HOëRSKOOL PORTERVILLE
HOëRSKOOL PORTERVILLE
HOëRSKOOL PORTERVILLE
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
P o s b u s 2 2 , P O R T E R V I L L E , 6 8 1 0

T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s . c o . z a

Weekbrief 4/2013

8 Februarie 2013

GESTIG 1870

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ONTHOU: GEEN SAAL MAANDAG, 11 Februarie 2013

Dinsdag: 12 Februarie 2013

Graad 1-4: Grade 1 tot 4 leerders gaan met hulle gewone skooldag aan.

Graad 5-6: Gaan vermaak word in die saal. Skoolbywoning egter verpligtend.

INTERSKOLE ATLETIEK 12 Februarie 2013 te Coetzenburg

Ons Atletiek-Kaptein en –Kapteine:

ALASTAIR OTTO en ANDRIA DE LANGE

Ons Hoofdirigente:

ROHAN HAGEN en LARA COLDREY

Die GROOT dag kom vinnig nader. Ons voorbereidingstyd was intens,

maar ons weet HSP se kinders funksioneer die beste onder druk! Die

kinders werk PUIK saam tydens die oefeninge. Hiermee gee ons die

nodige inligting rakende die finale reëlings deur:

Dag se tye:

Alle leerders MOET 07:20 sit op die paviljoen.

Optog van Atlete begin 07:30.

Eerste items begin stiptelik 08:30.

Atlete ontvang

Maandag ‘n volledige

program van die

dag!

Program eindig met die aflosse wat om 14:40 begin, daarna word die

dag afgesluit met ‘n prysuitdeling.

Vervoerreëlings:

Ons doen ‘n ernstige dog dringende beroep op elke leerder om die R30

fooi so spoedig moontlik by hul registeronderwysers in te betaal.

Ons huur 3 busse vir die geleentheid.

Die busse vertrek om 04:45 Dinsdagoggend vanaf die skool. (U lees

korrek – kwart voor 5 die oggend)

Kleredrag vir die dag:

Atlete neem deel in:

Dogters – Atletiek frokkie OF ou netbalhempie met

navy broekie OF navy tight

Seuns – Atletiekfrokkie OF ou wit gholfhempie met navy broekie OF

PT broekie OF tight

Atlete mag slegs deelneem met die navy tights, andersins

broekie bo-oor.

Atlete dra tydens die OPTOG:

Dogters – Skoolrok met sokkies en skoolskoene

(GEEN truie of pullovers)

Seuns – Wit skoolhemp en skoolbroek (kort of lank) met korrekte

sokkies en skoolskoene (GEEN truie of pullovers)

Res van die skool se drag ... (vervolg op bl. 2.)
Res van die skool se drag:

Dogters – Skoolrok met sokkies en skoolskoene (GEEN truie of pullovers)

Seuns – Wit skoolhemp en skoolbroek (kort of lank) met korrekte sokkies en skoolskoene (GEEN

truie of pullovers)

Toksakke: SLEGS HSP TOKSAKKE & RUGSAKKE WORD VIR DIE DAG TOEGELAAT

Alle leerders se sakke gaan by die hekke deursoek word deur sekuriteitswagte.

Algemene benodigdhede:

Leerders moet asseblief baie water en genoeg voedsame eetgoed saamneem – DAAR’s slegs 4

snoepie breuke vir die leerders op die paviljoen! Bring Sonbrandmiddel. Ongelukkig GEEN

hoede of sonbrille of enige iets wat nie skooldrag is nie. (HSP pette toelaatbaar.)

Ons maak staat op u 100% samewerking en motivering van u kind om Hoërskool Porterville op die

voorpunt te hou!

RUGBY & NETBAL SPORTNAWEEK - 22 & 23 MAART 2013

Die langnaweek in Maart (22 en 23 Maart 2013) is ’n datum wat u

asseblief moet merk op u kalender - ons prestige Netbal & Rugby

Sportnaweek. Die Vrydag en Saterdag gaan ons heerlik vermaak word

deur ons en ander skole se netbal en rugby spanne. Ons is besig om ons

vere reg te skud met deeglik beplanning en harde werk om hierdie groot

geleentheid ‘n hoogtepunt te maak.

Die skole wat gaan deelneem is: Hendrik Louw, Noord-Eind, Mikro,

Willemsvallei, Boys High, Langenhoven Gim, Augsburg, Dirkie Uys,

Prieska, Colesberg, Tygerberg, Labori, Worcester Gim, Oudtshoorn,

Schoonspruit en Union High.

Die volgende spanne van HSP neem deel aan die Sportnaweek:

Netbal - O/12, O/13, O/14A, O/16A, O/19A
KRUMMELTJIES

Baie welkom!! - julle is nou volwaardig deel van hsp.

AANDAG ALLE OUERS !!

Ons wil ‘n beroep op ons ouers doen om asseblief die weekbrief te lees. Dit gebeur gereeld dat

ouers skool toe bel vir inligting wat reeds in die vorige week se weekbrief verskyn het. Dit bring

mee dat ons gereeld toegegooi word met onnodige oproepe wat veroorsaak dat die administratiewe

personeel nie by hulle ander dagtake kan uitkom nie.

Die weekbrief is ’n kommunikasiemiddel tussen die skool en ouers. Ons spandeer baie tyd daaraan

sodat ons ouers elke week ’n weekbrief kan ontvang. Ons bedank u vir u samewerking hierin!!

TOESIG

Ons soek nog ouers om op 12 Februarie 2013 te kom toesig hou by die Gr. 5-6

leerders, terwyl ons Gr. 7-12 leerders aan die Interskole Atletiek op Coetzen-

burg gaan deelneem. Dankie vir die ouers wat reeds u hulp aangebied het.

BAIE DANKIE …

HENK ESTERHUYZE vir die HEERLIKE, VERFRISSENDE DRUIWE vir

DIE PERSONEEL. Ons WAARDEER !!

ROBERT VAN DER MERWE vir die sny van die gras.

CAS MOUTON vir die sny van die gras.

GEEN swemoefening

A.g.v. die Interskole Atletiek sal daar GEEN swemoefening

op Maandag (11 Febr) en Dinsdag (12 Febr) wees nie. Die

swem-oefeninge word hervat vanaf Woensdag (13 Febr)!

Dankie dat u verstaan.
VCSV KRINGLEIERS 2013

Voorsitter : Andria de Lange

Onder-Voorsitter : Sebastian Dorrington

Bestuur : Lindie Stemmet

Marike Wilkens

Marika Viljoen

Gr. 12 : Egbert de Waal

Barbara Nel

Elsje Olivier

Nadine Rossouw

Marli van Baalen

Melissa de Villiers

Anthea Josephus

Selena March

Chris Odendaal

Gr. 11 Anandie Burger

Ané Cruywagen
WYNVEILING - 30 MEI 2013

Hiermee word u as ouer net weer herinner aan die wynveiling

wat ons skool op 30 Mei 2013 aanbied. Hierdie is ons groot

fondsinsamelingsprojek vir 2013. U word versoek om op die

uitkyk te wees vir wyn wat ons tydens die veiling kan

aanbied. Probeer asb. om met behulp van vriende en familie

vir ons ’n verskeidenheid wyne in die hande te kry, aangesien

die wyn wat beskikbaar is die sukses van die veiling kan

bepaal. Enige skenkings kan by die skool afgegee word.

BAIE GELUK AAN ONS MUSIEKLEERDERS

BIANCA VAN WYK (MUSIEK GRAAD 3) & MARIKE WILKENS (MUSIEK

GRAAD 4) WIE SE NAME OP DIE EREROL VAN UITBLINKERS VIR

MUSIEKTEORIE GAAN VERSKYN. ’N KANDIDAAT MOET 90% +

BEHAAL HAAR/SY NAAM OP DIE LYS KAN VERSKYN.

COMPU - IQ

DIE VORMS WORD OP WOENSDAG, 20 FEBRUARIE AFGEHAAL. BESORG

ASSEBLIEF U VOLTOOIDE VORMS BETYDS TERUG BY DIE SKOOL

TEN BATE VAN DIE

MATRIEKAFSKEID

Vrydag,

15 Februarie by HSP se Skoolsaal om 19:00.

Toegangsgelde is R60 p/p (Ligte ete ingesluit)

U moet asseblief u eie drinkgoed

& glase bring.

Kaartjies te koop:

Elna Lombard

& Gr. 11 ’s
WEEKPROGRAM

Vrydag, 8 Februarie - L/S Platteland Atletiek - HSP

Saterdag, 9 Februarie - H/S Platteland Atletiek - H/S Piketberg

O/19 Krieket Esselenpark (T)

Maandag, 11 Februarie - H/S Gholf H/S Dirkie Uys (W)

Dinsdag, 12 Februarie - Interskole 4 hoek byeenkoms-Coetzenburg

Woensdag, 13 Februarie - Individuele foto’s

H/S Tennis Tulbagh

Donderdag, 14 Februarie - L/S Tennis Olifantsvallei (T)

Valentynsbal

Vrydag, 15 Februarie - Valentynsdans (volwassenes)

Saterdag, 16 Februarie - L/S Wes-Boland Atletiek HSP

H/S Wes-Boland Atletiek Moorreesburg

O/19 Krieket - H/S Stellenbosch (W)

MNR. WILLEM ENGELBRECHT

SKOOLHOOF

TWEEDEHANDSE KLAVIER

Juf. Hetta van der Merwe is op soek na ’n goeie

tweedehandse klavier. As daar iemand is wat

dit nie gebruik nie en die wil verkoop, kan

Hetta gekontak word by 084 4123 024

Baie dankie!