06.05.2013 Views

Artikels - SAMJ Archive Browser

Artikels - SAMJ Archive Browser

Artikels - SAMJ Archive Browser

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1322 SA MEDICAL JOUR 'AL 26 July 1975

Verbeterings. lndien die skrywer om een of ander rede

nie saamstem met veranderings wat deur die redakteur

aangebrin:s is n;e. mag hy vra dat hulle weer nagesien

word. In hierdie 01= ig het die redakteur egter die finale

seggenskap, en as eenparigheid nie bereik kan word nie.

mag die skrywer die art;kel onttrek.

Veranderings wat op die Jaaste oomblik aan die teks

gemaak word, mag koste vir die skrywer beteken, aangesien

dit duur hersetting nodig maak. Die uithaal van 'n blote

komma maak hersetting van die hele betrokke reel noodsaaklik;

sulke korreksies is tydrowend en duur en kan

aanleiding gee tot verdere drukfoute.

BRIEWERUBRIEK

Briewe aan die redakteur wat vir publikasie bedoel is.

moet duidelik dienooreenkomstig gemerk wees en moet

nie meer as ongeveer 500 woorde beslaan nie. Sulke

gepubliseerde briewe word deur sowel Current Conrents as

Index MediclIs erken, en word in die indeks van die SAMT

opgeneem. Briewe moet op dieselfde wyse as artikels vir

die SAMT getik wees met drie-spasiering en op goeie

papier. Geen galleiproewe van briewe word normaalweg

aan skrywers gestuur nie; dit is dus belangrik dat die teks

sonder foute aangebied word, aangesien daar geen kans

is vir hersiening deur die skrywer voor publikasie nie.

Hoewel skuilname aanvaar word, word verkies dat

briewe die skrywer se naam moet dra. Die naam en

adres van die skrywer moet in ieder geval aan die

redakteur verstrek word, aangesien anonieme briewe geen

aandag sal geniet nie.

ALGEMENE OPMERKINGS

Die datum van ontvangs van 'n manu krip sal gepubliseer

word ten einde prioriteit van navorsing vas te le. As 'n

artikel aan die s!crywer teruggestuur word vir hersiening,

sal die finale datum van aanname gepubliseer word.

Titels van artikels moet nie te lank wees nie, en indien

nodig kan 'n ondertitel voorgestel word. In ooreenstemming

met joernalistieke gebruik, het die redakteur die reg om

die titel van 'n artikel te verander.

lndien materiaal soos afbeeldings wat kopiereg dra

aangebied word, moet die skrywer skriftelike toestemming

bekom en 'n fotokopie van die toestemming saam met

die manuskrip stUUt.

TER AFSLUlTING

Die aangebode artikel is die uiteinde van n navorsingsprojek,

en dit verdien dus dieselfde aandag as wat aan

die werk self bestee is. Dieselfde geld vir artikels met 'n

filosofiese strekking, oorsigsartikels en dies meer. Lesers

lees uiteindelik wat gedruk is, en nie wat newelagtig deur

die skrywer bedoel is nie, en alhoewel dit die taak van

die redaksie is om die artikel so verstaanbaar as moontlik

te maak. sal hul lot aansienlik vergemaklik word as die

artikel goed voorberei is. Slordige oorspronklike manuskripte

kep die indruk da't die navorsing op 'n ewe

lukraak manier aangepak is, en dit sal nie die kanse op

aanvaarding vergroot nie en ook nie publikasie bespoedig

nie.

I. Van die Redaksie 0973;: S. Alr. med. J., 47, 2094.

2. Van die Redaksie (1973): Ibid.• 47. 1621.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!