04.05.2013 Views

MINISTRY OF EDUCATION - National Institute for Educational ...

MINISTRY OF EDUCATION - National Institute for Educational ...

MINISTRY OF EDUCATION - National Institute for Educational ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Republic of Namibia

MINISTRY OF EDUCATION

UPPER PRIMARY PHASE

JUNIOR SECONDARY PHASE

SENIOR SECONDARY PHASE

NATIONAL SUBJECT POLICY GUIDE

FOR

AFRIKAANS

FIRST AND SECOND LANGUAGE

GRADES 5-12

2009

Ministry of Education

National Institute for Educational Development (NIED)

Private Bag 2034

Okahandja

Namibia

© Copyright NIED, Ministry of Education, 2008

National Subject Policy Guide for Afrikaans First and Second Language Grades 5-12

ISBN: 99916-52-88-4

Printed by NIED

Website: http://www.nied.edu.na

Publication date: 2008

INHOUDSOPGAWE

1 INLEIDING ................................................................................................... 1

2 DOELSTELLINGS VAN DIE NASIONALE VAKBELEID ...................... 1

3 VAKSPESIFIEKE ASPEKTE ...................................................................... 1

3.1 Die samestelling van fases en toepaslike grade ............................................ 1

3.2 Periodes .......................................................................................................... 2

3.3 Sillabusse ....................................................................................................... 2

3.4 Werkskemas ................................................................................................... 2

3.5 Skriftelike lesvoorbereiding ........................................................................... 2

3.6 Tuiswerk ........................................................................................................ 3

3.7 Maksimum benutting van tyd ........................................................................ 3

3.8 Onderrig- en leermateriaal ............................................................................. 3

3.9 Assessering .................................................................................................... 6

3.10 Nasien en moderering .................................................................................... 6

3.11 Leerdergerigte onderrig ................................................................................. 6

3.12 Deurlopende Professionele Ontwikkeling ..................................................... 7

4 VAKBESTUUR ............................................................................................. 7

4.1 Hiërargie van bestuur ..................................................................................... 7

4.1.1 Skoolhoof ....................................................................................................... 7

4.1.2 Departementshoof............................................................................................ 7

4.1.3 Vakhoof .......................................................................................................... 8

4.1.4 Vakonderwyser ............................................................................................... 9

4.2 Kontrole van skriftelike werk en tuiswerk ..................................................... 10

4.3 Vakvergaderings ............................................................................................ 10

4.4 Vakmateriaal .................................................................................................. 10

4.5 Die Vakadviseur ............................................................................................ 10

4.6 Nisvakgroepe ................................................................................................. 10

4.7 Onderwysersentrums (TRCs) en die Skoolbibilioteek .................................. 11

4.8 Skoolpraktikum (SBS) ................................................................................... 11

5 LÊERS ........................................................................................................... 11

5.1 Voorbereidingslêer ........................................................................................ 11

5.1 Administratiewe lêer ...................................................................................... 12

5.3 Bronnelêer ....................................................................................................... 12

5.4 Vaklêer ........................................................................................................... 13

5.5 Vraestellêer .................................................................................................... 14

6 WOORDELYS................................................................................................ 14

Bylae A Voorbeeld van ‘n jaarbeplanner ..................................................................... 15

Bylae B Voorbeeld van lesvoorbereiding ..................................................................... 16

1. INLEIDING

Die sukses van 'n onderwysprogram word grootliks bepaal deur doeltreffende

vakorganisasie. Die doel van hierdie vakbeleid is om vakbestuur in die skool te begelei,

maar dit streef ook terselfdertyd daarna om elke individuele onderwyser die ruimte te laat

om inisiatief te neem, veral in die aanbied van die vakinhoud en fasilitering van die

leerproses.

Hierdie vakbeleid is van toepassing op die onderrig van Afrikaans Eerste en Tweede Taal in

die Senior Primêre, Junior Sekondêre en Senior Sekondêre fases in alle staatskole in

Namibië. Die dokument is gebaseer op die generiese vakbeleid wat deur NIED ontwikkel is,

maar bevat ook vakspesifieke inligting wat nét op Afrikaans van toepassing is. Elke

Afrikaansonderwyser moet in besit wees van 'n kopie van hierdie dokument. Dit kan in die

Administratiewe lêer geliasseer word. Die dokument is gebaseer op die Generiese

Vakbeleid wat deur NIED ontwikkel is en voorgeskryf word, maar bevat ook vakspesifieke

inligting wat net op Afrikaans van toepassing is. Dit is belangrik dat vakonderwysers ook

die National Curriculum for Basic Education gereeld sal raadpleeg om te verseker dat hulle

by die riglyne van die Ministerie van Onderwys hou.

Behalwe die riglyne wat in hierdie dokument neergelê is, is daar sekere sake wat hanteer

moet word in elke skool se eie interne vakbeleid, bv. riglyne rakende die voorlegging van

eksamenvraestelle en toetse, moderering en tik van vraestelle, uitleenprosedure en

instandhouding van apparaat, ensovoorts.

Sien die woordelys op bladsy 14 vir die Engelse titels van dokumente wat in hierdie

dokument in Afrikaans gegee word..

2. DOELSTELLINGS VAN DIE NASIONALE VAKBELEID

Hierdie dokument is die amptelike vakbeleid van Afrikaans Eerste (T1) en Tweede Taal

(T2). Dit maak voorsiening vir 'n goed georganiseerde en prakties georiënteerde program in

die onderrig en die bestuur van Afrikaans in die skool en het ten doel om:

• riglyne te verskaf aan vakhoofde vir die kontrole van onderrig- en leeraktiwiteite

• leiding aan onderwysers te gee oor administratiewe pligte en die beplanning van onderrig

ten einde die doelstellings te bereik soos uiteengesit in die Nasionale Skoolstandaarde en

Prestasiemerkers

• vakbestuur landswyd te koördineer ter wille van groter eenvormigheid

• te verseker dat Afrikaansonderwysers tevrede en suksesvol is in hul onderrig, in belang

van die leerders in die besonder en die land in die algemeen.

3. VAKSPESIFIEKE ASPEKTE

Die samestelling van fases en toepaslike grade

Die tydstoekenning vir Afrikaans (T1 en T2) is as volg:

Graad 5-7: 6 periodes per 5-dag siklus

Graad 8-10: 4 periodes per 5-dag siklus en 5 periodes per 7-dag siklus

Graad 11-12: 6 periodes per 5-dag siklus en 7 periodes per 7-dag siklus

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 1

3.2 Periodes

Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik

ten minste een dubbelperiode insluit wat benut kan word vir byvoorbeeld deurlopende

skryfwerk.

3.3 Sillabusse

'n Sillabus is 'n kursusbeskrywing vir 'n vak in die kurrikulum. Dit is 'n bondige, algemene

verklaring van die beoogde onderrig wat die volgende beskryf:

• Die doel van die vak – dit is die uiteensetting en doelstellings wat die kursus omskryf.

• Die inhoud van die vak – dit word normaalweg in terme van temas en onderwerpe

beskryf, maar in die taalsillabusse word dit volgens die taalvaardighede ingedeel.

• Doelstellings - omskryf in terme van wat onderrig behoort te word op 'n sekere vlak.

• Vaardighede is die betekenisvolle kognitiewe aktiwiteite, bekwaamheid, gesindheid en

waardes wat alle leerders behoort te toon en wat geëvalueer kan word.

• Assessering beskryf hoe die bemeestering van taalvaardighede geassesseer moet word

and hoe die kursus geëvalueer moet word.

[Neem asseblief kennis dat die term Algemene Doelstellings (vir Doelstellings) en Spesifieke

Doelstellings (vir Basiese Vaardighede) in die Senior Sekondêre sillabusse gebruik word.]

Onderwysers moet die sillabus goed ken en hulle onderrig moet volgens die sillabus beplan

word en nie volgens die handboek nie. Alle toepaslike Afrikaans-sillabusse moet in die

Vaklêer beskikbaar wees.

3.4 Werkskemas

Elke Afrikaansonderwyser moet aan die begin van die jaar 'n werkskema opstel om onderrig

en deurlopende evaluering vir die jaar te beplan - dit moet in termyne verdeel wees. Indien

meer as een onderwyser in 'n spesifieke skool Afrikaans gee vir een graad, moet hulle

dieselfde werkskema gebruik. Die werkskema moet volgens die sillabus opgestel word en

nie volgens 'n handboek nie. Indien die sillabus verander, moet die werkskema

dienooreenkomstig aangepas word.

Die werkskema moet in die Voorbereidingslêer gehou word en 'n kopie in die Vaklêer as

verwysing. Voorsiening moet gemaak word om afgehandelde werkseenhede op 'n

weeklikse basis af te merk. Die Skoolbestuur moet dit gereeld kontroleer om vordering te

bepaal.

3.5 Skriftelike Lesvoorbereiding

Skriftelike lesvoorbereiding is verpligtend vir elke onderwyser, ongeag ondervinding.

Daaglikse of weeklikse skriftelike voorbereiding moet gedoen word op die vorm soos deur

die skool voorsien, lank genoeg voordat dit in die klas aangebied word, om voldoende tyd

toe te laat vir die voorbereiding van onderrighulpmiddels. Indien meer as een onderwyser in

‘n spesifieke skool Afrikaans gee vir een graad, moet lesbeplanning verkieslik gesamentlik

gedoen word.

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2

'n Volledige lesplan sal die datum, beskikbare tyd, tema en onderwerp, onderrigmateriaal,

lesdoelwitte, basiese vaardighede wat bereik moet word en tuiswerk aandui. Aanvullende

onderrig en deurlopende assessering behoort deel uit te maak van die lesbeplanning. Dit

kan voorbereide praatjies, begripstoetse, grammatika oefeninge, diktee, kort take oor

voorgeskrewe literatuur en deurlopende skryfwerk insluit. Voorsiening behoort gemaak te

word om leerders se lees-, skryf- en spelvermoë in Afrikaans voortdurend te verbeter.

Na elke lesaanbieding behoort die onderwyser krities oor die les na te dink. Skriftelike

refleksies moet saam met die les geliasseer word vir toekomstige verwysing en aanpassings.

Sien Bylae B vir 'n voorbeeld van skriftelike lesvoorbereiding.

3.6 Tuiswerk

Kwaliteit tuiswerk is 'n baie belangrike aspek van akademiese sukses. Dit versterk die

onderwyser se insette in die klaskamer en bevorder die leerproses. Leerders behoort

daagliks goed beplande tuiswerk te kry. In die geval van skole met koshuise, moet die

skoolhoof, in samewerking met die superintendent van die koshuis, toesien dat daar

voldoende studietye vir die leerders is.

3.7 Maksimum benutting van tyd

Sukses in die Afriaanseklas is daarvan afhanklik dat die beskikbare tyd maksimaal benut

word. Daar word verwag dat:

• die onderwyser en leerders elke klas sal bywoon soos aangedui op die rooster

• die onderwyser en leerders soggens betyds sal opdaag vir skool en vir elke klas

• lesse só beplan word dat die beskikbare tyd ten volle benut word

• die skoolhoof en skoolbestuur 'n voorbeeld sal stel rakende kwaliteit tydsbenutting.

3.8 Onderrig- en Leermateriaal

Afrikaansonderwysers behoort kreatief en innoverend te wees om hul eie praktykgerigte

onderrig- en leermateriaal te versamel en te ontwikkel. Onderwysers moet voortdurend

aanvullende leesstukke en oefeninge, wat aansluit by temas in die taalhandboek, versamel.

Daar moet gepoog word om kontemporêre tekste te vind, asook tekste wat by die leerders se

belangstelling pas.

3.8.1 Onderwysershandleiding

Hierdie baie belangrike amptelike dokument rig die onderrig- en leerproses in die klaskamer

en behoort ten volle gebruik te word. 'n Kopie van die handleiding moet in die Vaklêer

gehou word en elke Afrikaansonderwyser moet 'n kopie hê. Op die oomblik (2009) is slegs

die handleidings vir Afrikaans Eerste en Tweede Taal vir Graad 11 en 12 beskikbaar. Skole

sal in kennis gestel word wanneer die handleidings vir Graad 5 - 7 en Graad 8 - 10

beskikbaar is.

3.8.2 Hulpmiddels en apparaat

Onderwysers mag nie die taalhandboek en skryfbord as voldoende hulpmiddels vir

taalonderrig beskou nie, maar moet 'n verskeidenheid hulpmiddels inspan om die leerproses

effektief en stimulerend te maak.

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 3

Elke skool moet 'n interne beleid hê wat die gebruik en kontrole van hulpmiddels en apparaat

reguleer. Die beleid moet duidelike riglyne bevat oor die uitteken en terugbesorg van

beskikbare items, asook gereelde inspeksie en instandhouding daarvan. 'n Volledige lys van

apparaat wat by die skool beskikbaar is, moet deel wees van die skool se interne vakbeleid.

Elke Afrikaansklas behoort 'n oorhoofse projektor te hê, veral vir die vertoon van prente.

Aangesien kassetspelers vinnig besig is om verouderd te raak en uit te faseer, moet 'n goeie

CD-speler beskikbaar wees vir die speel van musiek, liedjies, getoonsette gedigte en ander

luistertekste.

Aangesien daar vandag so 'n groot verskeidenheid materiaal van hoogstaande gehalte in

Afrikaans op die Internet beskikbaar is, behoort elke Afrikaansonderwyser die Internet as

bron by sy onderrig te betrek. Onbeskikbaarheid van Internetkonneksie by die skool is nie 'n

verskoning om die bron nie te gebruik nie.

Graad 12-onderwysers sal binnekort ook van digitale opnemers gebruik moet maak om

mondelinge eksamens op te neem en op CD aan die DNEA te stuur.

Lesmateriaal wat die onderwyser op die skryfbord skryf, moet altyd gestruktureerd

aangebied word en nie 'n lukrake, deurmekaar neerpen van enkele woorde wees nie.

3.8.3 Klasatmosfeer en wandversiering

Die belangrikste faktor in klasatmosfeer is die onderwyser self. 'n Vriendelike,

hardwerkende en goed georganiseerde onderwyser, wat betrokke is by die leerders en altyd

deeglik voorberei is, skep die regte atmosfeer vir die onderrig van Afrikaans, selfs onder die

moeilikste omstandighede.

Wandversiering is prente, kaarte, plakkate en/of voorwerpe wat teen die mure uitgestal word

om onderrig interessant te maak. Leerders sal beter begrip hê omdat hulle die voorwerp oor

'n langer periode kan sien en makliker kan onthou. Idees vir wandversiering en uitstallings

is:

• toepaslike prente en foto's wat leerders stimuleer om vrae te stel

• plakkate wat sekere reëlmatighede in Afrikaans aandui, bv. meervouds- en

verkleiningsuitgange, spelreëls, woorde wat gereeld verkeerd gespel word, idiome,

ensovoorts

• loktekste van nuwe boeke in die biblioteek (Dit word gewoonlik op die stofomslag van

boeke gedruk, maar kan ook deur die leerders geskryf en geïllustreer word.)

• leerders se klas- of tuiswerk kan uitgestal word

• werklike voorwerpe en/of modelle

Muuruitstallings kan gekombineer word met uitstallings op tafels van boeke of interessante

items uit die omgewing. As leerders tyd spandeer om te lees of besprekings te voer oor

interessante uitstallings, word die leerproses pret. Leerders moet geleentheid kry om by te

dra tot uitstallings en dit moet gereeld verander word.

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 4

3.8.4 Handboeke

Taalhandboeke

Die ideaal is dat elke leerder 'n taalhandboek moet hê vir Afrikaans. Die vakonderwyser is

ten volle verantwoordelik vir kontrole van die handboeke. Leerders moet opgevoed word

om boeke met respek te hanteer en dit as waardevolle hulpmiddels te beskou. Alle

handboeke moet met plastiek oorgetrek wees. ‘n Volledige lys van handboeke wat gebruik

word, moet in die Vaklêer geliasseer word.

Voorgeskrewe literêre werke

Veral in die Senior Sekondêre fase moet elke leerder verkieslik 'n kopie hê van elke

letterkundewerk wat behandel word. In die Junior Sekondêre en Senior Primêre fases kan

die onderwyser oor die weg kom met een stel boeke vir die klas, wat in die klas gehou word

en deur al die klasgroepe van 'n bepaalde graad gebruik word.

Die titels van voorgeskrewe literêre werke vir Graad 11 en 12 word elke 3 jaar per

omsendbrief deur NIED aangekondig. Die titels van goedgekeurde werke vir Graad 5 - 7 en

Graad 8 - 10 word nie per omsendbrief bekendgemaak nie, maar verskyn in die amptelike

boekkatalogus solank dit in die handel beskikbaar is. Wanneer sodanige titels uit druk is,

word dit nie meer in die boekkatalogus gedruk nie, maar skole kan voortgaan om dit te

gebruik.

Woordeboeke

In die Afrikaansklas moet daar ook 'n paar eksemplare van ‘n goeie verklarende woordeboek

beskikbaar wees, en ten minste een kopie van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

Leerders moet gereeld aangemoedig word om hierdie bronne te raadpleeg. In die

Tweedetaalklas sal 'n goeie tweetalige woordeboek waarskynlik ook nuttig te pas kom.

Naslaanwerke vir onderwysers

Daar bestaan vandag 'n wye verskeidenheid naslaanwerke wat die Afrikaansonderwyser se

taalkennis kan opskerp en verfyn. Die onderstaande lys is nie volledig nie, maar kan gerus

oorweeg word vir aankoop uit die skoolfonds indien dit nie in die amptelike boekkatalogus

gelys word vir onderwysergebruik nie:

- Taalkommissie. 2002. Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Pharos. Kaapstad

- Gouws, R. e.a. 2004. Nuwe Woordeboek sonder grense. M.M. Longman. Kaapstad

- Combrink, Louise, e.a. Taalkonteks. Juta & Kie. Kenwyn

- Müller, Dalene. 2003. Skryf Afrikaans van A –Z. Pharos. Kaapstad

- Prinsloo, Anton F. 2004. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Pharos. Kaapstad

- Viljoen, H.C. (Red.) 2006. Kuberwoordeboek (Tweetalig). Protea Boekhuis. Pretoria

- De Stadler, L.G. 2007. Tesourus van Afrikaans. Pharos. Kaapstad

3.8.5 Skriftelike boeke

Elke skool kan sy eie reëlings tref ten opsigte van lêers of oefeningboeke vir leerders se

notas, skriftelike stelwerk, toetse en ander oefeninge. Oefeningboeke moet netjies oorgetrek

wees met ten minste bruin papier, met die leerder se naam, graad en die titel van die boek

buite-op. Dit kan ook met plastiek oorgetrek word indien verkies.

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 5

3.9 Assessering

'n Volledige rekord van leerders se punte vir al die verskillende taalvaardighede, soos

voorgeskryf in die verskillende sillabusse, moet in die onderwyser se Administratiewe lêer

gehou word. 'n Kopie van elke opdrag moet in die Bronnelêer beskikbaar wees. Meer

inligting oor assessering in Afrikaans kan in die volgende dokumente gekry word:

• Die sillabusse

• National Curriculum for Basic Education 2009

• Towards improving Continuous Assessment in Schools: a Policy and Information Guide

('n NIED-publikasie)

• Riglyne in onderwysershandleidings

• DNEA-omsendbriewe

• Omsendbriewe van Formele Onderwys oor assessering en promosie

• Guidelines for Teachers on Setting and Marking Assessments, DNEA January 2005

3.10 Nasienwerk en moderering

Die volgende aspekte is van belang by die nasien van skriftelike werk:

• Alle skriftelike werk wat vir deurlopende evaluering gebruik word, moet deur die

onderwyser nagesien en bepunt word.

• Alle werk wat deur die onderwyser gemerk word (dit sluit uiteraard ook toetse en interne

eksamens in), moet so gou as moontlik aan die leerders teruggegee word. As daar te veel

tyd verloop tussen die inlewer van 'n bepaalde stuk werk en die terugvoer wat die leerder

daarop kry, vind daar geen leer plaas nie.

• Leerders moet hulle nagesiende werkstukke / toetse sien voordat die punte gefinaliseer

word.

• Die departementshoof of vakhoof moet ten minste 5% van alle werkstukke / toetse /

eksamenvraestelle modereer.

• Nasienwerk is nie 'n foutejag nie. Om foute raak te sien en aan te dui, is wesentlik deel

van nasien, maar dit is ewe belangrik om goeie dinge raak te sien en aan te toon.

Daarom moet nasienwerk netjies en positief wees. Geen neerhalende opmerkings mag

by 'n leerder se werk geskryf word nie. Onderwysers word aangemoedig om by soveel

skriftelike take as moontlik positiewe opmerkings te skryf, maar by deurlopende

skryfwerkstukke (veral kreatiewe skryfstukke) is dit verpligtend.

• Onderwysers mag ook sekere werkstukke deur leerders self of deur klasmaats laat merk,

maar punte behaal vir sulke werk mag nie vir deurlopende evaluering gebruik word nie.

Verder kan onderwysers in sekere skryfstukke, soos paragrawe of briewe of ander korter

skryfstukke slegs sekere aspekte merk, bv. net leestekens of woordorde of vormlike

aspekte, maar dan moet dit so aangedui word en die werkstukke mag nie vir formele

deurlopende evalueringspunte gebruik word nie.

3.11 Leerdergerigte onderwys

Leerdergerigte onderwys vereis soms dat leerders spasie moet hê om rond te beweeg of in

klein groepe te werk. Dit sal moeilik of onuitvoerbaar wees in oorvol klaskamers en

onderwysers sal in sulke gevalle kreatief te werk moet gaan om te verseker dat leerdergerigte

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 6

onderwys wel plaasvind. Uitgangspunte van leerdergerigte onderwys kan in die volgende

publikasies gevind word:

• Die vaksillabus

• Learner-Centred Education: A Conceptual Framework ('n NIED publikasie)

• How Learner-Centred are you?

Al hierdie dokumente is op die NIED-webwerf beskikbaar by www.nied.edu.na.

3.12 Deurlopende professionele ontwikkeling

Die skool moet die verantwoordelikheid vir indiensopleiding van personeellede deel.

Werkwinkelmateriaal en uitdeelstukke moet in die Bronnelêer geliasseer word en bly die

eiendom van die skool. Toepaslike dokumente uit hierdie lêer kan ook in die

Administratiewe lêer van die vakonderwyser gehou word. Onderwysers moet inligting,

ondervinding en strategieë wat hulle by werkwinkels teëkom met kollegas deel. 'n Register

wat in die Vaklêer bygehou word, sal die datum, plek en name van onderwysers aandui wat

werkwinkels in Afrikaans bygewoon het.

4. VAKBESTUUR

4.1 Hiёrargie van bestuur

4.1.1 Die Skoolhoof

Die skoolhoof is verantwoordelik vir die effektiewe bestuur van elke vak in die skool en

om positiewe resultate te verkry. Die skoolhoof mag derhalwe bestuursverantwoordelikhede

ten opsigte van die vak aan die Vakhoof (Departementshoof/senior onderwyser) delegeer.

4.1.2 Departementshoof

Die Departementshoof is nie noodwendig 'n Afrikaansonderwyser nie. Die onderstaande is

sommige van die verantwoordelikhede van die Departementshoof:

• evalueer skoolontwikkelingsprogramme

• bestuur en lei onderrig en leer in die skool om die kwaliteit van leer te verbeter

• fasiliteer en implementeer programme en aanbevelings vir verbetering

• ontwikkel en bemagtig hom/haarself en ander personeellede

• verseker kwaliteit en verantwoordelikheid deur sterk bestuursvaardighede, bv.:

deur te verseker dat vakhoofde en vakonderwysers by sperdatums hou

deur die vakbegroting te implementeer en te kontroleer

deur toerusting, hulpmiddels en handboeke te bestel, gereeld te kontroleer en deeglik

rekord te hou daarvan

• kontroleer, evalueer en implementeer die kurrikulum – doen klasbesoeke, skryf verslae

en verskaf opvolgondersteuning

• werk saam met en vir die gemeenskap en handhaaf 'n goeie verhouding met die publiek

en alle betrokkenes in die opvoedingsproses

4.1.3 Vakhoof

Die vakhoof is 'n personeellid wat verantwoordelik is vir leiding ten opsigte van die onderrig

van die vak in die skool. Dit is die vakhoof se taak om die implementering van die

sillabusse vir Afrikaans te koördineer en geleenthede vir spanbou en deurlopende

professionele ontwikkeling te skep om sodoende die onderwysvaardighede van die betrokke

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 7

onderwysers te verbeter. Die vakhoof is nie 'n amptelike aanstelling of posisie nie. Die rol

van die vakhoof kan waargeneem word deur die skoolhoof, onderhoof, departementshoof of

'n senior onderwyser. Die spesifieke verantwoordelikhede van die vakhoof kan die volgende

insluit:

Beplanning

• bevorder ‘n geskikte onderrig- en leeromgewing in elke klaskamer

• verseker dat alle resente vakgerigte dokumente en handboeke by die skool beskikbaar is

• ontwikkel en implementeer 'n assesseringsbeleid in ooreenstemming met die voorskrifte

in die sillabus en die riglyne in die onderwysershandleiding

• evalueer interne toets- en eksamenuitslae en neem stappe om swak uitslae te verbeter

• implementeer sleutelareas 2 en 3 van die Nasionale Skoolstandaarde en Prestasiemerkers

• wees betrokke by die beplanning en implementering van die Plan van Aksie vir

Akademiese Vordering (PAAI) vir die skool

• plaas onderwysers volgens hulle veld van spesialisering in die regte pos

• identifiseer behoeftes vir ondersteuning en opleiding deur vakadviseurs en kommunikeer

dit aan die Streekkantoor

• bestudeer en implementeer aanbevelings van onderwys- en eksamenverslae

• identifiseer die finansiële behoeftes van die vak en lê dit aan die begrotingskomitee van

die skoolraad voor

Organisasie

• aanvaar volle verantwoordelikheid vir die akademiese prestasie van vakonderwysers en

leerders

• beïnvloed, verbeter en handhaaf die akademiese prestasie van Afrikaansonderwysers

• bewerkstellig effektiewe kommunikasie binne Afrikaanse vakverband

• verseker dat die jongste vakgerigte dokumente beskikbaar is en in gebruik is

• vestig en handhaaf behoorlike vakadministrasie ten opsigte van:

Voorbereidingslêers

Administratiewe lêers

Bronnelêers

Die Vaklêer

Die Vraestellêer

• hou gereeld vakvergaderings

• verseker dat voldoende handboeke, naslaanbronne vir onderwysers en leermateriaal

beskikbaar is

• vestig 'n praktiese handboekkontrole stelsel en kontroleer gereeld die handboeke wat in

gebruik is

• skep 'n positiewe werkomgewing vir die Afrikaansonderwysers

• vestig en handhaaf goeie dissipline

Bestuur en Leiding

• bespreek die uitkoms van die selfevalueringsinstrument met individuele Afrikaans-

onderwysers en verskaf leiding en ondersteuning

• verleen bystand aan nuwe - en beginneronderwysers

• lei onderwysers om akademiese doelwitte vir hulself en hul leerders te stel

• help onderwysers om verbeterde akademiese doelwitte te bereik

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 8

• los interne konflik tussen vakonderwysers op

• gee leiding ten opsigte van die interne vakbeleid van die skool en sien toe dat dit ten

volle geïmplementeer word

• moedig spanwerk aan en erken goeie werk

• reël gespesialiseerde bystand aan vakonderwysers, byvoorbeeld deur vakadviseurs,

vergaderings van nisvakgroepe, ander kenners van die vak, ensovoorts

• bevorder die beeld en status van die vak

• wys mentors aan vir beginneronderwysers en bied 'n goeie oriёnteringsprogram aan

• verskaf interne personeelopleiding aan vakonderwysers

Kontrole

• kontroleer die voorgeskrewe lêers op gereelde basis

• modereer toetse, eksamenvraestelle, merkskemas en antwoordstelle

• koördineer die opstel van vraestelle deur verskillende onderwysers van dieselfde graad

• kontroleer die hoeveelheid en kwaliteit deurlopende evalueringspunte, skriftelike werk,

toetse en take

• verseker akkuraatheid en kontroleer die veilige liassering van punte

• doen gereeld klasbesoek, skryf elke keer 'n verslag en verskaf opvolgondersteuning

• kontroleer aanvullende onderrig

• vestig 'n goedgeorganiseerde en gedissiplineerde onderrig- en leeromgewing

4.1.4 Die Vakonderwyser

Die Afrikaansonderwyser - as die klaskamerbestuurder - het onder andere die volgende

verantwoordelikhede:

• streef daarna om die doelwitte te bereik wat in die Nasionale Skoolstandaarde en

Prestasiemerkers vervat is

• skep 'n klasatmosfeer wat bevorderlik is vir kwaliteit onderrig en leer

• vestig 'n goedgeorganiseerde en gedissiplineerde onderrig- en leeromgewing in die

Afrikaansklas

• voldoen aan die voorskrifte van die kurrikulum en die Afrikaanssillabus(se)

• fasiliteer onderrig en leer binne en buite die klaskamer sodat leerders die nodige kennis

en vaardighede kan bekom

• stel 'n effektiewe en doeltreffende werkskema op vir elke graad wat hy/sy onderrig

• vestig 'n positiewe houding by leerders ten opsigte van Afrikaans

• bevorder die vestiging van projekwerk in Afrikaans

• wees kreatief en oorspronklik in daaglikse lesbeplanning en die maak van eie onderrigen

leermateriaal

• kontak die naaste TRC oor opleidingsgeleenthede, die beskikbaarheid van

inligtingsbronne, asook in verband met onderrig- en leermateriaal

• skakel met die vakhoof in verband met die gladde verloop van die vak

• merk en kontroleer leerders se skriftelike werk en gee terugvoer

• beplan spesiale aktiwiteite om leerders se lees- en skryfvaardighede, asook hul spelling,

te verbeter

• kommunikeer met ouers

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 9

4.2 Kontrole van skriftelike werk en tuiswerk

Die departementshoof/vakhoof/senior onderwyser moet vakonderwysers se nasienwerk ten

minste een keer per termyn kontroleer.

Die Afrikaansonderwyser moet:

• die skriftelike werk van leerders op 'n gereelde grondslag nasien en spesiale aandag gee

aan korrekte taalgebruik (byvoorbeeld om volsinne te skryf), spelling, netheid, die regte

formaat en uiteensetting.

• ten minste 70% - 80% van alle skriftelike opdragte, oefeninge, take en werkblaaie van

elke leerder nasien en onmiddellike, opbouende, positiewe en waardevolle terugvoer gee.

4.3 Vakvergaderings

Vakvergaderings moet gereeld gehou word – ten minste een keer per termyn. ‘n Agenda

moet vir dié doel saamgestel en gevolg word. Notules moet in die Administratiewe lêer

bewaar word. Die doel van die vakvergaderings is nie net om administratiewe sake af te

handel nie. Aspekte soos beplanning, gassprekers, uitruil van idees, aanbieding van

modellesse, verbetering van uitslae, verbetering van metodiek en terugvoering oor

werkwinkels kan ook deel uitmaak van die agenda.

4.4 Vakbestuur ten opsigte van vakmateriaal

‘n Geskikte prosedure moet by elke skool ontwikkel word om handboeke en ander materiaal

te bestel, te berg, te versprei, in te neem en te kontroleer; en jaarlikse voorraadopnames te

doen. ‘n Handboek kontrolesisteem moet daarvoor ingestel word. Een persoon sal deur die

skoolhoof aangewys word om verantwoordelikheid te neem vir hierdie taak.

‘n Gedetailleerde en effektiewe werkswyse moet vir Afrikaans ontwikkel word wat die tik,

duplisering, merk en moderering van werkblaaie, toetse en eksamenvraestelle en die berg

van hierdie dokumente bepaal. Hierdie prosedure word in die skool se interne vakbeleid

uiteengesit.

4.5 Vakadviseurs

Vakadviseurs beskik oor uitgebreide kennis van die betrokke vak en hulle

verantwoordelikhede sluit onder andere in om te verseker dat die onderrig op standaard

gehou word deur gereelde skakeling en vakleiding. Die skool moet die vakkennis en

ondervinding van vakadviseurs ten volle benut. Ongelukkig het die meeste streke waarin

Afrikaans aangebied word nie vakadviseurs vir Afrikaans nie. Ten spyte hiervan, en juis

hierom, moet Afrikaansonderwysers voortgaan om hulle behoeftes en navrae skriftelik aan

die streekdirekteur deur te gee.

4.6 Nisvakgroepe (cluster subject groups)

Die doel van die vergaderings van nisvakgroepe is om effektiwiteit en bekwaamheid te

verbeter en om onderwysers te ondersteun. Die bywoning van en deelname aan die

vergaderings en aktiwiteite van die nisvakgroepe kan ‘n positiewe rol speel in

gemeenskaplike ontwikkeling en kan die kwaliteit van onderrig- en leeraktiwiteite verbeter.

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 10

4.7 Onderwyssentrums (TRC's) en die skoolbiblioteek

Onderwysers word aangemoedig om die hulpbronne en fasiliteite wat by onderwyssentrums

aangebied word, te benut. As 'n sekere item nie by die plaaslike TRC beskikbaar is nie, kan

dit deur lenings van ander onderwyssentrums of biblioteke verkry word met die hulp van die

hoof van die TRC. 'n Lys van kontakpersone en 'n jaarbeplanner ten opsigte van

opleidingsprogramme moet by die departementshoof gehou word.

Indien die skool 'n biblioteek het, behoort 'n lys van hulpbronne en boeke wat uitgeleen kan

word, aan die personeel beskikbaar gestel word, asook die reëls en prosedure vir klasbesoeke

aan die biblioteek. Dit word ook aanbeveel dat prosedures moet bestaan vir projekwerk en

take en die gebruik van die Internet.

4.8 Skoolpraktikum (SBS)

SBS is 'n baie belangrike deel van onderwyseropleiding, aangesien dit aan die

onderwysstudent die kennis verskaf en die geleentheid bied om ondervinding op te doen en

om hom die rol van die onderwyser deeglik te laat leer ken. Regdeur die opleiding van die

onderwyser is teoretiese en praktiese aspekte onderling aan mekaar verbonde.

Eksperimentering met onderrig word gedoen deur gestruktureerde leswaarneming en

lesaanbieding.

Tydens SBS speel die vakonderwyser 'n belangrike rol om die onderwysstudent by te staan

en 'n voorbeeld te wees van goeie praktyk. Verder moet die vakonderwyser ook voortdurend

terugvoer gee aan studente wat lesse aanbied. Daarom kan die onderwyser nie die klas

verlaat om ander werk te doen wanneer 'n student vir SBS by hom/haar geplaas is nie. Van

onderwysstudente word verwag om krities op hulle onderwysondervindinge te reflekteer,

met die doel om hul onderrig te verbeter. Op hierdie wyse sal hulle toepaslike vakkennis en

-konsepte verder ontwikkel.

5. LÊERS

5.1 Voorbereidingslêer

(Verantwoordelikheid: Elke vakonderwyser)

Geskrewe lesvoorbereiding is verpligtend vir alle vakonderwysers in Namibië. Hierdie lêer

bevat die geskrewe voorbereiding van die onderwyser en sluit alle toepaslike inligting in.

Die Voorbereidingslêer moet weekliks deur die skoolbestuur gekontroleer word.

Inhoud van die Voorbereidingslêer

• Kontroleblad

• Inhoudsopgawe

• Onderwyser se persoonlike rooster

• Sillabusse van al die vakke wat in ‘n bepaalde jaar onderrig word (jongste weergawe)

• Werkskemas van al die vakke wat in ‘n bepaalde jaar aangebied word (netjies getik)

• Daaglikse / weeklikse geskrewe lesvoorbereiding

• Onderwyser se PAAI-dokument

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 11

5.2 Administratiewe lêer

(Verantwoordelikheid: Elke vakonderwyser)

Die Administratiewe lêer is die lêer wat elke vakonderwyser byhou met belangrike

vakinligting en enige ander inligting wat van toepassing is op die vak in die skool. (Dit is

belangrik om daarop te let dat hierdie lêer 'n Administratiewe lêer genoem word, om dit te

onderskei van die persoonlike lêer van elke onderwyser wat in die skoolhoof se kantoor

gehou word en die onderwyser se identiteitsdokument, aanstellingsbrief, en ander

persoonlike inligting bevat.)

Inhoud van die Administratiewe lêer

• Kontroleblad

• Inhoudsopgawe

• Administrasie:

Persoonlike rooster

Registerklas se rooster

Toets- en eksamenrooster

Amptelike skoolkalender van die Ministerie van Onderwys

• Klaslys van registerklas

• Puntelyste met deurlopende evaluering, toets- en eksamenpunte

• Beplanning: PAA1. Hierdie dokument bevat akademiese mikpunte wat deur elke

onderwyser bereik moet word. Dit word deur die skoolbestuur opgestel.

• Beleidsdokumente:

Gedragskode vir onderwysers (Code of Conduct for Teachers)

Die skool se interne vakbeleid vir die vakke wat die onderwyser onderrig

Onderwysershandleiding vir die vak (indien beskikbaar en as dit prakties moontlik is

om dit te liasseer.)

Kopie van die Nasionale Skoolstandaarde en Prestasiemerkers

Die onderwyser se selfevalueringsinstrument

Leswaarnemingsinstrument

• Notules van vergaderings: personeel-, departementele -, vak- en nisgroepvergaderings

• Omsendbriewe en verslae van die Ministerie van Onderwys (NIED en DNEA ingesluit),

streekkantoor en vakadviseurs

• Handboekkontrole

Lys van genommerde handboeke in leerders se besit OF

Handboekinventaris van registerklas

5.3 Bronnelêer

(Verantwoordelikheid: Elke vakonderwyser)

Inhoud van Bronnelêer:

• Kontroleblad

• Inhoudsopgawe

• Werkblaaie

• Projekte, opdragte, opstelonderwerpe, ens. Die merkskemas moet ook ingesluit wees.

• Kursusmateriaal en uitdeelstukke wat by werkwinkels ontvang is.

• Inligting oor aanvullende onderrig in die vak

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 12

5.4 Vaklêer

(Verantwoordelikheid: Vakhoof)

Dit is van uiterste belang om goed georganiseerd te wees om 'n vak suksesvol te onderrig en

te administreer. Daarvoor moet 'n funksionele Vaklêer bygehou word. Die lêer moet

gereeld gebruik word, voortdurend opgedateer word en tot die beskikking van al die

vakonderwysers in die skool wees. Eenvormigheid in 'n vak maak nie net die administrasie

daarvan maklik nie, maar vereenvoudig ook kontrole deur die skoolbestuur.

Die Vaklêer dien as bron vir die vakonderwysers van 'n spesifieke vak en is die eiendom van

die skool. Dit is daarop gemik om effektiewe organisasie en bestuur van die vak in die skool

te bevorder. Daar moet 'n vaklêer vir Afrikaans in elke skoolfase (Senior Primêr, Junior

Sekondêr en Senior Sekondêr) bygehou word.

Vereistes waaraan die vaklêer moet voldoen:

• Dit moet sitematies beplan wees

• Dit moet te alle tye by die skool beskikbaar wees as deel van die skool se lêerstelsel

• Vakonderwysers moet te alle tye toegang hê tot die lêer

• Dit moet deurlopend bygehou word.

Inhoud van die Vaklêer:

• Kontroleblad

• Inhoudsopgawe

• 'n Kopie van die National Curriculum for Basic Education

• Vakbeleidsdokumente:

Nasionale Vakbeleid vir Afrikaans ('n NIED-dokument)

Die skool se interne vakbeleid

• ‘n Kopie van die skool se PAA1-dokument (Plan for Academic Improvement)

• Die vakonderwysers se inligting:

Name en die grade wat hulle onderrig

Roosters van die onderwysers wat die vak onderrig

Persoonlike inligting: kwalifikasies en ondervinding

• Jongste sillabu(se) van toepassing op die vak en fase

• Werkskemas vir alle grade (skoon kopie)

• Notules van vak-/departementele vergaderings

• Notules van nisgroepvergaderings

• Vakadviseursverslae

• Vakverwante omsendbriewe en korrespondensie

• Handboeke:

'n Lys van handboektitles wat beskikbaar is in die skool, met ‘n aanduiding of dit

deur die leerders gebruik word of as bron vir onderwysers dien

'n Kopie van die toepaslike bladsye uit die amptelike boekkatalogus

• Inventaris van ander onderrig- en leermateriaal van toepassing op die vak

• Promosiepunte vir die laaste drie jaar en 'n interpretasie daarvan

• Onderwysershandleiding vir die vak (indien gepubliseer en indien dit prakties moontlik

is om dit te liasseer)

• 'n Lys van die werkwinkels wat onderwysers bygewoon het. Dit moet die datum en plek

van die werkwinkel insluit en die name van onderwysers wat dit bygewoon het.

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 13

5.5 Vraestellêer

(Verantwoordelikheid: Vakhoof)

Inhoud van die Vraestellêer:

• Kontroleblad

• Inhoudsopgawe

• Voorbeeldvraestelle en -merkskemas/memorandums (waar van toepassing)

• Vraestelle en memorandums per graad / toets / eksamen

• Merkskemas vir die merk van opstelle en korter skryfstukke, mondelinge

praatvaardigheid, hardoplees

• Graad 10 en Graad 12 eksamenverslae vir die afgelope drie jaar

6. WOORDELYS

Engels Afrikaans

advisory teacher vakadviseur

compensatory teaching aanvullende onderrig

cluster nisgroep

CD Woordeboeke gee klankskyf of laserskyf, maar CD het so

algemeen-gebruiklik geword, dat ons daarby hou.

monitor kontroleer

National Standards and

Performance Indicators for

Schools in Namibia

Nasionale Skoolstandaarde en Prestasiemerkers

school based studies (SBS) skoolpraktikum; praktiese opleiding van studente

school management skoolbestuur

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 14

Bylae A: Voorbeeld van ‘n jaarbeplanner

JAAR : 20__ GRAAD :_______ VAK :___________________ VAKONDERWYSER: ________________

(Onderrigtyd = 22-30 weke)

TERMYN 1

TERMYN 2

Week 1:

Jan………

Skole

Heropen…….

Week 8:

Maart……..

Week 15:

Mei………

Skole

heropen…….

Week 22:

Julie………

Week 2:

Jan……….

Week 9:

Maart …….

Week16:

Mei……..

Week 23:

Julie……..

Week 3:

Jan………..

Week10:

Maart…….

Week 17:

Junie……..

Week 24:

Julie……..

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 15

Week 4:

Feb………..

Week 11:

Maart…….

Week 18:

Junie…….

Week25:

Julie………

Week 5:

Feb………

Week 12:

April……..

Week 19:

Junie…….

Week 26:

Aug….…..

Week 6:

Feb……….

Week 13:

April……..

Week 20:

Junie……..

Week 27:

Aug………

Week 7:

Feb……..

Week 14:

April……...

Skole

sluit……….

Week 21:

Julie………

Week 28:

Aug………

Skole

sluit……….

TERMYN 3

Week 29:

Sept………

Skole

heropen…….

Week 36:

Okt………

Week 30:

Sept……..

Week 37:

Nov……..

Week 31:

Sept……..

Week 38:

Nov……..

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 16

Week 32:

Sept…….

Week 39:

Nov………

Week 33:

Okt…….

Week 40:

Nov….…..

Week 34:

Okt……..

Week 41:

Des………

Week 35:

Okt………

Week 42:

Des………

Skole

sluit……….

Bylae B

Voorbeeld van ‘n daaglikse lesvoorbereidingsvorm

Onderwyser: Graad: Datum:

Vak: Tyd:

Tema / onderwerp:

Onderrigmateriaal en hulpmiddels wat gebruik gaan word:

Lesdoelwit(te): Leerders sal:

Basiese vaardighede (verwys na sillabus): Leerders behoort in staat te wees om:

Lesaanbieding:

1. Huiswerkkontrole:

2. Gepaste inleiding:

3. Aanbieding van leerstof en aktiwiteite:

4. Samevatting:

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 17

5. Assessering / Huiswerk / Opdragte / Oefeninge:

Aanvullende onderrig:

Opmerkings:

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 18

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008

The National Institute for Educational Development

P/Bag 2034

Okahandja

NAMIBIA

Telephone: +264 62 509000

Facsimile: +264 62 509073

E-mail: info@nied.edu.na

Website: http://www.nied.edu.na

© NIED 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!