05.05.2013 Views

PROSEDURE WAT GEVOLG MOET WORD BY ... - Cape Law Society

PROSEDURE WAT GEVOLG MOET WORD BY ... - Cape Law Society

PROSEDURE WAT GEVOLG MOET WORD BY ... - Cape Law Society

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

PROSEDURE WAT GEVOLG MOET WORD BY DIE REGISTRASIE VAN

LEERKONTRAKTE/GEMEENSKAPSDIENSKONTRAKTE

Voornemende kandidaatprokureurs moet die prosedure wat hieronder uiteengesit word

volg ten einde spoedige en maklike registrasie van hul

leerkontrakte/gemeenskapsdienskontrakte te bewerkstellig :

verkry die voorgeskrewe aansoekvorms van die Wetsgenootskap ( n Kontrak, Deel I

moet deur die prinsipaal voltooi word en Deel II moet deur die kandidaatprokureur

voltooi word);

stel ‘n leerkontrak/gemeenskapsdienskontrak op en voltrek dit slegs indien u

opvoedkundige kwalifikasies aan die vereistes, voorgeskryf deur die Wet op

Prokureurs, Wet 53 van 1979, soos gewysig, voldoen.

Dien by die Wetsgenootskap in :

a. DIE LEERKONTRAK / GEMEENSKAPSDIENSKONTRAK. Maak asseblief seker dat elke

bladsy deur die prinsipaal, die kandidaatprokureur en die twee getuies geparafeer

is. Alle wysigings (insluitende waar tippex gebruik is) moet ook geparafeer word

deur alle partye wat die dokument teken.

LET WEL: ‘N LEERKONTRAK/GEMEENSKAPSDIENSKONTRAK IS VAN KRAG VANAF DIE

DATUM WAAROP DIT ONDERTEKEN WORD. ‘N LEERKONTRAK MAG NIE TERUGDATEER

WORD NIE.

b. DEEL I EN II VAN DIE VOORGESKREWE AANSOEKVORM.

Geliewe daarop te let dat:

Buiten dat die dokument aan die einde daarvan geteken moet word, moet elke

bladsy van Deel I geparafeer word deur die prinsipaal en beide getuies.

Buiten dat die dokument aan die einde daarvan geteken moet word, moet elke

bladsy van Deel II deur u en die Kommissaris van Ede wat die bevestigende

beëdigde verklaring beëdig het, geparafeer word.

2

Die Kommissaris van Ede wat u bevestigende beëdigde verklaring beëdig, moet

geensins aan die firma waar die kandidaatprokureur in diens is, verbonde wees nie.

Die bevestigende beedigde verklaring mag voor die kontrak geteken word nie.

LET WEL: AANHANGSELS MOET ÓF OORSPRONKLIKE DOKUMENTE ÓF GESERTIFISEERDE

AFSKRIFTE VAN DIE OORSPRONKLIKES WEES. AFSKRIFTE VAN AANHANGSELS MOET

GESERTIFISEER WORD DEUR ‘n ONAFHANKLIKE KOMMISSARIS VAN EDE. (LEDE VAN DIE

PRINSIPAAL SE FIRMA EN DIE PRINSIPAAL SELF MAG DUS NIE AS KOMMISSARIS VAN

EDE OPTREE NIE)

c. ‘n Gesertifiseerde afskrif van u MATRIEKULASIESERTIFIKAAT of SENIOR SERTIFIKAAT

(met matriekulasievrystelling daarop geëndosseer), slegs en indien die

kandidaatprokureur ‘n vyf jaar kontrak sluit.

d. `n Gesertifiseerde afskrif van u bywoningssertifikaat geteken deur die Direkteur van

LEAD in Pretoria, in die geval van ‘n kandidaatprokureur wie die Voltydse Skool vir

Regsopleiding voltooi het en wie ‘n kontrak vir een jaar sluit.

e. Gesertifiseerde afskifte van al u GRAADSERTIFIKATE.

f. Gesertifiseerde afskrif van GEBOORTESERTIFIKAAT of EERSTE BLADSY VAN

IDENTITEITSDOKUMENT (verkieslik die identiteitsdokument, aangesien ‘n

geboortesertifikaat nie bewys van burgerskap is nie).

g. ‘n GOEIE-GEDRAGSERTIFIKAAT van die REGISTRATEUR van die universiteit/e waar u

studeer het.

h. Twee GETUIGSKRIFTE, GEDATEER, GETEKEN EN NIE OUER AS SES MAANDE NIE. Die

Getuigskrifte moet op briefhoofde wees.

i. TJEK ten bedrae van R 228,00 ten opsigte van die voorgeskrewe registrasiegelde

verskuldig aan die Wetsgenootskap.

DAARNA, indien die Direkteur tevrede is dat die kandidaatprokureur ‘n geskikte en

gepaste persoon is, en indien alle ingelewerde dokumente in orde is en indien die

CLS/CANDATT/PROSREGKONTRAK/2013/SK

3

voorgeskrewe gelde betaal is, sal die Direkteur die leerkontrak registreer en die prinsipaal

en kandidaatprokureur skriftelik deur middel van geregistreerde pos in kennis stel van

sodanige registrasie.

Indien ‘n leerkontrak/gemeenskapsdienskontrak nie binne twee maande vanaf datum

van ondertekening geregistreer word nie, word enige diens daaronder geag om op die

datum van registrasie daarvan te begin. In hierdie verband word u aandag gevestig op

die bepalings van Artikel 5(3) van die Wet op Prokureurs, gelees met Reël 5.1 van die

Reëls van die Wetsgenootskap van die Kaap die Goeie Hoop.

U aandag word ook gevestig op die bepalings van Artikel 9 van die Wet op Prokureurs,

wat meld dat ‘n kandidaatprokureur nie sonder die VOORAFVERKREë skriftelike

goedkeuring van die Raad, enige amp mag beklee of besigheid mag bedryf, behalwe

dié van ‘n kandidaatprokureur nie. Indien die bepalings oortree word, sal die kontrak ab

initio nietig wees. Indien u van voorneme is om aansoek te doen vir sodanige

goedkeuring, moet u asseblief volle besonderhede van die amp wat u wil beklee of

besigheid wat u wil bedryf, by die Wetsgenootskap indien wanneer u u kontrak indien vir

registrasie. Die skriftelike toestemming van u prinsipaal moet hierdie aansoek vergesel.

LET WEL: ‘N VERSKYNINGSBEVOEGDHEIDSERTIFIKAAT SAL SLEGS DEUR DIE GENOOTSKAP

UITGEREIK WORD BY ONTVANGS VAN ‘N SKRIFTELIKE VERSOEK VAN DIE

KANDIDAATPROKUREUR SE PRINSIPAAL EN TEEN BETALING VAN DIE VOORGESKREWE FOOI

VAN R 114,00 (SIEN ARTIKEL 8(3) VAN DIE WET OP PROKUREURS)

LET VERDER DAAROP: DAT WANNEER U VIR DIE PROKUREURTOELATINGSEKSAMEN REGISTREER,

U REGISTRASIEVORM, TESAME MET DIE REGISTRASIEFOOI DIE GENOOTSKAP TEN MINSTE DRIE

WEKE VOOR DIE DATUM WAAROP DIE EKSAMEN IN AANVANG NEEM, MOET BEREIK. TENSY

DIE REGISTRASIEVORM EN FOOI SO ONTVANG IS, SAL U NIE TOEGELAAT WORD OM DIE

EKSAMEN AF TE LÊ NIE.

INDIEN U GELDE ELEKTRONIES OF BY WYSE VAN DIREKTE DEPOSITO WIL BETAAL, MOET U ‘N

VERWYSINGSNOMMER BY DIE GENOOTSKAP SE BOEKHOUER BEKOM. TEN EINDE DIE

GENOOTSKAP IN STAAT TE STEL OM U BETALING TE IDENTIFISEER, MOET U DIE GENOOTSKAP

ONVERWYLD VOORSIEN VAN DIE DEPOSITOSTROKIE/ELEKTRONIESE TRANSAKSIE, ASOOK

VAN DIE NAAM VAN DIE PERSOON BY U KANTORE WAT NAVRAE KAN BEANTWOORD.

CLS/CANDATT/PROSREGKONTRAK/2013/SK

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!