LUSERN KONING VAN DIE VOERE - NOVA FEEDS
LUSERN KONING VAN DIE VOERE - NOVA FEEDS
LUSERN KONING VAN DIE VOERE - NOVA FEEDS
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
April 2007

LUSERN – KONING VAN DIE VOERE

Jeanne Griffiths

Lusern is meesal bekend as ‘n baie goeie ruvoer wat met sukses in herkouer-diëte gebruik

kan word. Baie melkboere glo dan ook tereg dat ‘n kilogram of twee goeie lusern in ‘n

melkbeesrantsoen ‘n ekstra liter of wat in die melktenk kan beteken. Daar is egter ‘n logiese

verduideliking vir hierdie respons, en dit is nie net as gevolg van die goeie ruvoer nie…. Lusern het

vandag ook ‘n definitiewe plek as proteïenbron in ons gevorderde melkbeesrantsoene, veral in ‘n tyd

waar die grondstofkoste van algemene proteïenbronne soos soja oliekoek ens. ‘n opwaartse tendens

toon. Met behulp van die gevorderde voerformuleringsprogramme soos die wat voermaatskappye

vandag gebruik kan goeie kwaliteit lusern met welslae in rantsoene vir melkbeeste benut word.
April 2007

Die vraag is egter: wat is goeie lusern? Goeie lusern het ‘n redelike lae NDF-inhoud (neutraal bestande

vesel) en ‘n hoë proteïen-inhoud. Goeie kwaliteit lusern word gekenmerk deur ‘n hoë blaar : stingel

verhouding. Die energie- en proteïenwaarde van blare is aansienlik hoër as die van die stingels. Die

kwaliteit van lusern word grootliks bepaal deur die wyse waarop die lusern geproduseer is. Lusern

produksie is ‘n kuns en vandag verg dit ‘n hoogs wetenskaplike en gedissiplineerde aanslag om dit

suksesvol te kan doen. Oor die algemeen is dit nie die melkboer se probleem nie, want lusern word

meesal in die sentrale dele van ons land geproduseer terwyl melkery toenemend in die kus areas bedryf

word. Lusern moet dus aangekoop word en oor groot afstande vervoer word na die melkerye toe. Dit

maak van lusern ‘n duur ruvoer, maar ‘n goedkoper proteïenbron, mits die kwaliteit daarvan reg is.

Die doel dan van hierdie artikel is om na ‘n paar punte in die produksie proses te kyk wat die melkboer

nie altyd van bewus is nie, maar wat uiteindelik die kwaliteit van die produk wat gelewer word bepaal.

Eerstens is die keuse van die kultivar belangrik. Die kultivar moet geskik wees vir die klimaat en omgewing

waar dit gevestig gaan word.

Fig. 1: Die regte keuse van kultivar is belangrik

Daarna is dit belangrik dat die oppervlak waar die lusern gesaai word baie plat en gelyk moet wees. Elke

plantjie word dan op presies die regte hoogte gesny sonder om nuwe groei te belemmer. As die land

ongelyk is gaan daar meer sand in die lusern wees wat ‘n negatiewe effek op die voedingswaarde sal

hê.

2
April 2007

Die stadium van groei waarop lusern gesny moet word is baie belangrik. Indien die lusern te laat gesny

word, raak die plant “hard” as gevolg van lignifikasie van die veselfraksie. Dit het tot gevolg dat die

verteerbaarheid en derhalwe die energiewaarde dan daal. Hiermee saam kan ‘n daling in die proteïeninhoud

gepaard gaan. Die regte snystadium is net voor die lusern begin blom, maar definitief nie later as

vroeë blom nie. Indien daar dus tekens van die kenmerkende bloupers blommetjie in hooibale te sien is,

is dit ‘n goeie aanduiding dat die lusern te laat gesny is.

Fig. 2: Lusern se kenmerkende blommetjie

Die proses van platsny opsigself is ook nie so eenvoudig nie. Die plant moet op ‘n spesifieke hoogte, wat

vooraf bepaal word, afgesny word om te verseker dat groei volhoubaar sal wees.

Die stingel van die lusernplant is met ‘n dun lagie was bedek wat vogverlies beperk. Wanneer die lusern

egter gesny word, is dit belangrik dat dit so gou moontlik uitdroog tot op ‘n punt waar dit gebaal kan word

sonder dat die voginhoud van die baal te hoog is. Kondisionering van die plant gedurende die sny-proses

behels dat die plant deur ‘n stel rollers gekneus word en sodoende maak dat die stingel vinniger kan

uitdroog.

3
April 2007

4

Fig. 3: Lusern word plat gesny en in netjiese rye gegooi op ‘n land

Fig. 4: Rollers en lemme op ‘n platsnyer
April 2007

Nadat die lusern platgesny is, word dit vir 4 tot 6 dae op die land gelaat om droog te raak. Dit mag nodig

wees om dit om te draai sodat die onderste lusern ook droog kan word, maar hantering moet verkieslik

tot ‘n minimum beperk word om blaarverlies te voorkom.

Fig. 5: Lusern word op die land gelaat vir 4 – 6 dae om droog te raak

Wanneer die lusern droog genoeg is kan dit gebaal word. Die geheim hier is om die lusern te baal terwyl daar dou

op die blare is. Dou laat kleef die blare aan die stingels. Goeie produsente monitor die doupunt deur die nag en

baal dan lusern snags of soggens vroeg wanneer dit ‘n gunstige vlak bereik.

5
April 2007

Fig. 6: Lusern word vroeg oggend gebaal

Fig. 7: Die vog-inhoud van die klaar gebaalde lusern moet deurentyd gemonitor word

6

Die vog-inhoud van die bale

moet gemonitor word om

seker te maak dat lusern

nie te nat gebaal word nie.

Nat gebaalde lusern is ‘n

uitstekende omgewing vir

die groei van swamme en

kan baie nadelig wees. Nat

gebaalde lusern wat gemuf

is, is nie geskik vir voeding

van melkbeeste nie en indien

dit wel gevoer word, kan dit

‘n baie nadelige invloed op

die gesondheid en prestasie

van die koeie hê.
April 2007

Die produk wat uiteindelik op ‘n melkplaas beland moet dus verkieslik ‘n mooi groen kleur hê alhoewel

verkleuring buite om die baal in orde is. Die lusern moet nie te stokkerig wees nie, maar blaarryk en sag

sodat dit gemaklik met die hand gebreek kan word.

Dit is duidelik dat die produksie van hoë gehalte lusern baie harde werk verg. Daarbenewens word

goeie kwaliteit lusern vroeër gesny wat die opbrengs per hektaar verlaag. Melkboere moet dus bereid

wees om meer vir goeie kwaliteit lusern te betaal. Hoër melkproduksie vergoed egter vir hierdie hoër

kostes.

Begin kyk sommer vandag nog na die kwaliteitseienskappe van die lusern op jou plaas en vra gerus jou

tegniese adviseur om dit te laat ontleed om die gehalte daarvan te bepaal.

7
KWALITEITSTANDAARDE VIR

LUSERNHOOI

Bernard van der Merwe

Die Nasionale Lusern Organisasie het onlangs ‘n nasionale graderingstelsel vir lusernhooi

g e f i n a l i s e e r. Vo l g e n s P r o f H e n t i e v a n d e r M e r w e ( U O V S ) , f o k u s d i e s t e l s e l o p a k k u r a t e

monsterneming en vinnige en akkurate ontleding (NIR). Lusernhooi word geklassifiseer volgens

neergelegte kwaliteitstandaarde soos aangedui in die tabel. Die aangeduide fraksies word

gebruik om ‘n Lusernkwaliteitsindeks (LKI) te bereken wat ‘n aanduiding gee van die hooi se

voerwaarde. Die riglyne vir die fraksies dien as ‘n breë beskrywing van elke graad en die LKI

alleen sal die graad bepaal.

Tabel 1: Kwaliteitstandaarde vir lusernhooi (waardes op 100% DM basis)

Graad/

klas

Prima

1

2

3

LKI

April 2007

RP

> 116 > 20

18-20

116-93

> 18

16-18

92-65 > 16

14-16

< 65

< 14

11-14

SBV

NBV IVOMD

Vog

Vreemde

Materiaal

< 33 < 40 > 71 < 16 Afwesig

33-38 40-46 68.6-71.0 < 16

39-42 47-51 66.4-68.5

> 42

> 51

< 66.4

< 16

< 16

Afwesig

Aanwesig

Aanwesig

LKI = Lusernkwaliteits-indeks

RP = Ruproteien

SBV = Suurbestande vesel

NBV = Neutraalbestande vesel

IVOMD = In vitro - verteerbaarheid

van organiese materiaal