05.05.2013 Views

15 Feb 2013 - Welkom by Laerskool Calvinia

15 Feb 2013 - Welkom by Laerskool Calvinia

15 Feb 2013 - Welkom by Laerskool Calvinia

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LAERSKOOL CALVINIA

Posbus 268, CALVINIA 8190 Tel: (027)3411029 Faks: 0866335035

Selfoonnommer: 0824319308 E- posadres: lscadmin@hantam.co.za web-adres: www.laerskoolcalvinia.co.za

Skoolbestuurder: L. J. MOSTERT

15/02/2013

05/2013

Geagte Ouers

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Baie geluk aan elke atleet wie opgeneem is in die Vanrhynsdorp-sonespan en wees verseker dat ons baie trots op julle

is. Dankie aan elke ouer wie ook gery het na Vanrhynsdorp om u kind daar te ondersteun. Dit het vir hulle baie

beteken. Baie dankie ook aan ons leerkragte wie as beamptes opgetree het tydens die byeenkoms. Ons waardeer u

opoffering.

Ouers, ons nader die halfpad merk van die kwartaal en die leerders begin met toetse. Maak asseblief elke dag seker

dat u weet watter huiswerk\toets u kind het en sorg dat die werk gedoen is. Die hele jaar se punte word aan die

einde van die jaar gebruik om die bevorderings te doen. ELKE TOETS\EKSAMEN is belangrik vir u kind se

bevordering en hy\sy kan nie aan die einde van die jaar eers begin leer vir toese en eksamens nie. Dit is dan te laat.

Volg dus gereeld huiswerk en toets\eksamenwerk met u kind en sy\haar leerkrag op.

As skoolbestuurder wil ek uit my hart al die ouers bedank wie die afgelope tyd met nuwe idees en skenkings gebou het

aan ons skool. Laerskool Calvinia groei werklik vanjaar net van krag tot krag, omdat u as ouers eienaarskap aanvaar

het by u kind se skool. Woorde is te min om my dankbaarheid teenoor elkeen van u uit te spreek. Wees verseker dat

geen gedagte, idee of skenking te gering is nie. Ons floreer op die volgende gedagte: “Wie die kleine nie ag, is die

grote nie werd nie.”

Baie sterkte aan elke atleet wat aan die Noorwes-Boland Atletiekkampioenskappe gaan deelneem. Dankie ook aan die

leerkragte wat hulle vergesel.

NUWE AANSTELLINGS

Mevrou Helene van Helsdingen is as sekretaresse aangestel by ons skool. Sy sal diens aanvaar op 1 Maart 2013. Ons

wil haar hartlik welkom heet by ons skool en ons vertrou dat sy lank saam met ons sal werk.

Me Bettie Jacobs is aangestel as Algemene Werker by die skool. Sy het diens aanvaar op 1 Februarie 2013. Graag

wil ons haar ook welkom heet en dit is ons wens dat sy elke dag haar werk by ons skool sal geniet.

VALENTYNSDANS, 16 FEBRUARIE 2013

PLEK: CALVINIA GOLFSAAL

DATUM: 16 FEBRUARIE 2013

TYD: 19h00

KOSTES: VOLWASSENES R80PP EN KINDERS R30PP ETES INGESLUIT

Kaartjies is beskikbaar by die sekretaresse Me Spamer en Maryke Louw selnr 0815871369

NWB-KRIEKET (Mnr de Kock)

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is vir die NWB-krieketspan:

0/11 Roelof du Plessis en Jody Barend

0/13 Ayle le Roux, Handré van Zyl en Willie du Toit

NWB-ATLETIEK (Mnr N De Kock)

Die NWB- atletiekbyeenkoms vind Saterdag, 16 Februarie 2013 by Laerskool Klawer plaas. 47 van ons atlete is vir

die Sonespan gekies, 9 leerders meer as verlede jaar. Die byeenkoms begin stiptelik om 08:00. Die bus vertrek 05:00

vanaf die skool, leerders moet reeds 4:50 by die busse aanmeld. Ons kan vir geen leerder wag nie. Atlete wie saam

met die bus ry, moet ten alle tye by die spanbestuurder, mnr de Kock bly. Leerders wie saam met hulle ouers gaan,

mag by hulle ouers bly, maar in so 'n geval aanvaar die spanbestuurder geen verantwoordelikheid indien 'n atleet laat is

of gediskwalifiseer word nie. Alle leerders moet in die hulle LO-drag deelneem. Geen ander drag sal toegelaat word

nie. Alle atlete moet hulle deelnemerskaarte met die aanvang van die byeenkoms by mnr de Kock kom afhaal. Hulle

sal deelname geweier word indien hulle nie hulle deelnemerskaarte het nie. Indien leerders met hulle eie apparaat wil

deelneem, moet dit VOOR die byeenkoms by die aankondigerstent ingehandig word om ge-yk te word. Sterkte met die

byeenkoms!

BOLAND-ATLETIEK (Mnr N de Kock)

Inligting rakende die Boland-byeenkoms sal Maandag, 18 Februarie 2013 aan leerders deurgegee word.

DORPSBIBLIOTEEK (Mnr W Steenkamp)

Hiermee die program vir die gesprekke met die ouers vir die eerste kwartaal. Gesprekke sal op 'n

Maandagoggend net na die saalbyeenkoms geskied.

Maandag, 18 Feb Registreer vir lidmaatskap - hoe dit werk

Maandag, 25 Feb Eienskappe van 'n goeie kinderboek 1

Maandag, 04 Mrt Eienskappe van 'n goeie kinderboek 2

Maandag, 11 Mrt Hulpmiddels vir die keuse van kinderboekelyste en voorbeelde.

Maandag, 18 Mrt Rympieboeke: 'n Wye verskeidenheid, bv. Klein Verseboek vir gedigte.

Maandag, 25 Mrt Eerste boeke vir baba: badboeke, kartonboeke en lapboeke.

SPELETJIESMIDDAG- DONDERDAG, 28 FEBRUARIE 2013 (Me C Carstens)

Pryse is te wen tydens die Speletjiesmiddag. Elke vlaggie kos R2. U naam moet op die vlaggie geskryf word indien u

dit koop. Die dag van die Speletjiesmiddag kom druk u dit in die afgebakende gebied en dalk is u die wenner van enige

van die pryse. Vlaggies sal ook die middag verkoop word. Vlaggies wat nie verkoop nie, MOET asseblief weer

teruggestuur word skool toe.

Speletjiesmiddag begin om 15:00 - 17:45

Kleimafsteek is om 17:30 - 17:45

Aankondiging van pryswenners is om 17:45

Kaartjies sal op Maandag, 25 Februarie 2013 deur u kind se leerkrag verkoop word. Dit sal help dat die kinders nie

so lank in die rye hoef te staan nie. Geen kaartjies word omgeruil nie, so moenie te veel kaartjies koop nie.

Rekkies word KONTANT gekoop vir die waterwurm.

Tombola R5 R10 se R1 - kaartjies

Kers aansteek R1 R20 se R5 - kaartjies

Balgooi R1 R20 se R2 - kaartjies

Senuweespeletjie R1 R5 se R1 - kaartjies

Go-cart R5

Sokker-tafel R1

Geheuespeletjie R1

Trampolien R2

Waterwurm R5 vir 4 ritte

Veerpyltjies en waterballonne R2 vir 3 gooie

TENNIS- WOENSDAG, 20 FEBRUARIE 2013: LAMBERTSBAAI (Me C Carstens)

Die eerste spanne speel Woensdag, 20 Februarie 2013 teen Lambertsbaai op Vanrhynsdorp. Die bus vertrek 12:20

vanaf die skool. Die leerders speel in 'n swart broekie/rompie en 'n wit hemp. Hulle moet ook vir padkos sorg, asook

sakgeld. R15 busgeld moet Maandag, 18 Februarie 2013 by juf Carstens inbetaal word. Die spelers is: Handré van

Zyl, Herman Snyman, Nathan Wilson, Willouw van Zyl, Hannalize vd Colff, Cammy Sass, Naómi Wilson en Carina

Nel. Sterkte aan al die spelers.

TROMPOPPIES: WILLISTON SKOU 2013 (Me A Fick)

Daar heers groot opgewondenheid onder die Trompoppies vir hul optrede tydens vanjaar se Williston Skou. Aangesien

daar van ons atlete is wie Saterdag, 23 Februarie 2013 moontlik aan die Boland- atletiekbyeenkoms gaan deelneem,

het ons besluit om Vrydagoggend, 22 Februarie 2013 ons vertoning op Williston te lewer. Dit gee die atlete en hul

ouers die kans om Vrydagmiddag so vroeg as moontlik na die Boland te vertrek. Trompoppies moet Maandag, 18

Februarie 2013 hul R15 vir busgeld by me Fick inbetaal.

Die bus ry Vrydagoggend om 08:00 na Williston vir ons vertoning om 10:00. Na die vertoning keer ons weer terug na

Calvinia.

NETBALKLINIEK (Me E. Mostert)

Ons netbal begin binnekort en ons wil graag ons netbalspeelsters toegerus op die baan stuur. Die kliniek sal gefokus

wees op netbalgerigte oefeninge en tegnieke. Me Adri Vlok, gewese Springbok- netbalspeelster, sal weer die kliniek

vir ons plaaslik kom aanbied.

Die afrigting sal op Maandag, 25 Maart 2013 (laaste week van die skoolkwartaal) tydens die skooldag en dié

namiddag plaasvind. Die afrigting sal in een dag plaasvind. Daar moet „n maksimum van 50 dogters wees. Die kliniek

word vir die volgende ouderdomsgroepe aangebied, nl. 0/7, 0/8, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13. Die onkoste vir die

dag sal ons in die volgende nuusbrief deurgee. Verdere inligting sal nader aan die tyd aan die speelsters deurgegee

word. Alle netbalspeelsters word aangemoedig om deel te wees van hierdie besondere leersame kliniek.

Alle dogters wie belangstel, moet asb. die afskeurstrokie invul en voor of op Maandag, 25 Februarie 2013, inhandig

by hul leerkragte. Leerkragte sal dit by Me E. Mostert inhandig, sodat ons kan bepaal of daar genoeg belangstelling is.

OPDRAGTE

GRAAD 4-OPDRAGTE (Me Engelbrecht)

Die leerders gaan elke dag „n tafeltoetsie skryf. Maak asb seker dat u kind sy/haar tafels baie goed ken, sonder om op

die vingers te tel.

Maandag, 18 Feb KK: Al die leerders moet asb soveel as moontlik koeldrankdoppies ens en

plastiekdoppies skool toe bring. Daar moet alreeds „n gaatjie in die middel

van die doppie gemaak wees. Bring asb ook tou of rek sodat dit om jou

enkel of arm kan gaan en nog kan vasmaak.

Maandag,18 Feb 2 en 3 maal

Dinsdag, 19 Feb Spelling (k- and c-words)

Dinsdag, 19 Feb 2 en 3 deel

Woensdag,20 Feb 4 en 5 maal

Donderdag,21 Feb 4 en 5 deel

Vrydag, 22 Feb 6 en 7 maal

Maandag,25 Feb 6 en 7 deel

Dinsdag,26 Feb 8 en 9 maal

Woensdag,27 Feb 8 en 9 deel

Donderdag, 28 Fe b Toetsie oor al die tafels

Maandag, 25 Feb Dansie met 3 verskillende bewegings, bv stap, huppel, paddaspring, vlieg soos voëltjie, seil

soos slang. Tydens een van die bewegings, moet gebruik gemaak word van „n rekwisiet

bv, hoelahoep, lint, hoed , asook „n instrument, verkry vanuit die kombuis bv houtlepels,

kastroldeksels, klitser, selfgemaakte tamboeryn en. Die leerders mag „n CD bring met eie

musiek waarop verskillende bewegings geoefen is. Leerders het „n rubriek ontvang met

die bewegings wat vereis word, dis nie gewone dansbewegings nie.

OUERAAND GRAAD 4-OUERS (Me E Engelbrecht)

Alle ouers wie leerders in Graad 4 het, word uitgenooi na „n oueraand in die Biblioteek op Maandag,

18 Februarie om 18:00. Me Engelbrecht gaan met u gesels oor die jaar vorentoe in Graad 4 en u toerus met sekere

riglyne om u as ouer te help.

GRAAD 5 (A de Klerk)

Afrikaanse: Mondeling: Maandag 18 Februarie 2013 oor enige van die volgende: familie, vriende, troeteldiere,

gunstelingsport of sake van die dag.

NW: Maak „n skelet van „n gewerwelde geraamte. Leerders bring papier, strooitjies, houtpenne,

vuurhoutjies, stokkies of enige ander materiaal om „n skeletmodel mee te bou. Hierdie

benodigdhede moet by die skool wees op Vrydag, 22 Februarie 2013.

KLASTOETSROOSTER GR. 5-7

Datum Graad 5 Graad 6 Graad 7

Dinsdag, 19 Feb Wiskunde SWET NW

Woensdag, 20 Feb SWET NW Wiskunde

Vrydag, 22 Feb EBW

Dinsdag, 26 Feb LO

Woensdag, 27 Feb TEG

Vrydag, 01 Mrt KK

Maandag, 04 Mrt SWET(Geografie)

KLASTOETSE GRAAD 5-7

Graad 5

Dinsdag, 19 Feb WISK: Alles tot op hede gedoen. Getalbegrip, optel en aftrek, vermenigvuldiging. Bl. 4-23

Woensdag, 20 Feb SWET: Bl 3-9: Wêreldkaart en kompasrigtings, vastelande, Posisie van Afrika op

wêreldkaart. Afrika ons vasteland: oseane, lande en stede. Bl 88-96: jagter-versamelaar en

herders in Suid-Afrika: Hoe ons uitvind oor jagterversamelaars en herders. Samelewing

van die San in die Later Steentydperk. Medisyne uit plante.

Graad 6

Dinsdag, 19 Feb SWET: Soos afgemerk. (geografie bl. 4-15 en geskiedenis bl. 98-108)

Woensdag, 20 Feb NW: Alles soos afgemerk. Fotosintese, voedselgroepe en voeding.

Graad 7

Dinsdag, 19 Feb NW: Soos afgemerk

Woensdag, 20 Feb WISK: Wiskunde: Alles tot op hede. Sakrekenaar, volgorde van bewerkings, optel en

aftrek, veelvoude, faktore, priemgetalle, wortels, kwadrate, kubusse en derdemagswortels.

Bl.1-47

Vrydag, 22 Feb EBW: Bl 1-9 Soos gemerk in Module 1

Groete van skool tot huis

ME E ENGELBRECHT

WAARNEMENDE SKOOLBESTUURDER

GEDAGTE: “Sukses volg wanneer jy doen wat jy wil doen. Daar is geen ander manier om

suksesvol te wees nie.” – Malcolm Foibes

SKOOLREëL: Geen leerder kom gedurende pouse, of voor of na pouse in „n klaskamer nie. Slegs

leerders wie vir die uitvee/afstof van die klaskamer verantwoordelik is, mag daar wees.

BORGE

Vredendal Toyota

Martiens Nel

Gerda Coetzee - Hire & Ice

Sonja Squires en Friendly Grocer

Spar

Graad 7 - Leerlingleiers - Ouers

Waltons- Vredendal

NETBALKLINIEK

My kind (Naam en Van)______________________________________________, ouderdom

______________________, stel belang in die netbalkliniek.

Handtekening van ouer_________________________________________

NETBALKLINIEK

My kind (Naam en Van)______________________________________________, ouderdom

______________________, stel belang in die netbalkliniek.

Handtekening van ouer_________________________________________

NETBALKLINIEK

My kind (Naam en Van)______________________________________________, ouderdom

______________________, stel belang in die netbalkliniek.

Handtekening van ouer_________________________________________

NETBALKLINIEK

My kind (Naam en Van)______________________________________________, ouderdom

______________________, stel belang in die netbalkliniek.

Handtekening van ouer_________________________________________

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!