05.05.2013 Views

Ligdraer Augustus 2010 vir pdf.cdr - Christelike Vereniging van Suid ...

Ligdraer Augustus 2010 vir pdf.cdr - Christelike Vereniging van Suid ...

Ligdraer Augustus 2010 vir pdf.cdr - Christelike Vereniging van Suid ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dit is wat gebeur het met hierdie

gemeente in Efése. Hulle kon al die

wettiese opdragte uitvoer en presies

oorgee, maar daardie brandende

liefde wat in die harte moes wees, het

gekwyn. Die Here Jesus praat nie hier

met sondaars nie, Hy praat met

kinders van die Here wat 'n besluit

gemaak het op hulle lewenspad, en Hy

sê vir hulle: “Gaan terug na daardie

eerste liefde toe. Bekeer julle terug na

julle eerste liefde toe.”

U moet vanmôre nie na my kyk nie, ek

wil hê u moet terugkyk in u lewe daar

waar u die eerste keer met die

Saligmaker kontak en kennis gemaak

het. Dalk daar in die motorhuis soos

ons gehoor het, dalk in 'n hotelkamer,

by spesiale geleenthede waar u gaan

uitkniel het, dalk op 'n gewone,

eenvoudige aand hier in die huis van

die Here, waar 'n magtige God 'n

sondaar gevat en sy of haar lewe nuut

gemaak het. Daardie brandende

liefde en vrede wat in u hart ingekom

het – u moet daarna terugkyk, want die

Here wil hê ons moet teruggaan na

daardie plek toe waar hierdie liefde in

ons hart begin brand het. Want,

wanneer die storms en beproewings

kom, en wanneer hierdie lewe se dinge

oor jou wil spoel, dan gaan daardie

anker hou as hy in Jesus gefundeer is.

Baiemaal het ek op plekke gekom waar

ek opnuut besef die lewe is so kort. Ek

het nou met my skoonvader se siekte,

van die aanloop tot die laaste toe

gesien hoe baie dinge in sy lewe gevou

en geval het. Die liggaam het begin

ingee, sy moed het naderhand

ingegee, maar die anker het bly hou.

Met enigiets wat gebeur sê hy: “Kan ek

42 3

net vir die Here dankie sê vir wat

gebeur het?” Dierbare broer en suster,

kan ons nie teruggaan na daardie

eerste liefde toe nie? Kan ons nie

teruggaan na die plek waar Simon

Petrus weer teruggeroep is, en vir hom

gesê is: “Simon, kom nou, volg My”?

Die Here vra vir hom: “Het jy my lief?”,

en vir die derde maal word Simon

hartseer. Hy het geweet die Here

Jesus weet hy het Hom lief, en hy het

geweet en besef: In my swakheid sal

ek nooit weer beloftes maak wat ek in

elk geval nie weet of ek dit sal kan

nakom nie. Want, hy het gefaal toe die

Here vir hom sê: “Jy gaan 'n fout maak

Simon, die Satan gaan jou sif. Voor die

haan kraai sal jy driemaal geloën het

dat jy My ken.” Maar Simon het die

Here lief gehad met 'n opregte liefde.

Daardie dag toe hy van die see van

Galilea af wegloop, toe loop hierdie

groot visserman met daardie liefde

opnuut in sy hart. Daardie eerste

liefde, want die Here het om weer gaan

haal op die plek waar Hy hom geroep

het. Die dag toe hy moet sterwe was

dit vir hom niks.

Terwyl ons verlede week in die motor ry

het ek skielik 'n ongesteldheid, en so in

my gedagtes besef ek dat as ek nou 'n

probleem optel, is ons dalk albei dood.

M e t e e n s k o m d a a r s o ' n

opgewondenheid in my hart om te dink

dat ek dalk in 'n oomblik kan aansluit

by hulle wat vooruitgegaan het. Ons

praat van ankers – hier in die kerk,

langs die kansel en in die banke, het

ankers gesit wat weggegaan het.

Baiemaal kon ek maar net steun op die

wete dat hier iemand is wat vir my bid,

hier is iemand wat my ondersteun.

Maar soos die lewe aangaan het u en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!