05.05.2013 Views

INLIGTINGSBRIEF: JULIE 2012 - Steyl & Cloete Rekenmeesters

INLIGTINGSBRIEF: JULIE 2012 - Steyl & Cloete Rekenmeesters

INLIGTINGSBRIEF: JULIE 2012 - Steyl & Cloete Rekenmeesters

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

INLIGTINGSBRIEF: JULIE 2012

BLADSY

Inhoudsopgawe & Boodskap 1

Verandering van Bankbesonderhede 2

Kantoorure & Afsprake 2

Betaalterme van Rekeninge 2

Inkomstebelastingopgawes 2012 3

Personeel / Wie doen wat 3

BTW fakture / BTW oudits 3

Kliënte met Rekeninge by Klein Karoo Koöperasie 3

Rekeninge by SARS (BTW/LBS) 4

GEAGTE KLIËNT

Hierdie inligtingsbrief gee belangrike inligting deur oor ons kantoor en interne prosedures,

insluitend ‘n paar ringtingwysers oor onderwerpe soos BTW en LBS. Dit is belangrik dat u tyd

maak om hierdie skrywe deur te lees ten einde op hoogte te wees van sake wat u direk kan

raak.

Ons wil u hiermee verder inlig dat mnr Wessel Steyl vir die week van 30 Julie – 3 Augustus

2012 op verlof gaan wees, en derhalwe eers weer op 6 Augustus 2012 op kantoor

beskikbaar gaan wees.

Dankie vir u tyd!

Steyl & Cloete Span

Tel nrs.: (044) 272 7903 / (044) 279 1684

Faks: 0866 641 410eeeeeeeee

Fisiese adres: Queenshof, Queenslaan, Oudtshoorn

Posadres: Posbus 217, Oudtshoorn, 6620

Epos: oudtshoorn@steylcloete.co.za

1

VERANDERING VAN BANKBESONDERHEDE

Ons het begin Mei 2012 van bank verwissel. Ons nuwe bankrekening is by Standard Bank.

Die nuwe bankbesonderhede is al vir die afgelope twee maande op fakture getoon, terwyl

‘n kennisgewing deurgegee is aan alle kliënte met uitstaande rekeninge wanneer

maandstate uitgestuur is. Ons versoek u om seker te maak dat u die regte bankbesonderhede

het:

Bank: Standard Bank

Rek naam: Steyl & Cloete BK

Takkode: 050514

Rek nr: 242852610

Tipe: Tjekrekening

KANTOORURE & AFSPRAKE

Ons kantoor is oop vir kliënte op weeksdae vanaf 08:00-13:00, asook vanaf 14:00-16:30. Ons

het ‘n nuwe telefoonstelsel implementeer en sal binnekort boodskappe kan neem indien ‘n

kliënt buite kantoorure ‘n boodskap wil los.

Terwyl die meeste van ons personeel geredelik te enige tyd beskikbaar is by ons kantoor wil

ons u versoek om ‘n afspraak te maak met die betrokke persoon (of minstens telefonies te

laat weet) voordat u na ons kantore kom, ten einde te verseker dat die betrokke persoon

wel beskikbaar sal wees.

BETAALTERME VAN REKENINGE

Ons wil dit graag onder u aandag bring dat Steyl & Cloete ‘n 30 dae betaalterme op

rekeninge het. Ons dui dié terme al vir ‘n geruime tyd aan op fakture wat na kliënte versend

word.

Ongelukkig was dit in Mei 2012 vir die eerste keer sedert ons bestaan vanaf Maart 2010

nodig om ‘n prokureursfirma te nader om invorderings vir ons te hanteer waar kliënte hul

nie aan ons korrespondensie en telefoonoproepe gesteur het nie.

Ons versoek dus alle kliënte om sover moontlik gehoor te gee aan ons 30 dae betaalbeleid.

Indien enige kliënt kontantvloeiprobleme ondervind staan dit hul vry om ons te kom sien

om ‘n afbetalingsreëling te tref. In so geval sal die uitstaande rekening nie op 60 dae aan die

prokureurs oorhandig word nie, solank daar by die betalingsreëling gehou word.

Ons wil u ook die versekering gee dat ons nie eenvoudig ‘n kliënt oorhandig by die

prokureurs nie. Ons doen sover moontlik alles in ons vermoë om aanvanklik telefonies en

later via skrywes met kliënte te kontak insake uitstaande rekeninge.

Die handhawing van goeie verhoudinge met kliënte is ‘n belangrike fasset van die werketiek

wat Steyl & Cloete nastreef. Ons streef deurentyd daarna om goeie diens aan ons kliënte te

lewer en wil graag hê dat kliënte tevrede is met die dienste wat ons lewer. Terseldertyd wil

ons kliënte hê wat hul verpligtinge nakom sodat ons ook tevredev kan wees met ons kliënte

en goeie verhoudinge met hul kan handhaaf.

2

INKOMSTEBELASTINGOPGAWES 2012

SARS het die inkomstebelastingopgawes vir die 2012 belastingjaar vrygestel op 2 Julie 2012.

Derhalwe is ons volstoom aan die gang om inkomstebelastingopgawes in te dien. Ons

versoek alle kliënte om hul inligting vir inkomstebelasting in te bring ten einde ons in staat

te stel om die opgawes so spoedig moontlik in te dien.

Kontak ons kantoor asseblief indien u enige navrae het insake die nodige inligting wat u aan

ons moet verskaf! Ons sal ook binnekort ‘n lys uitstuur van algemene dokumentasie wat

tipies by die gemiddelde inkomstebelastingopgawe benodig word.

PERSONEEL / WIE DOEN WAT

Hiermee ‘n verkorte lys van personeel by ons kantoor, asook basiese pligte van elke

persoon:

Wessel Steyl – Geregistreerde Professionele Rekenmeester (SAIPA). Doen iets van alles.

Ingri Myburgh – Geregistreerde Professionele Rekenmeester (SAIPA). Doen ook iets van

alles.

Bernice Truter – Ontvangs, asook verwerking / poswerk van kliënte inligting en

kantooradministrasie.

Marie Zeelie – Klerk. Opstel van finansiële state en hantering van betaalstelsels vir

gespesialiseerde kliënte

Trolene Gerber – Klerk. In beheer van alle BTW en LBS kliënte, asook bystand vir seniors.

Elrika Botes – Klerk. Verwerking / poswerk van kliënte inligting.

Joseline Coetzee – Klerk. Verwerking / poswerk van kliënte inligting, asook opstel van

finansiële state. Hanteer ook invordering van debiteure.

Mari Steyl – Klerk. Kantooradministrasie, CIPC en hantering van alle

inkomstebelastingopgawes.

Sylvia Armstrong - Bode

BTW FAKTURE / BTW OUDITS

Ons wil BTW kliënte versoek om seker te maak dat hul alle BTW fakture aan ons verskaf

wanneer ons hul maandelikse inligting verwerk vir BTW doeleindes. SARS trek lukraak

kliënte vir BTW oudits, en indien BTW geëis word op ‘n uitgawe waarvoor daar nie ‘n faktuur

bestaan nie kan beide die kliënt en ons kantoor probleme by SARS optel. Derhalwe is dit ons

kantoor se beleid om nie BTW op ‘n uitgawe te eis indien ons nie ‘n faktuur beskikbaar het

nie. Ons kantoor gaan op die standpunt uit dat alle BTW kliënte van hierdie vereiste bewus

is. Derhalwe versoek ons u om u administrasie so te reël dat die nodige fakture tydig en

volledig aan ons verskaf word.

KLIËNTE MET REKENINGE BY KLEIN KAROO KOÖPERASIE

Dit gebeur soms dat daar fakture ontbreek by BTW kliënte wat op rekening koop by KKK.

Ons kantoor moet dan die uitstaande fakture by KKK aanvra ten einde die kliënt se KKK

rekeninge te rekonsilieer en ook die BTW te kan eis. Ons wil alle boere/kliënte met

rekeninge by KKK daarop wys dat KKK ‘n fooi van R2 per faktuur of bladsy hef wat deur ons

by hulle aangevra word. Die koste word elke 6 maande deur KKK per faktuur aan ons

kantoor gelewer. Derhalwe het ons geen ander keuse as om kliënte apart vir die kostes te

faktureer nie.

3

Indien u dus alle fakture wat op u maandstaat van KKK verskyn aan ons lewer sal die ekstra

onkoste nie nodig wees nie. Dankie vir u aandag in die verband.

REKENINGE BY SARS (BTW/LBS)

Ons wil alle kliënte wat self hul LBS of BTW doen versoek om hul rekeningstate via SARS

Efiling by SARS aan te vra vir belastingjare 2008-2012, ten einde te verseker dat daar geen

uitstaande debiete of krediete op hul rekeninge verskyn nie. SARS het ‘n nuwe prosedure

ingestel waarvolgens krediete nie eenvoudig op aanvraag uitbetaal word nie. Indien u dus

krediete op u rekeninge het versoek ons u om ons te kontak sodat ons die stappe aan u kan

verduidelik sodat u suksesvol die krediete by SARS kan eis.

Die rede vir bogenoemde versoek is drievoudig:

1) Debiete kos u geld in rente wat u aan SARS betaal

2) Krediete is kontantvloei wat u sekerlik kan benut

3) Enige debiete / krediete op u rekening gaan veroorsaak dat SARS nie aan u ‘n

belastingvrystellingsertifikaat verskaf nie, wat kan veroorsaak dat u nie kan

voortgaan met u besigheid se sake nie.

Dankie dat u die tyd geneem het om hierdie inligtingsbrief te lees!

Groete

Steyl & Cloete Span

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!