04.05.2013 Views

2012-09 Heemkring Newsletter - Drakenstein Heemkring

2012-09 Heemkring Newsletter - Drakenstein Heemkring

2012-09 Heemkring Newsletter - Drakenstein Heemkring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

het jy geweet van ...

NUUS VAN UIT DE OUDE WONING BL4

Ons ou foto’s is van onskatbare

waarde vir narvorsers

HIER BY die Heemkring word mens soms oorweldig deur die

hoeveelheid en kwaliteit inligting wat ons bewaar. Wat ‘n

verantwoordelikheid vir ons klompie vrywilligers wat sonder

betaling ons tyd afstaan om ons dorp se geskiedenis te bewaar.

Tog is daar altyd groot vreugde as ons en of ander brokkie

inligting afkom wat ‘n foto se genealogiese geskiedenis ontsluit.

Onlangs het een van ons lede vir die soveelste keer ‘n ou fotoalbum

oopgemaak en om deur al die fotos - sonder byskrifte - te

blaai. Met die blaai skuif ‘n klein koerantberiggie uit van agter

een van die foto’s. Meteens het ons ‘n van - Vervat - en die naam

en geboorte datum van ‘n baba dogtertjie ... en dit was genoeg om

die storie te begin ontrafel!

Die foto regs van Sophy du Plessis het byvoorbeeld ook

heelwat addisionele inligting bygekry. Haar volle name was

Sophia Alida du Plessis, en sy was die dogter van Cornelis Moll

du Plessis en Maria Cecilia Enslin, en die gesin het in ‘n huis op

Zeederberg Plein gewoon. Sophia of Sophy soos sy genoem is, is Sophia Alida du Plessis (1888-1903)

aan rumatiekkoors dood.

Soms sterf mense met skaars meer as ‘n doodsberig: soos Sina Olivier (8) wat op 6 Junie 1918 verdrink het toe

sy haar pa se middagete wolwassery toe geneem het. Somige foto’s is egter baie goed toegelig, soos die een wat in

1892 geneem is van die leerlinge van ‘n skooltjie op die plaas Ronwe in Klein Drakenstein. Volgens die foto het die

plaas het toe aan Jan en Annie Theron behoort. Die meeste van die kinders se vanne is Malherbe, Theron, Basson

en ook is daar ‘n paar Zeemans. Laasgenoemde was die broers en susters van die skrywer Alba Bouwer se ma!

Dus mense: al daardie foto’s wat sommer net los lê in ‘n laai of ‘n koevertjie - onthou om agter op te skryf wie

dit is. Oor vyftig of ‘n honderd jaar weet niemand meer nie!

Paarl se kortste straat ... Hierdie wandelpad op Paarlberg ...

Drakenstein Heemkring, 214 Hoofstraat, Paarl 7646 | www.drakensteinheemkring.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!