05.05.2013 Views

Aflaai. - NG Gemeente Lichtenburg-Oos

Aflaai. - NG Gemeente Lichtenburg-Oos

Aflaai. - NG Gemeente Lichtenburg-Oos

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NGK Lichtenburg-Oos

Bybelskool 1e Semester 2011

Kwartaaltema: Verhoudingsverryking

Lesing 7: Kommunikasie en konflikhantering [Deel 3]

Inleidende opmerkings

Waar die vorige twee lesings effektiewe kommunikasie wou verhelder, skuif die fokus nou na

konflikhantering. Konflik is ongelukkig ʼn onlosmaaklike deel van verhoudings. In die mees

stabiele verhoudings ontstaan situasies wat konflik in die hand werk. Konflik het die

potensiaal om mense uit mekaar te dryf en verhoudings te vernietig. Paartjies wat egter

nugter dink en wat verbind is aan die verryking van hulle verhouding, kan konflik ook só

aanwend dat dit in diens staan van ʼn dieper verhouding.

Wat is konflik?

Konflik kan beskryf word as ʼn toestand waar die harmonie tussen mense versteur word.

Hierdie toestand veroorsaak dat mense nie normaal met mekaar kan omgaan nie, dit wil sê,

nie so gemoedelik of gemaklik met mekaar is nie – en selfs met woede of aggressie teenoor

mekaar kan optree. Hoofsaaklik ontstaan konflik waar twee mense wat baie betrokke by

mekaar is, weens persoonlike voorkeure, oor sekere sake begin verskil. Hierdie verskille is

op sigself nie verkeerd nie, maar wanneer dit verkeerd hanteer word, ontaard dit in ʼn geskil

(konflik) wat problematies kan wees.

Waardeur word konflik veroorsaak?

Dit is baie moeilik om die spesifieke oorsake van konflik te isoleer, gewoon omdat die

harmonie tussen mense deur legio oorsake versteur kan word. Van die mees algemene

oorsake is egter die volgende:

Persoonlikheidsverskille

Verskillende waardes

Verwagtings wat van mekaar verskil

Meningsverskille

Misverstande

Eksterne oorsake (werk, vriende, middel-misbuik ens)

Moedswilligheid

Naïwiteit

Gebrekkige kommunikasie

Mag en wedywering ensovoorts

Wat word deur konflik geraak?

In die meeste gevalle tas konflik die kern van ʼn verhouding aan, naamlik die kameraadskap

tussen twee mense. In sulke tye is die opheffing van die harmonie spreekwoordelik tasbaar

(ten tye van konflik praat ons soms van die “atmosfeer” in sekere huise). Konflik is

ongelukkig ook ‘n meer holistiese saak, dit wil sê, dit tas die ander boustene (die groter

prentjie) van ʼn gesonde verhouding aan, byvoorbeeld:

Vertroue – veral in die geval waar konflik as gevolg van ʼn derde party ontstaan het.

Vrymoedigheid – in gevalle waar konflik die gevolg was van oorgevoeligheid aan die

kant van een party.

1

Samesyn – in gevalle waar ʼn lang afkoelperiode nodig is, kom die vrymoedige

samesyn in gedrang.

Intimiteit – ly onvermydelik in meeste konfliksituasies skade.

Hierin is ʼn belangrike beginsel geleë, naamlik dat konflik ʼn sogenaamde “nadraai” kan hê. Al

is die onmiddellike oorsaak van die aanvanklike konflik uit die weg geruim en die

onmiddellike harmonie herstel, kan bo-genoemde aspekte nog ʼn wyle neem om te herstel.

Mense en hulle emosies werk ongelukkig nie soos ligskakelaars nie – ʼn beginsel wat deeglik

tydens konflikhantering in ag geneem moet word.

Hoe om konflik NIE te hanteer nie

Daar is ʼn aantal basiese (klassieke) foute wat paartjies se vermoë om konflik sinvol te

hanteer, ernstig in die wiele ry.

Iemand moet wen...

Baie mense sien ʼn konfliksituasie as ʼn geleentheid om ʼn veldslag te wen. Veral mans wat uit

ʼn patriargale agtergrond kom, sien konfliksituasies as ʼn geleentheid om ʼn “magskleim” af te

steek. “Volgende keer sal sy weet om dit nie te doen nie...”

Sabotasie...

Wanneer een of albei van die partye die versoeningsproses “saboteer” deur belangrike

inligting te weerhou of bedekte boodskappe uitstuur wat doelbewus die konflik vererger.

Onttrekking...

Een party onttrek aan die situasie en los die ander om “alleen te baklei”. Stilstuipe is hiervan

ʼn voorbeeld. Hierdie negatiewe styl is niks minder as ʼn tydbom vir ʼn verhouding nie. Die

tipiese “jy is reg, ek is verkeerd” benadering is nog ʼn voorbeeld, sowel as die “kom ons los

dit liewer” – styl.

Stoomroller en aggressie...

Een van die sekerste maniere om die versoeningsproses te ondermyn is om my maat só te

oorweldig met aggressie, dat hulle dadelik boedel oorgee. In erge gevalle kom verbale en

fisiese aggressie ook voor wat sinvolle konflikhantering heeltemal buite die kwessie maak.

Vernedering en persoonlike aanvalle kan ook hieronder gereken word.

Konflik is ʼn geleentheid om jou maat beter te leer ken

Dit is hartseer wanneer konfliksituasies instrumenteel word in die verwydering tussen

mense. Op die keper beskou, is konflik ʼn leergeleentheid. Deur die verskil wat ontstaan het,

leer ek nou iets van my maat wat ek voorheen nie geweet het nie (anders sou daar nie

konflik gewees het nie). Sodra paartjies hierin ʼn geleentheid sien om meer van die ander te

leer, verkry konflik ʼn positiewe potensiaal wat ontgin kan word.

In die volgende lesing sal ons op konstruktiewe konflikhantering fokus.

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!