05.05.2013 Views

Spesifikasie lys – Golden Heights-Specification list

Spesifikasie lys – Golden Heights-Specification list

Spesifikasie lys – Golden Heights-Specification list

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Spesifikasie lys – Golden Heights-Specification list

1. Fondasies:

Vlot fondasies met staal versterk soos per ingenieur.

2. Hoof struktuur:

Hier word Reebok Maxi stene gebruik en “cavity” mure word gebou. By die buite

sowel as die binne muur afwerking word ’n “brick on edge” bou metode gevolg en

die mure word “ge bag” inplaas van pleister. Bande om vensters en deure word

wel gepleister. Hierdie metode gee ’n fantastiese landelike gevoel aan die huisies.

3. Dak:

Die dak struktuur is skuins en word bedek met ’n “Alu-zink” plaat, afgerond met

“fascia” borde en “barge” borde waar nodig. Die dak kleure is ’n mooi “charcoal”

kleur wat pragtig vertoon by die huis plan.

4. Plafonne:

4mm Dikte “Nu-tech” borde word gebruik met “cornice” vir mooi afwerking.

5. Geute:

Geute word aangebring by die agterkant van die woning.

6. Verf:

“Dulux” binne-verf word vir ’n pragtige binne afwerking aangewend. Buite om kry

die wonings ’n volledige afwerking met “Dulux Weather Guard”. Die buite kleure

is soos spesifikasies gegee deur die argitek en sal uit natuurlik grond kleure en

skakerings daarvan bestaan wat Golden Heights ’n afgeronde en duursame gevoel

sal gee.

7. Deure en vensters:

Die voor en agter deur is ’n soliede meranti staldeur (swaaideur) wat toelaat vir

lekker lugvloei beheer deur die huis. Aluminium “charcoal” kleur skuifdeure asook

vensters word soos op plan geïnstalleer. Die motorhuisdeure asook “carport”

deure is soos op plan “Alu-zinc” oprol deure.

8. Sanitêre toebehore:

BADKAMER – badkamers word uitgerus met produkte voorsien deur CTM- 1x

toilette; 1x wasbak; 1x stort of bad soos op plan aangetoon met reëlings vir

gordyne by die stort; 1x handdoek reëling; 1x toilette papier houer; 1x 150L

geyser – alle toebehore soos op plan van huis.

KOMBUIS – 1x Opwasbak gesink in ’n melamien kombuiskas met ’n “post form”

blad afwerking of soos op plan.

9. Kaste:

KOMBUISKASTE is melamien kaste met “post form” blaaie afgerond met vlekvrye

staal handvatsels.

KAMERKASTE is melamien kaste met vlekvrye staal handvatsels.

10.Teëls :

Vloer oppervlaktes word geteël met keramiek teëls verskaf deur CTM en die

begroting hiervoor is R50 per vk. /m oppervlakte. Hier word ’n keuse van drie

natuurlike grond kleure aangebied om van te kies.

Die BADKAMERS se stort en vloer oppervlaktes word volledig geteël asook een ry

teëls word bo die bad en wasbak aangebring waar van toepassing. In die

KOMBUIS is daar ’n ry “spat teëls” bo die wasbak.

11. Elektrisiteit:

’n Koopkrag meter word geïnstalleer vir gemak asook, 12x ligpunte; 11x

Kragpunte; 1x stoof kragpunt; 1x Geyser kragpunt; 1x twee-rigting skakelaar; 1x

meter kas; 1xDB; 1x TV punt en 1x telefoon punt.

12.Plaveisel:

± 30 m2 se “Roman Cobble” plaveistene voorsien deur Mobi-cast word netjies

neergelê wat bydrae tot die pragtige estetiese gevoel van die ontwikkeling.

13.Keerwalle:

Keerwalle word gebou soos per plan asook word daar vloedwater beheer

toegepas waar nodig.

14.Ekstras:

Gordyn reëlings vir u gemak word aangebring, asook word daar grys voor u huis

neergelê en drie boompies vir u tuin verskaf. Elke huis kry ’n draadheining van 1.2

meter hoog om u agter plaas af te rond saam met 30 plante (rank tipe) om

pragtige heinings te vorm wat die hele ontwikkeling by die omgewing gaan laat

insmelt en esteties van hoë waarde gaan wees.

15.Addisionele opsies:

Ons verskaf ook graag die volgende addisionele produkte soos met u agent

bespreek: Plaveisel om die huis; Watertenk; Stoof; Gras agter huis; Geboude

grens mure

BELANGRIK: Dit is belangrik om te weet dat hierdie spesifikasies so akkuraat

moontlike toegepas sal word. Indien a.g.v. omstandighede buite ons beheer, ons

genoodsaak word bv. deur verskaffers - ons enige veranderinge moet aanbring

hieraan sal dit vooraf met u so gekommunikeer word. Indien u as koper enige

veranderinge hieraan wil bespreek, vra asseblief u betroubare agent.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!