05.05.2013 Views

Ligdraer Augustus 2010 vir pdf.cdr - Christelike Vereniging van Suid ...

Ligdraer Augustus 2010 vir pdf.cdr - Christelike Vereniging van Suid ...

Ligdraer Augustus 2010 vir pdf.cdr - Christelike Vereniging van Suid ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ek die verpligting om vir ander die

anker in die lewe te word, om in ander

mense die potensiaal te sien, om in

ander mense die mooi te sien en ander

mense aan te spoor om aan te hou op

hierdie pad. Die verantwoordelikheid

word al groter, en dalk nie meer baie

ver nie hoor ons die basuin blaas, en

dan, soos die digter sê, is ons werk op

aarde voltooi. As jy vir 'n kind van God

vra: “Wat dryf jou vorentoe, wat maak

dat jy aanhou, wat is die krag in jou

lewe?”, dan gaan jy baie mense kry wat

sal sê hulle prestasies of sukses of

vooruitgang is die anker of dryfveer

wat hulle vorentoe dryf in die lewe.

Baie mense dien die Here met 'n

passie, maar dit is selfgesentreerde

passie om self vooruit te gaan, om iets

te bereik in die lewe. Dit is mense soos

Efése en Laodicéa – u kan dit maar

gaan lees.

Die Here wil hê ons moet teruggaan na

die plek toe waar die liefde vir Hom die

dryfveer agter alles is. Ek het gehoor

hoe bid oom Fanie: “Die dryfveer agter

alles is daardie wonderlike liefde.” Het

u 'n plek waar daar 'n anker in u lewe

ingeslaan is? Hierdie jongman wat in

die motorfietsongeluk was se mense

sê hy behoort nie eens aan 'n kerk nie.

Daar is nog nie 'n anker in sy lewe nie,

maar ons kan vanogggend in die Gees

'n anker inslaan en sê: “Here, hier is 'n

groep mense wat vir 'n onbekende

jongman intree.” Ek wil hê ons moet

daarvan bewus word dat as jy nie 'n

anker het nie, jy nie gaan staande bly in

hierdie storms wat kom nie. Jy moet

daardie anker hê wat vas gaan wees en

gaan hou. En dit is net die liefde van

die Here. Ek het so tot die besef gekom

dat in u en my goedheid kan ons nie

42 4

gered word nie. Dit is God se liefde wat

binne-in sondaarharte ingaan, en wat

maak dat mense 'n besluit neem om

die Here Jesus te volg soos wat Hy vir

Simon Petrus geroep het. U het dalk

soos Simon drie en 'n half jaar, dag vir

dag, saam met Hom geloop, maar

Simon was nie op daardie plek waar

die Here hom wou hê nie. Vanmôre sê

die Here Jesus: “Simon, seun van

Jona, het jy My waarlik lief?” Wil u

teruggaan na daardie brandende

liefde binne-in u hart? Wil u teruggaan

na dit wat die belangrikste in hierdie

lewe is?

In die hele Ou Testament word die

vergelyking getref van God en sy volk

wat eintlik in 'n huwelik is, en dít wat

daardie huweliksverhouding moet hê.

Hy het ons elkeen gekoop met sy

kosbare bloed. Ek wil dit so aan u stel –

ek het dit nie gelees nie, maar toe Hy

daar aan Johannes verskyn, en Hy sê

vir hom om te skryf aan die sewe

gemeentes in klein Asië, sal u

agterkom Hy het elke beweging van

hulle geken. Elke fout, elke goeie werk

het Hy geken. Hy ken ons, Hy ken u en

my. U kan vir my 'n rat voor die oë

draai, u kan ander 'n rat voor die oë

draai, maar Hy ken ons. Hy weet hoe

lyk u binnekant, Hy weet wat hier binne

aangaan. Hy sê vir Johannes: “Skryf.”

Een gemeente doen dit, 'n ander

gemeente doen dat, hierdie een lyk so.

Wat vir my die mooiste van alles is, is

dat Hy vir almal die hemel se deur wyd

oop maak: “As jy luister wanneer die

Gees praat en jy doen en bekeer jou

terug na die weë toe sal Ek dit, en sal Ek

dat vir elkeen van julle gee.” 'n Belofte

wat Hy vir elke gemeente gee. Hy ken

ons.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!