04.05.2013 Views

Lewende Hawe Polis Bewoording (pdf)

Lewende Hawe Polis Bewoording (pdf)

Lewende Hawe Polis Bewoording (pdf)

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Lewende Hawe

Polis bewoording

Onderskryf deur LBIC

INHOUD

Die Polis 3

Belangrike Inligting 3

Interpretasie 4

A Definisies 5

B Dekking 6

Dekking verleen 6

Addisionele dekking teen verkluiming 6

Addisionele dekking teen diefstal 6

Dekking teen siektes 6

Tydperk van dekking 6

Toepassing van Bybetaling 6

C Spesifieke uitsluitings 7

D Algemene uitsonderings 8

E Eise Voorwaardes 9

Kennisgewing van voorval van skades 9

Skadebepaling deur taksateur 9

Samewerking met taksateur 9

Skade verligting 9

Berekening van vergoeding 9

Belasting op Toegevoegde Waarde 10

Totale eis betaalbaar 10

Betaling van vergoeding 10

Geen eis vergoeding indien premie nie betaal is nie 10

Karkas eienaarskap 10

Kennisgewing van diefstal 10

Eisevergoeding vir diefstal 10

Bewys las 10

Belanghebende derde partye 10

F Algemene voorwaardes 11

Versekering van kudde in geheel met identifisering van onversekerde diere 11

Meer as een plaas verseker 11

Versorging van kudde 11

Goeie gesondheid van diere met aanvaarding van polis 11

Kennisgewing van risiko verandering 11

Gesamentlike versekerdes 11

Kansellasie 11

Ander versekering 12

Ooreenkoms sonder benadeling van Versekeraar se verhalingsregte 12

Kwytskelding 12

Premie en BTW 12

Minimum premie 12

Verbreking van voorwaardes 12

Geskilbeslegting 12-13

Vervanging 13

Bewys las 13

Waarborg van magtiging 13

Skeibaarheid 14

Jurisduksie 14

Volle ooreenkoms 14

2

DIE POLIS

Onder hierdie polis verskaf „die Versekeraar‟, Land Bank Insurance Company Ltd

(Registrasie Nr. 1954/03095/06) van Eco Glade 2 Office Park, Blok D, Witch Hazel

Straat, Highveld Ext 75, Centurion, versekering aan die persoon genoem „die

Versekerde‟ volgens hierdie polis. Agricola is die handeldrywende naam van Agricola

Onderskrywings Bestuurders (Edms) Bpk, wat aangestel is as die

Onderskrywingsbestuurder van die Versekeraar.

In hierdie polis, verwys “sy” of “ons” na die Versekeraar en “u” verwys na die

Versekerde.

BELANGRIKE INLIGTING

Lees die volgende opmerkings sorgvuldig deur. Dit sal help om te verseker dat u

dekking effektief en toepaslik is.

Die versekerde se plig ten opsigte van openbaarmaking

Voordat u „n kontrak vir Lewende Hawe met ons sluit, het u „n plig teenoor ons om

alle relevante inligting wat aan u bekend is of wat verwag kan word om aan u bekend

te wees, wat moontlik ons besluit om die versekering te aanvaar of nie, kan beïnvloed

aan ons te openbaar.

Dieselfde geld indien u, u Lewende Hawe versekering kontrak wil wysig.

Nie Openbaarmaking

Indien u nie u pligte t.o.v. openbaarmaking nakom nie, kan ons aanspreeklikheid

dienooreenkomstig verminder of kan die kontrak gekanselleer word.

Indien die openbaarmaking vals is, kan ons die kontrak as nietig beskou van die

begin af.

Ons mag vergoeding verminder indien die ooreenkoms ons verhalingsregte

benadeel.

U moet nie „n kontrak of ooreenkoms aangaan wat u reg om te verhaal aan bande lê

of uitsluit ten opsigte van wat onder hierdie polis gedek is nie. Indien dit gedoen word

of indien dit reeds gedoen is, is ons by regte om die eis te verwerp.

3

INTERPRETASIE

• Die aanhangsels vorm deel van hierdie polis en spesifiek die aansoekvorm, die

kwotasievorm en die kaart vorm deel van hierdie polis en “hierdie polis” sluit die

aanhangsels in.

• Die reël van konstruksie dat die polis uitgelê sal word teen die party wat

verantwoordelik is vir die opstel en voorbereiding van die polis, sal nie van

toepassing wees nie.

• Enige onderneming deur u om nie „n sekere daad te verrig nie sal insluit „n

verpligting om nie toe te laat dat sodanige daad deur „n ander persoon verrig word

nie.

• Verwysing na skriftelik sluit in beeldsending (telefaks), elektroniese pos en

soortgelyke wyses van kommunikasie.

• Die interpretasie van hierdie polis en die regte, verpligtinge en ondernemings van

die partye sal gereguleer word deur en uitgelê word in ooreenstemming met die reg

en die wette van die Republiek van Suid-Afrika.

• Vir doeleindes van hierdie polis sal uitdrukkings dieselfde betekenis hê as in Die

Korttermyn-Versekeringswet 53 van 1998 en indien daar enige botsing is tussen

die terme van hierdie polis en die bepalings van Die Korttermyn-versekeringswet,

dan sal die bepalings van sodanige wet van toepassing wees.

4

A Definisies

Toevallige dood is wanneer versekerde dier(e) vrek as gevolg van onvoorsiene

besering, ingesluit maar nie beperk tot die vrektes as gevolg van

weerlig, brand, versuiping of noodgedwonge slagting.

Dier beteken die beeste tussen ses(6) maande tot tien(10) jaar oud en

skape en bokke tussen vier (4) maande en sewe(7) jaar oud soos

deur u aangebied, deur ons aanvaar en uiteengesit is in u skedule.

Noodgedwonge

slagting is wanneer „n dier as gevolg van „n ongeluk of siekte van kant

gemaak moet word om lyding te verlig. Hierdie noodgedwonge

slagting moet voorafgegaan word met „n ondersoek en

aanbeveling van „n veearts na goedkeuring deur ons.

Gebeurtenis beteken die dood en/of diefstal van enige versekerde dier(e) binne

agt en veertig uur na „n spesifieke voorval.

Plaas beteken die plaas waar die diere aangehou word soos aangetoon

in u skedule.

Staatskoste beteken staatsbelasting, kostes en heffings wat Belasting op

Toegevoegde Waarde insluit.

Verkluiming is waar die dier vrek as gevol van lae temparatuur en bevestig is

deur „n veearts sertifikaat as verkluiming.

Versekerde Waarde is die waarde van elke dier soos deur u aangebied en deur ons

aanvaar is en aangedui is in die versekering skedule.

Markwaarde beteken die verkoop waarde soos deur die mark bepaal en deur

ons aanvaar is.

Diefstal is die onwettigge verwydering van enige versekerde dier(e) vanaf

u plaas nadat geforseerde toegang of uitgang van u plaas verkry

is.

Totale Bedrag

Betaalbaar is die kombinasie van die Premies en Staatskoste

Transito is die dekking gebied vir die tydperk vandat u dier(e) op u plaas op

„n voertuig gelaai word en vervoer word tot n aflaai punt in Suid-

Afrika binne 100km van u Plaas. Dekking staak sodra die dier(e)

van die voertuig af is.

B Dekking

Ons verleen dekking aan u, onderworpe aan die voorwaardes en

uitsonderings soos uiteengesit in u polis.

1. Dekking verleen

Ons verskaf dekking teen die dood van die versekerde dier(e) direk as gevolg

van:

Toevallige dood

Transito

2. Addisionele dekking teen verkluiming

Indien u polis aandui dat u dier(e) verseker is teen verkluiming word dekking

verskaf teen verliese gely direk as gevolg van verkluiming.

3. Addisionele dekking teen diefstal

Indien u polis aandui dat u dier(e) verseker is teen diefstal sal ons enige verliese

as gevolg van diefstal vanaf u plaas, nadat geforseerde toegang of uitgang

verkry is, vergoed. Die toestaan van hierdie dekking is geheel en al ons keuse.

4. Addisionele dekking teen siektes

U moet ons voorsien van „n veearts sertifikaat wat die gesondheid van u dier(e)

bevestig alvorens ons enige dekking verleen teen siektes.

5. Tydperk van dekking

Dekking onder hierdie polis tree inwerking 168 uur (7 dae) na 08:00 op die dag

waarop ons u aansoek aanvaar het. Dekking staak op die datum soos

gespesifiseer in u polis.

6. Toepassing van Bybetaling

Die bybetalings bedrag soos gespesifiseer in u polis sal altyd afgetrek word vanaf

die berekende eis.

C Spesifieke uitsluitings

Die polis verskaf nie enige dekking vir enige beserings of verliese veroorsaak,

hetsy direk of indirek, deur enige van die volgende voorvalle nie:

1. Die wettige of onwettige besetting, besit neming of onteiening van die plaas(e).

2. Slagting sonder vooraf goedkeuring deur die Versekeraar behalwe waar die

slagting genoodsaak is as gevolg van menslikheidsredes.

3. Epidemies.

4. Onvrugbaarheid van diere.

5. Opsetlike handeling of nalatigheid deur die versekerde of sy gevolmagtigde.

6. Enige wetlike aanspreklikheid van enige aard.

7. Milt siekte, Brusellose, Vrotpoot, Johnes se siekte, Pleuro

Pneumonia(Longontsteking), Tuberkulose, Blou tong, Runderpes, Adeno Virus

Infeksie, Bakteriese Hipatetitus, BSE (mal koei siekte), Bovine Malignant

Catarrhal Koors(Snot siekte), Koridor siekte en Voëlgriep.

8. Inenting, vergiftiging, sterilisasie, brandmerk, foutiewe gebruik of die gebruik

maak van onopgeleide behandeling, vertrapping of versmoring ingesluit

gedurende vervoer van die dier(e).

9. Die bedoeling om te beseer of die moedswillige besering, ondervoeding, droogte,

swak boerdery praktyke, ouderdom, plundering, aangebore gebreke, gebrek met

ontwikkeling en enige ander oorge-erfde abnormaliteit of siekte as gevolg van

dragtigheid.

10. Onverklaarbare wegraak van dier(e), bedrog, uitbreuk en diefstal indien die

dier(e) nie op die versekerde plaas is nie.

11. Kwaadwillige beskadiging en/of kwaadwillige diefstal.

12. See vervoer of lugvervoer.

13. Doodmaak van die dier(e) op bevel van die regering of plaaslike regerings

inspekteur wat optree ingevolge die wet wat verband hou met diere-siektes.

14. Gevolglike skade van enige aard.

15. Indien uself toelaat dat dier(e) met aansteeklike siektes of infeksies in aanraaking

kom met die dier(e) wat verseker is of op dieselfde plaas waar die versekerde

dier(e) is, toegelaat word, behalwe indien U kan bewys of met redelikheid

aanvaar kan word dat u nie bewus was van die siektes of infeksies nie.

16. Indien u nalaat om dier(e) wat infeksies of aansteeklike siektes het onmidellik,

nadat u kennis daarvan verkry het, weg van u gesonde diere en in afsondering

aan te hou. Indien u nie die nodige en voldoende voorkomende maatreëls tref vir

die oordraging van aansteeklike siektes en infeksies nie.

17. Indien enige chirurgiese operasie uitgevoer word waarvoor ons nie vooraf

goedkeuring verleen het en die veearts nie deur ons goedgekeur is nie. Indien ‟n

veearts goedgekeur is vir die doel, moet die veearts ons voorsien van ‟n

sertifikaat wat bevestig dat die uitvoering van die operasie uitsluitlik die gevolg is

om beskerming te verleen aan u gesonde dier(e) teen kanse vir verspreiding van

infeksie of oordraagbare siektes.

18. Verlies as gevolg van vertraagde groei of gewigstoename van versekerde diere.

19. Indien die dier(e) verwyder word van die plaas sonder ons goedkeuring daarvoor.

20. Vervoer van dier(e) buite die grense van Suid-Afrika.

7

D Algemene uitsonderings

Die Polis verskaf geen dekking vir enige verlies of besering aan enige dier(e) wat

mag voortspruit hetsy direk of indirek as gevolg van:

1. OORLOG RISIKO

Ons sal geen eise vergoed wat direk of indirek mag ontstaan as gevolg van oorlog,

inval, die optrede van buitelandse vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is of nie),

burgeroorlog, rebellie, revolusie, opstand, militêre of selfaanvaarde gesag,

opdragte deur enige regering of openbare of plaaslike owerhede, plundering,

verwoesting en roof volgende op hierdie gebeurlikhede.

2. TERRORISME RISIKO

Ons sal geen eise vir verlies, skades, kostes of uitgawes vergoed wat direk of

indirek veroorsaak word deur terrorisme. Vir die doeleindes van hierdie uitsluiting

beteken terrorisme enige daad maar nie beperk tot die gebruik of dreigement van

geweld deur enige persoon of groep(e) persone, hetsy daar alleen opgetree word

of in verband met enige organisasie(s) of regering(s) wie as gevolg van die aard of

samehang daarmee verbind is of in verband met politieke, godsdienstige,

ideologiese, etniese of soortgelyke doeleindes met die bedoeling om enige

regering te beïnvloed en/of die publiek, of enige sektor van die publiek vrees in te

boesem.

Hierdie polis sluit ook dood, besering, siekte, verlies, skade, kostes of uitgawes van

enige aard uit wat direk of indirek veroorsaak word deur voortspruitend uit of in

verband met enige aksie geneem om dit te beheer, te voorkom, te onderdruk of op

enige wyse wat verband hou met boge-noemde uitsluiting.

3. ONTEIENINGS RISIKO

Ons sal geen vergoeding betaal ten opsigte van skade wat direk of indirek mag

ontstaan as gevolg van wettige beslaglegging, konfiskering of nasionalisering van

enige versekerde gewas of ingesamelde gewas nie.

4. KERNKRAG RISIKO

Ons sal geen vergoeding betaal ten opsigte van skade wat direk of indirek mag

ontstaan as gevolg van ioniserende uitstralings, kontaminasie deur radioaktiwiteit

wat afkomstig is van enige kernbrandstof of van enige kernafval weens die

verbranding van kernbrandstof of van enige self-onderhoudende

kernsplytingproses nie.

5. OPROER, ARBEIDSONLUSTE EN SOORTGELYKE RISIKO’S

Ons sal geen vergoeding betaal ten opsigte van skade wat direk of indirek mag

ontstaan as gevolg van die optrede van „n persoon wat deelneem aan „n oproer,

burgerlike beroerings of staak of uitgesluite werker, of „n persoon wat deelneem

aan arbeidonluste of wat kwaadwillig optree in opdrag of in samewerking met „n

politieke organisasie.

6. BESOEDELINGSRISIKO

Ons sal geen vergoeding betaal ten opsigte van skade wat direk of indirek mag

ontstaan as gevolg van deursypeling, besoedeling of kontaminasie, hoe ookal dit

voorkom.

7. CHEMIESE, BIOLOGIESE EN KERN RISIKO

Ons sal geen vergoeding betaal ten opsigte van skade wat direk of indirek mag

ontstaan as gevolg van chemiese, biologiese en kern ontploffing, besoedeling of

kontaminasie, hoe dit ookal voorkom nie.

8

E Eise Voorwaardes

1. Kennisgewing van voorval van skades

Indien enige voorval, wat mag aanleiding gee tot ‟n eis onder hierdie polis,

plaasvind:

Moet u die Agent of Agricola onmiddellik per telefoon, faksimilee of e-pos in

kennis stel.

Die Agricola skade rapport wat al die relevante inligting soos die datum van

verlies, die oorsaak van die verlies en die besonderhede van die dier(e) wat

ter sprake is, bevat, moet voltooi word.

U moet binne 7 dae na enige vrektes Agricola voorsien van ‟n outopsie

verslag wat voltooi is deur ‟n gekwalifiseerde veearts wat deur ons

goedgekeur is. Hierdie verslag moet elke dier aandui asook die oorsaak van

die vrekte. Die dier(e) moet uitkenbaar wees deur middel van die oorskyfie,

mikroskyfie, brandmerk ens.

Agricola sal ‟n taksateur aanstel wat die skade sal bepaal.

U mag niks doen of toelaat om gedoen te word wat dit vir die taksateur

moeiliker gaan maak om die skade te bepaal nie.

U moet ‟n afskrif van die skade rapport behou as bewys daarvan dat u wel

die skade gerapporteer het. Indien u nie oor ‟n afskrif beskik nie en ons het

geen rekord van die skade aanmelding nie, kan ons die eis van die hand wys.

2. Skadebepaling deur Tasateur

Agricola se taksateur sal die karkass(e) ondersoek, u skade bereken en aan ons

‟n aanbeveling ten opsigte van die eis stuur. Die finale besluit en waar nodig die

eis berekening ten opsigte van enige skade vergoeding sal deur Ons gemaak

word. Agricola sal die skadevergoedings bedrag bereken.

3. Samewerking met Taksateur

U moet u volle samewerking aan die taksateur gee. Dit sluit in stiptelike

nakoming van afsprake en billike versoeke, insluitende versoeke om:

Toegang te verleen tot u versekerde plaas of rekords te alle tye

Enige inligting te verkry

Enige inligting te verskaf

Rekords te skep en te bewaar

4. Skade verligting

U moet alle redelike stappe neem om enige skades, wat gedek is onder hierdie

polis, te voorkom of te minimaliseer.

5. Berekening van vergoeding

Ons sal u vergoeding as volg bereken:

Die versekerde waarde of die huidige markwaarde van die dier(e) op die

dag van vrekte, welke die minste.

Vanaf hierdie bedrag sal ons die bybetalingsbedrag soos aangetoon in u

polis aftrek.

9

6. Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW)

Indien u enige eise vergoeding van ons ontvang, sal die eisebedrag BTW insluit.

7. Totale eis betaalbaar

Die berekening soos uiteengesit in artikel 5 en 6 bepaal die totale eis betaalbaar.

Die totale eis betaalbaar kan nie die versekerde waarde minus die bybetaling

oorskry nie.

8. Geen eis vergoeding indien premie nie betaal is nie

Soos voorsien deur die wet sal geen uitbetaling van eise gedoen word indien

premies of enige ander bedrae wat uitstaande is, nie betaal is nie.

Indien ons aanspreeklikheid ten opsigte van enige eis ontken en ‟n dagvaarding

nie binne 90 dae na ontkenning gedien word nie, word alle voordeel kragtens

hierdie polis ten opsigte van sodanige eis, verbeur.

9. Karkas eienaarskap

Sodra ons enige eis vergoed het, is die karkas van die dier(e) die eiendom van

Agricola totdat Agricola enige ander opdragte vir die verwydering van die karkas

toegestaan het vir u eie rekening.

10. Kennisgewing van diefstal

Indien daar van u dier(e) gesteel is, moet u dit aanmeld by die Suid- Afrikaanse

Polisie se vee diefstal eenheid. U moet ons voorsien van die saak nommer.

Indien U die diefstal nie aangemeld het nie, is Ons geregtig om die eis af te keur.

11. Eise vergoeding vir diefstal

Alle eise waar diefstal plaasgevind het sal eers na 60 dae vanaf die

kennisgewing aan ons gemaak word. Indien daar gesteelde dier(e) teruggekry

word sal hierdie dier(e) die eiendom van Agricola wees. U moet u samewerking

aan ons verleen met enige aksies vir die opspoor van die gesteelde dier(e) hetsy

u al die eis ontvang het of nie.

12. Bewys las

Indien daar enige dispuut ontstaan ten opsigte van die oorsaak van vrektes moet

u kan bewys dat die oorsaak wel gedek word onder hierdie polis.

13. Belanghebende derde partye

Ons is geregtig om „n eis aan „n persoon te betaal wat aangedui is op die polis as

‟n sessie houer.

10

F Algemene Voorwaardes

1. Versekering van Kudde in geheel met identifisering van onversekerde

dier(e)

U moet op u versekeringsaansoek al die dier(e) aandui wat op die spesifieke

plaas aangehou word.

Al die dier(e) moet:

Afsonderlik en uniek identifiseerbaar wees deur middel van „n oor plaatjie of

mikroskyfie;

Waar al die diere in ‟n kudde teen dieselfde versekerde waarde verseker

word is „n geregistreede brandmerk voldoende.

2. Meer as een Plaas verseker

Indien die polis aandui dat u dier(e) verseker wat op meer as een plaas

aangehou word, word die dier(e) op elke plaas afsonderlik hanteer met

betrekking tot die polis op die basis van die inligting in die polis wat verband hou

met daardie plaas

3. Versorging van kudde

U moet alle redelikke voorsorg en maatreëls toepas om enige vrektes van die

dier(e) te voorkom. Dit sluit in die verskaffing van genoeg voeding, drink

water,behoorlike kampe, beskutting en stalle soos wat verwag kan word en in

ooreenstemming met goeie boerdery praktyke.

4. Goeie gesondheid van diere met aanvaarding van polis

U dier(e) moet in goeie gesondheid wees met aanvaarding van hierdie polis.

Hiervoor moet u ons in besit stel van ‟n gesondheidsklaring sertifi-kaat vanaf ‟n

veearts.

5. Kennisgewing van risiko verandering

Indien enige iets plaasvind of ontstaan wat ons risiko mag verhoog, moet u ons

dadellik daarvan, skriftelik in kennis stel.

6. Gesamentlike versekerdes

Alle verpligtinge in terme van hierdie polis met betrekking tot openbaarmaking of

die verskaffing van inligting sal gesamentlike en afsonderlike verpligtinge wees.

Enige versuim of doelbewuste veroorsaking van verlies of skade sal bindend

wees op alle versekerdes en sal alle versekerdes verhoed om in terme van

hierdie polis enige eis in te stel.

7. Kansellasie

U of u makelaar is op geen tydstip geregtig om sonder ons skriftellike

toestemming die polis te kanselleer nie, welke toestemming ons in ons deskresie

aan die voorwaardes wat ons goed ag, onderhewig kan maak.

11

8. Ander versekering

Indien dieselfde versekerde dier(e), soos gespesifiseer op die polis ten tye van

voorkoms van skade of verlies by „n ander instansie verseker is, aanvaar ons

slegs aanspreeklikheid vir „n proporsionele gedeelte van daardie skade of verlies.

9. Ooreenkoms sonder benadeling van Versekeraar se verhalingsregte

U moet nie „n kontrak of ooreenkoms aangaan wat u reg om te verhaal aan

bande lê of uitsluit ten opsigte van wat onder hierdie polis gedek is nie. Indien dit

gedoen word of indien dit reeds gedoen is, is ons by regte om die eis te verwerp

10. Kwytskelding

Kwytskelding van enige reg in terme van hierdie polis, sal slegs geldig en

bindend wees indien u skriftelik kwytgeskeld word deur ons op ‟n Agricola

briefhoof. Nie die taksateer of enige ander persoon het die bevoegdheid om

voldoening aan hierdie polis kwyt te skeld nie.

11. Premie en BTW

U moet ons „n premie betaal vir die versekering. U moet ook enige BTW wat

betrekking het op die versekering oorbetaal aan ons. Die kombinasie van die

premie en BTW word genoem die totale bedrag betaalbaar. Die bedrag moet ten

volle vereffen word op die dag soos gespesifiseer in u polis. Indien u in gebreke

bly om dit na te kom, kan ons die polis kanselleer.

U polis toon die totale bedrag betaalbaar. Die totale bedrag betaalbaar sal

verander indien ons instem om versekering te wysig .

12. Minimum premie

Daar is ‟n minimum premie wat betaalbaar is vir hierdie versekering.

13. Verbreking van Voorwaardes

Indien enige van die voorwaardes soos vervat in hierdie polis, nie nagekom word

nie sal ons by magte wees om die eis te verwerp/repidieer.

14. Geskilbeslegting

Indien enige geskil mag ontstaan oor die berekening van skade, kan die

versekerde weier om die eisvorm te teken. Die versekerde moet ons binne drie

dae na die bepaling van skade skriftelik van sy voorneme om die dispuut na ‟n

geskilbeslegtigingsproses te verwys, in kennis stel en terselfdertyd sy

deskundige benoem.

Indien die versekerde die eisvorm onderteken verval sy reg op „n geskilbeslegting

en is die oorspronklike skadebepaling finaal en bindend.

Ons benoem ook „n deskundige wat ons verteenwoordig. Die twee deskundiges

benoem gesamentlik „n skeidsregter. Indien daar nie ooreengekom kan word oor

„n skeidsregter nie, sal die betrokke tussenganger/makelaar „n skeidsregter

aanwys.

12

Tydens ‟n geskilbeslegtiging is slegs die twee deskundiges en die skeidsregter

teenwoordig.

Die twee deskundiges voer die arbitrasie uit volgens die bepalings van hierdie

polis en die voorgeskrewe prosedure. Indien hulle twee nie eenstemmigheid kan

bereik ten opsigte van die skade nie, word die aangeleentheid vir beslissing na

die skeidsregter verwys.

Die skade soos bepaal gedurende die geskilbeslegstingsproses sal onder alle

omstandighede die oorspronklike bepaalde skade vervang. Die beslissing is

finaal en bindend en geen appél kan daarteen aangeteken word nie.

U is verantwoordelik vir die koste van u deskundige.

15. Vervanging

Sodra die versekeraar aanspreeklik word vir ‟n eis, word alle regte en

verhalingsregte ten opsigte van die dier(e) betrokke by so ‟n eis, oorgedra aan

die versekeraar. Die versekerde sal aan die versekeraar alle informasie en billike

hulp verleen indien die versekeraar dit versoek.

Die versekerde sal, indien nodig, die versekeraar voorsien van alle nodige

dokumentasie wat die versekeraar in staat sal stel om namens die versekerde op

te tree.

Indien enige billike kostes met bogenoemde aangegaan word sal die versekeraar

aanspreeklik daarvoor wees.

16. Waarborg van magtiging

Elke natuurlike persoon wat hierdie polis namens ‟n regspersoon onderteken,

waarborg persoonlik dat die aangaan van hierdie polis deur die regspersoon

betrokke binne die regspersoon se bevoegdhede, bedoelings en magtiging is en

oortree nie enige bepalings van Die Maatskappyewet 61 van 1973, Die Wet op

Beslote Korporasies 69 van 1984 of Die Wet op die Beheer van Trustgoedere 57

van 1988 nie. Al die nodige stappe is geneem deur die betrokke regspersoon om

die onder-tekenaar van hierdie polis die nodige magtiging te verleen om namens

die regspersoon hierdie polis te onderteken en spesifiek sonder beperking, het

die direkteure, lede of trustees hierdie ooreenkoms spesifiek goedgekeur.

Indien die regspersoon wat veronderstel is om deur hierdie polis gebind te word

nie daardeur gebind is nie, vir enige rede hoegenaamd insluitend, maar nie

beperk nie tot, ‟n breuk van die waarborg soos vervat in hierdie klousule, dan sal

die persoon wat hierdie polis onderteken, gebind word deur hierdie polis as borg

en medehoofskuldenaar in die plek van sodanige regspersoon en sal dit

afdoende geag word dat sodanige persoon hierdie ooreenkoms in sy persoonlike

hoedanigheid aangegaan het.

17. Skeibaarheid

Indien enige bepaling of voorwaarde in hierdie ooreenkoms in geheel of

gedeeltelik bevind word om onwettig of on-afdwingbaar onder enige wet of teen

die publieke beleid te wees, dan sal sodanige bepaling of voor-waarde tot die

13

mate nodig geag word, nie deel te vorm van hierdie ooreenkoms nie en die

afdwingbaarheid van die oorblywende gedeeltes van hierdie polis sal nie

daardeur beïnvloed word nie.

18. Jurisduksie

Die partye stem toe en onderwerp hulle aan die jurisdiksie van die Pretoria

Hooggeregshof van die Republiek van Suid-Afrika in enige geskil voortspruitend

uit of aangaande hierdie polis.

19. Volle ooreenkoms

Die polis (met aanhangsels) vorm die volledige kontrak tussen die partye

aangaande die versekering van gewasse en geen wysiging, toevoeging of

ooreengekome kansellasie sal enige krag of werking hê tensy dit op skrif gestel

is en deur beide partye onderteken is nie.

Die partye stem ooreen dat geen ander terme of voorwaardes, hetsy mondeling

of op skrif en hetsy uitdruklik of geïmpliseerd, van toepassing sal wees nie.

Geen wysiging van hierdie polis sal enige krag of werking hê tensy dit op skrif

gestel is en deur of namens beide partye onderteken is nie.

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!