05.05.2013 Views

AGRI - Mutual & Federal

AGRI - Mutual & Federal

AGRI - Mutual & Federal

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AGRI NUUS

Hooftrekke

From Basetsana’s Outbox

Agri Nuus 01

Maart/April 2012

• Regsaanspreeklikheid (3)

• Die belangrikheid van korttermynversekering as deel van ‘n boer se finansiële beplanning

• Wet op Verbruikersbeskerming verhoog boere se blootstelling aan risiko

• agriplus Huiseienaars

“Daar is talle

onstaanwyses van

brande – die lys is

potensieel onbeperk.

Van die minder

algemene oorsake sluit

in elektriese heinings,

ontploffings, glas of

ander weerkaatsende

materiaal.”

Goedgekeurde Finansiele Diensverskaffer

Regsaanspreeklikheid (3)

Die algemeenste wyses waarop veldbrande

ontstaan en versprei is in die laaste uitgawe

van AgriNuus bespreek, kookvure, rook,

vullisverbranding en die uithaal van heuning

is as oorsake van brande bekyk.

Hierdie artikel handel oor die regsimplikasies en

oorsake van veldbrande en die kollig val op die

gebruik van toerusting en werktuie; treine en

treinspore; kraglyne; vuurwerke, noodfakkels,

vuurwapens en ammunisie; en smeulende

materiaal as oorsake van brande.

Deur John Smit, Senior Regsadviseur

Mutual & Federal en Christo Potgieter, Direkteur

van Honey Prokureurs, Kaapstad (geplaas met

toestemming van Landbouweekblad)

Dié artikels het ten doel om inligting - en nie

regsadvies nie - te verskaf.

Gebruik van toerusting kan

brande veroorsaak

Veldbrande ontstaan blitsvinnig en dikwels

onvoorsiens, byvoorbeeld deur ‘n vonkie vanaf ‘n

kraglyn of meganiese komponente. Daar rus ‘n

plig op grondeienaars om onder meer toe te sien

dat hul toerusting in ‘n goeie toestand is en dat

hulle of hul werkers nie nalatig optree nie.

Daar is talle onstaanwyses van brande – die lys is

potensieel onbeperk. Van die minder algemene

oorsake sluit in elektriese heinings, ontploffings,

glas of ander weerkaatsende materiaal. In hierdie

artikel word egter ‘n paar algemene oorsake

bespreek.

Die gebruik van toerusting en

werktuie

Brande kan ontstaan weens die gebruik van

meganiese toerusting. Voorbeelde hiervan is:

• Wrywing (byvoorbeeld foutiewe

metaalkomponente skuur teen mekaar

en veroorsaak vonke);

• Brandstof (byvoorbeeld lekkasies of die

storting van brandstof);

• Meganiese onklaarraking, soos elektriese

kortsluitings wat vonke veroorsaak;

• Warm onderdele of komponente van

‘n voertuig (soos ‘n warm enjin of

uitlaatstelsel wat met droë gras in

aanraking kom);

• Koolstof afkomstig van uitlaatstelsels

(byvoorbeeld warm koolstofstukkies wat

deur ‘n trekker se uitlaatpyp uitgeskiet

word); en

• Sweiswerk en die sny en slyp van metale.

Die saak van Clan Syndicate (Pty.) Ltd vs.

Peattie 1986 (2) 777 (A) is ‘n voorbeeld van

‘n geval waar ‘n brand veroorsaak is deur die

gebruik van ‘n meganiese werktuig. In dié

saak het ‘n brand ontstaan in ‘n houtplantasie

op die verweerder se plaas en versprei na die

houtplantasies op die eiser se plaas as gevolg

waarvan die eiser skade gely het.

Die eiser het ‘n aksie teen die verweerder

ingestel en beweer dat die verweerder se

werknemers nalatig was, wat die ontstaan

asook die verspreiding van die brand betref.

Dit het tydens die verhoor geblyk dat die brand

ontstaan het gedurende die spits-brandtyd

terwyl daar ‘n hoë risiko vir brande in die

plantasies bestaan het as gevolg van baie droë

toestande.

Uit die getuienis het dit

geblyk dat die betrokke

kettingsaag warm

koolstofdeeltjies kon uitskiet

indien daar ‘n opbou van

koolstof in die uitlaatstelsel

van die kettingsaag was.

From Basetsana’s Outbox

Agri Nuus 02

Op dié betrokke dag was daar ‘n groep

werkers in die omgewing van die plantasie

teenwoordig en hulle is nie van ‘n span

brandbestryders vergesel nie. Terwyl die res

van die werkers met ontbyt was, het een van

hulle in die plantasie gebly, besig om 25 jaar

oue dennebome met ‘n petrolaangedrewe

kettingsaag af te saag. Terwyl hy daarmee

besig was, het die dennenaalde agter hom aan

die brand geraak. Die res van die werkers het

takke afgebreek om die vlamme dood te slaan,

maar die vuur, wat deur die sterk bergwind

aangeblaas is, het buite beheer geraak. Byna

‘n duisend hektaar bos is verwoes en groot

skade is aan die eiser se plantasies aangerig.

Uit die getuienis het dit geblyk dat die

betrokke kettingsaag warm koolstofdeeltjies

kon uitskiet indien daar ‘n opbou van koolstof

in die uitlaatstelsel van die kettingsaag was.

So ‘n opbou van koolstof sou geskied indien

die uitlaatstelsel nie gereeld skoongemaak is

nie, welke proses ‘n omvattende maandelikse

diens sou behels.

Die hof het beslis dat die gebruik van die

foutiewe kettingsaag die waarskynlikste

oorsaak van die brand was en dat die fout

voorkom kon gewees het deur die gereëlde

roetinediens van die kettingsaag. Die hof

het gevolglik beslis dat die verweerders

aanspreeklik is.

Treine en treinspore

Skade word ook somtyds aangerig as gevolg van brande veroorsaak deur brandende voorwerpe

afkomstig vanaf treine.

Voorbeelde hiervan is:

• Suikerrietplantasies beskadig deur ‘n brand veroorsaak deur ‘n brandende voorwerp afkomstig

van ‘n treinlokomotief – Moonsamy vs. South African Railways and Harbours 1962 (4) SA682

(NPA);

• ‘n Koringland, ‘n aantal sakke klaar geoeste koring asook weiding beskadig deur ‘n brand

veroorsaak deur brandende materiaal afkomstig van ‘n treinlokomotief – South African Railways

and Harbours vs. du Preez 1952 (1) SA 81 (KPA).

In die saak van Gouda Boerdery Bpk. vs. Transnet 2005(5) SA 490(A) het ‘n brand in ‘n

spoorwegreserwe ontstaan en van daar versprei na die eiser se eiendom waar dit skade aangerig

het. Die eiser het gesteun op die vermoede van nalatigheid, soos geskep deur artikel 34 (1) van die

Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande nr. 101 van 1998.

Die artikel bepaal as iemand wat ‘n siviele geding aanhangig maak, bewys dat hy ‘n verlies gely het

weens ‘n veldbrand wat deur die verweerder veroorsaak is of begin het op of versprei het vanaf grond

wat deur die verweerder besit word, word vermoed dat die verweerder nalatig was met betrekking

tot die veldbrand totdat die teendeel bewys word – tensy die verweerder ‘n lid is van ‘n brandbeskermingsvereniging

in die gebied waar die brand voorgekom het.

Ten einde te bepaal wat ‘n veldbrand is, moes die hof eers bepaal wat “veld” is. Ná die oorweging van

vyf gesaghebbende woordeboeke se definisie van die woord “veld” asook twee vorige hofuitsprake het

die hof tot die gevolgtrekking gekom dat ‘n spoorwegreserwe nie aan die vereiste van “veld” voldoen

nie. Die brand wat daar ontstaan het, was dus nie ’n veldbrand nie. Gevolglik is die verweerder nie

getref deur artikel 34 se vermoede van nalatigheid nie.

Kraglyne

Brande ontstaan ook somtyds onder of in die

nabyheid van kraglyne. Gevalle is bekend waar

brande ontstaan het deurdat:

• Kraglyne aanmekaar raak (byvoorbeeld

weens wind), ‘n vonk afgee en die veld aan

die brand gesteek word;

• Weerlig ‘n kragdraad afslaan en ‘n brand as

gevolg daarvan begin;

• ‘n Kragpaal omval of afbreek en die

kraglyne ‘n kortsluiting veroorsaak wat ‘n

brand tot gevolg het;

• Bome onder of in die omgewing van

kraglyne met die kragdrade in aanraking

kom of ‘n boom (of ‘n tak) op ‘n kraglyn

val; en

• Diere (soos katte en bobbejane) teen

kragpale opklim en kortsluitings veroorsaak.

Agri Nuus 03

“Ten einde te bepaal wat ‘n

veldbrand is, moes die hof

eers bepaal wat “veld” is.

Ná die oorweging van vyf

gesaghebbende woordeboeke

se definisie van die woord

“veld” asook twee vorige

hofuitsprake het die hof tot die

gevolgtrekking gekom dat ‘n

spoorwegreserwe nie aan die

vereiste van “veld” voldoen nie.

Die brand wat daar ontstaan

het, was dus nie ’n veldbrand

nie. Gevolglik is die verweerder

nie getref deur artikel 34 se

vermoede van nalatigheid nie.“

From Basetsana’s Outbox

Vuurwerke, noodfakkels, vuurwapens en ammunisie

Dit is ‘n bekende feit dat vuurwerke en klappers brande kan begin. Kinders wat met vuur (byvoorbeeld

vuurhoutjies, klappers of vuurwerke) speel, het al brande veroorsaak wat groot skade tot gevolg gehad

het.

Hoewel dit selde voorkom, kan vuurwapens en ammunisie ook brande begin. Ook brande wat deur

noodfakkels begin is, is raar, maar waar. So, byvoorbeeld, het ‘n brand na bewering gedurende

Februarie 2010 naby Hermanus in die Wes-Kaap ontstaan deurdat ‘n plaaswerker ‘n noodfakkel na ‘n

lastige bobbejaan afgevuur het. Die plaaswerker het na bewering die noodfakkel in ‘n vuilgoeddrom

gekry waar dit vermoedelik deur ‘n booteienaar weggegooi is.

Smeulende materiaal

Ná enige veldbrand is dit noodsaaklik om stappe te doen om te verseker dat smeulende materiaal nie

opnuut ‘n brand veroorsaak nie. Sekere materiaal (byvoorbeeld boomstompe en droë beesmis) kan

lank ná ‘n brand nog smeul. Die wind kan veroorsaak dat dit weer opvlam of kan gloeiende stukkies

daarvan wegwaai en in droë gras laat beland. Dit is derhalwe noodsaaklik om smeulende materiaal

ná enige brand behoorlik te blus. Enige boer wat ‘n brand op sy grond ondervind het, behoort sy

versekeraar so spoedig moontlik in kennis te stel – veral as die brand na ander mense se eiendom

versprei het.

Die belangrikheid van

korttermynversekering as

deel van ’n boer se finansiële

beplanning

Landbou is een van die oudste ekonomiese

sektore, asook een van die hoekstene van ons

ekonomie en bevind homself konstant in ‘n

snelveranderde omgewing. Die gepaardgaande

eise wat aan boere gestel word kan soms

oorweldigend wees.

Dit is belangrik om die landbou in ’n moderne

lig te beskou, veral wat kwessies soos

voedselsekuriteit, klimaatsverandering,

koolstofemissies, ontbossing, beperkte

waterbronne en die bewaring van natuurlike

hulpbronne, om maar ’n paar te noem, betref.

Die resessie het alle besigheidsektore swaar

getref, maar het dit ons ook geleer dat dit tyd

geword het om anders te dink sodat nuwe

geleenthede vir wins en volhoubaarheid geskep

kan word. Die algemene neiging is dat boerderyeenhede

groter word, wat dan ook tot gevolg

het dat die gepaardgaande bedrywighede groter

word.

Agri Nuus 04

“Dit is belangrik om die

landbou in ’n moderne lig te

beskou, veral wat kwessies

soos voedselsekuriteit,

klimaatsverandering,

koolstofemissies, ontbossing,

beperkte waterbronne en

die bewaring van natuurlike

hulpbronne, om maar ’n paar te

noem, betref.”

From Basetsana’s Outbox

Landbou-risiko’s en risikobestuur

Dit is belangrik om:

• ’n deeglike ontleding van risiko’s te maak,

• die gevolge van risiko’s, sou dit plaasvind,

• insluitend die negatiewe finansiële gevolge

wat die voortbestaan van die boerderybedrywighede

in gevaar kan stel,

• die impak op kontantvloei en

• die beskikbaarheid van fondse,

te verstaan.

Dit is ’n goeie idee dat boere risiko’s evalueer,

hul risikobestuursprosesse hersien en dan

besluit watter risiko’s absorbeer kan word

binne die balansstaat van die boerderybesigheid

in geval van onvoorsiene gebeure.

Risikobestuur is van kardinale belang vir enige

boer om sy besigheid te beskerm en daarom

is versekering as ’n risiko-oordrag meganisme

vandag belangriker as ooit tevore en moet

korttermynversekering 100% deel vorm van

enige boer se finansiële beplanning.

Versekering as ’n risiko-oordrag

meganisme

’n Boerdery is ’n ingewikkelde onderneming

en nie twee boerdery-besighede is dieselfde

nie. ’n Een-grootte-pas-almal-benadering kan

nie gevolg word, wanneer dit by korttermynversekeringsoplossings

vir boere kom nie. Elke

boerdery-besigheid is uniek en daarom moet

die besondere behoeftes en risiko’s bepaal word

ten einde die nodige korttermynversekering

in plek te kry en om sovêr moontlik in daardie

behoeftes te voorsien.

Die onlangse brande en storms het dit weereens

beklemtoon, dat waar versekering in plek was

en sekere risiko’s oorgedra was, is die fisiese

skade nie noodwendig voorkom nie, maar die

finansiële impak van die skade is minstens

sodanig verminder dat dit nie die einde van ’n

boerdery-besigheid beteken het nie. Natuurlike

katastrofes vind wêreldwyd meer gereëld plaas,

die duurste rampe in finansiële en ekonomiese

terme is vloede, aardbewings en storms.

Nuwe tegnologie, ’n veranderde regulatoriese

en wetgewende omgewing, boerderypraktyke

en verskeie ander risiko’s waaraan boere

blootgestel word, is maar enkele van die

faktore wat in ag geneem moet word wanneer

korttermynversekering vir boere ter sprake kom.

Liza de Beer, Bestuurder Besigheidsontwikkeling

Landbou-bates, Mutual & Federal.

Agri Nuus 05

Wet op Verbruikersbeskerming

verhoog boere se blootstelling

aan risiko

Dit is nodig dat boere kennis neem van die

verhoogde blootstelling in risiko as gevolg

van die nuwe Wet op Verbruikersbeskerming

(Consumer Protection Act oftewel CPA).

Kragtens die Wet wat in April 2011 ingestel is,

kan enigeen in die waardeketting afsonderlik of

gesamentlik vir enige verlies wat ʼn verbruiker

mag ly, aanspreeklik gehou word. Boere kan

potensieël rampspoedige koste in die gesig staar

indien hulle nie toepaslike dekking het nie. As

verbruikers van landbouprodukte siek word,

kan enigeen in die landbouproduksie-ketting

gedagvaar word.

In Mei verlede jaar was daar verskeie sterftes in

Duitsland weens die inname van komkommers

wat deur E. coli besmet is, en dit het ʼn

boerderykrisis regoor Europa tot gevolg gehad.

Hierdie voorval kon in onvoorsiene regseise

teen boere gelei het, as daar bevind is dat hulle

daarvoor verantwoordelik was.

Boere besef dikwels nie dat hulle dalk miljarde

Rand in vergoeding vir onvoorsiene gebeure

sal moet uitbetaal nie. ’n Individu kan tussen

R5 miljoen en R10 miljoen voedselvergiftiging

eis, maar dit kan dramaties verhoog word as

honderde mense siek word. Die meeste boere

het nie toereikende versekering om sulke

gevalle te dek nie. Die koste vir die meeste

boere sal verpletterend wees, en hul reputasie

sal ook daaronder ly.

”Dit is nodig dat boere kennis

neem van die verhoogde

blootstelling in risiko as

gevolg van die nuwe Wet

op Verbruikersbeskerming

(Consumer Protection Act

oftewel CPA). Kragtens

die Wet wat in April 2011

ingestel is, kan enigeen in

die waardeketting afsonderlik

of gesamentlik vir enige verlies

wat ʼn verbruiker mag ly,

aanspreeklik gehou word.”

From Basetsana’s Outbox

Kragtens die Wet op Verbruikersbeskerming, kan boere ook aanspreeklik gehou word as hulle beweer

dat hul produkte organies is, maar dit eintlik behandel of verwerk is. Net so, as ʼn kleinhandelaar ʼn

organiese etiket op ʼn boer se goedere plaas en dit nie organies verbou is nie, moet iemand in die

produksieketting kragtens die Wet daarvoor aanspreeklik gehou word.

Selfs in die geval van boere wat regstreeks aan die eindgebruiker verkoop, is dit belangrik dat hulle

ook die proses holisties benader en dus weet hoe om bykomende risiko’s te vermy. Indien boere se

regsaanspreeklikheid polisse, beperk is tot hulle eie persele, sal hul polisse nie die nodige dekking bied

sodra hul produkte in die waarde-ketting gelewer is nie.

Met die Wet op Verbruikersbeskerming in volle swang moet boere die uitwerking oorweeg van die wyse

waarop hulle sake met die eindgebruiker of verbruiker dryf. Dit strek van die bemesting en insekdoders

wat vir gewasse gebruik word, tot die stamboekvee wat hulle besit, tot die voertuie wat hulle aan

ander boere verkoop. Stamboekvee moet opreg wees, veral as dit vir stoetboerdery en kompetisies

gebruik word, en voertuie of trekkers mag nie meer ‘voetstoots’ verkoop word nie.

Boere moet al die risiko’s binne die volle produksieketting waaraan hulle blootgestel word, identifiseer

– van die boer, tot die groothandelaar, tot die kleinhandelaar en verbruiker. As hulle besluit om dit

te verontagsaam, doen hulle dit op hul eie risiko. Boere behoort te verseker dat hul makelaar of

versekeringsmaatskappy hierdie kwessies verstaan en aan hulle toepaslike omvattende dekking

voorsien wat gemoedsrus sal verseker en die boere help om onnodige en verwoestende regskoste te

vermy.

Andries Wiese, Groepbestuurder Landbou en Oes, Mutual & Federal

plus

Gespesialiseerde landbou-bateversekeringsoplossings

Persoonlike- en boerdery-besigheidrisiko’s kan onder een produk verseker word.

Die agriplus produk gee die buigsaamheid van ‘n wye keuse van dekkingsopsies om die beskerming

te bied wat boere nodig het en sluit persoonlike afdelings soos Huiseienaars, Huisbewoners, Persoonlike

alle risiko, Persoonlike- en Uitgebreide Persoonlike aanspreeklikheid in.

Die Huiseienaarsafdeling:

• Hierdie afdeling maak voorsiening vir skade aan geboue geokkupeer as privaat woonhuis,

privaat motorhuise, huishoudelike buitevertrekke en huishoudelike buitegeboue

veroorsaak deur verskeie gevare, soos onder ander brand, weerlig, ontploffing, aardbewing,

storm, vloed, wind, water, hael of sneeu. Buitevertrekke wat gebruik word vir die boerdery

besigheid of doeleindes moet dus onder die Brandafdeling van die polis verseker word.

• Aanspreeklikheid teenoor publiek (waarvoor die versekerde wetlik aanspreeklik is as

eienaar) is ingesluit tot R5M (vyfmiljoen rand), met inbegrip van alle regskoste en alle ander

koste en uitgawes, onderhewig aan uitsonderings soos per die polisbewoording.

Agri Nuus 06

• Outomatiese inflasie aanpassing, die versekerde bedrag sal elke maand outomaties

verhoog word, met ‘n persentasie wat ooreenstem met prysindekse. Geen premie aanpassings

sal gemaak word tot verjaringsdatum nie wanneer die premie dan op grond van die

gewysigde versekerde bedrag aangepas sal word. Hierdie stel nie die versekerde kwyt van

sy/haar verantwoordelikheid om te verseker dat die versekerde bedrag te alle tye die volle

vervangingswaarde verteenwoordig nie.

• Boorgatpompe en elektriese motors wat gebruik word vir boerdery-doeleindes of enige

windpompe en windpomp-toerusting moet onder die Brand en/of Sake alle risiko afdelings

van die polis verseker word.

• Dekking is outomaties ingesluit om alle kostes en/of uitgawes wat deur die versekerde

aangegaan is om tydelike herstelwerk en/of tydelike maatreëls te tref wat redelikerwys

noodsaaklik mag wees, nadat ’n omskrewe gebeurtenis plaasgevind het, tot ’n bedrag van

R10 000 (tienduisend rand) ten opsigte van enige enkele gebeurtenis.

Voorbeeld: ’n Gebou word beskadig deur ’n storm, alle aanduidings is daar

dat dit oor die volgende paar dae gaan reën, die versekerde doen tydelike herstelwerk aan

die dak in ’n poging om verdere skade aan die gebou en/of die inhoud daarvan te voorkom.

• Dekking kan uitgebrei word om die volgende in te sluit:

o Meganiese onklaarraking aan elektriese stowe.

o Spesiale vervanging van warmwatertoestelle, in die geval van ’n totale verlies van

’n warmwatertoestel, wat deur ’n versekerde gevaar veroorsaak is, sal die konvensionele

warmwatertoestel vervang word met ’n solar- of gas warmwatertoestel. Daar is verskeie

stelsels vir verskillende areas, asook nagelang van die kliёnt se individuele behoeftes

beskikbaar en daarom is die maatskappy nie voorskriftelik oor die limiet wat per eenheid

gekies word nie. Afgesien van die kostes vir die eenheid self, is daar ook installering- en

omskakelingskostes wat ook in berekening gebring moet word wanneer die limiet bepaal

word. Die maatskappy hoop om hierdeur ’n langtermynbydrae tot die bewaring van

energiebronne te lewer, wat ook ’n verlaging in die boer se huishoudelike kragverbruik

teweegbring.

o Addisionele eisevoorbereidingskostes in oormaat van die bedrag van R15 000

wat outomaties ingesluit is.

AGRI NUUS

Vir enige voorstelle/kommentaar kontak:

Liza de Beer

Bestuurder Besigheidsontwikkeling Landbou

Liza.deBeer@mf.co.za

Agri Nuus 07

From Basetsana’s Outbox

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!