04.05.2013 Views

MyPlaas - Farm-IT

MyPlaas - Farm-IT

MyPlaas - Farm-IT

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

MyPlaas

Farm IT Solutions

Help

MyPlaas, 'n Webgebaseerde boerdery bestuurstelsel met Geografiese

Inligting Stelseltegnologie (GIS); waarmee boere hul plaas aktiwiteite

akkuraat en effektief kan bestuur.

Stap vir stap

2

MyPlaas Help

Inhoudsopgawe

Voorwoord .................................................................................................................................................... 3

Toegang tot MyPlaas..................................................................................................................................... 3

MyPlaas uitleg ............................................................................................................................................... 6

Icons .......................................................................................................................................................... 6

A - Layers ................................................................................................................................................... 7

B – Die Kaart .............................................................................................................................................. 8

C – Die Rekoordhouding ........................................................................................................................... 9

Seisoen & Jaar ..................................................................................................................................... 10

Plaasvlak - Beplanning......................................................................................................................... 11

Plaasvlak - Aankope ............................................................................................................................ 13

Plaasvlak – Produkpryse...................................................................................................................... 17

Plaasvlak - Verslae ............................................................................................................................... 18

Landvlak - Insette ................................................................................................................................ 20

Landvlak - Verslae ............................................................................................................................... 24

Meganisasie ........................................................................................................................................ 25

Vind ‘n land ......................................................................................................................................... 26

Goed om te weet ........................................................................................................................................ 27

Vir verdere inligting..................................................................................................................................... 27

Voorwoord

3

MyPlaas Help

MyPlaas is ‘n aanlyn bestuurstelsel wat die voordele inhou van die internet met goeie sekuriteit stelsels

waar jou data altyd veilig bewaar word. Met MyPlaas is dit moontlik om vanaf enige rekenaar jou plaas

te bestuur.

Beplan jou seisoen, bly op hoogte van aankope, insette en vele meer. Genereer deurslaggewende

verslae om winste, verliese, opbrengste, ens.te ontleed. Deur van GIS (Geografiese inligting stelsels)

gebruik te maak, kan ‘n vinnige oorsig van die lande op die plaas gesien word.

Toegang tot MyPlaas

Om toegang tot MyPlaas te kry, moet jy eers registreer. Die registrasie proses is baie eenvoudig en

verlang slegs relevante inligting soos die volgende figuur uitwys. ’n Ooreenkoms word dan tussen die

gebruiker en Farm-IT onderteken waar die vertroulikheid

van die data bevestig word.

Farm-IT kan dan die data voorberei vir jou plaas. Hierdie

data is die digitale GPS data van jou opgemete lande asook

plaasgrense wat die Farm-It voorsien word. Die GPS lande

inligting moet deur die gebruiker voorsien word

Soos kan sien, word ‘n ‘Gebruikers naam’ wat gebruik gaan

word om in te teken, verlang. Kies ‘n ‘Gebruikers naam’ wat

jy maklik sal onthou. ‘Naam’, ‘Van’, ‘E-Pos’ en ‘Tel’, word

ook verlang. Tik jou ‘Maatskappy of plaas’ naam in en

spesifiseer of jy die eienaar of bestuurder is. Indien jy albei

is, kies die eienaar en bestuurder opsie. Kies dan jou

provinsie waar jou plaas/e geleë is en die dorp naaste aan

die hoofplaas. Besluit op `n ‘Wagwoord’ en tik dit in.

Gebruik dieselfde wagwoord by ‘Bevestig wagwoord’.

As jy die vorm voltooi het druk die ‘Gaan voort’ knoppie. Jou aansoek word dan gestuur aan Farm-IT en

jy sal per e-pos gekontak word.

4

MyPlaas Help

Sodra jy jou inteken besonderhede ontvang het, kan jy aanteken op MyPlaas deur te navigeer na

http://www.farm-it.co.za en by die aanteken seksie jou ‘Gebruikersnaam’ en ‘Wagwoord’ in te lees soos

die figuur hier onder:

5

MyPlaas Help

Sodra aangeteken het, kliek op die Trekker (die Plaasnaam/Boerderynaam sal hier verskyn) om na die

MyPlaas stelsel te navigeer.

Icons

A

MyPlaas uitleg

Noudat jy ingeteken is, kan jy die MyPlaas-bestuurstelsel gebruik.

Hieronder volg ‘n oorsig van die program:

6

MyPlaas Help

Die skerm bestaan uit drie dele nl. A: Layers(Lae) – Wanneer jy een van die Layers kies verander die

kaart om bv. die Gewasse te wys wat geplant is. B: Die kaart – Wys die plaas en lande asook verskillende

layers wat geselekteer word in A. C: Rekordhouding – Dis waar al die data ingevoer word om jou plaas

te bestuur. Dit stelsel word per seisoen en jaartal bestuur.

Icons

B

Pan opsie. Druk muisknoppie in en skuif die kaart

Keuse opsie. Gebruik hierdie opsie indien jy ‘n

land of plaas wil kies

Zoom funksies

Print of stoor die kaart as ‘n pdf

C

Lande Layer

A - Layers

7

MyPlaas Help

Die layers(geografiese inligting) word gebruik om verskillende datastelle op die kaart aan te dui. Om die

verskillende layers te sien, kliek die boksie langs die layer naam. Die layers werk in vlakke, dus as die

Gewas layer aan is, kan die layers daaronder nie gesien word nie omdat al die ander onder dit val. Kyk

na die volgende illustrasie om dit beter te verstaan.

Bewerkingskoste Layer

Oppervlakte Layer

Die inligting wat verskyn op die lae is inligting wat deur die boer verskaf word deur middel van die

rekordhouding. Dus, hoe meer akkuraat inligting ingevoer word, hoe meer deurslaggewend sal die

layers(lae) wees.

Die verskillende lae is daarop gemik om ‘n oorsig van die plaas te gee en daaruit belangrike keuses te

maak soos die tipe kultivar wat die beste opbrengs oplewer. Vorige jare se inligting kan maklik gesien

word op die kaart deur die jaar te verander.

B – Die Kaart

8

MyPlaas Help

Die kaart word gebruik om ‘n geografiese beeld van jou plaas/e te wys wat gebruik kan word om

belangrike bestuursbesluite te neem. Indien jy op ‘n land gekliek het, sal daar aan die linkerkant inligting

van daardie land verskyn.

Die kaart is ‘n geografiese voorstelling vandie plaas/e en lande daarop. Die kaart kan ook meer as een

plaas vertoon met hul onderskeie lande of kampe. Landnommers word gebruik om die lande op die

plaas aan te dui.

Gebruik die Zoom funksie(A) om nader aan die plaas in te zoom, gebruik die pyltjies om die kaart te

beweeg.

A

C – Die Rekoordhouding

9

MyPlaas Help

Alle aktiwiteite wat op die plaas/land plaasvind, word hier ingevoer. Dit sluit onder andere alle aankope,

insette/aktiwiteite op landvlak, produkpryse, reënval ens. In.

Die Rekordhouding bestaanverskillende funksies wat dit maklik maak om die verskillende fasette van

die boerdery te bestuur.

Navigasie icons

Gebruik die icons om die rekordhouding te navigeer,

druk op die home icon om enige tyd terug te gaan na

die begin skerm, druk op die pyle om terug of vorentoe

te gaan.

Seisoen & Jaar

Gebruik boksies om die seisoen en jaar te kies waarmee

gewerk gaan word. Gebruik ook om verskillende data op

die layers(lae) te sien.

Plaasvlak

Die plaasvlak gedeelte vervat al die rekordhouding wat

op die plaas gebeur soos beplanning, aankope,

produkpryse en verslae.

Landvlak

Die landvlak gedeelte vervat al die rekordhouding wat op

‘n land gebeur soos insette en verslae.

Ander

Gebruik die gedeelte vir grafieke, Meganisasie en reënval.

Vind ‘n land

Wanneer ‘n groot plaas op die kaart verskyn kan die

funksie gebruik word om ‘n spesifieke land te vind. Die

kaart sal na die land zoom. Daar kan dan op die land

gekliek word om weer insette daarop aan te bring deur

middel van die Landvlak insette op die tasks..

10

MyPlaas Help

Van die rekordhouding benodig dat jy ‘n land moet selekteer. bv. wanneer insette op landvlak

aangeteken wil word, moet `n land op die kaart geselekteer wees; asook wanneer jy ‘n land se verslae

wil sien.

Seisoen & Jaar

Omdat produksie seisoen gedrewe is, word die ‘seisoen’ en ‘jaar’ opsies verskaf om maklik “boek” te

hou van wat gebeur in ‘n bepaalde seisoen en jaar.

Gebruik die ‘seisoen’ en ‘jaar’ opsies om die seisoen en jaar te kies waarmee gewerk gaan word. Gebruik

dit ook as jy ‘n vorige jaar se data wil sien bv. om opbrengste van ‘n vorige jaar te sien ,ens.

Let wel: Alle data wat ingevoer word, word gestoor op die seisoen en jaar wat geselekteer is.

B

A

Plaasvlak - Beplanning

11

MyPlaas Help

MyPlaas gee jou die opsie om te beplan vir ‘n seisoen deur die ‘plaasvlak – beplanning’ te gebruik.

Kliek op ‘Plaasvlak-Beplanning’ en dan op ‘Beplanning’, ‘n nuwe venster sal oop maak, ‘n icon sal wys dat

die bladsy besig is om te laai. Die laai proses kan ‘n rukkie neem omdat data gereed gemaak word vir die

plaas se beplanning. Hoe meer lande daar op die plaas is, hoe langer sal dit neem.

Die vorm wys al die lande op die plaas, sien (A). Jy kan nou die beplanning vir elke land doen, deur

eerstens seker te maak dat jy die seisoen en jaar(B) kies vir die beplanning wat jy wil doen. Dubbel kliek

op die ry(C) waar jy nuwe data wil in lees of kliek die verander link(D) aan die einde van die ry.

C D

Wanneer data ingelees word sal die tabel automaties die antwoorde bereken (E).

E

Vul die tabel in volgens die spesifikasies:

12

MyPlaas Help

Landno. Gebruik die kolom om die land te identifiseer

waarop beplan gaan word.

Oppv (Ha) Die kolom wys die grootte van die land in hektaar.

Gewas Tik die gewasnaam in wat beplan word om op die

land geplant gaan word. Bv. Witmielies

Saad (R/Ha) Tik die saadkoste in Rand per Hektaar in. Bv

R125.00

Kunsmis (R/Ha) Tik die kunsmiskoste vir die land in, in Rand per

Hektaar.

Plaagbeheer (R/Ha) Tik die plaagbeheerkostes in Rand per Hektaar in.

Onkruidbeheer (R/Ha) Tik die onkruidbeheerkoste in Rand per Hektaar in.

Bewerkingskoste (R/Ha) Tik die verwagte bewerkingskoste in Rand per

Hektaar. (Die koste sluit arbeid, brandstof, slytasie,

ens. in)

TotaleInsetKoste (R/Ha) Die kolom se waardes word automaties bereken,

en toon die totale koste van die land se insette in

Rand per Hektaar.

Maak asb. seker dat al die vorige kolomme

waardes in het, waar daar geen waardes is nie’ tik

‘n 0 in.

TotaleKostes Die kolom se waardes word automaties bereken

en toon die totale koste wat op die land beplan

word. (TotaleInsetKoste x Oppv)

Opbrengs (ton/Ha) Tik die geskatte verwagte opbrengs in ton/Ha in.

Produkprys (R/Ton) Tik die verwagte Verkoopsprys vir die gewas hier

in. (R/Ton)

Tonne Die kolom se waardes word automaties bereken,

en toon die totale tonne wat uit die opbrengs

gelewer sal word. (Opbrengs x Oppv )

Totale Inkomste Die kolom se waardes word automaties bereken,

en toon die totale inkomste wat genereer word uit

die tonne. (Tonne x Produkprys )

Wins/Verlies Die kolom se waardes word automaties bereken

en toon die wins of verlies totaal.

Wins/Verlies % Die kolom se waardes word automaties bereken

en toon die persentasie van wins of verlies.

Plaasvlak - Aankope

13

MyPlaas Help

Monitor/Bestuur jou aankope deur die ‘Plaasvlak – Aankope’ opsie te gebruik. Kliek op die opsie en kliek

op die tipe aankoop wat jy wil inlees. Jy het ‘n opsie vir Saad, Kunsmis, insekdoder en Onkruiddoder. Al

die aankope werk dieselfde. As jy saad kies, word ‘n skerm vertoon wat jou die opsies gee om data in te

tik.

B1

A1

Kies ‘n verskaffer vanuit die lys(A1), of as die verskaffer nie bestaan nie kan ‘n nuwe een by gevoeg

word deur die ‘nuwe’(B1) skakel te druk.

Sodra ‘n verskaffer geselekteer is, sal ‘n nuwe seleksie-boks verskyn waar jy die Gewas kan selekteer ,

weereens, as die gewas waarna jy soek nie bestaan nie kan jy dit maklik by sit deur op die ‘Nuwe’ skakel

te druk waar jy die nuwe Gewas kan inlees. Tik die gewas naam(A2) en die huidige gewas

verkoopsprys(B2) in, let wel: die huidige verkoopsprys kan jou graan kontrak prys wees of die mark prys,

afhangend van jou situasie. Druk die ‘stoor’ knoppie(C2) om die nuwe gewas te stoor, of kliek die groen

pyltjie om te kanselleer.

14

B2

A2

C2

MyPlaas Help

Sodra jy ‘n gewas gekies het, sal ‘n nuwe seleksie-boks verskyn waar jy die kultivar kan kies. Wanneer ‘n

kultivar gekies word wat reeds ‘n bestaande hoeveelheid voorraad dra sal die hoeveelheid(A3) gewys

word.

Wanneer die kultivar nie bestaan nie kan jy die ‘nuwe’ skakel druk om ‘n nuwe kultivar by die seleksie te

voeg.

15

A3

MyPlaas Help

16

MyPlaas Help

Noudat al die nodige velde gekies is, kan die aankoop koste ingelees word. Lees die totale bedrag wat vir

die saad betaal is hier(A4) in, insluitend die BTW daarop betaal. Tik dan die hoeveelheid saad(B4) wat

aangekoop is. Die Saadkoste en BTW sal automaties bereken word (Groen blok C4). Druk dan op die

Stoor knoppie(D4) om die Saad Aankope te stoor.

Jy sal terug gestuur word na die begin bladsy waar jy verder met die rekordhouding kan werk.

B4

D4

A4

C4

Dieselfde beginsels kan toegepas word vir kunsmis, insekdoder en oOnkruiddoder aankope.

Let Wel: Alle aankope moet ingesleutel word, alvorens dit op die lande aangewend kan word

Plaasvlak – Produkpryse

17

MyPlaas Help

Gebruik die tabel om die produkpryse van gewasse te verander(A) en aan te pas. Die getalle wat hier

verskyn is ingelees met nuwe gewasse wat bygevoeg was deur middel van die saad aankope.

Jy kan ook die verslag gebruik om vorige jare se produkpryse te sien, deur die ‘jaar en seisoen’(B) te

verander.

Die gewasse kan in alfabetiese orde gerangskik word, of die gewasse kan van duur na goedkoper

gerangskik word deur op die kolom name(C) te kliek. Om die venster toe te maak en terug te keer na die

kaart, druk die kaart knoppie(D).

B

C

A

D

Plaasvlak - Verslae

18

MyPlaas Help

Verslae is die belangrikste werktuig om opsommings oor spesifieke data te sien. Die Plaasvlak verslae

wys al die verslae wat met die plaasvlak te doen het soos aankope, insette ens. Kliek op die plus langs

die ry waarna meer inligting vertoon sal word.

Jy kan verslae sien vir Saad, Kunsmis ,Insekdoder en onkruiddoder.

Die Opbrengs verslag kan gebruik word om die totale verwagte inkomste te sien vir ‘n geselekteerde

plaas. Die Ton/Ha en Plaasprys (R/Ton) velde kan verander word deur op die verander skakel te kliek.

Let wel: Om die verslae te sien moet een of meer plase geselekteer wees op die kaart.

19

MyPlaas Help

Die Inkomste en Uitgawe Staat kan gebruik word om alle inkomste en uitgawes van die plaas te sien.

Landvlak - Insette

20

MyPlaas Help

“Wat jy saai sal jy maai!” Wanneer op ‘Landvlak – insette’ gekliek word, kan jy kies watter soort inset jy

wil inlees, byvoorbeeld: Plant, Kunsmis toediening, Insekbeheer en Onkruidbeheer. Al die insette werk

dieselfde. As jy op ‘Plant’ kliek, word ‘n skerm vertoon waar jy die inset kan inlees.

‘n Lys met al die trekkers wat op die plaas gebruik word, word vertoon in ‘n seleksie box(A). Kies die

Trekker wat gebruik gaan word om die saad toe te dien. (As daar geen trekkers in die lys is nie kan

trekkers bygevoeg word deur Meganisasie te kies vanuit die rekordhouding - B)

A

B

21

MyPlaas Help

Nadat jy ‘n trekker gekies het, sal nog ‘n seleksie boks verskyn van waaruit jy die implement(A1) kan kies

wat gebruik is om die saad te plant. Weereens as die implement nie beskikbaar is nie kan dit maklik

weer bygevoeg word by die Meganisasie(B1).

As die implement geselekteer is, kan jy die Gewas(C1) kies, waarna jy die Kultivar(D1) kan kies, die

hoeveelheid(E1) saad wat beskikbaar is en die koste(F1) van die saad Rand per kg word gewys in die

groen blok.

A1

C1

D1

F1

E1

B1

22

MyPlaas Help

Wanneer jy die Plant Digtheid(A2) gekies het, kan jy die Plant/Saad(B2) in kg per hektaar inlees, sodra jy

die getal inlees, sal die ‘Plant/Saad benodig’(C2) en ‘Totale saadkoste’(D2) bereken word.

Volgende kan jy die Geskatte opbrengs(E2) in ton per hektaar inlees, sodra jy die getal inlees, sal die

‘Totale geskatte opbrengs’(F2) bereken word.

Laastens kan jy die ‘Bewerkings koste’(G2) in rand per hektaar inlees, let wel die koste sluit arbeid,

slytasie en brandstof in, sodra jy die getal inlees sal die ‘Totale bewerkings koste’(H2) bereken word. Jy

kan nou die inset stoor deur op die knoppie(I2) te druk, waarna jy weer terug sal navigeer na die

Rekordhouding bladsy.

A2

C2

D2

H2

F2

B2

G2

I2

E2

23

MyPlaas Help

Wanneer jy ‘n inset wil vaslê op die geselekteerde land en MyPlaas vind dat ‘n vorige inset op die land

vir die seisoen gedoen was, sal ‘n groen blok bo aan die inset vertoon.

Jy kan dan ‘n lys van die insette sien asook op die lys van insette kliek om dit te verander of die plus druk

om ‘n inset by te voeg.

Die rooi kruis knoppie kan gekliek word om die geselekteerde inset permanent te verwyder.

Die funksie kan gebruik word om vinnig te

sien of ‘n land reeds ‘n inset toegedien

was.

By ‘n Kunsmis inset kan die boer sien

hoeveel keer kunsmis op die land gebruik

was.

Dieselfde beginsels kan toegepas word vir

Kunsmis toediening, Insekbeheer en

Onkruidbeheer insette.

Landvlak - Verslae

24

MyPlaas Help

Die Landvlak verslae wys al die verskillende insette wat op die geselekteerde land gebruik is. Kliek op die

Plant, Kunsmis, Insekbeheer of Plaagbeheer om die verslae te sien.

Grafieke

Die grafieke bied jou ‘n grafiese opsomming op die verskillende vlakke van MyPlaas. Kies van die

Opbrengs, Inkomste & Uitgawes, Landvlak en Reënval grafieke.

Let wel: Die Landvlak grafiek benodig dat jy ‘n land moet selekteer.

Meganisasie

Trekkers en implemente kan bygevoeg word deur op

‘Meganisasie’ –opsie te kliek en dan die meganisasie tipe

vanuit die lys te kies. Lees die trekker of implement

informasie in en druk die stoor knoppie om die nuwe

trekker of implement te stoor.

Die trekker of implement sal dan vertoon wanneer nuwe

insette op Landvlak gedoen word.

Reënval

25

MyPlaas Help

Hou reënval meters dop deur reënval per meter in te lees deur op ‘Reënval’ te kliek en die data in te

lees, waarna die grafieke gebruik kan word om reënval te vergelyk met vorige jare se reënval data.

Vind ‘n land

26

MyPlaas Help

Wanneer ‘n groot plaas op die kaart vertoon is dit maklik om ‘n spesifieke land te vind. Tik die land nr. in

die vind boks en druk dan die hand icon, die kaart sal automaties na die land zoom.

Goed om te weet

27

MyPlaas Help

1. Wanneer jy ingeteken het om MyPlaas te gebruik sal die sessie vir 20 minute aktief bly, as jy

binne 20 minute nie die stelsel gebruik nie sal MyPlaas automaties uit teken en sal jy weer gevra

word om in te teken. Die funksie is ‘n sekuriteit meganisme om jou data te beskerm.

2. My Plaas is ‘n aanlyn gedrewe applikasie en is dus afhanklik van ‘n goeie internet verbinding.

Ons het tegnologie gebruik om so min as moontlik data vanaf die internet te trek sodat MyPlaas

vinniger op stadige konneksies kan funksioneer. Let wel die minimum vereistes vir MyPlaas is as

volg:

Browser IE 7 en later

Google Chrome

Firefox 3 en later

Java Script

Die webblad programmatuur wat nodig is om

MyPlaas te gebruik.

Let wel: Java Script moet ge-aktiveer wees.

Skerm resolusie Min: 1024 by 768 Die resolusie van die skerm wat benodig word.

As MyPlaas te groot vertoon, stel jou resolusie

Internet

verbinding

Vir verdere inligting

Minimum 128kb per

sekonde.

na ‘n groter waarde

‘n Internet verbinding van 128kb per sekonde

of hoër word benodig, ‘n stadiger konneksie

sal nie die data kan handhaaf wat deur

MyPlaas benodig word nie.

Indien u verdere inligting benodig kan u ’n e-pos aan info@farm-it.co.za stuur; of u kan ons

telefoonnommers op www.farm-it.co.za onder Kontak ons kry.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!