05.05.2013 Views

Klik hier vir omsendbrief 13.2012 - Laerskoolbaanbreker.co.za

Klik hier vir omsendbrief 13.2012 - Laerskoolbaanbreker.co.za

Klik hier vir omsendbrief 13.2012 - Laerskoolbaanbreker.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Registrasienommer : 1999/020256/07

Kleuterskool : 072 155-4602 Posbus 191

Naskoolsentrum : 084 668-4748 Boksburg

Kantoor : 896-5122 / 896-5126 1460

Faks : 896-5122

E-pos : baanbreker@mweb.co.za

13 Junie 2012 Omsendbrief no.13/2012

Geagte Ouer

Die tweede kwartaal is byna verby en ons wil u almal graag bedank vir u ondersteuning met al ons

projekte gedurende dié kwartaal. Elke ouer se hulp of bydrae, word baie waardeer. Voor die skool sluit,

is daar egter nog 'n paar belangrike sake waarvan u moet kennis neem:

Nuwe personeellid :

Ons verwelkom graag vir me Martie Nel wat as nuwe personeellid by die Naskoolsentrum aangesluit

het. Me Nel is 'n bekwame dame en ons glo dat al die kleuters gelukkig sal wees met hulle nuwe

juffrou.

Rugby-lootjies :

Al die lyste, sowel as die geld, moet asseblief teen Maandag 18 Junie ingehandig wees. Die

trekking sal deur ’n onafhanklike persoon gedoen word op Woensdag 20 Junie, gedurende skoolure

en die wenner sal telefonies gekontak word.

Die kleuters wat die meeste geld met die verkoop van die lootjies insamel, sal die volgende

kontantpryse wen:

Eerste prys - R300

Tweede prys - R200

Derde prys - R100

Vorderingsverslae :

Donderdag 21 Junie sal al die kleuters hul tweede Vorderingsverslag vir die jaar ontvang. Dié

verslag is 'n meer formele verslag as die een van die eerste kwartaal. Indien u enige vrae aangaande

u kleuter se Vorderingsverslag het, is u welkom om 'n afspraak met die betrokke klasonderwyseres

te maak.

Snesies :

U word vriendelik gevra om asseblief 'n doos snesies en 'n houer vloeibare handewasseep of wet

wipes vir u kleuter aan die klasonderwyseres te stuur. Ons sal dit baie waardeer indien u dit teen

Vrydag 20 Julie, aan ons kan stuur.

Kwartaalprogram :

Die derde kwartaal is vol bedrywighede, en u sal saam met u kleuter se Vorderingsverslag 'n

Kwartaalprogram ontvang waarop al die belangrike gebeure en datums aangedui is. Indien daar enige

wysigings is, sal u vroegtydig, per brief, daaroor in kennis gestel word.

Skoolvakansie :

Die Kleuterskool sluit Vrydag 22 Junie, om 11:30. Die Naskoolsentrum is wel oop, indien u nie u

kleuter betyds kan kom haal nie.

Die Kleuterskool begin weer Maandag 16 Julie.

Naskoolsentrum :

Die Naskoolsentrum sal wel oop wees gedurende die skoolvakansie, vanaf 07:00 - 17:45. U moet dus

u kleuter soggens by die Naskoolklas besorg. Daar sal gedurende die vakansie 'n informele program

met die kleuters gevolg word. Kleuters wat reeds by die Naskoolsentrum ingeskryf is, hoef geen

addisionele geld vir die vakansie te betaal nie. U is welkom om u kleuter gedurende die vakansie as

'n dagbesoeker na die Naskoolsentrum te bring.

Die dagbesoekerstariewe is soos volg: * Halfdag - R20-00 (07:00 – 13:00)

* Voldag - R40-00 (07:00 – 17:45)

Die Naskoolsentrum-kleuters word vriendelik versoek om elkeen asseblief 'n doos snesies en ’n

bottel aanmaak-koeldrank aan die Naskoolsentrum te stuur.

Ons wil graag 'n opname maak van hoeveel kleuters gedurende die skoolvakansie die Naskoolsentrum

sal bywoon. Voltooi asseblief die bygaande skeurstrokie en stuur terug voor Woensdag 20 Junie.

Kleuterskoolkonsert :

Die jaarlikse konsert waaraan al die kleuters deelneem, vind voorlopig op Woensdag 24 en Donderdag

25 Oktober om 18:30 plaas.

Die koste verbonde aan dié konsert is R300-00 per kleuter en R500-00 vir 2 kleuters, en sluit die

volgende in:

* ’n A5 foto van die kleuter met sy diploma en die graad 0-kleuters met hul togas.

* 'n Klein verrassing.

* DVD van die konsert. ( 1 per gesin)

* ’n Houer met van u kleuter se kunswerke van die jaar.

* Die kostuums/klere wat gebruik word vir die konsert

* Dekor, versierings ens.

Die R300-00 / R500-00 vir die konsert moet asseblief voor Woensdag 28 September 2010 betaal

wees. U kan dié geld eenmalig, of R100 vir 3 maande (Julie, Augustus en September) betaal.

Kalenders :

Ons wil aan u die geleentheid bied om ’n pragtige A3- kalender van u kleuter te laat neem. Die

kalenders kos R260 elk en sal ’n pragtig Kersgeskenk vir iemand spesiaal wees. Die fotograaf sal op

verskillende dae kom en 12 verskillende foto’s van u kleuter neem (bv. formeel, swart en wit, in die

klas, in die speelparkie, ’n Kersfeestema ens.). Die datums vir dié foto’s sal op die kwartaalprogram

verskyn, (die eerste fotodag is Donderdag 26 Julie). Boeties en sussies kan ook saam op een kalender

wees, hulle sal dan afwissellend by die verskillende maande verskyn.

U is onder geen verpligting om ‘n kalender te bestel nie. Daar is ’n deposito van R50-00

betaalbaar, saam met die bestelling. Die kalenders moet teen Woensdag 26 September ten volle

betaal wees. Voltooi asseblief die bygaande skeurstrokie en stuur terug teen Woensdag 20 Junie. Let

daarop dat die kalender 2013 se datums sal reflekteer.

’n Voorbeeld van die kalender is by juf Karin / kantoor beskikbaar.

Indien u enige verdere vrae het, of meer inligting oor enige van die bogenoemde sake verlang, is u welkom om die

Kleuterskool te skakel.

Ons wens u almal 'n baie aangename vakansie toe!

Vriendelike groete.

T W HOFFMANN

HOOF

BESTELLING VIR A3-KALENDER

Ek, die ouer/voog van ________________________________________ in Graad ______________

Wil graag ’n kalender @ R260 elk van my kleuter bestel. Aantal __________

Hierby ingesluit is die deposito van R50 per kalender.

Ek stel nie belang nie.

BYWONING VAN NASKOOLSENTRUM

GEDURENDE JUNIE/JULIE-SKOOLVAKANSIE

My kleuter ________________________________________ in Graad ______________

Sal die Naskoolsentrum bywoon vanaf ___________ Junie tot ___________ Junie/Julie

Sal die Naskoolsentrum as dagbesoeker bywoon vanaf

___________ Junie tot ___________ Junie/Julie

Sal glad nie die Naskoolsentrum bywoon nie.

(Stuur asseblief terug teen Woensdag 20 Junie)

HANDTEKENING DATUM

HANDTEKENING DATUM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!