03.09.2013 Views

AHI Nuusbrief Julie 2012

AHI Nuusbrief Julie 2012

AHI Nuusbrief Julie 2012

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Lees binne

JULIE 2012

Die AHi

Onderneming

van die Jaar

kry nuwe borg

Vir meer as 20 jaar al is die

AHi Onderneming van die

Jaar-toekenning 'n hoogtepunt

op die jaarlikse kalender.

Vanjaar is dit weer so, danksy 'n

nuwe borgskap van Santam

Kommersieel.

Die kompetisie sal voortaan

bekend staan as die Santam/

AHi Onderneming van die Jaar.

Die Ou Mutual borgskap van

hierdie kompetisie het na baie

jare tot 'n einde gekom. Ons

bedank hulle vir hul getroue

ondersteuning van meer as 20

jaar

Business Partners Beperk, Ontbytsake

en Rapport bly met dank

aan as medeborge. Rapport en

Ontbytsake sal weereens wye

blootstelling gee aan die kompetisie

asook aan die finaliste en

wenners. Business Partners sal

voortgaan om die kompetisie te

koördineer, die inskrywings te verwerk

en te beoordeel saam met 'n

onafhanklike paneel van beoordelaars.

Die Santam/AHi Onderneming

van die Jaar 2012 skop amptelik

af op 1 Augustus 2012. Inskrywingsvorms

is beskikbaar op

die webtuiste van die AHI.

Inskrywings sluit op 15 September

2012 en die wenners

sal op 19 Oktober 2012 tydens

die AHI se gala-dinee na afloop

van die jaarlikse kongres

aangekondig word. Ruim pryse,

erkenning en blootstelling

sal aan die wenners asook aan

die tweede en derde plekke in

elke kategorie gegee word.

Die kompetisie geskied in twee

kategorieë, naamlik Onderneming

van die Jaar - Kleinsake

(omset tans tot R20m per jaar)

en 'n Onderneming van die

Jaar - Ope (omset bo R20m per

jaar). Die doel van die kompetisie

is om op alle platforms

moontlik erkenning te gee aan

die bou en handhawing van

winsgewende entrepreneurskap,

uniekheid en uitmuntende

dienslewering in die Suid-

Afrikaanse sakesektor.

Ons glo dat ons wenner-ondernemings

sover moontlik plaaslik

en nasionaal blootstelling

moet kry en hulle die geleent-

Ooreenkomste in die

pyplyn 3

heid gegee moet word om hul

suksesstorie soveel as moontlik

met ander ondernemings en

entrepreneurs te deel.

Deur die skep van 'n wenkultuur

kan daar dan nog verdere

suksesvolle ondernemings begin,

gegroei en uitgebrei word, wat dan

in eie reg 'n bydrae maak tot die

Bruto Binnelandse Produk (BBP)

van Suid-Afrika. 'n Baie

belangrike uitvloeisel hiervan is

ook werkskepping in 'n samelewing

waar werkloosheid ongesond

hoog is en nie onbepaald so

hoog kan bly sonder ernstige

sosiale gevolge nie.

Die sleutelrol wat Klein-, Medium-

en Mikro-ondernemings in die

ekonomie van enige land speel is

welbekend. In Suid-Afrika is die

rol wat hulle wel speel nog nie

naastenby op die vlakke van

vergelykbare ekonomieë nie. Ten

spyte hiervan is die volgende feite

'n duidelike aanduiding van die

kernrol wat hulle reeds in ons

ekonomie speel:

• Daar is meer as 1,5 miljoen

KMMO's in Suid-Afrika.

Projekte en programme

aan’t uitrol 4

Onthou kongresafspraak in Skukuza

Die Nasionale kongres vind vanjaar in die Kruger

Wildtuin te Skukuza plaas op 18 en 19 Oktober.

Die program vir die kongres is gefinaliseer en volg

hieronder - beide hoofsprekers by die kongres en

die gasspreker vir die dinee is reeds bevestig.

Donderdag 18 Oktober 2012

• Aankoms, wildbesigtiging, 9-putjie gholf op

Skukuza-gholfbaan (14:00)

• Verwelkomingsfunksie te Skukuza die aand

om 18:30

Vrydag 19 Oktober 2012

Die Algemene Jaarvergadering, geslote vir AHI

lede, vind van 7:30 tot 9:30 plaas. Daarna begin die

hoofkongres.

Tema:

Die rol van besigheid in die uitvoering van die Nasionale

Ontwikkelingsplan om die uitdagings van

werkloosheid, armoede en ongelykheid die hoof te

bied.

09:30 - 10:00: Registrasie, koffie/tee

10:00 - 10:15: Opening en verwelkoming

10:150 11:00: Besprekingspunt 1:

Die oorhoofse uitdagings wat vir Suid Afrika voorlê

om die ideale vervat in die NOP teen 2030 te bereik

(Minister Trevor Manuel, Voorsitter van die Nasionale

Beplanningskommissie)

11:00 - 11:30: Bespreking

11:30 - 11:45: Gerieflikheidsbreek

11:45 - 12:30: Besprekingspunt 2:

Die NOP stel dit in die vooruitsig dat 90% van die

vereiste toekomstige werksgeleenthede om

armoede teen 2030 uit te wis deur KMO's geskep

sal word. Wat moet gedoen word om die

haalbaarheid van dié doelwit te verseker? (Mnr

Francois Groepe, Adjunkpresident, SA Reserwe-

bank)

12:30 - 13:00: Bespreking

13:00 - 14:00: Middagete

vervolg van bladsy 1

• Omtrent 1 miljoen KMMO's

het minder as 5 werkers in

diens.

• Meer as 40% van die BBP

van Suid-Afrika word deur

KMMO's verdien.

• 50% van die werksmag van

Suid-Afrika is in diens van

KMMO's.

• 60% van alle nuwe werks-

geleenthede word in KMMO’s

geskep.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan,

soos voorgelê deur Minister

Trevor Manuel, sien KMMO's

as die hoof-werkverskaffer van

hulle groeistrategie, waar 95%

van alle nuwe werksgeleenthede

teen 2030 deur dié sektor

geskep behoort te word.

2

14:00 - 15:30: Wegbreekgroepe

Wegbreekgroep 1 besprekingspunt: Die NOP

het 'n duidelike visie dat die private sektor die

belangrikste rolspeler in die ekonomie is en dat

vennootskappe tussen regering en die private

sektor onontbeerlik is. Is 'n gedeelde visie tussen

die staat en die private sektor 'n realistiese moontlikheid.

Wat is die struikelblokke in die pad hiervan

en hoe kan hulle oorkom word?

Wegbreekgroep 2 besprekingspunt: “Die NOP

maak dit duidelik dat die verlangde uitbreiding van

werksgeleenthede nie van groot ondernemings

gaan kom nie, maar a.g.v. die ondernemersbedrywighede

in die KMO-sektor van die ekonomie.

Is dit haalbaar en indien wel in watter mate?

15:30 - 15:45: Koffie/tee

15:45 - 16:45: Terugvoer wegbreekgroepe

16:45 - 17:00: Afsluiting

18:30: Afsluitingsdinee. Spreker: Mnr Louis Von

Zeuner Adjunk Groep Uitvoerende Hoof, ABSA.

Gholfdagreëlings

goed op dreef

Die reëlings vir die 16de AHi Prestige

Gholfdag (25 September, Woodhill-landgoed)

is goed op dreef. Die parlementêre

gholfkomitee se lede is individueel uitgenooi -

dr Gerhard Koornhof het laat weet dat die

parlement tydens die gholfdag in reses is en

dat ons 'n goeie opkoms van parlementariërs

kan verwag.

Die opbrengs van die gholfdag gaan vanjaar

en volgende jaar aan die Christelike Maatskaplike

Raad. Vir die voorafgaande twee

jaar is die opbrengs oorbetaal aan ‘People

Opposing Women Abuse’. Me Venete Klein

(AHi-oudpresident) is die beskermvrou van

die Gholfdag, en begunstigdes word in samewerking

met haar oorweeg en aangewys.

Dankie weereens aan Santam as

hoofborg vir hul borgskap om

hierdie waardige kompetisie

moontlik te maak. Ons sien uit

na hul volgehoue verbintenis tot

die kompetisie, sodat ons kan

voortgaan om ons wennerondernemings

te erken. Sakekamers

en hul lede word natuurlik

aangemoedig om hul

plaaslike KMMO's in te skryf.

Ooreenkomste in

pyplyn...

met Departement van Samewerkende Regering

Die ooreenkoms tussen die AHi en die Departement

Samewerkende Regering en Tradisionele sake stel

die volgende uitkomste op munisipale vlak in die

voorsuitsig:

• Kwaliteit dienslewering

• Goeie regering

• Infrastruktuurontwikkeling

• Bevegting en voorkoming van korrupsie

• Finansiële bestuur

en met Eskom

Die ooreenkoms tussen die AHi en Eskom stel die

volgende uitkomste in die vooruitsig:

• Bevordering van energiebesparende en

hernubare energietegnologie in AHi-geledere.

• Vaardigheidsoordrag aan jong mense in

landelike gebiede wat verband hou met

energiebesparende en hernubare energietegnologie.

• Gesamentlike aksies tussen Eskom en AHi om

klein- en mediumondernemings te vestig wat op

energiebesparende en hernubare energietegnologie

fokus.

• Ander verbandhoudende aksies om die doelwitte

van die AHi en Eskom gesamentlik te bevorder.

Die voornemende ooreenkomste met die

Departement Samewerkende Regering, Eskom en

ander rolspelers hou bepaalde voordele vir die AHi

in. Die AHi se sakemodel sal hierdie ontwikkelinge

verreken en die AHi se diensleweringskapasiteit sal

dienooreenkomstig aangepas word.

Die AHI Provinsiale Kongres het

op 20 en 21 Julie te Forever

Resorts, Centurion plaasgevind.

Die program het die Vrydagmiddag

om 14h00 afgeskop met

'n opening en voorsittersrede

deur die voorsitter van AHI-

Gauteng, Martin Venter. Hy is

gevolg deur mnr David Wikinson

wat die tema “Netwerk vir

Sukses” behandel het. Hierna is

'n werksessie oor die onderwerp

gehou.

Die Vrydagaand is 'n dinee by die

Lemon Jack Studios in Centurion

aangebied. Dr. Theuns Eloff, die

AHI-president, het by die geleentheid

'n kort toespraak gelewer.

Die Saterdagprogram het bestaan

uit toesprake deur prof.

Tommie du Plessis, hoof van die

Noord-Wes Besigheidskool, wat

oor entrepreneurskap gepraat

het, en mnr Christo van der

Rheede, Hoofuitvoerende Be-

3

Program vir

entrepreneurskapsopleiding

geloods

AHi-Nasionaal, in vennootskap met die

Adviesburo vir Klein Sakeonderneming

(ABKS) van die Noordwes-Universiteit, het

onlangs, tydens die AHi-Gauteng Kongres,

'n geakkrediteerde Entrepreneursopleidingsprogram

geloods. Hierdie program

gaan landswyd deur middel van AHisakekamers

uitgerol word en is spesifiek

gemik op jong Suid-Afrikaners wat in

hierdie rigting belangstel. Die program sal

in Engels of in Afrikaans aangebied word.

Die volgende aspekte word tydens die

opleiding gedek:

• Inleiding tot Entrepreneurskap

• Idees en geleenthede vir die Entrepreneur

• Bestuursvaardighede vir die Entrepreneur

• Basiese finansiële konsepte

• Kosteberekening en prysbepaling -

Handelsonderneming

• Kosteberekening en prysbepaling-

Produkte of diens

• Finansies en die Entrepreneur

• Administratiewe vaardighede

• Regsaspekte

• Bemarking

• Entrepreneuriese beplanningsvaardighede

• Hoe moet 'n besigheidsplan gebruik

word?

• Moets en moenies van 'n besigheidsplan

Gauteng Provinsie hou suksesvolle kongres

ampte van die AHI, wat die AHI

se omdraaistrategie bespreek

het. Hierna is werksessies gehou

oor beide die bespreekte

onderwerpe.

Die laaste spreker van die dag

was mnr Gerhard Marais, voorsitter

van die Centurion Sakekamer,

wat oor die suksesvereistes

van 'n Sakekamer uitgewei

het. Die praktiese aard

van die program het bygedra tot

‘n geslaagde kongres.

Programme & Projekte gereed vir uitrol

AHi Nasionaal staan gereed om die volgende

programme uit te rol:

Entrepreneursprogram vir skoolleierskap

Hierdie inisiatief word deur Christo van der Rheede

behartig en sakekamers sal betrek word om die

skole in hul omgewing te mobiliseer, 'n lokaal en

verversings te voorsien. Die opleiding is gratis, en

sal saamval met Christo se besoeke aan die

onderskeie provinsies.

Opleiding aan sakekamerbesture

Hierdie opleiding word deur Marius Louw in

samewerking met Jannie en Carinus, die AHi se

streeksbemarkers, uitgerol. 'n Gids is saamgestel

en addisionele materiaal wat verband hou met

oorsig (governance), leierskap en bestuur word ook

ontwikkel. Hierdie opleiding is ook gratis en sal ook

saamval met die personeellede se besoeke aan die

onderskeie sakekamers. Elke Sakekamer word

versoek om 'n omvattende databasis saam te stel

van al hul lede se name en vanne, besigheidsadresse

en kontakbesonderhede asook om die

Handevat-organisasie help besighede blom

Onder dié opskrif het ‘n artikel deur dr Theuns

Eloff, AHi-president en vise-kanselier van die

Noordwes-Universiteit, op 21 April 2012 op

Rapport se webblad verskyn. Onderstaande is

‘n baie verkorte weergawe.

Die enigste manier om werkloses te help, is om

hulle te help om hul eie werk te skep, want as ons

hulle help, help ons ook die land.

Met die stigting van Mentorvennoot kan 'n

netwerkorganisasie tot stand gebring word waar

'n wye verskeidenheid Afrikaanse organisasies

hul netwerke gebruik om ervare, ouer professionele

persone te werf om hulp en bystand te

verskaf aan jong en beginner-entrepreneurs en

onervare sakelui.

Omdat Mentorvennoot steun op 'n hele netwerk

van lede-organisasies en individue het dit nie net

'n nasionale voetspoor nie, maar kan dit ook 'n

magdom ervaring en deskundigheid saamtrek.

Die organisasie is geskoei op die Nederlandse

organisasie PUM, 'n mentororganisasie wat kan

steun op 'n netwerk van 3 200 kundige mentors

wat hulp verskaf aan oor die 2 000 projekte wêreldwyd.

PUM het reeds formeel sy bereidwilligheid

verklaar om die internasionale vennoot

van Mentorvennoot te word, wat nie net beteken

ons kan op hul goeie raad en bystand staatmaak

4

besigheidsektor aan te dui.

Entrepreneurskompetisie vir laerskole en

hoërskole

Elise Coetser staan aan die stuur van hierdie

projek. Die reëlings vir die Laerskole Entrepreneurskompetisie

is reeds goed op dreef.

Vanjaar is 'n loodsfase wat in Pretoria van stapel

gestuur gaan word. 100 laerskoolkinders word

betrek. Dit sluit 'n entrepreneursgids en 'n reeks

aktiwiteite en 'n markdag te Irene in, waar die

wenners bepaal sal word.

Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsprogram

Gesprekke vind tans met Emil Nothnagel plaas,

wat die AHi hiermee behulpsaam sal wees.

E-leermateriaal vir AHi-lede

Hierdie projek is nog in 'n beplanningsfase maar

die bedoeling is om internetgebaseerde kort

kursusse aan AHi-lede beskikbaar te stel.

Gesprekvoering sal met bedryfsakademici gevoer

word om te help met die ontwikkeling daarvan.

oor hoe om 'n doeltreffende organisasie van

dié aard tot stand te bring nie, maar kan ook

Nederlandse kundigheid gebruik om Suid-

Afrikaanse entrepreneurs by te staan.

Die kernrol van Mentorvennoot is dus

eenvoudig: Om dié wat hulp nodig het in

kontak te plaas met mense met die

kundigheid en die bewese praktiese ervaring

om hul probleme te help oplos.

Vir baie van die Afrikaanssprekende organisasies

wat deel is van dié inisiatief, gaan dit

natuurlik in die eerste plek om Afrikaanssprekende

jong mense te help, maar ons mag

nie enige ander jong mense van ons

inisiatiewe uitsluit nie.

Om ons net op een groep toe te spits sou ons

ideale onsinnig maak. Wat armoede en

inkomsteskepping betref, is ons almal in

dieselfde bootjie.

Ons glo vas daar is duisende Suid-Afrikaners

en spesifiek Afrikaanssprekendes wat 'n

organisasie soos Mentorvennoot sal

verwelkom en dit sal beskou as 'n geleentheid

om by te dra en iets aan hul gemeenskappe

terug te gee. Deur Mentorvennoot wil ons vir

sulke mense dit maklik en eenvoudig maak

om presies dit te doen.

Sakekamernuus

Wes-Kaap hou sake-ontbyt in Piketberg

Afvaardiging besoek Heidelberg sakekamer

Bestuurslede van Heidelberg Sakekamer en AHi ampsdraers.

Nog ‘n lojale AHi-er tree af

Einde Julie tree die AHi se ontvangsdame, Esther Morukhu, na

34 jaar diens af. Esther het in Oktober 1978 by die AHi begin

werk (destyds nog in die Constantia-gebou) as 'n teemaker, wat

sy vir 13 jaar volgehou het. Jacob de Villiers het haar in 1991

aangestel as ontvangsdame, onder meer omdat sy Afrikaans so

uitstekend beheers. Sy sê sy het reeds van skooldae af

Afrikaans gepraat en het dit net hier by die AHi vervolmaak.

Esther het oor die jare met ses uitvoerende direkteure saam-

gewerk en 34 presidente gesien kom en gaan. “Die AHi het vir

my geleenthede gegee om my twee kinders deur die universiteit

te sit en om goeie vriende te maak”, sê sy.

Ons almal by die AHi sal Esther se vriendelike glimlag mis - sy

was vir jare die “gesig” van die AHi!

5

Die AHi se onlangse

Wes-Kaap sake-ontbyt

te Dunn's Castle, Piketberg

wat saam met die

Goedverwacht Snoek-

en Patatfees geval het,

was uiters suksesvol.

Dr Theuns Eloff was die

gasspreker. Daar is

ook toenemende belangstelling

vanuit die

bruin sakegemeenskap,

veral in die Wes-

Kaap, in die AHi en ons

vertrou dat deur ons

voetspoor in dié gemeenskap

te verbreed,

die AHi verder van krag

tot krag sal gaan.

Christo van der Rheede

het onlangs Heidelberg

Sakekamer besoek, vergesel

deur Etienne Coetzee

en Fanie du Plessis

van Gauteng. 'n Groot

kommer van hierdie dinamiese

sakekamer is die

pogings deur die munisipaliteit

om 'n addisionele

elektrisiteitsheffing te vra

op die jaarlikse verhoging

wat deur Eskom aangekondig

is. Sakekamers

word versoek om bedag

te wees op dit en direk

met NERSA kontak te

maak indien munisipaliteite

addisionele heffings

sonder hul goedkeuring

wil deurvoer.

Christo van der Rheede, Marieta van Zyl

en Esther Morukhu tydens Esther se

afskeid

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!