04.05.2013 Views

Dit moet werk - harties.org.za

Dit moet werk - harties.org.za

Dit moet werk - harties.org.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hartbeespoort Dam News

The First Online Newspaper in Hartbeespoort

Home This Weeks News Letters Contacts

Dit moet werk

Kormorant het verlede week in sy redaksionele kommentaar die

versugting uitgespreek dat die administrateur wat aangestel is

om die munisipaliteit van ondergang te red, nie moet probeer om

die wiel van vooraf uit te vind nie. Die kommentaar was gegrond

op verklarings in drie opeenvolgende weke van die vergaderings

wat gehou word en beplan word en rolspelers wat betrek word en

beplan word om betrek te word. Kormorant het die vrees van

baie van sy lesers verwoord dat resultate gemeet sal word aan

die aantal vergaderings wat gehou word - ‘n algemene

verskynsel in die wêreld van burokrate - en nie aan resultate nie.

Gelukkig wil dit nou voorkom of daardie vrees dalk ongegrond

was. Dit wil ook voorkom of die administrateur nie van plan is om

die wiel van vooraf te ontwerp of te herontwerp nie.

Stappe teen die bestuurder tegniese dienste is iets waarop

besorgde inwoners al lankal aangedring het. Trouens, daar is al

by twee geleenthede kriminele klagtes oor die besoedeling van

Hartbeespoortdam en die Krokodilrivier teen hom ingedien - in

Oktober verlede jaar deur ‘n opposisieraadslid en in Januarie

vanjaar deur die regering. Dit is verblydend om te sien dat die

administrateur nie, soos al te dikwels die geval is, stroomop wil

swem en probeer bewys dat hy sy eie wiel kan ontwerp nie. Wat

egter skrikwekkend is, is dat die Madibeng munisipale raad

daarin kon slaag om tweekeer na mekaar tegniese bestuurders

aan te stel wat nie lyk of hulle ‘n benul het van wat die werk

behels nie.

Die administrateur se planne, insluitende die herstel van die

infrastruktuur en die stryd teen korrupsie, lyk belowend en die

stappe wat hy reeds gedoen het, bemoedigend. Dis egter ‘n

stywe agenda en hy sal al die hulp wat hy kan kry nodig hê. In sy

verklaring vra hy dat mense die versoeking moet weerstaan om

die proses te ontspoor ter wille van eiebelang. Dit is ‘n geldige

versoek solank hy nie verwag dat daar geen kritiek sal wees nie.

Dit is belangrik dat die gemeenskap die hele proses krities

dophou, met valkoë selfs, en deur hulle onderskeie

gemeenskaporganisasies hulle volle ondersteuning gee, met die

nodige kritiek waar geregverdig.

Die administrateur het die eerste treë gegee om die omdraai-

29 April 2010

http://www.kormorant.co.za/2010/04Apr/29Apr/Editorial.htm

Page 1 of 2

2010/04/30

Hartbeespoort Dam News

strategie vir Madibeng in werking te stel. Hy moet hom nie nou

van stryk laat bring deur politiekery nie. Veral wat korrupsie

betref kan hy inmenging verwag. Hy wil ‘onervare kontrakteurs

en konsultante’ vasvat, maar baie, miskien die meeste van hulle

het hulle in daardie posisie ingewurm danksy hulle politieke

konneksies. Hulle politieke beskermhere sal ongetwyfeld vir hulle

in die bresse probeer tree.

Die administrateur se voornemens is lofwaardig. Hy verdien die

steun van elke inwoner. En as hy gekritiseer word, is dit nie

omdat hy nie ondersteun word nie, maar bloot omdat inwoners

resultate wil sien.

Vir te lank moes inwoners toekyk terwyl die uitverkorenes soos

aasvoëls op die munisipale skatkis toesak terwyl dienslewering

ineenstort. Die administrateur is gestuur om die aasvoëls te

verjaag en die munisipaliteit van ondergang te red. As hy die

planne wat hy uiteengesit het, uitgevoer kry, verdien hy ons almal

se dank en waardering. Maar ons moet sien dat dit werk.

Back to Top Back to Home

http://www.kormorant.co.za/2010/04Apr/29Apr/Editorial.htm

Page 2 of 2

2010/04/30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!