25.09.2013 Views

spoorvandie

spoorvandie

spoorvandie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Oor ’n paar maande is dit net mooi

25 jaar gelede dat die vloedwaters van

die Buffelsrivier die Karoodorp

Laingsburg getref het. Dana Snyman

en Dawie Verwey het in ’n 4x4 gaan kyk

na die letsels wat agtergelaat is – by die

mense én die omgewing.

VLOEDROETE

vloed

Op die

spoor van die

34 WEG Julie 2005 Julie 2005 WEG 35

VLOEDROETE

Oral lê hope slikgrond. En takke. En

teen die rotswande, maklik 10m van

die grond af, is plek-plek opdrifsels

van die vloed. Doer lê ’n stuk hout. Dit

lyk of dit dalk ’n huis se dakbalk kon

gewees het.

36 WEG Julie 2005

Fanie Visser kyk stil voor hom uit, skud sy kop:

“Ja, en om te dink dis al 24 jaar gelede dat

dit gebeur het.” Dit was ’n Sondag – Sondag

25 Januarie 1981.

Fanie het daardie oggend vroeg opgestaan.

Hulle het gehoor daar is ’n klomp vloedwater op pad in

die dorp se rigting, maar hulle het nie gedink dis regtig só

ernstig nie. Hy en sy vrou het besluit om die middag by die

kafee te gaan eet, maar toe hy ’n ruk later by sy kamervenster

uitkyk, het hy gesien hoe die water begin opstoot.

Later was dit vensterhoogte.

Dit was die begin van die Laingsburg-vloedramp – een

van die ergste natuurrampe nóg in Suid-Afrika. Altesame

104 mense is dood en talle geboue in die groot dorp is

deur die water weggevee: 185 woonhuise, 23 sakegeboue,

4 rondawels. En die Jan Vorster-ouetehuis.

Op ’n manier het die Laingsburg-vloed

die hele land geraak. Wie onthou nie daardie

verslae gesigte op die koerantfoto’s nie, die

geboue se dakke wat net-net bokant die

water uitsteek, die gaping waar die treinbrug

buite die dorp eers was? Of Charl Pauw wat

oor die agtuurnuus, gelees deur Michael

de Morgan, staan met die slegte tyding op

die lippe terwyl helpers in die agtergrond

’n tante in ’n japon straat-af help?

Wie het al ooit sedert 25 Januarie 1981

deur Laingsburg gery sonder om aan daardie

dag te dink? “So ’n ding,” sê Fanie “verander

jou lewe vir altyd.”

Met ’n tweespoorpaadjie kronkel jy anderhalwe uur teen die Swartberge uit. Van hier af het jy

’n uitsig oor die Klein Karoo-landskap met die Rooiberge en Vanwyksdorp in die agtergrond.

Dis ’n Vrydagaand en Fanie, ’n gewese

stadsklerk van Laingsburg, staan in die

klubhuis by die gholfklub op die dorp. Buite

sis ’n skaap op die spit en oral by die tafels en

kroegtoonbank is mense.

Nou en dan staan een op en gaan kyk stil

na die klomp ou swart-en-wit foto’s wat in

die hoek uitgestal is – alles foto’s wat tydens

die vloed geneem is.

Dis nie dat die mense somber is nie; dis

net asof almal vanaand hier sagter praat as

wat gewoonlik in kroeë gepraat word.

MÔRE VROEG-VROEG gaan ’n groep van

ons – meestal 4x4-manne – die sogenaamde

vloedroete ry. Dis ’n tawwe roete hier van

die dorp af, al met die Buffelsrivier se

loop langs, deur die Buffelskloof, tot naby

Ladismith – die pad wat die water in ’81

gevolg het.

Fanie is nie die enigste een wat vanaand

hier is wat die vloed oorleef het nie. Tannie

Francis van Wyk is ook hier, asook Wilhelm

Theron en sy vrou, Aneli.

“Hier waar ons nou staan,” sê Fanie. “het

ou oom Van Heerden se huis eers gestaan.”

Oom Van Heerden het darem die ramp

oorleef, maar sy huis het weggespoel. Nes

al die ander huise wat hier naby gestaan het

waar ons nou lekker skaapvleis gaan eet. >

Julie 2005 WEG 37

VLOEDROETE

Bo-op die Klein Swartberge kyk ’n mens uit oor die Buffelskloof

wat die bruin waters van die Buffelskloofrivier afbring. Dis

moeilik om te glo jy het die vorige dag doer onder deurgebeur.

DIT SOU VERKEERD wees om die vloedroete

te ry sonder om jou te vergewis van wat

in ’81 hier gebeur het.

Die dorp is sedert die vloed weer heeltemal

opgebou, maar kyk jy fyn, sien jy nog oral

tekens van die water: die rampkerkhof, die

teken voor die kerk wat aandui hoe hoog die

vloedwater was, die kaal stuk grond langs die

Shell-garage waar eens geboue was.

Gelukkig is Hannes la Grange ons gids.

Hy ken die omgewing se geskiedenis goed.

Danie Snyman, wat die toer gereël het, het

ook vooraf met Fanie-hulle afgespreek om

vir ons te vertel presies wat destyds gebeur

het; want, ja, die vloed sal vir hierdie mense

nooit régtig verby wees nie.

“Jy moet onthou,” sê Aneli Theron, “in

’81 was daar nog nie iets soos sielkundige

berading ná rampe nie. Ons elkeen moes dit

maar op ons eie manier verwerk. Dit, dink ek,

het veroorsaak dat party mense sielkundige

letsels oorgehou het.” Sy bly ’n ruk stil. “Die

eerste paar jaar daarna was die angsaanvalle

die ergste. Soms kry ek dit steeds.”

38 WEG Julie 2005

Sy bly weer stil, soek na woorde. “Ek sal

slaap, dan word ek wakker, maar dan is ek

nie heeltemal wakker nie. Dis moeilik om te

beskryf. Dan voel ek net ek moet uitkom uit

die huis uit, ek is vasgekeer. Baiekeer al het

ek by die kamer se venster uitgeklim, en as

ek buite staan, dán word ek eers heeltemal

wakker. Sy kyk jou reguit in die oë. “Soms

as ek in ’n vertrek kom en ek sien dieftralies

voor die vensters, word ek baie benoud.”

By die plaaslike biblioteek – tannie

Francis van Wyk is die bibliotekaresse – kan

jy ook deesdae na ’n videovertoning gaan kyk

wat saamgestel is uit al die nuusberigte en

-verslae van destyds.

’n Hele paar boeke oor die vloed is ook

geskryf. Miskien is die aangrypendste een

C.A. van Wyk s’n, Nog Laingsburg-vloed.

Dit het twee jaar gelede verskyn en bestaan

hoofsaaklik uit mondelingse vertellings van

mense wat die vloed oorleef het. Só vertel

tant Cornelia Nel in die boek:

Ek is die skoonma van Magaret Bergh.

Margaret het by die ouetehuis gewerk. So

om en bytwaalfuur het symydaarvandaan gebel en gevra ek moet hulle kom help om

die pampoene uit die tuin te dra. Van die

ander mense het gegaan. So ’n tydjie later

het syweer gebel en gesê: “Ma, ek staan nou

op’nstoel,want die water is baie hoog.” Dit

was die laaste wat ek van haar gehoor het.

Met al hierdie stemme uit Van Wyk se

boek wat in jou kop ronddraai, ry ons die

volgende oggend uit die dorp weg, ’n paar

4x4’s in ’n ry, al agter Hannes aan, met die

R323 in die rigting van Ladismith.

Margaret se lyk is later, ek weet nie hoe

lank ná die vloed nie, by die Floriskraaldam

gekry. Ek moes toe haar drie kinders

grootmaak.

ONS EERSTE STILHOUPLEK is die treinbrug

net buite die dorp. Op ’n manier het dié

ou brug tot die ramp bygedra.

Een van die redes waarom die Laingsburgvloed

mense dalk steeds aangryp, is omdat

dit alles op so ’n dorre plek in so ’n dorre

landstreek gebeur het. Hiér, spot hulle, leer

paddas eers op die ouderdom van drie

jaar swem.

Die dag van die vloed het dit slegs sowat

70mm – in die ou taal 3 duim – gereën op

die dorp. In die Buffelsrivier se opvanggebied

noord van Laingsburg het daar tussen

23 en 25 Januarie 1981 heelwat meer water

geval: 100mm op Boonstevlei, 210mm op

Spitskop, 224mm op Rondawel.

Die meeste dreineringsgebiede is peervormig,

maar die Buffelsrivier s’n meer

sirkelvormig. Dit het veroorsaak dat ’n groot

hoeveelheid water – sowat 600 kubieke

meter per sekonde – daardie dag byna gelyktydig

by Laingsburg aangekom het.

Boonop het van die bosse en bome wat

deur die vloedwater uit die grond geruk is,

die water se vloei onderdeur die treinbrug

tydelik “verstop”. En toe gee gedeeltes van

die brug mee.

Dit het amper ’n soort suigaksie tot gevolg

gehad, en toe knak telefoonpale, geboue

kantel – toe is dit die tragedie wat Laingsburg

vir altyd verander het.

Links: Water sal altyd jou voorland wees op dié roete

omdat die Floriskraaldam se sluise een keer per jaar

oopgemaak word sodat die boere hulle besproeiingsdamme

kan volmaak vir die winter. As dit te veel gereën het, word

die roete gesluit. Dié foto: Dag twee, op pad teen die

Swartberge uit. In die agtergrond lê die Touwsberge.

Ferdie draf later agteruit voor die Blou Makou

terwyl hy my met swaaiende arms soos ’n Herbert von

Karajan oor die rotse dirigeer. “Kom net!” skree hy.

“Jy sal relatief ongeskonde deurkom! Kom net!”

Toe die water te hoog in die huis opstoot, het

ek en Ma op die ou gramradio in die gang

geklim. Ma het gedink dis veiliger daar.

Tant Lena le Roux en haar suster-hulle het

in die eetkamer op die tafel geklim. Toe

die tafel ook nie meer help nie, het hulle

aan stoelkussings vasgeklou, maar toe dit

oornat word, het hulle natuurlik gesink en

so het hulle verdrink. – Mara Groenewald,

’n inwoner van die dorp.

Die eerste sowat 20km van die roete is

goeie grondpad, maar jy word telkens aan ’81

se vloed herinner. Langs die Buffels is oral

sulke hope slikkerige sand – ’81 se slik.

Dis ’n koel oggend en ’n fyn misreëntjie

stuif op ons neer. Hierdie begin al hoe meer

na ’n soort pelgrimstog voel, want daardie

oggend in ’81 het dit ook so sag gereën hier,

terwyl die water ál hoër teen die huise in die

dorp opstoot, totdat tannie Francis van Wykhulle

later op hulle dakke gesit het, besig om

Psalms te sing om die vrees te verdryf.

Dis mooi wêreld dié – mooi op ’n dor

manier. Na die weste toe lê Anysberg, na die

ooste die Seweweekspoort. Reg voor ons is

die Klein Swartberge.

Die pad kronkel tussen sulke donker

koppe in, dan is ons by die Floriskraaldam, so

15 km buite die dorp. Onderkant die damwal

stop ons. Nie een van ons sê juis iets nie. Die

CD-speler in ons ou Hilux (die nimlike Blou

Makou II) is opeens stil.

Die vloedwater het daardie dag sowat 4 m

hoog oor die damwal gestroom, met stukke

geboue en motors en bome en allerhande

ander goed tussenin. Aan die oostekant van

die dam kan jy nog stukke hout en geroeste

metaal sien lê.

Mense soos Paul en Brenda Ameels, wat

deesdae die Laingsburg-hotel bestuur, is al

die pad van die dorp af tot hier meegesleur

terwyl hulle aan boomstompe vasgeklou

het. Tant Catharina Botes (79) se lyk is vyf

maande later eers onder die slik gekry aan

die oostekant van die dam. Sy is uitgeken aan

haar ring en rok. Sy is op die familieplaas,

Tuinkraal, naby Prins Albert begrawe. >

Julie 2005 WEG 39

VLOEDROETE

NET ANDERKANT DRIEFONTEIN, so

5km van die dam af, begin die pad opeens

ruwer raak.

“Jy kan hom nou maar in low range sit,”

sêDanie oor die radio.

Uh-uh. Ek het geen werklike vorige 4x4ondervinding

nie. (Ek het darem al met

’n vriend se Hardbody teen ’n sypaadjie

opgery naby Loftus in Pretoria.)

Tydens die Anglo-Boereoorlog was hier

’n hewige slag tussen Engelse soldate en die

kommando van kmdt. Pieter van der Merwe

by Driefontein. Van der Merwe was maar 17

jaar oud, maar tans is daar nie juis tyd om

hieroor te besin nie, want die pad is nou net

twee spore. Of iets wat hier en daar na twee

spore lyk, want hier is meer klippers as gras.

Dan is daar ’n opening in die berg.

Buffelskloof.

Die gebied is in 1987 tot ’n nasionale

erfenisgebied verklaar, en party mense wil

eintlik nie hê te veel mense moet daarvan

weet nie. Dis een van die Wes-Kaap se besbewaarde

natuurgeheime.

Die kloof – die Buffelsrivier vloei hierdeur

– is op plekke maar so 20, 30m breed, met

rotswande wat meer as 500m weerskante

van jou die lug in strek.

Die Buffels vloei tans nie baie sterk nie,

maar op party plekke waar ek deur die rivier

ry, is dit nogal diep: die water kom net-net

tot by die Blou Makou se enjinkap terwyl

Freddie langs my in die passasiersitplek

roep: “Volg net jou eie brander! Volg net jou

eie brander!”

Ferdie, wat van Kaapstad af kom, het

êrens op die pad by my kom inklim, want

hierdie is nie eintlik ’n roete vir beginners

40 WEG Julie 2005

Opdrifsels en slikgrond is tekens van

die geweld waarmee die vloedwater

hier deur is. Foto regs: Bring jou

tent en ál jou kamptoerusting

saam – niks word verskaf

op die roete nie.

nie, hoewel dit maar oor sowat slegs 50km

strek. Dit kan binne twee dae afgelê word

en hier is kampeerplekke by die beginen

eindpunt.

Om die laaste 16km af te lê sal ons sowat

8uur neem. Deur water. Oor rotse. Sand,

modder, riete – kwaai-kwaai!

Ferdie draf later agteruit voor die Blou

Makou terwyl hy my met swaaiende arms

soos ’n Herbert von Karajan oor die rotse

dirigeer.

“Kom net!” skree hy. “Jy sal relatief

ongeskonde deurkom!Kom net!”

In die jare tagtig is hier so amper

’n teerpad gebou. Die opmetings was klaar,

en volgens die beplanning moes die pad in

1983 voltooi gewees het. Dit het selfs klaar

’n naam gehad: Die Dr. Hoffman-pad, genoem

na ’n destydse direkteur van paaie.

“Dit sou ’n Swart Gevaar-pad wees,”

verduidelik Ferdie toe hy weer ’n slag terug

in die Makou is. “Die ou Nasionale regering

het destyds ’n omvattende plan gehad vir

mense om verskille ‘ontsnaproetes’ te hê uit

die suide na die noorde of andersom indien

daar groot onluste of probleme sou kom.”

Die Dr. Hoffman-pad sou een van dié

roetes wees. Maar die ’81-vloed het ook dié

droom kortgeknip. Die water het boonop

die bestaande grondpad in die kloof weggespoel–heeltemal.

Nou is hier net hierdie dekselse twee

spoortjies tussen die klippe en modder en

riete deur wat Ferdie kort-kort laat uitroep:

“Oppas, hierdie stukkie is baie tegnies!”

Hoe, wonder ek steeds, is dit ’n pad as

dit “tegnies” is? Maar uiteindelik kom ons

anderkant uit–relatief ongeskonde.

AANHOUDEND WORD JY weer aan die

’81-vloed herinner. Ook hier in die

Buffelskloof waar niemand gewoon het nie.

Oral lê hope slikgrond. En takke. En teen

die rotswande, maklik 10m van die grond af,

is plek-plek opdrifsels van die vloed.

Doer lê ’n stuk hout. Dit lyk of dit dalk

’n huis se dakbalk kon gewees het.

Nie al die mense wat verdrink het, was

van die dorp self nie. Nege lede van die Dikofamilie

wat op die plaas Nooitgedacht, nie

ver van hier naby die rivier gewoon het, het

ook omgekom.

Net toe ek die middag wou slaap, kom sê

die klongetjie John vir my: “Pappa, kyk hoe

spoel die mense hier verby.” En ek hoor hoe

sê hulle:“Daar’s nog een!” En toe ek opstaan,

sal eksien, nee,dit kan nie wees nie.Toe sien

ek eersdie goed wat verby kom, goedbo-op

die water en hele doringbome en dieseltenks.

–FransDiko

Hoewel 104 mense tydens die vloed

vermis is, is net 58 lyke gevind. Hiervan kon

net32uitgeken word.

Die spore van die ou Makadas-trein

tussen Touwsrivier en Ladismith – die

skrywer Abraham de Vries skryf baie oor

hom in sy kortverhale – verder suid het ook

heeltemal weggespoel. Dit het die einde van

die Makadas ook beteken.

Hier is minstens drie ander 4x4-roetes in

die omgewing, maar nie een is glo so mooi

soos die een hier in die Buffels se loop nie.

Oral sien jy die breë, gekartelde riffels van

stollingsgesteentes, en doer bo in die lug

hang ’n visarend. Jy kry ook nog heelwat

luiperds hier rond.

Aasvoëlkop, waarby ’n mens verbyry,

is amper net so hoog en indrukwekkend

soos Tafelberg.

Maar steeds praat daardie stemme

van die vloedramp se oorlewendes in

jou gedagtes. Brenda Ameels wat vertel

hoe dit daardie dag by die Jan Vorsterouetehuis

was...

Die ou mense het voel-voel in die

water weggespoel soos babatjies wat

’n mens in ’n bad sit. Hulle was almal

kalm. Ook oom Boy wat in sy onderlyf

verlam was, het in die water weggegly.

Ek het vir ds. Jacobs gevra: “Maar kan

die Here dit toelaat? Kan dit met ’n mens

gebeur?” Hy het gesê: “Ja, my kind.”

Ds. Daniël Jacobs is later self deur

die water wegeneem. Sy lyk is ook nooit

gevind nie.

DIE LAASTE KILOMETER van die

4x4-roete is miskien die senutergendste.

Modder. Seepglad. Baie, baie tegnies.

Op party plekke, terwyl die Blou

Makou se wiele toe is onder die water, is

die riete só dig dat jy nie mooi kan sien

waarheen jy ry nie. Maar steeds weet jy

jy sal op ’n manier anderkant uitkom.

Met ’n ligte trilling in die vingers hou

ons by die kampeerplek naby die Poort

stil. Dis al amper donker.

Oom Louis Fourie, eienaar van die

plaas waarop die kampeerplek is, is ook

hier. Michael Schumacher, staan op

sy baadjie. Hy onthou die dag goed toe

die water hier aangebruis gekom en sy

lusernlande en wingerde oorstroom het.

“Ek onthou ek het goed in die water

Dié stuk glibberige pad oor die Buffelsrivier word

deur Hannes la Grange as die nagmerrie beskryf.

Regs: Die treinbrug was as’t ware ’n sif wat

bome en opdrifsels opgevang het.

Regs onder: Die water het sy merk gelos in die

NG kerk op die dorp – tonne en tonne sand.

sien verbykom,” sê hy, “maar ek kon nie

mooi sien wat dit was nie.”

Die vloedwater het uiteraard nie geeindig

hier waar die vloedroete eindig

nie. Dit is verder suid die Klein-Karoo

in, by Ladismith verby, tot waar die

Buffels- by die Gouritsrivier aansluit en

tussen Mosselbaai en Albertinia in die

see uitmond.

Sinkplate en stowe is by Gouritsriviermond

gekry wat van Laingsburg af

kom. Kapt. Daniël Blignaut, destyds

hoof van die ondersoekspan wat na lyke

gesoek het, sê in sy amptelike verslag dis

moontlik dat van die vermiste mense

tot in die see kon gespoel het, meer as

300km van Laingsburg af.

Maar dis darem nie net alles hartseer

en verlies nie, sê oom Louis. Laingsburg

is deesdae weer ’n vooruitstrewende

dorp.

Die vloed het die gemeenskap ook

nader aan mekaar gebring. En soms lag

hulle selfs vir snaakse goed wat tydens

die ramp gebeur het.

Soos tannie Rose wat, nadat sy ure

lank op haar huis se dak gesit en wag

het, heel eerste vir die reddingswerkers

gevra het: “Het julle nie vir julle tannie

’n sieghret nie?”

En om te dink dit alles het meer as

24 jaar gelede gebeur.

Kontak: Danie Snyman (Cape to Africa

Adventures) by 021 975 3419.

Weg se joernaliste het in hulle eie voertuig

gereis as betalende kliënte van Cape to

Africa Adventures.

W

Uittreksels

uit Die Burger

se vloedberiggewing

“Dis die beste reën

wat sedert 1934 in

die distrik uitgesak

het. Dit het gister

al langer as 40

uur ononderbroke

gereën.”

– Die Burger

“Die Buffelsrivier, wat die middag nog sowat ’n

meter hoog gevloei het, was binne enkele minute

’n watermuur van sowat twaalf meter hoog en het

alles in sy pad weggeveeg.”

– Die Burger

“Meneer, ek kan nie nou langer met jou praat nie,

die water kom reeds in die gang van ons huis

afgespoel en ons moet hier uit. In 36 jaar het ek nog

nooit so iets gesien nie. Die water kom nou van alle

kante my huis binne.”

– Koos Ellis, burgemeester van Laingsburg

“Gisteroggend het ’n ongelooflike toneel die bemanning

en passasiers van die Super-Frelon-helikopter

van die Lugmagbasis Ysterplaat in die gesig gestaar

toe hulle dou voor dag oor die oorblyfsels van die

dorp gevlieg het. Onder op die grond het opdrifsels

verstrengel geraak in murasies wat eens mense gehuisves

het. Die Buffelsrivier was toe slegs ’n kalm

stroom, maar sy spoor het meer as ’n kilometer

breed deur die hart van die dorp geloop. Slik het

meters diep gelê waar van die dorp se mooiste wonings

gestaan het. Van dié huise was daar geen spoor

nie.” – Die Burger >

Julie 2005 WEG 41

VLOEDROETE

< “Mnr. Kobus Maritz, eienaar van die Lounge-teekamer (foto

bo), vertel dat hy slegs drie maande gelede die onderneming

gekoop het. Hy en sy vrou en hul baba van 14 maande het in

’n woonstel langs die teekamers gewoon. Omstreeks 9-uur

was hulle besig om van hul besittings in die kafee ‘’n bietjie

hoër te pak indien die water ook tot by Van Riebeeckstraat sou

kom’. Kort ná drie-uur het die water die kafee binnegespoel.

‘’n Halfuur later was ons vasgekeer. Ek het my geldlaai leeggemaak

en die inhoud in ’n geldsak geprop. Ek het sowat R5 000 in myhand

vasgehou. My vrou het ons baba bo haar kop gehou. Ons het deur

die water na ons woonstel gebeur. My vrou het swaargekry en ek

moes die geldsak los om haar te help. Nou is my teekamer, my huis

en al my geld en besittings weg.’” – Die Burger

“Sowat sewe agtstes van Laingsburg is onder water. Dinge lyk

lelik.” – kol. H.M. Morkel van Outshoorn, bevelvoerder van die

reddingsoperasie

“ ’n Groot skoolgebou het eenkant gedeeltelik uit ’n modderbed

verrys. Van sportvelde of ander geriewe, soos tennisbane of rugbyvelde,

was niks te sien nie. Op die dak het beddegoed gelê wat deur

vreesbevange koshuisgangers saamgedra is. Later sou ’n lyk van ’n

bejaarde man aangetref word wat deur die vloedwater deur ’n ruit

van die koshuis gedruk is. Die manne in die helikopter, onder wie

die Kaapse Metro-span, was verstom. Niemand het nog ooit sulke

verwoesting en algehele chaos gesien nie. Die taak daaronder het

na ’n onbegonne een gelyk.” – Die Burger

“Ons het herhaaldelik geprobeer om die mense te red, maar die

tehuis was toe al amper in die vloed. Die water het baie skielik gekom.

Dit het sommer met voete gerys. Ons het geprobeer om die ou

mense in ’n bakkie na veiligheid te bring. Ons het soveel ou mense

moontlik op die bakkie gelaai. Toe die bakkie vir die tweede keer

gaan om nóg mense op te laai, het dit weggedryf voordat dit by die

ouetehuis kon kom. Die derde keer het ons met ’n 10-ton-vragmotor

probeer, maar ook dit was vergeefs. Dit wou net wegsink,” het

hy gesê. – Koos Ellis, burgemeester van Laingsburg.

“Ek het gedink my huis sou hou, maar toe my motor voor die deur

wegspoel, het ek besef dat ons nou daar moes uitkom. Ek en my

vrou en ons drie kinders het veiligheid bereik, maar al ons besittings

en ons huis is weg. Nie dat ek kla nie. Op Laingsburg is daar

in elk geval niks meer oor nie, nie eens ’n bank nie, dié het ook weggespoel.”

– Chris Schroeder, inwoner

42 WEG Julie 2005

Haal uit en wys!

Weg gaan loer wat pak die hardebaarde in.

Epol is bobaas

Hannes la Grange

“Ek moet altyd ’n passasier by my hê wanneer ek ’n 4x4-roete doen. Dit

is vir my die belangrikste. Nie net sodat hy of sy my kan help wanneer

ek in die moeilikheid is nie, ook vir geselskap. Ek neem ook altyd ’n leë

hondekossak saam om my braairooster in te bêre as dit so vetterig is

ná die eerste aand se braai.”

Skêr, wit goud, graaf

Derick Burger

“Ek ry nooit sonder ’n snoeiskêr nie,

want jy kry altyd ’n ongewenste tak of

iets op ’n roete. Nie dat ek sê ’n mens

moet sommer links en regs takke begin

afknip nie.

“Dit mag miskien snaaks klink,

maar ek maak altyd seker ek het

toiletpapier by my in die veld. En

’n klein grafie – ’n pitstopgrafie wat

ek saamneem as ek ’n draai in die

veld gaan loop.”

Boek, stoel, yskas

Ferdie Lochner

“Ek vat nooit die pad sonder my voëlen

plantboeke nie. En ’n stoel. Mense

is dikwels geneig om hulle stoele by

die huis te vergeet. Deesdae kry jy

puik opvoustoele.

“’n Yskassie is ook onontbeerlik

as jy wilde paaie begin ry. Dit is net

soveel lekkerder om ’n koue eerder

as ’n warm koeldrank te drink

– veral nadat jy in die modder vasgesit

het.”

Braaikas, Disprins

Theuns Saayman

“Moenie hoofpynpille vergeet nie,

dit het ek al geleer. Ek was ook al

baie spyt dat ek nie die regte goed

by my het om ’n lekband mee reg te

maak nie. Jy kry deesdae baie goeie

puncture-stelletjies. Kry maar vir

jou een.

“Ek het ook vir my so ’n kassie

gemaak waarin ek al my braaigoed

bêre: my vurke en vuurhoutjies en

rooster en goed. My braaikas pak ek

eerste in.”

W

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!