03.05.2013 Views

agra koöperatief beperk se nuusbrief vir sy lede

agra koöperatief beperk se nuusbrief vir sy lede

agra koöperatief beperk se nuusbrief vir sy lede

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SERVICE •RANGE RANGE •COUNTRYWIDE

COUNTRYWIDE

1

Mei/May 2003

AGRA KOÖPERATIEF BEPERK SE NUUSBRIEF VIR SY LEDE • AGRA CO-OPERATIVE'S NEWSLETTER FOR ITS MEMBERS

Reaksie van Fosfaat verskaffers oor kwaliteitbeheer

Na aanleiding van die onlangse

toetse wat op fosfaatprodukte

gedoen is en waaruit dit geblyk het

dat sekere produkte nie aan die minimum

vereistes voldoen het nie, het Agra sy

verskaffers van fosfaatprodukte versoek

om die versekering te gee dat kwaliteitskontrole

toegepas word en dat alle produkte

in die toekoms wel op standaard sal wees.

Die onderskeie verskaffers het hierop

gereageer en hulle prosedures van

kwaliteitsbeheer word verbatim soos van

hulle ontvang geplaas.

KK ANIMAL NUTRITION

By KK Animal Nutrition is streng

kwaliteitbeheer ons erns en fokus ons baie

sterk daarop. Die maatskappy is ISO 9002

ge-akkrediteer waarin hierdie kwaliteitsbeheerprosedures

vervang is en streng

toegepas en gemonitor word.

Die kwaliteitbeheer word toegepas volgens

‘n gedokumenteerde prosedure waarin

aspekte soos onder andere bemonsterings

skedules en prosedures; analise skedules en

prosedures, terugvoerprosedures vanaf

laboratorium en aksies, spesifikasies,

korrektiewe optredes ens. ingesluit word.

Alle spesifikasies voldoen aan die wetlike

norme soos vervat in Wet 36 (1947). KKAN

voer ook produkte uit na ongeveer 47 lande

wêrelwyd waar ons aan elkeen van die

lande se streng maatreëls voldoen.

KK Animal Nutrition beskik oor ‘n eie

analitiese laboratorium wat jaarliks deur ‘n

ge-akkrediteerde instansie ge-oudit word

(prosedures, toerusting en aksies). Verder

behoort die KKAN laboratorium aan die

AgriLASA ringtoets sisteem om enige

www.agra.com.na

afwykings onmiddellik op te tel.

Addisionele kontrole maatreëls word

toegepas deur duplikaat monsters van tyd

tot tyd na buite ge-akkrediteerde

laboratoriums te stuur vir vergelykende

analises.

Produkanalises (kwaliteitbeheer) word op

‘n 24 uur per dag basis toegepas.

ANALISE SKEDULES

Roumateriale

Behalwe standaarde soos deur KKAN

bepaal word en deur verskaffers nagekom

word en deur ons gekontroleer word, word

roumateriale vir produksieprosesse op ‘n

daaglikse basis ge-analiseer.

Kynofos 21:

Gedurende die produksieproses:

Monsters word op ‘n 24 uur basis op ‘n

lopende aanleg geneem en ge-analiseer met

onmiddellike terugvoering na die aanleg

om enige afwyking van die spesifikasies

reg te stel.

Met versakking

Addisionele analises word daagliks met

versakking (voor verskeping) gedoen.

Addisioneel.

Tot 4x/maand by buite ge-akkriteerde

laboratorium. Volle spektrum analises plus

reeks swaarmetale.

Kynofos 18 en Kimtrafos 12

Gedurende die produksieproses:

Monsters word per 24 uur kontinu geneem

en ge-analiseer met onmiddellike

terugvoering na die aanleg om enige

afwyking van die spesifikasies reg te stel.

Met versakking

Alle produkte het ‘n week retensieperiode

voor dit aan kliënte gestuur word. Voor

verskeping word weer ‘n volledige stel

analises gedoen. Produkte wat nie aan die

streng kwaliteitspesifikasies voldoen nie

word afgekeur.

Addisioneel.

Een monster per maand by buite geakkrediteerde

laboratorium. Volle

spektrum soos bo plus reeks swaarmetale.

NOORD-WES FOSFAAT

N-Wes Fosfaat deel graag belangrike

inligting met die veeboere van Namibië.

Ons verklaar graag ons besigheidsetiek

teenoor u, synde ons vennoot in

lekaanvulling.

N-Wes Fosfaat se besigheid staan op drie

standvastige pilare naamlik kwaliteit

produkte, effektiewe bemarkings- en

verspreidingskanale (deur AGRA) en

gelukkige kliënte.

Hierdie beginsels het meegebring dat N-

Wes Fosfaat, met dank aan al die veeboere,

‘n ongekende groei tydens die afgelope drie

jaar sedert sy ontstaan beleef het.

Kwaliteit produkte kan slegs nagestreef

word indien die maatskappy ‘n gesonde

standaard-vervaardigings-praktyk volg.

Dit moet nie bloot deur die wet op veevoere

(Wet 36 van 1947) afgedwing word nie,

maar dit moet ‘n kultuur en lewenswyse

binne die veevoerondernemer wees.

vervolg op bl. 2

Mei/May 2003

RING

Reaksie van Fosfaat verskaffers oor kwaliteitbeheer

Hierdie kultuur bepaal dat die klant en sy

behoeftes eerste kom en dat die klant ‘n reg

het op ‘n produk van kwaliteit.

Bogenoemde is die etos van N-Wes

Fosfaat.

Ten einde genoemde doelwit te bereik,

word ‘n verskeidenheid van stelsels en

reëlings by N-Wes Fosfaat se fabriek

geïmplimenteer. Dit sluit onder andere in:

• Alle grondstowwe wat gebruik word,

word onderwerp aan streng keuring,

ontleding en standaarde.

• Monsters word van alle klaargemengde

produkte geneem soos hul vervaardig

word. Deel daarvan word in ‘n

stoorkamer geplaas vir toekomstige

verwysings indien nodig. ‘n Ander deel

word ten volle ontleed deur ‘n geakkrediteerde

laboratorium en nog ‘n

gedeelte word as ‘n duplikaatmonster in

‘n laboratorium by die fabriek ontleed.

Geen produk verlaat die fabriek indien

die ontledings nie voldoen aan die

neergelegde standaard nie.

• Laasgenoemde ontledings vind plaas

met ‘n baie gesofistikeerde apparaat wat

N-Wes Fosfaat pas aangekoop het ten

bedrae van bykans R1 miljoen. Hierdie

apparaat maak dit nou moontlik vir N-

Wes Fosfaat om per elke besending, ‘n

ontledingsertifikaat te voorsien.

Sodoende neem N-Wes Fosfaat weer die

leiding in kwaliteit diensverskaffing.

Enige verdere onsekerheid wat in die mark

mag bestaan rakende N-Wes Fosfaat se

beleid insake kwaliteitsbeheer, kan gerus

met die bestuur uitgeklaar word by die

fabriek.

SA FEED PHOSPHATES

Met verwysing na die beheer en kontrole

t.o.v. die kwaliteit van fosfate wat aan die

Namibiese veevoer industrie gelewer

word, die volgende:

• SA Feed Phosphates verseker dat sy

produkte wel aan die minimum

spesifikasies en vereistes van Wet 36

van 1947 voldoen deur ‘n volledige

Kwaliteitsverbintenis Program(QCP) te

volg.

• Verder volg SA Feed Phosphates ‘n

streng stel Kwaliteits Kriteria.

Mei/May 2003

(Afskrifte van laasgenoemde twee

dokumente is voorsien, maar is te lywig

om hier te publiseer)

• SA Feed Phosphates volg ‘n

internasionale gepatenteerde proses wat

met gesofistikeerde stelsels en

toerusting vervaardig word.

• SA Feed Phosphates volg ‘n beheer en

kontrole stelsel van vervaardigde

produkte wat die naspeurbaarheid van

vervaardigde sowel as verspreide

produkte verseker. Kwaliteitsertifikate

en analises is beskikbaar vir elke

besending vervaardigde produk

Monsters word vir periodes van

minimum drie maande geberg om te

verseker dat kwaliteit wel geëvalueer

kan word indien dit nodig blyk te wees.

VOERMEESTER

Voermeester is onderhewig en voldoen aan

al die vereistes soos omskryf in Wet 36 van

1947. Dit geld ook vir produkte vervaardig

onder kontrak by SA Feed Phosphates en

Veekos. Deurlopende kwaliteitsbeheer

word in die Voermeester fabriek toegepas.

Dit behels onder andere:

• Alle grondstowwe vir vervaardiging

slegs ontvang word met ‘n minimum

vereiste sertifikaat.

• Van elke lot ‘n monster teruggehou en

geberg word vir 3 maande na

vervaardiging, sou daar enige probleme

opduik.

• Elke lot per mengstaat geproduseer

word en daagliks geïnspekteer word

asook daarna en vir verwysing geberg

word vir drie maande

• Geskeduleerde steekmonsters per

produk geneem en ontleed word.

Die Registrateur van Veevoere besoek

Voermeester op ‘n geskeduleerde basis

(minstens 6 weekliks) waartydens

monsters van verskeie produkte geneem

word vir kwaliteit kontrole doeleindes. Vir

die afgelope vyf jaar is ons nog nooit deur

die Registrateur se kantoor van enige substandaard

produkte in kennis gestel nie.

Bogenoemde die reaksie soos ontvang van

Agra se Fosfaat verskaffers oor kwaliteit

beheer.

R

2

REDAKSIONEEL

D

ie artikel oor fosfate in die

vorige Ring het daarop gewys

dat fosfaatprodukte van

sommige verskaffers nie op standaard

is nie. In die artikel is gemeld “dat daar

ook van die ander vervaardigers is waar

produkte nie die gespesifiseerde

hoeveelheid fosfaat bevat nie.” Dit was

egter nie op alle verskaffers van

toepassing nie. Toetse wat Agra van die

produkte laat doen het, het getoon dat

produkte van Voermeester wel op

standaard was.

Uit die reaksie van die onderskeie

fosfaat verskaffers, soos in die

hoofartikel weerspieël, is daar by almal

wel maatreëls in plek om

kwaliteitskontrole toe te pas. Daar

behoort dus nie produkte wat nie op

standaard is in die mark te kom nie.

Dit is vir Agra ewe noodsaaklik en ‘n

beginselsaak om slegs produkte, wat

volgens wetlike spesifikasies

vervaardig word en aan die minimum

standaarde voldoen, aan produsente te

voorsien. Derhalwe sal die koöperasie

alles in sy vermoë doen om toe te sien

dat hierdie standpunt van hom gehuldig

word.

‘n Groot aantal lede toon belangstelling

vir die inligtingsdag van Agra

Otjiwarongo op 11 Junie by Omatjene.

Die program vir die dag is in hierdie

uitgawe op bladsy 8 gepubliseer om u te

vergewis van wat u te wagte kan wees.

Die winter het toegeslaan! Dit beteken

vir baie van ons jagtyd, biltong en dit

wat daarmee gepaard gaan. Vergewis u

gerus van die jag-, kampeer-, en

vleisverwerkings toerusting wat

eerdaags by alle takke beskikbaar gaan

wees.

Koöperasiegroete

Sigi Lösch

Privaatsak 12011

Tel: 290 9206

Windhoek

E-pos: sigil@agra.com.na

Agra website: www.agra.com.na

www.agra.com.na

RING

Navorsing fokus op kliënte behoeftes

Om sy kliëntediens te verbeter bly

steeds een van die prioriteite van

die Koöperasie. Dit vorm

derhalwe deel van Agra se visie vir die

2003/2004 finansiële jaar.

Om hierdie visie gestalte te gee, is ‘n

kliëntediens projek in Januarie vanjaar

deur die Bemarkingsafdeling van Agra

van stapel gestuur. Die projek is begin

met navorsing by Agra se vyf groot takke

naamlik Grootfontein, Gobabis,

Okahandja, Karasburg en Otjiwarongo.

Hierdie vyf takke is vir navorsing

geïdentifiseer aangesien die bevindinge

as verteenwoordigend van ander takke

van Agra beskou kan word.

‘n Meningspeiling is by 460 kliënte

gedoen om hulle tevredenheid te bepaal

rakende onderwerpe soos produkverskaffing,

promosie materiaal,

personeel, diens, produkkennis,

voorraadhouding, netheid, produk

verskeidenheid, hardeware uitbreiding en

pryse. In die proses is onafhanklike

navorsers uit die gemeenskap gebruik om

die vraelyste te voltooi tydens kliënte se

besoeke aan die takke.

Belangrike bevindinge wat uit die

navorsing na vore gekom het en aandag

sal geniet is die volgende:

* Dat voorraad wat meestal nie

voldoende beskikbaar is nie by die

takke is voer, lek en konsentrate sowel

as water toerusting.

* Dat uit-voorraad situasies die

vernaamste rede is waarom kliënte nie

benodigde voorraad by die takke kan

vind nie

* Pryse van produkte is oor die algemeen

as gemiddeld geëvalueer terwyl die

beskikbaarheid van produkte, die

verskeidenheid van produkte en die

manier hoe produkte uitgestal word, as

goed aangedui is

* Meeste kliënte het die beskikbaarheid,

aantreklikheid, verstaanbaarheid en

geskiktheid van Agra se promosie

pamflet en items as goed geëvalueer

Mei/May 2003

* Dienslewering ten opsigte van

personeel se beskikbaarheid,

algemene geskiktheid, vriendelikheid,

hulpvaardigheid, voorkoms en die

vermoë om die ekstra myl te loop, het

kliënte dit in die algemeen as goed

geëvalueer. Produkkennis, hoewel as

goed geëvalueer, benodig verbetering.

Deel van die navorsingsvraelys het

gefokus op idees van kliënte om diens by

Agra takke te verbeter. ‘n Verskeidenheid

van idees is ontvang waarvan meeste

gefokus is op verbeterde beskikbaarheid

van personeel, winkel en produkuitleg, ‘n

meer kliënte vreindelike atmosfeer in die

winkels en algemene opgradering van

fasiliteite.

wakara die vlak, gegolfde

karakoelpels uit Namibië geniet

steeds groot belangstelling by

van die grootste mode-ontwerpers

regoor die wêreld.

Die Karakoelraad van Namibië bied

jaarliks ‘n kompetisie in Europa aan vir

die beste ontwerp van kledingstukke

wat uit die sysagte, veerligte pelse

vervaardig word. Vanjaar is 38

inskrywings vir die gewilde kompetisie

wat as Der Große Preis bekend staan,

ontvang. ‘n Eerste, tweede en derde

prys is toegeken, terwyl vyf deelnemers

ook elk ‘n oorkonde ontvang het.

Jürgen Kettner van Wetzlar het die

beoordelaars oortuig dat sy uitrusting

met die jeugdige, stout Ethno-styl, uit

ligte Swakara met Saga vos, die wenner

is. By hierdie oop baadjie hoort ‘n

minirok uit SWAKARA en

takbokkalfleer.

Die oorhandiging van die pryse het

tydens die Fur and Fashion Fair in

4

Gegewe die navorsing wat gedoen is, is

die volgende stap in die projek om

oorweging te skenk aan watter

veranderinge prakties uitvoerbaar is en

wat die koste implikasie daarvan is. Dit

sal aanleiding gee tot ‘n implementeringsprogram

wat in Junie 2003 in

aanvang sal neem.

Die Windhoek tak, hoewel nie ingesluit

in die navorsing nie, sal deel uitmaak van

die implementeringsprogram van die

kliëntediens projek.

Agra se bestuur glo dat met die

voltooiing van hierdie projek ‘n beter en

meer bevredigende diens vir ons lede

beskikbaar sal wees.

R

SWAKARA gee erkenning

aan Mode-ontwerpers

S

Jürgen Kettner by die uitrusting, waarmee hy

“Der Große Preis” verower het.

Frankfurt geskied. Dit is deur die

Commercial Counsellor van die

Namibiese Ambassade in Duitsland,

mej Dagmar Dobberstein gedoen.

R

www.agra.com.na

Virbamec nou agraMECTIN

N

a aanleiding van uitstekende

resultate wat Virbac SA met

verkope deur Agra van hulle

bekende Virbamec behaal het, is daar

besluit om Agra se naam aan die produk

te koppel. Gevolglik sal Virbamec vanaf

9 Junie 2003 onder die naam Agramectin

op Agra se rakke verskyn.

Dieselfde reg is ook aan kwalifiserende

koöperasies in Suid-Afrika gegee. Die

produk word egter nog steeds onder

dieselfde Virbamec naam aan alle ander

handelaars bemark.

Virbac SA ding in ‘n mark in Namibië

mee wat deur 8 maatskappye in Agra

gedeel word. Volgens die jongste

beskikbare syfers verteenwoordig

Virbamec 43% van die totale verkope

van die betrokke mark oor die afgelope 12

maande. Die oorheersing van die mark

deur Virbac word toegeskryf aan

vertroue wat die kliënt in Virbamec in die

afgelope jare opgebou het. Hierdie

vertroue word gerugsteun deur die feit dat

Virbac SA ‘n Franse maatskappy is wat

in 25 lande verteenwoordig is en 100%

net aan dieregesondheid toegewyd is.

Navorsing word gedoen deur meer as 150

wetenskaplikes wat opgedeel is in 4

navorsings- en ontwikkelingsstreke. Met

die jongste fermentasie en

suiwerheidstegnologie is Virbamec op ‘n

vlak van 98% suiwerheid gebring. Dit

onderstreep Virbac SA se fokus op

kwaliteit wat beteken Agramectin is

dieselfde hoë kwaliteit Virbamec, net in

‘n ander verpakking.

‘n Spesiale aanbod geld tans op

Virbamec sowel as die nuutverpakte

Agramectin tot einde Junie.

• 1 000ml @ slegs N$847,72

• 500ml @ slegs N$435,10

• ‘n Sogenaamde skaappak word ook

aangebied, bestaande uit 2 x 1 000ml

en 1 x 500ml Agramectin @ slegs

N$1 950,68. (Dit beteken dat die

500ml slegs N$435 kos en die 1 000ml

so min as N$757,80)

R

www.agra.com.na

Die oue

Die nuwe

RING

NSV Verhuis

D

ie Namibië Stoettelers

Vereniging(NSV) het na

nuwe kantore verhuis.

Stoettelers sal in die toekoms

maklik toegang tot die kantore hê

in die Auas Valley Inkoopsentrum,

in Bessemerstraat in die

Suidelike deel van Windhoek.

Die kantoor is op die boonste

vloer van die inkoopsentrum

geleë, langs die meubelafdeling.

Volgens die Bestuurder by die

NSV, Tobie le Roux, was die

verskuiwing na nuwe kantore

noodsaaklik aangesien die

verhuring en onderhoud van die

huidige gebou problematies en

koste intensief begin raak het.

Dit was andersyds ook vir telers

moeilik om die kantore te bereik

met veral vragmotors, waar

parkering en die stadsverkeer in

die middestad ‘n belemmerende

faktor was.

Die verskuiwing het besliste

voordele in die opsig dat volop

veilige gratis parkering weg van

die middestad beskikbaar is. Die

nuwe kantoor is andersyds naby

die Agra tak en die netjiese en

gerieflike Friendly Grocer in die

inkoopsentrum geleë, waar

terselfdertyd inkopies gedoen

kan word.

Die telefoon nommer(061-

235168), faksnommer (061-

230578) en posadres van die

NSV het onveranderd gebly.

R

5 Mei/May 2003

RING

Kan jy nog ‘n kopskoot skiet?

D

ie winter is hier en

onwillekeurig dink ons aan jag,

vleis en biltong. By Safari Den

is almal se gedagtes egter nou

gekonsentreer op PMP ammunisie vir

die jagtyd en die jaarlikse Groeperingskompetisie.

Vanjaar word weer twee kompetisies op

Stampriet en in Windhoek onderskeidelik

op 27 en 28 Junie en op 26

Julie aangebied.

Die Elnatan Privaatskool op Stampriet

bied die ProAmm groeperingkompetisie

in die vorm van ‘n Jagfees

aan. Soos in die verlede beloof dit om

weer ‘n geleentheid met groot pret en

opwinding te wees, met onder andere

boeresport en ‘n “Zing” kompetisie.

Safari Den sal soos in die verlede weer

daar wees met ‘n uitstalling van al hulle

kampeertoerusting, jagbenodigdhede

en vleisverwerkings toerusting.

Personeel van Safari Den sal in

samewerking met PMP-kenners die

groeperingskompetisie fasiliteer. Groot

pryse kan vir die beste mansskut, beste

vroueskut, beste hoërskoolleerling en

beste laerskoolleerling losgeskiet word.

Die ProAmm kompetisie reëls sal

streng nagekom moet word en behels

kortliks die volgende:

Die groepering word geskiet uit ‘n

sittende posisie by ‘n skiettafel oor

‘n afstand van 100 meter.

Die skut word uitgereik met vier

patrone en mag ‘n proef opwarmingskoot

skiet. Hierdie skoot mag nie

op die teiken geskiet word nie.

Hierna skiet die skut ‘n drie-skoot

groepering op die teiken. Die

groepering kan enige plek op die

teiken wees.

Die groepering word gemeet deur

die afstand van die senterpunte van

die twee verste skote te meet.

Tref die kol

met Safari Den

en PMP

Groeperings wat 22 mm en kleiner

is, kwalifiseer vir ‘n sertifikaat en

deelname aan die Nasionale

ProAmm Groeperingskampioenskap

wat by PMP in Suid

Afrika aangebied word.

Slegs bona-fide jaggewere in die

volgende kalibers mag gebruik

word:

243 Winchester

270 Winchester

308 Winchester

30-06 Springfield

300 Winchester Magnum

300 Holland & Holland

Magnum

7 x 57 Mauser

7 x 64 Brenneke

7mm Remington Magnum

9.3 x 62 Mauser

Geen ander ammunisie of ander

kalibers anders as ProAmm, soos

deur PMP voorsien, mag gebruik

word nie.

PMP voorsien die ammunisie vir die

kompetisie en vir pryse vir die

wenners, die teikens en promosiemateriaal.

Bogenoemde is slegs enkele van die

belangrikste reëls. ‘n Volledige stel

reëls kan by Safari Den of die dag met

die kompetisie bekom word.

In die volgende uitgawe van die Ring,

meer inligting oor die Windhoek

Groeperingskompetisie.

R

Charlie

verlaat Agra

D

ie Hoofbestuurder Handel

van Agra, Charlie du Toit

verlaat die diens van die

Koöperasie einde Mei vanjaar.

Hy het sy loopbaan by Agra op 1 Mei

1995 as Bestuurder Groothandel

begin. In 1996 is hy bevorder na

Senior Bestuurder Handel en sedert 1

Julie 2002 tot met sy bedanking het hy

die pos van Hoofbestuurder: Handel

beklee. Charlie gaan by die

Pupkewitz Groep in die Megabuild

afdeling aansluit. Ons sê dankie vir

die tyd wat hy by Agra was en wens

hom sterkte toe in sy nuwe

werkomgewing.

R

Charlie du Toit

6

Mei/May 2003 www.agra.com.na

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!