03.05.2013 Views

Register Nicolas Jacobus b1 (pdf) - Barkhuizen

Register Nicolas Jacobus b1 (pdf) - Barkhuizen

Register Nicolas Jacobus b1 (pdf) - Barkhuizen

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

aanvanklik, na hulle verhuising, by die van Rooyens op die plaas Libertas in Senekal gaan bly. Sy

sê ook dat skoonpa vertel het dat hulle Vrystaat toe getrek het omdat hulle uitgeboer het op

Diepkloof.

Hennie van Niekerk, een van die huidige eienaars van Diepkloof, het die oorspronklike akte in sy

besit en daar is „n lang uiteensetting deur „n hof oor van die verdeling van die grond, woonhuise en

die beskikbare water vir al die erfgename.

Soos reeds genoem, het Nicolaas Barkhuysen se oudste seun, Johan Nicolaas Wilhelm, op Lot B

van Diepkloof, aangebly. Dit lyk of CJ Serfontein Lot A van Diepkloof gekoop het in 1868. Johan

Nicolaas Wilhelm Barkhuysen is in 1873/74 oorlede en sy agt kinders het elkeen „n deel geërf. In

1881 is Serfontein oorlede en sy vier kinders het ook elkeen „n deel geërf. Twaalf erfgename is

dus nou in 1881 gesamentlike eienaars van onverdeelde aandele in die plaas Diepkloof. En toe

begin die stryery. „n Stryery tussen die twee families maar ook tussen die familielede onderling.

Uiteindelik is daar, volgens die Transport Akte van Diepkloof, „n arbitrasie ooreenkoms op 1 Maart

1883 aangegaan tussen die gesamentlike eienaars van Diepkloof. Hierdie ooreenkoms is deur die

Rondgaande Hooggeregshof op George bekragtig. „n Landmeter het die grense van elkeen se deel

bepaal, die beskikbare water is toegeken en leibeurte uiteengesit. (Lees die volledige verslag van

die reëlings). Maar ongeag die reëlings het die Barkhuysens van Diepkloof kort daarna uitmekaar

gespat. Dit lyk ook in elk geval of die boerdery nie so suksesvol was nie.

Hier volg „n kort opsomming van wat met elkeen van die kinders van Johan Nicolaas Wilhelm

*1813 gebeur het na die arbitrasiehofsaak: .

Twee van JNW se kinders is nie deur die ooreenkoms geraak nie want hulle het alreeds nie

meer op in 1881 op Diepkloof gebly nie. Dit is Johan Nicolaas Wilhelm (d5) wat later Vrystaat

toe getrek het en Johanna Elizabeth (d2) wat met Phillip Marthinus van Rensburg getroud is.

Lucas Jacobus Barkhuysen (d4), verkoop sy deel aan sy swaer JJP Meyer op 7 Mei 1884.

Lucas het as bywoner op De Klippe/Rye Klippe by Avontuur gaan vestig en sy seun, Jan, het

later die winkel en slaghuis op Uniondale begin.

Stephanus Petrus Barkhuysen (d6) neem „n verband uit van ₤75 in Maart 1885 en op 18

Augustus 1891 verkoop hy sy deel aan CJ Serfontein. Stephanus Petrus Barkhuysen trek kort

hierna saam met sy broer JNW (d5) Vrystaat toe.

Gert Thomas Barkhuysen (d7) het op 20 Februarie 1884 „n verband uitgeneem van ₤100 en hy

verkoop sy deel op 11 Maart 1886 aan CJ Serfontein. Gert gaan boer toe op Perdepoort.

Skoonseun Barend J Stander, wat met Catharina Maria Barkhuysen (d8) getroud is, neem „n

verband uit van ₤155 in April 1884 en verkoop sy deel aan AJ Serfontyn op 29 April 1886.

Skoonseun Pieter Egbert Klue, wat met Martha Jacoba Barkhuysen (d1) getroud is, het op 13

Junie 1895 sy deel oorgedra aan sy seun SJ Klue.

Die enigste twee wat op Diepkloof aangebly het, was die oudste seun Nicolaas Jacobus

Barkhuysen (d3) en sy swaer JJP Meyer, wat met die jongste doger Susanna Francina

Barkhuysen (d9) getroud is.

Ek het JJP Meyer en sy vrou Susanna Francina (gebore Barkhuysen) se grafte op Diepkloof

gekry. Ek kon nie Nicolaas se graf kry nie maar ek het Nicolaas se twee seuns Nicolaas (e9)

en Lucas (e10) se huisfondasies en Nicolaas se graf gekry op die deel waar Japie Serfontein

vandag boer en bekend is as Dieprivier. Japie Serfontein het die ligging van Nicolaas en Lucas

se huise vir my gaan gaan wys. Daar is ook nog van die penne te sien waar die grond en

lande van die twee broers afgebaken is deur Japie se vrederegter oupa. Nicolaas (e9) is in

1960 oorlede en hy was die laaste Barkhuysen wat op Diepkloof gebly het.

62

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!