04.05.2013 Views

meer info - Sadogood.co.za

meer info - Sadogood.co.za

meer info - Sadogood.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Citrusdal DROOM

NUUSBRIEF (3)

Mooier Skoner Groener

Droom werk net as elkeen sy deel doen! Ons is saam in hierdie ding! Ons het gesê ons

gaan werk met mense se TROTS en mense se SKAAM… En dit werk klaar! Ons is so trots

op Citrusdallers wat inspring en dinge doen. Baie dankie! Lees asseblief verder aan al die

wonderlike droom-stories:

Mooier!

Sypaadjiekompetisie! (eers net vir besighede)

Beoordeling op Dinsdag 2 Oktober 2012!

Inskrywings gratis – ons sal by besighede omgaan met inskrywingsvorms. Of bel ons

sommer vir inskrywingsvorms as jy WEET jy wil deelneem

Lekker pryse

Vier kategorieë

2011 s’n was ‘n groot sukses met 19 inskrywings!

Kategorieë & wenners vir 2011 : netheid (N7 Koeriers), kreatiwiteit (SPAR), mooi (De

Lovely) en moeite gedoen (Aptekor).

Baie dankie aan ALMAL wat deelgeneem en mooigemaak het!

Begin met julle beplanning, een maand lê voor vir voorbereiding!

Dorpskaart

Ons het ‘n dorpskaart by die Munisipaliteit gekry, dankie Nicolette. Die inkleur is eers net vir

‘n paar van ons se oë, iets om na terug te kyk soos ons vorder.

Die kleure sal wees :

besighede wat uitstaan oor hul netheid en versorgdheid – HOU DIT SO

besighede wat aandag nodig het – WAT NOU?!

besighede wat uitstaan oor hul ONVERSORDHEID – MAAK ‘n PLAN

Wat ons sien gebeur…

Heelwat geboue het ‘n nuwe laag verf gekry of ‘n aansig is verbeter! Onthou die foto’s van

die vorige nuusbrief!? Hier’s nog

Let bietjie op:

Kempena Kerkstraat (NA)

Toyota se nuwe afdak en nuwe borde Lukas snoei Check-In se bome- dankie Dewald, en

Martha wat gevra het dat iemand kom help snoei.

Munisipale werkers in Bergstraat –gras uit strate …en maak skoon in Danckeartstraat

Dis ‘n reuse taak, dankie Cederberg Munisipaliteit

En…

Tannie Julia se sypaadjie-projek!!! Doen die moeite en ry met Mullerstraat op om te kyk hoe mooi sy

dit maak. Dankie aan haar en haar tuinman. Dis TROTS! Dankie aan Piet vir aalwyne se afstaan.

Skoner !

Vullisdromme

GHS het vroeër vanjaar leë waksdromme geskenk sowel as laat oopsny.vir vullisdromme.

Hiermee dan ‘n beroep op ander pakstore met waksdromme wat dalk rondstaan. Ons kan dit

gebruik. Dankie, Meline, vir die skryf daarop (hier kort al weer ‘n ‘L’)

Herwinning van glas

Pieter Maarman kom haal glas by jou huis of restaurant. Hy werk bedags, maar het

op sy afdag kom glasbottels haal by my op die plaas.

Mense kan ook glas afsit by Japie van der Merwe se standplaas, langs die

munisipale store (Oewerstraat) Pieter Maarman kom tel dit daar op. Bel hom -

Pieter Maarman 0727802331

Groener !

Dankie :

Hanlie van Zyl en Paardekop vir die gereelde opsnoei van die Karobbome vanaf N7

na die brug. Dankie ook vir die vullis se optel onder die bome!

Dankie, Susan de Kock, vir jou skakel met Weskus Distriks Munisipaliteit (Charles

Malherbe). Dra asb ons dank aan hulle oor, hulle is die skenkers van bome wat ons

gaan plant en geplant het by die NG Kerk, Laerskool Olifantsvallei, Haasbekkies,

Babbelbekkies Creche, Babbel en Krabbel en Cederberg Akademie – meer hieroor in

die volgende nuusbrief

GHS – vir die aanplant van bome na Oranjeville (sien hieronder)

GHS vir die skoonmaak van die dorpsnaam teen die koppie. Dra ons dank oor aan

julle personeel. Dis die tweede jaar dat hulle dit doen.

Projek DEEL!

Ons het: Henkel-se-geelhout (oopwortel)

Aalwyne

Het iemand plante of bome nodig vir ‘n projek? Kontak, ons maak ‘n plan.

Ons het ‘n oproep ontvang van die Munisipaliteit vir bome om by Babbel en Krabbel te plant.

EN ons kon help, dankie weer aan Susan en Charles.

Wat kan jy skenk? Kontak Mariet, Nella of Salome!

Moenie steggies weggooi nie. Deel dit uit aan mense met mooi tuintjies wat WIL

plant

Plant opslagboompies in jou tuin uit in plantsakkies (verkieslik inheems). Ons gee

dit weer aan iemand wat nie het nie of plant ‘n boomlaning! September is Nasionale

boomplantmaand.

Dankie aan mense wat na vore kom, wat steggies maak (Dankie, Christine)

Planting of trees

Theresa Burton has asked and received 30 indigiounous trees from Kirstenbosch

Botanical Gardens! We want to plant them during National Arbour Week – 1-7

September 2012.

She is busy negotiating with the parties involved (Telkom, Municipality, etc)

15 bome by NG Kerk – Dankie aan die planters en gatgrawers!

NG Kerk se Kareebome vantevore geplant 15 nuwe Kareebome-dankie Gert, Martiens, Ankie

GHS – ons is saam met julle trots! 30 Huilboerboonbome is deur hulle aangekoop,

die ingenieursdepartement het die boomhokke gemaak. Ons het ook hierdie brief van

hulle ontvang:

GHS wil diegene wat die inisiatief geneem het met die Citrusdal Droom projek van harte

gelukwens. Wees verseker van die maatskappy se heelhartige ondersteuning waar moontlik.

As bewys van Goede Hoop se verbintenis tot die Citrusdal Droom projek word fotos hierby

aangeheg van ‘n paar van die 30 Huilboerboonbome wat langs Voortrekkerstraat deur GHS

aangeplant is. Die aanplantings is gedurende die laaste week van Augustus 2012 gedoen.

Daar word vertrou dat almal sal saamwerk sodat die boompies groot bome kan word.

Baie dankie vir julle hulp, ons Dromers waardeer dit.

GOOGLE MAPPING

Wat kom op die Map?

Enige aanplanting van 5 bome of meer (nie sitrusaanplantings nie)! Enige projek wat jy op

jou eie loots soos bv. die opknap van die crèche op jou plaas, oorverf van geboue, uitroei

van indringer bome, bome geplant by julle pakstoor!

Wat nou gemaak?

Nicolette Olivier is die kontakpersoon waaraan julle alle inligting stuur.

Sy en Roelf sit dit op die Google Map, is reeds daarme besig

Gaan kyk by www.sadogood.co.za en kliek op DROOM – vlieg na Citrusdal en kyk wat is al

aangeplant en opgesit.

Stuur ALLE inligting na Nicolette by nolivier@telkomsa.net

ALGEMEEN

Dankie vir diegene wat hulle hulp aanbied.

Dankie vir almal wat reeds droom

Dankie aan almal wat ons uitlaat…

Nou vir iets DOEN… Laat weet ons wat julle gaan aanpak, ons sal trots die nuus uitstuur en

die ander skaam maak.

KONTAKPERSONE

Mariet Smit 0827349467

Nella-Mari Venter 0829270504

Salome Benade 0827850472

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!