05.05.2013 Views

40 DAE GEBEDSKALENDER 2 JANUARIE TO 10 FEBRUARIE 2006

40 DAE GEBEDSKALENDER 2 JANUARIE TO 10 FEBRUARIE 2006

40 DAE GEBEDSKALENDER 2 JANUARIE TO 10 FEBRUARIE 2006

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

40 DAE GEBEDSKALENDER 2 JANUARIE TO 10 FEBRUARIE 2006

Dag 31-40

Woensdag 1 Februarie 2006

Dag 31: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Oordenking: Jesus het Petrus drie keer gevra of hy Hom liefhet. Teen die derde keer was Petrus so

diep aangeraak deur Jesus se vrae dat hy gesê het; Here, U weet alle dinge, U weet dat ek U liefhet.

Jesus het drie dinge van Petrus gevra en die een ding het Hy herhaal: Laat my lammers wei, pas my

skape op, laat my skape wei. Hoeveel voedsel verskaf die herders van vandag vir die skape in hulle

kudde? Sommige leiers stel dit voor asof om Jesus te volg 'n eindelose lys van moets en moenies is.

Somtyds lyk dit onmoontlik om ooit alles reg te doen. Hoe nederig is ek en jy werklik waar ons leiding

gee in die gemeente? As 'n prediker, selgroepleier, berader, kinderkerk-leier, ens., hoeveel liefde is

daar in jou hart teenoor die mense onder jou geestelike sorg? Bied ons hulle genoeg geestelike

voedsel?

Uit die Woord: Vader, ons is almal skuldig dat ons U skape in die kerk op een of ander manier

verwaarloos. Ons bid nie en ondersteun mekaar nie soos ons behoort nie. Ons steek mekaar in die

rug, beskinder en kritiseer mekaar (1Pet. 2:1). Vader, vul U kerk met die suiwer geestelike melk, van U

Woord (1Pet.2:2). Laat ons soos Jesus sê: "My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur

het, en om sy werk te voltooi" (Joh.4:34).

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die regering

Neem die tyd om God se gesag en outoriteit oor Suid-Afrika te proklameer (Joh.3:27-36). Verklaar

profeties in die geloof dat alles aan die Here behoort, dat alle gesag en mag op aarde, ook regering

ondergeskik is aan God. Proklameer Jesus Christus as die Here oor alles (Joh.17:2).

3. Noodroep: Draai die gety van rassisme

Die "apartheid" bewind was gedeeltelik gebou op die fondament van rassisme en het 'n grootskaalse

uitwerking gehad van onregverdigheid, vernedering en die bevoordeling van sekere mense in die land.

Bid asseblief vir genesing vir dié wat as gevolg van apartheid, in hulle menswaardigheid gely het. Vra

dat dié wat voel dat hulle beter is as ander, tot die besef sal kom dat God alle mense gelyk gemaak het

en dat elke menslike wese met respek en eerbied behandel moet word (Spr.14:21,31;17:5).

Donderdag 2 Februarie 2006

Dag 32: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Oordenking: Verkondig die kerk nog die eenvoudige en volledige evangelieboodskap? Hoeveel

mense het in die afgelope tyd in jou gemeente na Christus gekom? Selfs al preek ons die mees

geestelik volwasse boodskap, moet dit steeds so eenvoudig wees dat selfs die minste van die wat die

diens bywoon tot geloof in Christus sal kom. In essensie is die getuienis van Jesus Christus die gees

van alle profesie, die inspirasie van alle prediking en die vertolking van God se wil en voorneme. Is

Jesus Christus die middelpunt van jou lewe—ook van jou getuienis en van jou prediking?

Uit die Woord: Vader, ons bely dat ons maklik gefassineer word deur die bo-natuurlike aard van

geestelike dinge. Ons raak so gefassineerd deur die bo-natuurlike dat ons van U grootsheid vergeet.

Laat ons nie langer juig omdat bose geeste aan ons onderwerp nie, maar juig omdat ons name in die

Hemel opgeskryf is (Luk.10:18). Mag Jesus Christus weer sentraal in die kerk wees. Die naam, gawe

of roem van enige mens mag nie nie die plek inneem van die Lam van God, want Hy alleen is waardig

om daardie plek te kry.

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die regering

Bid dat God die harte van elke gelowige sal aanraak om vir die regering te bid. Dat die kerk haar

verantwoordelikheid sal opneem om vir die regering in te tree. Vra dat Christene nie langer die regering

sal blameer vir wat verkeerd is nie, maar sal begryp dat die kerk die mandaat en die

verantwoordelikheid het om as priesters voor God in te tree vir die land.

3. Noodroep: Draai die gety van rassisme

Bid dat die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, die harte en gedagtes van alle mense wat

gebuk gaan onder die juk van rassisme, sal vol maak. Vra dat hierdie vurige pyl volledig verwyder sal

word uit elke hart in Suid-Afrika. Bid dat alle bose magte wat die vure van rassisme aanblaas, verbreek

sal word en dat dit volkome vernietig sal word.

Vrydag 3 Februarie 2006

Dag 33: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Oordenking: Verwag die Kerk regtig Jesus se wederkoms? As ons sê ons berei die weg vir Hom voor

(Mark.1:3). Wat beteken dit? Eerstens beteken dit dat alle mense Jesus Christus moet leer ken. Maar

ons moet ook elke dag in die voortdurende bewussyn en verlange na Jesus se koms lewe. Glo ons

regtig in Sy wederkoms? Paulus se finale opdrag aan die Tessalonisense was: Mag God, wat vrede

gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar

dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! Hy sal dit ook doen, want

Hy wat julle roep, is getrou (1Tess.5:23-24).

Uit die Woord: Jesus Christus, ons bely dat ons so besig word in ons werk vir U, dat ons vergeet om

uit te sien na U wederkoms. Vader, stort 'n nuwe verwagting van Jesus se koms uit in U kerk. Laat die

kerk gretiglik voorberei sodat ons U bruid, sonder vlek of rimpel kan wees, want die bruid behoort aan

die bruidegom (Joh.3:29).

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in Zimbabwe

Bid asseblief vir al die mense wat huise en besittings verloor het gedurende die "operasie skoonmaak"

in 2005. Bid dat mense die vryheid sal hê om hulle bekommernis uit te spreek, dat hulle 'n wetgewende

stelsel met gesag sal hê waaraan die president en die kabinet onderhorig sal wees. Vra vir die

instelling van 'n neutrale kabinet wat die voorspoed van al die mense in Zimbabwe sal dien en

bevorder.

3. Noodroep: Draai die gety van rassisme

Aan die wortel van rassisme sal ons trots, onsekerheid, vrees en minderwaardigheid vind. Rassisme

kom voor in elke land en volk ter wêreld. Geen nasie, ras of taal ongeag of dit in Suid-Afrika is of in 'n

ander land, is vry van die kloue van rassisme nie. Laat ons ons harte en gedagtes ondersoek vir elke

vorm van rassisme en haat teenoor 'n ander etniese, kulturele, of rassegroep of persoon. Laat ons nie

"ja maar" en "kyk wat het hulle aan ons gedoen" gebruik as 'n verskoning om nie te vergewe nie.

Vergifnis bring 'n ondenkbare vryheid as jy net eers die eerste stap geneem het om iemand te vergewe

of om iets reg te stel wat jy aan iemand anders gedoen het.

Saterdag 4 Februarie 2006

Dag 34: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Oordenking: En in die kerk is daar mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar

apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié

wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om

ongewone tale of klanke te gebruik (1Kor.12:27-28). Bid ons as gelowiges gereeld vir die mense in

leiersskap? As hulle preke nie so goed is nie, of hulle sukkel met goeie leierskap, bly ons dan weg van

die kerk of veroordeel ons hulle swakhede? Of bid ons ernstig vir hulle vir meer genade en om 'n

persoonlike deurbraak te kry? Verstaan ons dat hulle manne en vroue net soos ons is? Het ons

werklike begrip en meegevoel met ons leiers?

Uit die Woord: Vader, ons bely dat ons nie altyd met respek van ons leiers praat nie. Ons eer hulle nie

as mense wat deur U aangestel is nie. Ons ondersteun hulle nie in gebed nie en ons doen ook nie

moeite om hulle gereeld met 'n woord of gebed te bemoedig nie. Vergewe ons ons sonde. Wil U ons

asseblief elke dag leer en herinner om hulle te seën, om goeie dinge vir hulle te begeer, sodat hulle

werk 'n vreugde en nie 'n las sal wees nie (Heb.13:17). Mag hulle vervul wees met U Gees om die

werk te kan doen waarvoor U hulle aangestel het (Hand.4:31).

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die regering

Bid dat God wysheid en begrip aan alle regeringsleiers sal gee om geregtigheid en reg, volgens

Bybelse beginsels, toe te pas. Dat hulle wysheid sal hê om strategies, op praktiese maniere, probleme

soos armoede, korrupsie, MIV/VIGS, misdaad, verkragting, molestering van kinders en rassisme, aan

te spreek en op te los.

3. Noodroep: Draai die gety van rassisme

Selfs vandag nog ervaar mense rassisme by mekaar wanneer dinge op so 'n manier gedoen of gesê

word, dat dit 'n ander persoon verneder. Dit kan wees van wit na swart, van swart na wit, van bruin na

swart, van swart na bruin, van swart na Indiër, ens. Vra die Here om jou hart te bewaar van rassistiese

optrede in jou daaglikse lewe. Bid ook dat God mense sal oortuig van rassistiese gedrag. Bid dat God

die mense van ons land sal bevry van die gevolge van rassisme, hetsy van haat en bloedvergieting

tussen stamme of die verbreking van verbonde en ooreenkomste, ens.

Sondag 5 Februarie 2006

Dag 35: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Wie nederig is, dien die Here en ontvang rykdom, eer en lewe (Spr.22:4).

Oordenking: Wat is ware rykdom en eer? Dié rykdom is insig in die geheimenis van Christus

(Kol.4:3). Die enigste eer wat ons kan neem omdat ons iets reg gedoen het is omdat ons Christus

gekies het. Daar is regtig niks anders wat vir ons die ewige lewe kan gee nie. Tog ontplof die kerk

amper van aardse rykdom en die eer van mense, terwyl die wêreld steeds sterf sonder die kennis van

Christus. Sal enigiemand onder hierdie omstandighede gewillig wees om aardse rykdom prys te gee

sodat Christus in my lewe op die troon kan wees? (Fil.3:7-9).

Uit die Woord: Vader, vergewe ons vir ons gebrek aan onderskeiding wanneer dit gaan oor ware

rykdom, eer en lewe. Ons is so arm en het U leiding so nodig. Wees U kerk genadig en laat ons weer

die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is (Ps.51:12). Mag dit weer waar wees van U kerk

vandag dat wat eers vir ons 'n bate was, ons nou as waardeloos beskou ter wille van Christus, ja, nog

meer: mag ons alles as waardeloos beskou, want om Christus Jesus, ons Here, te ken, oortref alles in

waarde. Dat ons ter wille van Hom alles sal prys gee en as verwerplik beskou sodat ons Christus as

enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ons die wet onderhou nie,

maar omdat ons in Christus glo (Fil.3:7-9).

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die regering

Laat ons tot God roep en vra dat Hy Sy guns oor Suid-Afrika sal uitstort. Loof Hom vir Sy genade,

barmhartigheid en liefde wat ons reeds ervaar. Dank God dat Hy soveel genade oor ons uitstort. Prys

Hom dat Hy ons nie oordeel volgens ons goddeloosheid nie en ons nie totaal as nasie vernietig nie.

3. Noodroep: Draai die gety vir vroue en kinders

Vroue uit alle kulture word op een of ander manier onderdruk. In sommige kulture en godsdienste word

vrouens as minderwaardig beskou en moet hulle minderwaardige posisies inneem, baie hard werk en

word hulle deur mans met minagting behandel. Dit veroorsaak baie lyding, gevoelens van

minderwaardigheid, verwerping en emosionele pyn in die lewens van vroue. Bid asseblief vir vroue wat

onder sulke omstandighede gebuk gaan. Vra vir hulle herstel en genesing. Bid dat hulle God se liefde

vir hulle sal aanvaar en verstaan.

Maandag 6 Februarie 2006

Dag 36: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Oordenking: Sedert die dood en opstanding van Jesus Christus het God besluit dat die ryke

verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend gemaak sal word aan elke mag en gesag in die

hemelruim, soos Hy Hom van ewigheid af al voorgeneem het om dit deur Christus Jesus, ons Here, tot

uitvoering te bring (Ef.3:10-11). Wat is die verskeidenheid van God se wysheid? (Spr.8). Joh.1:1

verduidelik dat die wysheid van God, Jesus Christus self is. Wat is die sentrale punt van die kerk van

vandag se lering? Dit is dat om Christus te ken ons redding is. Christus is ons redding. Is Christus

sentraal in alles wat ons leer?

Uit die Woord: Vader, ons as U kerk roep om genade. Laat ons fokus nie langer op elke mag en

gesag in die hemelruim wees nie, maar laat ons fokus wees om Christus, in al Sy heerlikheid bekend te

maak (Ef.3:10).

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die regering

Die hele kwessie van grondhervorming is baie sensitief. Bid asseblief dat die regering die saak met

groot wysheid en sensitiwiteit sal aanspreek. Vra dat dit bevredigend hanteer sal word en dat daar

geen bloedvergieting sal plaasvind as gevolg van misverstande nie. Bid vir 'n groot mate van begrip en

geduld in die harte van almal wat in die proses betrokke is.

3. Noodroep: Draai die gety vir vroue en kinders

Diskriminasie teen vroue in terme van salaris, leierskap- en bestuursposte, vind steeds plaas. Bid dat

dit reggestel sal word en dat vroue regverdig betaal sal word vir hulle werk en dat hulle erkenning sal

ontvang vir hulle gawes en leierskapvermoëns en op gelyke voet vir werksaansoeke oorweeg sal word.

Dinsdag 7 Februarie 2006

Dag 37: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Oordenking: Paulus het Timótheüs aangemoedig om sekere mense te verbied om vals leerstellings te

versprei, en hulle met verdigsels en eindelose geslagsregisters besig te hou. Sulke dinge gee eerder

aanleiding tot twisgesprekke as dat dit die vorming bevorder wat God deur die geloof gee (1Tim.1:3-4).

Spreek die kerk vandag die probleem van valse leerstellings aan en word sterk standpunt ingeneem

daarteen? Herken en onderskei ons valse leerstellings, verdigsels en leringe wat bloot mensgemaakte

reëls, eerder as die ware lewegewende Woord van God is? (Matt.15:9).

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die regering

Die invloed van vakbonde op besluitneming, wetgewing en hoe die regering optree moet nie onderskat

word nie. Bid dat God ons sal beskerm teen toegewings aan dwase en onredelike versoeke. Vra dat

wergewers hulle werkers eerlik en regverdig sal betaal.

3. Noodroep: Draai die gety vir vroue en kinders

Statistieke van molestering en verkragting van kinders in Suid-Afrika is die hoogste in die wêreld.

Molestering en verkragting is die twee ergste dinge wat met 'n mens kan gebeur. Bid dat God aan ons

sal openbaar hoe om te bid sodat die vestings in ons samelewing volledig vernietig kan word. Vra ook

vir die fisiese en emosionele genesing van kinders en volwassenes wie se lewens hierdeur benadeel

is.

Woensdag 8 Februarie 2006.

Dag 38: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Oordenking: In hierdie moderne tyd is daar steeds baie mense groepe wat nie 'n Bybel of selfs 'n

Bybelgedeelte, in hulle eie taal het nie. Een seker manier om die nasies dissipels te maak en om die

evangelie aan hulle te bring, is om vir hulle 'n Bybel in hulle eie taal te gee. Hoeveel dra die kerk by tot

die vertaling van die Bybel in die oorblywende tale van die wêreld? Kan ons meer doen? Is dit met die

moderne tegnologie moontlik om die taak binne die volgende tien jaar af te handel?

Uit die Woord: Vader, ons bid dat U die Kerk sal inspireer om met 'n nuwe ywer te sien dat die Bybel

in elke taal van die wêreld vertaal sal word. Gee asseblief baie guns, baie gewillige diensknegte en dat

die wat bekwaam is vinnig en sonder ophou sal werk om die werk af te handel. Ons bid ook vir al die

nodige hulpbronne om voortdurend beskikbaar te wees vir die werk van Bybel-vertaling. Laat U opdrag

tot aan die eindes van die aarde weerklink, laat U Woord vinnig beweeg (Ps.147:15).

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die regering

Suid-Afrika gaan gebuk onder 'n abnormaal hoë werkloosheidsyfer. Werkloosheid veroorsaak dat

mense hoop en waardigheid verloor en waardeloos voel. Bid asseblief vir wysheid vir die regering om

op kreatiewe wyse vir mense te help en werk te skep. Bid ook vir meer buitelandse beleggings in Suid-

Afrika en meer buitelandse sakebetrokkenheid en vertroue in Suid-Afrika.

3. Noodroep: Draai die gety in die media

Die media speel 'n deurslaggewende rol in die vorming van mense se menings in en oor die land. Bid

vir meer Christene om hulle plek in te neem in radio, televisie en die gedrukte media. Vra dat die

waarheid gedruk en uitgesaai sal word met integriteit, liefde en met meer billikheid. Alhoewel daar 'n

verdraagsaamheid in die media is oor verskeie sake, is daar 'n toenemende onverdraagsaamheid

teenoor die Kerk en spesifiek oor die verkondiging van die evangelie. Bid dat God die harte van

nuusskrywers en redakteurs hieroor sal verander.

Donderdag 9 Februarie 2006

Dag 39: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Oordenking: Die kerk is God se antwoord vir die wêreld vandag (Ef.3:10). 'n Bekende spreker het

onlangs gesê: (geparafraseer) Die kerk is so gebroke en stukkend, vol swakhede en met baie tekorte,

maar God het die oorwinning behaal en die wêreld gered juis deur Sy Seun se gebrokenheid en

vernedering aan die kruis. Hoeveel te meer sal Hy nie weereens die wêreld verstom en die eindtyd oes

inbring, deur Sy kerk, wat Hy met Sy kosbare bloed gekoop het nie! Laat ons nie moeg word nie, maar

volhard sodat God se planne in ons leeftyd openbaar kan word.

Uit die Woord: Vader, ons bid U dat U deur U Gees uit die rykdom van U heerlikheid aan ons die krag

sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in ons harte sal woon en dat ons in die

liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag ons in staat wees om saam met al die gelowiges te

begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag ons Sy liefde ken, liefde wat

ons verstand te bowe gaan, en mag ons heeltemal vervul word met die volheid van God (Ef.3:14-20).

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in Zimbabwe

Bid dat 'n seisoen van opbou en herstel van die land en die mense van Zimbabwe sal aanbreek. Vra vir

betekenisvolle deurbrake in die volgende paar maande. Bid dat die skande en vernietiging stop gesit

sal word en dat mense van alle rasse sal hande vat en mekaar sal help. Vra dat die nasie waarlik uit

die as sal opstaan en 'n getuienis van God se genade en barmhartigheid sal wees.

3. Noodroep: Draai die gety in die media

Bid vir Christentydskrifte, -radio en -televisie uitsendings, dat dit altyd in die waarheid en geregtigheid,

in eerlikheid en liefde, in genade en vergifnis gegrondves sal wees. Vra vir Christene wat in die media

betrokke is vir vrymoedigheid en vryheid om hulle werk met integriteit te doen en om te volhard in wat

reg is en dat hulle vervul sal wees met die Heilige Gees.

Vrydag 10 Februarie 2006

Dag 40: NOODROEP VIR GOD SE SIGBARE TEENWOORDIGHEID

1. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die kerk

Oordenking: Ons het vir 40 dae tot God geroep met berou en sondebelydenis. Laat ons aan Hom

hulde bring vir Sy liefde vir die kerk in Suid-Afrika.

Uit die Woord: Vader, ons bring aan U 'n lofsang. Ons sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, ons sing

tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars. Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses

met oorwinning. Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê. Die

roem van God klink uit hulle mond (Ps.149). Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige

hemelgewelf! Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! Laat alles wat asem

haal, die Here prys! (Ps.150).

2. Noodroep vir meer van God se heerlikheid in die regering

Bid by name vir die president, die adjunk-president en die premiers van die nege provinsies. Vra dat

God hulle vandag sal seën in hulle werk, hulle gesinne en hulle persoonlike lewens. Bid dat elkeen die

geleentheid sal kry om Jesus Christus te kies as Here en Verlosser, en dat hulle met wysheid sal kies.

Dank God vir die antwoord op elke gebed wat ons gebid het, soos Hy wil en in sy tyd en seisoen.

3. Noodroep: Draai die gety in die media

Godslastering en lelike taal neem toe in die media. Daar is ook toenemende spot met Jesus Christus

en met mense wat 'n morele lewe lei. 'n Verhaal is nie "interessant genoeg"as dit nie bedrog, owerspel,

omkopery, of dreigemente insluit nie. Bid asseblief dat hierdie gety sal omkeer. Dat programme wat die

moraal van mense afbreek nie langer uitgesaai sal word nie. Vra veral dat artikels, programme en

rolprente met baie geweld, lelike taal, seks en naaktheid drasties sal verminder in al die media. Bid dat

meer tyd en energie spandeer sal word oor hoe om mense te help en vry te maak wat in hierdie dinge

vasgevang is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!