Ek wou…
Ek wou…
Ek wou…
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
piemp
Uitgegee deur: Thérèse Hulme

therese.hulme@medinet.co.za

© Thérèse Hulme

Alle regte voorbehou

Geen ongemagtigde aanbieding van die werk mag gedoen word nie.

Doen aansoek vir opvoerregte by DALRO: 011 7128301

Teksversorging deur Idette Noomé en Amanda de Stadler

Omslag- en boekontwerp deur Celeste Vlok

Foto’s deur Thérèse Hulme

Eerste uitgawe 2009

Gedruk deur Shumani Print

ISBN 978 0 620 44 999 1

piemp [pimp] (ww.), piemp op (geselstaal)

Verkla of klik, die waarheid onthul of bekend maak, uitpraat.
Vyf jaar gelede het ek as narratiewe terapeut in die werkersklasbuurt van Scottsville begin werk.

Nagraadse studies aan UNISA het my by die gemeenskap uitgebring. By die plaaslike laerskool,

Petunia Primêr, is ek genooi om ook my kennis van Afrikaanse poësie met die kinders te deel.

Meneer Matthee se Afrikaanse graad 7-klasse was verwonderd en ontroer deur Breyten

Breytenbach se voorlesing van sy gedig “Ek sal sterf en na my vader gaan” op sy Mondmusiek CD.

So het dit gekom dat ek die jongmense genooi het om te self te begin skryf. Een na die ander het

die dertienjariges van hul eie skryfwerk na my toe gebring. Toe hulle begin agterkom dat hulle oor

enigiets kon skryf, het die gedigte woordpartytjies geword met tafels vol vleis en koek. ‘n Seun het

op ‘n dag ‘n vers gebring met die skrikbeeld van ‘n gangster met ‘n draaktattoo op sy arms. Hierdie

gedig het gegroei tot ‘n toneelstuk oor die Tikgevaar in Scottsville. Elkeen van die skrywers het ‘n

toneel geskryf. Die tonele is later saamgevoeg en is oor die jare bygewerk. Hierdie toneelstuk, Die

Groot Gevaar, verskyn agter in die bundel.

Hoe meer ek met Scottsville se jongmense gewerk het, hoe meer het ek besef dat hier ook kodes

is wat voorskryf wat gepraat en wat nie gepraat mag word nie. Dié kodes trek ook grense vir taal.

As jongmens in dié gemeenskap leer jy “jou plek ken” en daardie plek is meesal ‘n plek van stilte.

Ons het die titel piemp vir die bundel gekies omdat dit ‘n werkwoord is oor die verbreking van

stilswye en geheimhouding. Tradisioneel is dit ‘n woord wat geassosieer word met skande. Dis ‘n

woord wat ek die eerste keer by jongmense in Scottsville gehoor het.

In hierdie bundel steek elkeen van die jong skrywers met hul eie Afrikaans die grense van stilte en

skande oor. So word piemp terselfdertyd ‘n metafoor vir die risiko van taal. In verse soos “Wie sou

kon dink” (Zulrich Isaacs), en “Ek is nou daar” (Juclite Joseph) praat die jong digters sonder skaamte

uit die hart uit. In “Ek wou” (Thelren Masimila) en “Ek het planne gehad” (Juclite Joseph) word die

waarheid vertel van hoe drome in Scottsville eindig. Verder word daar uit die huis uit gepraat in

“Begonia” (Esmé Kock), “Vertraagde Michael” (Michael Khoosal) en in “Hy kyk en kyk na die wie staar”

(Theltom Masimila). Maar in die bundel word daar ook gepiemp op die gesiglose geweldenaars in

hul 4x4’s met getinte ruite (“In Scottsville se strate”, Juclite Joseph) en op die ongeërgde

gemeenskap (“Gemeenskapsverlies”, Verona de Villiers).

Maar piemp het net betekenis as daar iemand is wat luister. Amanda de Stadler, Dirk Kotzé en

Lydia Davey het van die begin af geluister. So ook Monty Isaacs wat in die laaste week raad gegee

het, Celeste Vlok wat die boekontwerp gedoen het, en George Ducharme, wie se skenking gehelp

het om die publikasie moontlik te maak.

Dankie daarvoor.

Thérèse Hulme, Kraaifontein, Oktober 2009
63

46

1

Gedigte

Verona de Villiers

Zulrich Isaacs

Juclite Joseph

Michael Khoosal

Esmé Kock

Thelren Masimila

Theltom Masimila

Toneelstuk

Die Groot Gevaar

Die opvoering van Die Groot Gevaar

Wat beteken die woord of uitdrukking?

Die skrywers verduidelik.
Verona de Villiers
My broetjie klokkies my bra

djy was my pel

van snotnies dae af.

Os het altyd skaloeloe gespeel, boemby, driestokkies

en was in die moeilikheid vir tok-tokkie.

In die flatse het os grootgeword.

Djy was stil innocent faced

ma nou is djy in ‘n dooie ding se kloue.

Djy lyk vedala want die Ag en twintags het djou ook al biet gehad.

Minute ve djou.

Nou vat djou brasse djou vir ‘n ma se.

Djy tik sieker nou alwee en djy wiet jou ma se hart is baie seer.

Auntie Bettie djou nyber sal djou in ‘n blik drik as sy djou nou sien.

Wat gaan aan? Laat djou dinge staan!

My broe dink net vi djouself.

Gemeenskapsverlies

Winderig was die dag met ‘n groot donker wolk.

My suster bring die nuus:

Bolle die tekengenius is gekapsabel in die nek en hart.

Voor die gemeenskapsaal lek die honde sy bloed.

4
Zulrich Isaacs
In my gedagtes het ek gewonder was ek ‘n fout?

Nee het my hart geantwoord.

Waar my oupa sy sagte hande streel teen my arm

soos trooswoorde

en oupa daar was om die pad straight te hou

het my trane beslis my vrees weggewas.

Nou weet ek oupa sal by my staan

as ek my rug op die wêreld gedraai het.

Wie kan glo dat ‘n seun liefde gevind het

by ‘n vreemdeling.

8
Juclite Joseph
In Scottsville se strate

Oral waar jy kyk staan laaities in sirkels grys wolke

op die hoeke mirt die mense

by die parkie skool die ouens die laaities om te sabela.

Elke Sarag sleep die ouens grawe, pikke en kapsabels

oor geld of wyn.

Jy moet pasop waar jy loop

jy moet kyk met wie jy speel

met wie jy praat

want na skool ka ‘n 4 x 4 optrek met getinte ruite.

Dis Scottsville se geto.

Wies op die uitkyk

jy ka next wies.

12
Ek het planne gehad

Planne om die wêreld te reis

om soos Chris Rok te bly in

‘n huis Paleis

met my sexy wife

‘n moerse groot pool

en drie pitbull honne in my jaart

en toe meet ek Johnny Walker

nou kyk wa sit ek

op straat met ‘n ganzapyp

oppie skarrelbane vir my volgende hit.

Ooooo …

Om my oë toe te maak

en te voel hoe die warmte van die kooi my verlei.

Om weg te sink in die donker

terwyl die worries afsak

in die uurglas van die nag

totdat die 6 o’clock wekker my wakker slaan.

Ek is nou daar

Vandag gaan ek langs die verlate spoor

voor die Suurbraaktrein spring

met sy silwer wiele

en swart geverfde raam

by die plek waar ek gebore was

waar my toppie gesê het hy wens ek was liewer dood.

Vandag is die dag

wat ek saam met my ma gaan sing en dans.

Ma, kry solank vir my ‘n plek reg

ek is nou daar.

27

Ek sê baai vir jou my beste vriend

my broe my bra.

Ek sien bloed in jou oë, voel hoe koud jy raak.

Ek sien hoe tyd voor my verbyvlieg

terwyl die gattas my wegsleep

met ‘n pyp teen my kop.

Ek het jou verloor aan die nommer.

Wats my lewe in twee sewe?

Tronk tot tronk.

13 14
Michael Khoosal
Vertraagde Michael

Vertraagde Michael huil.

Hy soek sy boeke in die laai.

Sy suster lag lag hom uit.

Sy broer loer hom.

Sy auntie verstaan hom nie.

Sy oupa ook nie.

Maar simpel Michael wat gehuil het

en sy boeke gesoek het,

sit nou en skryf die gedig.

18
Die wonder van ‘n boom

Sit of lê plat

onder ‘n boom.

Maak jou oë en mond toe.

Luister na die takke

as die mossies hulle neste bou.

Maak jou oë oop en beskryf

die geluid

in jou joernaal

soos ‘n gedig sonder rym.

Maak woorde van die blare.

Ons Posbus

Eendag boul ek teen die hek

toe breek die posbus.

Toe ek die deurtjie oplig

kry ek ‘n akkedis.

Ek steek my tong uit vir hom

en hy vir my.

Sy oë is stil

maar sy lyf bewe.

Ek tel hom op en vra

jou knopkop, waar bly jy?

Toe sit ek hom sag neer op die warme sand.

19 20
Porky se slaghuis

In Porky’s

is daar koue bloed teen die mure

en varkkarkasse sonder koppe.

Porky sny die vleis

soos woorde in die gedig

iee iee iee iee.

Hy berei die vleis voor

vir polonie

en sny dit dun.

Hy sit dit in pakkies

en verkoop dit

vir R5.

Helder jy’s my bra

Vir Kyle

Daar flikker ‘n ster in jou.

Daar is net een blou lug soos jy

helder jy’s my bra.

As jy loop dan blink jy.

Waar jy staan daar skyn jy.

En as jy met my praat

steek jou woorde die kerse aan.

Soos die son is jy.

Soos kerse praat jy

vir ewig in my hart.

21 22
Esmé Kock
Begonia

Begonia maak skoon die kombuis!

Begonia gaan koop gou die rys.

Begonia is jy al klaar

want antie Sara het jou nodig by haar.

Begonia kom fokken hier

want dis al amper halfvier!

Begonia moenie so hard lag nie.

Begonia, jy weet mos jy mag nie.

Begonia hou jou op jou plek

en hou voor die gaste jou bek.

26
Bly weg van oukies met keppies

want oormôre

was ouma die neppies.

Ek en my oukie

sit op die hekkie.

Skielik druk hy sy tong in my bekkie!

Al is jy vet

al is jy maer

jy en ek verstaan mekaar.

27 28
Thelren Masimila
‘n Gewonder oor die boek van wonder…

Het jy al ooit gewonder oor die bybel?

Ek bedoel die eerste bybel.

Het jy al gewonder waar dit is?

Die bybel waarvan die hout op die bladsye nog sigbaar is,

wat vasgemaak was met stokkies en blare.

Die bybel met sinne wat skuins loop, sonder bladsynommers.

Die een wat ons vandag gebruik is so perfek

dat ons nie agterkom daar is dalk bladsye weg nie.

Miskien is daar ‘n psalm 151

waarvan die bladsye nie reg vasgemaak was nie,

of ‘n verlore bybelverhaal

waar Adam op Eva verneuk het met ‘n ander man.

Hierdie bladsye wat iemand besluit het

om nie saam met die ander te sit nie,

lê dalk êrens langs die pad.

Is dit dalk in die eerste bybel

wat met ‘n potjie ink en ‘n veer geskryf was?

32
33

Ek wou…

Ek wou ‘n Rolls Royce ry.

Ek wou in ‘n mansion bly.

Aandag van die wêreld kry.

Ek wou op Panasonic LCD screens verskyn

met ‘n diamant Rolex en gold chain.

Maar nou staan ek hier

besig om die vensters van ‘n huis

in doodloopstraat te was

want die eindeksamen was te moeilik.

Kan ek myself ‘n digter noem?

Tienuur die aand.

Prison Break is klaar.

Gedigtetyd!

Ek rol my moue op.

Ek klim in my bed.

Ek trek my vaal duvet tot by my skoot.

Ek vat my skryfblok.

Ek sit my pen in my hand,

maar dit bly bokant die bladsy

vir 2 ure

50 minute

en 36 donerse sekondes.

Kan ek myself ‘n digter noem?

Wel, ek het die een geskryf.

34
35

Die perfekte kaart

Een warm maandagmiddag

vra ‘n digtervriend van my:

“Hoe maak ek ‘n moedersdagkaart?”

Ek vra hom

“waarvan hou jou ma?”

“Rose” sê hy.

Wel, vat drie roosblare

(los die fancy woorde),

plak ‘n soen op die kaart

en gee dit vir haar vir ontbyt.

Die lewe

Die lewe is ‘n onbekende grot.

Jy moet kaalvoet op skerp klippe stap.

Jy moet met die swaarste

hartseer en liefde

op jou rug kan kruip.

Jou oë moet flitsligte wees

sodat jy die slange kan sien.

Jy moet leer om die rotse wat val te vergewe.

Jy moet vir God kan roep

en eers dan sal jy nie meer

alleen wees nie.

36
Theltom Masimila
Die testament

As julle hierdie boodskap kry

beteken dit ek is van Karl Bremer* vry

Vry om reguit onder wit dekens te lê

en sweet as ‘n tweede vel te hê

sonder ‘n pyp in my aar regdeur my vel

en my hartmonitor se “bleep” van hel.

Ouboet, help ma sorg vir kleinsus soos sy groei.

Hou my roosboomtakke kort gesnoei.

Wees verantwoordelik

jy kry my plaas

help maar jou suster, ons weet jy’s baas.

En net daar vir jou

is die huis my vrou.

Steur jou nie aan ons bed halfvol

of my asbak sonder sigaretkol.

Daars ‘n bietjie geld

julle moet maar deel,

raak nie opgewonde

dis tog nie veel.

Strooi my as teen sonsondergang

oor Hartebeespoortdam,

nie later.

Ek wil my gees onsterflik hê, onsterflik ja

soos water.

So moenie huil, ek haat ‘n tjank

o ja! Ma! jy kry my bank.

En as jy sit nie te lank treur

Ek het nie kanker.

Ek kry nie seer.

*Karl Bremer is die naam van ‘n provinsiale hospitaal in Bellville in die Kaap.

40
Hy kyk en kyk na die wie staar

Op ‘n ereplek oor die kaggel,

bo die mantel,

hang die portret

van my oom

wie sy vrou slaan

met sy kerkpak aan.

Sy koller is reguit, das netjies in plek

en hempsknope vriendelik vasgemaak.

Hy kyk en kyk na die wie staar

te bang iemand kom iets agter.

want, miskien net miskien

gaan die raam dalk oop

of is die spyker in die muur los.

Het jy al ooit opgelet?

Het jy al ooit opgelet

hoe die maan nooit laat is vir nagskof nie?

Hoe die aarde nooit die verkeerde kant om draai

of sy pad om die son verloor nie?

Hoe suurstof sy identiteit geheim hou

maar vrylik rondbeweeg?

Hoe voëls sonder ‘n kursus kan leer vlieg

en deur die dikste mis hul pad huis toe vind?

41 42
Mens se beste pel

Kan jy my sê waarheen jy gaan

as jy om die hoek verdwyn van neëndelaan?

Kan jy my sê hoekom jy dink dis jou plig

om jou poot teen die tuinstoel op te lig?

Kan jy my sê hoekom jy altyd alles moet ruik

al het ons dit al oor en oor gebruik?

Kan jy my vertel hoekom ons sê

jy’s die mens se beste pel,

as jy my op die voorkop lek voor werk

en ek jou gemors optel?

Het jy dalk ‘n huis,’n vrou en kind?

Wie weet?

Dis miskien hoekom jy

my kos opvreet.

Waar sal hul hulp vandaan kom

Agter in die waskamer staan die ouma

met moeë hande wat smeek om hulp

en dekens uitspoel.

Die geles wat eens wit was

hang oor die hakiesdraad

in die middagson.

Teen skemeruur is die sponsmatras vars oorgetrek.

Die wind waai hard teen die kartonruit

wat die oupa gemaak het om die gat te vul

waar die Augustuswind die venster uit kom haal het.

Die houtvloere waarop hul vier meubelstukkies staan,

het kewers in.

Vir die sinkplaatdak wat lek

het niemand die krag om reg te maak nie.

Net ‘n rooi skottel in die kombuis

is al genade teen die winter se stortreën.

Die kinders stuur net elke twee maande

genoeg geld vir ‘n posseël

vir nuus oor ‘n begrafnis of twee.

Binne die vier mure

waarvan die groen verf afdop

is dit maar stil,

mits daar ontvangs is vir RSG

op die vasgegomde draadloos.

En as die maan sy plek inneem

sit die twee om die primusstoof

en lees uit hul Bybel sonder omslag

waarvan openbaring weg is,

Psalm 23.

Want waar anders sal hul hulp vandaan kom?

43 44
Celeste Vlok

Die Groot Gevaar

‘n Toneelstuk uit Scottsville

ontwikkel deur

Theltom en Thelren Masimila

saam met

Verona de Villiers, Brondine Solomons en Thérèse Hulme

46
Die opvoerings

Die Groot Gevaar is geskryf toe die jongmense nog skoolgegaan het by Petunia Primêr.

Omdat dié skool nie ‘n saal het nie, is ‘n toneelstuk geskryf om in ‘n oop vierkant opgevoer

te kon word. Al wat wel nodig was, was twee ingange en genoeg spasie uit die oog van

die gehoor, waar akteurs kon wag, van klere kon verwissel en rekwisiete kon bêre. Ons het

altyd ‘n jong “verhoogbestuurder” gehad wat voor die tyd moes sorg dat al die rekwisiete en

kostuums op hul plek is.

Die toneelstuk is tussen 2006 en 2008 verskeie kere opgevoer, in die gemeenskap sowel as

by die Woordfees. In 2007 is die hoftoneel bygevoeg tot die oorspronklike teks. Omdat Die

Groot Gevaar nêrens op ‘n verhoog met ‘n gordyn opgevoer is nie, het dit meegebring dat

dekor nie tussen tonele geskuif kon word nie. Dit het beteken dat die landdros se kateder

en die stoele van die hofgangers byvoorbeeld van die eerste toneel af moes regstaan op

die “verhoog”.

Tydens die eerste opvoering van die hospitaaltoneel het ‘n regte skedel op die trollie gelê –

om die gevaar van Tik by die jong gehoor tuis te bring. In plaas daarvan dat daar uitroepe

van skok was, het die gehoor histeries gelag toe die laken oor “die lyk” opgelig is. In die

daaropvolgende opvoerings is die skedel toe weggelaat. So het Die Groot Gevaar “organies”

ontwikkel. Ek hoop dat waar dit ookal opgevoer word, dit steeds ‘n lewende teks sal bly wat

aangepas sal word om by die konteks te pas.

Thérèse Hulme

[Doen aansoek vir opvoerregte by DALRO: 011 7128301]

Lys van karakters

Verteller

Elrico (tiener)

Denzil (tiener)

Anna (Elrico se ma)

Maggie (Denzil se ma)

Trevor (Denzil se pa)

Druglord

Polisieman 1 (Dirk)

Polisieman 2

Landdros Isaacs

Advokaat de Wet

Advokaat Fredericks

Pastoor

Maatskaplike werker

Dokter

Verpleegster

Ma 1

Ma 2

Protesters / mense van Scottsville

Tromslaner

47 48
TONEEL1: DIE POLISIE, DIE DRUGLORD EN DIE

MENSE VAN SCOTTSVILLE

Druglord: (Praat op selfoon.) My broe, djy moet djou mind opmaak, djy wiet tog

djy kannie sonnerit kla kommie. (Polisiemanne klop aan deur.) Keep

in touch. (Stap na deur. Maak oop.)

Polisieman 1: Mnr John Dickson?

Druglord: Ja....?

Polisieman 1: Mnr John Dickson, ons arresteer jou op ‘n klag van dwelmhandel.

Weet jy hoe lank soek ons al vir jou?

Druglord: Julle hettie vekere man. Ek sweer ...julle het...los my! (Druglord verset

hom. Steune, kreune. Hy word geboei.)

Polisieman 2: Jy het onskuldige kinders gebruik om jou Tik te verkoop.

Druglord: Ek soek my lawyer! Ek het rights! (Oor sy skouer.) Doreen, bel my

lawyer!

Polisieman 1: Jou tyd is verby, Boeta, selle toe met jou!

Druglord: Okei, Okei. Kyk hie my broeman.... (Stilte. Hy praat soos ‘n salesman,

een wat gewoond is om sy customers met woorde te vang.) Ek sê

jou, ko ons maak ‘n deal. Jy stap hier uit en ek gee jou ‘n jaar se free

secsen.

Polisieman 2: Shut up! Jou secsen kan jou nie meer help nie. Ons het getuienis om

jou vir ‘n lang tyd weg te sit. (Hulle sit boeie aan. Neem hom by die

deur uit.)

Druglord: Ek soek my lawyer. Ek het rights! Los my!

Protesters: (Protesters kom van verskillende kante af uit die gehoor en beweeg op na

verhoog.): Daais hy!!

Hulle het hom! Hulle het vi Uncle Dicky!

Vat hom hie weg die vuilgoed!

Wa was julle polieste al die maande toe ons julle nodig gehad het?

Waar!?

Hy’t ons kinders gebruik om ryk te word.

Watsit? Watsit?

Die mapuzas het vir Uncle Dicky kom vat.

Anna: Jy’s die een wat my kind se lewe destroy het!

Protesters: Ja, sit hom innie tronk.

Verteller:

Jou skuim!

Jou vark!

Weg met druglords. (Dreunsang.) Weg met druglords! Weg met Tik!

So het die pote toe vir Uncle Dicky weggevat. Let’s face it, almal het

geweet hy was een van Scottsville se bekendste druglords.

En nog leier van die 28’s ook. Die storie van die druglord wat nounet

deur die polisie gevang is, het ses maande gelede begin by twee

vriende, Denzil en Elrico. Dis ook ‘n storie oor die ding wat

ons almal hier in Scottsville pla. Ja, dié ding…hy trek jou in.

(Tromslaner kap die beat. Op die maat van sy beat kom die akteurs uit verskillende rigtings

ingestap deur die gehoor na die verhoog. Een vir een praat hulle. Denzil en Elrico stap ook in.

Hulle praat nie, hurk voor op die verhoog, rûe na die gehoor.)

Advokaat de Wet: Hy trek jou in.

Pastoor: Jou krag raak min.

Verpleegster en dokter: Hy vat jou high, hy vat jou low, hy vreet jou brein.

Maatskaplike werker: Jy raak paranoid.

Advokaat Fredericks: Hy maak jou aggro. Hy bring die pyn.

Ma 1 & 2: Hy vat jou eetlus weg hy maak jou dun.

Almal kom staan in ry: Hy maak jou dun.

Almal reg in ry: Hy trek jou in. (Wys gelyk met die arm.)

Hy vat jou high, hy vat jou low, hy vreet jou brein.

Hy maak jou maer dan raak jy klaar ......die Groot Gevaar!

(Sag.)

Almal: Die Groot Gevaar! (Harder.)

Verteller: Dis TIK!

Almal: Die Groot Gevaar! (Hard. Almal vries. Af.)

49 50
51

TONEEL 2: DIE TIKKERS, DIE MAATSKAPLIKE

WERKER EN DIE PASTOOR

(Elrico en Denzil hurk. Hulle is besig om te tik).

Elrico: Kyk hier my broe, nou smaak ek mos net ‘n hiet slaan dan’s ek mos

lekker getik want ek smaak mos vir my ‘n glopie uit daai kar uit haal

my broe.

Denzil: Is jy nie lus vir syp nie?

Elrico: Nee is jy mal? Ek syp nie, ek vedala net Tik. (Kyk af en begin vreeslik te

hoes.)

Denzil: Kyk hie my broe is jy orraait?

Elrico: Ek kannie so lekke asemhaal nie ma eks fine. (Hoes.)

(Maatskaplike werker kom aangestap. Sy sien vir Denzil en Elrico.)

Maatskaplike werker: Is jy okei? Kan ek jou help?

Denzil: Hey Antie. Ons hettie jou help nodiggie.

Maatskaplike werker: Ek kan julle help om los te kom van die tikkery...

Elrico: Dit wat os doen is mos niks met djou uit te waai nie! Djy Denzil, sê

virrie antie sy moet gooi want ek raak boring van ha ou gesig. Djy,

praat met die antie!

Maatskaplike werker: Verskoon my, het jy nounet gesê ek het ‘n ou gesig?

Denzil: Dja ek het met djou gepraat. Djys laains vlug, vlug!

Elrico: My broer, wies die antie?

Maatskaplike werker: Ek’s ‘n maatskaplike werker.

Denzil en Elrico: (Koggel.) ’n maatskaplike werker…!

Maatskaplike werker: ...en ek wil graag vir julle help om…

Denzil en Elrico: Wiet vir jou gesê ons wil jou help hê?

(Maatskaplike werker stap weg. Pastoor kom van voor aangeloop . Maatskaplike werker groet

en begin sag met hom praat.)

Denzil: My ouens, ons is mos kwaai. Die anner mense wat vir hulle so hoog

hou moetie met ôs sukkel nie. Ons sal hulle wegsit, né!

Elrico: Môs hoeka my pa suip mos so lekka dan wil hy vi my kô sê wat om

te doen. Hy kan gan lê man....Ek sien ons tik raak min. Jy moet nog

geld vat uit jou pa se beursie uit.

Denzil: Nei ek kan nie meer nie man. Hy vat dit deesdae saam met hom werk

toe. Ek het ‘n anner plan. Hoor hiesa... (Af van verhoog.)

Pastoor: Ag suster, dit maak my hart so seer om die gemeenskap in Tik se

kloue te sien.

Maatskaplike werker: Dis waar, Pastoor.

Pastoor: Net laasweek moes ek ‘n kind begrawe wat aan Tik verslaaf was.

Maatskaplike werker: By die behandelingsentrum is dit vol kinders wat verslaaf is aan

Tik en die mense daar vertel my daar kom elke dag ten minste twee

kinders en hul ouers aan vir behandeling.

Maatskaplike werker: Wat gaan tog gebeur Pastoor?

Pastoor: Ek weet regtig nie (Stilte.) En net more moet ek die meisie begawe,

jy’t seker gehoor daarvan... Sy’s verkrag deur twee tikkers en vir dood

agtergelaat ...Nadine Williams...

Maatskaplike werker: Ja, ek ken haar mammie. Die vrou is teen die grond. Haar kind was

maar net ses.... Haai, Pastoor, kyk waar loop die tyd. Laat dit goed

gaan, Pastoor.

Pastoor: Totsiens, suster. (Pastoor af, Verteller op.)

52
TONEEL 3: DIE TIKKERS LOOP HULLE VAS

Verteller: Het jy gewonder wat Denzil se plan was om geld in die hande te kry?

Wel, hy’t nou net ‘n winkel beroof. Hy dink hy’t weggekom. Die vraag

is, het hy?

Denzil: (Storm op.) Elrico! Elrico! My broe ek was ampe gevang!

Elrico: Wat, wat? Hoevel geld het djy gevat?

Denzil: Ek dink soe aghonet rand.

Elrico: Naai, djy’s mos gevalik. Daai sal oogenoeg wies om ôs skuld by Uncle

Dicky te betaal.

Denzil: Dja bra Diekie sallie meer op ôs case wiesie. (Kyk bekommerd rond.)

Elrico: Ve wat lyk djy dan nou so geworried?

Denzil: Die alarm het afgegaan.

Elrico: Die alarm? ...Nei man, hulle sallie wiet dis djy nie!

Denzil: Hie kommie mapuzas! (Denzil hardloop weg. Elrico weet nie watter kant

toe nie. Polisieman 1 jaag vir Denzil na regs van verhoog. Polisieman 2 kom om die draai en

vang vir hom. Denzil gaan tekere om los te kom. Polisieman 1 hou vir Elrico vas.)

Polisieman 1: Wie van julle twee is Denzil Daniels?

Elrico: Watterit met djou te doen?

Polisieman 2: Ons vra nie wee nie!

Denzil: (Besef hy gaan nie loskom nie.) Ek is Denzil.

Polisieman 1: Jy word gearresteer vir diefstal.

Denzil: Wat?

Polisieman 2: (Terwyl hy Denzil se hande vasmaak.) Kom asseblief saam met ons,

mnr Daniels.

Elrico: Dit wassie hy nie! Hy’s innocent!

TONEEL 4: DIE MAMMIES

Verteller: Oooo, dinge werk nie altyd uit nie. Na ‘n tyd het Denzil se ma begin

bekommerd raak oor haar kind nie huis toe kom nie.

(Anna is besig om wasgoed op die draad te hang. Maggie kom aangestap.)

Maggie: Môre Anna ! Anna, man, ek is jammer dat ek nou so vroeg vir jou pla,

maar daar is iets wat ek vir jou wil vra....

Anna: Wat wil djy vi my vra? Wat’s fout Maggie?

Maggie: (Ongemaklik.) Somme alles. Trevor het al wie met sy drinkery begin.

Nou’t ek nog probleme met Denzil.

Anna: Watse probleme?

Maggie: Ek weet nie..die kind is nie meer homself nie. Hy’s die laaste tyd…. en

nou so...

Anna: Watsit Maggie?

Maggie: Ek is soe geworried. Denzil is al vir amper twee dae weg.

Anna: Wat! Maggie, djy moet die polisie laat wiet.

Maggie: Ek het, maar hulle ka hom eers vermis verklaar as hy 48 uur weg is.

Anna: Djy moes somme gelieg het! Ma Maggie ons moet iets doen; ons

kannie stil sittie.

Maggie: Dis hoeko ek hie is. Ek wil gewiet het of Elrico nie dalk wiet wa hy

issie.

Anna: Ja, ko’s vra hom... Elrico! ….

Elrico: (Van agter die verhoog.) Ja!

Anna: Waar is hy nou? Die kind maak my so kwaad. Elrico! Kom hier!

Elrico: (Met attitude.) Ja ja ja ! watsit nou al weer?

Anna: Jy kom “watsit nou al weer” nie vir my nie.

Maggie: Rico, my kind, praat nou net die waarheid met antie asseblief. Weet jy

nie dalk nie waar Denzil is nie?

Elrico: Nie, Antie, ek het vir Denzil Vrydag laas gesien.

Maggie: Wat bedoel jy jy het hom Vrydag laas gesien?

Elrico: Antie ons het geloop en toe kom die Pastoor en toe praat ek saam

met hom en toe ek weer check toe’s hy weg.

(Maatskaplike werker kom nader.)

Anna & Maggie: Hoe bedoel jy hy’s weg?

53 54
Elrico: Net wat ek sê: hy was weg. (Sien Maatskaplike werker aankom.) OK bye

Antie. (Af.)

Polisieman 1: Mirrag Anna.

Anna: Mirrag my man. (Soen).

Polisieman 1: Dagsê Maggie. Lanklaas vir jou gesien, Maggie. Is iets fout? Jy lyk

bekommerd.

Maggie: Dis Denzil. Ek weet nie waar hy is nie. Ek soek oralster vir hom.

Polisieman 1: Ek weet waar hy is...

Maggie: (Geskok.) Waar’s hy?

Polisieman 1: Ek het hom gearresteer. Ek dag jy weet.

Anna: Wat....wa...waarvoor Dirk..?

Polisieman 1: Hy het ‘n winkel beroof. Hy verskyn Maandag in die landdroshof.

Maar tot dan hou ons hom in die selle.

Maggie: Nee. My kind! (Maggie sak in mekaar. Maatskaplike werker en Anna

troos en lei haar weg.)

TONEEL 5: DIE HOFSAAK

(Polisiemanne op verhoog, gaan staan weerskante van die Landdros se kateder.)

Verteller: Die dag van die hofsaak het toe aangebreek. Almal is hier, die

advokate, die landdros en mense van Scottsville.

(Mense van Scottsville stap op en gaan sit in galery.)

Polisieman 2: Almal wat betrokke is in die saak van Daniels teen Van der Walt, tree

asseblief die hof binne.

Polisieman 1: Almal staan! Landdros Isaacs! (Almal staan op.)

Landdros: (Aan hofgangers.) U kan sit. (Lees papiere voor hom. Praat dan met

advokate.) As ek dit reg verstaan tree Advokaat de Wet op vir mnr

van der Walt. Advokaat Fredericks, u tree op vir mnr Daniels? Mnr

Daniels word beskuldig van diefstal. Is dit korrek?

Advokaat de Wet: Ja, dis korrek.

Landdros: Goed, Advokaat Fredericks, u kan u kliënt se saak aan die hof stel.

Advokaat Fredericks: My kliënt het geen winkel beroof nie. So daarom verstaan ons nie

die beskuldiging van die aanklaer nie. Hy pleit onskuldig.

Landdros: Advokaat de Wet, stel u saak aan die hof asseblief.

Advokaat de Wet: Goed, u Edelagbare. Op Saterdag 8 April 2007 is my kliënt se winkel

beroof. Die beskuldigde het R867 uit die kasregister geneem. My

kliënt het ‘n forensiese span gehuur om vingerafdrukke in die

winkel te neem en mnr Daniels se vingerafdrukke was oral. My kliënt

het ook sekuriteitskameras geaktiveer voordat hy die middag sy

winkel gesluit het, en dit het die rooftog opgeneem.

Advokaat Fredericks: Die video wys net die persoon van agter af. Dit mag iemand

gewees het wat soos hy lyk en vingerafdrukke is niks, want dis ‘n

winkel wat oop is vir die publiek. Daar is honderde mense se

afdrukke! (Reaksie van Denzil.)

Advokaat de Wet: Ons roep nou ‘n getuie. Mnr Elrico Fortuin! (Reaksie van hofgangers.)

Mnr Fortuin, vertel aan die hof wat jy weet van die diefstal.

Elrico: Denzil het my gesê... (Sag, kop onderstebo.)

Landdros: Kan u harder praat asseblief, mnr Fortuin?

Elrico: Denzil het my gesê hy’t die winkel gerop en die geld gevat om vi

Uncle Dickie te pay. (Reaksie van hofgangers.)

55 56
Landdros: Stilte in die hof!

Advokaat de Wet: Hoekom het hy die geld nodig gehad? Waarvoor moes hy betaal?

Elrico: Hy’t by Uncle Dickie op skuld gekoep! (Sekere hofgangers op hul voete,

skel.)

Denzil: Jou vullis! Jou... (Sy advokaat maak hom stil.)

Advokaat de Wet: Wie is Uncle Dickie?

Elrico: Hy’s ‘n druglord da naby os. Ek kan vi jou soentoe vat...

Advokaat Fredericks: Dit sal nie nodig wees nie. Mnr Fortuin, gebruik jy enige dwelms?

Elrico: Ja, ek het, ma ek hettie by Uncle Dickie gekoepie.

Denzil: Hy lieg! (Reaksie van hofgangers.)

Landdros: Stilte...Stilte in die hof!

Elrico: Ek het nog nooit da gekoepie.

Advokaat Fredericks: By wie koop jy?

Elrico: I cannot reveal my sources. (Hofgangers lag.)

Landdros: Stilte in die hof! Advokaat de Wet, het jy nog iets om by te voeg?

Advokaat de Wet: Edelagbare, al die bewyse is teen mnr Daniels. Mnr Fortuin het

nounet bevestig dat mnr Daniels wel die winkel beroof het omdat

hy geld nodig gehad het om sy skuld by ‘n dwelmbaas te betaal.

My forensiese span het ook mnr Daniels se vingerafdrukke op die

till gekry. Hier is die bewysstukke (Hy gee dokumente aan die

landdros. Intussen praat Advokaat Fredericks met Denzil.)

Landdros: Mnr Daniels, het jy iets om vir die hof te sê? (Advokaat Fredericks

praat met Denzil).

Denzil: Okei, ek confess ek het Tik verkoop en dit gebruik oek. Ek word

gedreig deurie druglod. Ek sal vi julle na hom toe vat en alles... ek wil

nettie tronk toe gannie...

Advokaat Fredericks: U edele, kan ek asseblief, ter versagting van my kliënt se vonnis, vir

Pastoor Goedhart roep om te getuig oor die karakter van my kliënt?

Landdros: Ja, u mag maar.

Advokaat Fredericks: Pastoor Goedhart...

Advokaat de Wet: As u gedink het dat u kliënt nie skuldig is nie, hoe het u dan gereël

dat ‘n pastoor oor hom kom praat?

Advokaat Fredericks: Mens noem dit strategie.

Advokaat de Wet: Noem jy dit strategie as jy mense buite die hof nodig het om vir jou

te kom help? (Hofgangers lag.)

Landdros: Orde in die hof!

Advokaat Fredericks: Pastoor Goedhart, hoe ken u vir Denzil Daniels?

Pastoor: Denzil is ‘n goeie seun. Ek ken hom al van hy so groot is. (Wys.) Hy

het nog altyd goed gevaar op skool en elke Sondag sondagskool

bygewoon. Sy huislike omstandighede is moeilik. Dit het hom so

te sê uitgestoot straat toe. Ons kan die kind se lewe verander deur

hom te help. Dus vra ek vir die hof om hom nie tronk toe te stuur nie,

maar om vir hom ‘n tweede kans te gee.

Landdros: Dankie, Pastoor. U mag gaan sit. (Pastoor gaan sit.) Mnr Daniels,

al die bewyse is daar en jy het ook self erken dat jy Tik gebruik en

verkoop het en ook dat jy gedreig was om dit te doen. Die hof neem

die getuienis van Pastoor Goedhart in ag en ook dat dit jou eerste

oortreding is. Mnr van der Walt het in ‘n verklaring gesê dat sy

assuransie die skade van R867 dek. So, hiermee vonnis ek jou tot

240 uur gemeenskapsdiens en rehabilitasie. Ek versoek ook die

polisie om die getuienis omtrent Uncle Dicky na te gaan en hom te

arresteer vir dwelmhandel. As daar niks anders is nie, kan die hof

verdaag.

Polisieman 1: Die hof verdaag! (Hofgangers af.)

57 58
TONEEL 6: BUITE DIE HOF

(Pastoor en Denzil kom uitgestap. Ma Maggie en Pa Trevor wag vir hulle.)

Pastoor: Nou is dit ook verby.

Maggie: Dankie Pastoor, vir wat Pastoor gesê het in die hof.

Trevor: Dankie Pastoor. (Hy draai na sy seun.) Jou nikswerd. Jy kan gelukkig

wees die judge het jou nie weggesit nie.

Maggie: Wag nou, Trevor, die kind...

Trevor: Moenie jy nog vir hom opkom nie. Hy is ‘n stuk gemors man... Steel...

en lieg!

Pastoor: Maar broer...

Denzil: ‘n Stuk gemors? Is dit wat Pa my roep. Ek is gatvol van al Pa se

skellery. Wanneer laas het Pa ‘n goeie woord vir my gehad? Wanneer

laas? Weet Pa hoe voel dit om ‘n gemors genoem te word? Ek sal vir

my anner blyplek loop soek...

Trevor: Ja, hoekom doen jy dit nie!

Verteller: (Spring op.) Hei, hei kom lossit. Hou op. In plaas van skel, kan jy dalk

ander woorde gebruik om met jou seun te praat?

Trevor: Hoe nou?

Verteller: Nee, man, Trevor, mens praat mossie so met jou kind nie. Kan jy nie

miskien anderster met jou kind praat nie. Wat dink julle? (Vra die

gehoor.)

Trevor: Ma, het jy gehoor wat sê die kind vir my!

Verteller: Ja, ma dis oor jy hom ‘n nikswerd genoem het. Elke kind wil hoor hy is

iets werd...

Trevor: Pastoor, hoor my hoeveel keer al het ek vir Elrico gewaarsku hy

moenie Tik gebryk nie. My vrou is my getuie ... né Ma ... kom sê vir

Pastoor.

Maggie: Dis waar, Pastoor...hy praat baie met die kind...

Trevor: ...ek praat al hoe lank met die kind oor sy ge-tikkery. Ma dink jy hy

luister? (Jammer vir homself.) Nou’t hy skande oor ons huis gebring.

Denzil: Skande? Skande? En wat van Pa se drinkery? Wat van al die kere wat

Pa vir Ma so slaan dan ons dit nie meer kan vat nie? Soos laasweek

nog wat Ma te skaam was om kerk toe te gaan.

Maggie: (Skaam.) Ag nee, Denzil, ons praat mos nie uit die huis uit nie.

Denzil: Nee, miskien is dit tyd Pastoor hoor van die blou merke op haar nek

en haar arms!

Trevor: Mannetjie, watch wat jy sê!

Denzil: Dat ons uit die huis uit voetsek eerder as om dit te sien. Wat noem

Pa dit!? Hoekom dink Pa like ek dit nie meer om byrie hys te wiesie?

Maar nee, nou is dit net ek en my tikkery! Ek gaan community service

doen, ma watse soort service doen Pa ooit? (Reaksie van Trevor.)

Verteller: HOOO... . (Vir Trevor.) Kan jy nie sien nie – Slegsê gaan nie helpie. Dan

Trevor: (Gesig in hande.)

sê hy jou net terug sleg. Wat dink julle? (Vir gehoor.) Is daar nie dalk

woorde ... wat wys jy gee om vir hom nie?

Verteller: Hei Trevor man, onthou jy nog hoe jy en die klong altyd saam krieket

gespeel het in die straat. Hy’t jou nog uitgeboul, onthou jy? En

onthou jy daai keer toe hy van sy bike afgeval het en jy hom gedra

het met die bloed en als en jy’t net gese moenie worry nie, moenie

worry nie jy’s daar ...

Trevor: (Lig sy kop. Hy verstaan hy moet begin om anders met sy kind te praat.

Sag, asof hy onthou.) Moenie worry nie. (Af.)

Denzil: Pa? (Hy kyk hom agterna. Almal af.)

59 60
TONEEL 7: IN DIE HOSPITAAL

Verteller: En so het dit gebeur dat Denzil sy gemeenskapswerk begin het.

Die maande het verbygegaan. Hy het ook De Novo toe gegaan en

skoon gekom van Tik. Dit was moeilik. Maar hy het onthou dat

Pastoor gesê het hy is eintlik ‘n goeie seun. Dit het hom gehelp. Teen

die einde van sy vonnis was Denzil ook nie meer kwaad oor Elrico

hom gepiemp het nie. Eintlik was hy bly, want op ‘n manier het

sy vriend hom die kans gegee om sy lewe terug te vat van Tik

af. (Denzil op.) Hy’t het besluit om by sy vriend te gaan kuier. Maar toe

hy by hulle huis kom (Denzil loop Maatskaplike werker raak.) moes hy

hoor dat Elrico nie meer in Scotsville is nie – hy lê die laaste twee

weke al in Tygerberg. Denzil besluit toe om dadelik te loop kyk hoe

dit met sy vriend gaan in die hospitaal.

(Dokter, stetoskoop om die nek, kom in,terwyl hy kyk na x-straal plate. Suster kom vinnig

opgestap met clipbord in die hand. Denzil kom van die teenoorgestelde kant. Hy stop haar.)

Denzil: Mirrag suster... ek’s op soek na my tjommie.

Verpleegster: Wat is sy van en wanneer is hy in die hospitaal toegelaat?

Denzil: Ek wietie daai nie suster. Sy naam is Elrico. Elrico Fortuin.

Verpleegster: Fortuin… (Sy soek die naam op haar blaaie. Sien dit raak. Kyk op.) Kom

saam met my meneer... Dokter…Dis ‘n vriend van meneer Fortuin. Hy

het gekom om hom te besoek.

Dokter: (Steek hand uit.) Aangenaam. Abrahams.

Denzil: (Steek hand uit.) Denzil Daniels. Hoe gaan dit met hom, dokter? Is hy

orraait?

Dokter: Jy moet verstaan, toe hy hier aangekom het was hy reeds ‘n baie

siek man. Dit was sy longe en hart. Hy moes ook ‘n lang tyd min

geëet het. Dit is hoekom hy so maer was. (Haal x-straal plate uit en

kyk daarna.) Die breinscan wat ons gedoen het, het ook breinskade

gewys. (Verpleegster stoot ‘n lyk in onder laken op ‘n trollie.) Ek is

jammer…hy is gisteraand dood. (Denzil bars uit in trane.) Ek is jammer

mnr Daniels. Jou vriend het dit dalk nie geweet nie – as jy met Tik

speel, dan speel jy met die dood self.

(Dokter en Verpleegster af. Huilende Denzil op knieë langs sy vriend).

TONEEL 8: GROET

(Trom – soos dodemars.)

Verteller: Dis byna die einde van ons show… Maar onthou, die storie hoef nie

so te eindig nie. As jy self sukkel om los te kom van Tik, of as jy ‘n

vriend of familie is van iemand wat dwelms gebruik en jy soek hulp –

kontak die plekke op die program.

(Een vir een kom die ander akteurs opgestap.)

Lied: Kyk wat maak die Tik aan jou

Kyk wat maak die Tik aan jou

Kyk wat maak die Tik aan jou

Almal: Die Tik die Tik

Die Tik hy maak jou dood.

Ons het vandag ‘n vriend verloor

Die dwelm Tik was op sy spoor

Die Tik die Tik

Die Tik hy maak jou dood.

Ons is almal in die nood

Die Tik-probleem is baie groot

Die Tik die Tik hy maak jou dood.

Ons hoop ons kon vir jou vertel

Tik sit jou liggaam deur die hel

Die Tik die Tik hy maak jou dood (X 2)

(Akteurs kom vorentoe. Drom verander beat.)

Almal: Ons almal word deur Tik gepla

so help mekaar, hou op met kla

want ons kan die dood nie meer verdra (herhaal 3x)

Tik bly nog die groot gevaar

maar ons maak almal daarmee klaar

want die lewe, die lewe is kosbaar! (herhaal 3x)

(Trom tel beat op. Verteller roep name uit. Dan kom akteurs vorentoe, buig.)

61 62
Die skrywers verduidelik.

boemby (s.nw): ‘n “Gevlegde” bewegingsgame tussen 32 “blokke” deur. As almal

op die ou end in die middel is en jy maak nie ‘n fout nie, dan word die game weer

oorgespeel. Almal moet in dieselfde rigting beweeg. As jy nie reg beweeg nie, dan word

die game gestop en almal moet weer van voor begin. Gewoonlik speel 4 mense die

game, maar jy kan dit ook op jou eie speel. Daar word ‘n “sangetjie” gesing terwyl jy speel:

“Boemby siebessieby, siebessieby.”

driestokkies (s.nw.): ‘n Game wat gespeel word deurdat jy 3 takke op die grond sit

– ‘n voet uit mekaar. Almal staan aan een kant en spring tussen die stokke deur. As almal

klaar is moet die laaste een kyk hoe ver hy kan spring verby die laaste stok. Dan moet die

laaste stok aangeskuif word tot waar hy gespring het. Die ander begin weer spring waar

die stok nou lê en spring terug na die ander twee stokke. En so moet jy al hoe verder

spring. As jy dit nie kan maak nie, is jy uit.

ganzapyp (s.nw.): die afgekapte bottelkop van ‘n bierbottel

gattas (s.nw.): polisie

gooi (ww.): weggaan, loop (“…sê virrie antie sy moet gooi”: sê vir die antie sy moet loop)

‘n hiet slaan: om te tik

kapsabel (snw. en ww.): langlemmes; om met ‘n langlemmes te steek.

laains (ww.): Gaan weg van ons af!

mapuzas (s.nw): polisie

minute ve djou: wat gaan aan met jou?

mirt (ww.): om drugs te verkoop

nou vat djou brasse djou vir ‘n ma se: hulle maak guy van jou/hulle

spot jou

oppie skarrelbane: soek vir geld

pyp teen my kop: pistool teen my kop

sabela (ww.): om gangstertaal te leer praat

secsen (s.nw): ‘n pakkie crystals (Tik) wat gerook word

skakoeloe (s.nw): ‘n Ballgame wat met ‘n groot bal in die straat gespeel word.

Deelnemers in twee spanne hardloop tussen vier “stasies” om te keer dat hulle uitgegooi word.

skool (ww.): leer, oplei (“by die parkie skool die ouens die laities”: hulle leer vir hulle

om gangsters te kan wees)

vedala (ww.): “ek vedala net Tik”: ek doen net Tik.

(b.nw.): “djy lyk vedala”: jy lyk sleg.

verloor aan die nommer: hy is dood terwyl hy baklei het vir sy gang (die

gang het ‘n nommer, soos 27).

63 64