak of provinsiale sweetpak

Gemaklike swart lang-/kakie kortbroek met gordel Skaflike swart romp/broek

Amptelike skool sporthemp

Amptelike skool sporthemp

Amptelike skoolpet

HOKKIE

Amptelike skoolpet

Swart kortbroek

Swart rompie

Amptelike skool sporthemp

Amptelike skool sporthemp

HHH-sportkouse

HHH-sportkouse

Skoolsweetpak

Skoolsweetpak

LANDLOOP

Swart kortbroek

Swart kortbroek

Amptelike atletiekfrokkie of skool sporthemp

TENNIS

Amptelike atletiekfrokkie of skool sporthemp

Swart kortbroek

Swart rompie/kortbroek

Amptelike wit kortmouhemp

SWEM

Amptelike wit kortmouhemp

Gewone swart swembroek of “speedo”

Gewone swart swembroek of

Skoolsweetpak

Skoolsweetpak

Swart/ougoud swempet

KRIEKET

Swart/ougoud swempet

Junior en Senior spanne vir voldagwedstryde:

Senior spanne: Wit langbroeke of swart “sharky”

Wit langbroek; Wit krieket hemp

kortbroeke.

O.15 & O.19 spanne vir wedstryde in die week: Wit Amptelike wit kriekethemp of skool sporthemp.

langbroek; wit krieket hemp

Junior spanne:

O.14 spanne: Swart “sharky” kortbroek; wit of HHH rugby Swart “sharky” kortbroek.

Page 5 of 11

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

kouse

Amptelike skool sporthemp met wit kouse.

NB: Spanne moet eenvormig geklee wees.

NB: Spanne moet eenvormig geklee wees.

RUGBY NETBAL

Swart kortbroek

Swart rompie met amptelike skool sporthemp

HHH-rugbytrui

Kort wit sokkies

HHH-rugbykouse

* Eerstespanne mag goedgekeurde eerstespandrag dra.

5.4 Waardevolle en persoonlike besittings

5.4.1 Die skool sal nie verantwoordelik gehou word vir diefstal of die beskadiging van persoonlike besittings op die

skoolterrein nie. Dit sluit selfone, klere en boeke in. Die skool verskaf sluitkassies vir die bewaring van die

besittings, asook veiligheidshokke op die sportterreine.

5.4.2 Leerders moet liefs nie digitale toerustings, groot somme geld of waardevolle besittings skool toe bring nie. Selfone

mag nie tydens die normale skooldag aangeskakel wees nie.

5.4.3 Indien „n ouer/voog versoek dat „n leerder namens hom skoolfonds moet inbetaal, moet dit tydens registerperiode by

die relevante sekretaresse inbetaal word.

5.4.4 Leerders mag nie rekenaarspeletjies, iPods of soortgelyke elektroniese toerusting skool toe bring nie.

5.4.5 Selfone (met of sonder oorfone) mag nie gedurende skoolure gebruik word om musiek te speel nie.

5.5 Algemene reëls

5.5.1 Om rond te slenter/talm/dwaal of te speel, is verbode in die gange, kleedkamers, toilette en op die trappe.

5.5.2 Rommel moet in die dromme geplaas word.

5.5.3 Opsetlike beskadiging of versuim om skooleiendom en ander se besittings op te pas, hetsy skriftelik of fisies, is

verbode.

5.5.4 Enige bedrieëry tydens klas werk, „n formele of informele toets of interne eksamen is verbode. Werk van „n ander

leerder mag nie afgeskryf of geleen word nie behalwe met spesiale vergunning van die betrokke vakonderwyser.

5.5.5 Ontwrigtende, weerbarstrige, onbeskofte en‟of aanstootlike gedrag sal nie geduld word nie.

5.5.6 Dit is leerders se verantwoordelikheid om betyds take in te handig.

5.5.7 Elke leerder sal die waardesisteem, kultuur, waardigheid en regte van onderwysers en ander leerders respekteer

asook hul reg tot privaatheid en konfidensialiteit.

5.5.8 Taal wat as verkleinerend, diskriminerend of rassisties beskou word, is verbode teenoor beide personeel en

leerders.

5.5.9 Enige daad wat „n ander leerder of personeellid se kultuur, ras of geloof verkleineer of verneder, is verbode.

5.5.10 Alle leerders het die reg tot onderrig wat vry is van inmenging, intimidasie of fisiese misbruik.

5.5.11 Leerders sal mekaar se eiendom en veiligheid respekteer, asook die van onderwysers.

5.5.12 Dit is verbode om te baklei of om „n leerder of personeellid te dreig.

5.5.13 Leerders sal respek betoon aan die in gesag.

5.5.14 Enige leerder in „n posisie van gesag sal op „n gepaste wyse optree. Hy sal die regte van ander leerders

respekteer en sal nie sy gesag msibruik nie.

5.5.15 Dit is verbode om aanstootlike material, insluitende pornografie, te besit, lees, kopieer, en te versprei op

skoolgronde asook amptelike skoolfunksies.

5.5.16 Dit is verbode om voor die aanvang van „n toets of die eksamen „n vraestel te besit of te kopieer op die

skoolgronde.

5.5.17 Alle leerders wat aan sport deelneem, moet hul aan die sport se gedragskode onderwerp.

5.5.18 Indien „n leerder beseer word of siek word tydens skoolure, moet die voorval onmiddelik aan die kantoor

geraporteer word.

5.5.19 Vreemdelinge of mense wat nie „n verbintenis met die skool het nie, word nie op die skoolgronde toegelaat sonder

die toestemming van die Skoolhoof nie.

5.6 Regulasies rakende die skoolterrein:

5.6.1 Die skool is „n plek van veiligheid en „n wapenvrye sone. Alle wette rakende openbare areas is van toepassing.

5.6.2 Geen gevaarlike voorwerp of onwettige dwelms soos deur die Suid-Afrikaanse Skolewet: Veiligheidstatuut bepaal,

mag skool te gebring of gebruik word nie. Dit sluit messe, vuurwapens en enige skerp voorwerp in.

5.6.3 Die besit, verkoop of rook van sigarette op die skoolterrein en by skoolfunksies is verbode.

5.6.4 Alkohol word nie op die skoolterrein toegelaat nie.

Page 6 of 11

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

5.6.5 Die besit of gebruik van onwettige chemise middels en dwelms, wat anaboliese steroïde insluit, op die

skoolgronde of by skoolfunksies, is verbode.

5.6.6 Geen leerder word voor skool of gedurende pouses sonder die verlof van „n opvoeder in die skoolgebou toegelaat

nie. Slegs op reëndae mag die toegeboude gange, maar nie die klaskamers nie, as addisionele skuiling gebruik

word.

5.6.7 Die volgende gebiede is gedurende skoolure verbode: die area agter die pawiljoen, die krieketkolfblaaie,

atletiekbaan, swembad, motorhuis, motorstaanplekke van opvoeders, die klubhuis, musiekkamers, fiets- en

motorfietsparkeerplek, woonhuis, die area agter die saal, langs die grensdrade, die geel afgebakende gebiede by

die opslaangeboue en die bamboesbos by die A-rugbyveld en die aktiwiteitsentrum. Ander areas kan volgens die

diskresie van die bestuur bygevoeg word.

5.6.8 Geen balspeletjies word in die vierkante toegelaat nie. Balspeletjies word net op die rugby- en hokkievelde

toegelaat.

5.6.9 Die skoolterrein mag nie buite skoolure of oor naweke en op vakansiedae sonder die toestemming van die

skoolhoof of sonder toesig van „n opvoeder betree word nie.

5.6.10 Geen kompeterende sport mag op Sondae of normale Christelike godsdiensvakansiedae by die skool beoefen

word nie.

5.6.11 Tensy hulle daarheen ontbied word, word leerders nie in die gang van die administratiewe blok of die voorportaal

van die saal toegelaat nie.

5.6.12 Indien leerders opvoeders gedurende pouse wil spreek, kan hulle dit by die opvoeder se lokaal aan die begin van

pouse doen.

5.6.13 Die personeelkamer, personeelwerkkamer en afrolkamer is vir leerders streng verbode.

5.6.14 Leerders van die Strand moet die duikweg gebruik en mag nie oor die nasionale pad loop of daaroor ry nie.

5.6.15 Ouers wat hul kinders op die N2 of R200 op- of aflaai, doen dit op eie risiko.

5.7 Vervoer

5.7.1 Motors en motorfietse mag alleenlik op die areas voor die skool geparkeer word, tensy anders gereel.

5.7.2 Leerders wat hul motorfietse of motors op die skoolterrein parker, mag slegs die voorste ingang gebruik en mag

NIE om die skool ry nie. Dit sluit ouers/voogde en besoekers in.

5.7.3 Leerders parker hul voertuie en fietse (trapfiets of motorfietse) op eie risiko op die skooltterrein.

5.7.4 Spesifieke areas op die skoolterrein word vir die berging van fietse voorsien en moet deur leerders gebruik word.

5.7.5 Leerders wat „n voertuig of fiets op die skoolgronde bestuur moet in besit van „n lisensie wees en moet te alle tye

die nodige versigtigheid aan die dag lê wanneer hulle op die terrein bestuur. Roekelose bestuur op die

skoolterrein sal onder geen omstandighede geduld word nie.

5.7.6 Die gedragskode is van toepassing wanneer leerders na en van die skool vervoer word.

5.7.7 Ouers/voogde mag leerders slegs by die agterste ingang op- of aflaai. Leerders wat van openbare vervoer

gebruik maak, moet buite die skoolterrein op- en afgelaai word.

5.8 Skoolverrykingsprogram

5.8.1 Betrokkenheid by aktiwiteite wat deel vorm van die skool se verrykingsprogramme is „n belangrike deel van die

holistiese opvoeding van „n leerder. Daar word dus verwag dat alle leerders by ten minste een sport-, kultuur- of

ander aktiwiteit per kwartaal sal inskakel.

5.8.2 Daar word verwag dat die leerders die korrekte etiket en sportkode sal toepas.

5.8.3 Wanneer „n leerder hom/haar verbind tot „n spesifieke aktiwiteit, geld alle reels van die aktiwiteit. Indien „n leerder

nie die aktiwiteit kan bywoon nie, moet hy/sy by die onderwyser gaan verskoning maak.

5.8.4 Deelname is vir die hele duur van die aktiwiteit verpligtend tensy die leerder as gevolg van „n oortreding geskors

word hiervan.

5.8.5 Bywoning van alle afrigtingsessies is verpligtend. Indien „n leerder sonder „n geskrewe brief van sy ouer/voog „n

sessie mis, kan hy van een interskole aktiwiteit ontneem word.

5.8.6 Indien „n leerder op „n Vrydag afwesig is, mag hy nie Saterdag in „n wedstryd speel nie tensy dit vooraf met sy

afrigting, onderwyser of departementshoof gereël is.

5.8.7 Indien „n leerder weens onvoorsiene omstandighede nie „n kompetisie of wedstryd kan bywoon nie, moet sy

onderwyser so spoedig moontlik ingelig word.

5.8.8 „n Leerder mag nie tydens die seisoen van „n aktiwiteit onttrek nie tensy dit as gevolg van „n besering is nie. „n

Mediese sertifikaat moet dit staaf.

5.8.9 Die korrekte drag moet tydens oefensessies en wedstryde gedra word.

5.8.10 „n Leerder mag nie „n nader skool tydens „n kompetisie of wedstryd verteenwoordig nie. „n Leerder mag nie by „n

ander skool „n buitemuurse aktiwiteit beoefen nie.

Page 7 of 11

6. SKOOLTASSE

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

6.1 Erkende boektasse moet gebruik word. Die kleur moet swart of donkerblou wees. Die gebruik van ander sakke,

trommels en mandjies is nie aanvaarbaar nie. Indien leerders seilboeksakke gebruik, moet die seil met „n harde

karton verstewig word om die boeke te beskerm.

6.2 Geen plakkers, mag op tasse aangebring word nie.

6.3 Geen slagspreuke, name, etikette, tekeninge of graffiti mag op tasse geskryf word of sketse daarop gemaak word

nie, behalwe die leerder se naam.

7. AKADEMIESE INTERVENSIE

Die volgende oortredings is akademiese oortredings en moet deur die betrokke vakonderwyser hanteer word

Boeke is nie by die skool nie (B)

Tuiswerk nie gedoen nie (T) (H)

„n gedeelte van die huiswerk is gedoen (½ T)

Toets gedruip (C)

Taak nie ingehandig nie (Taak)

Huiswerk is afgeskryf (A)

Die volgende is ernstige akademiese oortredings en sal deur die komitee vir onreëlmatighede hanteer word

Bedrieëry tydens „n toets/eksamen.

Die gebruik van iemand anders se Praktiese Asseseringstaak

Om in Lewensoriëntering „n vervalste projek oor navorsing in die werksplek in te handig.

Die komitee vir onreëlmatighede bestaan uit

Die Skoolhoof

Die Adjunkhoof: Kurrikulum en assesering

Departementshoofde

Die relevante vakhoof

Graadhoof

Vakonderwyser.

Sanksies rakende akademiese oortredings

Elke onderwyser moet „n lêer hê met die klaslyste van die klasse wat hy onderrig. Die lys moet per periode ingedeel

wees.

Tuiswerk en aanwesigheid moet aan die begin van elke periode nagegaan word. Die kode, soos bo genoem, moet

langs die leerder se naam aangebring word.

Die derde oortreding, eerste toets gedruip of taak nie ingehandig nie, moet uitgelig word.

Die departementshoofde sal „n lys van die leerders opstel en aan die betrokke administratiewe personeel oorhandig.

Die volgende intervensies word toegepas:

a) Eerste oortreding: sms/e-pos die ouer/voog.

b) Tweede oortreding: huiswerkklas op Vrydag. Gedurende die klas moet die leerder „n aangeduide stuk werk

opsom, vrae daaroor opstel (tien) en beantwoord.

c) Derde oortreding: „n Vergadering met die graadhoof, vakonderwyser, ouers en leerder.

d) Vierde oortreding: Daar is twee Saterdae vanaf 10:00 – 12:00 per kwartaal wat „n leerder moet bywoon. Die straf

is in punt (b) vervat.

e) Hierna is die ouer/voog ten volle, en alleen, verantwoordelik vir hul kind se akademiese prestasie.

Daar sal elke tweede Maandag „n lys van die leerder se name, oortreding en vak op die personeelkamer se

kennisgewingbord verskyn.

8. GEDRAGSOORTREDINGS:

Kontrakte wat positiewe gedrag bevorder sal aan die begin van die akademiese jaar met alle leerders, gr. 8 – 12,

gesluit word.

8.1 Vlak een: Die vakonderwyser sal dit hanteer. Die ouer/voog moet in kennis gestel word na die derde

agtereenvolgende oortreding.

OORTREDING: MOONTLIKE SANKSIE/OPTREDE

Gil en skree tydens klaswisseling; Verbale waarskuwing;

Page 8 of 11

Praat gedurig tydens onderrigtyd;

Kom dikwels laat vir klas;

Graffiti op banke/mure;

Verkeerde skooldrag;

Eet tydens les;

Steek ander se skooltas/uniform weg;

Rommelstrooi;

Gee nie samewerking in die klas nie (uitdagend);

Praat terug (disrespek);

Selfoon in klas;

Spoeg;

Laat winde;

Maak onvanpaste geluide;

Voer nie „n redelike versoek rakende skoolwerk uit nie.

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

Skriftelike waarskuwing;

Voer take onder toesig uit;

Tydelike isolasie van leerder;

Detensie tydens pouse;

Verwydering van voedsel

Skoonmaak van terrain/klaskamer;

Konfiskering van die artikel (bv. Selfoon).

Ouers/voogde word gebel om die leerder te kom haal

8.2 Vlak twee: Die fase dissiplinêre hoof sal dit hanteer. Die ouer/voog moet in kennis gestel word na die derde

agtereenvolgende oortreding.

OORTREDING MOONTLIKE SANKSIE/OPTREDE

Vulgêre taal;

Rook op skoolterrein/tydens skoolaktiwiteite;

Verkoop/besit sigarette;

Bank klas (stokkiesdraai);

Verlaat die skool sonder toestemming;

Bullebakkery/afknouery.

Beskadig eiendom;

Uitdagende/ignoreer gesag;

Woon nie detensie by nie;

Disrespekvolle gedrag in klas, belemmer onderrig en

ontwrig klas;

Wangedrag tydens saalbyeenkoms;

Volgehoue inmenging wat ander leerders fisies of

geestelik knou.

Verbale waarskuwing;

Skriftelike waarskuwing;

Berading;

Bepaal redde en tref die nodige reëlings;

Verwys na ILST (Institutional Learner Support Team)

Herstel of vervang eiendom;

Tydelike skorsing van die klas;

„n ekstra detensie klas;

8.3 Vlak drie: Die skoolhooftribunaal sal dit hanteer – hierdie is ‘n formele sitting van die Skoolhoof en Fase

Hoofde wat elke geval saam sal aanhoor. Die ouer/voog moet in kennis gestel word.

OORTREDING MOONTLIKE SANKSIE/OPTREDE

Disrespek teenoor personeel en leerders, die

bevraagtekening van die gesag van die personeel

(administratief of akademies), VRL en monitors; die

skool se naam in gedrang bring;

Ernstige onderbreking van klasse gtedurende

onderrigtyd wat onderrig onmoontlik maak;

Vervalsing van dokumente;

Diefstal (van die skool, personeel of mede-leerders);

Die bedreiging ten opsigte van ander se veiligheid,

insluitend fisiese beserings, intimidasie en internet

intimidasie;

Bakleiery met die bedoeling om liggaamlike skade aan

te rig;

Ander doelbewus beseer;

Verbale verguising van „n onderwyser;

Vvervalsing van „n ouer/voog/onderwyser se

handtekening;

Vandalisme. Die moedswillige beskadiging van

eiendom van die skool, personeel of leerders;

In besit wees van gevaarlike voorwerpe en/of wapens.

In-skool skorsing;

Uit-skool skorsing;

Skorsing van skoolaktiwiteite;

Finale skriftelike waarskuwing;

Verwys leerder vir professionele intervensie;

Verwys leerder na ILST

Geldelike vergoeding.

Page 9 of 11

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

8.4 Vlak vier: Die dissiplinêre komitee van die Skoolbeheerliggaam sal dit hanteer. Die ouer/voog moet in

kennis gestel word.

OORTREDING MOONTLIKE SANKSIES/OPTREDE

Herhaaldelike oortredings van vlak 1 tot 3;

Rassistiese opmerkings;

Haatspraak;

Skadelike graffiti;

Diskriminasie op grond van geslag/ras/geloof;

In die besit wees van of verspreiding van chemise- of

bedwelmende middels insluitend dronk wees by die

skool of skoolfunksies. Turkse waterpype (hookahs) is

verbode;

Die stig, of deelname, van/aan „n bende, of enige

informele organisasie wat die skool se etos of naam

kan skaad;

Ontwrigting van die hele skool (bv. Bomdreigemente of

die bedreiging van die ondersteuningsdienste van die

skool, brandblussers, ens);

Seksuele teistering – verbaal, geskrewe of op die

internet.

Verwysing vir professionele intervensie;

Finale, skriftelik waarskuwing;

Gemeenskapsdiens;

Uit-skool skorsing;

Geldelike vergoeding;

Skorsing van skoolaktiwiteite;

Verpligte bywoning van „n lewensvaardigheidskursus;

Vorderingsverslag vir „n minimum van twee weke.

8.5 Vlak vyf: Uitsetting van die leerder deur die Onderwyshoof van die Weskaap Onderwysdepartement word

aanbeveel, na ‘n formele sitting van die Dissiplinêre Komittee van die SBL waar die leerder skuldig bevind is

nadat die formele proses gevolg is:

8.5.1 Herhaalde oortredings van vlak 1 tot 4;

8.5.2 Om in besit van en/of die verspreiding van pornografiese material (gedrukte of elektroniese material) te wees;

8.5.3 Seksuele dade by die skool of tydens skoolaktiwiteite;

8.5.4 Moord of aanranding met die doel om ernstige fisiese skade te veroorsaak op die skoolterrein of by „n

skoolaktiwiteit;

8.5.5 Om in besit te wees van wapens (messe, skêre, vuurwapens, ens.) op die skoolterrein of by „n skoolaktiwiteit;

8.5.6 Die vergiftiging of poging tot vergiftiging van „n person op die skoolterrein of by skoolaktiwiteite;

8.5.7 Onbetaamlike ontbloting;

8.5.8 Verkragting wat „n poging tot verkragting, onbetaamlike aanranding, seksuele omgang of omgang met

minderjariges in ooreenstemming met die Kinderwet rakende seksuele gedrag van minderjariges, insluit;

8.5.9 Diefstal op die skoolterrein of skoolfunksies waar leerders, ouers/voogde of besoekers die prooi is;

8.5.10 Om betrokke te raak by „n sameswering om die ordelike funksionering van die skool deur gemeenskaplike dade te

ontwrig. Onwettige stakings of ander onaanvaarbare aktiwiteite wat sinvolle onderrig belemmer;

8.5.11 Om buitestaanders sonder toestemming te betrek, of te probeer betrek, by despute tussen leerders. Cosas en

ander unies het nie die reg om betrokke te raak nie;

8.5.12 Inbraak om bv. eksamenvraestelle te steel;

8.5.13 Openbare onsedelikheid asook die onwelvoeglike openbare vertoon van toegeneentheid;

8.5.14 Geiselary en ontvoering;

8.5.15 Finansiële bedrog en geldverduistering;

8.5.16 Satanistiese aktiwiteite wat skade veroorsaak aan mense of diere en wat teenstrydig is met die skool se

geloofsbeleid;

8.5.17 Opstoking wat lei tot „n onwettige staking/vergadering/veldtog of politiese aktiwiteit wat teenstrydig is met die

voorgeskrewe onderwysriglyne;

8.5.18 Om handel te dryf in onwettige goedere of smokkelhandel op die skoolterrein of enige skoolaktiwiteit;

8.5.19 Indien „n leerder deur „n regshof skuldig bevind word dat hy die land se wette oortree het en „n vonnis opgelê is.

9. SAKE RAKENDE VERHORE:

„n Skriftelilke kennisgewing van die verhoor moet vyf skooldae voor die vergadering gegee word. Die verhoor kan lei

tot tydelike skorsing van klasse, die opskorting van formele, geskeduleerde toetse, eksamen en mondeling wat deel

vorm van die kwartaal/jaarpunt.

Wanneer die leerder die kennisgewing ontvang, moet hy daarvoor teken om ontvangs te erken. Die ouer moet ook die

document onderteken. Dit impliseer nie „n erkenning van skuld nie;

Indien „n leerder nie die verhoor bywoon nie, sal die verhoor voortgaan;

„n geskrewe uitslag sal aan die leerder oorhandig word. Ontvangs hiervan moet skriftelik erken word;

Page 10 of 11

HHH Gedragskode: 2 Mei 2012

Die dissiplinêre komitee van die Skoolbeheerliggaam word as volg saamgestel:

Die (Adjunk) Voorsitter van die Skoolbeheerliggaam;

Twee Skoolbeheerliggaam ouerverteenwoordigersw;

Die Skoolhoof of afgevaardigde personeellid;

Die Graadhoof.

Die leerder moet die verhoor bywoon en mag versoek dat ander leerders dit as getuies bywoon.

Die volgende regte van die leerder sal tydens die verhoor beskerm word:

Die reg tot „n formele verhoor;

Die reg om teenwoordig te wees;

Die reg om tyd gegun te word om vir die verhoor voor te berei;

Die reg om voortydig kennis van die klag te ontvang;

Die reg om deur „n interne verteenwoordiger bygestaan te word;

Die reg om, indien minderjarig, deur sy ouers/voogde bygestaan te word;

Die reg om enige bewyse of verklarings van getues te bevraagteken;

Die reg om getuies te roep om te getuig;

Die reg tot „n interpredeerder of regsadvies.

Aansoek hiervoor moet 24 uur voor die verhoor skriftelik aangebied word.

Die reg om te versoek dat die dissiplinêre uitkoms heroorweeg sal word mits daar „n grondige rede hiervoor

aangevoer kan word.

Die Hoof sal sorg dat al die relevante dokumente bewaar word en dat die dissiplinêre aksie uitgevoer word.

10. PLEITOOREENKOMS

In terme van die Strafproseswet (Artikel 105A van Wet 51 van 1977) mag die vervolgingsgesag en die beskuldigde „n pleit-

en vonnisooreenkoms aangaan. Dit is basies „n pleitooreenkoms sisteem waar die beskuldigde skuld erken op die

aanklagte wat gemaak word en dan „n ooreenkoms vir straf met die Staat aangaan. Die skriftelike ooreenkoms word daarna

aan die Hof voorgelê wat moet toesien dat dit vrywilliglik en sonder onbehoorlike beinvloeding aangegaan is. Indien die Hof

tevrede is dat die beskuldigde skuld erken het op die betrokke aanklag en dat hy/sy skuldig is, word die beskuldigde skuldig

bevind. Tweedens, indien die Hof tevrede is dat die vonnisooreenkoms regverdig is, word dit deur die Hof bekragtig. Geen

getuienis word gelei nie en die prosedure bespoedig die afhandeling van sake.

„n Soortgelyke prosedure sal gevolg word in gevalle waar die betrokke leerder skuldig pleit, die ouers saamwerk en waar

uitsetting nie oorweeg word nie. Die pleit- en vonnisooreenkoms moet deur die SBL of gedelegeerde persoon€ bekragtig

word voordat dit afgedwing kan word.

11. LOCO PARENTIS

11.1 Die skool is verplig om wangedrag van kriminele aard na die SAPD te verwys vir verdere ondersoek.

11.2 Indien „n leerder se gedrag „n bedreiging inhou vir hom/haarself behou die skool die reg voor om „n alternatiewe

plek van behandeling vir sodanige leerder te vind.

11.3 Die skool behou die reg voor om „n leerder vir berading te verwys indien sy/haar gedrag sosiaal onaanvaarbaar is.

12. DEURSOEKING

Waar daar redelike vermoede en voldoende inligting bestaan, het die Skoolhoof of „n opvoeder die wetlike bevoegdheid om

enige leerder of eiendom in besit van die leerder te laat deursoek vir „n gevaarlike wapen, vuurwapen, dwelms of „n

skadelike gevaarlike middle, gesteelde eiendom of pornografiese material wat op die skooleiendom gebring word. „n

Deursoeking mag uitgevoer word ingevolge die volgende wette: die Wet op Beheer van toegang tot openbare persele en

voertuie (Wet 53 van 1985), die Wet op Dwelms en dwelmhandel (Wet 140 van 1992), die Wet op Wapens en ammunisie

(Wet 75 van 1969), die Wysigingswet op Onderwyswette (Wet 24 van 2005 en 31 van 2007), die Staatskoerant

Kennisgewing 1140 van 2008. Gedurende die deursoeking sal menslike waardigheid gehandhaaf word en leerders sal deur

persone van hul eie geslag, in die teenwoordigheid van minstens een ander persoon, deursoek word. „n Verslag sal gehou

word van die deursoekingsprosedures en die uitslag daarvan.

Al die bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996), soos gewysig, wat betrekking het op dissiplinêre

prosedures van toepassing op leerders, is ingewerk en ingeskakel in hierdie gedragskode.

Page 11 of 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!