06.09.2013 Views

Desember 2007 - Suid-Afrikaanse Instituut vir Landbou-Ingenieurs

Desember 2007 - Suid-Afrikaanse Instituut vir Landbou-Ingenieurs

Desember 2007 - Suid-Afrikaanse Instituut vir Landbou-Ingenieurs

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SAILI-nuusbrief

Suid-Afrikaanse Instituut van Landbou-Ingenieurs

Welkom by ons laaste uitgawe van SAILInuusbief

vir 2007. Dit is ook ons Kersuitgawe.

In sy Kersboodskap noem die President die

vele innoverende uitdagings in aanwendings

vir alternatiewe energiebronne waarmee ons

te kampe het. `n oplewing in die

betrokkenheid van ingenieurs en tegnici by

SAILI se aktiwiteite was ook opgemerk sedert

die bekendstelling van die VPO deur ECSA.

In `n baie interessante artikel word die

aanhoudende draairooster verduidelik. Fritz

Teseling, Landbou-ingenieur by ROASTECH,

het `n apparaat ontwerp wat verhitte lug deur

sojabone suig binne-in die rooster. Dit is `n

relatiewe goedkoop en effektiewe metode om

rou sojabone te verhit.

In sy reeks oor besproeiingsdoeltreffendheid

verduidelik Dr Neil Lecler dat die

doeltreffendheid en werkverrigting van

besproeiing- en waterbestuur voortdurend

onder die soeklig kom. .

Dr. Dan Ciolkosz gesels in Taknuus oor al die

interessante ontwerpe van studente.

Prof. JC Smithers en mnr. LF Lagrange

verduidelik die konstruksie van toerusting vir

die afsny van suikerriettoppe en die

blaarverwydering van die stingels

onderneem deur die 2007 finale jaar studente

by die UKZN.

Van die Redaksionele Komitee wens ons ons

lesers `n Geseënde Kersfees en `n

Voorspoedige Nuwejaar toe.

Kersgroete

Redakteur.

Desember 2007

KERSBOODSKAP – 2007

Neels Bezuidenhout

President

Met die huidige energiekrisis as gevolg van die toenemende

maandelikse skerp styging in branstofkostes en tekort aan

elektrisiteitsvoorsiening, staan ons in die huidige groeiende

ekonomiese klimaat voor soveel nuwe innoverende uitdagings

vir die moontlike aanwendings van alternatiewe

energiebronne . Die feit dat die ekonomie groei, produksie wat

toeneem, nuwe besighede wat begin word en bestaande

besighede wat uitbrei, veroorsaak dat die energiebehoefte

voortdurend aan die toeneem is terwyl die voorsiening van

elektriese energie vir die volgende vier tot vyf jaar onder

toenemende druk gaan wees en daarmee saam die winsmarges

van die produsent en die koopkrag van die verbruiker. Die

uitdagings en die rol wat die Landbou-Ingenieur en die -

tegnikus hierin kan speel, is legio.

Sedert die instelling van Voortdurende Professionele

Ontwikkeling (VPO) deur ECSA, ervaar ons met waardering

'n oplewing in die betrokkenheid van ingenieurs en tegnici by

SAILI aktiwiteite. SAILI kan ook met trots verwys na die

baanbrekerswerk wat gedoen is deur die leiding te neem om die

eerste ingenieurs-instituut te wees om 'n VPO-geleentheid

twee jaar gelede aan te bied. Intussen het dit gegroei tot vele

enkeldag VPO geleenthede met 'n meerdaagse VPOgeleentheid

wat elke alternatiewe jaar aangebied word. Die

SAILI-Raad besef ook die addisionele verantwoordelikheid

op hul skouers om toe te sien dat daar genoegsame geleenthede

jaarliks vir ons lede aangebied word om hul professionele

registrasie te behou. Ons wil ook van hierdie geleentheid

gebruik maak om ons lede te versoek om julle behoeftes waarin

julle 'n VPO-behoefte het, aan ons deur te gee sodat ons dit in

die toekoms kan aanspreek. Ons het gepoog om in 2007 eerder

enkeldag VPO-geleenthede nader na ons lede te bring eerder as

'n multidag VPO-geleentheid. Alhoewel ons in 2008 weer 'n

multidag VPO-geleentheid beplan, gaan ons steeds poog om

enkele eendag VPO-geleenthede in die streke aan te bied.

Die SAILI-Raad is in die proses om 'n besigheidsbestuurder

aan te stel om ons by te staan met die reël van VPOgeleenthede

asook algemene bemarkingswerk vir Landbou-

Ingenieurswese. Die bemarkingswerk sluit onder andere in;

die koördinering van plasing van artikels en advertensies in

Landbou-verwante tydskrifte, koördinering van radiopraatjies, opdatering van die webblad, samestelling

van 'n bemarkings DVD en die werwing van borge, beurse en studente. Ons doen 'n beroep aan ons lede

om inligting van suksesverhale van projekte en enige nuuswaardige inligting aan ons deur te gee vir

publikasie in die media sodat ons Landbou-ingenieurs as 'n onmisbare professie van die samelewing in die

media kan promofeer. Gebruik dus SAILI om die werk wat julle verrig bekend te stel. Dis waarvoor ons

onder andere daar is.

Ons ondervind verder huidig 'n geweldige tekort aan Afrikaanssprekende Landbou-Ingenieurs studente

wat 'n baie belangrike rol in die toekoms van ons mees bevredigende professie moet speel. Ons kan egter

moeilik studente werf as daar nie beurse is nie. Ons het wel beperkte fondse vir lenings beskikbaar gestel,

waarmee ons op die kort termyn 'n paar gaatjies kan volmaak. Ons beplan ook om advertensiespasie op die

web, in die nuusbrief en die bemarkings DVD te verkoop om sodoende 'n beurse/leningsfonds op te bou

wat deur die SAILI-Raad geadministreer sal word en waarmee ons in die toekoms studente wil werf.

Indien daar van ons lede is wat in 'n posisie is om ons in die verband by te staan, sal ons dit hoog op prys

stel.

“He who prepares today, sets the stage for tomorrow's achievements”.

Mag die Here se seën op julle rus in die groot dae en mag dit 'n ware Christus Fees vir almal wees. Mag dit

voorspoed reën waar julle loop in 2008 en kom veilig tuis.

Kontinue roterende bakmasjien

'n Behoefte bestaan by diereprodusente om rou sojabone te verhit om die tripsieninhibeerder

daarin te vernietig. Alhoewel daar verskeie kommersiële prosesse soos

ekstrusie en mikronisering reeds beskikbaar is wat van verskillende verhittingsbronne

gebruik maak, was die uitdaging om 'n relatief goedkoper en meer effektiewe metode te

ontwikkel wat vir die gemiddelde boer beskostigbaar is.

'n Produk soos sojabone is veral gewild vir

dierevoeding onder andere vanweë die hoë

proteïen-inhoud daarvan. Die tripsieninhibeerder

in die rou sojaboontjie beperk egter

die opname van proteïen by veral enkelmaagdiere

soos varke, hoenders en kalwers en kan dus 'n

nadelige invloed op die groei van die diere hê.

Deur die tripsien-inhibeerder te vernietig,

verhoog nie alleen die proteïen inname nie, maar

ook die smaaklikheid van sojabone en verbeter

die urease by diere om slegs twee te noem.

Die kuns met die verhittingsproses is om 'n balans

te handhaaf tussen die verhittings-temperatuur en

die tyd waaraan die produk aan die hitte

blootgestel word. Daar moet verseker word dat

voldoende hitte effektief en eweredig na die

sojabone oorgedra word sodat die hitte die kern

van elke pit kan bereik. Deur sojabone egter aan te

hoë temperature of te lank aan 'n hoë hitte bloot te

stel, kan die tripsien-inhibeerder 100% vernietig,

maar in die proses word die vitamines vernietig

wat weer die urease by diere nadelig beinvloed.

Volgens Prof. Gary Osttoff van die Departement

van Voedselwetenskap by die Universiteit van die

Vrystaat, word die beste balans verkry deur

ongeveer 80% van die tripsien-inhibeerder te

vernietig.

Fritz Teseling, Landbou-ingenieur van

ROASTECH, het 'n apparaat ontwikkel

wat verhitte lug deur die sojabone suig,

terwyl dit in 'n roterende drom vorentoe

beweeg. Die verhittingsbron is

elektrisiteit en die temperatuur kan

maklik beheer word om sojabone by

o

170 C te bak. Die proses is kontinu en

eenvoudig en as gevolg van die stadige

rotasiespoed, is die onderhoud op die

apparaat baie gering. Nadat die

sojaboontjies verhit is, word dit vir 25 tot

30 minute in 'n inkubasiehouer by

o

ongeveer 120 C geplaas om te verseker

dat die hitte tot by die kern van die pit

migreer.

Alhoewel die apparaat aanvanklik

ontwerp was vir 'n kapasiteit van 50kg/h

om sojabone slegs vir dierevoeding vir eie

gebruik te bak, is ander produkte soos

mielies, grondbone, koffie, neute en

sigorei met groot sukses gebak. Voerkrale

en meulenaars toon groot belangstelling

vanweë die relatiewe lae kapitale uitleg,

lae onderhoud, minimale arbeid en

maklike beheerbaarheid van temperature.

Die bakmasjien is beskikbaar in groottes

van so klein as 10kg per uur vir

laboratoriumdoeleindes tot en met 2 ton

per uur vir kommersiële toepassings.

Rooster – 50kg/h (links), 200kg (regs)

Besproeiingsdoeltreffendheid

Heroorweging van konsepte en strewe na oplossing

Dr Neil Lecler

Met die verhoogde vraag en mededinging na

bepaalde waterbronne, kom die doeltreffendheid

van watergebruik in die landbou en die

w e r k v e r r i g t i n g v a n b e s p r o e i i n g - e n

waterbestuurstelsels konstant onder die loep. Die

konsep van besproeiingsdoeltreffendheid word

ongelukkig telkens misverstaan, wat lei tot die

wydverspreide oortuiging dat water sommer

verdwyn met lae besproeiings-doeltreffendhede

en weer herverskyn met verbeterings. Sulke

indrukke is `n oorvereenvoudiging. Telkens

verander die werklike hoeveelheid water wat in

besproeiing verbruik word, d.i. die verdampte

komponent, nouliks by verskeie vlakke van

“doeltreffendheid” en kan selfs vermeerder met

stelsels wat beskou word as meer doeltreffend.

E e r d e r a s o m t e d i n k a a n

besproeiingsdoeltreffendheid as `n persentasie,

behoort die werkverrigting van besproeiing

beskou te word in terme van die hele waterbalans,

wat die bestemming van aangewende water in

berekening behoort te bring, en moet faktore

insluit soos infiltrasie, diepte insyfering,

oppervlak-afloop, sproei verliese, wind-drif, plant

onderskepping en transpirasie. Ons moet

ondersoek hoe al hierdie faktore bydra tot die

doelwit van besproeiing, d.i. “spandeer” minimum

energie, water en geld om sodoende minimum

gewaswaterspanning te verhoed. (ekonomiese

oorwegings mag voorskryf dat `n sekere

hoeveelheid stres wenslik is).

Daar is ook `n wydverspreide illusie dat

doeltreffendheid meer aan `n soort van

besproeiingstelsel gekoppel is, eerder as die

manier waarop `n sekere stelsel ontwerp is en

bestuur word. `n Nadere ontleding en verfyning

van bestaande stelsels en waterbestuurstrategieë

sal telkens tot groter voordele lei as om van een

stelsel na `n ander te wissel.

`n Paar sleutelkonsepte wat betref waterbalans en

v e r w a n t e v e r h o u d i n g s t u s s e n

besproeiingsdoeltreffendheid, werkverrigting van

besproeiingstoerusting, gewas-opbrengs,

waterbestuurstrategieë en winsgewendheid word

as volg uitgewys:

- Die uniformiteit of eweredigheid waarmee

water aangewend word, kan `n beduidende

uitwerking op die werkverrigting van

besproeiingstelsels hê en is verwant aan die

tipe besproeiingstelsel en die standaard

van die ontwerp, hantering en onderhoud

daarvan.

- Daar is sterk bewyse dat, terwyl verliese as

gevolg van plant-onderskepte water,

sproei-verliese en winddrif, wissel vir

verskillende tipes van besproeiingstelsels

en weersomstandighede, is daar `n mate

van kompensasie as `n gevolg van

verwante verminderings in transpirasie, en

moontlik ook verbeterde relatiewe

groeitempo's wat verband hou met

gemodifiseerde mikro-klimate

gedurende uiters warm weerstoestande.

- Die hoeveelheid besproeiingwater wat

toegedien word in verhouding met die

beskikbare grondwater opgaarkapasiteit

word grootliks deur die bestuur

vasgestel. Dit kan egter ook beperk word

deur die tipe en ontwerp van die

b e s p r o e i i n g s t e l s e l , v e r a l m e t

voorbesproeiing. Bestuur deur middel

van die keuse en implementering van

b e s p r o e i i n g s k e d u l e s , o f

skeduleringsmetodes, kan `n merkbare

uitwerking hê op die hele stelsel se

w e r k v e r r i g t i n g , v e r a l a s d i e

besproeiings hardeware goed ontwerp

is. As die besproeiingstoerusting swak

ontwerp is en `n lae inherente

besproeiings uniformiteit het, sal volle

werkverrigting neig om swak te wees,

selfs met geskikte besproeiing skedules

en goeie waterbestuur.

- Diep insyfering en afloop word telkens

vererger as gevolg van veronderstellings

w a t b e t r e f

besproeiingsdoeltreffendheid. As

besproeiing dus aangeneem word as

ondoeltreffend wanneer dag-tot-dag

waterbestuur besluite geneem word, is

dit moontlik dat dit wel ondoeltreffend sal

word. Oordadige toedienings is somtyds

nodig om 'n swak besproeiing uniformiteit

op die gewas te oorbrug.

- Die grootste verliese uit `n landery is as

gevolg van verdamping vanaf die

grondoppervlaktes, afloop en diep

insyfering. Hierdie verliese hang af van die

tipe besproeiingstelsel en sy bestuur.

- Vir `n gegewe tipe besproeiingstelsel wat

teen `n sekere vlak werk, kan die

bestuursstrategie (bv. `n tekort

besproeiings bestuurstrategie) ook `n

aansienlike impak hê op die hele

besproeiing werkverrigting. Ten einde `n

gepaste tekort besproeiingskedule te

bepaal, is `n voorspellings instrument

nodig om die geraamde opbrengs van `n

gewas tot verskeie besproeiings strategieë

in verband te bring, tipes van

b e s p r o e i i n g s t e l s e l s , b e s p r o e i i n g

aanwending uniformiteite, gronde,

seisoenale weerpatrone en water

voorsiening.

Hopelik, wanneer iemand `n bespreking begin oor

besproeiingsdoeltreffendheid, sal mense begin

dink oor die waterbalans, die uniformiteit van

w a t e r - t o e d i e n i n g s , d i e

skedulering/besproeiingstrategie en waar die water

heen gaan, eerder as net `n persentasie waarde.

UKZN brokkies

Prof. JC Smithers en mnr. LF Lagrange

Ontwerp projekte deur Finale-jaar Landbouingenieurstudente

in die Skool vir Biohulpbroningenieurswese

en Omgewingshidrologie(BEEH)

by die Universiteit van KwaZulu-Natal

Die 2007 finale-jaar Landbouingenieurstudente

in die Skool vir Bioh

u l p b r o n i n g e n i e u r s w e s e e n

Omgewingshidrologie by die

Universiteit van Natal het die ontwerp en

konstruksie van toerusting vir die afsny

v a n s u i k e r r i e t t o p p e e n d i e

blaarverwydering van die stingels

onderneem as hul finalejaar projek. Die

doelwitte van die projek was om `n semigemeganiseerde

masjien te ontwerp wat

`n meganisme bevat om laer, droë blare

van suikerriet te verwyder en `n “aftop”

toestel om die toppe van die suikerriet af

te sny.

Die projek was in drie komponente

verdeel. Mnr Trevor Baier was

verantwoordelik vir die ontwerp en

konstruksie van die raam. Mnr James

M a b a d i v i r d i e

blaarverwyderingsgedeelte en mnr

Kabelo Motebejane vir die “aftop”

toestel.

`n Verstelbare trollie implementraam is

ontwerp en aanmekaargesit soos getoon

in Figuur 1, en die blaarverwydering- en

“aftop” toestelle is op die raam

gemonteer. Toetse in die landerye vir die

raam het daarop gedui dat verdere

ontwerp nodig is om stabiliteit van die

raam te oorkom op skuins gronde, die

groot draaisirkel en probleme wat met

agteruitry met die raam ondervind word.

Figuur 1: Implement op `n trollie raam met

uitskotverwydering toestel gemonteer.

`n bandsaag-meganisme is ontwerp en

aanmekaargesit, soos in Figuur 2 getoon, om die

toppe van die suikerriet af te sny. Die gehalte van

die sny in landerye-toetse was goed, maar

probleme met die vloei van die materiaal en

resultante verstopping is ondervind tydens die

landery-toetse.

Figuur 2: “Aftop” toestel

`n Roterende as met vlekvrye staalborsels, soos

gewys in Figure 3 en 4, was ontwerp en

aanmekaargesit om die droë, laer blare van die

suikerrietstingel te verwyder. Landery-evaluasies

van die blaarverwyderings toestel het aangedui dat

die borsels nie die suikerrietstingels beskadig het

nie, maar materiaalvloei en verstopping het

veroorsaak dat die toerusting nie suksesvol werk

nie.

Figuur 3: Blaarverwydering toestel

Figuur 4: Montering van die

uitskotverwydering- en aftop toestelle

O n g e a g d i e o n b e v r e d i g e n d e

werkverrigting van die masjien in die

landery, het die studente baie

w a a r d e v o l l e l e s s e g e l e e r e n

bevredigend ontwikkel gedurende die

jaar. Mnr Trevor Baier het toekennings

van MBB Raadgewende Ingenieurs en

die KZN-SAILI-tak ontvang vir die

beste ontwerpprojek vir sy ontwerp.

Die projek is befonds deur Ubombo

Suiker in Swaziland, wie se bydrae baie

waardeer word. Die Suid-Afrikaanse

Suikerriet Navorsingsinstituut

(SASRI) word ook erken vir die

beskikbaarstelling van `n prototipe

suikerriet blaarverwyderingstoestel

wat gebruik was as kragbron vir die

implementraam op die trollie. Mnr

Richard Robertson van MBB

Raadgewende Ingenieurs en die KZN-

SAILI-tak word bedank vir die

beskikbaarstelling van die toekennings

vir die beste ontwerpprojek. Mnr Hugo

Kuhne word ook bedank vir die gebruik

van sy plaas om die navorsingspan toe

te laat om die landerytoetse op sy plaas

te doen.

Gedore se Besturende Direkteur, mnr.

Hermann Schmidz oorhandig ‘n prys

met gereedskap aan die beste

werkswinkel student, mnr. Ashiel

Jumman

Mnr. Mike Udal van MBB Raadgewende

Ingenieurs, oorhandig ‘n MBB-prys aan die

beste Finale Jaar skripsiestudent, mnr. Trevor

Baier

SAILI President, mnr Neels Bezuidenhout,

oorhandig ‘n SAILI-skild aan die beste

finalejaar skripsiestudent, mnr. Trevor Baier

Nuus vanuit die takke

Landbou-ingenieurstudente ontwerp vir die toekoms

Pietermaritzburg, 31 Oktober 2007

Dr Dan Ciolkosz

Meer as 80 mense het onlangs by UKZN se

Ukulinga Proefplaas bymekaargekom om die

nuutste ontwerpe van studente te besigtig. Dié

vergadering, wat deur die KZN tak van SAILI

(Suid Afrikaanse Instituut vir Landbouingenieurs)

aangebied is, het die Algemene

Jaarvergadering ingesluit en `n lekker braai is

gehou, maar die sterre van die aand was beslis

die universiteit se finale-jaar studente wat die

resultate van hul jaarlange projek-ontwerpe

aangebied het.

Hierdie jaar se projek was gefokus op die baie

toepaslike en uitdagende kwessie van die oes

van groen suikerriet en het ontwerpe ingesluit

vir `n outomatiese toestel vir die afsny van

toppe, toerusting om blare vanaf die stingel te

verwyder en toepaslike stelsels vir beweging

van die in landerye. Die studente het

gerapporteer hoe hulle die ontwerp probleem

gedefinieer het, die gedetaileerde

ingenieursontwerp uitgevoer het die apparaat

gebou en in werklike in-landerye toestande

getoets het. Die finale produk bestaan uit

hidroulies-gedrewe toerusting wat op `n

verstelbare trollie gemonteer is, getrek en

gedryf deur “Mad Max”, `n een-persoon

trekker geleen van die Suid-Afrikaanse

Suikerriet Navorsingsinstituut (SASRI).

Ruim bystand en raad vir die projek was ook

voorsien deur Ubombo Suiker en plaaslike

Die Voorsitter van die SAILI KZN-tak

neem afskeid van prof. Roland

Schulze wat aftree

suikerrietboer Hugo Kuhne. Die studente se

ontwerpe was uitgestal by die vergadering en

dit het baie besprekings onder die aanwesiges

aangewakker gedurende die aand.

Die studente het spesiale toekennings

ontvang ter erkenning van hul pogings. Die

President van SAILI, Neels Bezuidenhout

het `n skild namens SAILI oorhandig. Mike

Udal van MBB Raadgewende Ingenieurs het

`n toekenning oorhandig vir die beste

geskrewe verslag en Herman Schmidtt van

Geodore Gereedskap het `n gereedskapstel

oorhandig aan die student met die beste

werkswinkel vaardigheid. Geodore

Gereedskap het ook `n groot gereedskapstel

g e s k e n k v i r g e b r u i k d e u r d i e

ingenieurstudente in die komende jare.

Die vergadering se formele aktiwiteite is

afgesluit met `n praatjie deur Professor Jeff

Smithers, hoof van die UKZN Skool vir Bioh

u l p b r o n i n g e n i e u r s w e s e e n

omgewingshidrologie (BEEH). Sy praatjie

het gefokus op die toekoms van Landbouingenieurswese

onderwys in Suid-Afrika.

Dit het die groep `n opwindende blik van

toekomstige veranderings aan die program

by die Universiteit gegee, insluitende nuwe

onderwerpe en die geleentheid vir studente

om `n spesifieke area binne Landbouingenieurswese

te kies.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!