03.05.2013 Views

Omsendbrief no 2 van 2013.pdf

Omsendbrief no 2 van 2013.pdf

Omsendbrief no 2 van 2013.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

OMSENDBRIEF NO.2 van 2013

Geagte Ouers

28 Januarie 2013

Die nuwe skooljaar het vinnig weggespring met ‘n aantal aktiwiteite wat reeds

afgehandel is. Baie dankie vir elke leerder, ouer en personeellid se betrokkenheid en

positiwiteit!

GETALLE

Die amptelike tiende skooldaggetalle is as volg:

GRAAD SEUNS DOGTERS TOTAAL

8 68 165 233

9 116 174 290

10 96 155 251

11 84 164 248

12 77 155 232

441 813 1254

Ons is tans 54 onderwysers, waarvan 7 deur die Beheerliggaam, dus u as ouers, betaal

word.

ATLETIEK

Die jaarlikse Interklas atletiekbyeenkoms het op Woensdag, 23 Januarie plaasgevind,

nadat dit verlede Vrydag uitgereën het.

Alles het baie goed afgeloop en die leerders het entoesiasties deelgeneem. Die

matrieks het die Geesbeker gewen en die Gr.11’s het die atletiek vir die dag gewen.

Ons wens hulle baie geluk en bedank hulle vir die positiewe betrokkenheid wat as

voorbeeld vir die ander grade kan dien!

Die klaswenners in die onderskeie grade was as volg: Gr 8A, 9H, 10A, 11C en 12C.

Dankie, en baie geluk aan julle!

Op Vrydag, 25 Januarie, het ons skool ook ‘n tuisbyeenkoms aangebied wat

bygewoon is deur Uitsig, Hendrik Verwoerd, Cullinan en Silverton. Alhoewel hierdie

byeenkoms ook nie voltooi kon word as gevolg van die reën nie, wil ons almal wat

deelgeneem het en ook die ouers wat gehelp het met die kosverkope, bedank vir hul

betrokkenheid.

INTERHOëR SANGGROEP

Let asseblief ook daarop dat ons weer hierdie jaar ‘n INTERHOëR SANGGROEP

gaan hê wat die atlete by die interhoër gaan ondersteun. Alle nie-atlete wat belangstel

om deel te wees van hierdie groep, asook al die graad 8’s wat dit MOET bywoon,

oefen Dinsdag, 29 Januarie, direk na skool tot 3 uur. Dit is groot pret en ons skool het

verlede jaar baie goed gevaar met ‘n algehele 2e plek. Hierdie jaar wil ons die

Geesbeker wen! Kom almal neem entoesiasties deel en geniet dit! Ons gaan hulle

wys wat beteken BETER… BESTE … TUINE !!!!

BELANGRIKE DATUMS !!

Ons wys u graag op die volgende belangrike datums:

Prysuitdeling: In die dagboek aangedui op Donderdag, 31 Januarie. Hierdie

datum verskuif na Woensdag, 6 Februarie.

Die leerders begin op Maandag, 11 Februarie met ‘n TOETSWEEK.

Ondersteun en motiveer u kind om baie goed voor te berei. Hierdie toetse tel

baie punte vir die eerste kwartaal rapport. Die rooster is op bl.15 in die

dagboek.

Die volledige assesseringsprogram vir alle formele deurlopende assessering

vir die hele jaar, sal eersdaags aan die leerders voorsien word.

Tydens die toetsweek skryf die leerders aan die einde van die skooldag in ‘n

toetsperiode van ‘n uur lank. GEEN leerder sal dus tydens die toetsweek

toestemming kry om die terrein vroeër te verlaat nie.

Indien ‘n leerder tydens ‘n formele toets afwesig is, moet daar ‘n doktersbrief

ingedien word, anders sal die leerders NUL vir daardie toets ontvang en dit

kan ‘n druippunt op sy/haar rapport veroorsaak.

Die Graad 10-,11- en 12- leerders wat nie ‘n spesifieke keusevak het wat

tydens ‘n toetsperiode geskryf word nie, mag wel 13:00 huis toe gaan.

PARKERING

Slegs leerders met ‘n geldige lisensie mag met ‘n motor of motorfiets toegang tot die

terrein verkry. Alle motors moet op die strook agter die A-veld en hoofpawiljoen

parkeer word, en die motorfietse op die sementblad by die hoofingang. Daar mag

onder geen omstandighede op ander plekke parkeer of gery word binne die terrein nie.

Hierdie reëling geld ook vir na skoolure.

OP-EN AFLAAI VAN LEERDERS

Let asseblief daarop dat die leerders nie by die hoofhek of binne die skoolterrein op-

of afgelaai moet word nie. In die oggende en naskool veroorsaak dit

verkeersopeenhoping en die ander hekke word oopgesluit vir die doel.

NUTSMAN

Die skool benodig die dienste van ‘n nutsman (“handyman”). Enige persoon wat ‘n

grondige kennis het van algemene herstelwerk, kan aansoek doen. Dit sluit in:

elektriese werk, sweiswerk, skrynwerk, loodgieterswerk, ens. Die aansoeker moet

bereid wees om sekere tye na-ure te werk, en moet beskikbaar wees indien die skool

‘n buitemuurse program aanbied. Die suksesvolle kandidaat moet ‘n bestuurslisensie

hê en die salaris sal in ‘n onderhoud bespreek word. Indien u belangstel, handig ‘n CV

in by die ontvangskantoor voor of op Vrydag, 1 Februarie 2013.

SIEKEKAMER

Ons versoek alle ouers om nie u kind skool toe te stuur as hy/sy regtig siek is nie. Dit

gebeur dikwels dat sommige leerders slegs by die skool aanmeld en dan heeldag in

die siekekamer lê. Daar is slegs 2 beddens beskikbaar en die ruimte is regtig beperk.

Die siekekamer is eintlik net daar vir noodgevalle en/of beserings wat leerders

soms opdoen of vir leerders wat skielik by die skool ongesteld raak en wag dat hul

ouers hulle kom haal.

Indien ‘n leerder by die kantoor aanmeld omdat hy/sy siek voel,word die ouers

geskakel om die leerders te kom haal. Hierdie maatreëls is in plek omdat daar

ongelukkig soms leerders is wat skielik ‘n erge hoofpyn ontwikkel as hul huiswerk vir

die volgende periode nie gedoen is nie…(!)

Daar sal in die toekoms ook ‘n intekenregister by die siekekamer wees aangesien

dieselfde leerders gereeld daar is en dan aangemeld moet word.

HIGHSCHOOL SUPERSTAR KOMPETISIE, 4 FEBRUARIE

Ons skool se sangtalent neem aan hierdie groot kompetisie deel, geborg deur Cell C.

Op Saterdag, 26 Januarie het die oudisies plaasgevind waar 10 finaliste aangewys

is.Die wenner sal aangewys word op Maandag, 4 Februarie tydens ons jaarlikse

talentaand. Saam met ons skool se finaliste tree die baie gewilde Tuindwergies en

Kinky Robot [Martin Bester van Jacaranda FM se “band”!]op.

Die kaartjies vir hierdie groot aand is R60 per persoon en beloof om iets besonders te

wees! Die wenner van ons skool sal deurgaan na die interskole kompetisie waar hy/sy

dan sal deelneem teen die wenners van skole soos Eldoraigne, Menlopark, Pretoria-

Noord, Waterkloof, HTS Tuine, Zwartkops, Willowridge, ens.

Kom ondersteun hierdie leerders en kom geniet die aand saam met ons!

Kinky Robot Tuindwergies

JAARTEMA

Onthou om ons jaartema waar te maak in elkeen se lewe: Beter….Beste… TUINE!

Tuine-groete !

JG Tredoux

Hoof

30 APRIL by Hoërskool Tuine !

R80 per persoon

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!