06.05.2013 Views

GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Musiek 12 DoE/Model 2007

NSS

MEMORANDUM

4.3 Suite – stel danse wat veronderstel is om in volgorde uitgevoer te

word. Die vroeë 18e eeu (die van Bach en Handel en hul

tydgenote) het baie gefokus op die dansstyl van stukke,

normaalweg die Allemande, Courante, Sarabande en Gigue,

hoewel ander dansvorme ook bygevoeg kon word, bv ‘n Prelude

en ligter danse soos die Gavotte en Bourrée wat na die Sarabande

ingevoeg kon word. Alle bewegings is in dieselfde toonsoort.

4.4 Prelude en Fuga

Elke fuga van Bach se '48' word voorafgegaan deur ‘n

Prelude.Hierdie preludes kan verskil in vorm en styl en die enigste

voorwaarde is dat dit in dieselfde toonsoort moet wees, asook in ‘n

vorm wat die luisteraar se oor sal lei en instel op die fuga wat gaan

volg.

“n Fuga is ‘n kontrapuntale stuk wat hoofsaaklik gebaseer is op

nabootsings. Dit is gewoonlik geskryf vir drie of vier “stemme”. Die

hele komposisie groei uit een bestaande redelik kort karakteristieke

tema wat die Onderwerp genome word wat eers deur slegs een

stem gedoen word. Dan kan dit deur die ander stemme nageboots

word, elkeen op die toepaslike toonhoogte. Die Onderwerp

verander in die loop van die fuga deurgaans van toonsoort en

stempartye. Hierdie intredes word geskei deur dele wat bekend

staan as episodes. ‘n Komponis mag ‘n episode baser op ‘n

kenmerk van die hoofonderwerp of hy kan enige ander material

gebruik. Gedurende die laat-Barok is die idée deur Handel

vervolmaak, asook veral deur JS Bach wat heelwat fugas vir orrel

gekomponeer het. Die Kuns van die Fuga en die 48 Preludes en

Fugas is vir klawesimbel gekomponeer.

Fuga beteken “vlug” – dit klink asof die stemme vir mekaar vlug.

4.5 Sonate – dit beteken letterlik “om gespeel te word” teenoor gesing.

Die woord is van toepassing op ‘n ernstige tipe musiek van ‘n

sekere lengte wat ook emosionele en intellektuele eienskappe

bevat, dus nie musiek vir ligte vermaak nie. Normaalweg bestaan

‘n Sonate, soos ‘n Suite, uit verskillende bewegings bestaan met

die verskil dat die Sonate nie bewegings in ‘n dansstyl, soos die

ouer suites, bevat nie. Sonatevorm verteenwoordig dus ‘n sekere

styl eerder as vormstrukture. (D Scarlatti het van sy een beweging

werke in the vroeë 18e eeu so genoem.) Die Baroksonate bestaan

normaalweg uit vier bewegings, nl. stadig, vinnig, stadig, vinnig.

4.6 Kantate – ‘n kort oratorium – is hoofsaaklik ‘n koorwerk. Baie van

Bach se kerkkantates is eintlik uitgebreide gesange. Solokantates

was algemeen in die 18e eeu. Cantata da Chiesa verwys na

kerkgebruik en Cantata da Camera na kamermusiekuitvoerings. ‘n

Kantate is ‘n ernstige werk vir orkes, soliste en koor.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(4)

(4)

(4)

(4)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!