06.05.2013 Views

Namakwaland nabetragting vir familie en vriende - Zarine Roodt

Namakwaland nabetragting vir familie en vriende - Zarine Roodt

Namakwaland nabetragting vir familie en vriende - Zarine Roodt

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Namakwaland nabetragting

(Aanpassing van ‘n lesersbydrae wat vir Weg! geskryf is)

Zarine Roodt

“Voor 10:30 kry jy die blomme nie eers met skriflesing en gebed oop nie” maan ons

selfopgelegde reisgids, Erwin. As Vrystaters op hulle eerste blomkyktoer kon ons

nie vir beter advies gevra het voor ons na ‘n laat-ontbyt en gewapen met ‘n

Hantamkaart vol van sy handgeskrewe aanwysings uit Calvinia weggespring het nie.

Ons grootste vraagstuk voor hierdie gesinsavontuur was die beste roete na en deur

Namakwaland, aangesien ons uit Bloemfontein noord moes ry, terwyl dit eintlik

ideaal is om dié wêreld uit die suide te benader sodat die son van agter jou oor die

blomme val – nog een van die beplannings”geheime” wat vir nuwelinge verstoke is.

Ons het by Orania oornag sodat ons vroeg die volgende oggend die lang trek na

Calvinia kan aanpak oor Britstown en Loxton, Carnarvon en Williston – name wat

lekker van die tong afrol. Van Calvinia is ons na Clanwilliam, en vandaar na

Springbok – lang, uitgerekte afstande wat ons oor vyf dae afgelê het voordat ons via

die Augrabies-waterval en oor Upington terug is Vrystaat toe.

Dit was duidelik dat ons nie ‘n beter tyd kon kies vir ons Augustusverposing nie.

Trouens, etlike koerant- en ander berigte het ‘n bloeijaar in Namakwaland voorspel

danksy die milde reën van vroeër. Maar in werklikheid moes ons dikwels lang

afstande agter die uitgestrekte blommeprag aanry. Om dit dan te aanskou, was

egter elke kilometer van afwagting werd: Perfekte sinchronisisiteit tussen die regte

plek, die regte tyd en die son wat die skugter blomme as’t ware ooppamperlang

sodat die monochromatiese landskap waardeur jy so pas gery het, in ‘n oogwink

haar veelkleurige kleed oopsprei.

Jy besef gou dat jou gejaagde stadstempo jou in hierdie wêreld niks in die sak sal

bring nie. Dis ‘n ander ritme hierdie.

Danksy ons reisgids het ons deur Groot Toren en Naresie in die Loeriesfonteindistrik

gery – name wat ons huiswerk nie opgelewer het nie, en ons eerste kennismaking

met die Hantamwêreld se sonderlinge natuurprag. Ons moes ons nie steur aan die

hekke nie, want hierdie was ‘n openbare pad, het hy gesê, en sodoende het ons

plaaspaaie en diep waterdriwwe aangedurf wat ons na wilde wit blomme gelei het.

Plaashuis in die agtergrond op Groot Toren

Die wilde wit blomme op Groot Toren

Dat ons uitsonderlike advies gekry het, is getuig deur die feit dat ons slegs hier en

daar ‘n ander voertuig teëgekom het – anders as by die Kokerboomwoud op die

Rondekop-blomroete en die Nieuwoudtville-waterval in die Doringrivier waar ons

saam met talle ander medereisigers aangedoen het.

Die Niewoudtville-waterval in die Doringrivier

Een van die kokerbome in die kokerboomwoud in

die Niewoudtville-omgewing

Die Kamieskroon-omgewing en veral die Namakwaland Nasionale Park was ‘n

belewenis in elke sin van die woord: Ons het net betyds deur die hekke geglip om

die laatmiddagson te vang wat die veld in skakerings van dieporanje en oker getooi

het sodat ons weer en weer stop om nóg ‘n foto te neem ... en nog een.

Laatmiddag op Kamieskroon

Die dieporanje prag van die Namakwa Nasionale Park

Die koffie op Kamieskroon het ons amper duur te staan gekom – had ons maar

geweet dat ons eerder by die Skilpad Reservaat Restaurant kon verpoos (die

reservaat is deel van die nasionale park).

Benewens die blomme was die platteland waardeur ons roete gevleg het ‘n

openbaring. Hier kraai Die Campbells koning en konfronteer ons dikwels in

restaurante waar reusegroot televisieskerms opgestel is – praat die mense dan nie

met mekaar as hulle uiteet nie? Hulle verkies blykbaar om te dans – Vat My Vas,

Komaan Kom Dans, Bokkie Bekkie Baby – besef ons by ‘n plek soos die Myl 250restaurant

op Calvinia met sy doelgemaakte dansvloer tussen nagemaakte

rotswande waar die water tussen kunsmatige groen blare biggel. (Geen wonder dit

het my aan Hendrik se Grot van Genot op Niewoudtville laat dink nie.)

Skrywer en fotograaf demonstreer ...

Natuurlik is daar heelwat spytighede, hoofsaaklik in die vorm van plekke waar jy nie

uitgekom het, of plekke waar jy langer sou vertoef het as jy van beter geweet het.

Maar dis die lot van die langpadreisiger.

By nadenke sou ons waarskynlik nie die lang sinkplaatpad van Clanwilliam na

Wupperthal toe aangepak het nie. Weg! se 2006-foto’s van die Dorp van die Maand

het ons gelok na dié tydlose wegsteekplekkie met sy Morawiese sendingstasie en

die belofte van ‘n paar bloedrooi Wupperthalers, maar die realiteit op ‘n

Saterdagmiddag, vyf jaar later, is effe troosteloos. Dit word vererger deur die

gelatenheid van een van die min oorblywendes in die skoenfabriek op die dorp – die

Chinese met hul plastiekinvoerskoene vat die brood uit hulle mond en hulle werk nou

net drie dae van die week, beduie hy. Die mooi van die Biedouwvallei vergoed egter

ruimskoots vir die empatiese teleurstelling wat ons op Wupperthal ervaar het en ons

trek hier die veld in om die toebroodjies te eet wat ons op ‘n liewe vriendin se

aanbeveling die oggend by die Spar op Clanwilliam gekoop het tussen die

swetterjoel Saterdagkopers.

Kleurryke blomme in die Biedouwvallei

Die oënskynlike hand-tot-mondbestaan op Wupperthal staan in skrille kontras met

die Cederberg Bushmans Kloof Wilderness Reserve and Wellness Retreat op pad

soontoe: Nie eers die spesiale aanbieding vir laatkommers op hulle webwerf sou

ons verby die imposante en ontoeganklike hekke kry nie.

Ons kon langer op Clanwilliam vertoef het: Een van die tien oudste dorpe in ons

land, aan die voet van die grootse Sederberge. Ons was egter gelukkig om die

jaarlikse Clanwilliam Veldblommeskou raak te trap en die Blomkerk met sy

sederhoutpreekstoel in sy volle glorie te sien. Wie sou kon raai dat die fraaie protea

haar in soveel gewade kan optooi? En dat die skaam vygie soveel niggies het?

Die Blomkerk op Clanwilliam tydens die Clanwilliam Veldblommeskou

Iets wat ‘n bitter smaak gelaat het, is die gevoel wat ons plek-plek gekry het dat

blomkykers in hierdie papskeptyd uitgebuit word. Swak diens was dikwels aan die

orde van die dag en verblyf en eet grens aan stadspryse. By Reinholds op

Clanwilliam het slegs die vriendelike en professionele maître d’ vergoed vir die feit

dat my hoender cordon bleu uit ‘n Country Fair-boks afkomstig was. Die

Hantamhuiskompleks van Erwin en Alta Coetzee op Calvinia was ‘n welkome

uitsondering en ons bruidskamer in die Dorphuis, circa 1860 en ‘n nasionale

gedenkwaardigheid, was ‘n outentieke belewenis soos min. Die huis is grootliks

oorspronklik en die engelafdrukke van ene Miss Harrington neffens ons hemelbed

het my met patos vervul (ek het aangedring dat Anton foto’s neem, en nou het hy die

mooiste waterverf van een van die engele gemaak – my kersgeskenk, meen ek).

Die hemelbed in die bruidskamer van Die Dorphuis in die Hantamhuiskompleks op Calvinia

Ek het my mond die aand aan kerrie-afval gewaag en my man en seun het gesweer

murg is die geheime bestanddeel in die lekkerste sampioenroomsop wat hulle nog

geëet het; ons het gou verstaan hoekom daar ‘n maagtrooster op die wynlys

verskyn.

Ons is vanjaar geseën. Wie weet hoeveel reën volgende jaar sal val?

Nog inligting:

- ‘n Goeie roetekaart is onontbeerlik, veral wanneer jy nie op die gebaande weë

bly nie. By die verskillende verblyfplekke is daar gewoonlik plaaslike kaarte

beskikbaar wat detail en roetes gee wat nie op die kommersiële kaarte

beskikbaar is nie.

- Onthou veldblomgidse en selfs ‘n voëlboek as jy in iets meer as die

blomspesies belangstel. En natuurlik ‘n kamera en verkyker. As jy ernstig

oor jou blomfoto’s is, neem ‘n grondkleedjie saam: Plat op jou maag, en van

naby, is die enigste manier om reg aan die blomme te laat geskied.

- ‘n Viertrekvoertuig is nie noodsaaklik nie, maar dis beslis in sekere gevalle

makliker en is plek-plek die enigste manier om toegang te verkry; onthou net

dat ultralae swaweldiesel nie geredelik beskikbaar is nie.

- Neem genoeg kontant saam. En beskerming teen die son.

- Maak seker hoe laat plekke sluit, byvoorbeeld die Namakwaland Nasionale

Park.

- Nuttige webwerwe: www.clanwilliam.info; www.cederberg.com; www.southnorth.co.za

Die fotograaf in die Biedouwvallei

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!