03.05.2013 Views

PRAKTIESE TEOLOGIE 1

PRAKTIESE TEOLOGIE 1

PRAKTIESE TEOLOGIE 1

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

PRAKTIESE TEOLOGIE 1

SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Module 7

Pastorale Berading.

Inhoud Bladsy

1. INLEIDING. 3

2. PASTORALE BERADING. 3

3. DIE STRATEGIESE PASTORALE BERADINGSMODEL. 4

3.1. Bondige en Tydsgebonde Berading. 5

3.2. Holistiese Aanslag. 7

3.3. Gestruktureerde berading. 7

3.4. Huiswerk gebaseerde berading. 8

3.5. Kerk gebaseerde berading. 8

3.6. Geestelike gefokusde berading. 8

3.7. Eksplisiete Christelike berading. 9

4. FASES VAN DIE BERADINGSPROSES. 9

4.1. Ontmoetingsfase. 9

4.2. Koppellingsfase. 10

4.3. Ontkoppelingsfase. 13

5. GEVOLGTREKKING. 14

6. BIBLIOGRAFIE. 16

7. WERKSOPDRAG. 17

1. INLEIDING.

Pastorale Berading is deel van die amp van die pastoor en daarom deel van

die pastorale bediening. Somtyds raak die uitdagings van die lewe net te

veel vir party mense om dit alleen te hanteer. Hulle het „n behoefte aan

iemand om die las te help dra. Die Pastorale Berader kan daardie persoon

wees wie kan help om die las te dra. In Pastorale Berading word

Gedragswetenskappe soos Sielkunde en Godsdiens geïntegreer en vanuit

„n Bybelse Perspektief aangewend om mense te ondersteun in die

hantering van probleme rakende persoonlike sake, huwelik, verhoudings,

familie, werksomstandighede en geestelike aangeleenthede. Hierdie

module beveel „n model aan om Pastorale Berading in ons kerk aan te

wend. Die Strategiese Pastorale Beradingsmodel (SPB) soos opgestel deur

Benner (2003) kan nuttig aangewend word om Pastorale Berading in ons

kerk te vestig.

2. PASTORALE BERADING.

Om ons in staat te stel om die SPB te implementeer is dit nodig om eers

Pastorale Berading te definieer. Volgens Benner (2003) is Pastorale

Berading „n tyd gestruktureerde verhouding tussen die Pastorale Berader

en „n kliënt wat geteister is deur emosionele probleme van een of ander

aard. Dit is die berader se verantwoordelikheid om vertroosting te bied aan

die persoon deur sy bewustheid van God se genade en getroue

teenwoordigheid te verhoog en daardeur sy die vermoë om „n lewe te leef

in die lig hiervan. Benner noem dit dat die veld van Pastorale Berading daar

is om mense se probleme, vertwyfelings en seer in kontak te bring met die

dinamiese genesingskrag van God. Die Bybel bevestig hierdie gedagte

wanneer dit ons uitnooi in 1 Pet. 5:7 om ons bekommernisse op Hom te

werp. Die Amplified Bybel stel dit selfs beter: “casting the whole of your

care [all your anxieties, all your worries, all your concerns, once and for all]

on Him, for He cares for you affectionately and cares about you watchfully.

[Psalms 55:22]”.

In Pastorale Berading word „n unieke, tyd gestruktureerde, terapeutiese

verhouding gebou met die persoon wat behoefte vir genesing ervaar wat

anders is as die pastoor se algemene pastorale verhouding met sy

gemeentelede (Benner, 2003). Pastorale Berading is dan ook verwant aan

ander vorme van berading en word in hierdie gestruktureerde model

aangewend om mense se ellende te verlig en groei te fasiliteer. Dit word

altyd aangebied in die lig van God se Woord, soos verwag word van die

pastoor as verteenwoordiger van die kerk en dit verskil van enige ander

pastorale verpligting. Benner stel voor dat al die strukture, dissiplines en

tegnieke verbonde aan Pastorale Berading die persoon in direkte kontak

met God moet bring terwyl die berader die proses lei. Prioriteite word

vasgestel om „n veilige fokus te behou. Pastorale Berading kan dus gesien

word as „n gespesialiseerde vorm van berading met essensiele grense om

die besondere doel te beskerm. Dit sluit dan ook aan by ander vorme van

pastorale sorg wat die lewe van die kerk uitmaak.

Die Pastorale Berader handhaaf „n holistiese perspektief wat die siel, gees

en liggaam insluit met „n selfs groter klem op die innerlike self. As pastore

is dit nodig om te voldoen aan die wens van die Apostel Johannes dat dit in

alles met die kind van God goed sal gaan soos dit met sy siel gaan (3 Joh.

2). Die Strategiese Pastorale Beradingsmodel (SPB) help die Pastorale

Berader om die gewenste beradingsresultate te verkry.

3. DIE STRATEGIESE PASTORALE BERADINGSMODEL (SPB).

Benner (2003) stel „n kort, gestruktureerde beradingsmodel voor met

duidelike Christelike inspraak en beradingsteorie geskik vir die tyd waarin

ons lewe. Die konsepte “strategies” en “pastorale” benadruk „n

goedgefokusde en tydsgebonde vorm van berading aangebied deur „n

verteenwoordiger van die kerk.

3.1. Bondige en tydsgebonde berading.

Die SPB proses vind plaas in die tydsbestek van vyf sessies. Navorsing

(Benner, 2003) het getoon dat vyf sessies voldoende is om holistiese,

gestruktureerde, kerkgebaseerde, geestelike en eksplisiete Christelike

berading met sukses aan te bied vir kerk lidmate. Hierdie gedagte plaas

druk op die terapeutiese proses om te vorder, voorkom onnodige hantering

van irrelevante informasie, verhinder dat die kliënt oordrewe afhanklik word

van die berader en is gefokus op suksesvolle resultate. Na die vyf sessies

kan die kliënt verwys word na „n professionele persoon in die veld van

geestesgesondheid as dit dan nog sou nodig wees. Alhoewel die

beradingsproses aktief en gefokus is, mag goeie luistervaardighede en

gefokusde aandag, nie geminag word nie. Om hierby aan te sluit is dit van

groot belang om aandag te gee aan luistervaardighede soos deur Egan

voorgestel (Egan, 1994 in Van Niekerk & Prins, 2001). Egan gebruik die

Engelse woord en afkorting “SOLER” om luister tegnieke in die

beradingskantoor te verduidelik:

S (Squarely): Kyk die persoon reguit in die oë. Dit dui op betrokkenheid in

die geselskap.

O (Open posture): Neem „n postuur aan wat die persoon nooi om te praat.

Gekruisde arms en bene mag voorkom asof die luisteraar nie beskikbaar is

nie.

L (Lean forward): Leun vorentoe na die kliënt toe. Dit dui op

geïnteresseerdheid in wat gesê word.

E (Eye contact): Oogkontak is belangrik aangesien dit vir die spreker sê dat

die luisteraar betrokke wil raak in die gesprek.

R (Relaxed): Wees op jou gemak selfs al openbaar die spreker sake wat jou

hare laat rys. Bly kalm ongeag die kliënt se gedrag.

Met die SPB moet „n sterk beradingsvennootskap met die kliënt gevestig

word. Dit is noodsaaklik om die gepaste doelwitte in die bondige beradings

proses te bereik. In hierdie beradingsvennootskap moet elkeen van die

vennote „n deel bydra. Die rol van die kliënt is om die probleem te openbaar

terwyl die berader daarna luister, fokus en die proses van genesing stuur

met die leiding van die Heilige Gees.

In die proses van berading word net een probleem hanteer. Die min tyd

beskikbaar bring mee dat daar net met een aspek van lewensondervinding

gedeel kan word.

Een probleem sal dus aandag geniet in die tydsbestek van vyf sessies. In

die aanvang sessie sal die berader alreeds die nodige grense

(“boundaries”) in plek kry. Cloud en Townsend (1992) verduidelik grense

as: Wie ons is, Waarvoor ons verantwoordelik is en Waar die een party se

verantwoordelikheid eindig en die ander party se verantwoordelikheid

begin. Grense onderskei ook die geestelike, emosionele, en materiële

“eiendom” van elke party. Hierdie grense kan soos volg daar uitsien:

„n Onderlinge ooreenkoms oor die tydsbestek van die

beradingstydperk (Vyf weke).

Klem word gelê op dissipline (Om betyds te wees en huiswerk te

doen waar nodig).

Wat word van die kliënt verwag?

Die probleem wat die berading tot gevolg het.

Hier word vertroulikheid ook beklemtoon.

Hoop word gegee en die kliënt word bemoedig dat alle dinge

moontlik is by die Here (Mark. 9:22).

3.2. Holistiese Aanslag.

Die SPB deel met die kliënt holisties om emosionele gesondheid te verkry.

Die gedrag (Optrede), denke (Gedagtes) en gevoelens (Emosies) word

aangespreek. Van Niekerk en Prins (2001) wys daarop dat die woord

“gesondheid” eintlik kom van „n antieke Engelse woord wat dui op om

“heel” te wees. Volgens hulle is die woord in die oorspronklike taal ook „n

beskrywing van “om geestelik heel” te wees. Die Wêreld

Gesondheidsorganisasie definieer gesondheid as „n staat van volkome

fisiese, sielkundige en sosiale welvaart (Van Niekerk & Prins, 2001). Dit

sluit ook goed aan by die woorde van die Here Jesus aan die vroutjie wie

aan bloedvloeiing gely het (Matt. 9:22). Die King James Vertaling gee dit

goed weer: “Daughter, be of good comfort; thy faith hath made thee whole

(HEEL). And the woman was made whole from that hour” Christus het haar

nie net gesond gemaak van „n fisiese siekte nie maar haar in geheel

genees.

3.3. Gestruktureerde berading.

Benner (2003) verduidelik die aard van die struktuur van die SPB. Dit moet

wees: “sufficiently tight so that the pastor can provide a holistic

assessment and counselling intervention within a maximum of five

sessions” (Benner, 2003:57). In gesonde berading behoort daar „n goeie

verwantskap te wees tussen struktuur en vryheid. Alhoewel die reëls,

tegnieke en teorie struktuur verseker, is dit nodig dat daar altyd genoeg

geleentheid sal wees vir vryheid vir die kliënt om homself vrylik te kan

uitdruk. Die struktuur van die beradingsmodel moet ruimte laat vir die

aanvanklike assessering (om te bepaal wat die omvang van die probleem

is), die ontwikkeling van „n goeie insig omtrent die kliënt se behoefte

(presies weet wat die kliënt benodig) en die keuse en implementering van

die nodige en gepaste ingryping (dit wat die berader gaan doen om te help)

en benodighede wat hulp sal verseker.

3.4. Huiswerk gebaseerde berading.

Omdat die beradingstyd so beperk is, word dit van die kliënt verwag om

“huiswerk” te gaan doen. Dit behels dat hy nuwe gedragstegnieke wat

gedurende die berading sessie bespreek is op die proef gaan stel of selfs

leeswerk net gaan doen. Die terapeutiese waarde van lees kan beklemtoon

word en volgens Benner is dit baie populêr onder beraders. Die aanbevole

leeswerk sal natuurlik ook Bybel gebaseer wees en bruikbaar vir geestelike

genesing en leiding.

3.5. Kerk gebaseerde berading.

Die belangrikheid van „n betekenisvolle skakel tussen die berading en die

kerk is baie noodsaaklik en word beklemtoon met die SPB. Dis ook van

uiterste belang dat die kliënt ondersteuning geniet in die kerk van

gemeentelede of selgroepe. Die gemeente behoort ook bewus te wees dat

pastorale berading „n noodsaaklik deel van die pastoor se amp uitmaak.

3.6. Geestelik gefokuste berading.

Die mens is „n geestelike skepsel. Die mens is „n gees wat in „n liggaam

woon en „n siel besit. Geestelike fokus verskaf „n sentrale doelwit en

rigting. Bybelse geestelikheid word die sentrale tema van die

beradingsproses en dui op God, Wie „n Gees is en Sy liefde in die

formering van die mens. Gedurende die berading behoort die berader te

luister vir die “storie agter die storie” spesifiek om te bepaal wat die

geestelike behoefte by die kliënt is. Die fokus op geestelikheid beteken

egter nie dat die gerading omgeskakel moet word na godsdienstige

aangeleenthede nie. Daar moet duidelik onderskei word tussen die

geestelike deel van die berading en godsdienstige sake. Die probleem van

die kliënt mag dalk juis spruit uit godsdienstige aangeleenthede.

3.7. Eksplisiete Christelike berading.

Pastorale berading is eksplisiete Christelike berading en die kliënt behoort

vanaf die eerste kennismaking daarvan bewus te wees om verwarring te

voorkom. Die kliënt moet ook bewus wees van „n duidelike uitnodiging van

die Here om homself oor te gee aan die Here. Steun op die Heilige Gees

gedurende die beradingsproses is noodsaaklik alhoewel dit nooit die

dominante faktor moet word nie.

4. FASES VAN DIE BERADINGSPROSES.

Die proses van berading volgens die SPB behels drie fases van berading

wat moet plaasvind gedurende die vyf toegelate sessies om terapeutiese

groei te verkry. Hierdie fases is:

4.1. Ontmoetingsfase.

In die ontmoetingsfase vind kennismaking en die bepaling van grense

plaas. Die kwaliteite van die Pastorale Berader is belangrik en eienskappe

soos empatie, respek en egtheid word beklemtoon. Empatie verwys na die

vermoë om waarlik die perspektief van die kliënt te kan insien. Dit sluit ook

in om dit dan te kan kommunikeer tot die kliënt deur die gevoelens van die

kliënt te kan reflekteer. Om te reflekteer is om dit wat die kliënt sê te kan

beantwoord in ander woorde sodat die kliënt bewus raak dat die berader

verstaan hoe die kliënt voel en wat die betekenis is van dit wat hy sê (Van

Niekerk & Prins, 2001). Empatie verwag van die berader om sy eie

verwysingsraamwerk te verlaat en om homself in die van die kliënt te kan

plaas. Volgens Egan (1998) in Van Dyk (2008) behels basiese empatie om te

luister na die kliënt, hom met sy probleem so goed moontlik te verstaan,

en om dit so aan die kliënt te kommunikeer dat die kliënt homself beter

verstaan en daarvolgens kan begin beter funksioneer. Vir die berader om

dit te doen beteken hy sal sy eie vooropgestelde verwysingsraamwerk ter

syde moet stel en begin dink soos die kliënt dink. Empatie verwys ook na

die vermoë om die gevoelens van die kliënt te kan herken en erken sonder

om ten prooi te val vir dieselfde gevoelens. Respek, aan die ander kant,

volgens Benner (2003) verwys na die kommunikasie van die diep waarde

van die kliënt aan hom. Egtheid op sy beurt, is die staat van opregtheid en

om eg te wees sonder om voor te gee en aan te sit. Wanneer hierdie

eienskappe deur die Pastorale Berader geopenbaar word begin daar „n

vennootskap wat die kliënt op sy gemak stel en laat voel.

Pastorale diagnose.

In die ontmoetingsfase behoort daar ook „n “pastorale diagnose” gemaak

te word. Hierdie konsep se doel is om die bewustheid van God en die

posisie met God van die kliënt, te bepaal. Dit behels dan ook:

Die kliënt se gevoel oor God, die aard en kwaliteit van „n verhouding

met Jesus Christus en die ondervinding van ware gebed.

Bekering en verantwoordelikheid is baie belangrik in die pastorale

diagnose en dui op die kliënt se siening oor wat die rede van sy

probleme in die lewe is, die motivering vir bekering en om

persoonlike verantwoordelikheid te neem vir sy emosies en gedrag.

Die betrokkenheid van die kliënt by „n kerklike denominasie word

ook hier vasgestel asook die kwaliteit en kwantiteit daarvan.

Vrae behoort ook gevra te word om die kliënt se verhouding met

ander Christene te bepaal.

Etiese opvattings word ondersoek.

Openhartigheid van geloof. Dit verwys na hoe openhartig die kliënt is

om oor sy geloof met ander mense te deel. Dit wys vir ons die

kwaliteit van sy geloof.

4.2. Koppellingsfase.

Wanneer die berading die tweede of koppellingsfase bereik beteken dit dat

die berader nou aktief betrokke is by die beradingsproses en nie net besig

is om die kliënt met advies te bedien nie. In hierdie fase help die berader

die kliënt om gevoelens te ondersoek en deur te werk. Hierdie gevoelens

mag dalk woede, verwarring, vrees, innerlike pyn, angs, ongevoeligheid of

self depressie wees. Die berader moet daarop let om nie self oorweldig of

beïnvloed te word deur hierdie emosies nie. Hy moet egter nog steeds

genoeg ruimte laat vir die kliënt om te kan uitdrukking gee aan sy

gevoelens. Volgens die SPB is dit noodsaaklik dat die berader nie

veroordelend is of vatbaar vir negatiewe invloed van die kliënt nie, maar

empaties luister. Die kliënt moet sy verlede aanvaar en dit sy eiendom

maak.

Kognitiewe Gedragsterapie.

Daar moet met gedagtes gedeel word. Die Kognitiewe Gedragsaanslag is

baie doeltreffend om foutiewe denkpatrone te identifiseer. Kognitiewe

Gedragsterapie (KG) verwys na psigoterapeutiese behandeling wat die

kliënt help om die gedagtes en emosies wat aanleiding gee tot negatiewe

gedrag, te kan verstaan. KG word algemeen aangewend om „n

verskeidenheid van van afwykings soos fobies, verslawings en angs te

behandel. Dit is kort termyn terapie en handig om mense te help met „n

spesifieke probleem. Gedurende die verloop van die terapie leer die

persoon om denkpatrone wat vernietigend en versteurend is en „n invloed

het op sy gedragspatrone, te identifiseer ten einde daaraan te kan werk.

(http://psychology.about.com/od/psychotherapy/a/cbt.htm). Die Bybel

verklaar dat soos „n persoon in sy hart dink so is hy (Spr. 23:7). Om

persepsies wat „n oorsprong in die verlede het te verstaan vereis dat die

berader die kliënt daarin moet onderrig. Bybelse insig sal nuwe persepsies

van die bestaande probleem aan die lig laat kom. Die Bybelse term

daarvoor is die vernuwing van ons gemoed (Rom. 12:2).

Mense ervaar dikwels gedagtes en gevoelens wat negatiewe denke

versterk. Hierdie opvattings veroorsaak problematiese gedrag in verskeie

areas van die lewe insluitende die familie, romantiese verhoudings,

werksomstandighede en akademie. Wanneer „n persoon wie „n swak

selfbeeld het, byvoorbeeld, negatiewe gedagtes ervaar oor sy voorkoms of

vermoëns, mag hy homself dalk onttrek van sosiale situasies en

geleenthede in die skool of by die werk om voor uit te gaan, mis.

Om hierdie vernietigende denke en gedrag die hoof te kan bied moet die

Pastorale Berader hom help om die negatiewe gedagtes en opvattings te

identifiseer. Hierdie vlak van KG staan bekend as funksionele analise en dit

stel die kliënt in staat om te besef hoe gedagtes, gevoelens en situasies

bydra tot verkeerd aangepasde gedrag. Hierdie proses is soms moeilik

wanneer die kliënt sukkel met introspeksie maar kan uiteindelik lei tot self-

ontdekking en insig wat essensieel is in die behandelingsproses.

Die tweede deel van KG fokus op die eintlike gedrag wat bydra tot die

probleem. Die kliënt leer om nuwe vaardighede toe te pas in ware

lewensomstandighede. Die persoon wat „n dwelmprobleem het sal

byvoorbeeld leer om nuwe vaardighede te beoefen om te deel met

omstandighede wat kan lei daartoe dat hy weer in dwelms verval. KG

daarom help dus die kliënt om sy denkpatrone (manier wat iemand dink) te

verander. Albert Ellis se Rasionele Emotiewe Gedragsterapie is baie handig

in KG. Ellis sien sterk emosies as die resultaat van „n interaksie tussen

gebeure in die omgewing rondom ons en dit wat ons glo met die

verwagtinge wat ons koester. Soms is die dinge wat ons glo baie rigied. „n

Voorbeeld hiervan is „n kliënt wat byvoorbeeld bevange is met die gedagte:

“Almal behoort van my te hou”. Die kliënt word nou geleer om hierdie

manier van glo te verander na: “Ek hou daarvan dat mense van my hou en

dit laat my goed voel, maar ek weet dit is nie altyd moontlik nie”.

(http://mentalhealth.about.com/cs/psychotherapy/a/psychotherapy.htm.).

Sulke wanopvattings kan verander wanneer Bybelse insig deel gemaak

word van die probleem. Die kliënt moet leer om dinge te sien soos God dit

sien. Die Pastorale Berader pas terapie toe vanuit „n Bybelse perspektief.

Vergifnis moet ook hanteer word in hierdie fase en belydenis is ook

somtyds nodig om vry te kom. Nadat moontlike areas geïdentifiseer is waar

verandering moontlik is, ondersoek die Berader en die kliënt die moontlike

resultate wat verwag kan word as die negatiewe gedrag voortduur, teenoor

die resultate as positiewe gedrag kon plaasvind. Konkrete en realistiese

doelwitte word nagejaag en goddelike ingryping word gesoek om sukses te

behaal.

4.3. Ontkoppellingsfase.

Die beëindiging van die beradingsproses vind plaas in hierdie fase.

Beëindiging van die proses behoort betyds gedurende die beradingsproses

bespreek te word. Soms is dit nodig om dit te repeteer (“rehearse”) wat die

kliënt gaan doen nadat die berading beëindig is. Die kliënt moet besef

alhoewel hy nie meer die berader kom sien nie is God nog steeds met hom

om hom by te staan. Voor dat die beëindiging plaasvind moet daar ook „n

behoorlike evaluasie gedoen word. Volgens die SPB bied die evaluasie vir

beide die kliënt en die berader groot beloning en dit kan in vroeëre sessies

al reeds gedoen word. Die resultate van die evaluasie is verrykend tot die

lewe van die berader omdat hy deur ondervinding leer en meer volwasse in

die lewe word en sy eie vaardighede ontwikkel in sy bediening. Die berader

help in hierdie fase ook die kliënt om homself voor te berei en selfs te

repeteer hoe hy sou optree in sekere lewens situasies. In hierdie fase vind

verwysings ook plaas as daar nog dieperliggende probleme is wat deur

ander professionele gehanteer moet word. Om iemand te verwys na ander

professionele hulp beteken nie dat die berader onbevoeg is om die

probleem op te los nie maar suiwer dat hy sy eie beperkings ken en soveel

vir die kliënt omgee dat hy hom na „n ander wil stuur om seker te maak dat

die probleem opgelos word. Alles geskied tot voordeel van die geestelike

welvaart van die kliënt. Benner (2003:98) beskryf dit ook so: “Recognition

of one‟s limitations, experience, training and ability is an indispensable

component of the practice of any professional”

5. GEVOLGTREKKING.

In hierdie module het ons gekyk na die Strategiese Pastorale

Beradingsmodel van Benner en ons besef die effektiwiteit van die

tydgebonde, gestruktureerde, gefokusde, holistiese, Bybelgebaseerde,

direkte, raamwerk. Die Pastorale Berader word geforseer deur die tydfaktor

om aktief te wees en so gou moontlik in die beradingsproses een sentrale

probleem te identifiseer en te hanteer met „n holistiese aanslag binne te

tydsbestek van vyf sessies. Die noodsaaklikheid van „n kliënt om

samewerking te bied en bereid is om selfs tussen die verskillende sessies

huiswerk te doen, is baie belangrik. Die Kognitiewe Gedragsteorie verskaf

hulp om die verstoorde denkpatrone van die kliënt te identifiseer wat

aanleiding gee tot onwenslike gedrag. „n Pastorale Diagnose in die

Koppellingsfase skep ook „n duidelike idee van die kliënt se geestelike

welvaart en stel die berader in staat om kerk gebaseerde, geestelik

gefokusde, eksplisiet Christelike, doelwitte te bereik. In hierdie metode van

berading is die berader sowel as die persoon wie berading ontvang bewus

van die kwaliteit en vordering van die terapeutiese verhouding ten einde

verwagte resultate te verkry. Alhoewel hierdie model baie effektief is as

gevolg van die uitleg besef die berader egter nog steeds die

noodsaaklikheid van die inwerking van die Heilige Gees gedurende die

beradingsproses. Op die einde van die dag salf God nie modelle nie, maar

mense!

6. BIBLIOGRAFIE.

Amplified Bible. (1987). Michigan.

Benner, D.G. (2003). Strategic Pastoral Counselling, A short term

Structured Model. Baker Books: USA.

Cloud, H., & Townsend, J. (1992). Boundaries. Zondervan: Grand Rapids,

Michigan, USA.

http://mentalhealth.about.com/cs/psychotherapy/a/psychotherapy.htm.

Ontleen van die webwerf: Augustus, 27, 2010.

http://psychology.about.com/od/psychotherapy/a/cbt.htm. Ontleen van die

webwerf: Augustus, 27, 2010.

Van Dyk, A. (2008). HIVAIDS Care & Counselling. A Multidisciplinary

Approach. Fourth Edition. Pearson Onderwys: South Africa.

Van Niekerk, E.S., & Prins, A. (2001). Counselling in South Africa, A Youth

Perspective. Sandton: Heinemann Publiseerders (Pty) Ltd, Sandton.

7. WERKSOPDRAG.

7.1. Definieer “Pastorale Berading”. (10)

7.2. Bespreek 7 eienskappe van die SPB. (25)

7.3. Wat verstaan u onder “Luistervaardighede”? (10)

7.5. Vind „n persoon wat „n behoefte aan pastorale berading het en pas die

SPB toe. Ontwerp ook „n vrywaringsvorm waarin u verduidelik dat die

berading deel van die vak Pastorale Berading is. Dit is noodsaaklik dat die

kliënt die vorm sal teken. In aansluiting hiermee moet „n verslag ingehandig

word wat die volgende afdelings hanteer: (25)

Persoonlike besonderhede: Naam, Van, Telefoon nommer.

Agtergrond geskiedenis en presenterende probleem.

Sessie 1.

Sessie 2.

Sessie 3.

Sessie 4.

Sessie 5.

- Pastorale Diagnose.

- U persoonlike ondervinding van die Beradingsproses.

TOTAAL: 100

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!