04.05.2013 Views

03/02/2013. OPENBARING REEKS: 'N BOEK WAT ... - Reon Du Plooy

03/02/2013. OPENBARING REEKS: 'N BOEK WAT ... - Reon Du Plooy

03/02/2013. OPENBARING REEKS: 'N BOEK WAT ... - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

03/02/2013. OPENBARING REEKS: ‘N BOEK WAT MY BANG MAAK! DEEL_02.

# - 1

INLEIDING:

Kom ons begin kortliks met hersiening oor verlede week se byeenkoms:

# - 2

Verlede week het ons gesien dat Openbaring ‘n brief, ‘n profesie en ‘n apokalips is.

As brief bevat die boek sekere inligting aan die geadresseerdes, ‘n profesie het nie

in die eerste plek die toekoms voorspel nie, maar die woord van God aan mense

tydens ‘n sekere tydperk verkondig.

‘n Profesie het aangesluit by wat gebeur en die wil van God in dié verband bekend

gemaak.

Dit het ook wel betrekking op die toekoms vir sover die toekoms aansluit by die

hede.

Die boek bevat dus nie bloot voorspellings uit die eerste eeu oor wat in die twintigste

eeu gaan gebeur nie.

Dit bevat die boodskap van God aan die kerk van destyds en het as sodanig ook ’n

boodskap vir die kerk vandag.

As Apokalips beteken dit dat die boek sekere kenmerke het waarvan die leser moet

kennis dra. Dinge soos simboliek en beelde, die groot invloed van die Ou Testament

op die gedagtewèreld van die skrywer; die omstandighede van die skrywe en die

invloed van die apokaliptiek op die vorm van die boek.

Hierdie week gaan ons kortliks stil staan by:

# - 3

Die tyd (konteks) van die skrywe,

Die skrywer self,

Die samestelling van die boek,

Die boodskap van die boek.

DEEL 1:

# - 4

(i) KONTEKS:

Die boek self gee hier en daar aanduidings van die omstandighede waarbinne dit

ontstaan het.

Die boek Openbaring is soos ‘n groot drama wat voor ons oë afspeel:

Die verhoog is die aarde soos wat dit deur die Romeinse Keisers beheers en

domineer word, en in besonder die gebied van die provinsie Asië. Die

Romeinse staat self word in verskillende tonele en kleure getoon:

o die kleure van die dier (13:1);

o die slegte vrou (groot hoer) wat langs die dier sit (17:1);

o die bloed van die martelare wat reeds gesterf het (2:13)

Tegelykertyd speel die nog meer “gewigtige” toneel tussen God en Satan

(12:1e.v.) agter die gordyn af.

o Die dier met sy sewe koppe en tien horings wat die Romeinse staat

simboliseer, kry sy krag van die draak, die Satan (13:2).

o Die Romeinse staat se lasterlike aktiwiteite word in die tweede dier

vergestalt. Hierdie tweede dier, die vals profeet (16:13,19:20; 20:10)

veroorsaak dat die eerste dier aanbid word. Die 2de dier verwys na die

Rykspriesters wat in die provinsies die aanbidding van die Romeinse

Keiser moes verkondjg en afdwing.

Die algernene situasie is goed bekend: daar is toenemende konflik en stryd tussen

die staat en die kerk,dit kan nie anders nie.

Die kerk bely dat Jesus die Here (Kurios) is en die staat sê dat die keiser Here

(Kurios) is.

Die slagveld is gereed vir die botsing.

Die vraag wat by ‘n mens opkom is na watter tyd in die geskiedenis hierdie

omstandighede moontlik kan verwys?

Die soort vervolging wat in die boek weerspieël word, geld vanuit ‘n geskiedkundige

perspektief die waarskynlikste in die regeringstyd van Domitianus wat as keiser vir

homself goddelike eer toegeëien het.

In Klein-Asië is die kultus van keiserverering baie lewendig beoefen en almal wat dit

teëgegaan het, is vervolg.

(ii) SKRYWER:

# - 5

Die skrywer identifiseer homself slegs as “Johannes” sonder enige verder

kwalifikasies.

(iii) SAMESTELLING VAN DIE BOEK:

# - 6

SKETSPLAN

A. CHRISTUS IN DIE KERK (1–3)

B. CHRISTUS IN DIE HEELAL (4–11)

C. CHRISTUS IN DIE GESKIEDENIS (12–22).

# - 7

A. CHRISTUS IN DIE KERK (1–3).

Die Verheerlikte gee sewe briefboodskappe aan die kerk.

1. Proloog (Inleiding) (1:1-8) “Hy kom!”

2. Eerste gesig (1:9–20)

3. Die briewe aan die sewe gemeentes (2:1–3:22)

# - 8

B. CHRISTUS IN DIE HEELAL (4–11).

Die Lam open die verseëlde boekrol waarvan die inhoud in die heelal ontvou,

naamlik verlossing en oordeel.

1. Die boekrol met sewe seëls (4:1–8:1)

2. Die sewe trompette (8:2–11:19)

# - 9

C. CHRISTUS IN DIE GESKIEDENIS (12–22).

Die draak en sy trawante in oorlog gewikkel teen die Lam en sy volgelinge. Dit loop

uit op die totale vernietiging van Babilon deur die bruid.

1. Die draak en die twee diere (12:1–13:18)

2. By die Lam op Sionsberg (14:1–5)

3. Die oordeel (14:6–20)

4. Die laaste plae (15:1–8)

5. Die sewe bakke met die toorn van God (16:1–21)

6. Die val van Babilon (17:1–19:4)

7. Die bruilof van die Lam (19:5–10)

8. Die oordeel van die twee diere (19:11–20)

9. Die ondergang van die Satan (20:1–15)

10. Die nuwe skepping (21:1–22:5)

11. Epiloog (Slot) Jesus kom weer (22:6–21) “Hy kom!”

(iv) BOODSKAP:

# - 10

Die boek bemoedig en versterk die kerk in daardie tyd, maar tegelyk wil dit as die

Woord van God die kerk deur alle tye, te midde van verdrukking en vervolging,

swaar en moeilikhede, wys op die oorwinning van Christus.

As Hooftemas kan ons die vlg. kortliks noem:

God se heerskappy

Christus se Wederkoms

Verlossing vir God se getroue kerk

God se oordeel is ‘n werklikheid

DEEL 2: BRIEF AAN DIE 7 GEMEENTES:

# - 11

# - 12

A. CHRISTUS IN DIE KERK (1–3).

Die Verheerlikte gee sewe briefboodskappe aan die kerk.

1. Proloog (Inleiding) (1:1-8) “Hy kom!”

2. Eerste gesig (1:9–20)

3. Die briewe aan die sewe gemeentes (2:1–3:22)

Skrifdeel:

Op 1:11 "Skrywe wat jy sien in ‘n boek op en stuur dit vir die sewe gemeentes:

Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea."

12 Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe ek omgedraai

het, het ek sewe goue staanlampe gesien

13 en tussen die lampe Iemand soos die Seun van die mens. Hy het ‘n lang kleed

aangehad en ‘n goue band om sy bors gedra.

14 Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur

gevlam.

15 Sy voete was soos geelkoper wat in ‘n smeltoond gloei, en sy stem soos die

gedruis van ‘n groot watermassa.

16 In sy regterhand het Hy sewe sterre gehad, en ‘n skerp swaard met twee

snykante het uit sy mond uit gekom. Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy

helderste skyn.

Gemeentes:

Al sewe gemeentes was op ’n hoofroete geleë.

’n Boodskapper met die briefbundel kon van die eiland Patmos (waar Johannes

was), eerste by Efese aandoen.

Van daar af sou hy noord-waarts reis tot by Smirna en Pergamum, suidoos draai na

Tiatira, en van daar af verder gaan na Sardis, Filadelfia en Laodisea.

Die roete stem presies ooreen met die volgorde waarin die briewe ook voorkom.

Sewe Goue Staanlampe:

# - 13

Die meeste verwysings na lampe in die Bybel het te doen met die tabernakel en

tempel.

Die lampe verwys na die kerk wat hulle lig moet laat skyn oor alle nasies.

Goud verwys na kosbaarheid.

Sewe dui weer op volledigheid/volkomenheid.

M.a.w.: Sewe Goue Staanlampe dui op al die kosbare gemeentes van God.

Sewe Sterre:

Vlg die Ou Testament en Antieke Wêreld opvatting is sterre beskou as magte wat

die gang van die geskiedenis en mensdom beïnvloed het.

Vlg. Job 38:7 (... daardie oggend toe die sterre saamgesing het en al die hemelinge

gejubel het?) word die sterre verbind aan Engele.

M.a.w. Sewe Sterre dui op al die Leraars (Engele) van God se kerk.

Nou moet ons onsself afvra is die interpretasie korrek?

Onthou ek het gesê om verantwoordelik met die Woord te werk beteken dat jy

jouself die hele tyd moet kontroleer.

Die Gereformeerde uitgangspunt is: Vgl Skrif met Skrif.

Kom ons toets ons self dan:

Op 1:20 En dit is die verborge betekenis van die sewe sterre wat jy in my regterhand

gesien het, en van die sewe goue lampe: die sewe sterre is die leraars van die sewe

gemeentes, en die sewe lampe is die sewe gemeentes."

Vir interessantheid, Jesus is aktief betrokke by Sy Kerk en die kerk se Leraars:

# - 14

Op 1:13 ... en tussen die lampe staan Iemand soos die Seun van die mens.

Op 1:16 ... In sy regterhand het Hy sewe sterre gehad

Op 2:1 So sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die

sewe goue lampe rondgaan:

# - 15

(1) Die indeling van die briefboodskap aan Efese (2:1-7)

• Inleidende deel

Adres:

Aan die leraar van die gemeente in Efese (2:1a)

Tempel van Vrugbaarheidsgodin Artemis met 1000de priesters, priesteresse en

prostitute was in die stad

Keiser kultus onder Keiser Domitianus het gefloreer

Profetieseformule:

Hy hou die sewe sterre in sy regterhand

Hy beweeg tussen die sewe goue lampe rond (2:1b)

• Brief liggaam

Sterkpunte:

Julle arbeid en volharding

Julle verdra nie slegte mense nie

Julle ondersoek vals apostels

Julle volhard en verduur baie

Julle het nie moeg geword nie (2:2-3)

Julle verafsku die dade van Nikolaiete (2:6b). Mense wat kompromieë gesluit het

met die wêreld veral tov afgodery en onsedelikheid

Swak punte:

Julle het My nie meer so lief soos in die begin nie (2:4)

Oplossing:

Dink aan Julle agteruitgang

Bekeer Julle

Doen weer wat Julle in die begin gedoen het (2:5-6)

• Gevolgtrekking:

Oproep:

Luister na die Gees (2:7a)

Uitdaging:

Wie oorwin, sal eet van die boom van lewe in die paradys (2:7b) – Ewige lewe by

God.

# - 16

(2) Die indeling van die briefboodskap aan Smirna (2:8-11)

• Inleidende deel

Adres:

Aan die gemeente in Smirna (2:8a) huidige Turkse stad Ismir

Die stad was bekend as die “Eerste in Asië”

Hoofsentrum vir die keiser kultus

Die stad was 3 keer verwoes (gesterf) en weer nuut opgebou (lewend geword)

Bekende sportsentrum – inwoners bekend met wennerskrone

Profetieseformule:

Hy is die Eerste en die Laaste (Jes 44:6, 48:12)

Hy was dood en het weer lewend geword (2:8b)

• Briefliggaam

Sterk punte:

Julle verdrukking en armoede

Julle is geestelik ryk (2:9a)

Situasie:

Kwaadstokery van Jode teen Julle (2:9b)

Julle gaan nog meer ly (2:10a)

Die duiwel gaan Julle in die tronk laat gooi (2:10b)

Julle gaan tien dae (Afgeronde kort tyd – Dan 1:12-14) lank swaarkry (2:10b)

• Gevolgtrekking

Oproep:

Luister na die Gees (2:11a)

Uitdaging:

Wie oorwin (Sportterm aanhou, vasbyt, deursettingsvermoeë), sal nie deur die

tweede dood (geestelike dood/hel) getref word nie (2:11b)

# - 17

(3) Die indeling van die brief boodskap aan Pergamum (2:1247)

• Inleidende deel

Adres:

Aan die gemeente in Pergamum (2:12a)

Biblioteek met meer as 200 000 boekrolle – sentra van geleerdheid

Skryfmateriaal van velle is daar vervaardig (perkament)

Godsdienstige (afgode) hoofstad met tempels vir die hoofgod Zeus, mediese

hoofstad met tempels van Asklepius (slang as simbool)

Om nie deel te neem aan die godsdienstige feeste nie was onmiddelik burgerlike

ongehoorsaamheid – strafbaar met die dood

Profetiese formule:

Christus het die skerp swaard met die twee snykante (2:12b)

Brief liggaam

Situasie:

Ek ken die plek waar Julle bly (2:13a)

Die troon van die Satan (afgode hoofstad) is daar by Julle (2:13a)

Antipas (weet min oor hom) is daar doodgemaak (2:13b)

Sterk punte:

Julle bly aan my Naam getrou (2:13a)

Julle het nie Julle geloof afgesweer nie (2:13a)

Swak punte:

Sommige hang die leer van Bileam aan (2:14) – afgodery en onsedelikheid

Sommige doen dieselfde sondes as Bileam (2:15) – burgerlike plig om mee te doen

Oplossing:

Bekeer Julle (2:16)

As Julle Julle nie bekeer nie, kom Ek gou (2:16)

Ek sal die bose mense bestry met die swaard van my mond (2:16)

Gevolgtrekking

Oproep:

Luister na die Gees (2:17a)

Uitdaging:

Wie oorwin, sal van die verborge manna ontvang (2:17b)

Wie oorwin, sal ‘n wit klippie kry (2:17b)

# - 18

(4) Indeling van die briefboodskap aan Tiatira (2:18-29) *

• Inleidende deel

Adres:

Aan die gemeente in Tiatira (2:18a), huidige Turkse stad Akisar

Vakbond hoofstad (tekstielwerkers, skoenmakers, bronssmede ens)

Elke vakbond het hulle eie god gehad

As Christene nie wou meëdoen nie het hulle, hulle kontrakte verloor ens (Pol.party

vs FNB 2013)

Songod Apollo, seun van Zeus was die hoofgod van Tiatira

Profetieseformule:

Christus is die Seun van God (teenoor Apolla seun van Zeus)

Sy oë vlam soos vuur (Dan 10:6) – ken die intensheid van vuur veral tov smeltwerk

Sy voete is soos geelkoper (2:18b) – standvastigheid en duursaamheid (Jesus het

vir Ewig plek ingeneem in Tiatira)

• Brief liggaam

Situasie:

Ek ken Julle dade (2:19a)

Sterk punte:

Julle liefde, geloof, diens en volharding (2:19b)

Julle doen nou meer as tevore (2:19c)

Swak punte:

Julle laat Isebel (1 Kon 16:31 – 34, env.)begaan (2:20a) – afgodery en onsedelikheid

word polities korrek verduur deur Christene

Liefde kan nie altyd die gesig wegdraai nie, maar moet soms radikaal standpunt

inneem

Oplossing:

Die kans vir Isebel om haar te bekeer (2:21) voor haar siekbed

Oordeelsaankondiging (2:22-23a) pessiekte aan sedeloses

Waarskuwing aan gemeentes (2:23b)

Hou net vas wat Julle het (2:25)

• Gevolgtrekking

Uitdaging:

Wie oorwin, ontvang mag en gesag oor die nasies (2:26)

Wie oorwin, sal hulle met ‘n ystersepter regeer (2:27) Wie oorwin, ontvang die

môrester (2:28) – Morester is Messsians (Jesus) vanuit Num 24:17 gesien, morester

kondig ‘n nuwe “dag” aan

Oproep:

Luister na die Gees (2:29)

# - 19

(5) Indeling van die brief boodskap aan Sardis (3:1-6)

• Inleidende deel

Adres:

Aan die gemeente in Sardis (3:1a) – vestingstad (fort) wat oninneemlik “was”

Deur ‘n aardbewing verwoes in 17 n.C maar weer heropgebou

Profetieseformule:

Christus wat die sewe Geeste (Heilige Gees) en die sewe sterre (leraars) vashou, is

aan die woord (3:1b)

• Briefliggaam

Situasie en swak punt:

Ek ken Julle dade en weet dat Julle reeds dood is (3:1c)

Oplossing:

Word wakker en versterk wat oorgebly het (3:2) – julle weet nie wanneer die geheim

“Hy kom!” realiseer nie

Dink aan die evangelie (3:3a)

Bewaar dit, bekeer Julle en word wakker (3:3b)

Sterk punte:

Sommige het nie hulle klere besoedel nie (4:4a)

Hulle is die wit klere by My waardig (4:4b)

• Gevolgtrekking

Uitdaging:

Wie oorwin, sal wit klere dra (3:5a) – kleur van oorwinning, burgers van die hemel

Hulle naam sal nooit uit die boek van lewe (Dan 12:1, Ps 69:29, Eks 32:32-33)

gehaal word nie (3:5b) – almal ken die stads-staatsregister begrip

Christus sal verklaar dat die oorwinnaars aan Hom behoort (3:5c)

Oproep:

Luister na die Gees (3:6)

# - 20

(6) Die indeling van die briefboodskap aan Filadelfia (3:7-13)

• Inleidende deel

Adres:

Aan die gemeente in Filadeifia (3:7a) – Turkse stad Alaseir

Beteken “liefde vir my “broer”

Gunstige Landbou streek – veral wingerde

Gereeld deur aardbewings getref

Tempel van Dionusos – god van wyn en partytjies was in die stad

Filadelfia en Sardis is die enigste 2 gemeentes wat nie bestraf word nie.

Profetieseformule:

Christus, die Heilige, die ware God (3:7b)

Christus hou die sleutel van Dawid (Jes 22:22) (3:7c) – HY sluit die nuwe Jerusalem

oop of toe

• Briefliggaam

Situasie en sterk punte:

Christus ken Julle dade (3:8a)

Ek het ‘n deur voor Julle oopgemaak (3:8b)

Ten spyte van beperkte krag het Julle aan My vasgehou (3:8c)

Julle het My nie verloën nie (3:8d)

Oplossing en belofte:

Ek sal die “nie-Jode” (skynheiliges) voor Julle laat kniel (3:9)

Ek Sal Julle vashou in moeiliker tye (3:10)

Hou vas wat Julle het totdat Ek kom (3:11)

• Gevolgtrekking

Uitdaging:

Wie oorwin, word ‘n pilaar in die tempel (3:12a)

Die pilaar sal vir altyd daar bly (3:12b)

Ek sal drie name (Name) op die pilaar skryf (3:12c)

Oproep:

Luister wat die Gees sê (3:13)

# - 21

(7) Die indeling van die brief boodska p aan Laodisea (3:14-22) *

• Inleidende deel

Adres:

Aan die gemeente in Laodisea (3:14a)

Besonder welvarende stad

Swartwol was hulle ikoon handelsitem

Beroemde mediese oogsentrum

# - 22

Geteister deur aardbewings en water tekorte, water moes met ‘n kanaal ongeveer 10

km ver afgevoer word vanaf Hiërapolis wat bekend was vir die warmwaterbronne en

Kolosse vir sy koue waterbronne. Die water is in ‘n kanaal (Aquaduc) afgelei en het

lou warm in Laodisea aangekom, ondrinkbaar.

Gemeente word net bestraf

Profetieseformule:

Christus, die Amen (Jes 65:16 - 17), die geloofwaardige en ware getuie deur wie

God alles geskep het, groet Julle (3:14b)

# - 23

• Briefliggaam

Situasie en swak punte:

Ek ken Julle dade (3:15a)

Julle is nie koud of warm nie (3:15b)

Julle is lou, net goed om uitgespoeg te word (3:16)

Julle meen Julle is skatryk (3:17a)

Julle is ellendig, pateties, arm, blind en kaal (3:17b)

Oplossing:

Koop by My goud (3:18a)

Koop wit klere (3:18b) – swart wol

Koop oogsalf (3:18c) – wat julle geestelike blindheid kan genees

Ek bestraf en tug elkeen (3:19a)

Laat dit vir Julle erns wees (3:19b)

Bekeer Julle (3:19c)

Ek klop aan die deur (3:20a)

As Julle oopmaak, volg ‘n feesmaal (3:20b)

• Gevolgtrekking

Uitdaging:

Wie oorwin, sal saam met My op die troon sit (3:21)

Oproep:

Luister na die Gees (3:22)

SAMEVATTING:

# - 24

Die briewe aan die kerk in die tyd van Openbaring het probleempunte van elke

Gemeente uitgewys en oplossings aan die hand gedoen.

Wat wil die 7 briewe vandag aan die kerk sê:

Gemeentes moet liefde sigbaar uitleef (Efese)

Gemeentes wat swaarkry moet volhard in die geloof, dit is die moeite werd

(Smirna)

Gemeentes se lewenstyl moet radikaal anders wees as die van die wêreld

(Pergamum)

Gemeentes moet kompromieë, omdat hulle bang is om aanstoot te gee, met

die wêreld ten all koste vermy (Tiatira)

Gemeentes moet waak teen geestelike doodsheid (Sardis)

God stel meer belang in ‘n Gemeente se volhardende geloof as in hulle

wëreldse sukses (Filadelfia)

Gemeentes moet waak teen selftevredenheid want dit loop uit op geestelike

“louheid” (Laodisea)

Amen

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!