05.05.2013 Views

VERTROULIKHEIDSOOREEENKOMS - SMASH PRO

VERTROULIKHEIDSOOREEENKOMS - SMASH PRO

VERTROULIKHEIDSOOREEENKOMS - SMASH PRO

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VERTROULIKHEIDSOOREEENKOMS

Tussen

Ge-assosieerde maatskappye, direkteure, werknemers, adviseurs en agente

(Registrasie Nommer …......………………….)

En

SMASH-PRO (Edms)Bpk

(Registrasie nommer: 2013/005016/07)

(“Smash-Pro”)

Smash-Pro en ……………………………….................... (“Die Partye”) is betrokke in besprekings met die doelstelling

om „n ooreenkoms te bereik betreffende besigheidsgeleenthede. As deel van hierdie proses sal die Partye vertroulike

inligting aan mekaar bekendstel. Hierdie ooreenkoms reel die wyse waarop hierdie inligting hanteer sal word.

1. Definisies

1.1 “Smash-Pro” beteken “Smash-Pro Eiendoms Beperk”, „n private maatskappy met beperkte aanspreeklikheid,

ingelyf volgens wetgewing en regulasies van die Republiek van Suid-Afrika en sluit alle houer-, filiaal en geassosieerde

maatskappye in.

1.2 “Die Ontvanger” beteken die Party wat inligting ontvang en die “Verskaffer” beteken die party wat die inligting

bekend maak:

1.2.1 as die Ontvanger of Verskaffer „n individu is, sluit dit die individu se agente, adviseurs, werknemers en

opvolgers in.

1.2.2 as die Ontvanger of Verskaffer „n maatskappy, beslote korporasie, vennootskap, assosiasie of „n

houer- / filiaal maatskappy is, sluit dit die direktuere, lede,vennote, associate , werknemers, agente,

adviseurs en opvolgers in.

2. Onderneming en Vertroulikheid

Die Ontvanger onderneem om gedurende die termyn van hierdie ooreenkoms of enige tydperk daarna:

2.1 alle inligting as streng vertroulik te hanteer en nie aan enige derde party bekend te maak of te gebruik sonder die

uitdruklike skriftelike toestemming van die Verskaffer. Die enigste uitsondering sou „n hofbevel tot die effek wees.

2.2 geen afskrifte te maak van dokumentasie wat vertroulike inligting bevat vir enige doeleindes wat nie direk verband

hou met die Ontvanger se ondernemings bestuur nie.

2.3 op versoek, alle Vertroulike Inligting en Data aan die Verskaffer terug te besorg en enige kopie, ge-rekenariseerde

Inligting-, data en programatuur te vernietig en dit aan die Verskaffer skriftelik te bevestig sodra afgehandel.

2.4 te verseker dat alle werknemers of persone wat aan die informasie blootgestel is/word, „n skriftelike vertroulikheids

ooreenkoms soortgelyk aan hierdie ooreenkoms, met die Ontvanger sluit.

2.5 voldoende voorsorg te tref om die veilige bewaring van- en toegang tot die inligting te verseker.

2.6 onderneem om geen openbare aankondigings te maak ( in die media of andersins vir reklame doeleindes)

Betreffende enige samewerkings ooreenkoms, sonder uitdruklike toestemming van die Verskaffer nie.

3.Vertrouensbreuk

3.1 Sou enige van die bepalings van hierdie ooreenkoms verbreek word deur enige van die partye, sou die party wat

benadeel word die reg bekom om spesifieke nakoming van hierdei ooreenkoms te eis, asook om enige

regsremedie beskikbaar volgens hierdie ooreenkoms of wetgewing te volg. Verder kan „n skadevergoedsingseis

ingestel word sonder benadeling van die benadeelde party se regte.

3.2 Die verbreking of be-eindiging van enige gedeelte van hierdie ooreenkoms onthef die partye nie van enige

verpligting tot vertroulikheid ten opsigte van die geheel nie.

4. Algemeen

4.1 Die Partye aanvaar dat dispute moontelik mag ontstaan gedurende die termyn van hierdie ooreenkoms en

onderneem om alle redelike stappe binne hul vermoe te neem om die verskille deur onderhandeling op te los

binne „n redelike tydperk. „n Billike tydperk word ooreengekom as 14 (veertien) kalenderdae.

4.3 Sou „n dispuut nie onderling opgelos word deur onderhandeling nie, kom die Partye ooreen dat die saak vir

arbitrasie, volgens die Reels van die Arbitrasie Stigting van Suider Afrika, en na „n Arbiter deur hul aangewys,

verwys sal word.

4.3 Nieteenstaande bogenoemde prosedure word die Partye nie verhoed om, op „n dringende basis, „n interim

oplossing te vind deur „n bevoegde hof nie.

4.4. Hierdie ooreenkoms word gereguleer volgens die wetgewing van die Republiek van Suid Afrika.

4.5. Hierdie ooreenkoms is in Afrikaans en Engels opgestel. In die geval van enige verskille in uitdrukking, word die

engelse weergawe aanvaar vir korrepsondensie en regspleging. Die Partye bevestig dat „n engelse weergawe

beskikbaar gestel is vir kennisname ten tye van ondertekening.

5 Domicilium

5.1 Die partye kies hiermee die volgende adresse as hul domicilia citandi et executandi waar hul alle dokumentasie

en kennisgewings sal ontvang

5.1.1 ……………………..............................….. Te: ………………………………………...……………………………

5.1.2 Smash-Pro, Te: ……….............................…………….…………………………………………………................

5.2 Alle kennisgewings en kommunikasie tussen die Partye betreffende hierdie ooreenkoms, sal aanvaar word as

ontvang indien:

5.2.1 per hand afgelewer word, op die datum van lewering, of

5.2.2 per faks of e-pos, op die datum van die besigheidsdag direk opvolgend op die dag van versending.

5.3 Adres verandering deur enige Party (wat nie „n posbus adres kan wees nie) sal skriftelik gedoen word en in effek

wees 14 (veertien) dae vanaf datum van sodanige kennisgewing.

Geteken te ..................................................... op hierdie ............. dag van ..........................20….

Naam / Van / Handtekening - Vir: Smash-Pro (Edms) Bpk

Wie bevestig dat hy/sy behoorlik gemagtig is om die maatskappy te verbind

Geteken te ........... .......................................... op hierdie ........... dag van ...........................20….

Naam / Van / Handtekening - Vir : ....................……………..,

Wie bevestig dat hy/sy behoorlik gemagtig is om die Ontvanger te verbind

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!