HOE DIE BEGROTING VIR ONS WERK - Parliament of South Africa
HOE DIE BEGROTING VIR ONS WERK - Parliament of South Africa
HOE DIE BEGROTING VIR ONS WERK - Parliament of South Africa
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Wat is ’n Begroting?

’n Begroting is ’n plan wat toon hoeveel

inkomste ontvang is en hoe dit binne ’n

gegewe tydperk bestee gaan word. As

individue doen ons heelwat beplanning

betreffende ons persoonlike inkomste

en uitgawes. ’n Begroting is belangrik

omdat, ons baie dinge wil koop, hoewel

ons nie altyd genoeg geld daarvoor het

nie. Dit beteken dus dat ons onbeperkte

begeertes het maar beperkte bronne om

te koop wat ons begeer. Om te begroot,

beteken daar moet keuses gemaak word

oor hoe ons ons geld bestee. As ons aan

een artikel geld bestee, sal ons sonder iets

anders moet bly.

Hoe stel die Staat sy Begroting

op?

Op byna dieselfde wyse word die Staat

gekonfronteer met keuses. Die strukture

van die Staat moet die beskikbare

hulpbronne en die behoeftes van die

mense teen mekaar opweeg. Die

begroting word toegewys ooreenkomstig

die voorkeure waarop besluit is vir die jaar.

Die nasionale Begroting verskaf ’n raming

van die Staat se verwagte inkomste en

uitgawes vir die boekjaar, vanaf 1 April tot

31 Maart die volgende jaar. Die nasionale

Begroting verskil van ander begrotings,

deurdat dit aandui hoe geld bestee sal

word, en besonderhede verskaf van hoe

die geld verkry gaan word om die land se

uitgawes te dek.

Hoe die Staat sy geld invorder?

Die vernaamste bron van inkomste

vir die staat is belasting. Belasting

is die verpligte betaling deur

individue, besighede en enige ander

belastingpligtige instellings aan die

Ontvanger van Inkomste. Die Suid-

Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is

verantwoordelik vir die invordering

van belasting. Daar is verskillende

tipes belasting. Die Staat ontvang sy

belasting hoofsaaklik uit die inkomste

van individue. Elke individu in die land

wat meer as ’n sekere inkomste kry,

word verplig om belasting aan die Staat

te betaal. Dié vorm van belasting staan

bekend as inkomstebelasting. Ander

vorms van belasting sluit in Belasting

op Toegevoegde Waarde (BTW) en

aksynsregte. Die meeste mense het al

gehoor van BTW, en dat sekere basiese

goedere nie onderhewig aan BTW is nie.

Aan die ander kant word ekstra belasting

soms gehef op luukse goedere. Dié soort

aksynsbelasting word “sondebelasting”

genoem. Die Grondwet verklaar hoe die

President die inkomste moet bestuur.

Enige inkomste wat die land ontvang

word gedeponeer in die skatkisrekening.

’n Wet wat deurgevoer is deur die

Parlement is nodig vir onttrekkings van

enige fondse uit dié rekening. Enige

begroting moet ’n uitgawe en inkomste

balansstaat hê.

Hoe werk die Begroting?

Die Staatsbegroting word verdeel in

Inkomste en Uitgawes, Tekorte voor

Lenings en Staatskuld. Die inkomste en

uitgawes staan ook bekend as die Staat

se inkomsterekening. Die Staatsbegroting

begin met uitgawes terwyl die meeste

ander begrotings met die inkomste begin.

Die verskil tussen inkomste en uitgawes

staan bekend as ’n tekort of ’n oorskot.

’n Tekort ontstaan wanneer die Staat

beplan om meer geld te bestee as wat

dit uit gewone belasting kan invorder.

Staatskuld ontstaan wanneer die regering

geld plaaslik of in die buiteland leen om

uitgawes te dek. Wanneer die inkomste

besteding oorskry, byvoorbeeld wanneer

meer individuele belasting ingevorder

word as wat verwag is, ontstaan ’n

oorskot.

Die Begrotingsproses

Die begroting neem tot 14 maande

om voor te berei. Dit beteken dat

teen die tyd dat vanjaar se Begroting

by die Parlement ingedien word, die

Begroting vir die komende jaar reeds die

afgelope twee maande voorberei word.

Verskillende departemente is betrokke

by die raming van die begroting. Hulle

stuur hul ramings en die meegaande

redes aan die onderskeie Hoofkantore.

Die Hoofkantoor sal ’n opsomming maak

en dit aan die Departement van Finansies

voorlê. Die Departement van Finansies

maak ’n opsomming wat die uitgawes

van die onderskeie departemente

toon. Die Direktoraat van Binnelandse

Belasting en die Direktoraat van Doeane

stel begrotingskattings op wat hulle

aan die Departement van Finansies

stuur. Die Minister van Finansies en die

Goewerneur van die Reserwe Bank voer

samesprekings oor die begrotingskattings.

Die samesprekings sal beïnvloed word

deur politieke, ekonomiese en finansiële

faktore. Die Direkteur-generaal van

Finansies berei die begroting voor.

Die Minister van Finansies lewer

gewoonlik jaarliks in Februarie die

Begrotingsrede in die Parlement. Daarna

word die Begroting in die Parlement

bespreek. Die Kabinetministers moet

oortuigende redes kan aanvoer vir die

voorgestelde uitgawes van hul onderskeie

departemente. Die Begrotingsrede volg

gewoonlik ’n vaste patroon. Dit begin met

die vorige jaar se finansiële resultate,

gee ’n algemene oorsig van die land

se ekonomiese sake, en ’n oorsig van

die komende boekjaar. Dit dui aan hoe

die geraamde inkomste en uitgawes

gebalanseer sal word. Dit is ’n beginsel

in ons demokratiese Grondwet dat die

Regering slegs geld kan bestee indien

dit deur die Parlement goedgekeur is.

Die begroting word soos enige ander

wet hanteer wat deur die Parlement

goedgekeur moet word voor dit bindend

word. Na die Minister se Begrotingsrede

bespreek die Lede van die Parlement

die Begroting en stem daaroor. Nadat

elke Begrotingsrede bespreek is, moet

beide Huise van die Parlement daaroor

stem. As die Begroting goedgekeur is,

kan toestemmining verleen word aan die

betrokke departement om voort te gaan

met sy finansiële program.

Die Begroting en

Toesighouding?

Belastinginvordering en uitgawes moet

bestuur word om te verseker dat geld

bestee word soos voorgestel deur die

Parlement. Die Ouditeur-generaal doen

verslag aan die Parlement of voorskrifte

vir besteding nagekom is. Die begroting

is ’n belangrike beleidsdokument en ’n

belangrike instrument vir toesighouding,

ingevolge waarvan die regering

aanspreeklik gehou word vir die wyse

waarop geld bestee word.