04.05.2013 Views

klik op die skakel vir die volledige toerprogram - Radio Namakwaland

klik op die skakel vir die volledige toerprogram - Radio Namakwaland

klik op die skakel vir die volledige toerprogram - Radio Namakwaland

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Radio Namakwaland

Botswana Toer 2011

7 tot 20 Mei

Kgalagadi - Chobe - Savuti - Moremi

Kasane - Victoria Valle - Caprivi

TOERPROGRAM

Saterdag 7 Mei : Huis na TweeRiviere Kgalagadi

Ons slaap almal die aand van die 7de Mei in TweeRiviere in

die Kgalagadi. Hier is ‘n goed toegeruste winkel, diensstasie

en omtrent alles wat jy mag nodig hê. Hier is ook

selfoonontvangs, netjiese ablusiegeriewe en ‘n lekker

swembad. Die Park is ongeveer 38,000km² groot en die drie

grootste kampe wat omhein is, is TweeRiviere, Nossob en

Mata Mata. Al drie die kampe word hoog aangeskryf.

Kgalagadi is die tuiste van ‘n groot verskeidenheid wildlewe

soos gemsbokke, cheeta’s, kameelperde, elande, die

gevlekte hiena, springbokke, leeus en Rooi Hartebees - om

net ‘n paar te noem. Daar is ongeveer 280 inheemse

voëlspesies. Die water in die Kgalagadi is baie sout om te

drink, maar gebottelde water kan gekoop word. As jy nie

buite die kamp wil oornag nie, sal jy voor sononder daar

moet wees aangesien die hekke vroegaand gesluit word.

Hermien sal darem vir jou ‘n broodjie deur die draad kan

gee. As jy bietjie vroeër kom sal ons regstaan met ‘n koffie

en beskuitjie en kan jy sommer ligdag nog jou

kommunikasie radio in jou voertuig opkoppel en dalk nog

gou so ‘n kort draaitjie gaan ry.

Sondag 8 Mei : TweeRiviere na Nossob Kamp

Ons gaan probeer om so teen 8uur te vertrek. Hierdie

toergroep was nog altyd bekend vir hulle stiptelikheid.

Alhoewel ons vandag net 160 km ry tot by Nossob Kamp, sal

dit ons die hele dag neem. Die pad is baie sinkplaat (in elk

geval 99.5% van die tyd) en al wat daarvoor help is om die

wiele af te blaas tot so 1.5 bar. Middagete sal langs die pad

geneem word en ons kan dalk ‘n leeu of cheeta ook saam

nooi. By Nossob Kamp is ‘n baie mooi watergat wat soms

baie bedrywig kan wees. Die omgewing is ook bekend vir sy

groot katte. Nossob het ook ‘n klein winkel en vulstasie -

baie kleiner as TweeRivier, maar die nodige is daar. Hier is

nie meer selfoonontvangs nie, maar ons het ‘n satelietfoon

wat saamgaan. Daar is ook netjiese ablusiegeriewe en ‘n

swembad. Nossob Ruskamp is geleë in die droeë rivierloop

van die Nossobrivier en is pragtig toegerus. Die area word

omring deur Kameeldoringbome en grasvlaktes en is bekend

vir die groot aantal wildlewe wat besigtig kan word soos

leeus, luiperd, wilde katte, ystervarke, ens. Soos in die geval

van Twee Rivieren is daar ook volop voëlspesies. Onthou om

jou verkyker saam te bring.

Maandag 9 Mei : Nossob Kamp na Kaa Hek

Vanoggend vertrek ons niks later as 8 uur nie. Dis ‘n onbekende bosroete wat voorlê. Die pad is meestal sand en

dikwels swaar sand. Dis meestal ‘n tweespoor paadjie. Ons weet nie wat vir ons wag nie en ons weet ook nie presies

waar ons gaan slaap nie. Teen die tyd wat die toer vertrek sal ons waarskynlik meer inligting hê. Die verwagting is dat

ons by Kaa Hek sal slaap. Dis die hek tussen die Kgalagadi en Botswana aan die oostekant, oppad na Kang. Hier sal ons

ons eerste boskamp hê. Ons sal heeltemal selfversorgend moet wees wat betref toilette, stort, water ens. Dis ook jou

kans vir die eerste varkieaand. Die afstand tot hier is 193km. Brandstof hervulling kan so 260km verder op Kang gedoen

word, so dit behoort nie ‘n probleem te wees nie.

Dinsdag 10 Mei : Kaa Hek na Kang

Vanoggend hoef ons nie haastig te wees nie. Die rede waarom ons nie verder, of dan nader aan Maun gaan slaap nie, is

om onsself speling te gee vir die pad na Kaa Hek die vorige dag. As ons nie betyds by die hek is nie, kan ons vandag

gemaklik weer op skedule kom.

Ons gaan eers bietjie grondpad ry voor ons by die teerpad kom. Die afstand is slegs 266km vir die dag. Ons ry deur die

Kaa Kalahari Konsessie area. Die eerste gedeelte (91km) tussen Kaa Hek en Zutswa vind in dik sand plaas. Die 56km

tussen Zutshwa en Hukuntsi is ‘n grondpad. Hierdie area is een van die grootste onomheinde gebiede in Suidelike Afrika

en een van die mees aanskoulike Akasia Savanna veld wat in Botswana voorkom. Die totale bevolking van die Kalahari

Kaa Konsessie gebied is ongeveer 800 en die etniese groepe bestaan hoofsaaklik uit Bakgalagadi’s, die Basarwa en die

San. Vanaf Hukuntsi is dit teerpad tot by Kang wat ‘n groot dorp is met al die fasiliteite wat jy benodig. Ons slaap 25km

Noord van Kang by die Kalahari Rest Cabins en al die varkies van die vorige aand kan lekker geskraap word. Alle geriewe

is beskikbaar. Dis net ‘n klein entjie van Kang af en almal wat altyd net daar verby jaag tussen Suid Afrika en Namibië

kan gaan kyk hoe dit lyk. Hier is ook weer lekker kuier kans . Al die brandstof tenks word hier volgemaak.

Woensdag 11 Mei : Kang na Maun

Vanoggend kan ons maar weer 8 uur in die pad wees. Die afstand oor 529km van Kalahari Rest na Maun is ‘teerpad’. Na

ongeveer 278km bereik ons Ghanzi wat bekendstaan as die Hoofstad van die Kalahari. Die bekendste wildsoorte is

Eland, Gemsbok, Springbok en Rooi Hartebees. Daar is baie besienswaardighede rondom Ghanzi en in die dorp self is

Ghanzi Craft wat al die kulturele items uitstal. Nog ‘n winkel is ‘n outydse winkel, Hollandia van mev Nelie de Graaf.

Hierdie area was eers bewoon deur die Khoi en die San, maar met die koms van die Europese Settelaars het hul net San

daar gevind. Verder Noord vind ons D’Kar wat oorspronklik ’n plaas was van ene Michael Taljaard, ’n Dorsland trekker.

Ons ry verder Noord tot by Maun. Maun kreoel gewoonlik van 4x4 voertuie en is die toegangsroete na die Okavango

Delta. Maun is in 1915 gestig deur die Batatwana’s, ‘n splintergroep van die Bagwate. Die naam beteken ‘Plek van riete’.

Ons kamp net buite Maun in ‘n goed toegeruste kampterrein

Donderdag 12 Mei : Maun na Xakanaxa (Moremi)

Ons is vanoggend weer 8 uur in die pad. Almal behoort noual opgewonde te wees om by die parke uit te kom. Ons slaap

vanaand in Xakanaxa in die Moremi. Dis net 136km maar ons sal waarskynlik die heeldag ry en middagete langs die pad

geniet. Dit is ‘n tweespoorpad met sand en baie skommel. Die plan is om 2 nagte in dieselfde kamp te bly. Hier is wel

‘n kampterrein, maar ons berei onsself voor asof daar nie is nie, aangesien mens nooit seker is wat om te verwag nie.

Soms is daar niks en soms is jy aangenaam verras. Moremi Wildkamp is op 15 Maart 1963 geproklameer. Gedurende

daardie tyd was die area onder die beheer van die Batawana’s. Dit is na Hoofman Moremi III se weduwee vernoem wat

op daardie stadium by haar oorlede man oorgeneem het. Moremi beslaan ongeveer een derde van die Okavango en is

een van die gewildste bestemmings in Afrika. Die oppervalk beslaan ongeveer 3 825km 2 . Die beste tyd om die area te

besoek is tussen April en Oktober. Alhoewel die wild oral vryelik rondbeweeg het mens tog ‘n gevoel van veiligheid. Dis

grootliks Mopanie bome wat hier voorkom en sommer woude vorm. Die seisoenale panne, sout panne en riviere lok ‘n

groot verskeidenheid wild- en voëllewe. Moremi stel nooit teleur nie! Diere wat hier gesien kan word is olifante, leeus,

seekoeie, buffels en die meeste ander wild. Gedurende die reënseisoen verdwyn hul in die Mopanie woude maar

gedurende die droë seisoen sien ons hul langs die riviere. Die drie gewildste bestemmings in die Moremi is Third Bridge,

Xakanaxa en Khwai.

Vrydag 13 Mei : Xakanaxa (Moremi)

Ons kan vanoggend bietjie later aan die beweeg kom. Jy sal natuurlik genoeg tyd kry om vroegoggend ‘n draai te gaan ry

om ‘n paar diere te sien, veral as jy op soek is na ’ n mooi foto of twee.. Ons ry so ongeveer 100km in totaal. Hier is vier

kampterreine - South Gate, North Gate, Xakanaxa en Third Bridge. Ons slaap weer by Xakanaxa. Plekke om te besoek is

die Mboma eiland wat uit drie sirkelroetes bestaan. Die Mboma eiland roete in die Noorde, die Third Bridge roete in die

middel en die Fourth Bridge roete in die suide. Die paaie op die roetes is baie sanderig en neem lank om te ry. Een van

die hoogtepunte is om op die Mokoro’s te ry by Third Bridge. Daar is ook bootritte wat gedoen kan word. Dan is daar

die Magwexlana Poele naby Forth Bridge oppad na Third Bridge. Hierdie is ‘n pragtige area met soutpanne wat ‘n groot

verskeidenheid voëllewe lok. Hier is ook baie krokodille te sien. Third Bridge is ‘n moet. Hier sien jy leeus, luiperde,

cheeta’s en olifante, maar die bobbejane is nogal ‘n probleem. Die van julle wat op vorige toere dalk verras was oor my

“Attitude” teenoor ‘n bobbejaan sal waarskynlik hier leer waar dit vandaan kom.

Saterdag 14 Mei : Xakanaxa na Khwai

Ons kuier steeds in die Moremi. Ons het so 50km om te ry tot by ons slaapplek. Dit sal weer heeldag

tweespoorpaadjies wees en diere kyk. Middagete sal langs die pad wees. Die aand is dit weer ‘n kampterrein maar ons

maak weer voorsiening asof daar nie geriewe is nie. Onthou, in hierdie wêreld is daar nie winkels nie en ook geen

selfoon ontvangs nie. Nog areas om te besoek is die Dooie Boom Eiland naby Xakanaxa omdat daar baie wild en

voëllewe in die area is. Dan is daar die Bodumatau roete wat jou neem oor oop sandvlaktes en deur Mopanie veld na

die Bodumatau soutpanne en soms moet hier deur diep water gery word om die plekke te bereik. Daar is dikwels

troppe olifante en Lechwe’s en die area is ideaal vir cheeta’s. Dan is daar die Bodumatau seekoei poele. Paaie mag

modderig wees. ‘n Ander besienswaardigheid is Chief’s Island en hier is die kans goed om die groot vyf te sien aangesien

renosters ook in die area voorkom. Ons eindbestemming vandag is Khwai by North Gate. Daar is drie kampterreine in

Khwai. Al die roetes in die Khwai vloed area word aanbeveel. Dit begin by die Dombo Seekoei poele tot by Khwai Hek

en dan weer tot by Mochaba. Die seekoei poele is ongelooflik mooi as die son ondergaan.

Sondag 15 Mei : Khwai (North Gate) na Savuti

Die omstandighede is steeds dieselfde. Ons beweeg net van Park na Park. Middagete langs die pad. Kampterreine is

beskikbaar maar ons verwag niks. Hou in gedagte dat daar heelwat modder en water op van die paaie mag wees. Savute

is geleë aan die Westelike deel van die Chobe Nationale Park. Gedurende die droeë maande word die area gekenmerk

aan die droeë landskap en kaal kameeldoring bome. Diere word dan oral by waterpoele aangetref. Snags hoor mens

die Olifante trompetter, die leeus brul en die Hiënas lag. Impala’s en Jakkalse kom oor hier voor. Gedurende die

reënseisoen trek die Savuti ook duisende voëls. Die Savute kampterrein word gekenmerk deur ‘n muur wat opgerig is

om die olifante uit te hou omdat hul groot skade aangerig het op soek na water. Ander boomsoorte wat hier aangetref

word is die Boabab en die Wortelboom. Gedurende die reënseisoen kom duisende Zebra’s en Wildebees vanaf Linyati

hierheen agter die voedsame gras aan. Gedurende die droeë seisoen beweeg die meeste weer terug Linyati toe omdat

daar permanente water is.

Maandag 16 Mei : Savuti na Kasane

Vandag ry ons tot by Kasane waar ons drie nagte gaan slaap. Hier is weer winkels, selfoonontvangs en al die nodige

goed. Die pad is gedeeltelik die oggend nog tweespoor, maar word later ‘n grootpad en selfs teerpad. Vanaf Savute na

Kasane via die Sidudu-, Ngoma en Poha hekke is meestal sanderig met een slegte plek naby Ghoba Heuwels waar die

pad met water opvul gedurende die reënseisoen. Die pad tussen Kasane en Ngoma Hek is geteer, maar wees waaksaam

want diere kruis die pad oppad na waterpoele. Die pad tussen Ngoma Hek tot by Kachikau is harde grondpad met vele

slaggate. Vanaf Kachikau tot by Ghoba Hek is dit dik rooi los sand. Die afstand is net oor die 200 km en hier kan die

brandstof tenks weer volgemaak word.

Ons beplan om vanaand op ‘n bootrit op die Chobe te gaan. Dit is ingesluit by die toerprys. Dis gewoonlike ‘n

onvergeetlike ervaring met baie diere en baie mooi sonsondergange.

Dinsdag 17 Mei : Kasane – Victoria Valle - Kasane

Vanoggend ry ons Victoria Valle toe. Ons sal weer nie later as 8 uur in die pad wil wees nie. Dis wel net 90km, maar daar

lê twee moeilike grensposte voor. Om koste te bespaar ry ons met die minste moontlike voertuie. Die kampterrein sal

veilg wees vir ons goed. Middagete sal by ‘n eetplek by Victoria Valle wees. Ons beoog om die aand voor donker terug

te wees in die kamp sodat daar nog kos gemaak kan word. Dis al die pad teerpad.

Kasane is strategies geleë aan die Noord-Oostelike hoek van Botswana waar die Caprivi Strook (Namibië), Zambia,

Botswana en Zimbabwe bymekaarkom. Dit is ook geleë by die ingang tot die Chobe Nationale Park en die ideale plek

om ‘n toer deur Botswana af te sluit. Dit is slegs 80km van die bekende Victoria Watervalle en een van die top toeriste

dorpe in Botswana. Die Chobe Rivier is vir jare die lewensaar van die gebied en tussen hom en die Zambezi Rivier kan

daar vis gevang word, boottoere onderneem word en ‘n besoek aan die watervalle gebring word. Hier kan buffels en

olifante sommer in die strate gesien word.

Kasane is die administratiewe sentrum vir die Chobe distrik en dateer uit die 1930’s toe Kolonel Charles Rey, Britse

Kommisaris, die nodigheid gesien het om die Chobe te beskerm teen wild en boomstropers. Die Boabab boom agter die

polisiestasie in Kasane het gedien as gevangenis in daardie tyd. Een van die ander bekende besienswaardighede in die

area is die Reptiel Sentrum wat fokus op die gewoontes en beskerming van reptiele. Hier kan buffels en olifante soms

sommer in die strate gesien word.

Woensdag 18 Mei : Kasane – Namibië - Kasane

Vanoggend ry ons op die teerpad Namibië toe vir ongeveer 80km. Dan ry ons al teen die Chobe langs weer terug tot by

Kasane. Dit sal ‘n heel dag rit wees waar ons waarskynlik baie diere en veral olifante sal sien. Middagete sal weer langs

die pad geneem word en die aand kuier ons lekker saam in Kasane.

Die Chobe bestaan hoofsaaklik uit vier areas om te besigtig. Die Chobe Rivier Front, Savute, Nogatsaa en Linyati. Die

Chobe Rivier vorm die Noordelike grens. In die suidwestelike deel is dit die Moremi wildpark wat die derde grootse

wildpark in Botswana is. Die grootste park is die Sentrale Kalahari Park en die tweede grootste is die Kgalagadi. Die

beste tyd om te besoek is tussen Mei en Oktober. Die eerste inwoners was vermoedelik die San, maar deesdae is dit

meestal die Bayei en Basubiya stamme. Daar is vier verskillende plantegroei areas - die Akasia Sandveld area, die

Mopanie area, die Kalahari Miombo Plant area en die Rivier woud area. Chobe is wêreldbekend vir sy olifante aangesien

die grootste konsentrasie in Afrika hier voorkom. Wees versigtig vir die bobbejane, hiena’s en leeus wat baie skade kan

aanrig.

Donderdag 19 Mei : Kasane na Malyo Wildernis Kamp

Vanoggend is dit terug Namibië toe. Ons gaan by Katima Mulilo ‘n draai maak en so ‘n kykie kry van die grote Zambesi.

Ons ry al die pad teerpad, behalwe vir die stukkie waar ons teen die Kwando afdraai na ons slaapplek by Malyo Wildernis

Kamp. Dit is ‘n pragtige kamp geleë in Kongola, tussen Namushasha en die Mudumu kamp en baie naby Mamili - vir die

van julle wat die Caprivi Toer meegemaak het. Onthou die visstokke, want hier kan julle groot tiervisse vang. Pasop net

vir die krokodille.

Die Caprivi is ‘n nou landstrook van ongeveer 400km lank. Duitsland het die area in 1890 vir Zanzibar verruil. Dit is na

die Duitse kansellier, Graaf von Caprivi vernoem wat die kontrak met die Britte gesluit het.

Vrydag 20 Mei : Malyo Wildernis Kamp na Nunda Lodge

Hierdie is ons laaste dag. Ons ry na Nunda Lodge waar ons ons laaste aand saam gaan kuier. Behalwe vir die stukkie

goeie groot grondpad van Malyo af is dit alles teerpad. Ons gaan by Buffalo ‘n draai maak voordat ons by Nunda kamp

maak. Nunda lê teen die Okavango rivier. Vanaand hou ons lekker afskeidspartydjie. Die ete is in die Lodge.

Hierdie nuwe kamp is geleë naby Divundu in die Caprivistrook, langs die Kavango Rivier . Nunda River Lodge is naby twee

wildparke nl. Mahango en die nuut geproklameerde Bwabwata, voorheen die Caprivi Wild Park en Buffalo Park. Aan die

een kant, slegs twee kilometer verder is die uiters bekende en gewilde Popa Valle, met Ngepi Kamp aan die ander kant.

Dit is dan ook hier waar ons amptelik die toer afsluit. Hiervandaan kan elkeen besluit of hul wil terugkeer huistoe en of

hul nog bietjie wil vertoef. Ons word bederf met ‘n heerlike ete by die Lodge. Hier kan jy visvang, wildbesigtiging doen

of op ‘n bootvaart gaan.

Saterdag 21 Mei : Nunda Lodge - Huistoe

Dis vanoggend ons laaste ontbyt en afskeid. Die toer is amptelik verby. Hiervandaan kan jy self kies hoe jy wil terugry.

Jy kan oor Rundu en Grootfontein Windhoek toe ry of jy kan deur Botswana oor Ganzi en Gobabis Windhoek toe ry. Die

afstand is so na aan 1000 km op albei roetes. Niks keer jou natuurlik om langer te bly of nog ander plekke hiervandaan te

besoek nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!