04.05.2013 Views

sportbeleid - Lscp.co.za

sportbeleid - Lscp.co.za

sportbeleid - Lscp.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LAERSKOOL CONSTANTIAPARK

SPORTBELEID

Geen speler mag gedwing word om die dag voor ‘n toets wedstryd te speel nie. Slegs as ‘n

ooreenkoms tussen die 2 spelers bereik word, mag wedstryde voor toetse gespeel word.

Die tennisleer en die lys van die spelers se telefoonnommers sal teen die tennisorganiseerder se

klas opgeplak word. Die tennisleer sal elke Maandag op datum gebring word.

Geen onderwyseres mag gedurende klasonderrigtyd gesteur word nie. Spelers en hul ouers

word ook vriendelik versoek om géén telefoonoproepe na-ure na die betrokke onderwyseresse se

wonings te maak nie. Navrae kan elke dag (vanaf 13:30 – 14:00) na skool gerig word. Indien

enige probleme opduik moet dit skriftelik aan die onderwyseres gestuur word vir aandag. Geen

inmenging van ouers gedurende wedstryde sal geduld word nie. Hierdie reëls sal streng

nagekom word!!

5. LANDLOOP

Dit is ‘n goeie geleentheid om middelafstandatlete fiks te hou met ‘n winterprogram en

voor te berei vir die atletiekseisoen (so ook vir ander sportsoorte).

Die AGN Landloopseisoen begin al in die 2de kwartaal en eindig laat in die jaar. Atlete kry hier

hulle Gauteng Noord Kleure as hulle Interprovinsiaal deelneem en neem dan ook aan die SA

Kampioenskappe deel indien hulle vir die span gekies word.

Die 3de kwartaal is die Skoleligas (saam met AGN), en atlete neem deel om gekies te word vir ‘n

Distrikspan waaruit die Gautengspan gekies word wat SA’s toe gaan.

5.1 ENKELE RIGLYNE

Landlopers in die laerskool staan in die begin van hulle deelnemers-periode. Ons as afrigters

moet ‘n basis lê vir stamina en kragwerk – daarom moet ons versigtig afrig en waak teen

ooreising en oorbelading. Probeer soveel as moontlik op sagte oppervlak oefen.

Afrigters moet self perspektief behou – atleet is aan die begin van deelname – dat ‘n lang pad

voorlê en dat prestasie geleidelik kom. Vroeë prestasie is ‘n bonus!!

Landlopers moet ingeskerp word dat hy as atleet teen homself kompeteer… dat ‘n mens nie altyd

hoef te wen om as ‘n sukses uit te stap nie en dat as jy verloor dit jou net motiveer om môre

weer beter te doen.

Leer van kleins af om waardige wenners sowel as waardige verloorders te wees! Wees nederig

met ‘n mooi gesindheid teenoor teenstaanders en ander afrigters.

Respekteer die eie van kindwees en kweek ‘n gevoel van respek teenoor afrigters, meerderes

en eie maats.

Leer eerlikheid van kleinsaf aan by Landlopers.

Landlopers moet van kleinsaf leer om aan te pas by alle omstandighede, bane ens. Afrigters

moet hulle lei om hulself te kan help en om selfstandig wedlope te kan hanteer.

Hou deeglik rekening met die groeiproses van seuns en dogters en hanteer die atleet op psigiese

en fisiese vlak daarvolgens.

Ons moet landlopers laat besef dat sukses afhang van gereelde, doelgerigt een vasberade

oefen.

Waak teen te veel kompetisies en veral die drang om voortdurend ‘n topprestasie te behaal –

eerder ontspannende basiese oefening as ‘n voortdurende gejaag teen die stophorlosie.

Bou die kind se hele menswees uit – veelsydig op alle terreine.

6. KRIEKET

6.1 KRITERIA VIR SPANKEUSES

Streef na die kies van die beste 11 spelers wat vir die bepaalde span kwalifiseer

Elke speler wat vir die skool speel wat O/13 is stel homself beskikbaar vir die eerste span.

Onder 7 en onder 8 seuns wat goed genoeg is mag gekies word vir die 0nder 9 A

of B span omdat daar geen krieket liga span vir daardie seuns is nie . Dit is ook

beleid van TITANS KRIEKET UNIE af dat dit so mag geskied.

7. HOKKIE

7.1 KWALIFIKASIES VIR SPANKEUSE

SPORTBELEID CP 20-08-2009.doc10-2007 17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!