04.05.2013 Views

Uitleg - Psalm 91 - Website.co.za

Uitleg - Psalm 91 - Website.co.za

Uitleg - Psalm 91 - Website.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Psalm 91 – Nick Maartens

Inleiding

(Lees eers die Psalm)

Omdat daar in Psalm 91 sulke wonderlike beloftes van seëning en beskerming voorkom, is

dit seker die psalm wat naas Psalm 23, die meeste deur gelowiges gelees en aangehaal

word. Vir my was dit juis dié beloftes wat veroorsaak het dat ek ernstige vrae daaroor begin

vra het. Hoekom, byvoorbeeld, lyk dit of Jesus die beloftes van Psalm 91 weerspreek deur te

voorspel dat gelowiges in hierdie lewe verdrukking gaan hê? (Joh.16:33). Wat van die

gelowiges wat op grond van Psalm 91 se belofte van beskerming, hulle geliefdes gedurende

die wêreldoorloë aan die Here opgedra het en hulle nogtans nooit weer lewend gesien het

nie? (Ps.91:7 -“al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand – na jou sal

dit nie aankom nie”). Hoe dikwels het ek ook nie al by die sterfbed van ʼn gelowige gestaan

en wonder hoekom die belofte om teen siekte beskerm te word, nie waar gekom het nie?

(Ps.91:6). Kom God Sy beloftes nie na nie, of het ek Psalm 91 verkeerd verstaan?

Dit was eers toe ek ʼn sekere leraar se verduideliking van Psalm 91 hoor, dat ek besluit het

om dié psalm vir myself te ondersoek. Op grond van die KJV vertaling van Ps.91:1: “He that

dwelleth in the secret place of the Most High shall abide under the Shadow of the Almighty,”

het hy verduidelik dat die beloftes net van toepassing is op dié wat dit regkry om in die

“secret place” van die Allerhoogste te kom. Hy het tabernakel-simboliek gebruik om te

verduidelik dat net dié wat deurdring tot in die allerheiligste gedeelte, d.w.s. net dié wat

daarin slaag om in God se teenwoordigheid te lewe, op die beloftes kan aanspraak maak.

Volgens hom, kom die meeste Christene in hul verhouding met die Here, simbolies

gesproke, nooit verder as die buite-hof van die tabernakel nie. Dit was sy verduideliking van

hoekom daar nog so baie negatiewe dinge met gelowiges gebeur. In die lig van Hebreërs

hoofstukke 9 en 10 is hierdie verduideliking nie vir my aanvaarbaar nie. Heb.10:19 verklaar

ondubbelsinnig dat ons deur die bloed van Jesus vrymoedigheid het om in die heiligdom in

te gaan. Dit hang nie van my werke-prestasie af nie! Ons lees ook in Ef.1:3 dat alle geestelike

seëninge na ons toe vloei op grond van ons geloof in Jesus en ons vertroue op Sy volbragte

werk. Kan u dink watter geestelike las word op gelowiges gelaai deur te verklaar dat hulle

eie toewyding bepaal in watter mate hulle die teenwoordigheid van God en die vervulling

van die beloftes van Psalm 91 ervaar? In teenstelling verseker die Woord ons dat op grond

van die bloed en die feit dat ons in Christus is, God ons nooit sal begewe of verlaat nie

(Heb.13:5).

Sommige gelowiges glo dat om die beloftes van Ps.91 in jou lewe te ervaar, moet jy net

onwrikbaar op hulle “staan.” Kyk ons na die Geskiedenis, sien ons dat ʼn menigte gelowiges,

net soos die oorspronklike apostels, as martelare moes sterf. Het hulle nie van die beloftes

van Psalm 91 geweet sodat hulle daarop kon staan om sodoende al die gevare vry te spring

nie?

Die ervaring van Israel en baie ander ernstige gelowiges, dwing ons om ondersoek in te stel

om uit te vind of hierdie psalm letterlik en onvoorwaardelik, net so op die individu van

toepassing gemaak kan word.

Hoe moet Psalm 91 dan verstaan word?

Verduideliking

Om Psalm 91 te verstaan, glo ek moet verskeie dinge in aanmerking geneem word. Eerstens

was hierdie psalm heel waarskynlik van toepassing op Israel wat as volk in ʼn nasionale

verbondsverhouding met God gestaan het. Wanneer hulle “sorgvuldig al die gebooie en

insettinge” van die Wet nagekom het, is hulle deur God beskerm en geseën (Deut.28:1-14).

Psalm 91 lees soos ʼn opsomming van dié seëninge. As hulle egter nie al die voorwaardes en

bepalings van die Wet nagekom het nie, het al die vloeke wat in Deut.28:15-68 genoem

word, hulle getref. Die hele op en af geskiedenis van Israel kan teen hierdie agtergrond

verstaan word: hou hulle die Wet, word hulle geseën, verbreek hulle egter die Wet, tref die

vloeke hulle (vgl.Ps.79:1, Ps.90:15).

In hulle byeenkomste is die Psalms gewoonlik as die Jode se gesangboek gebruik. Hulle sou

dus verstaan het dat die persoonlike voornaamwoorde “jy” en “jou” wat in Psalm 91 gebruik

word, na hulle verwys het.

As daar na vers 8 gekyk word, bestaan die moontlikheid dat die beloftes van hierdie psalm

ook na ʼn tydperk in die toekoms, wanneer God met al die goddeloses gaan afreken, verwys.

Dit gaan gebeur net na die tyd van “Jakob se verdrukking,” wanneer God die vyande van die

getroue oorblyfsel van Israel, gaan uitwis (Jer.30:7). Dit lyk of hierdie ʼn tydperk van

uitsonderlike Goddelike oordeel, in die vorm van pestilensie en oorlog, gaan wees. Vir die

oorblyfsel van Israel sal die belofte egter geld: “al val daar duisend” aan hul een kant en

“tienduisend” aan hul regterhand, sal hulle niks oorkom nie (Ps.91:7-8, Jes.33:13-16).

In die tweede plek bevat hierdie psalm profetiese verwysings van hoe God sy Seun Jesus op

aarde sou beskerm sodat Sy wil met Hom kon geskied. Die duiwel het dit blykbaar geweet,

want toe hy Jesus in die woestyn versoek, het hy Psalm 91:11 aangehaal en dit op Jesus van

toepassing gemaak: “Hy het sy engele bevel gegee aangaande U…” (Matt.4:6). Jesus het

hom nie weerlê deur te sê dat die psalm nie na Hom verwys nie.

Na die opstanding het die apostels ook geweet dat baie van die Ou Testamentiese Skrifte na

Jesus verwys. So byvoorbeeld haal Mattheus Hosea 11:1 aan en interpreteer dit as ʼn

profetiese uitspraak oor Jesus: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep” (Matt.2:15).

Slotsom

Daar is baie algemene beloftes in die Bybel, en spesifiek in die Nuwe Testament, wat op die

“wie ook al” van toepassing gemaak kan word, maar dit is onlogies om al die feite in

verband met Psalm 91 te ignoreer en al die beloftes summier op ons van toepassing te wil

maak. Ons moet versigtig wees dat ons nie ʼn interpretasie op ʼn sekere skrifgedeelte afdwing

wat nie in harmonie gebring kan word met die res van Bybelopenbaring nie.

Behalwe as God in Sy alwetende wysheid, negatiewe dinge toelaat wat in Sy groter heilsplan

inpas, sál Hy my red en beskerm van alle gevare. Wat ek in hierdie artikel skryf is nie om die

beloftes van Psalm 91 af te water, of om daarby by te voeg nie – ek skryf om te probeer om

in die konteks van die hele openbaring van God se Woord, die lyding van Jesus, die doring in

Paulus se vlees, die steniging van Stefanus en die smart en lyding van gelowiges

deur die eeue heen, te probeer verstaan. Ek probeer ook om aan ontnugterde gelowiges te

verduidelik waarom dit lyk asof God nie die beloftes van Psalm 91 vir hulle laat waar kom

het nie. Ek herhaal weer; dit sou onlogies en onwys wees om die konteks van Psalm 91 te

ignoreer en al die beloftes daarin vervat, net so op ons en ons geliefdes van toepassing te

maak.

Laat ons bly glo in God se beloftes in die Bybel, maar laat ons versigtig wees dat ons nie

sekere betekenisse daarop afdwing wat nie in harmonie is met die wyere konteks van

Skrifopenbaring nie.

Nick Maartens

Langenhovenpark, Bloemfontein

Sel: 0827826074

E-pos: nickmaartens@hotmail.com

Web. www.nickmaartens.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!