03.05.2013 Views

Matriekuitslae 2010 - Hoërskool Ladismith

Matriekuitslae 2010 - Hoërskool Ladismith

Matriekuitslae 2010 - Hoërskool Ladismith

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Matriekuitslae 2010

Van die 18 kandidate het 17 geslaag en 1 ‘n hereksamen gekry.

5 Slaag met Universiteitstoelating en 10 met toelating tot diplomakursusse.

Daar was ‘n 100% slaagsyfer in Afrikaans, Engels, Besigheidstudie, Siviele

Tegnologie, Lewensoriëntering, Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde, Fisiese

Wetenskap en Toerisme.

Kleuresport - Donderdag 27 Januarie en Vrydag 28 Januarie

Die byeenkoms begin Donderdagmiddag om 16:00 en duur tot 21:00. Daarna

word die pawiljoene deur die Blou- en Geelspanne opgemaak. Vrydag se

byeenkoms duur van 07:00 tot ongeveer 14:30. Verkopings t.b.v. die

Skakelkomitee se fondsinsamelingspoging sal beskikbaar wees.

Getalle

Met ‘n mooi styging in skoliergetalle staan ons tans op 290 leerders. Ons

kwalifiseer dus om aansoek te doen vir ‘n groeipos nadat die personeel reeds

met ‘n ekstra departementshoof, mev Engela van der Vyver, versterk is. Ons

verwelkom graag alle nuwe leerders en ouers wat by ons aangesluit het. Mag

u verbintenis met ons skool u kind tot nuwe hoogtes inspireer.

VRL-Kamp

Mnr H Fourie en mev A-M Vermeulen het ons reeds gedurende die eerste

naweek van die kwartaal op ‘n VRL-beplanningskamp vergesel.

Ons het op Jongensfontein se kampterrein in tente gebly. Saterdag is, met

tussenposes van pret in die branders, primêr aan ons beplanning vir 2011

gewy. Ons het geweldig baie geleer deurdat ons elke taak in besonderhede

beplan het. Ons stel ons ten doel om van 2011 ‘n mylpaal te maak.

Die aand was windloos en die sterre naby genoem om gepluk te word en ons

het met die wandelpaadjie al langs die see gaan stap.

Teen ons Sondag teruggekeer het, was ons beplanning voltooi met ‘n bietjie

ontspanning daarby. Sonder die ondersteuning van twee wonderlike

onderwysers soos mnr Fourie en mev Vermeulen, sou die naweek nie so

leersaam en spesiaal gewees het nie.

Hoërskool Ladismith se atletiekbuksies presteer!!

Hoërskool Heidelberg het vir die tweede agtereenvolgende jaar, op Vrydag,

18 Februarie, ‘n grondslagfase-atletiekbyeenkoms aangebied.

11 Leerders van Hoërskool Ladismith het deelgeneem en baie mooi presteer.

Hulle het 7 silwer en 5 brons medaljes verower. Hoërskool Ladismith het ‘n

2de plek uit 8 skole verower.

Baie geluk, Kleinspan! Ons is trots op julle!

Krieket teen die Krieket Akademie

Op Saterdag, 5 Mrt. het die 0/11- en 0/13-spanne van Hoërskool Ladismith

teen B-spanne van die Krieket Akademie gespeel. Die 0/11-span het puik op

die veld vertoon en die opponente tot slegs 26 lopies in 2 beurte beperk.

Ongelukkig het hul hierdie wedstryd met 6 lopies verloor. Die beste bouler

van die wedstryd was Wernich Binedell, met ‘n boulontleding van 2 vir 2

lopies in 2 beurte. Wel gedaan, 0/11’s! – julle veldwerk was weereens

uitstekend!

Die 0/13-span is deur ‘n paar 0/11-spelers uitgehelp en het moedig gepoog

om hul opponente tot ‘n lae telling te beperk. Die telling van 99 in 25 beurte

was net te veel vir ‘n oorwinning. Met ‘n baie goeie boulvertoning het die

opponente slegs 18 boulbeurte nodig gehad om die wedstryd in hul guns te

beklink. Die beste bouler vir Ladismith was Philip Crafford, met ‘n

boulontleding van 3 vir 15 lopies in 6 beurte.

Hoërskool Ladismith

Op Saterdag 26 Februarie het 7 van ons laerskoolleerders in Oudtshoorn aan

die SWD-kampioenskappe gaan deelneem. Die kompetisie was straf en die

son het geen genade vir die deelnemers gehad nie. Uitslae was soos volg:

Bianca la Grande Verspring 8ste plek

1200m 6de plek

150m 5de plek

Janelize Jelander 80m 8ste plek

Alecia Lourens Verspring 7de plek

TL Steyn Spiesgooi 3de plek

Llyle Metembo 150m uitdunne 2de plek

100m uitdunne 2de plek

Anke Steyn Diskus 2de plek

JJ Nel Spiesgooi 7de plek

Verspring 2de plek

Llyle Metembo, JJ Nel, Anke Steyn en TL Steyn is vir die SWD-span gekies

wat Saterdag 5 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in Kaapstad gaan

deelneem. Sterkte outjies. Lekker oefen en hou ons skool se naam HOOG.

Die volgende leerders gaan op Saterdag, 5 Maart aan die Hoërskool SWDkampioenskappe

op Oudtshoorn deelneem: Terry-Ann Klink, Kealen Fortuin,

Anika Els, Jean-Jacques Heath, Fabian Aysley, Reinhardt van Zyl, Rano

Africa, William Albertus, Llewellyn en Lorenzo Quantiny en Roann Timmie.

Sterkte. Ons is trots op julle, en onthou, dit gaan in die eerste plek oor die

ondervinding. GENIET DIT.

Hoëskool Ladismith

Op Saterdag 5 Maart 2011 het ‘n groep van ons leerders in Oudtshoorn aan

die SWD-kampioenskappe gaan deelneem. Die leerders het ten spyte van

die hitte en strawwe kompetisie hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Die leerders wat presteer het se uitslae was:

Anika Els Diskus 3de plek

Rano Africa 3000m 3de plek

Veels geluk aan Anika en Rano wat vir die SWD-span gekies is om op

Saterdag 12 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl te gaan

deelneem. Ons is trots op julle!

HSL -0/13 Krieket

HSL se 0/13-krieketspan het ten spyte van siekte die seisoen teen LS

Volschenk geopen.

Volschenk wat eerste gekolf het, het danksy twee SWD-spelers in hul span,

91 lopies behaal. Dit was ‘n plesier om hierdie spelers in aksie te sien.

HSL se spelers het manmoedig probeer om ook ‘n stewige telling te behaal,

maar is helaas, gemaklik deur die opponente oorrompel.

Met meer oefening en afronding sal hierdie span beslis tot sy reg kom. Ons

sien uit na die volgende kragmeting.

Hoërskool Ladismith Kleure-atletiek

‘n Suksesvolle Kleure-atletiekbyeenkoms het op 27 en 28 Januarie

plaasgevind. Vrydagoggend het met kreatiewe optogte afgeskop en verder

suksesvol verloop. Dankie aan die deelnemers, ondersteuners en alle ouers

wat by die stalletjies gewerk het. U hulp word opreg waardeer.

Spanprestasies was soos volg:

Geel: Sang- en paviljoenbeker

Blou: Optog- en spanskild

Junior Victrix Ludorum: Alika Steyn (2525 punte behaal)

Junior Victor Ludorum: JJ Nel (3416 punte behaal)

Senior Victrix Ludorum: Engela Uithaler (2397 punte behaal)

Senior Victor Ludorum: Fabian Aysley (2824 punte behaal)

Hoërskool Ladismith Krieket teen Laerskool Van Rheede

Op 15 Februarie het die 0/11 span van HSL in snikhete warmte teen Van

Rheede se 0/11 B-span op Oudtshoorn krieket gespeel. Ten spyte daarvan

dat die meeste van die spelers 0/10 is en verlede jaar nog mini-krieket

gespeel het, was die wedstryd tot op die einde op ‘n mespunt gebalanseer. ‘n

Paar verbroude vangkanse teen die einde, het die span ongelukkig gekelder

en Van Rheede in staat gestel om in die 22ste boulbeurt die wenlopies van 52

vir 9 paaltjies te slaan. Die speler van die wedstryd is Qurin Grispe met sy

boulontleding van 6 vir 6 lopies in vyf beurte. Wel gedaan, 0/11’s – julle toon

ongelooflike baie potensiaal.

0/13-krieket

HSL se 0/13-krieketspan het gister, 15 Februarie teen Van Rheede se 0/13 Bspan

gespeel. Ladismith het 61 lopies aangeteken. Van Rheede het eers

met hul laaste speler daarin geslaag om hierdie telling verby te steek. Die

middag het spanningsvol, maar terselfdertyd genotvol verloop.

Baie dankie vir jul entoesiasme, seuns.

Oorhandiging van internasionale Eko-vlag

Ons het Maandag 21 Februarie 2011 ons Internasionale Groenvlag ontvang.

Die seremonie, waartydens me Lorraine Mcgibbon die oorhandiging van die

Eko-vlag en sertifikate behartig het, het tydens saalperiode plaasgevind. Die

sertifikate is deur Wessa en Fee uitgereik. Die Wessa sertifikaat is vir die 5

jaar van deelname aan die Eko-skool program. Die nasionale koördineerders,

Anisa Khan en Bridget Ringdahl, het hierdie sertifikaat onderteken. Die Feesertifikaat

is ‘n internasionale erkenning van die werk wat ons skool

gedurende die laaste 5 jaar as ‘n omgewingsentrum vermag het. Ons is een

van minder as 10 skole in die Suid-Kaap wat vanjaar die Internasionale vlag

ontvang het.

Ons sê baie dankie aan alle ouers en ander lede van die gemeenskap wat

betrokke is by ons skool. Dankie vir julle hulp, ondersteuning en

aanmoediging. Dankie ook aan alle leerders wat so ywerig saamgewerk het

om van die Eko-skool program ‘n sukses te maak.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!