04.05.2013 Views

Die enigste ware evangelie

Die enigste ware evangelie

Die enigste ware evangelie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die enigste ware evangelie

God vra net dat ons gehoorsaam moet wees

Alles anders is gebooie van mense

Ons glo die evangelie van God. Nie die besoedelde weergawe (POLLUTED VERSION) van nuwe

testamentiese herskrywers, of moderne teoloë se vertolkings nie. God self is die aanvoorder en

samesteller van die evangelie, en daarom is dit onveranderlik en ewig, en nie Jesus of God het enige

mens die mag gegee om dit te wysig of te verander nie. Ook nie om dit aan enigeen anders toe te skryf

nie. (Ons hoor gereeld van die evangelie van Lukas, ens.)

Rituele, seremonies en sakramente het NIKS met geloof in God te doen nie. Net so ook het

paleontologiese navorsing, berekeninge om die ouderdom van fossiele te bepaal, evolusie en mutasie

van enige spesie, ook geen effek op ons geloof in God nie. God het self gesê Hy is ’n God van die

lewendes, en die verlede, net soos al daardie dinge en goed, is dood en lankal verby. Daardie dinge is

net ’n studieveld vir geleerdes, en dit het geen effek op ons gevoel van vrede en geloof in die enige

God nie.

Die hedendaagse tendens is reeds kort na die stigting van die antieke christelike kerk

vervolmaak. Dis is om, net soos die Skrifgeleerdes en Farisiërs van Jesus se tyd, leerstellings en

rituele op die aanbidders af te dwing. Ons hoor vandag nog van sulke voorvalle. Metodes van

aanbidding word bepaal en vasgestel om die leerstellings van sekere kerke of individue as uniek te

ondersteun en dit as komende van God vas te lê.

Eerstens moet ons dit duidelik stel dat ons GEEN reëls maak nie, en dat ons GEEN Rituele

onderhou nie. Ons berus by dit wat God self ingestel en georden het. Ons onderwerp ons ook

alleenlik aan die wil van God, en handhaaf die evangelie wat Hy beveel het.

Dus moet ons kyk na die belangrikste "Sakramente" wat deur die meeste gelowiges nagekom

word.

1. Die RKK aanbid "Moeder Maria" as die 'Moeder van God' om namens hulle by God

voorspraak te maak in al hulle wense. Ons verwerp dit in totaal! God, of Jesus het dit nie

een plek in enige Bybelboek aanbeveel nie, en dit is ten volle ’n menslike verordening, en

dus nie van Goddelike oorsprong nie, en verseker nie navolgbaar nie.

2. Alle gelowiges pas die "Afwassing van sonde deur die doop"

in die een of ander vorm toe. Ons verwerp dit absoluut! Geen

water KAN SONDE afwas nie! Jesus het dit wel toegelaat om

self deur sy neef, Johannes, gedoop te word. Uit Johannes se

mond was dit ’n teken dat hulle die valsheid van die Fariseërs

verwerp het, en niks anders nie. Jare later het sekere apostels

dit egter gepropageer en begin beoefen.

3. Skynbaar glo die meeste kerke en sektes dat "jy jou sonde moet bely" in die openbaar as

voorwaarde vir vergifnis van sonde. Ons verwerp dit heeltemal. As God jou vergewe het,

waarom moet jy jouself verneder in die openbaar sodat ander jou kan beskimp? AS JY NET

AAN God gehoorsaam is sal jou lewe die bewys wees van jou "bekering!" Almal sal dan

mos sien dat God jou vergewe het, en dat jy Sy wil doen.

4. Nagmaal is die een "sakrament" wat ons nie verstaan nie. Die

woord sakrament beteken "geheiligde aksie." Maar, daardie

"nagmaal" was net ’n gewone ete wat ’n paar vriende saam

genuttig het. Dinge wat tydens daardie ete gebeur het, glo ons nie

het daarvan ’n "geheiligde aksie" gemaak nie.

Die manier waarop dit geskied het was algemeen in daardie tyd, want almal het toe

saam die brood wat deur die tefelhoof gebreek is onder mekaar aangegee, en saam uit

dieselfde beker gedrink. Dit was gedoen omdat daar net een beker by so ’n geleentheid was,

en die brood moes, volgens die Joodse gewoonte, "gebreek" word deur die hoof van die tafel.

Tydens daardie ete het die dissipels tussen mekaar geargumenteer oor watter posisie hulle

moes beklee in Jesus se "regering," en Jesus het ook harde en veroordelende woorde gebruik

teenoor Judas. Was dit "geheiligde aksie?"

Hulle het destyds gladnie met messe en vurke ge-eet nie, maar het, soos dit die algemene

gewoonte was, met die hand ge-eet. Daardie gewoonte word vandag nog deur baie mense gehou,

vernaamlik in die meeste Afrika-lande. Dit bevorder eenstemmigheid en samehorigheid, en laat die

vriende en familie in gemoedelike vrede saam verkeer.

By die moderne "nagmaal" is die tendens om lidmate skuldig en ontrou aan Jesus te bestempel as

hulle nie deelneem, of ’n sekere mate van ootmoediging en nederigheid wys nie. Die lang en treurige

gesigte, wat veronderstel is om totale vreugde en dankbaarheid te wys, is dan ’n sogenaamde

aanduiding van ware toewyding! Nee dankie; nie vir ons wat daaglike met God lewe nie!

5. Daar is nog gelowe wat die "Voetewas" as heilig en noodsaaklik beskou . Ons verwerp dit.

Dit was deur Jesus net gebruik om sy arrogante volgelinge te leer dat die wat ander voorgaan

die nederigste en diensbaarste van almal moet wees. Dit moet sigbaar wees in jou elke-dag

lewe en omgang met alle mense, en moet nie net tydens die voetewas seremonie gewys word

nie.

6. Sekere kerke se "profete" of sieners. God het beslis nie een keer deur SY profete dit voorspel

dat daar in hierdie dae enige profete sou wees nie. Daar was wel gesê dat "...julle seuns en

dogters sal gesigte sien en drome droom...," maar ek kry nie een plek in al die Evangelies

waar profesie eerlik gebeur het nie, en Jesus het dit beslis nie bepreek of gemagtig nie. Daar

is net vae verwysings na sulke gebeure in sekere briewe van apostels wat baie jare later

geskryf is.

Nou, net om dit te verduidelik: Die woord profesie beteken "Godspraak" wat weer

beteken "praat namens God," asook "verkondiging van God se woord." Is dit dan nie die

werk van die leraar nie? So die titel wat deur kerke toegeken word aan lede asof hulle

profete sou wees, is gladnie soos God dit bedoel het nie. In die ou tyd het God NET deur Sy

profete met die mense gepraat, en NIE direk met die volk of selfs deur rabbi's (predikante)

nie. Die naaste wat mense destyds aan God kon kom, was om sy offers deur die priesters te

laat wy. Die mense mag dit nie eers self gedoen het nie. Die outydse profeet was ’n unieke,

uiters bertoubare mens wat deur God uitverkies was om Sy boodskappe aan die mense te

bring, en namens Hom met die mense te praat. Dit was al wat God van hulle verwag het, en

dit was al wat hulle gedoen het.

7. Praat in tale - of soos hulle sê, 'spreek.' Ons verwerp dit met minagting! Charismatiste vertel

ons dat hulle eers in "tale" kan praat wanneer hulle die "heilige gees ontvang" het! Volgens

die beskrywing van die oorspronklike voorval, het die dissipels NIE die Heilige Gees

"ontvang" nie, maar die Heilige Gees "het oor hulle gekom!" Dit sê dat God, wat gees is,

self tussen hulle gekom het vir Sy heilige doel. Daar is werklik ’n groot verskil tussen iets

ontvang, en iets wat oor jou kom. Iets soos God as Gees. Want God is heilig, en God is

gees. Dus is God die enigste Heilige Gees! Daar kon dus gladnie ’n aparte heilige gees

gewees nie. En vandag is ons nog meer oortuig dat God heilig is, en dat Hy die enigste

heilige gees is.

Ons lees egter dat God in elkeen wat Hom glo en aanneem kom tuiste maak. God kom woon

letterlik binne elke ware gelowige. As God binne jou woon, watter "heilige gees" ontvang jy dan

wanneer jy in tale praat? Dink jy werklik dit kan ons Skepper-God wees?

8. Die uitspreek van seën oor ander. Wie dink die mens is hy om namens God ander mense te

wil seën? Wanneer het God hom gemagtig om in SY heilige domein in te dring? Waar het

God dit beveel? Waar het Jesus dit beveel?

Selfs Jesus, as God se ambassadeur, het dit nooit gedoen nie; nie eers een keer nie! Omdat dit

nêrens in die skrifte deur God of Jesus ingestel is nie, is dit nie deel van God se plan nie. Dus is dit

deur mense ingestel sodat hulle self kan goed en belangrik voel omdat hulle, in hulle eie opinie, gelyk

aan God is.

Ons sê dat jy wel bemagtig is om God se seën op ander mense af te bid, maar nie die gewone

"die seën van God sal op jou wees," of "God sal jou seën" nie.

9. Lang gebede in die openbaar. Jesus het nie een keer in die openbaar gebid nie. Elke keer het

hy na ’n private plek, soos die tuin naby Jerusalem, gegaan om in afsondering met God te

praat. Hy het selfs nie sy dissipels toegelaat om by hom te wees nie, so ek weet nie waar het

die evangelieskrywers die woorde wat hy gebruik het gekry om te rapporteer nie. Dit sê

duidelik dat hy verder (weg van hulle) gegaan het om met God te verkeer.

Hy het die fariseërs "witgepleisterde grafte" genoem omdat hulle in die openbaar lang gebede

gedoen het. Jesus het ook gesê, "As jy bid, gaan na jou binnekamer, sluit die deur, en bid jou Vader

wat in die verborgene sien..." Dit is verseker nie verkeerd om te bid nie, maar dit mag nie kliphard in

die openbaar gedoen word nie. Daar staan geskryf, "God is nie ’n God van wanorde nie, maar van

vrede..." Dieselfde woorde geld ook vir die sprekers in tale.

Daarom moet jy na God gaan in privaatheid en nederigheid, en Sy lof en eer moet altyd eerste

gestel word, net soos in daardie wonderlik eenvoudige gebed wat Jesus sy dissipels geleer het. (Let

daarop dat Jesus dit nie gebid het nie.) Dit is bewys van hoe hoog Jesus se agting vir God was, want

nie een keer kom die eer na sy eie kant toe nie, en nie een keer het hy hard gepraat of dinge in

opgewondenheid gesê nie. Gebed is ’n baie privaat gesprek net tussen jou en God.

Iemand vertel my van sy vriend wie se 'gebed' God summier verhoor het. Skynbaar het hy

tydens ’n biduur kermend die Here gevra om te sorg vir twee nuwe bande vir sy motorfiets. Dit was sy

enigste transport. Die volgende oggend was daar twee nuwe bande op sy stoep, geskenk deur ’n

kerklid wat hom gehoor soebat het; dus is sy storie, net soos die van die gemeente, dat God hom

gehoor en beloon het! Was dit gebedverhoring, of was dit speel op die gcvoelens van eerlike mense?

Was dit nie miskien bedel deur "aanbidding" nie? Want God werk nie so nie; gaan lees weer jou

Bybel!

U mag enige deel, of die volle inhoud van hierdie artikel as E-pos na ander stuur, of dit afdruk en aan

vriende gee. Ons moet hulle sienings en opinies ook hoor. Stuur alle vrae, en lewer kommentaar op

die Webwerf: ekg.atotz.co.za

E-pos adres:kantoor@ekg.atotz.co.za.

of Faks: 086 750 1845.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!